
5 minute read
Daar gaan ‘n ‘groot’ man verby
from DWN Maart 2022
Phil Louw
‘n Groot boom, met ‘n reuse geskiedenis, en ‘n onuitwisbare nalatenskap, se spoor lê diep getrap in De Wildt, in die res van Suid-Afrika, in mense se harte en in hulle gedagtes, nes die ossewaspore van ouds. Ja, soms met so bietjie vrees en bewing by die aanhoor van die naam Manie Lemmer, oftewel Hermanus Richard Lemmer. Oom Manie is wel nie groot van statuur nie, maar hy is ‘n man vir wie vriend en vyand groot respek het omdat hy ‘n blywende verskil met elke ontmoeting maak, en dit ‘n voorreg is om ‘n wyle in sy skadu te vertoef. As ‘n mens vir iemand, wat oom Manie ken, sou vra om hom in een woord te beskryf, dan sal jy onder meer hoor hy is ‘n korrelkop, onverskrokke, reguit, op die man af, eerlik, opreg, standvastig, wys, ervare, en ‘n man van God. Hy is ‘n vegter vir reg en geregtigheid, en stuit nie om sy sê te sê nie. ‘n Regte vuurvreter wat maklik die bul by die horings pak en eis dat iets onmiddellik en daadwerklik gedoen moet word. ‘n Formidabele man, ‘n regte “gentleman” met sy hoedjie op sy kop, altyd waardig getooi met das en al. ‘n Toonbeeld uit vervloë dae waar “collar en tie” aansien verleen het. En kyk, oom Manie is ‘n slim man… Sy CV lees soos die muurbord by sale wat die belangrikes en presteerders se name vertoon. Hy cum in Latyn, praat Engels en Afrikaans, en beslis nie soos mense dit deesdae doen nie. Nee, hy is ‘n perfeksionis wat iemand graag daarop wys wat goeie taalgebruik is. Noord-Sotho was ook een van sy hoofvakke vir BA. Gebore te Brakpan op 28 Desember 1933, matrikuleer hy in 1949, waarna hy by UP sy BA-graad behaal, en sy THOD te Normaalkollege Pretoria in 1953. Hierna betree hy die onderwyswêreld en ryg ‘n magdom titels en posbeskrywings by die Transvaalse Onderwysdepartement en Departement Bantoe-Onderwys en Onderwys en Opleiding in. Hy was onderwyser, prinsipaal (skoolhoof), inspekteur, assistentdirekteur, hoofinspekteur, adjunkdirekteur en later hoofdirekteur streekkoördinering. In hierdie ryke loopbaan wat van 1954 tot 1990 gestrek het, het die heer hom ook onder andere as eksaminator, skrywer, toergids, adviseur vir Braille-dienste en as gemeenskapsman laat geld. Dit is hoe ons oom Manie leer ken het, die gemeenskapsman wat omgee en betrokke is. Hy het sy gawes en talente oral ingespan, hetsy by Die Oord PV3 vir gestremde volwassenes, die plaaslike owerheid as raadslid, deur sy gemeenskapsdiens in De Wildt en De Wildt Helpmekaar, sy taak as redakteur van De Wildt Nuus, Klub Lekkerrus, die Groeptak vir Staatsdiens- pensioentrekkers, om maar net ‘n paar uit te lig. As familieman hou hy die leisels van die ‘Die Lemmer-familie- bond van SA’ stewig vas, en is hy die hoofredigeerder van die hersiene Lemmer-boek wat in 2011 verskyn het. Gee jy hom ‘n halwe kans dan sal hy jou vertel wat “Ons vir jou Suid-Afrika” vir ‘n Lemmer beteken en hoe familielede hul onderskei ten tye van sekere gebeurtenisse in die historiese verlede. So onderskei oom Manie hom ook op ander terreine. As ‘n gelowige, dien hy op die kerkraad en die dagbestuur en is hy ‘n raadslid van die Afrikaanse Protestantse Akademie. Oom Manie is ‘n man van baie seisoene. Buiten sy omvattende betrokkenheid by ‘n groot verskeidenheid organisasies, waarvan hy heelwat gestig het, is hy ook ‘n toegewyde gesinsman. Uit sy huwelik met tannie Sannie is twee seuns gebore, waarop vier kleinkinders en twee agterkleinkinders gevolg het. En so verwerf hy nog meer titels; pa, oupa en oupagrootjie, waaroor hy breëbors loop en spog. Maar dis nie al nie. Na tannie Sannie se afsterwe, op die ryp ouderdom van 88 troef hy ons almal en trou weer met tannie Marie Barkhuizen op 4 Januarie 2022, en nog twee seuns, hul gades en vyf kleinkinders word in die Lemmer-laer ingetrek. Oom Manie Lemmer is ‘n belewenis. ‘n Karakter wat nie maklik vergeet sal word nie, en onthou sal word vir sy voorbeeld, sy omgee en onbaatsugtige diens aan sy medemens. Sy onuitwisbare spoor is in baie mense se harte, in gemeenskappe, kultuur- en ander organisasies, en ook in De Wildt ‘n nalatenskap waarop ‘n mens trots kan wees. In sy lewe is dit mylpale en bakens van herinneringe. Daarom dank ons hom vir sy geskenk aan ons en wens ons hom net die mooiste en beste toe vir die volgende hoofstuk van sy lewe. Mooi loop oom Manie!
Advertisement
Brandbewustheid / Fire Awareness
Johann Badenhorst
Graag wil ek ‘n saak van groot dringendheid onder julle aandag bring. Inteendeel, dit is inderdaad so belangrik dat ek ter wille van die nuwe intrekkers, die res van hierdie skrywe in Engels gaan voltooi. We were so blessed this year with fantastic rainfall but this blessing brought with it a great risk. I have grass on my property where there was nothing since we moved in and the vegetation seemed to have doubled in size and volume. Most of you have probably figured out where I am heading with this. The fact is that we are on for one of the most challenging fire seasons in a very long time. So let us prepare ourselves the best we can to avoid, or at least limit, damage to property and, God forbid, loss of life. Be absolutely sure that the grass around your buildings are kept as short as possible for as wide as possible. This may not stop a runaway fire, but will indeed slow it down significantly for the guys responding to get to it in time and stop it with smaller equipment. It is predicted that the rains will carry on for a few months which will in turn allow us a very small window to burn it later on. Please do not wait and rely only on entities like Working on Fire, who assists us greatly every year, but they will run out of time and will not be able to get around to everybody. I therefore request any and all neighbours that may have the capacity to assist, to do so. Even if it is only next door to you and even if it is only with a handheld slasher, it will surely make a big difference. It would be greatly appreciated if the neighbours with the larger equipment could assist where possible. Should you not have any equipment you might be in the position to sponsor Two-stroke, labour, lines, petrol or diesel for the other volunteers. Let us keep our families and structures safe this year by taking care of our own property first and foremost and then extend it to our neighbours on all sides. Please make sure that you inform most of your neighbours of the dangers that we face with regards to the fires. Kindly contact me if you would like to get involved in any capacity. The Working on Fire team is already on board, but we will have to cover the kilometres for the truck.