Swartland Joernaal 21 November 2024

Page 1


Die Swartland is nou 'n miernes van bedrywigheid soos daar koring geoes word. Daar word van vroeg tot laat platgesny. Die seisoen se opbrengs is onder druk weens die reënval wat later as ander jare gekom het. Fotos: Maresa Schäfer

“I Am Her: Unplug and Reconnect” inspireer

Saterdag, het Project Esther ‘n unieke en hartroerende geleentheid vir meer as 100 moeders en dogters op Malmesbury aangebied.

Die byeenkoms, met die tema “I Am Her: Unplug and Reconnect”, het die fokus geplaas op inspirasie, opbouing en diep verbindingsmomente tussen vroue.

Project Esther, ‘n organisasie wat jong meisies bemagtig deur opvoeding, mentorskap en ondersteuning, is bekend vir hul werk in gemeenskappe wat met uitdagings soos armoede worstel. Die byeenkoms het verder hul missie versterk om hoop en bemagtiging te bring.

Die program het gespog met ‘n sprekerpaneel, met Elizma Philander, ‘n ervare Christelike Raadgewer, wat praktiese raad oor kommunikasie en verhoudings gedeel het. Haar inspirerende woorde het talle hartsnare geroer en die gehoor aangemoedig om met groter selfvertroue en begrip in hul verhoudings te tree.

Die dag het energiek begin met ‘n fiksheidklas deur Cathleen van Fitness Fanatic, wat die atmosfeer vol energie gemaak het. Hierna het die talentvolle sangeres Surene van Rooyen die

gehoor betower met haar vertolking van “Greatest Love”.

Project Esther se stigter, Caron Lemboe, het ook ‘n diepgaande toespraak gelewer wat deelnemers geïnspireer het om pyn in hul lewens as ‘n dryfkrag te gebruik.

Sy het sterk beklemtoon hoe belangrik selfliefde en vergifnis is om persoonlike groei te bevorder.

Die byeenkoms is as ‘n groot sukses beskou, en Project Esther het hul opregte dank uitgespreek teenoor die gemeenskap wat die dag moontlik gemaak het. Volgens die organisasie is hierdie slegs die begin van meer sulke betekenisvolle projekte wat daarop gemik is om vroue en meisies te ondersteun.

Wil jy help?

Project Esther is tans besig met ‘n skryfbehoefte-inisiatief en nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak. Skryfbehoeftes soos penne, potlode en hardebandboeke is welkom, of jy kan ‘n geldelike donasie maak. Kontak hulle gerus via hul Facebook-blad, Project Esther NPO 273-402, vir meer inligting oor hoe jy ‘n verskil kan maak.

Damvlakke in die

Swem: Drie Rockies van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het op 16 November aan die Velddrif Myl deelgeneem. Emsie Brand het 3km geswem en derde in die o.21 'skins'-afdeling geplaas. Chane Grobbelaar en Jani Visagie het onderskeidelik derde en sesde geplaas in die o.21 'skins'-afdeling.

Bo: Project Esther-span bestaan uit Ashleigh Stallenberg, Caron Lemboe, Kristoff Isaacs, Tatum Hassen en Mecha Goliath.

Tiere-sportpark: 'n Nuwe era vir sport in die Swartland

Die Swartland vier ‘n merkwaardige prestasie met die ontwikkeling van die Tiere Sportpark op Moorreesburg – ‘n droom wat ná vier jaar van onophoudelike toewyding en samewerking uiteindelik verwesenlik word.

Hierdie projek, wat groot sportfasiliteite en ‘n wêreldklas hokkie-astro insluit, beloof om die streek se sportlandskap na nuwe hoogtes te neem.

Die Tiere Sportpark is moontlik gemaak deur die ondersteuning van die Nasionale Lotery Kommissie (NLC) en die ruim bydraes van borge soos Daniel Kriel (Yarra), Henry Odendaal (Inteligro Moorreesburg), Gerrit De Kock, Jacobus Wium (Inteligro), Fiete Rocher (AECI Plant Health), Faffa de Koch, Agri Piketberg, en ander ondersteuners.

Hierdie sportfasiliteit, geleë in die hart van die Swartland, sal dien as ‘n sentrum van sportaktiwiteite vir die hele streek. Die ligging in Moorreesburg is ideaal vir die gemeenskap van omliggende dorpe, en die fasiliteite sal vir skole sowel as amateur- en professionele sportlui beskikbaar wees.

Die Tiere Sportpark spog met indrukwekkende planne wat die sportinfrastruktuur in die Swartland ‘n broodnodige hupstoot sal gee. Van die belangrikste toevoegings sluit in:

Hokkie-astro met beligting: Hierdie topgehalte astrobaan is geskik vir beide plaaslike en nasionale kompetisies.

Rugbyveld en netbalbane: Professionele velde met beligting maak aandwedstryde moontlik.

Olimpiese-grootte swembad: ‘n 50m-swembad vir oefening en kompetisie.

Klubhuis: ‘n Sosiale ruimte vir die gemeenskap en besoekers.

Veilige parkering en fasiliteite: Moderne geriewe wat aan die behoeftes van besoekers voldoen.

Die eerste fase van konstruksie is reeds op 22 Julie vanjaar afgeskop. Die volgende fases sal voortbou op die huidige infrastruktuur en addisionele geriewe insluit, met die visie om ‘n wêreldklas sportpark te skep.

Die Tiere Sportpark bied nie net ‘n nuwe tuiste vir sport nie, maar dien ook as ‘n simbool van hoop en vooruitgang vir die gemeenskap. Hoërskool Dirkie Uys en omliggende skole sal grootliks baat vind by die fasiliteite, terwyl die dorp se aantreklikheid as ‘n sportbestemming versterk word.

Hierdie projek bevorder gemeenskaplike betrokkenheid, jeugontwikkeling en die strewe na sportuitnemendheid. Jong atlete kry die kans om in ‘n ondersteunende en professionele omgewing te oefen en kompeteer, terwyl die hele gemeenskap baat vind by ‘n veilige en inklusiewe ruimte.

Die Tiere Sportpark is ‘n bewys van wat moontlik is met samewerking en visie. Die gemeenskap word uitgenooi om deel te wees van hierdie opwindende reis en saam met die projekspan die sukses te vier.

Met die voltooiing van die sportpark sal die Swartland op die voorgrond van sportontwikkeling in die Wes-Kaap wees. Hierdie droom, wat nou werklikheid word, sal vir geslagte lank vrugte afwerp.

Die skool bedank alle donateurs, borge en ondersteuners wat hierdie projek 'n moontlikheid gemaak het.

'n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die voltooide sportpark se vooraansig sal lyk.

'n Gesonde oes begin hier

AgriHawk hou suksesvolle drone-opleidingweek op

Malmesbury: Nuwe tegnologie vir landbou in die Wes-Kaap

Agrihawk het onlangs ’n baie suksesvolle opleidingsweek op Malmesbury afgesluit, wat as ’n groot mylpaal dien vir die bevordering van landboutegnologie in die streek.

Dié geleentheid het verskeie handelaars en landboukenners bymekaar gebring om hul kennis te verdiep oor die werking van die nuwe DJI T50 spuit- en strooidrone, saam met die Mavic 3 Multispectral drone vir effectiewe opnames – ’n kragtige instrument vir moderne boerdery.

Agrihawk se Malmesbury-tak het in 2024 merkwaardige groei beleef en hul invloed uitgebrei oor die Wes- Kaap.

“Ons is trots daarop om ons tegnologie uit te brei en onsself te verbind tot volhoubare boerderypraktyke deur presisie-tegnologie,” het ’n Agrihawk-woordvoerder verduidelik. Die maatskappy bly gefokus daarop om vooruitgang en ondersteuning aan boere te bring deur hul toewyding tot moderne landbou.

Verteenwoordigers van vooraanstaande handelaars soos Case IH Malmesbury, Case IH Ceres namens CNH, Bergwill Drone Solutions, en Cross Cape Precision het aan die opleiding deelgeneem om hul vaardighede in dronebediening en het gevorderde tegnieke geleer oor hoe om boorde en graangewas-lande akkuraat te karteer en die vlugroete-resultate te gebruik vir optimale dekking tydens bespuiting met ons Agras-drones. Gedurende die week het deelnemers aan beide teorie- en praktiese eksamens deelgeneem om ’n deeglike begrip van die drone se funksionaliteit en veiligheidsvereistes te verseker.

Gesoute drone-tegnici, Joshua en Tara het ook die DJI T50 heeltemal uitmekaar gehaal en weer aanmekaargesit om seker te maak hulle

ken die drone van kop tot toon. Om seker te maak dat die drones se instandhouding, dienste en herstelwerk, met die hoogste moeite en professionaliteit, omsien sal word.

’n Hoogtepunt van die week was die gebruik van die olyfboorde en wingerde van die bekende Eight Feet Village, wat deur Pieter du Toit en seuns beskikbaar gestel was. Die Du Toit-familie se gasvryheid en ondersteuning is van onskatbare waarde en het die week ’n besonderse ervaring gemaak vir al die betrokke partye.

Ons wil graag ons opregte dank uitspreek aan Batie- en Sanette Lombard van Rhenosterbosrug asook Nico Dreyer vir die gebruik van een van die platlandvelde vir ons praktiese opleiding – dit was van onskatbare waarde vir die sukses van die opleidingsweek. ’n Groot dankie ook aan Natasha du Preez en Kaylee Knierim vir die voorsiening van heerlike etes wat ons elke dag aangenaam verras het. ’n Spesiale dank aan almal wat bygewoon het, elke een se bydrae en behulpsaamheid word hoogs waardeer. Aan Megan en Chris vir die leiding en bestuur van die opleiding, sowel as aan Nicky, wat al die pad vanaf DJI gekom het om ons by te staan. Julle ondersteuning het ’n groot verskil gemaak.

Met planne om boere met nog meer gevorderde gereedskap en tegnologie toe te rus, bly Agrihawk aan die voorpunt van landbou-innovasie. Die maatskappy streef daarna om ’n verskil te maak in die lewe van boere en die landbougemeenskap, met ’n verbintenis tot uitnemendheid en volhoubaarheid wat die toekoms van boerdery in die streek belowend laat lyk. Agrihawk streef daarna om n blywende voetspoor op die platteland te los.

The Food Hub, breinkind van bekende spysenier van Malmesbury, Sunel de Jager, is ook te vind in Schoonspruitweg, langs Ocean Processors. Hier kan jy heerlike hamburgers, skyfies, vis en meer vind wat die honger sal stil en nie die bank sal breek nie. Hier is Sharon en Meredith Nero wat die winkel se werkinge seepglad laat verloop.

Die perseel is besig om vinnig vorm aan te neem. Volgens berigte is dit die nuwe kleinhandelverpakkingsaanleg van die Cavalier-groep.

Ocean Processors in Schoonspruitweg, Malmesbury, is 'n gewilde bestemming vir vis-liefhebbers. Hier vind jy 'n groot verskeidenheid visprodukte, vanaf gevriesde vis, mossels, garnale tot vars vis en vele meer. Die span van John Solomons, Jovilee Hendriks, Chrizelda Franse, Kelvinary Adams en Riché Hendriks staan gereed om jou van hulp te wees.

Top-presteerders: St Thomas Primêr op Malmesbury het verlede week die skool se top-presteerders aangewys. Hierdie is die top-leerders van Graad 7. Die dux-leerder vir 2024 is Tracey Zwaan (middel voor en inlas regs).

Leiers: Die nuwe hoofleiers van St Thomas Primêr op Malmesbury is by die jaarlikse prestige-aand aangewys. Die onderhoofmeisie is Chanice Philips, onderhoofsoon is Dillon van der Westhuizen, hoofmeisie is Sharmean Fransman en hoofseun is Carleo Pietersen.

Toets jou grysstof!

Train your brain

Bloues sluit seisoen af met glansryke prysuitdeling

Die Malmesbury Rugbyklub het hul rugbyseisoen in styl afgesluit met ’n spoggerige prysuitdeling wat plaasgevind het op Saterdag, 16 November.

Die aand was nie net ’n viering van prestasies op die veld nie, maar ook ’n inspirerende herinnering aan die klub se trotse geskiedenis en belowende toekoms.

Hendrik Kotze, voormalige voorsitter van die klub en die spreker van die aand, het ’n passievolle boodskap oorgedra.

Hy het beklemtoon dat die Malmesbury Rugbyklub weer daarop gemik is om ’n formidabele krag in die Boland-streek te word.

“Ou Bloues-manne staan bankvas agter die klub,” het hy gesê.

“Ons het ’n ryk nalatenskap wat ons moet eer en uitbrei. Ons moet trots wees om die Blou Trui aan te trek, die manne wat voor ons gespeel het trots maak en te speel vir hierdie klub.”

Die hoogtepunt van die aand was die toekenningsseremonie waar die seisoen se sterre vereer is.

Daar was ook spesiale toekennings aan vrywilligers en lede wat hul onbaatsugtige bydraes gelewer het om die klub te ondersteun.

Met ’n nuwe seisoen wat voorlê, is die bestuur en ondersteuners eensgesind oor die pad vorentoe. Planne is reeds in plek vir jeugontwik-

keling en die uitbreiding van gemeenskapsbetrokkenheid.

"Malmesbury Rugbyklub is meer as net ’n klub – dit is ’n simbool van trots en samehorigheid vir ons gemeenskap. Die klub se geskiedenis moet vereer raak en die huidige spelers moet ten alle tye probeer om die voormalige lede trots te maak" het die voorsitter afgesluit."

Die aand is afgesluit met musiek, kos en geesdriftige gesprekke oor die toekoms van die Bloues.

Die klub sien uit na ’n blink 2025, waar nuwe hoofstukke geskryf sal word.

Die wenners van die aand is:

| Sportman van die Jaar - Kristoff Isaacs

| Eerstespan voorspeler van die jaar - Ruan Lewis

|Eerstespan agterspeler van die jaar - Gino Julies

|Tweedespan voorspeler van die jaar -

Damian Williams

|Tweedespan agterspeler van die jaarRonashwill van Rooyen

|Meeste drieë gedruk - Gustav Myburgh

|Mees veelsydige speler - Danny Pieters

| Voorsitterstrofee - Nella Allen

|Angelo Cox Kraghuis-trofee - Lance Marais

|Meeste Wedstryde - Ashwin Adonis

|Spelers se speler van die Jaar - Gino Julies

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.