Swartland Joernaal 13 Maart 2025

Page 1


Jaydine na SA-kampioenskappe bl 4
Suidooster-sterre by ekspo bl 2 en 3
Trap-trap by Riebeek Kelder bl 3
Stof spat op Darling bl 6

Gewilde kykNET Buite Ekspo lok weer duisende

Die naweek was dit weer tyd vir die gewilde kykNET Buite Ekspo, aangebied deur Trio Events. Die ekspo bied jaarliks al die nuutste toevoegings tot die mark vir buiteleweentoesiaste. Hier kan hulle rondsnuffel tussen al die nuwe tegnologie, nuutste kampeertoerusting en meer wat in die mark beskikbaar is. Ekspo-gangers geniet ook die kunstenaars wat die voete laat jeuk en die groot verskeidenheid kosstalletjies wat iets te ete bied. Die finale bywonertal word nou gefinaliseer. Die span is reeds besig met die beplanning van die ekspo van 2026.

Talle stalletjies het die besoekers aan die kykNET Buite Ekspo trakteer op die nuutste ontwikkelinge in die mark van buiteleweliefhebbers. Vanjaar was daar ook 'n nuutjie tot die ekspo, die Agripark, wat onder andere deur Agrimark geborg is. Besoekers het ook heerlik gesmul aan al die lekkernye wat die kosstalletjies gebied het. Van hamburgers tot biltong.

20220307_jssam_buiteexpo_120x90mm_d2p1

Monday, 07 March 2022 16:00:05

Trap: Die jaarlikse druiwetrap by Riebeek Kelders het weer 'n golf van pret en plesier oor die Riebeekvallei gespoel. Spanne van besighede, familie en vriende het hand-aan-hand meegeding om te sien wie die meeste druiwesap kon uittrap. 'n Sopnat affêre wat altyd 'n hoogtepunt op die vallei se kalender is.

Chatsworth Primêr spog met drie Boland-atlete

Bo is afrigters Leon Carlse, Kristoff Isaacs, Jermaine Marais, Chanel Anyster, saam met skoolhoof Elgin Hendricks saam met die top-atlete.

Ten spyte van beperkte sportgeriewe in die gemeenskap en uitdagende omstandighede, het drie talentvolle atlete van Chatsworth Primer gewys dat deursettingsvermoë en harde werk tot groot prestasies lei. Jadine Williams (1200m), Catalia Strauss (1200m) en Nazierah Badaron (150m) het hul merk gemaak op die atletiekbaan en met trots die Boland-kleure verwerf.

"Dit is 'n ongelooflike prestasie wat bewys dat talent nie beperk word deur omstandighede nie." Jadine Williams se prestasie is veral noemenswaardig, aangesien sy vir die tweede agtereenvolgende jaar na die Wes-Kaap-span deurgedring het.

Sy het boonop ’n plek verwerf in die nasionale SA byeenkoms in Germiston, waar sy Chatsworth en die streek met trots gaan verteenwoordig.

Sportpark: Die nuwe astrohokkieveld op Moorreesburg by die Hoërskool Dirkie Uys se amptelike opening vind binnekort plaas. Die eerste hokkiekliniek van 2025 is onlangs by die nuwe sportpark aangebied.

Coronations: Die Coronationsrugbyspanne van Kalbaskraal het Saterdag in sy eerste Boland-streekuitdaag ligawedstryd teen Universals van Hopefield te staan gekom. Hulle het die span met 55-24 geklop. Vir die span was die puntemakers Charlton Botha, Edwerd Afrikaner, Anvill Botha, Francois Lewis, Chemandre van Schalkwyk, Griffonv an Schalkwyk en Gurswin Pietersen (2). Dilton Meni was suksesvol met die skopskoen na die doelpale. Die B-span het ook geseëvier met 15-5 oor Universals. Die spanne reis die naweek na Darling waar hulle teen die Darling Tigers te staan sal kom.

Foto: Yulen Niemand

Skop stof op: Dejan Kirsten en Sean Kriel van Darling het die Swartland met trots verteenwoordig by die onlangse Dirt and Dust Durbanville se Rally Sprint for All, 'n geleentheid ontwerp om motorsport meer toeganklik te maak. Die Dirt and Dust, georganiseer deur Neels van Wyk, het minder streng regulasies as tradisionele tydrenne, wat dit moontlik maak vir deelnemers met lig-gemodifiseerde voertuie om mee te ding in opwindende afdelings. Die geleentheid is familie-vriendelik en word landswyd aangebied. Hierdie geleentheid het op Darling plaasgevind. Tydtoetse in hierdie renne is gewoonlik korter en duur sowat vyf minute binne 'n beperkte area, soos byvoorbeeld 'n sandmyn.

GDP results suggests improved performance from agriculture sector

Agriculture rebounded to a 17.2% growth rate, lifting South Africa’s GDP growth to 0.6% in Quarter 4 of 2024 and for the 2024 year, according to Statistics SA's national quarterly GDP figures released on 4 March 2025.

Commenting on the agriculture sector's performance, Western Cape Minister of Agriculture Dr Ivan Meyer said, “Growth in this sector was driven by increased activity in field crops and animal production, as extreme weather occurrences subsided.” He added that this suggests a positive performance for the Western Cape’s fruit, grain, and livestock farming.

Regarding economic growth in 2025, as of 5 March, S&P Global expects South Africa and the Western Cape’s economies to grow by 1.8% and 2.1%, respectively, with Agriculture (5%) and Trade (3.2%) key drivers in the province.

“Economic conditions are expected to improve as we continue to implement the priority focus areas of the Western Cape Growth For Jobs Strategy, which is building an environment conducive to improved economic growth and job creation,” said the Minister.

In Quarter 1 2025, the Bureau for Economic Research’s Business Confidence Index (BCI) for the Western Cape stood at 52, outperforming the rest of the country’s 45 index points.

Minister Meyer stated, “The Western Cape is the only province in positive investment territory. Effective governance and clear economic growth

plans inspire hope and confidence.

"We have seen record exports of agri products from the Western Cape due to increased agri production. Our farmers, agri workers, and producers remain resilient and are key drivers of our Growth For Jobs strategy.”

Premier Alan Winde added, “Our agricultural sector is a critically important component of our economy. This one sector alone employs more than 200 000 people in the Western Cape, so ensuring its resilience and boosting its growth potential is a priority, especially in the fiscal climate we currently find ourselves in. We will keep supporting our rural and farming communities in any way we can, helping them to become part of our economic recovery and success.”

“Amid current geopolitical developments, we forecast more significant demand for our agri exports, and we will keep engaging with our global trading partners to facilitate more exports.

"A 5% increase in our agri exports alone over 5 years will result in 22 900 new jobs in the Western Cape.

"Through economic diplomacy, we will continue to target new markets in the Middle East, ASEAN group, India, China and Africa to unlock further employment in our region. Growing the economy and creating more jobs are the Western Cape Government’s apex priorities, and the agri sector is ready to deliver,” concluded the Minister.

Toets jou grysstof

I am taken from a mine and shut up in a wooden case, from which I am never released, and yet I am used by almost everybody. What am I?

A: Pencil lead

A man stands on one side of a river, his dog on the other. The man calls his dog, who immediately crosses the river without getting wet and without using a bridge or a boat. How did the dog do it?

A: The river was frozen.

A red house is made from red bricks. A blue house is made from blue bricks. A yellow house is made from yellow bricks. What is a greenhouse made from?

A: Glass

Goue Vlokkies Bewaarskool

Atletiek: Die Goue Vlokkies Bewaarskool het onlangs 'n suksesvolle atletiekdag aangebied. Die leerders het aan talle items deelgeneem en is aangemoedig deur hul onderwysers asook die stampvol pawiljoen wat alle deelnemers toegejuig het. Foto's: David Howburgh

Malmesbury deur na finaal

Malmesbury se Mans A-span het ‘n groot oorwinning behaal in die halfeindstryd teen Worcester en sodoende hul plek in die finaal verseker.

Die span sal hierdie naweek teen Rekreasie van Somerset-Wes te staan kom en hoop om die liga-titel huis toe te bring.

Die Mans B-span het ‘n moeilike wedstryd gehad teen ‘n sterk Paarl-span en verloor met ‘n eindtelling van 11-5.

Hulle sal egter daarna streef om beter te presteer in hul volgende wedstryd.

Die damespanne het nie die afgelope naweek wedstryde gespeel nie.

Maracor verjaar: Maracor vier vanjaar hul 25ste bestaansjaar en as deel van die feesvieringe is daar talle pryse op die spel vir kliënte wat net wag om opgeraap te word. Hier oorhandig Malmesbury-takbestuurder Byns Maritz die Februariegeskenkpak, geborg deur Bostik/Alcolin, aan Awie Loubser. Maak seker jy maak 'n draai by Maracor en maak gebruik van hul spesiale aanbiedinge om hul verjaarsdag te vier.

Flying Eagles: Die Flying Eagles-rugbyspan het die afgelope Saterdag sy eerste ligawedstryd vir die seisoen gespeel en 'n oorwinning oor Malmesbury RVK behaal. Die eerstespan het met 43-17 gewen. Drieë is gedruk deur Curtley Damonse (2), Damian Claasens (1), Aiden Esbach (2) en Herzil Juries (1). Willem Balie het 13 punte met die voet bygedra. Die tweede span het met 10-12 vasgeval. Saterdag reis die spanne na Hopefield vir hul wedstryde teen Hopefield Universals.

Toutrek: Die toutrekspanne van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het die naweek aan die Wes-Kaap toutrekbyeenkoms by Westcliff in Bellville deelgeneem. Die 480kg-seunspan het vierde geplaas in hul afdeling, terwyl die 520kg-meisiespan 'n sesde plek behaal het. Die SA-kampioenskappe vind op 20 Maart plaas.

Mans B-span: Jean le Roux, AJ Swart, Zander Minnaar en MJ van Zyl.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.