Uitgawe 69 Swartland Joernaal 19 Mei 2021

Page 1

Nuus • News

Gratis • Free

19 Mei 2021

Nuus met 'n verskil

Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 69

19 Mei 2021

Mej SA koop plaaslik

'n Emosionele oomblik vir 19 jarige kunstenaar, Cohnwille Swarts, van Abbotsdale, na die aankoop van een van sy skilderye deur die ikoniese besigheidsvrou, filantroop, asook Mej. SA 1994-titelhouer, Basetsana Kumalo. Die toneel het hom afgespeel by die woning van Charlton en Celeste Arendse, op Sondag, 16 Mei 2021. Celeste was Cohnwille se kunsonderwyseres en mentor by Schoonspruit Sekondêr, waar hy verlede jaar sy skoolloopbaan voltooi het. Dit is inderdaad 'n geskiedkundige gebeurtenis vir hierdie jong man, aangesien dit sy eerste kunswerk is wat hy amptelik verkoop het. Die ontmoeting is gereël deur die bekende TV-aanbieder en media-persoonlikheid, Doreen Morris. Albei vroue ondersteun die bemagtiging van die jeug en is groot kunsliefhebbers. Kumalo het ook genoem dat sy hierdie kunswerk koop ter nagedagtenis van haar oorlede ma, wat Sondag sou verjaar het. Swarts studeer tans kuns aan die Universiteit van Stellenbosch. Foto's: David Howburgh

1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Uitgawe 69 Swartland Joernaal 19 Mei 2021 by Swartland Joernaal - Issuu