LEES JOU KAMPUS
21 Julie 2016
Trotse wenner van die 2016 ATKV Mediaveertjie vir die beste studentekoerant WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS
JAARGANG 70
SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD' VOOR
WAPAD@NWU.AC.ZA
‘Om te onderrig is om te leer’
Kenners voorspel #FeesMustFall rondte twee COLETTE COMBRINK
@CombrinkColette
D
ie NWU-Puk Forum het Maandagaand die ideale waarna oudpres Nelson Mandela destyds gestreef het, probeer voortsit. Dit was nie toevallig die herdenking van oudpres Nelson Mandela se verjaarsdag, sowel as die NWU-Puk se 147ste bestaansjaar, nie. Hoewel prof Michael Heyns, direkteur van die Skool vir Filosofie aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), gesê het die donker wolk wat oor die Suid-Afrikaanse universiteite hang, het nog nie ’n silwerrandjie nie, het die sprekers almal “’n normatiwiteit raakgesien” wat die
Voor die kwessies by die universiteite kan verbeter, moet die boublokke van die staat en die samelewing stabiel wees. stand sal verbeter. Prof Nick Grové, registrateur van die Universiteit van Pretoria (UP), het klem gelê op die toekoms van tersiêre onderrig indien dié negatiewe koers voortduur. “Wat in die land gebeur is die produk van keuses,” het Grové gesê. “Die keuses wat ons maak, gaan sekere uitkomste bewerkstellig.” Grové het akademiese vryheid bespreek en die tweede rondte van #feesmustfall voorspel. Volgens Grové word daar van universiteite verwag om die oplossings vir die huidige sosioekonomiese stand in Suid-Afrika
Iets om te sê?
v.l.n.r: Prof André Duvenhage, dr Justin Sands, prof Fika Janse van Rensburg, Tiego Kgoma, prof Rantoa Letšosa, prof Nick Grové, en prof Linda du Plessis. bied, terwyl dit slegs akademiese instellings is. Hy het gesê vreedsame protes skakel te vinnig in fasisme om. “Op sy beurt sal dit na die privatisering van universiteite lei – die staat het reeds nie direkte beheer oor universiteite nie en kan dus nie die betrokke akademici beskerm nie.” Prof André Duvenhage, politieke ontleder aan die NWU, het gesê universiteite word deur toestande in die samelewing en hul verhouding met ander instellings bepaal. Die staat is een so ’n voorbeeld.
SMS 31750
Hy het gesê Suid-Afrika is weens die hoë misdaadsyfer en politieke onstabiliteit ’n gewelddadige samelewing. “Voor die kwessies by die universiteite kan verbeter, moet die boublokke van die staat en die samelewing stabiel wees,” het Duvenhage gesê. Dr Justin Sands van die Verenigde State van Amerika (VSA) het die taalbeleid by die Universiteit van Leuven in Vlaandere in die twintigste eeu met die studenteproteste in Suid-Afrika vergelyk. Hoewel Frans die onderrigtaal
met die woord ‘wapad’ vooraan
van dié universiteit was, het die studentegemeenskap in 1969 geprotesteer dat die klasse in Vlaams aangebied word. Die akademici het egter daarteen gestry.Vandag funksioneer die universi-teit in Vlaams en Engels om internasionaal kompeterend te wees. Sands het gesê akademici moet hulle nie van die breër samelewing verwyder nie, “want positiewe ver-andering sal slegs deur samewerking, kommunikasie, ’n respek vir geskiedenis en ’n verantwoordelikheidsin kan plaasvind”. Hy het gesê die
Volg Wapad® op sosiale media
FOTO: DORÉ SCHOLTZ universiteitsbestuur moet na die protesteerders luister en ’n middeweg kry waar wedersydse respek kan seëvier. Tiego Kgomo, ’n NWU-Raadslid, het oor die veiligheid asook die depolitisering van die drie NWUkampusse gepraat. “Studente moet toegelaat word om net (studente) te wees, sonder om deur politiese agendas mislei te word,” het Kgomo gesê. Hy meen studente – die toekomstige leiers – moet juis op kampusse veilig voel, sodat hulle die opvoeding kan verbeter.