Issuu on Google+

DIS INTERVARSITY

K&V PUKKE KUIER

Ek weet nie waars ekkie!

'N DING RAAK 25-8

Sport

NUUS

BINNE DIE MOOIER

WERKERS IS SIEK EN SAT 22

DINGE 23

18 AUGUSTUS 2011

Sportredakteur: Stephen Nel |

wapad@nwu.ac.za

|

LEES JOU KAMPUS

E-pos met sportnuus

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

Puk1 wen Shimlas 41-18

http:/ / gettag.mobi

Mej. Wapad-fotogenies: Elsabé Nortjé

JAARGANG 65

Vanjaar se Mnr. & Mej. Kampus het gesorg dat almal se harte vinniger klop. Die tema was Sirkus en die gehoor is vermaak met sirkustoertjies en natuurlik die 24 finaliste. Lees meer oor die twee wenners binne. FOTO’S: NELLIE VAN DER WALT & IAN ODENDAAL

VIND UIT free WAT BY MNR.app & MEJ. Get the mobile at KAMPUS GEBEUR HET OP JOU SELFOON.

Die hotste ouens.

>>

Dit was ’n groot sirkus

211

Die mooiste dames.

18 AUGUSTUS 2011 / VOL 11

Mnr. Wapad-fotogenies: Francois du Plessis


NUUS/NEWS

2 |

18 AUGUSTUS 2011

Skoonmakers toi-toi

News headlines Student strangled and raped LEONÉ PRINSLOO A twenty-year old student was recently strangled in her flat in broad daylight until she lost consciousness, after which she was raped. The suspect forced the victim into her car, and then to

drive to Ikageng. They collided with the outside wall of a house. According to Sergeant Karen Tredoux, provincial spokesperson of the police, they are investigating a charge of rape, theft and abduction against the suspect.

Heimat burglaries unsolved HELOÏSE VAN DER WALT "Alarms are supposed to protect us against theft, but Protection Services are not pulling their weight," says Johan Kleynhans, House Committee (HC) – Clubhouse, Heimat. Over the past three years the mysterious burglaries have been taking place at Heimat's clubhouse without any suspects having been arrested.

Over the past year approximately R25 000 worth of damages have been caused, and damages to the value of R20 000 during the term of the previous HC. "In every instance, the alarm went off, yet without any reaction by Protection Services. Before the 'Enkelsêr' I tripped the alarm, then waited for 20 minutes for somebody to arrive, yet there was no reaction."

Get the free mobile app at http:/Gekontrakteerde / gettag.mobiskoonmakers het voor die kampus betoog teen lae inkomstes.

Oppikoppi celebrates good music MARTIN LAUBSCHER On 5 August almost 20 000 (a record number) of hippies, rockers, punks and music lovers of all kinds were allowed entry through thorn-tree portals onto a red soil carpet, heralding the start of Oppikoppi 2011. Although in between there were other bands playing, it was the melodious sounds of Isochronous, the hard ska punk of Fuzzigish and the

classic rock of Southern Gypsie Queen that impressed the crowd. This also brought the first evening of Oppikoppi to a close. One of the highlights of the weekend was David Kramer, who shared the stage with among others Karen Zoid, Francois van Coke, Pierre Greeff, Tamara Dey and Jack Parow. His show left many a festival-goer with goosebumps.

This is a joined initiative by Wapad and AKSA

FOTO’S: IAN ODENDAAL

Nuusflitse Student gewurg, verkrag en byna ontvoer LEONÉ PRINSLOO

Jaaruitslae Dames

Mans

Algeheel

KUNSTE 1. Heide 2. Wag-’n-Bietjie & Vergeet-My-Nie 3. Huis Republiek 4. Bellatrix 5. Kasteel

1. 2. 3. 4. 5.

Heimat Veritas Ratau Patria Hombré

1. 2. 3. 4. 5.

Heimat Veritas Ratau Heide Wag-’n-Bietjie & Vergeet-My-Nie

WERWING 1. Wag-’n-Bietjie 2. Vergeet-My-Nie 3. Minjonet

1. Ratau 2. Patria 3. Laureus

1. 2. 3. 4. 5.

Ratau Wag-’n-Bietjie Patria Laureus Vergeet-My-Nie

STUDENTEBELANGE 1. Vergeet-My-Nie 2. Wag-’n-Bietjie & Bellatrix 3. Klawerhof

1. Patria 2. Veritas 3. De Wilgers

1. Patria 2. Vergeet-My-Nie 3. Wag-’n-Bietjie & Bellatrix 4. Klawerhof 5. Eikenhof

AKSA 1. 2. 3. 4. 5.

Oosterhof Kasteel Eikenhof Wanda Vergeet-My-Nie

1. 2. 3. 4. 5.

De Wilgers Patria Overs Ratau Laureus

1. 2. 3. 4. 5.

De Wilgers Oosterhof Kasteel Patria Eikenhof

1. 2. 3. 4. 5.

Bellatrix Laureus Klawerhof Heide De Wilgers

SJGD 1. Bellatrix 2. Klawerhof 3. Heide

1. Laureus 2. De Wilgers 3. Patria

’n Student (20) is onlangs in haar woonstel gewurg en verkrag nadat sy haar bewussyn verloor het. Die verdagte het haar vermoedelik met sy arm van agter gewurg waarna sy haar bewussyn verloor, en hy haar verkrag het.

Nadat die meisie haar bewussyn herwin het, het die verdagte haar in haar motor forseer en haar gedwing om saam met hom na Ikageng te ry. Hy het teen die buitemuur van ’n huis gebots en homself uit die voete gemaak. Sersant Karen Tredoux, provin-

siale polisie-woordvoerder, vertel dat ’n saak van verkragting, diefstal en ontvoering teen die verdagte ondersoek word. Die verdagte het reeds in die hof verskyn, waarna die saak uitgestel is ter wille van ’n uitkenningsparade wat eers moes plaasvind.

ISV vir vierde keer beste ASV MONIQUE VREY Die Ingenieurstudentevereniging (ISV), is onlangs as die Puk se beste ASV aangewys. Volgens Faure van Schalkwyk, voorsitter van die ISV, gaan die beoordeling vir hierdie toekenning oor wat die ASV vir studente bied. Daar word veral op die aka-

demiese en waardetoevoeging aan die studente gefokus. Die ISV het by hierdie prestige funksie met twee ander toekennings ook weggestap. Hulle is vir die eerste keer aangewys as die mees effektiewe fakulteit en hulle het ook die toekenning ontvang vir die beste algehele ASV vir die tydperk 2010/2011.

Van Schalkwyk en sy komitee is baie tevrede met hul prestasies, maar hul bly nederig en plat op die aarde. “Ons voel baie gelukkig en trots op hierdie prestasie. Om eerlik te wees, die ISV se doel was nie eers om te wen of om toekennings te kry nie, want vir ons het dit uit en uit oor die studente gegaan.”

Heimat-inbrake steeds onopgelos HELOÏSE VAN DER WALT “Alarms is veronderstel om ons te beskerm teen diefstal, maar Beskermingsdienste bring nie hulle kant nie,” sê ’n ontstoke Johan Kleynhans, HK:Klubhuis, van Heimat. Vir die afgelope drie jaar het misterieuse inbrake by Heimat se klubhuis geskied, sonder dat enige verdagtes aangekeer is.

Daar is ongeveer R25 000 se skade aangerig die afgelope jaar, asook R20 000 se skade van die vorige HK-termyn. Onder die goedere wat as vermis tel, is ’n fiets van R10 000, ’n klanksisteem ter waarde van R5 000, ongeveer R2 000 se drank, ’n televisie en luidsprekers. Die slotte is elke keer gebuig en daar is aan die tralies verander. Geen soortgelyke inbrake is by

ander dorpskoshuise geïdentifiseer nie. “Elke keer het die alarm afgegaan, sonder dat daar reaksie was van Beskermingsdienste se kant af. “Ek het voor Enkelsêr die alarm laat afgaan en vir 20 minute gewag vir iemand om te kom, maar daar was geen reaksie nie.” ’n Eis van nalatigheid gaan ondersoek word.


NUUS

18 AUGUSTUS 2011



|3

Beetle-run vermaak kampus

Hombré: Fully Loaded Hombré se jaarlikse Beetle-run het vanjaar weer oorgeloop van kreatiewe (en minder kreatiewe) Vollas.

HELOÏSE VAN DER WALT

D

ie Volla het onlangs weer koning gekraai in Hombré se jaarlikse Beetle-run. Die doel van die Beetle-run is dat almal in die koshuis ’n dag saam kan geniet en iets unieks kan vertoon aan die studente. “Hombré se Beetle-run is ’n baie ou tradisie op die Puk wat elke jaar groot opwinding kweek voor Intervarsity en al die studen-

te vermaak met iets anders as die res van die kampuskoshuistradisies,” voer Jacques Borcherds, HK-Sosiaal, van Hombré aan. Daar was verskeie tipes pryse vanjaar ter sprake. Daar is onder andere pryse toegeken aan die beste weergawe van die Hombré-Beetle, ’n prys vir die beste Beetle oor die algemeen, ’n prys vir die gang met die meeste Beetles en ook ’n prys vir die beste gang-Beetle.

Só sweet mens...

Get the free mobile app at

http:/ / gettag.mobi

FOTO’S: KIRSTI VISSER

Veranderinge het vanjaar meegebring dat dit nie by Hombré gehou is nie, maar by Kom-enGaan en dit het ’n oop aksie na die Beetle-run ingesluit. “As daar een ding is wat ek kan sê wat Beetle-run so ’n lekker tradisie maak, moet dit gees wees en die atmosfeer tussen vriende in die koshuis en ook dan die toeskouers op kampus wat alles die moeite werd maak op die einde van die dag.”

Wie het jou met 'n koppie mooi gegooi? SAAMGESTEL DEUR HELOÏSE VAN DER WALT

PIET MATIPA Hierdie volgende 10 Dinge moet slegs voor die spieël geoefen word. Aangesien die kandidate ’n tweede kans gekry het om te sweet vir SR, het Wapad dit goed gedink om ’n paar wenke te gee, sodat hulle die tweede keer minder sweet. Tydens swete wíl jy uitstaan en onthou word. Vat lekkers saam na die koshuise toe, studente luister beter met ’n Bar One in hul hande. Dink soos ’n politikus: wie nie bribe nie, wen nie. Aanhalings: Vermy dit, niemand gee om wat Einstein of Oprah gesê het nie, want dis nie hulle wat vir SR staan nie. As jy regtig niks het om te sê nie smile and wave. Maak jou opponent se naam sleg. Huur ’n speurder om geraamtes uit hul kaste te grawe. As daar nie iets is nie, maak iets op soos: “Koeksie van der Koolkop is ’n professionele nagwerker, haar kantoor is in Kerkstraat en sy aanvaar net kontant.” As jy ’n moeilike vraag kry, antwoord soos volg: Vraag: So watter programme het die SR wat studente met dwelmprobleme help? Antwoord: Goeie vraag, wat dink jy? “Dit is my passie.” Hierdie is nie ’n antwoord nie. Om klavier en rugby te speel, is jou passie. Om te sweet vir ’n portefeulje waarvan jy die volledige werksomskrywing eers twee weke terug uitgevind het, is nie jou passie nie. So, smile and wave.

Wanneer jy ’n dom vraag kry, trek jou gesig asof jy poep ruik en antwoord met die volgende: “Daai vraag verklap jou IK, my skat, as ek dit gaan antwoord is ek bang die mense dink ek het ook my matrieksertifikaat by Wandellaan gekoop. Volgende vraag?” Wanneer jy by ’n koshuis sweet wat jou koshuis haat, begin hulle koshuislied sing, en as dit hulle nie beïndruk nie, begin jou koshuislied sing, dan gee jy hulle ’n rede om kwaad te wees. As jy regtig bang is vir die swete, daag baie dronk op. Dit maak nie saak wat daar gebeur nie, as jy dit nie kan onthou nie, het dit nie gebeur nie. Pimp jou maroen pakkie op. Ouens, as jy trots is op jou maagspiere maak seker die dames sien dit en dames as jy trots is op jou bates, moet dit nie wegsteek nie. Al wat jy doen, is jy gebruik jou lyf om te sweet. En laastens, maak seker dat jou CV wat in die Wapad verskyn goed lyk. Niemand gee om oor die potjiekos-kompetisie wat jou gang gewen het of die kamermaat-van-die-jaar sertifikaat wat jou rooma vir jou gegee het nie.

FOTO: IAN ODENDAAL

FOTO: NELLIE VAN DER WALT

Mej. Kampus 2011: Marlie Jonker

Mnr. Kampus 2011: Francois Naudé

Celebrity Crush Definitief Hugh Grant, ek is mal oor sy aksent en sin vir humor.

Celebrity Crush Demi Lovato – Skyscraper is al wat ek sê…

Bloosoomblikkie op die Puk? Tydens my onderhoude vir Mnr. en Mej.Kampus het hulle vir my gevra of ek ’n rugbyspeler of ’n sokkerspeler verkies. Ek het geantwoord ’n sokkerspeler, want rugbyspelers het lelike ore. Een van die beoordelaars is toe ’n baie goeie rugbyspeler en hy was effens negatief oor my statement, maar ek het vinnig die wanpersepsie reggestel.

Kwaliteite in ’n trouvrou? Sy moet nie op haar mond geval wees nie en elke oomblik saam met haar moet ’n oomblik wees wat ek sal verruil vir niks en niemand anders nie.

Kwaliteite in ’n trouman? Hy moet ’n sterk verhouding met die Here hê en daaruit vloei liefde, omgee en respek. Hy moet ook baie geduld met my hê en intelligent wees. Lewenservaring is belangrik – ek moet iets by hom kan leer. Hy moet oor ’n sin vir humor beskik. Ek hou van die tall, dark en handsome look met ’n mooi glimlag (mooi tande ingesluit).

Bloosoomblikkie op die Puk? Tydens ’n SJGD-aksie waar ons laerskoolkinders se gesigte geverf het, het ek ’n persoon verwar met iemand van die ander geslag en aan haar die vraag gevra, “What is your name, my sweet heart?” Sy sê toe, “Karabo.” Ek vra toe vir haar, “What is your girlfriend’s name?” Sy antwoord, “I am a girlfriend.”

Wat vrees jy in die geheim? Ek is baie bang vir verdrink en om mense vir wie ek lief is te verloor, hetsy deur die dood of konfliksituasies. Wat wou jy word toe jy klein was? Ek wou by teaterproduksies betrokke wees en my eie musical skryf. Was daar enige katterigheid onder die finaliste? Nee, dit was ’n lekker groep om mee saam te werk. Ek het vriendinne gemaak.

As jy ’n kar kon wees, wat sou jy wees en hoekom? Ek ken nie regtig karre nie, maar ek sou ’n Audi TT kies, want hy is vinnig en vry op die pad.

Jou party trick. Ek laat mense in ’n zig zag ry staan. Daarna forseer ek hulle om na my tong te kyk. Ek draai hom dus 3 keer om en daarna gaan lê ek op my rug en blaas ’n ping pong-balletjie 15 cm in die lug op. Die vertoning is slegs vir 6 mense op ’n slag. Enige lewenswyshede wat jy met ons wil deel? Daar is net een rede op aarde hoekom ons hier is, dit is slegs om God se naam groot te maak. Leef dit uit, want jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee. Doen altyd wat jou passie is, want dit is waarin jy gaan uitblink.


NUUS

4 |

18 AUGUSTUS 2011

Wenner van

Augustus

MODEL

Famous Face

Vera was nog altyd ’n leier MARCEL SPAUMER

‘O

WAPAD MODEL Naam: Johan Douwenga Koshuis: Privaat Graad: Meganiese Ingenieurswese As jy ’n dier sou wees, wat sou jy wees en hoekom? ’n Leeu - ek is soms lui, maar as iets gedoen moet word dan sal ek dit doen. Wie is jou celebrity crush? Jessica Alba. Sy het mooi donker hare, blas vel, mooi gesig. Sy is veral baie hot in die fliek Into the blue. Som jouself op in vyf woorde: Vriendelik, betroubaar, stiptelik, selfstandig en standvastig. Iets interessant van jouself? Ek het ’n tweeling boetie, maar ons lyk glad nie dieselfde nie. Daar is ook net 28 mense in Suid-Afrika met my van.

FOTO: IAN ODENDAAL

m ’n leier te wees maak deure oop. Nie net hier op die NWU-Puk nie, maar oral in die land,” het Vera Argyle, SR:Adjunkvoorsitter, aan Wapad gesê. Argyle het onlangs die Abe Bailey-reisbeurs ontvang – ’n beurs wat aan Suid-Afrikaanse studente met besondere leierseienskappe en gemeenskapsbetrokkenheid toegeken word. Die beurs word ook aan junior lektore toegeken en is in die verlede aan F.W. de Klerk en dr. Theuns Eloff, asook verlede jaar se SR:Voorsitter, Adèle Croucamp, toegeken. “Daar is sowat 20 Pukke wat aansoek gedoen het en 500 in die land. Jy moes al in ’n leiersposisie gewees het om hiervoor aansoek te doen,” het Argyle gesê. Sy is vanaf haar eerste jaar op die Puk betrokke by SJGD-aksies en ander gemeenskapsprojekte, byvoorbeeld ’n uitreik in Hillbrow wat vir drie weke geduur het. Verlede jaar is sy verkies tot die SR:Studentebelange en vanjaar het sy haar stem dik gemaak as Adjunkvoorsitter van die SR. Slegs 19 beurse is vanjaar toegeken en 26 universiteite neem jaarliks deel aan die inskrywings. “Ons gaan vir drie weke deur Skotland en Engeland toer en universiteite soos Oxford en Cambridge besoek,” het Argyle gesê. Volgens Argyle word alles vir hulle betaal en sal hulle ook elke

Voortaan sal daar vir elke maand ’n manlike sowel as ’n vroulike Wapad model uit verskillende koshuise gekies word. Hierdie modelle sal dan finaliste word in ’n spesiale Wapad modelkompetisie. Beoordelaars is onder meer Leandie Du Randt, Flip-a-Coin en Nadia Beukes. Wil jy die volgende Wapad model wees? Jy en jou koshuis kan groot pryse wen. E-pos vir ons ’n vollengte foto van jouself, asook jou kontakbesonderhede na wapad@nwu.ac.za en jy kan dalk in die volgende Wapad verskyn.

Vera Argyle is die ontvanger van die Abe Bailey-reisbeurs. FOTO: DEVIN DEBUDÉ

Daar is baie sterk leiers op die Puk, maar te veel is nog apaties. Raak betrokke.

dag sakgeld ontvang. “Ons vertrek aan die einde van November. Ek is baie opgewonde.” Sy is ook een van 40 kandidate wat meeding vir die gesogte Mandela-Rhodes Scholarship. Sy beplan om volgende jaar deeltyds haar meestersgraad te voltooi en het vir werk begin aansoek doen.

HET JY GEWEET? Al ooit gehoor van die Besembos-lokaal in die Ferdinand Postma Biblioteek? Die Besembos was oorspronklik ’n studenteblad. Die embleem hiervoor is in die dertigerjare deur Erich Mayer ontwerp en het ’n besembos tesame met ’n PU vir CHO-embleem, binne ’n sier-omraming bevat. Hierdie ontwerp het egter spoedig verdwyn sodat slegs die besembos as sodanig oorgebly het. DIÉ BROKKIE NUUS IS SAAMGESTEL DEUR DIE NWU-PUK-ALUMNIKANTOOR

SNOR-gustus: Wat sê die manne oor hul snorre? JANINE NEL FOTO’S: ILDA CRONJE SNOR-gustus... Augustus is die maand wanneer alle Puk-manne hul skeermesse bêre en met ’n snor probeer spog. ’n Snor is soms ’n vreemde en verbasende ding. Laurie du Preez, ’n eerstejaar, groei al vir ses maande aan sy snor. Hy neem elke jaar deel aan SNOR-gustus. “Ek het dit op skool ook laat groei,” sê hy. Volgens Tiaan Willemse, ’n vierdejaar, groei hy sy snor al vir twee weke. “Verlede jaar was ek ’n aktiewe lid van SNOR-gustus, maar dié jaar is dit net luiheid,” sê hy. Willemse vertel ook dat dames hom net vir sy snor soek. Ander ouens is nou weer nie so gelukkig nie. “My meisie is nie baie geluk-

In Augustus bêre die Puk-manne graag hul skeermesse om met ’n snor te kan spog. kig met die snor nie, sy byt maar vas,” vertel Theo van Schalkwyk, ’n vierdejaarstudent. As die hele “snor-groei-ding” nie vir jou is nie, plak ’n snor of koop een. Gert Saaiman, ’n eerstejaar, plak graag ’n snor op sy gesig. “Die meisies is mal daaroor, dit kielie hulle neuse,” sê hy. Spaar geld, bêre jou skeermes en laat groei vir jou ’n snor vir SNOR-gustus.

TIAAN WILLEMSE B.Ing. Elektries Vierdejaar Privaat

LAURIE DU PREEZ B.Ing. Meganies Eerstejaar Villagers

Hoe lank groei jy al aan jou snor? Twee weke van luiheid. Neem jy graag deel aan SNOR-gustus? Verlede jaar was ek ’n aktiewe lid van SNOR-gustus, maar dié jaar is dit net luiheid.

Hoe lank groei jy al aan jou snor? Ses maande Hou meisies van jou snor? Sommige meisies hou daarvan, want dit voel lekker. Party haat dit, want dit kielie.

THEO VAN SCHALKWYK BCom Menslike Hulpbronbestuur Vierdejaar Patria Hoe lank groei jy al aan jou snor? So twee weke. Hou meisies van jou snor? Nee, my meisie is nie baie gelukkig daarmee nie, sy byt maar vas.

FRANCOIS GROVÉ BEd Tweedejaar Over de Voor

GERT SAAIMAN BCom GR Eerstejaar Over de Voor

Hoe lank groei jy al aan jou snor? Twee weke Neem jy graag deel aan SNOR-gustus? Ja ,ek doen. Hou meisies van jou snor? My meisie hou nie baie daarvan nie.

Hoe lank groei jy al aan jou snor? Dis my eerste jaar, want dis die eerste jaar wat my snor werklik goed genoeg is. Hou meisies van jou snor? Hulle is mal daaroor, dit kielie hulle neuse.


KUIER & VERMAAK

18 AUGUSTUS 2011

| 5

Kuier Vermaak Intervarsity 2011

Kyk net hoe baie Pukke is ons hier

Foto's van Pukke en Kovsies tydens Interver 2011 geselligheid. Hoogtepunte was die kuier by die vlei en die rugbykragmeting.

FOTO'S: IAN ODENDAAL

Kampusmenings: Pukke vier Mardi Gras Intervarsity ALEXA SWART

Intervarsity, wat vanjaar in Potchefstroom gehou is, het dié naweek vir groot vermaak gesorg. Hoewel Interver eintlik handel oor Pukke en Kovsies wat kragte meet op die sportveld, is dit eintlik die geleentheid van die jaar om al jou inhibisies te laat vaar en studentelewe in sy volheid te geniet. Wapad het gaan uitvind wat studente graag sal wil onthou of eerder wil vergeet van Interver.

CHRISTO ACKERMAN Stads- en Streeks- beplanning Derdejaar Villagers “Die beste ding van Interver is Potch-meisies wat dink jy is van Bloem af, prime time op die Bult is tussen 03:00 en 05:00. Die slegte deel is seker babbelas na gisteraand se partytjie.”

JOHAN LE GRANGE BA Kommunikasie Derdejaar Thaba-Jäh

“Intervarsity is ’n geleentheid

vir Pukke om kennis te maak met die nuwe talent. Bloemmeisies is verseker my Interver hoogtepunt. My slegste ervaring sover is die oornag in Steers se kiddies room tydens ons roadtrip Bloem toe verlede jaar.” LIZETTE RAATS BEd Tweedejaar Wanda “Ek is mal oor musiek, so die bands is altyd bo aan my Interverlysie, maar die overcrowded kuierplekke is oorweldigend, so dit is die slegte deel.”

LIZANNE POTGIETER WERNER MULDER BEd Chemiese Ingenieurs- Vierdejaar wese Vergeet-My-Nie Derdejaar Privaat “Intervarsity is nie dieselfde “Interver se hoogtepunt is sonder ’n roadtrip nie, dit is vriende van Kovsies wat kom kuidie beste deel van Interver. Die er, maar daar is altyd Tuks studenslegste is seker Pukke wat jaarte wat wannabe Pukke wil wees.” liks verloor.”

'n Paar studente het wilde hemde vir hulle laat maak.


KUIER & VERMAAK

6|

18 AUGUSTUS 2011

Against All Odds

Get the free mobile app at

http:/ / gettag.mobi

aKing was een van die hoogtepunte by Intervarsity se Mardis Gras-show.

FOTO: FRANK DUVENHAGE

Groot vermaak

Bands open Interver-feesvieringe JANUS DE VILLIERS

V

an Potchefstroom se gewildste bands het die kans gekry om Vrydagaand die verhoog met Fokofpolisiekar-afstammeling, aKing en die gewilde dansgroep, Flash Republic, te deel. Altesaam ses groepe het van vroeg Vrydagmiddag af studente op die Joolplaas vermaak. Vanjaar se Intervarsity-musiekfees op die NWU-Joolplaas het vir goeie musiek gesorg alhoewel die

skare besonder klein was. Die toegangsfooi was klaarblyklik die probleem, met baie studente wat gekla het dat hulle nie soveel geld wil spandeer op musikante wat hul “reeds baie live gesien het nie.” Kaartjies was R60 by die hekke, of kon vooraf vir R50 by UK: Skakeling en koshuis Kultuur HKlede gekoop word. MENS, Bruce Noble, Afridanz en Moses Metro Man was van die eerste groepe op die program. Pop-groep ekhouvanjou,okay!

Of nou is virsearch die sport Oneditwoman’s for of die musiek, mens kan everything. Across Italy, sien is hier om ’n Indiaalmal and Indonesia. goeie tyd te hê.

het van hul Potchefstroomvriende uitgenooi om die kalklig tydens hul vertoning saam met hul te deel. Die gehoor was nie teleurgesteld nie en het luidkeels saamgesing terwyl die groep van hul treffers soos Ek is beter as hy trust my en Vreeslik!Feestelik gesing het. Die finale tydsgleuf op die aand se program het aan Belville rockers aKing behoort. Die dansgroep Flash Republic het ook die koue aangedurf en op

die Joolplaas gespeel. Tamara Dey, voorsanger van Flash Republic, het genoem dat die klein aantal bywoners haar nie gaan onderkry nie, dat hulle elke keer uitsien om in Potchefstroom te speel en dat vanjaar se Intervarsity-feesvieringe nie anders was nie. “Ons is mal oor die atmosfeer hier. “Of dit nou is vir die sport of die musiek, mens kan sien almal is hier om ’n goeie tyd te hê,” het Dey gesê.

FLIEKTOMAAN

Van Jaarsveld praat oor The Bang Bang Club PIET MATIPA & ELMARI DE VOS

∞ ∞ ∞ ∞

Situated in the heart of the Limpopo valley 20 km from Mapungubwe World Heritage Site Ideal for a tranquil breakaway experience Affordable quality acommodation

Manuel Magro: 083 456 6994 Johann Weideman: 082 894 2045 Fax: 086 658 9651 E-mail us now: mmagro@mweb.co.za or jgw@webmail.co.za Visit our website: www.tranquilnestsafaris.com

Die fliek The Bang Bang Club het groot opslae gemaak toe dit onlangs in Suid-Afrika begin draai het. Die rolprent beeld die lewens uit van vier fotojoernaliste: Kevin Carter, Greg Marinovich, Ken Oosterbroek en João Silva. Hulle was gedurende Apartheid aktief betrokke in die townships. Internasionale en plaaslike bekendes is in die fliek te sien. Hulle is onder meer Taylor Kitsch, Ryan Phillippe, Frank Rautenbach en Neels van Jaarsveld. Neels van Jaarsveld, wat bekend is vir sy rolle in Goodbye Bafana, Triomf, Draadloos, Klipdrift-advertensies en verskeie Zinkplaat-musiekvideo’s, het met Wapad gesels oor die fliek en sy toekoms. Van Jaarsveld het hom vir die rol voorberei deur tyd saam met João Silva (wie hy in die fliek vertolk) te spandeer. “Hy het my uitgevat om te gaan foto’s neem en ons het verskeie kere in sy tuin rondgerol en gemaak of ons bullets dodge.” Hy het baie by die legendariese

Get the free mobile app at

Op die stel van The Bang Bang Club. Van links is Frank Rautenbach, Neels http:/ / gettag.mobi FOTO: COLLIDER.COM van Jaarsveld, Taylor Kitsch en Ryan Philippe. Silva geleer. “Dis die sense of camaraderie gewees,” beskryf hy die lekkerte wat op stel ervaar is. Van Jaarsveld vertel verder dat dit ’n ongelooflike ervaring was om saam met die internasionale filmsterre te werk. Volgens hom is hulle doelwitte dieselfde as Suid-Afrikaanse akteurs s’n, hulle salarisse is net beter. “Die vrouens smelt as Ryan in die kamer instap. Baie by Ryan

geleer,” voeg hy spottenderwys by. Sy toekoms lyk blink. Hy is tans besig met ’n een-man show, Pa vir Dummies. Hy kom ook Aardklop toe. Verder werk hy aan ’n rap-album en ’n klerereeks, GRACIASCOMRADE. Oor aanbiedinge van filmmaatskappye sê die “eish”-man slegs: “Hier en daar ’n paar, maar nog niks is bevestig nie. Ons hou maar duim vas.”


KUIER & VERMAAK

18 AUGUSTUS 2011



|7

Bruce Noble is op die pad van sukses Die ouens van Bruce Noble op die verhoog tydens hul optrede by vanjaar se Intervarsity. Van links is Marco Basson, Stefan Mynhardt, Rudolph Willemse, Eugene Le Roux en Wynand Botha. FOTO’S: IAN ODENDAAL JANINE NEL

D

ie blues-rock-band, Bruce Noble klim vinnig die bekende leer na sukses. Die groep het vanjaar reeds by die Sêr-gala, Mnr. en Mej. Kampus, asook Intervarsity opgetree. Hulle het ook onlangs twee musiekvideo’s, Mississippi dream en Wolves vrygestel op MK. Bruce Noble het verskeie

toekomsverwagtinge. Hulle het ingeskryf vir MK se Musiek Video Projek (MVP) saam met Francis Gavin en is ook besig om na record labels te kyk. “As ek sien hoe die musiek verbeter het oor die afgelope jaar, kan ek nie wag om te hoor hoe dit gaan klink oor twee of drie jaar nie,” sê Stefan Mynhardt (kitaar). “Die feit dat Bruce Noble se lede jonk en talentvol is, maak hulle

Ek voel dat ’n liedjie ’n persoonlikheid van sy eie het.

Alleen na Desember

uniek. “Hulle het baie dieper lirieke as wat mense dink,” vertel hulle bestuurder, Amoré Truter. Rudolph Willemse (kitaar) skryf die lirieke. “Ek voel dat ’n liedjie ’n persoonlikheid van sy eie het. Ek probeer nie om iets altyd te skryf nie, partykeer gebeur dit net,” sê hy. Volgens Eugene Le Roux (baski-

Puk-studente wen ATKV-Filmfundi JANINE NEL ’n Nuwe projek, die ATKV-Filmfundi, is die afgelope jaar geloods en het op die Puk afgeskop. Die projek behels ’n blitskursus in die maak van films, wat onder andere kamerawerk, spel en regie insluit. Die bekende skrywer, resensent en omroeper, Leon van Nierop, het die kursus geopen by ’n glansgeleentheid waar hy sy kennis met 80 belangstellendes gedeel het. Na afloop van die kursus word die ATKV-Filmfundi kompetisie aangebied. Die kompetisie, deur die ATKV aangebied, gee vir studente die kans om self ’n kortfilm te vervaardig.

Die manne van Alleen-Na-Desember by Oppikoppi verlede week.

Hierdie album is bietjie meer as net ’n opsomming van Iron Maiden se musiekloopbaan. Hoewel dit ’n samevatting van twintig jaar se musiek is, toon dit eerder die groei wat hulle musiek in die oorgangstydperk van die tagtigs tot die negentigs ondergaan het. Hoewel die musiek al die elemente van klassieke-rock bevat, is dit ook oor die algemeen sterker en meer progressief. Goeie, interessante kitaarwerk en ’n lewendige energie, wat amper ’n teatrale element bevat, is wat hierdie band se musiek so kenmerkend maak. Ongelukkig is daar nie baie afwisseling in die musiek nie en kan

dit dus soms eentonig oorkom. Sign of the cross, Brave new world, en Bring your daughter… to slaughter is liedjies wat uitstaan. Iron Maiden-aanhangers en aanhangers van old school rockmusiek oor die algemeen sal hierdie plaat geniet. PITBULL Planet Pit

“Half of these fools don’t know music…” Ironies genoeg, die woorde in een van Pitbull se eie snitte, terwyl hy self nie veel van musiek weet nie. Hierdie is een van daardie albums wat ’n mens laat wonder of daar nog hoop vir goeie instrumentele musiek is. En hoewel dit

Hulle moet self die die storie skryf, akteurs kies en die fliek skiet. Danie van der Merwe en Quintin Senekal is die algehele wenners van die kompetisie. “Die kompetisie was baie lekker en ook ’n nuwe uitdaging,” sê Senekal. Hulle kortfilm se naam is Heist en beteken rooftog, of die regstelling van iets wat verkeerd is. Hulle het self die musiek in die fliek gekomponeer. Senekal en Van der Merwe wil graag in die toekoms regisseurs of vervaardigers wees. Die volgende geleentheid om jou kortfilm in te skryf sal voor die einde van die jaar in die Wapad geadverteer word, en die sluitingsdatum is 4 April 2012.

FOTO: FRANK DUVENHAGE

MARTIN LAUBSCHER IRON MAIDEN From fear to eternity (The best of 1990-2010)

taar) sien hy die band oor vyf jaar met ’n record label, ’n vol album en baie aanhangers. Bruce Noble is vir die vyf ouens ’n wonderlike ervaring en hulle geniet dit baie. “Dis die plek waar ek die meeste lag in die wêreld,” sê Marco Basson (hoofsanger). Volgens Wynand Botha (tromme) hou hy nie net van Bruce Noble nie, hy is lief daarvoor.

dalk ’n oordrewe bekommernis mag wees, bly die vraag steeds: hoe kan enigiemand hierna luister? Pitbull se musiek is so onoorspronklik soos sy naam. Die musiek is oorverwerk, elektronies en monotonies. Daar heers ’n growwe gebrek aan innovasie en kreatiwiteit. Soos met die meeste kunstenaars van dié genre, bestaan die lirieke uit verklarings van hoe goed die sanger self is (hy verwys deurgaans na homself as “Mr. Worldwide”). Die enigste liedjie wat wel oorspronklikheid toon is Sand (ietwat van ’n moderne soort ballade) wat saam met Kelly Rowland en Jamie Drastik gesing word. As jy van die moderne trant van partytjiesnitte hou, is dié album vir jou. As jy egter op soek is na goeie, oorspronklike musiek, bly eerder weg.

SPESIALE aanbiedinge Maandae: Dinsdae: Woensdae: Donderdae: Vrydae: Saterdae: Sondae:

Burgers - koop een, kry een patty gratis Eisbein of 800g Varktjop R69-95 Ribs - 1,2kg vir R92,95 Enige pasta - R10 af op spyskaartprys Hoender- of beesschnitzel vir R49,95 Cocktails - 40% afslag Tuisgemaakte ete (2 vleise, 3 groente, 3 stysels vir R74-95. Voeg nagereg by vir net R12 ekstra

5% af vir studentepaartjies as studentekaart gewys word


KUIER & VERMAAK

18 AUGUSTUS 2011

Oppikoppi vier goeie musiek

FOTO’S: NELLIE VAN DER WALT

O

Die Antwoord

Desmond and The Tutus

p die vyfde Augustus word byna twintigduisend (’n rekordtal) hippies, rockers, punks en musiekliefhebbers van alle soorte binne die doringboompoorte, op ’n rooigrondtapyt, ingelaat en Oppikoppi 2011 begin. Tente word opgeslaan, bierbottels word oopgeknak en feesgangers maak reg vir die eerste note wat deur die Bloemfontein band, Oros in ’n lang glas, gespeel word. Hoewel daar intussen baie bands speel, is dit die melodiese klanke van Isochronous, die harde ska-punk van Fuzzigish en die klassieke-rock van Southern Gypsie Queen (waarmee die eerste aand van Oppikoppi dan ook afgesluit word) wat die skare beïndruk. Saterdagoggend word deur die rustige klanke van The December Streets geopen. Die res van die dag word deur die obskure musiek van Mr. Cat and the Jackal, die lewendige, energieke vertoning van Karen Zoid, die jazz-klanke van Hotstix, die ietwat filosofiese kletsrym van Bittereinder en die betowerende vertoning van Van Coke Kartel gekenmerk. Sondag is die laaste dag van Oppikoppi

en die eerste band, van ’n klomp, wat die feesgangers se aandag kry is Die Tuindwergies. Later lewer Die Heuwels Fantasties ’n uitstekende (moontlik hul beste) lewendige vertoning. Wat egter volg op Die Heuwels Fantasties is sekerlik een van die hoogtepunte van die naweek. David Kramer, wat onder andere die verhoog met Karen Zoid, Fancois van Coke, Pierre Greeff, Tamara Dey en Jack Parow deel, se vertoning is verantwoordelik daarvoor dat talle feesgangers met hoendervleis gelaat word. The Used se vertoning is ietwat teleurstellend, veral nadat hulle byna ’n halfuur laat eers op die verhoog opdaag. Sum 41 sluit egter die naweek af met ’n uitmuntende vertoning, wat uit ’n goeie kombinasie van hulle ou klassieke treffers en nuwe snitte bestaan. Die naweek kom tot ’n einde en hoewel almal dit ten volle geniet het, is die bosveld en die (baie vuil) feesgangers heel waarskynlik ewe bly om van mekaar afskeid te neem. – MARTIN LAUBSCHER

Gee jou graad momentum met die NAGRAADSE DIPLOMA IN BESTUUR

Dié unieke geleentheid van die Potchefstroom Besigheidskool bied die volgende: • Voltydse 1 jaar diploma in Bestuur • • • • • •

Ten volle geakkrediteer NKR vlak 7 (8) Gerieflike klastye op die Potchefstroomkampus Goeie voorbereiding vir ‘n MBA Mededingende voordeel in die arbeidsmark Klasgelde vir die kursus beloop R12 500 Oopboek- en toegepaste eksamens

Kontak ons vandag om te registreer en bestuur jou toekoms! Me Marilize Minné (skakelbeampte) Kantoor 406, 4e vloer, Ekonomiese en Bestuurswetenskappegebou (E3) Tel: 018 299 1412 | E-pos: pbsinfo@nwu.ac.za


|9 

18 AUGUSTUS 2011

Redaksioneel

Kommentaar 18 AUGUSTUS 2011

Misdaad is 'n siekte Die Indiese godsdienstige leier en politikus, Mahatma Gandhi, het gesê: “All crime is a kind of disease and should be treated as such”. Vir ons lyk dit asof die tipe siekte kampus begin oorneem. Vandalisme steek kop uit. Totius word groter “geseën”. Sol Plaatje kry ’n “L” op die voorkop geverf en by Heimat word ingebreek. Is die idioom, “net gekke en dwase skryf hul name op mure en glase”, van toepassing op sekere van die studente op kampus? Maar misdaad is nie al siekte wat ons kampus getref het nie. Tydens vanjaar se Interver het die vraag ook opgekom – is dit cool om hemde te dra met suggestiewe frases daarop? “Ploeg in die slote, saai op die walle.” Mahatma Gandhi het ook gesê: “Be the change you wish to see in the world”, maar soms is dit moeilik as mens omring word met sulke gebeurtenisse. Laat mens wonder oor die norm van studentwees – dié is immers ’n tersiêre instelling. Die volgende Wapad verskyn 1 September 2011

Kernredaksie

HOOFREDAKTEUR: Piet Matipa (082 720 7369) ADJUNKREDAKTEUR: Marlie Jonker (072 749 2431) INHOUDSREDAKTEUR: Marcel Spaumer (072 736 2630) GRAFIES & FOTOGRAFIE: Ian Odendaal (079 957 7099) TEGNIESE REDAKTEUR: Elmari de Vos (082 644 1022) SPORTREDAKTEUR: Stephen Nel (082 099 1028) SKAKELING: Leané Meiring (084 952 1980) TEKSVERSORGING: Caro van Aardt (079 189 3516) BEMARKING: Isabel Weideman (082 367 2248) TEKSVERSORGERS: Lisa-Marie Strydom, Nina Linde, Marcelene Jordaan, Tersia Landsberg UITLEG: Linél Malan.

Die SR-aansoeke sluit more. Swete sal volgende Maandag tot Woensdag plaasvind en stempunte maak Donderdag oop. Hou Maandag se Wapad SR-Bylae dop. STEM VIR JOU SR. SKETS: WILLIE BLIGNAUT Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875

Briewe

Ombudsman

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: 10061053@nwu.ac.za

Leser onsteld oor swak uitlating deur SR-lid

Student bitter

’n Enkele opmerking het my vertroue in die SR-struktuur laat verloor. Ek dien alreeds twee termyne op ’n Uitvoerende Komitee (UK). My eerste termyn het ek op die Finansies UK gedien, terwyl ek my finale jaar voltooi het. Omdat ek in die SR struktuur geglo het, het ek gekies om in my GR Honneursjaar ’n tweede termyn te dien – die keer as deel van Koshuisraad. My kollega het, nadat hy koshuise bygestaan het met die hersiening van hul huishoudelike reglemente, aangebied om die SR ook by te staan in die hersiening van hul huis-

Hoewel ek saamstem met sommige idees wat die Kommunikasie dosent te sê gehad het in die Wapad (5 Augustus), kan ek nie help om te lag vir haar idee dat daar 'n seksistiese agenda is van die dames se voorgeskrewe lied (Mamma ek wil 'n man hê). Wake up and smell the roses, ek sou dink iemand wat 'n liefde vir die Afrikaanse taal het (of liefs om daarmee te kommunikeer), bly sal wees vir die bevordering van die Afrikaanse kultuur en dat dit so groot is vir mense op kampus. 'n Universiteitslewe is daar om akademies te verkeer (ek stem saam), maar daarom is dit JUIS belangrik dat ons nog kan jonk wees en dinge doen wat ons kan geniet en passievol oor wees, voordat ons inbeweeg in die "grootmens wêreld". Ek daag haar graag uit om bietjie net een jaar se sêr te kyk en dan nogsteeds dit te ag as 'n taboe in haar klas. Groete vanaf 'n BCom 3de jaar wat nog nooit sêr as 'n verskoning gebruik het vir akademiese werk nie. CHRIS VAN DER WALT

houdelike reglement. Die SR-lid wie hy in hierdie verband genader het, se reaksie op sy aanbod was egter gewees: wat worry jy? Ry die golf soos die res van ons… UK-lede probeer ’n positiewe verskil maak en dan is dit die houding van dié na wie hulle opkyk. Die kandidaat is vol beloftes in sy/haar swete en dan is dit sy/haar houding nadat jy hom/haar verkies het. Ek gee twee termyne in my twee taaiste akademiese jare en dit is die dankie wat ek terugkry. Jy bou jare lank ’n reputasie op, maar verloor dit binne minute. Net so

kan jy jou volle universiteitsloopbaan in ’n struktuur glo, totdat iemand binne daardie struktuur ’n opmerking maak wat jou totaal vertroue daarin laat verloor. En ongelukkig oorskadu hierdie opmerking die goeie werk wat sy/ haar kollegas doen. Ek was die trotse draer van ’n maroen baadjie. Tot en met die aankondiging van die volgende lot surfers is ek die draer van ’n maroen baadjie. Maar ek sal nooit weer dieselfde respek en agting daarvoor hê nie. PIETER SLABBERT


SPORT

10 |

18 AUGUSTUS 2011

Die dames van Klawerhof, Heide en Wag-’n-Bietjie stry dit uit op die netbalbaan. Onder die tweedespanne het Heide die liga gewen en onder die eerstespanne was dit Karlien wat koning gekraai FOTO’S: CARLI KOCH het.

Somerliga kom tot ’n einde

Karlien domineer op die netbalbaan CARLI KOCH

K

arlien het vir die tweede agtereenvolgende jaar hul wenposisie behou deur Bellatrix in die netbalsomerliga met 9-6 te klop. Karlien het in die halfeindrondte met Kasteel afgereken in ’n oortuigende wen van 16-6. Karlien was na die eerste helfte met 7-4 voor.

Die finaal teen Bellatrix was egter nie maklik gewees nie. Bellatrix het hulle harte uitgespeel om vanjaar se liga in hulle guns te laat tel, maar Karlien was op die einde van die dag die sterker span. Teen die eerste helfte was Bellatrix met net een doel agter, maar kon net nie die bal by die doelpale uitkry nie. Bellatrix het in die halfeind-

Excelsior wen Sokker Premierliga

Coetzee van Bellatrix en Jhané Nel van Karlien, die spelers van die wedstryd. Coetzee se akkurate spel by die doelpaal het haar span van ’n wen verseker. Wat die tweedespanne betref, was dit Heide wat Karlien net-net met 9-8 geklop het. Heide het in die halfeindrondte teen W’nB te staan gekom, waar hulle met 9-5 gewen het.

Nuwe krieketafrigter het groot planne CARLI KOCH

ANDRIES HEYDENRYCH Excelsior en Patria het hierdie jaar in die finaal van die sokker premierliga kragte gemeet. Excelsior het as wenners uit die stryd getree. Die wedstryd is Donderdag op die NWU-sokkerveld beslis. Andrew Ludick het Excelsior se wendoel aangeteken. “Dit was tough, maar na vier jaar het die span dit verdien,” het hy gesê. Patria het in die wedstryd ’n own goal aangeteken om die telling op 2-0 in die guns van Excelsior te plaas. Hierdie was dan ook die finale telling.

Ons het elkeen bietjie ekstra gegee omdat dit ons prim se laaste wedstryd was.

rondte teen Minjonet met 14-8 gewen. Verdediger van Karlien, Johanietha Gouws, vertel dat hulle deur die wedstryd baie rustig gebly het en met goeie gees gespeel het. “Ons het elkeen ’n bietjie ekstra gegee omdat dit ons prim, Annarine Bekker, se laaste wedstryd vir die koshuis was.” Volgens Sport-en Rekreasie netballid, Niki Barnard, was Hestie

Excelsior het 2- 0 gewen. FOTO: JEAN-MARI HENNING “Dit was ongelooflik – regtig awesome verby,” was die woorde van Tassies van Excelsior. Die skare het dit duidelik gemaak dat hulle dit geniet het, en koshuistrots is tot aan die einde getoon.

Bestuurder van die Puk se krieketklub, Conrad de Swardt, is vuur en vlam oor sy aanstelling as Pukke se nuwe krieketafrigter. “Dit is ’n lekker uitdaging vir my, veral met die huidige groep spelers waarmee ek ’n lang pad kan stap.” De Swardt (31) kom van Kimberley af waar sy liefde vir krieket begin het. Hy het langs die krieketlegende, Gerhardus Liebenberg, wat in die negentigs vir die Vrystaat en die Proteas gespeel het, gebly. “My droom was om eendag net soos hy te kan speel.” Hy het sy MBW-graad op die Puk voltooi, voordat hy Engeland toe is om vir Wiganklub krieket te speel. In 2007 is hy as bestuurder van krieket by die universiteit aangestel. Sy plan met die Puk-span is om hulle ten volle te ontwikkel in alle fasette van krieket. “Wanneer die ouens ’n tydjie af het, werk ons one-on-one met die spelers.”

Conrad de Swardt is opgewonde oor sy planne vir Puk-krieket. FOTO: CARLI KOCH Daar lê ’n rowwe program vir die spelers voor – hulle het reeds in Julie met ’n harde, intensiewe oefenprogram begin. Hulle opponente vir die volgende paar weke is Tuks, Wits en Vaaldriehoek. Die klubkampioenskappe begin middel September in Pretoria.

Daarna speel die Puk in Oktober in die plaaslike liga en in Desember vind die USSA’s nog plaas. “Die klub is bevoorreg om ’n groep spelers te hê wat so talentvol is.” Conrad wil graag iets anders vir die spelers bring, wat eie is aan die spelers.

Pukke-krieket klap Kovsies 35

GEORGE GERMISHUYS Die Puk-1 krieketmanne het hulle seisoen goed afgeskop deur die hoogaangeskrewe span van die Kovsies in laas naweek se Intervarsity kragmeting te klop. Die Kovsies het eerste gekolf en 170 lopies aangeteken in die toegelate 45 boulbeurte. Pukke het die wenteiken van 171 lopies met nog vier paaltjies staande bereik. Vir die manne van die Puk het Marchant Genis (40 & 3/34) en JJ Naude (35) goed gevaar. Hierdie oorwinning is ’n verdere getuigskrif van wat in die Puk-1 krieketspan steek. Na ’n uitstekende seisoen, kan hierdie Intervarsity oorwinning hulle tot groot hoogtes neem.


SPORT

18 AUGUSTUS 2011



| 11

Shimlas eet stof! FOTO’S: DEVIN DE BUDÉ

Pukke leer Kovsies ’n les tydens vanjaar se Interver. Dit is die 22ste keer wat Pukke Kovsies verslaan. CARLI KOCH

T

en spyte van die Pukke se swak vertoning tydens die Varsity Cup het die span dit Saterdag op Oliënpark reggekry om tydens Intervarsity 2011 die Shimlas van die veld af te speel. Die maroen en wit het met ’n sege van 41-18 teenoor die Kovsies weggestap. Die besoekers het goed begin deur in die eerste sewe minute ’n drie deur die linkervleuel, S. Blignaut aan te teken. Hulle het kop verloor nadat die vleuel, André Barnard, die eerste drie vir Pukke aangeteken het. Vir die tuisspan, wat sewe agtereenvolgende trofees tydens Intervarsity gewen het, was die balbeheer goed. Regtervleuel, Andrew van Wyk, was puik en het twee drieë vir Pukke aangeteken. Skrumskakel, Tiaan Dorfling, het sy beste voetjie voorgesit deur vier van sy ses skoppe deur die pale gesit. Afrigter van die Pukke, Hannes Esterhuizen, sê dat dit ’n moeilike jaar vir die Puk se rugby was, veral die Varsity Cup wat na sy aanstelling darem op ’n beter noot

geëindig het. “Danksy die ondersteuners en elke Puk het ons ons respek teruggewen na vandag se oorwinning. Ons het hulle ’n groot pakslae gegee. “Ons was nie deur die hele wedstryd klinies soos wat ons wou wees nie en het ook nie lank genoeg balbesit gehou nie. “Ons het voor die tyd vir die span gesê dat hierdie ’n onceoff game is en dat die ouens met karakter en groot harte moet speel.” Na rustyd kon die Shimlas net een drie aanteken. Die drie is deur die vleuel, Ettiene Terblanche, gedruk. Die span het baie geleenthede met die bal gehad, maar die Pukke se verdediging was teen die einde die prys wat hulle moes betaal vir hul nederlaag. Die breier kan beslis tevrede wees met ’n welverdiende wen teen die blou en rooies. Die Shimlas sou seker beter gevaar het as helfte van hulle span nie by die Cheetahs se O/21’s groep was nie. Met tye soos dié wonder ’n mens waar die Varsity Cup kon eindig na ’n vertoning van die spelers Saterdag.

Intervarsity-koors is in die lug en Wapad het dit goedgedink om ’n Kovsie te nooi om deel te neem aan hierdie week se Face

NETBAL

SOKKER

NWU vs UVS

61-20

Roosmaryn B

Heide

28-17

Soetdoring B

Dinki

31-56

Sonnedou

KRIEKET

Klawerhof

14-27

VMN

NWU

Oosterhof

44-49

W’nB

Bellatrix

47-11

Emily Hobhouse

TENNIS

Karlien

74-27

Marjolein

NWU (mans)

5-4

UVS (mans)

Kasteel

60-16

Roosmaryn B

NWU (dames)

0-9

UVS (dames)

W’nB

43-6

Soetdoring A

VMN

48-41

W’nB

GOLF

NWU-Mafikeng

28-34

UVS Qwa Qwa

NWU

7.5-2.5

UVS

NWU-Pukke

Die hoeveelste Interver vind plaas hierdie jaar? (69) Wat is die bynaam van Kovsies se eersterugbyspan? (Shimlas) Hoeveel keer het die Puk/Kovsies al Interver gewen? (Puk – 21 Kovsies – 43) Wat was verlede jaar se rugbytelling? (21-18) In 2006 was dit die eerste keer sedert wanneer, dat Pukke Intervarsity in Bloemfontein gewen het? (1970) Watter sportsoort se wedstryde was verlede jaar ontwrig deur betogings? (Netbal) Wie is die opponerende rektor? (Herman van Schalkwyk/Jonathan Jansen) Waar het 2009 se rugbywedstryd plaasgevind? (Oliënpark) Hoeveel koshuise van die Puk en Kovsies deel dieselde naam? (5)

NWU

0-4

wen 4

UVS Qwa Qwa

UVS

paaltjies

UVS en Pukke in aksie. 7-1

UVS

Over-de-Voor

40-7

Veritas

Caput

36-17

Armentum

NWU-Mafikeng

31-5

UVS Qwa Qwa

Heimat

12-7

Karee JBM

RUGBY

SKAAK HOKKIE NWU 1

6-1

NWU 2

2-0

UVS 2

Villagers

8-22

Wanda

4-0

Roosmaryn

NWU O/19

52-22

UVS O/19

Kasteel

2-0

Sonnedou

Patria

48-14

Vishuis

VMN

10-0

Marjolein

Veritas

29-3

Heimat

Karlien

3-3

W’nB

NWU O/21

46-23

UVS O/21

NWU 1

41-18

UVS 1

UVS 1

Off wat handel oor Intervarsity. Leonor van der Schyff neem deel teen haar sussie en trotse Puk, Emzy. Besluit jy of hierdie die Interver-uitslae weerspieël.

Wanneer het die eerste Interver plaasgevind? (1927)

NWU vs UVS

Minjonet

FACE OFF

INTERVER

ANDRIES HEYDENRYCH

INTERVARSITYUITSLAE 2011

Emzy

Leonor

 

 

 

   

   

6

5

Heimat het vir Karee gewen met ’n telling van 12-7. FOTO: NELLIE VAN DER WALT

Puk slaan uitklophou by karate USSA-week LODEWYK UYS Die NWU Pukke se karate het weereens gaan wys wat in hulle steek by die jaarlikse USSA-week. Hierdie jaar het die week by UCT in die Kaap plaasgevind en het gesorg vir groot opwinding onder spelers, afrigters en ondersteuners. Die Pukke het weereens verwagtinge oortref toe hulle vir die 12de agtereenvolgende keer in ’n ry gewen het dié jaar. Die Pukke het met 34 punte teenoor Tuks se tweede plek van 32 punte as oorwinnaars uit die stryd uitgetree. Volgens Stephan Steyn, wat in 2011 sy 6de agtereenvolgende USSA-toernooi meegebring het, is die kompetisie elke jaar strawwer omdat ander universiteite die Puk wil onttroon na soveel suksesvolle jare. Die USSA-week is egter nie al wat die Puk opgelewer het nie. Uit die 18 studente wat ’n span opmaak, gaan drie van hulle SuidAfrika in die Statebond Spele in Australië verteenwoordig.

Pukke het vir die 12de agtereenvolgende keer in ’n ry gewen die jaar.

Mariza Hendriks, Lizee Wessels en Jaco du Plooy het gaan deelneem terwyl du Plooy ’n silwer medalje vir die kategorie onder 75kg verower het. Johan van Tonder, afrigter van die Puk se span, is ook gekies as afrigter van die Springbok studentespan. Die span sal later bekend gemaak word. Die Puk is al ’n geruime tyd definitief ’n krag om van te reken en mens kan nie anders as om te glo dat dinge nie gou sal verander in die toekoms nie.


Wapad - 18 Augustus 2011