
1 minute read
180Rooikat-Bulletjies roer!
Lian Grant bly ons
Rooikat-Robin Hood sonder gelyke en verwerf sy Federasiekleure in Veldskiet en verteenwoordig SuidAfrika einde Junie in Namibië. Hy is nog te jonk vir proteakleure maar voldoen reeds aan al die vereistes vir proteakleure wat beteken beste pyle in vyf kompetisies en dus altesaam 100km se loop, 1120 pyle in 80 ure se wind en son.
Advertisement
Lian verwerf met Veldskiet en met binnemuurse skiet nasionale kleure (federasiekleure) en is die O/13 SA-binnemuurse skietkampioen.
Ons bars van trots oor hierdie Rooikat-RamkatRobin Hood van ons!

Baie geluk aan ons Noord-Gauteng-landloopatlete:





RooiSkatte: Lea Minnaar, Ciske du Plessis, Lincke Botha, Isabella Wessels, Kara van der Merwe, Janka van der Merwe en Anzèll van Lingen.
RooiKatte: Etienne van Staden, Dieter Kriek, Enru Kriek, Ian van Staden en Conrad Wolhuter