26 Mei 2021 Swartland Joernaal Uitgawe 70

Page 1

Nuus • News

Gratis • Free

26 Mei 2021

Nuus met 'n verskil

Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 70

26 Mei 2021

Komberse teen die koue

Komberse: Die winter is besig om sy greep op Swartlanders te versterk, maar op Moorreesburg het die vroue van die VLV-tak 'n plan gemaak om die ergste koue te stuit. Met hierdie inisiatief kon Moorreesburgers 'n kombers brei of hekel, of blokkies maak wat dan aan mekaar gewerk is om 'n kombers te vorm. Die vroue het so gewoeker dat 150 komberse gemaak is. Die inisiatief is deur die Moorreesburg Sakekamer ondersteun en hulle het ook fondse geskenk om die nodige wol aan te koop. Al die komberse het reeds 'n huis waar daar 'n warmding benodig is. Die projek was oorspronklik geoormerk vir Madiba-dag, maar met die koue wat nou op Swartlanders is, is besluit om die projek te vervroeg. Indien enige persoon nog 'n kombers wil skenk of 'n bydrae wil lewer, kan Anél Hanekom gekontak word by info@moorreesburgtourism.co.za of 022 433 1072. Foto: Ghida Visser

1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
26 Mei 2021 Swartland Joernaal Uitgawe 70 by Swartland Joernaal - Issuu