Wapad - 14 April 2016

Page 1

WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 70

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

Oorwinning bring samesyn mee Jonathan Mokuena, NWUPukke se hoofafrigter: Dit gaan vir my oor die spelers. As ek verskil in een van hulle se lewe kon maak, het ek in my doel geslaag. Hulle het hulle goed van hulle taak gekwyt.

Prof Dan Kgwadi, Noordwes-Universiteit (NWU) se visekanselier: Dit was ’n trotse oomblik toe ek met die manne kon blad skud. Almal weet nou die NWU kan nie onderskat word nie.

Jeandre Rudolph, NWU-Pukke se kaptein: Dit was drie harde jare vir die spelers. Ons het karakter gewys. Dit was ’n reis. En watter reis was dit nie!

Prof Fika Janse van Rensburg, Potchefstroomkampus se waarnemende rektor: Ons span het hulle staal gewys. Ons het ondersteuning van regoor die land ontvang.

Nie net Potchefstroom nie – maar die land – het Maandag gewemel ná die NWU-Pukke se oorwinning in die Varsitybekereindstryd.

FOTO’S: FACEBOOK & INSTAGRAM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Wapad - 14 April 2016 by Wapad - Issuu