Weslander 17 November 2011

Page 8

8

Menings ∙ Opinions

Complaint about slow service Roy Healy from Langebaan wrote: This is a letter of woe to highlight bad service at Kontiki Restaurant in Langebaan. On Saturday, 29 October my lady and I went to breakfast as usual at 11:30. We ordered “The special breakfast” and a cup of tea for each of us. About a half of an hour later the tea arrived and still no food. We had our tea and waited until after 12:00. Other customers, who arrived much later than us, were served and when we confronted a waiter, we were told our food is on order. At about 12:20 we asked to see the manager.

He came with an attitude and said we only ordered at just before 12:00. At 12:30 we still had no food and by then I had had enough. We paid R25 for our tea and walked out. We heard other elderly couples also complaining about the terrible service and long wait for the bills. l The letter was sent to Bertie Oosthuizen, the owner, Monday, 31 October, for comment. He was contacted again last week and on Monday to remind him. No comment was received. Ed.

Baie dankie Karitas Spesiale Skool skryf: Baie dankie aan almal vir bydraes gelewer, ondersteuning en hulp. ’n Genotvolle dag in ’n goeie gees het alles perfek afgerond.

Weslander 17 November 2011

Afdanking raak ook die werker se kinders Naamloos op Vredenburg skryf: So twee maande terug sit ek en my man die aand en dink dat ons vir die eerste keer in agt jaar vir die kinders ’n Kersfees kan gee. Die laaste paar jaar was maar moeilik, maar hy het mos nou ’n werk en ons sien baie opgewonde uit na die Kersfees. Die volgende oggend toe ek my handsak oopmaak sien ek die kinders het vir my hulle Kerswense neergeskryf, met laggende gesiggies onderaan. Ek bêre dit weer en dink ek wil die jaar vir hulle baie spesiaal maak. Later die oggend kry ek so ’n snaakse gevoel oor my maag en wonder of dit die opgewondenheid is. Nie eens ’n uur later nie stap my man daar in met ’n trek op sy gesig wat ek nie wou sien nie, maar ek lag en groet hom vriendelik. So asof ek nie wil hoor wat hy wil sê nie. Hy sak sy kop en sê ek is gefire. Die baas het my gebel oor iets wat ek nie by betrokke was nie en hoe meer ek probeer verduidelik hoe meer vloek hy en toe sê hy vat jou goed en f***. Later die aand stuur hy ’n e-pos aan die baas se vrou, waarin hy sy kant verduidelik met die hoop dat hy sy werk kan terug kry, want hoe gaan ons dit vir die kinders sê met al die hoop wat hulle het.

Wel, dis twee maande later en hulle het nooit reageer nie. Intussen het ons bure en die mense in ons straat gesien iets is nie lekker nie want my man is dan heeldag by die huis. Waar hulle altyd gestop en gou ’n geselsie aangeknoop het, draai hulle nou hulle koppe, seker maar bang ons vra vir iets. Die kinders in die straat wat met ons kinders speel kom nog gereeld daar verby met ’n vriendelike groet. Dis nie hoe God wil hê ons moet lewe nie, jy hoef nie die helfte van jou brood af te staan nie, maar rig ’n gebed aan die mens wat jy sien dit nodig het en gesels met hom want hy wil darem nog sy trots behou en waardig voel. Moenie jou rug draai nie, dit kan met jou ook gebeur dan is jou drome ook aan skerwe en jy wens daar is mense wat dit net sal raak sien. Aan my man se “baas” wil ek sê onthou net dis nie net die man wat jy uit jou besigheid se deure jaag soos ’n sleg hond, wat jy te nakom nie, maar die kinderoë waarin hy moet gaan kyk want hy moet aan hulle verduidelik wat aangaan. En jy gaan sê vir jou kinders nag en raak rustig aan die slaap want jy het mos niks om oor te worry nie. Mag ons Vader jou die wysheid gee om meer menslik in die toekoms op te tree.

Go well André Prins Dot Skelly, Vredenburg wrote: It was with sadness that I heard of the passing of André (Habe) Prins. I got to know him as a gentle man who cared. We (LEAPS, the organisation I work with) were called to assist with his dog, Annie, who had puppies and bad mange. Sadly all the puppies were lost. However, Annie recovered beautifully. Mr Prins had tears in his eyes when he expressed his love for his dog.

A little while later he took to caring for another dog whose owners had left without asking anyone to care for their pets. André Prins was a man who shared the few material possessions he had and his big loving heart with anyone in need. I know he leaves a huge gap, and will be missed not only by his family but also by the people of the community. All I want to say is: go well Mr Prins, I will miss your enthusiasm and friendly face.

Rugbyklub hou Gholfdag Die Saldanhabaai-rugbyklub het Saterdag, 5 November ’n baie suksesvolle gholfdag by Vredenburg-gholfklub aangebied ten bate van hul fondsinsameling vir die 2012-rugbyseisoen. Die gholfdag was goed ondersteun waartydens groot pryse te wen was. Danksy hul ondersteuning wens die klub om die volgende maatskappye te bedank wat ingeskryf het vir die vierbal; Sea Harvest, Namakwa Sands, MJ Southey, MCK Engineering, TPT, Funky Lemon, Thorburn, Saldanhabaai-munisipaliteit, Casino

Mykonos, Ocuvision, Paragons Personnel, Westland Civils, Bearing Man. Groot dank gaan ook aan die instansies en individue wat pryse of hul dienste beskikbaar gestel het om hierdie dag ’n sukses te maak waaronder Saldanha Spar as hoofborg, Vredenburg-gholfklub en kombuispersoneel, J Coetzee en bestuurslede van die Saldanhabaai-rugbyklub. Hou gerus die Vredenburggholfklub se kalender vir 2012 dop vir die volgende gholfdag van die Saldanhabaai-rugbyklub. (Brief verkort - Red.)


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.