TWK Radius │ Jun Jul Aug 2020

Page 49

TWK RADIUS

Maak jou eie Mieliemonsters! Dit is prettig en maklik om jou eie springmieliemonsters net soos Basjan-hulle te maak. Dit is ’n effens morsige resep, maar dis vet monsterpret! WAARSKUWING: Moenie self die stoof, warm pot of warm malvalekkermengsel hanteer nie – vra ’n grootmens om te help.

Jy benodig: • 5 koppies springmielies (reeds gespring) • 1 groot pak malvalekkers • voedselkleursel • ¼ koppie botter • waspapier • verskillende lekkers vir versiering Wat om te doen: 1. Vra ’n grootmens om die malvalekkers saam met die botter in ’n groot pot te smelt. Voeg voedselkleursel by – enige kleur wat jy graag jou monsters wil hê. 2. Laat ’n grootmens die warm malvalekkers oor die springmielies gooi en dit deeglik meng. 3. Wag tot die mengsel koud genoeg is sodat jy dit maklik kan hanteer. Smeer nou jou hande met botter, en maak verskillende monstervorms met die springmielies. Sit dit op waspapier neer as jy klaar is. 4. Gebruik verskillende soorte lekkergoed om jou monsters te versier. Jy kan byvoorbeeld wit sjokoladeknopies vir die oë gebruik, of selfs jellietonge of -tande om jou monster lekker grillerig te laat lyk! 49


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.