Wapad - 10 Februarie 2012

Page 1

BINNE

JOOL PERSOONLIKHEID: MEISIE MET 'N GOUE HART 2 4

NUUS RAAD OOR: GEWELD, SWANGERSKAP, DWELMS 28-9

BINNE

VARSITY CUP: DIE BEKER KOM HUISTOE LEES JOU KAMPUS STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

>>

JAARGANG 66

>>

Nzimande glo ontgroening is “onmenslik”

Onafhanklike ondersoek gelas

’n

Onafhanklike ondersoek is deur die minister van Hoër Onderwys, dr. Blade Nzimande, gelas ná die verdrinking van die negentienjarige Thabang Makhoang. Makhoang, ’n inwoner van Ratau-Lebone, het tydens die NWU-Puk se jaarlikse Vrugtefees verdrink in die olimpiese-grootte swembad van die Fanie du Toit sportterrein. Kiewiet Scheppel, woordvoerder van die Potchefstroomkampus, het verduidelik dat die eerstejaars ná die Vrugtefees ’n geleentheid gekry het om hulle in die swembad af te spoel. Dit het in koshuisverband plaasgevind. “Niemand is verplig om te swem nie en daar is gesê dat diegene wat nie kan swem nie, eenkant moet gaan. “Ratau se inwoners het by mekaar ingehaak en een-vir-een agteroor in die swembad geval. “Elke koshuis het ’n paar minute gehad om af te spoel. “Niemand het agtergekom dat Thabang nie by die groep is toe hulle uitgeklim het nie,” het Scheppel verduidelik. Die primarius van Ratau, De Wet Oosthuizen, het vertel dat alles so vinnig gebeur het, omdat elke koshuis ongeveer vyf minute

’n Onafhanklike ondersoek is gelas ná die verdrinking van die negentienjarige Thabang Makhoang.

in die swembad gehad het. “Nadat ons ingespring het, moes ons uitklim en vinnig beweeg tot buite die swembad-area om aan te tree. “Niemand het agtergekom dat Thabang nie daar is nie. “Ons het presensie geneem en het op die totale aantal Welpies uitgekom,” sê Oosthuizen. Die eerstejaarsgroep het volgens Oosthuizen daarna na die eetsaal gegaan waarna hulle in drie groepe verdeel het. “Ons het na ete verdeel tussen drie geboue vir die oefen van ons eerstejaarskonsert en die vou van blommetjies vir JOOL. “Ons het dus nie dadelik agtergekom dat Thabang nie in die groep is nie,” sê Oosthuizen. Nzimande het aangevoer dat hy die verduideliking van die universiteit aangehoor het en dat Ma-

WWW.NWU.AC.ZA/WAPAD

FOTO : FRANK DUVENHAGE

Laureus en Wag-’n-bietjie is die algehele vlot-wenners van JOOL.

LIZANÉ TREURNICHT

2 16

10 FEBRUARIE 2012/ VOL 2

khoang se verdrinking ’n fratsongeluk was. Hy het egter die ondersoek aangevra, omdat hy bekommerd is oor “ontgroening” op kampus. “Die omstandighede van die situasie is té soortgelyk aan vorige jare se ontgroeningspraktyke. “Dit is onmenslik en diskriminerend. “Ontgroening tas nuwelinge se menswaardigheid aan,” het Nzimande in ’n persverklaring aangevoer. Twee senior studente wat twee uur ná die Vrugtefees gaan swem het, het Makhoang se liggaam op die bodem van die swembad gesien. Hulle het Beskermingsdienste onmiddellik na die toneel ontbied. Volgens adjudant-offisier, Mpho Manyoba van die Potchefstroom polisiediens, is Makhoang op die toneel dood verklaar deur ER24. Manyoba het verduidelik die saak is steeds sub judice en dat die polisie net kan bevestig dat Makhoang gesterf het weens verdrinking. Die onafhanklike ondersoek wat Nzimande aangevra het, gaan volgens die persverklaring die beplanning en implementering van O&B op die Potchefstroomkampus ondersoek en beoordeel. Vervolg op bladsy 3.

Kopskote Lat-WAi met JOOL MONICA PIENAAR Die sleepkoshuise, Laureus en Wag-’n-bietjie het Lat-WAi tydens JOOL en weggestap as die algehele vlot-wenners. Dié jaar se tema was Vrede, Liefde en Kopskote en het gesorg vir verskeie interessante vlotte. “Die tema was so wyd dat nie een vlot dieselfde gelyk het nie, die vlotte was regtig amazing,” sê Corné Zandberg, SR-JOOL. Alle bouwerk moes vroeg die oggend van die optog gestaak word sodat die beoordeling van die vlotte kon begin. Zandberg sê dat veiligheid altyd eerste kom op die JOOL-plaas. “Punte is afgetrek waar nodig om te verseker dat alle vlotte en bou-areas voldoen aan verkeersen veiligheidsregulasies,” het hy gesê. Daar is tydens JOOL-week drie verpligte boustiltes gehou waartydens die JOOL-plaas ontruim en veiligheidsinspeksies gedoen is. Dié inspeksies is volgens Zandberg gedoen om te verseker dat alle veiligheidsmaatreëls nagekom word. Die persele is ook deursoek vir drank. Zandberg het vertel dat hulle geen klagtes ontvang het tydens JOOL nie. “Die studente het JOOL-week baie geniet,” sê Zandberg. Die interessante tema vanjaar het gesorg dat die koshuise

UITSLAE

1e - Lat-WAi 2e - Ville Reputasie 3e - My-Le Bo 4e - By VERre JOUne 5e - DINK-wat-jy-WIL

kreatiewe idees oplewer. “Die tema was so breed en geen koshuissleep het dieselfde idee uitgebeeld nie,” het Zandberg gesê. Hy het vertel dat daar net een fout ingesluip het met die bemarking van DJ Fresh. “Daar was ’n fout aan DJ Fresh se bestuurspan se kant. Hulle het die datums omgeruil en sy optrede is verkeerd geadverteer,” sê Zandberg. Hy het verder vertel dat die probleem darem maklik opgelos is en dat die ander reëlings vlot verloop het. “Ek is trots op die UK wat gehelp het om te sorg vir ’n opwindende week. Ons het almal nou ’n ruskans nodig,” meen Zandberg. Die algehele wenners sal in Mei saam met die nuwe JOOL-SR-lid aangekondig word.


NUUS/NEWS

2 |

10 FEBRUARIE 2012

News headlines Independent investigation launched LIZANÉ TREURNICHT An independent investigation has been launched by the minister of Higher Education, dr. Blade Nzimande, after the drowning of the nineteen year old, Thabang Makhoang. Makhoang, an inhabitant of Ratau-Lebone, drowned in one of the olympic-sized swimming pools on the Fanie du Toit sport centre during the NWU-Puk’s annual Fruit Festival. According to Kiewiet Scheppel, spokesperson for the Potchefstroomcampus, the first years were given the opportunity to rinse themselves in the pool after the Fruit Festival. Each hostel were given a few minutes to rinse. "No one realised that Thabang was missing when they got out of the pool," said Scheppel. De Wet Oosthuisen, primarius of Ratau, explained that everything happened at a fast pace, they had to get out of the water and clear the swimming area. "We did a head count and all the Welpies were present," said Oosthuisen. Afterwards they returned to the hostel and continued their preperation for the RAG and the

first year recital. Nzimande maintains the explanation of the university and that Makhoang's drowning was a freak-accident. He requested the investigation because he is concerned with "initiation" on campus. "The circumstances of this incident is similar to the practice of initiation in previous years. It is discriminatory, inhumane and undignified. Initiation is a violation of their human rights," said Nzimande during a press release. Makhoang's body was discovered two hours after the festival by two senior students and the authorities were summoned. According to warrant officer, Mpho Manyobo from the Potchefstroom police service, Makaong was announced dead on the scene by ER24. The case is still sub judice and the police can only confirm that Makhoang died as a result of drowning. According to the press release the independent investigation that has been launched by Nzimande will investigate and judge the planning and implementation of O&B.

And the RAG winners are... MONICA PIENAAR The winner of this year's RAG is LAt-WAi. They obtained 8 000 points for their float.

According to the Student Council member for RAG, Corné Zandberg, the two hostels showed excellent team work. He said that the hostels involved worked well togehter.

This is a joined initiative by Wapad and AKSA

Francois Marneweck en sy meisie, Roxy West.

FOTO: FACEBOOK

Marneweck hervat sy studies na koma LIZANÉ TREURNICHT

D

ie rekeningkundestudent wat verlede jaar tydens Intervarsity een verdieping ver van sy woonstel se balkon geval het, gaan vanjaar sy studies voortsit. In die 8 September-uitgawe van verlede jaar, het Wapad berig oor Francois Marneweck se ernstige hoofbeserings. Marneweck het almal verbaas toe hy vinniger as verwag, sy rehabilitasieproses voltooi het. “Ek het baie klasse gemis, omdat ek in die hospitaal was, maar ek het die geleentheid gekry om my eindeksamen te skryf,” het Marneweck dankbaar vertel. Sy ouers het verwag dat hy langer as twaalf maande in Witrand gaan deurbring om weer

fyn motoriese vaardighede aan te leer. Hy het bloeding op die brein, sowel as ’n skedelfraktuur opgedoen. Sy ouers het die ergste gevrees. Sy pastoor-ma het uit die staanspoor gesê dat sy glo ’n wonderwerk sal gebeur. “Ek kan nie onthou wat na die ongeluk gebeur het nie. "Ek onthou net wat die dag voor die ongeluk gebeur het,” vertel Marneweck. Marneweck sê dat hy en sy vriende al grappies kan maak oor die gebeure van daardie aand en sy gestoei met die voedingspyp in die hospitaal. Hy het vertel dat hy die dankbaarste is dat sy meisie, Roxy West, hom deur die rehabilitasieproses ondersteun en

motiveer. “Ons was vroeër in ’n verhouding en sou weer opmaak voor die ongeluk, maar toe het ek geval. Roxy het my die hele tyd bygestaan en dit maak ons verhouding sterk,” het Marneweck gesê. Hoewel Marneweck nog sukkel om te skryf na die fratsongeluk, laat hy hom nie onderkry nie. Hy het die eindeksamen van sy tweede jaar voltooi en geslaag. Marneweck is hoopvol oor die toekoms en beplan om sy Honneursgraad in rekeningkunde te doen. “Ek het in die afgelope tyd geleer dat ek soveel het om voor dankbaar te wees. Die ondersteuning wat ek by my familie en vriende gekry het, is ongelooflik,” het Marneweck vertel.

Excelsior stap weg as wenners van Much More Music-kompetisie MARGARETHA CILLIE Much More Music het in 2011 ’n kompetisie geloods wat “much more” teruggegee het aan die NWU-Puk-studente. Much More Music het die geleentheid geskep vir al die koshuise om ’n geskenkbewys ter waarde van R10 000 te wen. Die koshuis wat die meeste geld by hulle bestee het kon met

Much More Music is geleë in James Marokostraat 18 en hulle het ’n expo-uitstalling in die Mooirivier Mall die opwindende prys wegstap. Excelsior Manskoshuis is as die gelukkige wenners aangekondig. “Ons gaan dit in die klubhuis

instoot,” is Jan-Hendrik Fouché, Primarius van Excelsior, se planne met die geskenkbewys. “Om te kyk wie ons mark is en dan terug te gee aan die stu-

dente,” was volgens Anton van den Heever, bestuurder van Much More Music, een van die redes waarom hulle die kompetisie geloods het.

Hulle het ook ’n Band Lojaliteit program begin waarby elke bandlid 20% afslag kan kry op hul produkte asook geregistreerde musiek en onderwysstudente wat musiek studeer. Much More Music is geleë in James Marokostraat 18 en hulle het ’n expo-uitstalling in die Mooirivier Mall, waar alle musiekliefhebbers ’n draai kan gaan maak.


NUUS

10 FEBRUARIE 2012

|3

Meganiese ingenieurswese Derdejaarstudent

Laureus senior sterf in motorfietsongeluk LIZANÉ TREURNICHT

Ratau-Lebone Manskoshuis staan as eenheid saam tydens die gedenkdiens.

FOTO: FRANK DUVENHAGE

Ratau staan saam ná verdrinking LIZANÉ TREURNICHT

D

ie inwoners van Ratau Lebone Manskoshuis staan as ’n eenheid saam nadat hulle diep geraak is deur die afsterwe van die eerstejaar, Thabang Makhoang, wat op kampus verdrink het, tydens die O&B Vrugtefees. De Wet Oosthuizen, die primarius van Ratau, het vertel dat dit moeilik was om te besluit of hulle die res van die O&B-program sou voltooi. “Ons het besluit dat ons mekaar sal ondersteun en die volle O&Bprogram sal voltooi. Die besluit was gegrond op die feit dat ons gevoel het dit sou onsself, asook die res van die eerstejaars ’n onreg aandoen om heeltyd net by die koshuis te sit en lewe verby te laat gaan,” het Oosthuizen gesê. Die HK van Ratau, het besluit om ’n gedenkdiens op die gras voor die koshuis te hou om respek te betoon aan Makhoang en sy familie. Makhoang was volgens sy mede-Welpies ’n stil student.

Ons het besluit dat ons mekaar sal ondersteun en die volle O&B-program sal voltooi. Hoewel Makhoang later as die ander eerstejaars ingetrek het, kon hy steeds inskakel by die groep en aktiwiteite. Hy sou vanjaar met sy studies begin as eerstejaar in meganiese ingenieurswese. Makhoang se akademiese rekords getuig van ’n pligsgetroue jong man met ’n blink toekoms. Hy het in 2010 gematrikuleer met onderskeidings in Wiskunde en Wetenskap. Die Potchefstroomkampus se woordvoerder, Kiewiet Scheppel het gesê dat ’n span professionele sielkundiges onmiddellik beskik-

baar was om die nodige ondersteuning en hulp aan Makhoang se ouers en mede-koshuisinwoners te verleen. “Thabang het by sy grootouers gewoon terwyl hy in Wolmaransstad skoolgegaan het. Hulle het Thabang se ma persoonlik in kennis gestel. Dit is nie in hierdie stadium bekend of die toekoms van O&B in die gedrang is na dié voorval nie. Scheppel en Oosthuizen het gesê dat die voorval nie voor iemand se deur gelê kan word nie, want al die nodige veiligheidsmaatreëls was in plek. Hulle is dit eens dat O&B wel ’n belangrike rol op die Potchefstroomkampus speel. “In die twee weke waarin studente deur die bekendstellingsprogram gaan, word hulle bekendgestel aan die studentelewe. Die grootste deel van dié program word aan akademiese sake gewy. Ek kan egter nie in hierdie stadium enige kommentaar oor die toekoms daarvan lewer nie,” verduidelik Scheppel.

Prof. Annette Combrink se man sterf LIZANÉ TREURNICHT Die voormalige rektor van die NWU-Puk se Potchefstroomkampus, prof. Annette Combrink se man, prof. Don Loots het in Januarie gesterf na ’n lang siekbed. Sy mediese toestand het volgens Combrink verswak nadat hy vyf jaar gelede ’n beroerte gehad het. Die beroerte het neurologiese skade aangerig. Loots het gesterf weens aarverkalking en algemene orgaanversaking. Combrink, sy huweliksmaat

Hy was ’n akademikus in murg en been. Ons liefde vir die akademie was ’n aansluitingspunt. van die afgelope 29 jaar, het hom beskryf as ’n man wat ’n onvoorwaardelike liefde vir die natuur en omgewing gehad het.

“Hy het altyd uitgesien na die jaarlikse wildtuinvakansie, vleisbraai en jag,” het sy vertel. Loots was sedert die begin van sy akademiese loopbaan in Dierkunde in 1958 verbonde aan die Potchefstroomkampus. Hy het tot op die ouderdom van 68 gewerk. “Werk was sy stokperdjie. Hy was ’n akademikus in murg en been. "Ons liefde vir die akademie was ’n aansluitingspunt,” het Combrink liefdevol vertel. Hy word oorleef deur sy vrou, asook hulle agt kinders en elf kleinkinders.

’n Inwoner van Laureus manskoshuis, André (Baber) Van Zyl, het gesterf in ’n tragiese motorfietsongeluk langs die Drakenstein restaurant. Van Zyl was ’n enigste kind. Hy sou op die dag van sy begrafnis begin as ’n derdejaarstudent in meganiese ingenieurswese. Adjudant-offisier, Mpho Manyoba van die polisie, het bevestig dat hy beswyk het aan ernstige hoofbeserings. Volgens Manyoba het die motorfiets waarmee Van Zyl verongeluk het, teen ’n randsteen vasgery. Hy het daarna teen ’n groot boom gebots. “Die polisie kan in hierdie stadium bevestig dat Van Zyl nie ’n valhelm gedra het nie. Die formele ondersoekprosedure is gevolg, maar die polisie wag nog vir die uitslag van die bloedtoetse om te bepaal of daar alkohol in sy bloedstroom was,” het Manyoba vertel. Sunette Barnard, Van Zyl se meisie van die afgelope agtien maande, was nie saam met Van Zyl tydens die ongeluk nie. “Ek sou hom 23:00 by die koshuis kry ná ’n vergadering. Die ongeluk het ’n halfuur voor die tyd gebeur. “Hy het op ’n koshuisvriend se motorfiets gery om hom ’n streep te trek,” het Barnard hartseer gesê.

Manyoba het gesê dat hulle ’n saak van strafbare manslag ondersoek. Volgens Laureus se primarius, Tim Van As, was drie inwoners wat by die Drakenstein gekuier het, onmiddellik op die toneel. Van As het oomblikke later daar opgedaag. “Die SR-voorsitter, Chrisna Kraaij, en die Studentedekaan, prof. Rikus Fick, was vinnig op die toneel nadat hulle in kennis gestel is van die ongeluk,” het Van As gesê. Die koshuisinwoners het ’n gedenkdiens gehou vir Van Zyl. “Ons koshuispa het vir ons uit die Bybel gelees en ons het die koshuislied gesing. Die koshuisvlag is net halfmas gehang. Ons doen ons bes om sy naaste koshuisvriende te ondersteun,” het Van As vertel. Barnard het hartseer vertel dat sy nie ’n toekoms sonder Van Zyl kan voorstel nie. “Ons het alles saam gedoen. Ons het nog die aand van sy dood gespot dat ons eendag ’n spitbraaitroue gaan hê. Ek het geweet hy is my sielsgenoot,” het sy gesê. Barnard het afgesluit met dié hartroerende woorde: “Sy ma het vertel hoe André as klein seuntjie altyd mal was oor sy motorfietsie. Hy’t gesê hy gaan vinnig ry, en jumps doen tot reg deur die wolkies. Dis eintlik sad, want my engel het motorfiets gery, en nou is hy ’n engel in die wolkies.”

Ongeluk eis hokkiespeler se lewe LIZANÉ TREURNICHT Kaiser Alexander Qankase, ’n twee-en-twintigjarige dagstudent van Thaba-Jäh Manskoshuis, het beswyk aan sy beserings in die hospitaal ná ’n motorongeluk in Pretoria. Die oorsaak van die motorongeluk is nog onbekend, maar daar word vermoed dat hy beheer oor sy voertuig verloor het. Qankase het drie dae ná die ongeluk in die hospitaal gesterf. Sy vriendin, Lizahne Luchies, die hulpafrigter van Thaba-Jäh se hokkiespan waarvoor Qankase gespeel het, het gesê dat daar geen ander voertuie betrokke was in die ongeluk nie. “Hy het verskeie beserings opgedoen. Sy twee arms, sleutel-

been en pelvis is gebreek. "Sy skedel is gekraak en hy het bloeding op die brein gehad. "Daar was ook bloed op een van sy longe,” het Luchies gesê. Die primarius van ThabaJäh, Karl Van Taak, het vertel dat Qankase een van die vriendelikste mense was wat hy geken het en dat die manne sy borrelende geaardheid gaan mis. "Kaiser het altyd voor elke wedstryd gesê; I know you can do it. Hy was ons runaway-agterspeler. Die span gaan hom baie mis in die nuwe hokkieseisoen." het Luchies gesê. "Die huppel in sy stap, was sy trademark."


NUUS

4 |

10 FEBRUARIE 2012

Famous Face

Eerstejaars in aksie tydens vanjaar se Eerstejaarskonsert.

FOTO: FRANK DUVENHAGE

Eerstejaars wys hoe hou mens konsert COLETTE BOTHA

T

ussendeur al die blommetjies vou het die eerstejaars hard geoefen om konsert te hou met interessante temas en skerp humor wat die gehoor op die punte van hul stoele gehou het. Bernard Maritz en Gretha Pers was die seremoniemeesters wat gehore dikwels laat skaterlag het en gesorg het dat daar nie ’n vervelige oomblik was nie. Hierdie jaar het Veritas en Minjonet se seerowers die eerste plek gekry. Janine Venter, kultuur HK-lid van Minjonet, was baie verras oor die uitslae. “Ek het dit glad nie verwag nie, maar ons het daarvoor gehoop en

dit het wel gebeur,” sê Venter. Volgens Richann Brüssow, kultuur HK-lid van Veritas, het hulle die vrugte gepluk van hul harde werk. “Mens verwag nooit dat jy gaan wen nie, maar dit gaan oor die harde werk wat jy ingesit het en die genade van bo.” Bellatrix en Excelsior was tweede met ’n baie unieke tema, Geskiedenis, en VMN en Ratau was derde met ’n kredietwaardige konsert. Gretha Pers se danspassies en die skerp sin vir humor op die verhoog, soos “Pat Lambie” was beslis hoogtepunte van die aand. Izelle Mostert, SR-Kunsteraad, is baie tevrede met die eerstejaarskonsert. “Al die produksies was waarlik

MEDICAL INSURANCE

STUDENT COVER

Schané Venter het byna permanent ’n glimlag op haar gesig. FOTO: DEVIN DE BUDE

Schané het ’n hart vir omgee SHANA DE WET

uniek en elke sleep het met iets nuuts vorendag gekom. Ek dink die standaard van die konserte was baie hoog en daar is baie talentvolle eerstejaars by wie die NWU-Puk kan baat.” Soos elke jaar, word daar ’n Wapad- en PUKfm-prys gegee aan koshuise wat dit die beste uitbeeld. Hierdie jaar het die Wapadprys aan Soetdorings en Heide gegaan en Minjonet en Veritas het die PUKfm-prys gewen. Rudelle White, prim van Minjonet, het vertel dat sy vreeslik bly is oor die uitslae. “Harde werk is beslis beloon.” Elizce Nel, ’n eerstejaar wat deel was van die konsert, beskou dit as ’n groot voorreg om deel te kon wees van die wenspan.

Die wenner van vanjaar se mej. JOOL-persoonlikheid, Schané Venter. Sy glo dat ’n mens die nuwe dag met ’n glimlag moet begin, omdat daar altyd mense is wat swaarder kry as jy. Venter glo dat ’n mens sy naaste moet help en dat almal gelyk is. Dit is haar passie om om te gee vir haar medemens. Venter het besluit om in te skryf vir JOOL-persoonlikheid omdat dit nie soos ’n gewone skoonheidskompetisie is nie. “Dit gaan oor of jou hart op die regte plek is,” sê Venter. Haar ervaring het haar laat besef dat daar mense is wat nie so bevoorreg is soos ander nie en sy wil dit verander. Sy wil ander mense bewus maak van minderbevoorregtes. “Hierdie kompetisie is iets wat

E D I C A M L I N S U R A N C E

DAY-TO-DAY BENEFITS

UNLIMITED DOCTORS CONSULTATION

jy vir jouself moet ervaar, jy kan dit vir niemand beskryf nie,” vertel Venter. Haar hoogtepunt van die afgelope drie maande was die Debskamp in die Vaalbos. “Dit kamp was tussen niks en nêrens. Dit was op ’n plek waar die veertien debutante mekaar beter leer ken het. ,” sê Venter. Venter se projek vir JOOLpersoonlikheid was by die Thakaneng Shelter. Sy het tydens dié projek R10 000 gewen wat sy aan Veilige Nessie geskenk het. Sy is tans besig met haar eerste groot projek: ‘Sand, See, Skulp’. Dit is waar hul kinders van Promosa see toe vat tydens die Maartvakansie. Venter sê dat dit vir haar ’n groot eer is om minder bevoorregte kinders se lewens op dié wyse aan te raak.

with DAY1 Health on successful referrals

REGISTRATION PERIOD – 30 DAYS IDENTIFICATION CARD INCLUDED

HOSPITAL PLAN BENEFITS

R395.00

ACCIDENTAL / ILLNESS DEATH COVER

Per Month

ACCIDENTAL PERMANENT DISABILITY

UP TO 3 SPECIALIST VISITS PER YEAR - subject to pre authorization

ACCIDENT BENEFIT

UNLIMITED ACUTE MEDICATION

ILLNESS – CASH BENEFIT

DREAD DESEASE

ILLNESS – BOOSTER BENEFIT

26 CHRONIC MEDICATION CONDITIONS COVERED

BURSARY Opportunity-

UNLIMITED RADIOLOGY

24 HOUR EMERGENCY SERVICES BY ER24

Join now

UNLIMITED PATHOLOGY BASIC DENTISTRY AS PER NETWORK PROTOCOLS OPTOMETRY – one eye test and one set of standard frames and lenses (subject to a 12 month waiting period)

THE AFFORDABLE HEALTH CARE SOLUTION FOR

STUDENTS

For Product Advice and information Please Call our Offices at:

Tel: 012 – 543 1959 / E-mail: student@day1.co.za


NUUS

10 FEBRUARIE 2012

In die bondel vry of die enkelpaadjie begelei?

| 5

Wat beteken Valentynsdag vir die Pukke? Jané Venter Eerstejaar Karlien

HELOÏSE VAN DER WALT

V

alentynsdag is om die draai en met al die testosteroon en oksitosien in die lug, is dit soms moeilik om nugter te besin oor die liefdeskonsep. Skoolverhoudings word gereeld beskou as opwarmingsoefeninge wat die groeiproses aanhelp totdat jy liefde volkome kan definieer. “Hoe op aarde verduidelik ’n mens met chemie en fisika ’n belangrike fenomeen soos eerste liefde?” het Albert Einstein eenmaal gesê. Volgens professor Stephanie Ortigue, van die Syracuseuniversiteit in New York, het verliefdheid dieselfde effek as kokaïene op die liggaam. Verliefdheid gaan gepaard met die vrystelling van stowwe soos serotonien wat verantwoordelik is vir positiwiteit, dopamien wat begeerte stimuleer, asook adrenalien. “Lovesickness, of liefdesiekte, is selfs voorheen as ’n tydelike geestessiekte beskou,” voer Henk Swanepoel, kliniese sielkundige, aan. Op die vraag hoekom studente nog enkellopend is, is daar ’n verskeidenheid terugvoer verkry. Waardeverskille en die volwassenheidsgraad van

Valentynsdag. Hoewel dit net ’n klug is, is dit lekker om vir die Die 14de Februarie is om die draai dag spesiaal te voel. en daar is gemengde gevoelens op kampus. As jy aan Valentynsdag dink, Nadia Schultz wat beteken dit vir jou? Derdejaar Valentynsdag of Valen-traanVergeet-my-nie dag? BA Kommunikasie

DEANNE BOYD

en Sielkunde

Armandt Janse van Rensburg Tweedejaar Ratau BA Kommunikasie

mede-studente is as redes aangevoer. Die feit dat daar 34% meer damesstudente as mansstudente is, begunstig ook nie juis die alleenloperstatistieke nie. Daar is egter ietwat van ’n teenpooltendens in 2012 onder derdejaarstudente op die NWUPuk wat die paadjie kansel toe stap. ’n Mens moet in ag neem dat enige iemand jou oog kan vang, maar dit vat ’n spesiale

persoon om jou hart te vang. Met skrikkeljaar wat in volle glorie voor ons uitgestrek lê, is die hef in beide geslagte se hande. Ons hoop dat ieder en elk van die Wapad lesers ’n spesiale iemand het om voor Baby chocolates te sing en die woord cheesy tot die volgende vlak te neem, want daar is niks beter as vlinders in die fleur van jou lewe nie!

Valentynsdag. Ek dink dit is net ’n geldmaakstorie, hoekom moet daar net een dag wees as elke dag ’n Valentynsdag kan wees?

Armand Erasmus Tweedejaar Villagers BA MBW Valen-traan-dag, as jy nie iemand het nie en hoekom moet jy net eenkeer ’n jaar vir iemand wys jy is lief vir hulle?

Valentynsdag. Want ek verjaar die dag voor dit, so ek kry baie geskenke... hopelik. Dune van Rooyen Tweedejaar Wag-’n-Bietjie Valen-traan-dag. Mense se verwagtinge is te hoog en dit veroorsaak teleurstellings.

Annemie Lombaard Tweedejaar Huis Republliek OnderwysGrondslagfase Valentynsdag. Dis een van die lekkerste dae van die jaar en die atmosfeer tussen almal is awesome.


NUUS

6|

10 FEBRUARIE 2012

Wenner

MODEL Pukki binne sy nuwe Pukki Alumni-klerewinkel.

FOTO: EDOHAN BURGER

Pukki Alumni-klerewinkel

My funky nuwe Pukki-winkel H Elsje Krause het ’n mooi gesig en natuurlike skoonheid. Deur net na die foto te kyk, kan ’n mens sien dat sy net haarself is en nie voorgee om iemand anders te wees nie. - Leandie Du Randt

oe groot was my verbasing nie, toe ek ontdek dat die NWU-Puk vir my ’n splinternuwe klerekas aangeskaf het! Ek het ’n voëltjie hoor fluit dat prof. Herman van Schalkwyk hierdie blink idee, van ’n nuwe winkel, gehad het sodat ek en julle die NWU-Puk trots kan dra. Julle almal lê so na aan my hart en ek wil graag my nuwe klerekas met elkeen van julle deel. Marinda Elf is ’n baie oulike

en bekwame dame wat die Pukki Alumni-klerewinkel bestuur en seker maak alles verloop seepglad. By hierdie cool winkel word daar nie net klere verkoop nie, maar ook korporatiewe geskenke en ander interessante produkte soos highlighters en ander skryfbehoeftes, file folders, skootrekenaarsakke, USB hubs en vele meer. Ek is friendly, want dis vir my

’n fees om tussen julle te wees. Ek is funky, want ek dra die Pukki-winkel se klere en ek is fun en daarom sal ek by elke sport-, akademie- en liefdadigheidsgeleentheid wees om seker te maak julle dra dit ook! Kom besoek gerus my klerekas tussen 08:00- 17:00 weeksdae.

HET JY GEWEET? DIÉ BROKKIE NUUS IS SAAMGESTEL DEUR DIE NWU-PUK-ALUMNIKANTOOR

High Lighter Set

.00

R295 K

KK E -P U U W N

PU

U-

NW

0

R49.0

KE

KE

.00

R235

Cyber Space Travel Set

UK

0 R75.0

Klasdraf / Sport sakke

U-P

Pukki T-hemp

NW

LEANDIE DU RANDT, AKTRISE VAN FILMS SOOS GETROUD MET RUGBY EN EGOLI: THE MOVIE, HET DIE WAPAD MODEL GEKIES. WAPAD WAS GLAD NIE BETROKKE BY DIE BEOORDELINGSPROSES NIE.

Weens die toename in studentegetalle in die sewentigerjare het die afneem van mondelinge eksamens, wat tydrowend is, in baie kursusse onprakties geword. Op nagraadse vlak het mondelinge eksamens wel redelik algemeen voorgekom. Oopboekeksamens is in 1985 deur die Senaat as ’n wyse van eksaminering goedgekeur. By dieselfde Senaatsvergadering is die gebruik van sekere tipes sakrekenaars in eksamenlokale toegelaat.

Gelee in die studente sentrum tel: (018) 299 1518


NUUS

10 FEBRUARIE 2012

|7

NWU-Puk onderteken ooreenkoms

Prof. Herman van Schalkwyk onderteken die ooreenkoms saam met dr. Benedito Aguiar Neto. FOTO: VERSKAF JOHAN VAN ZYL

Christa Steyn, oudkomponis en pianis van Alabama voer al vir die afgelope tien maande ’n stryd teen kanker. FOTO: HUISGENOOT

Top kunstenaars snoer hul tyd en talente saam ANICA SCHEEPERS 20 Hande, 1 Hart - dié konsert, wat op Saterdag, 25 Februarie, deur tien van Suid-Afrika se bekendste pianiste op die planke gebring word, is nie sommer net enige geldmaakstorie nie. Hierdie uitsonderlike musiekervaring is ten bate van die baie bekende oud-NWU-Puk en oud-Alabama-lid, komponis en pianis, Christa Steyn, wat reeds vir die afgelope tien maande ’n stryd teen kanker voer. Op hierdie manier kan daar ’n bydrae gelewer word om die mediese uitgawes, wat Steyn in die gesig moet staar, te verlig. Mnr. Chris de Bruyn, die organiseerder van die geleentheid, meen enige iemand wat lief is vir Christa en haar graag wil ondersteun, behoort deel te hê aan hierdie wonderlike ervaring. “Wat hierdie konsert so uniek maak, is die feit dat top pianiste uit verskillende klaviergenres gaan optree. “Van die kontemporêre kant af,

Kaartjies kan via die internet gekoop word by www.artema.co.za. regdeur jazz tot by klassiek,” is De Bruyn se mening. Coenie de Villiers, die bekende TV-aanbieder, sanger, komponis en liedjieskrywer, is onder andere een van die betrokke kunstenaars, asook Jeanine Neethling, wat jaarliks verantwoordelik is vir die musikale regie van Huisgenoot Skouspel. Ander bekende kunstenaars soos Clinton Zerf, Johan van Rensburg en Jaconell Mouton gaan ook hul verskyning op die verhoog maak. Die klassieke genre word verteenwoordig deur Wessel van Wyk, asook Truida Olivier, een van ons eie dosente hier aan die NWU-Puk Konservatorium. Die jazz-genre sou ook natuur-

lik onmoontlik gewees het sonder hulp van die kunstenaars, Ramon Alexander, Roelof Colyn en Melissa van der Spuy. Volgens De Bruyn is die kunstenaars almal toegewyde vriende van Christa wat reeds ’n lang pad saam met haar stap en was dit vir hom aangenaam om saam met elkeen van hulle te werk. Die konsert sal in die SanlamOuditorium op die NWU-Puk se Potchefstroomkampus, met die ondersteuning van Yamaha SuidAfrika, plaasvind. Kaartjies vir hierdie vertoning is beskikbaar by Print Café in die Mooirivier Mall, Protea Boekwinkel op die Bult of die Heimat-gebou (F9) op die NWU-Puk Potchefstroomkampus. Dit kan óók via die internet gekoop word by www.artema. co.za. “’n Genotvolle, meesleurende aand van puik klaviermusiek, in verskillende style gespeel, deur van die land se top pianiste, is wat die publiek kan verwag,” meen De Bruyn.

Die rektor van die NoordwesUniversiteit se Potchefstroomkampus, prof. Herman van Schalkwyk, het ’n uitruilooreenkoms met die Mackenzie Presbiteriaanse Universiteit in Brasilië onderteken. Volgens ’n verklaring van dié Universiteit in Sao Paulo, behels die ooreenkoms verskeie uitruilgeleenthede van navorsing, studente en dosente tussen dié twee universiteite. Dit gee ook die geleentheid vir wedersydse versterking en aan-

beveling van magister- en doktorale studies in die buiteland. Van Schalkwyk is opgewonde oor dié ooreenkoms, aangesien dit die eerste van sy soort met ’n universiteit in Brasilië is. Die Potchefstroomkampus en die Mackenzie Presbiteriaanse Universiteit het baie in gemeen ten opsigte van die totstandkoming van die voormalige PU vir CHO en die Mackenzie Presbiteriaanse Universiteit. Dit gee ons geleenthede om te put uit mekaar se ervarings en kennis om ’n beter rol te kan speel wat die ontwikkeling van ons onderskeie lande betref.”

Nuwe begin, nuwe lied GERNA COETZEE Die NWU-Puk spog met ’n splinternuwe universiteitslied wat enige hart sal verbly. Flip a Coin (Katlego Maboe, Stefan Pretorius, Michael de Villiers, Niekie van der Walt en Johan Venter) het die melodie en verwerking gedoen en met ’n wysie vorendag gekom vir die nuwe lied. Die wysie is op ’n selfoon opgeneem en vir Corneels Schabort gegee. Vanaf die selfoonopname het Corneels Schabort begin skaaf aan die Engelse en Afrikaanse woorde en Theriso Tsambo van Mafikengkampus het die Tswana woorde geskryf. “Die idee was om die gevoel van hoe die kampus is te beskryf en

dit het wonderlik uitgedraai,” vertel Schabort. Progressie word in die lied getoon van die eerste Tswana paragraaf wat handel oor die Noordwes, die Afrikaanse vers oor ons land en dan die Engelse vers wat die integrasie van die drie kampusse uitbeeld as “three strong streams united flow”. Laastens het Christa Steyn die orkestrasie en opname behartig. Volgens Schabort was dit baie emosioneel vir Steyn omdat sy ook ’n oud-NWU-Puk is en die lied so wonderlik saamgestel is.

Leer die lied uit die NWU-Puk Dagboek


NUUS

10 FEBRUARIE 2012

|8

NUUS

10 FEBRUARIE 2012

|9

Geleerdes waarsku studente teen allerdaagse gevare van eksperimentering Verkragting

“Die probleme is baie groter as wat ons dink,” het Suzette Weideman, NWU-Puk koördineerder van Psigologiese Gesondheid by Ingryp, tydens ’n Wapad-onderhoud vertel. Studente eksperimenteer met gevaarlike dinge wat groot en negatiewe gevolge vir die student kan inhou. Wapad het by die Potchefstroomse polisiediens, die NWU-Puk se Gesonheidsorgsentrum, Ingryp, ’n maatskaplike werker en Beskermingsdienste gaan aanklop vir raad oor die kwellende vraagstukke waaroor studente soms wonder, maar nie genoeg moed het om oor uit te vind nie.

“Oor die algemeen is meisies geneig om te dink dit gaan nie met hulle gebeur nie.” – Suzette Weideman, NWU-Puk koördineerder van Psigologiese Gesondheid by Ingryp. Seks word gedefinieer as twee volwasse persone wat beide toestemming gegee het om saam met mekaar te slaap. As die meisie nie haar toestemming gegee het nie, kan sy ’n saak van verkragting by die polisie gaan aanmeld. Statutêre verkragting: Om seksuele omgang te hê met ’n minderjarige (jonger as 16 jaar). “Nie alle sake word wel aangemeld nie.” – Jak Jansen van Vuuren van Beskermingsdienste.

WENKE: -

BEWEEG IN GROEPE.

-

LIG MENSE IN WAAR JY IS.

-

KEN JOU GRENSE.

-

BEHOU JOU WAARDES.

-

KEN JOU MAATS.

- HÊ ’N PARTY PLAN. - TYDENS PROF. HERMAN VAN SCHALKWYK, REKTOR VAN DIE NWU-PUK POTCHEFSROOMKAMPUS, SE TOESPRAAK BY DIE AMPTELIKE OPEDAG, HET HY DIT OP DIE STUDENTE SE HART GEDRUK OM MEER VIR MEKAAR OM TE GEE EN DAT ONS MOET UITREIK NA MEKAAR.

Dronkbestuur DRONKBESTUUR IS EEN VAN DIE HOOF PRIORITEITE VAN DIE POTCHEFSTROOMSE POLISIEDIENS. DIE POLISIE IS 24UUR PER DAG AANDIENS EN DIE VERKEERSDEPARTEMENT HET ’N DERDE PATROLERINGSSKOF GEIMPLIMENTEER TUSSEN 22:00 EN 06:00. SODRA JY GEARRESTEER WORD VIR DRONKBESTUUR, WORD JY VIR VIER URE IN DIE TRONKSELLE GEHOU TOTDAT DIE ALKOHOL UIT JOU SISTEEM IS.

Aanranding en geweld

“Dwelmmisbruik is ’n realiteit en die eerstejaars is deurmekaar met harde drugs.” – Lenie Kotzé, maatskaplike werker van die NWU-Pukkampus.

Kindermishandeling vind steeds plaas onder studente deur hulle ouers.

Meeste studente eksperimenteer eerste met dagga, voordat hulle begin met ander sterker middels.

Die “Stockholm”-sindroom verwys na die emosionele beheer wat die oortreder oor die slagoffer het. Oortreder laat: - Slagoffer skuldgevoelens ervaar. - Emosionele manipulasie plaasvind. Oortreder wil: - Beheer en mag uitoefen oor die slagoffer. Slagoffer is: - Vatbaar vir emosionele of fisiese geweld.

KENMERKE:

ONVERKLAARBARE BLOUKOLLE, LITTEKENS EN MERKE. WOON NIE GEREELD KLAS BY NIE.

WORD JY GEARRESTEER.

-

WORD JY NA DIE DISTRIKSGENEESHEER GESTUUR.

-

JOU BLOED WORD GETREK WAT NA ’N FORENSIESE LABORATORIUM GESTUUR WORD VIR ONTLEDING.

-

DIE RESULTATE VAT LANK OM BEKEND GEMAAK TE WORD.

-

JY KAN AANGEKLA WORD VIR DRONKBESTUUR EN KRY DAN ’N KRIMINELE REKORD.

Swangerskap

Emosionele- en fisiese aanranding of geweld ontwikkel oor ’n lang tydperk en slagoffers ontwikkel ’n masker om die gebeure weg te steek.

AS JY AFGETREK WORD VIR DRONKBESTUUR: -

Dwelms

- AS JY OOR DIE NAWEEK GEARRESTEER WORD, MOET JY TOT MAANDAG IN DIE TRONK BLY TOTDAT JY IN DIE HOF KAN VERSKYN MITS JY NIE OP BORG VRYGELAAT WORD NIE.

Alle sake word vertroulik hanteer.

Met sommige dwelms kan mens ná net een keer se gebruik ’n dwelmverslaafde raak.

Moenie wag totdat die situasie meer gekompliseerd raak nie, kry dadelik hulp.

Sommige studente sal hulle selfone en skootrekenaars verruil om dwelms in die hande te kry en maak valse diefstalsake by die polisie oop.

Aborsie is nie die oplossing vir ’n swangerskap nie.

’n Dwelmverslaafde is ongeveer vir ses maande in ’n rehabilitasiesentrum en selfs dan is daar geen waarborg dat die persoon volkome gerehabiliteer is nie.

SIMPTOME:

Volgende week word die nasionale STI- (Sexual Transmitted Infections) en Swangerskapweek, ’n bewusmakingsveldtog, geloods deur die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid wat ondersteun word deur die Gesondheidsorgsentrum. WIE KAN JY KONTAK:

MET ENIGE VERSLAWING KAN MENS FISIES, PSIGIES, EMOSIONEEL EN SOSIAAL AFHANKLIK RAAK VAN ’N MIDDEL. SOMMIGE STUDENTE SUKKEL OM SOSIAAL TE VERKEER SONDER OM VAN ’N MIDDEL GEBRUIK TE MAAK. METDIE PERSOON SE OPTREDE IS SNAAKS.

AFSONDERING AANGESIEN DIE OORTREDER PROBEER OM DIE SLAGOFFER SE VERHOUDINGS EN VRIENDSKAPPE TE VERBREEK.

“Die hoof rede hoekom meisies die baba wil aborteer is omdat hulle bang is vir hulle ouers se reaksie, maar na die eerste emosionele reaksie ondersteun die ouers hulle dogter.” – Lenie Kotze, maatskaplike werker van die NWU-Pukkampus.

DIE PERSOON SAL EEN OOMBLIK BAIE RUIM WEES EN DAN ’N RUKKIE DAARNA TENEERGEDRUK EN MORBIED. DIE VERSLAAFDE SAL BEGIN STEEL OM GELD IN DIE HANDE TE KRY VIR DWELMS EN MEISIES SAL PROSTITUSIE OORWEEG.

BESKERMINGSDIENSTE: 018-299-2211. JAK JANSEN VAN VUURVEN (BESKERMINGSDIENSTE): 018-299-2210. NWU-PUK NOODDIENSTE BESTAAN AL VIR 26 JAAR EN BESTAAN UIT ’N GROEP VRYWILLIGERS WAT STUDENTE BESTAAN TYDENS ENIGE FISIESE NOODGEVAL. NWU-PUK NOODDIENSTE: 018-299-2211. LENIE KOTZÉ (MAATSKAPLIKE WERKER): 018-2991919. INGRYP HET ’N 24UUR TELEFONIESE KRISISLYN WAT DEUR STUDENTE GEBEL KAN WORD VIR ENIGE EMOSIONELE KRISIS. SUZETTE WEIDEMAN:

SAAMGESTEL DEUR: INGRYP, BESKERMINGSDIENSTE EN POTCHEFSTROOMSE POLISIEDIENS.

Aansoeke nou oop! Algemene redaksie poste beskikbaar vir: STUD EN TEKOER AN T

Joernaliste Sportjoernaliste Fotograwe Grafiese ontwerpers Bemarkingskomiteelede Teksversorgers Sosiale netwerk assistent

Persoonlike onderhoude sal plaasvind op Maandagaand 27 februarie asook Dinsdagaand 28 februarie. Skryf jou naam op die skietlys (F25) vir 'n tyd voor Vrydag 24 februarie 2012.

Aansoeke sluit Vrydag 24 februarie 2012. Aansoekvorms is beskikbaar by die Wapad-kantoor (F25).


KUNS & VERMAAK

10 |

10 FEBRUARIE 2012

Kuns Vermaak Foto Na Dans sluit hulle derde laaste show af op ’n hoë noot tydens JOOL.

FOTO: FRANK DUVENHAGE

Foto Na Dans en ander bands

Rock-legendes sluit met JOOL af SAAMGESTEL DEUR JANINE NEL EN LINEL MALAN Foto Na Dans en die res van die JOOL-bands line-up het met hulle unieke klanke en energie bewys hoekom vanjaar se JOOL ’n groot sukses was. Dis hartseer om te sê dat die Suid-Afrikaanse rock-legendes, Foto Na Dans, finaal uit die musiekwêreld tree. Na ’n hele paar jaar van sukses in die musiekbedryf, het die groep besluit dat dit tyd is om weg te beweeg van die Foto Na Dans brand af. Die groep het dus op ’n hoë noot afgesluit met hul derde laaste show by JOOL. Volgens Foto Na Dans is hulle

hartseer oor die feit dat so unieke tydperk van hul lewe tot ’n einde kom. “Een dooie spasie wat plek gaan maak vir ’n mooier ding,” sê Alex Fourie, lid van die band. Die groep beskryf hulself ook as: “Vyf unieke mense wat een gemeenskaplike doelwit gehad het om respek en integriteit van hul aanhangers af te kry.” Vir hulle beteken dit dus dat hulle nooit eers sou oorweeg om te conform en aan te pas by mense se behoeftes nie. Dit gaan vir hulle net oor die musiek, met die gevolg dat, anders as ander groepe, hul aanhangers net sal stilstaan in ’n gehoor en hulself oorgee aan die

klanke van Foto Na Dans. Die alombekende musiekgroep, Prime Circle, het vanjaar vir die agste keer opgetree by JOOL. Ten spyte van die feit dat hulle lirieke Engels is, het hulle nog steeds ’n groot gehoor gehad. Prime Circle is reeds bekend op die internasionale front en hulle het groot planne vir die jaar. Volgens Prime Circle gaan hulle vanjaar deur Engeland en Duitsland toer, saam met medeinternasionaal-bekende groepe Seether en 3 Doors Down. Flash Republic het weereens ’n show vol energie gelewer. Volgens Tamara Dey, hoofsanger van die groep, is sy baie bly om deel van die groep te wees en sy sien haarself as “one of the

boys.” Hoewel sy steeds aktief betrokke is by die groep, is sy wel besig met die opname van haar nuwe solo-album en sê dat aanhangers kan uitsien na ’n meer aternatiewe en bluesy klank. Die energieke musiekgroep, Jax Panik het glad nie teleurgestel nie. Jax Panik beskryf hulle genre as suicide pop. Die ouens vertel dat hulle oor die algemeen positiewe, gesonde mense is. Hulle rook of drink glad nie. Volgens die Jax Panik lede leef hul hulself in hul musiek uit en streef hul daarna om die jaar nog beter musiek te maak. Die Heuwels Fantasties is al

een van die bekendste bands by JOOL. Pierre Greeff, die hoofsanger van die groep, vertel dat hy dit graag vir altyd as loopbaan sal wil doen en totdat hy die dag expire. Heuwels se optrede die aand was weereens ’n hoogtepunt en hulle aanhangers kon nie genoeg kry van die klanke van beide hul vorige en nuwe albums nie. Volgens die Graeme Watkins Project¸ sien Potchefstroom hulle gou weer en hulle voeg ook by dat dit ’n “amazing show” was. Die experimental indie rock groep, Zebra and Giraffe het ook met hul “eksperimentele” klanke die gehoor gedomineer en bygedra tot die sukses van die aand.


KUNS & VERMAAK

10 FEBRUARIE 2012

| 11

SOCIALITE

SOCIAL CALENDER

Datum

Plek

Geleentheid

10/02

Memphis

Memphis rock and roll

10/02

Yoof

VIP Lounge Launch

10/02

Mystic Boer

Elphonix

11/02

Diversity

Valentines Single Party

13/02

Impala

Varsity Cup afterparty

13/02

Picasso's

Local Celebrity Speed Dating

13/02

Bourbons

Varsity Cup afterparty

14/02

Yoof

Sexy Singles Party

14/02

Mystic Boer

I LAF you stukkend

FLIEK TOMAAN We Bought a Zoo

Kongos tree op in Bourbons tydens Campus invasion.

FOTO: FRANK DUVENHAGE

Kongos kook tydens Campus invasion

Campus invasion ’n sosiale sukses GILLIAN BUSH

D

ie sosiale sy van studente lewe is behoorlik met die Vodacom Unlimited en Smirnoff Ice Campus invasiontoer afgeskop. Plaaslike sowel as internasionale bands het in Bourbons opgetree. Kongos, Van Coke Kartel, Bittereinder, The Newspapers en Yesterdays Pupil was almal deel van die uitstekende line-up. Die aand het afgeskop met The Newspapers. Meredith Harmse, hoofsanger van The Newspapers, sê: “Dis altyd great om in Potch op te tree.

Plaaslike sowel as internasionale bands het in Bourbons opgetree.

Dit sal great wees om te sien dat ons aanhangers net so positief reageer op ons album, sodra dit bekendgestel word.” Hulle sal later vanjaar ’n opname doen met Darryl Torr, as

alles volgens plan verloop. Die rock-band, Kongos, bestaan uit vier broers naamlik Johnny, Jesse, Dylan en Danny Kongos. Kongos het hulle debuutalbum in 2007 en hulle tweede album op 12 Desember 2011 bekendgestel. Johnny Kongos, hoofsanger van Kongos sê dat dit amazing was om in Potch op te tree en hulle sal definitief volgende jaar weer ‘n draai kom maak in Potch. Die aand is afgerond met Van Coke Kartel. Megan du Preez, Bcom Bemarking en Toerisme student is van mening dat sy baie opgewonde was oor Kongos, maar Van Coke Kartel se show was meer energetic.

Satchi 073 507 4922

Nuwe kuierplek op die Bult laat almal Puzzle(d) DEANNE BOYD Die interessante nuwe kuierplek op die Bult, Puzzles is die ontbrekende stuk in Potchefstroom se naglewe. Die stylvolle en elegante cocktail lounge is ’n unieke plek met die moontlikheid om later uit te brei. “Ek het gesien dat Potchefstroom se naglewe ’n aanvraag het vir iets meer upmarket en stylvol,” sê Chazon Warries, eienaar van Puzzles. Met die unieke House Electro Beats wat in die agtergrond speel kan ’n mens ’n rustige kuier saam met ’n geselekteerde kleiner groep geniet. Daar is ook ’n verskeidenheid dienste beskikbaar byvoorbeeld lugtyd, sigarette, en sigare wat te koop is. Jy kan ook ’n Hubbly vir jou tafel vir die aand huur en selfs jou eie sjokolade fondue bestel vir nagereg.

We Bought a Zoo is nie een van Crowe se bestes soos met sy film Jerry Maguire nie. Die fliek handel oor ’n man wat sy vrou verloor het en saam met sy kinders ’n nuwe toekoms wil bou en dan ’n dieretuin koop. Die fliek kan langdradig en deurmekaar raak. So gaan die fliekganger op ’n avontuur saam met die gesin om die dieretuin te red en ook vir ’n gelukkiger lewe te veg. Diegene wat gaan vir die romanse van die film moet nie hulle asems ophou nie, want die spanningslyn is traag. Daar is nie goeie spel van Scarlett Johansson se kant af nie. Tog, sal meeste toeskouers die film steeds geniet, want kom ons wees eerlik, die kinematografie, die rolspel deur Matt Damon en

Matt Damon, Scarlett Johansson en Thomas Haden Church in We Bought a Zoo. FOTO: FILMOFILIA.COM

die klankbaan deur Jonsi maak die fliek tog die moeite werd. Indien jy in die bui is vir ’n lekker fliek om mee te ontspan, is We Bought a Zoo die perfekte film. ’n Geruste 6.

Satchi 073 507 4922

Free hair makeovers

Free hair makeovers

Are you bored with your current hairstyle?

Are you bored with your current hairstyle?

We can help!

Puzzles is die nuwe kuierplek in Potchefstroom ladies from 6 to

We are looking for 100 radical/extreme hair makeovers.

We pay up to R2000.00 per Puzzles model.het

We can help! 60 for

ook hul nuutskepping, Stawberry Sushi, onlangs bekendgestel. We specialize in modern funky haircuts. Waar die smullekker geur van aarbeie gekombineer word met Before and after photo’s taken. die eksotiese smaak van sushi. Vir die studente is Puzzles ’n We willkuierplek, come Puzzles. to you. Die nuwe nuwe ervaring. FOTO: KIRSTI VISSER “Wat lekker is van die plek is dat jy actually kan stylists, sit en gesels in Hair makeovers done by well known qualified styl,” het Ronel Vermaak, ’n stuDie wat Puzzles se for this is ligte not aetes practice session trainee hairdressers. kombuis, teen billike pryse, aan- dent gesê. Send an email with a side head photo of is your hair Die plek perfek virdown wanneer mekaarslaan is perfek vir wanto : makeovershop@vodamail.co.za or call for info. neer jy een of twee drankies wil jy lus is om rustig te kuier, tergeniet of selfs voor ’n groot aand wyl jy unieke en oorspronklike drankies, sowel as etes, geniet. op die Bult.

We are looking for 100 ladies from 6 to 60 for radical/extreme hair makeovers. We pay up to R2000.00 per model. We specialize in modern funky haircuts. Before and after photo’s taken. We will come to you. Hair makeovers done by well known qualified stylists, this is not a practice session for trainee hairdressers. Send an email with a side head photo of your hair down to : makeovershop@vodamail.co.za or call for info.


12 |

10 FEBRUARIE 2012

Redaksionele

Kommentaar 10 FEBRUARIE 2012

Is rooier altyd mooier? word deur dames gekoop. * 17% Mans sal self kaartjies koop en daarin skryf. * 73% Mans koop blomme vir Valentynsdag * Daar word ongeveer 110 miljoen rooi rose op die dag verkoop. * Onderwysers kry die meeste kaartjies op die dag. * Kinders tussen die ouderdom van ses tot tien jaar versprei ongeveer 650 miljoen Valentynskaartjies elke jaar. * Die kleur rooi simboliseer gevoel en warmte. * In Japan gee meisies vir ouens sjokolade. * Volgens ’n legende bring ’n soen op Valentynsdag geluk vir die res van die jaar. * In Duitsland plant meisies ’n ui in ’n pot en skryf dan die seun op wie hulle verlief is se naam op die pot neer. Pukke, geniet die liefdevolle dag.

Die volgende Wapad verskyn 23 Februarie 2012 HOOFREDAKTEUR: Marlie Jonker (072 749 2431) ADJUNKREDAKTEUR: Lizané Treurnicht (082 376 8046) INHOUDSREDAKTEUR: Gerna Coetzee (079 888 6185) TEGNIESE REDAKTEURS: Janine Nel (073 206 9876) en Monique Vrey (076 147 2474) SPORTREDAKTEUR: Carli Koch (078 357 3422) SKAKELING & BERMARKING: Johan le Grange (083 641 8096) FOTOGRAFIE: Frank Duvenhage (071 118 1312) TEKSVERSORGING: Marcelene Jordaan (083 656 0899) GRAFIKA & WEBMEESTER: Linél Malan (074 130 8301) Teksversorgers: Nicolene Maree, Natasha Putter en Tersia Landsberg.

Chrisna

Kraaij

SR-voorsitter

Susan

Botma

SR-Adjunkvoorsitter

W

elkom terug op kampus aan elkeen van julle. Strekte vir die jaar wat voorlê en mag vanjaar al jou verwagtinge oortref. Ons wil elke HK-, O&Bkomitee- ,UK-, en ASV-lid bedank vir julle moeite tydens O&B. Ek weet dit is baie keer ’n harde en ondankbare werk, maar weet asseblief dat jul moeite nie ongesien verbygaan nie. Dit is so ’n hartseer saak dat een van ons studente oorlede is tydens die O&B-tydperk. Dit is selfs moeilik om daaroor te praat of te skryf sonder om ’n knop in die keel te kry. Dit was iets wat ons gemeenskap en veral kampus, diep geraak het. ’n Tweede student is ook in ’n motorfietsongeluk oorlede. Dit is onmoontlik om iemand aan die dood af te staan sonder om deur die gebeure geraak te word. Wat nog meer ontstellend is, is dat mense die ras van ’n persoon daaraan moet koppel ten einde te bepaal of ons hartseer is of nie. Ons as studente leef lankal nie meer in die era waar kleur saakmaak nie. Twee studente is oorlede. Daarmee saam is dit ’n NWU-

Puk-student. Dit opsigself is traumaties en ongelooflik hartseer. Ons is ’n familie hier op die Potchefstroomkampus van die NWU-Puk en ons deel mekaar se seer en blydskap. Dus sal ons harte vir ewig in stilte eer betoon aan Thabang en André. JOOL-week is pas verby en ek kan erken dat elke eerstejaar, HK-, UK- en bouspanlid optimaal betrokke was by die suksesvolle geleentheid. Ek glo dat almal elke oomblik geniet en mekaar ondersteun het. Dit is altyd belangrik om die groter doel raak te sien en te kyk hoe jy ’n verskil kan maak in iemand anders se lewe. Pukke, sterkte vir die akademie wat reeds begin het. Dis ’n voorreg om te swot, so geniet elke oomblik. Help mekaar, kyk uit vir mekaar en neem saam deel aan elke moontlike aktiwiteit. Jy is net eenkeer student, geniet dit. Die klagte en gedagtelyn is heel jaar inwerking. Enige klagtes, van koshuis tot akademie, kan na 31750 deurgestuur word.

Marlie Jonker

Wapad Redakteur

Almal het swakpunte en almal maak foute, maar my mees onlangse fout, het my baie duur gekos. My swakpunt? Spoed. Sodra ek agter my silwer Ford se stuurwiel inskuif verander hy vir my in ’n Posche – my eie silwer gevaar(t). Ek het nog nooit so mooi foto van my karretjie gesien nie. Die verkeerskamera het my reg van voor af in een van Gauteng se besige strate gevang. Ek het 93km in ’n 60km sone gery. Die boete wat ek in die pos ontvang het, het egter geen bedrag langs die rooi ‘R’ gehad nie. Daar het net gestaan NAG – No Admission of Guilt. Ek het gou besef dat die akroniem vir my letterlik nag beteken. As mens 30km per uur oor die spoedgrens ry, word geen boete uitgereik nie, mens verskyn dade-

Dit is ’n vreesaanjaende gevoel om die hofdatum te sien en te besef dat jy die persoon in die beskuldigingsbank gaan wees. lik in die hof. Dit is ’n vreesaanjaende gevoel om die hofdatum te sien en te besef dat jy die persoon in die beskuldigingsbank gaan wees. ’n Hof is ’n scary plek. Krimenele, verkragters, moordenaars en ander wetoortreders

soos spoedoortreders, word hier oor dieselfde kam geskeer deur die Suid-Afrikaanse gereg. Boetes wissel vanaf R1 000 tot R120 000. Jou lisensie kan ook vir ’n tydperk van ses maande, ’n jaar of selfs vyf jaar gekonfiskeer word. Die petalje het my net weereens laat besef dat iewers gaan elkeen van ons voor ’n regter verskyn – hetsy hier op aarde of eendag in die lewe hierna. In die hof getuig jy, regterhand in die lig met die woorde, “So help my God”, dat jy die waarheid sal praat. In die hemel gaan jou lewe op aarde namens jou getuig.

SUDOKU

Wie het vir Kupido as die ultimate liefdessimbool vir Valentynsdag aangestel? Sommiges dink aan Kupido as ’n kort, mollige babatjie met vlerkies wat links en regs met sy pyl en boog skote uitdeel. Pukke, vir julle wil ons net een ding vra – hoekom juis op die 14de Februarie moet dit die dag wees wat ons almal aan mekaar liefde toon? Nee, ons weet die Here het ons as een universiteit saamgebring om elke dag Valentynsdag te vier. Dit is regtig vreemd om te sien hoe party mense uit hul pad gaan om “op te warm” vir die sogenaamde spesiale dag. ’n Onverwagse blommetjie, ’n opgepofte teddiebeer of ’n lekker vetmaak lekkertjie, kan op enige ander dag as hartjiedag emosies en gevoelens ook so mooi oordra. ’n Paar interessante feite: * 83% Valentynsdagkaartjies


10 FEBRUARIE 2012

| 13

Gasskrywer

Kommentaar Gasskrywer: Suid-Afrikaanse akteur van Bakgat

Liefde se lig is ook aan ’n Blik(kie) in die einde van die tonnel die lewe van ’n kroegvlieg Die belangrikste is om nie vir liefde te soek nie, want dit gebeur wanneer jy dit die minste verwag.

Altus Theart

Howzit julle!

Ek is seker meeste van julle was al ten minste een keer super verlief gewees! En hoe cool en lekker is dit nie! Maar dan soms hou dit nie lank genoeg nie en die seer skop in en jy dink die lewe is verby en girls en ouens is vir die voëls en jy gaan nooit weer verlief raak nie, en nooit weer iemand ontmoet nie! Nè? Klink en voel dit bekend? Ek is seker dit doen vir meeste van julle! Maar… en dis ’n GROOT maar, dit is beslis nie die einde van die wêreld nie. Daar is altyd ’n lig aan die einde van die tonnel… en dis nie ’n trein nie! So ontmoet ek toe mos my bruid toe ek dit die minste verwag het en nie eers daarvoor gesoek het nie! En ek dink dit is die hoof gedagte waarmee ek julle wil los in die maand van liefde!

Ek dink ons almal is te geneig om te soek vir daai iemand omdat jy alleen voel of sommer maar net ’n vry wil hê… en onmiddellik is jou verwagtinge al klaar hopeloos te hoog and you might just be setting yourself up for disappointment en baie hartseer! Soos ek gesê het, val Zetske toe uit die bloute uit crash, boom, bang, binne in my lewe in. Omdat ek glad nie gesoek het vir ’n verhouding nie, kon ons mekaar sonder enige preconceived ideas sommer maar net leer ken en eers vriende word, voor Kupido my geskiet het met sy pyle! Van daar af het die interessante journey begin en amper vier jaar later staan ek en sy toe mos eendag voor die kansel, nog steeds beste vriende en meer verlief as ooit! En hoekom? Net omdat ons nie gat-oor-kop in ’n verhouding in gevlieg het met hormone wat op en af spring nie! Ons het mekaar eers leer ken

en nie enige verwagtinge van mekaar gehad nie. So ek dink wat ek eintlik vir julle wil sê dié Valentine’s Day: expect the unexpected! As jy reeds daai ou of girl ontmoet het, maak seker hy of sy weet hoe jy voel oor hom of haar en onthou, elke dag is veronderstel om Valentine’s Day te wees! En as jy nog nie daai persoon ontmoet het nie, weet net daar is iemand vir elkeen en die laaste ding wat jy moet doen is om te soek. Glo my, dis die moeite en bietjie langer wag werd! Wees lief vir jouself en vir mekaar en wie weet, dalk mis jy dalk vir “mr./miss right now” en val “mr./miss right” in jou skoot sonder dat jy daarvoor gesoek het! Ek hoop julle het ’n awesome maand en jaar wat voorlê en onthou: “Die lewe is ’n lied en vol liefde, so begin maar om die wysie te leer.”

Saboteer hierdie Valentynsdag KEVIN DU PLESSIS EN JIMMY PRESSLY af.

Gaan Draak toe. Koop vir jou iets om te drink, en weer, en weer, en weer. Dan noem ons dit sommer Val-indie-tuins-dag . Indien jy wel iemand in jou lewe het, los haar of hom nou, spaar jou ouers se geld en sien stap een. Gaan soek iemand van wie jy nie hou nie en lag vir hulle omdat hulle alleen by die Dampad Valentynsete sit.

Bekruip paartjies op die Bib se gras, blaas hulle kersies dood en skree: “Get a room” terwyl jy weghardloop. As jy, soos die res van ons, vriende het wat altyd voor jou soen, stuur vir hulle elkeen ’n brief op V-day wat van mekaar af kom waarop hulle mekaar dan los. Steel dan hulle selfone sodat hulle nie mekaar kan bel nie vir die kersie op die koek.

Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875

Tap ’n blikkie Doom oor in ’n parfuumbottel en hardloop in Lovers Lane af terwyl jy dit op almal spuit en vertel dat dit die reuk van Valentynsdag is. Wanneer iemand rooi hartjies uitknip en opplak vir versierings, skeur al die hartjies in die helfte en plak hulle dan weer terug op die muur. Grou ’n gat op die Bib se gras, sit ’n kombersie oor dit, en nooi iemand vir ’n laatnag piekniek en sê vir hulle hulle moet op die kombersie vir jou wag. Moenie opdaag nie. Wapad ondersteun graag Pukke-liefde, maar bied graag die volgende raad: moenie probeer liefdesgedigte skryf nie, los dit vir die wat kan.

Briewe

ville. Sy mees aantreklike eienskap is sy dik, dominerende snor. Hierdie lip-lapa is so oorweldigend dat ek nie met sekerheid kan sê of hy ’n neus het of nie. Wanneer hy praat lyk hierdie manjifieke haarplantasie soos ’n klein sjimpansee wat rondspring op sy lip. Wanneer hy lag vibreer sy hele gesig saam, dan lyk dit of die sjimpansee ’n epileptiese aanval kry. “Naand Oom,” groet ek. “Wie’s jou oom? Ek’s ses-endertig.” “Gaan jy weer probeer met auntie Liz vanaand?” vra ek. “Ja boet, is mos Valentines night.” Vir ’n ruk sit ons stil en kyk vir auntie Lizanne terwyl sy speel-speel aan ’n ander man stamp. “Ek was ôk oppie NWU-Puk, soos jy. Daar’t ek ’n oulike girl gehad, vir lank.” “En toe?” vra ek. “Sy’t fedup geraak,” antwoord hy. “Hoekom?” “Ek was een van daai ouens.” “Watse ouens?” Hy lig sy bier op, druk sy mond halfpad in sy glas in en sê asof hy met al die skuim praat: “Daai ouens wat dink dis orraait om net op Valentine’s Day vir jou girl blomme te koop.”

iek deur M a r thi ubr n nR

Vir baie gaan Valentynsdag oor rooi hartjies en Kupido wat liefde saai met sy pyl en boog. Ongelukkig vir ons hartseer enkellopendes is daardie einste pyl net ’n doring in ons vlees. Hier is tien maniere hoe ’n jy Valentynsdag kan saboteer.

Vang ’n kampuskat, draai ’n lint om hom en lewer hom by ’n dameskoshuis

Daar is een spesie waaroor National Geographic nog nie ’n documentary gemaak het nie: Die Kroegvlieg. Hier op Valentynsdag het hulle ook die geneigdheid om soos brommers om die barmoeder te hang. Nou die dag bevind ek myself in die toeskouer-posisie van ’n liefdesdans tussen ’n kroegvlieg en ’n bar-moeder. Die bar-moeder, auntie Lizanne, is al hier vir jare. Haar rasperstem laat mens dink sy’s gebore met ’n Camel tussen haar tande. Sy het ’n heerlike moesie op haar neus wat amper in jou Whisky hang as sy vir jou ’n dubbel skink. ’n Paar jaar gelede het sy opgehou om meer aanvaarbare eye shadow brands te dra en gebruik nou ’n Plascon-produk wat primêr bedoel is vir die verf van geute. Die kroegvlieg self is ook al hier vir jare. Hy’s dalk so 50 of 55. Die lappie swart-grys hare op sy kop word nie sommer gewas nie. As hy wel besluit om dit te was, is dit tien teen een met ’n groen blok Sunlight-seep. Sy wangbene hang op sy ken van vele ontmoetings met vuiste en ’n paar van sy tande lê nou nog buite ’n kroeg in Carleton-

ster Be us

DEUR:

MARTHINUS BESTER IS 'N VRYSKUTSKRYWER WAT BESIG IS MET GRADE IN REGTE EN TEOLOGIE EN WIL DIT GRAAG VOLTOOI SODAT HY KAN GAAN BOER. HIERDIE IS DIE OPINIE VAN DIE RUBRIEKSKRYWER EN NIE DIE KOERANT S'N NIE.

Ombudsman

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: 10061053@nwu.ac.za


SPORT

14 |

10 FEBRUARIE 2012

Bellatrix is koning van die baan WYNONA LOUW

Twee eerstejaars van Karlien en Huis Republiek geniet JOOL X-Spele.

FOTO:MARGARETHA CILLIERS

Eerstejaars in aksie by X-Spele

Groot sports by vanjaar se JOOL X-Spele MARGARETHA CILLIERS

T

ussen al die blommetjiesvou en vlottebousessies is daar die lekkerte van die JOOL X-Spele vir al die eerstejaars om bietjie af te koel. Die jaarlikse JOOL X-Spele wat al vir die afgelope vyf jaar aan die gang is, het groot opwinding onder al die eerstejaars verseker. Almal het in koshuisverband deelgeneem en daar was twee aflosspanne van ses lede elk per koshuis wat teen tyd hul spoed en flinkheid moes toon. Twee koshuise het om die beurt teen mekaar deelgeneem. Die ses hindernis-lugkastele, waardeur elke aflosspan moes kom deur te klim of om deur ’n groot plas water te gly, het

Dit is ’n genotvolle ervaring en baie goed vir spanbou en geesbou vir die koshuis en eerstejaars. vir groot pret en vermaak gesorg vir beide die deelnemers en toeskouers. By die kantlyn het elke koshuis hul span entoesiasties aangemoedig om nog vinniger by die wenstreep te kom.

“Dit is ’n genotvolle ervaring en baie goed vir spanbou en geesbou vir die koshuis en eerstejaars,” is die gevolgtrekking van Lineke Hattingh, HK-lid van Minjonet Dameskoshuis, met al die sports by die JOOL X–Spele. “Dit was baie lekker om bietjie af te koel en ’n spansport saam te doen,” vertel Jolene van Nieuwenhuizen, ’n eerstejaarstudent van Karlien, met ’n groot glimlag. Die JOOL X–Spele tel ’n 1000 punte in totaal en vorm deel van die JOOLympics wat uit 4000 punte bestaan. “Dit is ’n baie lekker sportsoort vir die eerstejaars,” volgens Carla Henriët, hoof van die NWU-Puk Rekreasie komitee en een van die redes hoekom JOOL X-Spele so ’n reuse sukses is.

Bellatrix Dameskoshuis het vir die tweede agtereenvolgende jaar geseëvier nadat hulle die dames van Vergeet-My-Nie (VMN) 7-4 in die eindstryd geklop het en sodoende hul titel as gesagvoerders van eerstejaarsnetbal behou het. Bellatrix het die toernooi as gunstelinge betree, maar dit was vroeg in die vertoonstuk al duidelik. Die sportgeleentheid het nie ’n tekort aan talent gehad nie met NWU-Puk-netbalbeurshouers soos Megan Blaauw en Michelle Jansen van Vuuren van VMN, Namibiese nasionale spelers Anneri van Choor, Annadene Moolman van Wanda, en Sasha-Lee Zurcher van Kasteel wie op skool al tydens Bokkieweek uitgeblink het. VMN se ontwakende aanval en verdediging in die uitdunrondtes het hulle plek in die halfeindrondte beveilig en tot gevolg

Bellatrix en Wanda in aksie.

gehad dat hulle oor Heide getriomfeer het, terwyl Bellatrix se onaflosbare heerskappy oor Wanda hulle plek in die finaal teen VMN bevestig het. Heide en Wanda het mekaar aangepak in die wedywer om die derde en vierde plekke, waarin Heide met ’n oorwinning oor Wanda die derde plek beklee het. Die finaal het die twee top spanne van die wedstryd teen mekaar sien afspeel en na ’n wedstryd waarin VMN se aanval en veral verdediging, onder druk geplaas was, het Bellatrix weer met die beker weggestap. Verskeie toekennings was na die toernooi aan uitblinker spelers, onder andere Marieke Vermaak (beste verdedigende speler) van Heide en Timone Grobler (beste doel) van Dinki, toegeken. VMN het as beste ondersteuners en met ’n algehele tweede plek weggestap.

FOTO: MARCELENE JORDAAN

Die Rooirissie praat oor die Pukki

Watter woord is die regte een vir ingekleurde kuiken en uil? Die Rooirissie wil vir al sy medePukke net vandag een ding sê of liewers een woord gebruik om die misverstand rondom die “nuwe” Pukki se uitrusting uit te klaar – dit is nie ’n tarauilgaai, papegaai, ’n ingekleurde kuiken of ’n uil nie. Nee, dit is ’n tarentaal. My goeie vriend, Bertielangbeen, wat sake in die SR-kantore van sport uitvoer, was verlede jaar Kaap toe om spesiaal vir ons mascot splinternuwe kleertjies te gaan uitsoek. Met sy spoggerige geel mohawk en snawel, lyk hy heel grênd. Maar laat die Rooirissie sy

opinie oor die kleredrag gee – die Pukki se nuwe tights laat my wonder. Is ’n tarentaal nie veronderstel om grys bene te hê nie...? Die Rooirissie moet eerlikwaar sê dat daardie geelkolle behoorlik die oog vang. Na ’n lang gewik en geweeg, hou die Rooirissie van die tarentaal en hou ook van die gedagte van verandering. So gepraat van verandering - die Rooirissie het duskant verlede jaar ’n belangrike e-possie ontvang, wat my in kennis gestel het oor sogenaamde eksperimentasie met die Varsity

Cup-reeks wat reeds begin het. Dit werk nou so – waar ’n strafskop en skepskop in die verlede drie punte getel het, sal dit van nou af net twee punte tel. ’n Doelskop sal nou ewe skielik drie punte tel wat beteken dat ’n drie nou altesaam agt punte vir ’n span in die sak bring. Die Rooirissie het die afgelope week met manne gepraat wat genoeg van rugby af weet om my gerus te stel dat Universiteitsrugby hardlooprugby is en dat ons nie heeltyd na ’n skoppery hoef te kyk nie. Só, die hooffokus vanjaar sal

wees om die belangrikheid van drieë te beklemtoon. Die heel eerste FNB Varsity Cup is in 2008 begin en ons rugbyreuse het ongelukkig die finaal op die Danie Craven Stadion in Stellenbosch, net-net misgeloop. Laat die Rooirissie homself herhaal – ek het absoluut volle vertroue in die NWU-Puk om vanjaar bo uit te kom en gee my mede-studente die toestemming om my met ’n nat vis oor die kop te slaan as ek verkeerd sou wees. Net so ietsie wat my na aan die hart lê voordat ek afsluit – geluk aan Heyneke Meyer wat uiteinde-

lik die nuwe afrigter vir die Bokjobbie is. As Suid-Afrika staan ons agter Meyer en glo vas dat die Bokke weer op koers sal kom. Hou die sport aan die brand!


SPORT

10 FEBRUARIE 2012

| 15

Niks te ver vir Patience

NWU-Puk-atleet breek driesprong rekord MARGARETHA CILLIE

Villagers wen Heimat in die Eerstejaarsatletiek met ’n halwe punt.

FOTO: THEODORE NOTHLING

Eerstejaarsatletiek ’n reuse sukses SHANA DE WET

V

anjaar se eerstejaarsatletiek wat plaasgevind het by die McArthur sportgronde, was ’n dag vol pret en plesier. “Die gees was regtig amazing gewees,” meen Mauritz Tuit, ’n eerstejaar van Villagers Manskoshuis. Hy vertel dat dit een van die onvergeetlikste byeenkomste was wat hy al bygewoon het. Vanjaar het Bertie Maritz, SR-Sport, en Tiaan Visagie, UKSport, dit goed gedink om die 400m-hekkies deel van die program te maak. Hierdie besluit was beslis die moeite werd, want die beste vroue baanatleet het die 400m hekkies in 67.92s klaargemaak. Visagie is tevrede met die afloop van die dag se gebeure. “Hierdie dag was ’n groot sukses en alles het vlot verloop.” Gelukkig was daar geen ernstige beserings nie, net ’n milt-

Top 5 Manskoshuise: 1. Villagers 2. Heimat 3. Over de Voor 4. Soetdorings 5. Puk-Dorp Top 5 Dameskoshuise: 1. Karlien 2. Bellatrix 3. Dinki 4. Vergeet-My-Nie 5. Wanda steek so af en toe. “Ons is baie tevrede met die afloop van die dag,” vertel Maritz. Daar was hope talent, maar daar was ’n hele paar atlete wat uitgestaan het. Die beste baanatlete was Marike Vermaak van Karlien

Voorlopige Februarie sportprogram 10 Februarie 2012

Eerstejaarsrugby begin

13 Februarie 2012

Netbalmans- pretliga Pluimbal Varsity Cup teen Maties

14 Februarie 2012

Korfbal

20 Februarie 2012

Varsity Cup Tuks by Fanie de Villiers

TIPTOPT V DSTV / TOP TV / TV REPAIRS / RELOCATIONS Wil jy jou tv laat regmaak?

Soek jy meer kanale?

018 293 0277 / 082 892 1315 | tiptoptvsa@gmail.com 46 Du Plooy Straat, Potchefstroom

en Theodore Nothling van Villagers. Vermaak het aan die 400m hekkies deelgeneem en het ’n eersteplek verwerf. Nothling het aan die 800m en 1500m deelgeneem. Hy het ’n eersteplek in die 800m met ’n tyd van 1:52.97 behaal, maar het net-net teen Armin Botha, ook van Villagers, verloor in die 1500m. Op die veld het Ruan Erasmus van Heimat gewys hy is baas met ’n afstand van 75.91m met spiesgooi. Frans Schutte van Over de Voor het sy merk gemaak met ’n afstand van 18.70m in gewigstoot. By die dames was dit Rachelle Pottas van LaVaria wat vir die ander gewys het hoe dit by diskus gedoen moet word. Haar afstand was 37.18m. Kampuskoshuise het gewys wat in hul steek hierdie jaar, maar ongelukkig kon Heimat en Dinki nie aan hul titel as kampioene vasklou nie.

Patience Ntshingila is ’n driesprongatleet van formaat wat haar drome een sprong op ’n slag najaag. Ntshingila wat ’n finalejaar Sportwetenskap student by die NWU-Puk is, is ’n bekende driesprong- en verspringatleet op nasionale vlak. Sy het einde laasjaar die SuidAfrikaanse driesprongrekord van 13.46m gebreek met ’n sprong van 13.50m. Dit was ’n ongelooflike mylpaal vir Ntshingila aangesien sy die eerste atleet in 20 jaar is wat die rekord kon breek. Ntshingila wat van Kagiso afkom, buitekant Krugersdorp, het al op laerskool haar liefde vir verspring ontdek. In 2009 het sy vir die eerste keer begin met driesprong en nooit weer teruggekyk nie. Hoewel sy op nasionale vlak met beide verspring en driesprong kompeteer en presteer, lê driesprong haar na aan

die hart. Haar droom: “To qualify for the 2012 Olympics.” Om hierdie droom te verwesenlik moet sy 14m in die driesprong behaal wat heeltemal binne bereik is vir hierdie talentvolle atleet. Ntshingila se besonderse prestasies sal haar ook hopelik die geleentheid gee om ’n borg te kry vir atletiekskoene, klere en bykomende ondersteuning. Mnr. Owen van Niekerk, is die afgelope vier jaar Ntshingila se afrigter. Beide Van Niekerk en sy vrou Maryna, self ’n ervare verspring atleet, is vol lof vir Ntshingila se selfdissipline en deursettingsvermoë tydens haar daaglikse oefensessies. “Sy oefen sonder toesig en kla nooit nie.” Ntshingila motiveer haarself voor elke sprong deur vir haarself te sê “I can do it”. Wyse woorde om in 2012 jou eie te maak. So hou hierdie top atleet dop.

Patience Ntshingila breek driesprong rekord.

FOTO: TIMESLIVE.CO.ZA

Gholf presteer in Stellenbosch

NWU-Puk Gholf terug in top liga ALEXANDER VENTER Die NWU-Pukke se gholfspan het aan die USSA (Universiteit Sport Suid-Afrika) in Desember in Stellenbosch deelgeneem. Die NWU-Pukke het letterlik die wind in hul seile gehad. Met winderige omstandighede daardie week in die wynlande, het die Suidwester die NWU-Puk goeie resultate in die sak gebring. Vir ander spanne was dit nie aldag die geval nie. Die spelers van die NWU-Puk het ’n alghele vyfde plek in die kompetisie verower. Die studente het die NWU-Puk se naam weer in ere herstel deur dat hulle weer in die A-afdeling deelgeneem het. Die gholfers het laas in 1994 in dié liga deelgeneem. Na jare se harde werk het die NWU-Puk se gholfspan dit weer reggekry om teen groot Universiteite soos Tukkies en Maties, mee te ding. Tukkies het vir die derde agtereenvolgende jaar as algehele

Die toernooi was lekker en daar was baie gees. Na ons goeie resultate in 2011 kan ons net groter gaan in 2012. wenners uit die stryd getree. Daar word min van gholf op kampus gehoor, maar dit is egter ’n belangrike prestasie vir hulle om van die dertiende plek op te skuif na die vyfde posisie in die A-afde-ling en hoof-liga van die USSA. Dit is verder ’n goeie prestasie aangesien ’n universiteit soos Tukkies spesifiek ’n sportskool het wat slegs op sekere sportsoorte soos gholf fokus om hulle spel te distansieer van ander universiteite. Die NWU-Pukke het nie net

goed gedoen as ’n span nie, maar in die individuele afdeling van die USSA het daar ook spelers uitgeblink. S.P Camther, kaptein van die NWU-Puk gholfspan, meen dat hulle as span beter resultate vanjaar op die baan sal lewer. “Die toernooi was lekker en daar was baie gees. Ek sien ook uit na die jaar wat voorlê omdat die Puk die 2012 USSA kampioenskap in Parys aanbied. Na ons goeie resultate in 2011 kan ons net groter gaan in 2012.” Camther het tweede in die individuele-afdeling van die kompetisie geeïndig en beoog om vanjaar sy span tot hoër hoogtes te lei. Hy is deel van die Suid-Afrikaanse USSA-span wat ’n besondere prestasie vir hom is. Na ’n hele paar maer jare vir die NWU-Puk gholf is hul weer terug waar hulle hoort. Hulle kompeteer met die beste spanne in die land. Wees op die uitkyk vir ons gholfsterre in Parys.


Sport 10 FEBRUARIE 2012/ VOL 2

BINNE

NUUS

Eerstejaars gaan groot JOOL X-Spele 214

Eerstejaarsatletiek is 'n groot sukses 215

Die kapteine van vanjaar se Varsity Cup spanne.

FOTO: GALLO IMAGES

Varsity Cup: Die beker kom vanjaar huis toe CARLI KOCH

N

a ’n harde en lang oefenkamp is NWU-Puk1 reg om vanjaar se Varsity Cup met vuur en vlam aan te pak. Die span het vanjaar met standvastigheid begin – ’n afrigter wat bewys het dat hy die regte man vir die taak is en ’n kaptein met goeie leierskapsondervinding. Vanjaar se FNB Varsity Cup het reeds op 6 Februarie begin. Die reeks is, naas die Currie- en Vodacom Beker, die derde grootste plaaslike rugbykompetisie in Suid-Afrika. Die Varsity Cup wat deur Steinhoff aangebied word, is die eerste keer in 2008 begin. Maties het reeds driemaal die kompetisie gewen waar die Universiteit van Kaapstad verlede jaar koning gekraai het.

Die span bly min of meer dieselfde as verlede jaar se Klubkampioenskapspan. Daar is ’n paar veranderinge aan die reeks gebring. ’n Drie tel nou agt punte en ’n strafskop en skepskop net twee. Hannes Esterhuizen, breier van die NWU-Puk1, is nie bekommerd oor die nuwe instelling nie. “Dit kan twee kante toe gaan – of ’n span is meer aanvallend of daar sal baie meer op verdediging gefokus word.” Esterhuizen voel dat die skeidsregters strenger gaan wees wat tot doelbewuste strafskoppe sal lei en dat daar meer geel- en rooikaarte uitgedeel gaan word. Wat beserings betref, is daar ’n hele paar voorspelers wat tot drie

Sportredakteur: Carli Koch

weke buite aksie sal wees. Martin Dreyer is besig om van ’n kniebesering te herstel. Jeandre Willams en Alfred Wouts het albei skouerbeserings opgedoen. Justin Botha sal weens ’n kniebesering tot ses maande buite aksie wees. Esterhuizen meen dat al die spelers in ’n goeie kondisie is en dit maak dit makliker om te herstel. Die NWU-Puk het twee oefenwedstryde teen Kovsies en UJ gehad waar hulle albei wedstryde gewen het. Volgens die breier sal Tukkies,

wapad@nwu.ac.za

Maties, UJ en Kovsies groot kompetisie wees. Spanne soos TUT en NMMU moet ook nie onderskat word nie. Joubert (Juba) Engelbrecht het die rol as kaptein by Rynard (Toring) Landman vir die Varsity Cup oorgeneem. Die speler het heelwat ondervinding wat die groot verantwoordelikheid betref. Engelbrecht was kaptein van die Luiperds se o/21-span in 2010 en in 2011 was hy die aanvoerder van die Luiperds. Engelbrecht het aan Wapad vertel dat hulle as span van die begin af gesê het dat hulle van-

jaar se Varsity Cup wil wen. “Die spelers het van die begin af almal daarby ingekoop. Vir my as kaptein is dit belangrik om goeie rugby te speel, want dan lig almal hulle game.” Die span bly vanjaar min of meer dieselfde as verlede jaar se Klubkampioenskapspan. Zander de Kock van die Valke het by die span aangesluit en Justin Botha is ook ’n nuweling, maar sal eers later in aksie wees. Die span is gedurende hulle oefenkamp hard gedruk, goed gemotiveer en die gees is waar dit moet wees. Die manne het reeds hulle eerste wedstryd teen NMMU in Port-Elizabeth met 26-16 gewen. Die NWU-Pukke speel Maandag in hulle tweede Varsity Cup wedstryd teen Maties op die Fanie du Toit sportgronde.

E-pos met sportnuus


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.