Wapad - 10 Februarie 2012

Page 13

SPORT

14 |

10 FEBRUARIE 2012

Bellatrix is koning van die baan WYNONA LOUW

Twee eerstejaars van Karlien en Huis Republiek geniet JOOL X-Spele.

FOTO:MARGARETHA CILLIERS

Eerstejaars in aksie by X-Spele

Groot sports by vanjaar se JOOL X-Spele MARGARETHA CILLIERS

T

ussen al die blommetjiesvou en vlottebousessies is daar die lekkerte van die JOOL X-Spele vir al die eerstejaars om bietjie af te koel. Die jaarlikse JOOL X-Spele wat al vir die afgelope vyf jaar aan die gang is, het groot opwinding onder al die eerstejaars verseker. Almal het in koshuisverband deelgeneem en daar was twee aflosspanne van ses lede elk per koshuis wat teen tyd hul spoed en flinkheid moes toon. Twee koshuise het om die beurt teen mekaar deelgeneem. Die ses hindernis-lugkastele, waardeur elke aflosspan moes kom deur te klim of om deur ’n groot plas water te gly, het

Dit is ’n genotvolle ervaring en baie goed vir spanbou en geesbou vir die koshuis en eerstejaars. vir groot pret en vermaak gesorg vir beide die deelnemers en toeskouers. By die kantlyn het elke koshuis hul span entoesiasties aangemoedig om nog vinniger by die wenstreep te kom.

“Dit is ’n genotvolle ervaring en baie goed vir spanbou en geesbou vir die koshuis en eerstejaars,” is die gevolgtrekking van Lineke Hattingh, HK-lid van Minjonet Dameskoshuis, met al die sports by die JOOL X–Spele. “Dit was baie lekker om bietjie af te koel en ’n spansport saam te doen,” vertel Jolene van Nieuwenhuizen, ’n eerstejaarstudent van Karlien, met ’n groot glimlag. Die JOOL X–Spele tel ’n 1000 punte in totaal en vorm deel van die JOOLympics wat uit 4000 punte bestaan. “Dit is ’n baie lekker sportsoort vir die eerstejaars,” volgens Carla Henriët, hoof van die NWU-Puk Rekreasie komitee en een van die redes hoekom JOOL X-Spele so ’n reuse sukses is.

Bellatrix Dameskoshuis het vir die tweede agtereenvolgende jaar geseëvier nadat hulle die dames van Vergeet-My-Nie (VMN) 7-4 in die eindstryd geklop het en sodoende hul titel as gesagvoerders van eerstejaarsnetbal behou het. Bellatrix het die toernooi as gunstelinge betree, maar dit was vroeg in die vertoonstuk al duidelik. Die sportgeleentheid het nie ’n tekort aan talent gehad nie met NWU-Puk-netbalbeurshouers soos Megan Blaauw en Michelle Jansen van Vuuren van VMN, Namibiese nasionale spelers Anneri van Choor, Annadene Moolman van Wanda, en Sasha-Lee Zurcher van Kasteel wie op skool al tydens Bokkieweek uitgeblink het. VMN se ontwakende aanval en verdediging in die uitdunrondtes het hulle plek in die halfeindrondte beveilig en tot gevolg

Bellatrix en Wanda in aksie.

gehad dat hulle oor Heide getriomfeer het, terwyl Bellatrix se onaflosbare heerskappy oor Wanda hulle plek in die finaal teen VMN bevestig het. Heide en Wanda het mekaar aangepak in die wedywer om die derde en vierde plekke, waarin Heide met ’n oorwinning oor Wanda die derde plek beklee het. Die finaal het die twee top spanne van die wedstryd teen mekaar sien afspeel en na ’n wedstryd waarin VMN se aanval en veral verdediging, onder druk geplaas was, het Bellatrix weer met die beker weggestap. Verskeie toekennings was na die toernooi aan uitblinker spelers, onder andere Marieke Vermaak (beste verdedigende speler) van Heide en Timone Grobler (beste doel) van Dinki, toegeken. VMN het as beste ondersteuners en met ’n algehele tweede plek weggestap.

FOTO: MARCELENE JORDAAN

Die Rooirissie praat oor die Pukki

Watter woord is die regte een vir ingekleurde kuiken en uil? Die Rooirissie wil vir al sy medePukke net vandag een ding sê of liewers een woord gebruik om die misverstand rondom die “nuwe” Pukki se uitrusting uit te klaar – dit is nie ’n tarauilgaai, papegaai, ’n ingekleurde kuiken of ’n uil nie. Nee, dit is ’n tarentaal. My goeie vriend, Bertielangbeen, wat sake in die SR-kantore van sport uitvoer, was verlede jaar Kaap toe om spesiaal vir ons mascot splinternuwe kleertjies te gaan uitsoek. Met sy spoggerige geel mohawk en snawel, lyk hy heel grênd. Maar laat die Rooirissie sy

opinie oor die kleredrag gee – die Pukki se nuwe tights laat my wonder. Is ’n tarentaal nie veronderstel om grys bene te hê nie...? Die Rooirissie moet eerlikwaar sê dat daardie geelkolle behoorlik die oog vang. Na ’n lang gewik en geweeg, hou die Rooirissie van die tarentaal en hou ook van die gedagte van verandering. So gepraat van verandering - die Rooirissie het duskant verlede jaar ’n belangrike e-possie ontvang, wat my in kennis gestel het oor sogenaamde eksperimentasie met die Varsity

Cup-reeks wat reeds begin het. Dit werk nou so – waar ’n strafskop en skepskop in die verlede drie punte getel het, sal dit van nou af net twee punte tel. ’n Doelskop sal nou ewe skielik drie punte tel wat beteken dat ’n drie nou altesaam agt punte vir ’n span in die sak bring. Die Rooirissie het die afgelope week met manne gepraat wat genoeg van rugby af weet om my gerus te stel dat Universiteitsrugby hardlooprugby is en dat ons nie heeltyd na ’n skoppery hoef te kyk nie. Só, die hooffokus vanjaar sal

wees om die belangrikheid van drieë te beklemtoon. Die heel eerste FNB Varsity Cup is in 2008 begin en ons rugbyreuse het ongelukkig die finaal op die Danie Craven Stadion in Stellenbosch, net-net misgeloop. Laat die Rooirissie homself herhaal – ek het absoluut volle vertroue in die NWU-Puk om vanjaar bo uit te kom en gee my mede-studente die toestemming om my met ’n nat vis oor die kop te slaan as ek verkeerd sou wees. Net so ietsie wat my na aan die hart lê voordat ek afsluit – geluk aan Heyneke Meyer wat uiteinde-

lik die nuwe afrigter vir die Bokjobbie is. As Suid-Afrika staan ons agter Meyer en glo vas dat die Bokke weer op koers sal kom. Hou die sport aan die brand!


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.