Weslander 15-11-12

Page 31

31 Vredenburg/Saldanha nog in wedloop Weslander

Sport Sport

15 November, 2012

BENNIE ABDOL STELLENBOSCH – Boland krieket se A&B 50 boulbeurt Premierliga- kompetisie het Saterdag in alle erns afgeskop.

Thys en Amalia van Niekerk wys die medaljes wat hulle by die World Field Archery-kampioenskap in Argentinië verwerf het. FOTO: VERSKAF

Porterville-paar oes boogskietmedaljes in

Die senior krieketspan van Vredenburg/ Saldanha het in hul eerste wedstryd teen die Victoriane van Universiteit Stellenbosch gespeel. Die Weskussers het eerste gekolf en het ná 29 boulbeurte 108 lopies vir die verlies van 3 paaltjies op die telbord gehad. Die besoekers het hul beurt voltooi op 201 lopies vir die verlies van nege paaltjies. Die beste kolwers was Quinton Kannemeyr met 48 lopies wat ’n ses en vier viere ingesluit het en André Huisamen wat 45 lopies (4x4) vir sy span aangeteken het om die telling op 201/9 te staan te bring. Die studente het die wenteiken van 202 vir die verlies van ses paaltjies behaal. Hul beste

kolwers was Manreich Kotze met (50, 6x4), Erhardt Louw met (48, 1x6, 3x4) en Oscar Nauhaus met (41*, 1x4). Die Victoriane het die wedstryd met drie paaltjies gewen. WELLINGTON – Die tweede span van Vredenburg/Saldanha-krieketklub het met vasberadenheid die Sentraal Boland 50 boulbeurte-kragmeting teen Bergrivier-krieketklub oortuigend met 5 paaltjies gewen. Die tuisspan se aanvangskolwers het eerste gaan kolf en die lopies het met reëlmaat aangerol. Hul totaal was uiteindelik 218 lopies vir die verlies van ses paaltjies. Die Weskusspan het met mag en mening die wenteiken van 219 gejaag. Gerswin Abrahams het 68 lopies wat 10 grenshoue (10x4) insluit, aangeteken. Kolwers wat goed gevaar het met die kolf was Lenard Prins met (32, 4x4), Ryan Kivido met (27, 4x4), Ashwin Petersen met (25, 4x4) en Ian Slambert met 21 lopies wat vier viere ingesluit het.

Met 220 lopies vir die verlies van 5 paaltjies het die besoekers die wedstryd gewen. VREDENBURG – Die derde span van die tuisspan het met ’n naelskraapse sege van 20 lopies as oorwinnaars uit die stryd getree. Dié sege in die Weskusliga 50 boulbeurtewedstryd teen Hopefield-krieketklub het vir die tuisspan ’n hupstoot op die punteleer gegee. Die tuisspan se aanvangskolwers het gesukkel teen die boulwerk van Henry Ellis wat ’n boulontleding van 7-2-4-19 gehad het. Elmo Benjamin het ’n manjifieke vyftigtal (60) gemoker wat ses grenshoue (6x4) ingesluit het. Hy is goed bygestaan deur sy spanmaats Donovon van Wyk (25, 2x4) en Daniel de Klerk met (20, 2x4). Die besoekers kon net 164 lopies aanteken waarvan Henry Ellis (45, 1x6, 3x4) bygedra het. Die tuisspan se boulaanval het bestaan uit Hiram Koen wat drie paaltjies in tien boulbeurte laat kantel het en Randall Kivido drie paaltjies vir 21 lopies.

Vredendal wen sokkerbeker

TRISH GOOSEN ’n Paartjie van Porterville het puik gevaar by die onlangse internasionale boogskiettoernooi in Argentinië. Die World Field Archery-kampioenskap (WFAC) is van 27 Oktober tot 3 November 2012 in Miramar, Argentinië gehou. Amalia en Thys van Niekerk van Saron, Porterville is twee van tien skuts van die Wes-Kaap wat gekies is om aan dié kompetisie deel te neem. Van dié tien, is Amalia een van vyf wat ook as Protea-skut aan die toernooi deelgeneem het. Lande van regoor die wêreld was by die kampioenskap teenwoordig en Suid-Afrika het weggestap met 29 medaljes (12 goud, 12 silwer en 5 brons), sowel as drie wêreldrekords. Die WesKaap, een van die kleinste boogskietprovinsies in die land, het ruim bygedra tot dié versameling. Amalia het ’n silwer medalje en Thys ’n brons medalje by die byeenkoms verwerf.

Tydtoets-uitslae Langebaan-strandlopers kom Dinsdae by die dorp se sportterrein byeen vir tydtoetse 5 km. Aanvangstyd: 17:30. Almal welkom. Bel Casper by 083 677 7811. Woensdae hou die klub om 17:30 5 kmtydtoetse by die Langebaan-buiteklub. Bel Eddy: 083 399 2651. Uitslae Langebaan: 31 Oktober: 5 km-roete: Rob Meintjes 21:11; Craig Maltby 21:30; Louis van der Walt 21:38; Gustav van Wyk 23:20; Gerald Shaw 23:37; Peter Uren 26:27; Marietha Jacobsz 28:05; Mighael de Kock 29:58; Petrus Smith 30:00; Ettiene Boshoff 30:08; Pieter-Chris Lochner 30:08. 3 km-roete: Junior vd Merwe 14:30; Henro Snyman 14:30; Thomas Revello 14:37; Brigitta Smith 17:39; Arion vd Merwe 17:39; Hannah Maltby 17:59; Dale Dyck 18:03; Simonn de Kock 20:50; Kika Dorman 22:48; Kate Revello 23:47; Michelle du Preez 23:47; Robyn Marais 24:08; Christel Smith 30:23; Janica Smith 30:23.

BENNIE ABDOL

Nog foto’s op www.weslander.co.za

Future Builders se kaptein en sy span se vreugde het geen perke geken toe die eindfluitjie blaas en hulle besef hulle is 2012 Namaqua beker-kampioene. FOTO: HELÉNE MEISSENHEIMER

Weekend golf results The results of the golf played on Saturday 3 November are: Langebaan Country Estate – SAPS Prestige Golf Day 2012, Saps Education Trust: 1. D Groenewald/C Ross/C Groenewald/M Viljoen 123 pts; 2. L de Bruin/J Kruger/H Rossouw/B Eyebes 118 pts; 3. André Pheiffer/Francois Andrews/Jan Solomans/Edgar Kock 114pts; 4.Tiger Fry/Nelson Tosela/Chris Fourie/ Marlene Fourie 113 pts; 5. W Strydom/F Haughton/W van Tonder/P Jacobs 112 pts c/o. Vredenburg Golf Club – The Senior club championships: 1. Allen Durant 65; 2. Ockie Schoeman 68; 3. Arthur Dell 69. Stroke Play: 1. Allen Durant 65; 2. Ockie Schoeman 68; 3. Enrico Kaptein 68; 4. Jaco Smit 69; 5. Arthur Dell 69; 6. Joop Luus 69; 7. Johan van Heerden 69. Shelley Point – Monday 12 November Golf Special: Single Stableford: 1. Ronny Cox 35 pts; 2. Johan Blaauw 34pts; 3. Richard Holloway 30 pts. Nearest to the Pin: Johan Blaauw. Lucky Draw Winner: Jan Buys. Log Leaders: 1. Jenny Heath 206tpts; 2. Johan Blaauw 195pts; 3. Gerrit Mare 192 pts. Email your golf results to Weslander before 16:00 on Monday; send them to sport@weslander.co.za.

Getye: Saldanhabaai (Langebaan­strandmeer + 40 min) November

Dag

Hoogwater

Laagwater

16

Vrydag

0435

1650

1042

2307

17

Saterdag

0524

1741

1135

2358

18

Sondag

0617

1837

-

1234

19

Maandag

0717

1942

0054

1342

20

Dinsdag

0827

2059

0159

1502

21

Woensdag

0944

2225

0317

1624

22

Donderdag

1056

2337

0438

1734

SALDANHA – Future Builders van Vredendal en African Stars van Bitterfontein het Saterdagmiddag in die sokkerfinaal van die Namaqua-wisseltrofee sake uitgespook. In die openingswedstryd het die o.13-spannetjie van Diazville hul eweknie van Saldanha met 2 doele teenoor nul gewen. Hierna het die eerste span van Diaz Leeds en Young Stars vir die wisseltrofee van Salfa swaarde gekruis. Die twee spanne het met flambojante balverspreiding en rotsvaste dekverdediging die ska-

re op hul voete gehad. Leeds het ná 45 minute ’n voorsprong van 1–0 gehad en sodoende die wedstryd gewen en is as Salfa-kampioen gekroon. Rangers en Arrows van Malfa (Matzikama-streek) het die stryd aangesê vir die gesogte ligatrofee. Arrows het in die wedstryd met 4–2 koning gekraai. Die hoogtepunt van die dag was die hoofwedstryd tussen Future Builders en African Stars. In dié wedstryd is bloed gesweet, maar Future Builders het met die gesogte wisseltrofee weggestap. Hulle het die eindstryd met een doel teenoor nul gewen.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.