Swartland Joernaal Uitgawe 25 Januarie 2023

Page 1

Die skoolloopbaan van talle leerders het verlede week afgeskop toe hulle met blink skoene en leë tasse by hul nuwe skole opgedaag het. Regs is Mayah de Jager saam met haar ouma Suenell, pappa Ruhann en mamma Heineline Sauls. Bo is Chantal Myburgh met Adelay.

1 25 Januarie 2023 Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 151 Gratis • Free

Sakeliga KragDag bring “kragstasie” Kaap toe

KragDag, die bekende doen-jou-eie-ding selfstandigheidsekspo, sal saam met Sakeliga as hoofborg, vir twee dae ‘n “kragstasie” in die WesKaap, net buite Malmesbury oprig wanneer dié ekspo vir die eerste keer op 17 en 18 Februarie 2023 op die bekende Môreson-plaas aangebied word.

HP Steyn, besturende direkteur van KragDag verduidelik: “Ons tema vir 2023 is ‘Kom ons bou ‘n kragstasie’. Ons glo dat die energie wat nodig is om die snelle pas van staatsverval die hoof te bied, in gemeenskapselfstandigheid opgesluit lê. Kragprobleme word nie opgelos deur bloot ‘n kers aan te steek nie. Dit word opgelos waar individue, ondernemings en gemeenskappe

by mekaar kom kers opsteek om selfstandiger te leef en sake te doen. Sakeliga KragDag is dié plek waar entrepreneurskap en tegnologie saamgevoeg word tot die grootste versameling van selfstandigheidsoplossings op elke denkbare terrein.”

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, die hoofborg van KragDag voeg by: “Sakeliga KragDag is ‘n kragstasie met ‘n besondere (en ononderbroke!) energie. Energie om anders te dink oor selfstandigheid. Hier kan mens praktiese planne in werking sien en belangrike treë gee na groter staatsbestandheid. Staatsbestande ondernemings skep staatsbestande sakegemeenskappe met die veerkragtigheid om

ondanks staatsverval voorspoedige gemeenskappe op te rig en in stand te hou.“

Steyn bevestig dat alternatiewe kragopwekking ‘n groot fokus sal wees by Februarie se ekspo.

“In 2020 is 844 ure beurtkrag toegepas, in 2021 het dit gestyg na 1 153 ure en vanjaar het ons reeds 2 400 ure, oftewel 100 dae van beurtkrag verbygesteek. Kragoplossings is dus dringender as ooit vantevore.

"Daar sal egter ‘n groot verskeidenheid selfstandigheidsoplossings vir alle lewensterreine wees. Of die uitdagings nou watertekorte, watersuiwering, voedsel-produksie, onderwys of sekuriteit is, planne sal daar wees!”

Sakeliga KragDag is sedert 2008 al 13 keer aangebied en het van enkele, tot bykans 600 uitstallers en van etlike honderde tot meer as 31 000 besoekers in Augustus vanjaar gegroei.

Steyn skryf die groei toe aan groot verskeidenheid van werkbare oplossings wat by die ekspo te siene is, maar veral ook die feestelikheid.

“Daar is werklik min ekspo’s wat iets vir elkeen in die gesin bied.

"Ons sien daarna uit om die feestelike atmosfeer en gesinsvriendelike karakter wat besoekers in Gauteng beleef, saam te bring Kaap toe.”

Besoek www.kragdag.co.za vir meer inligting.

Voorspoedige 2023!

KWARTAALLIKSE VERSLAG

Welkom 2023! Mag dit ‘n geseënde en suksesvolle jaar vir die hele Swartland wees

Dit gaan ‘n bedrywige jaar vir die Swartland Munisipaliteit wees en ons sien daarna uit om die suksesse saam met u te vier en die uitdagings saam met u aan te pak

Ek wil begin deur dankie te sê aan al ons wetstoepassers wat aan diens was tydens die Feesseisoen Julle het ‘n wonderlike werk gedoen en ‘n groot bydrae gelewer tot ‘n suksesvolle en veilige vakansietyd vir ons inwoners en besoekers Ons waardeer regtig julle opoffering

Beurtkrag het drasties toegeneem en dit het ‘n geweldige impak op ons inwoners, besighede en ons basiese dienslewering Hoër vlakke van beurtkrag het veral ‘n impak op die waterinfrastruktuur Die verlengde beurtkragure plaas druk op ons grootmaat watervoorsieningsreservoirs Die reservoirs loop vinniger leeg en die pompe kry nie genoeg tyd tussen die kragonderbrekings om by te hou nie Die pompe by die rioolsuiweringsaanlegte word ook ontwrig Alhoewel die Munisipaliteit kragopwekkers in plek het om te help is die operasionele kostes daarvan geweldig hoog en wil ons inwoners vra om asseblief saam te werk om water en elektrisiteit te spaar waar moontlik

U samewerking sal help om die druk op die stelsel te verminder en ‘n noodtoestand te vermy

Ons kry gereeld die vraag: Hoekom klim Swartland nie eenvoudig van die ESKOM-netwerk af nie? Dit is egter nie so maklik en eenvoudig as wat dit klink nie Vir enige munisipaliteit om krag te voorsien sonder ESKOM, word miljarde rande se infrastruktuur en kragopwekkingsvermoë benodig; alles wat basies van die grond af gebou sal moet word Om u ‘n idee te gee: Die totale begroting van die Munisipaliteit, waarmee ons al ons dienste en pligte moet na kom vir n jaar, is net oor n miljard rand Dit beteken dat ons vir jare ons begroting net sal moet wy aan elektrisiteitsinfrastruktuur, en die fondse gaan ongelukkig van die belastingbetaler verhaal moet word Niemand se sakke is so diep nie Vir diegene wat vra hoekom het ons nie beter beplan nie, wil ek daaraan herinner dat wetgewing eers in 2021 gewysig is wat dit toelaatbaar gemaak het vir munisipaliteite om hul eie elektrisiteit te genereer en teen daardie tyd was dit ongelukkig klaar te laat om projekte te begin beplan wat jare sal neem om uit te voer

Ten spyte van die donker ESKOM situasie het ons egter ook goeie nuus om te deel Die Swartland Munisipaliteit het ‘n skoon oudit ontvang vir die 2021/22 finansiële jaar! Dit is ons 10de skoon oudit sedert 2011 en dien as ‘n bewys van hoe hard ons werk om seker te maak elke sent word verantwoordelik spandeer Daar lê nog baie werk voor, maar u is in goeie hande!

Teen die einde van Januarie sal die aansuiweringsbegroting voor die Raad dien Voor die einde van Maart sal die konsepbegroting vir die volgende finansiële jaar, wat op 1 Julie 2023 begin, voor die Raad dien Daarna sal ‘n geleentheid volg vir inwoners om hul insette en kommentaar op die begroting te lewer

Die nuwe GOP (Geïntegreerde Ontwikkelingsplan) sal ook binnekort vrygestel word Ons is baie opgewonde hieroor Die GOP help om te bepaal waarvoor ons moet begroot Dit is inderwaarheid ons besigheidsplan Dit is met u hulp, as inwoners , saamgestel en fokus op toekomsbeplanning, en w Swartland moet groei

Ek wil graag afsluit deur geluk te sê aan al die Matriekleerders van 2022

Welgedaan met julle wonderlike uitslae Ons is werklik trots op wat julle verm

Alle sterkte en voorspoed met die volgende hoofstuk van jul lewensreis

Weet dat ons trots is op julle! Baie geluk ook aan al die trotse ouers, ons we ondersteuning en aanmoediging bygedra het tot u kinders se sukses

Tot volgende kwartaal Groete,

R a a d s h e e r H a r o l d C l e o p h a s Uitvoerende Burgemeester, Swartland Munisipaliteit

GRAND PARADE INVESTMENTS LIMITED

(Incorporated in the Republic of South Africa)

(Registration number 1997/003548/06)

JSE share code: GPL

ISIN: ZAE000119814

(“GPL” or the “Company”) and GMB LIQUIDITY CORPORATION PROPRIETARY LIMITED

(Incorporated in the Republic of South Africa)

(Registration number 2022/587629/07)

(“GMB” or the “Offeror”)

GMB

DISTRIBUTION OF CIRCULAR ANNOUNCEMENT

Unless defined in the body of this short-form announcement, capitalised terms shall bear the meanings ascribed to them in the Full Announcement (as defined below).

GPL Shareholders are referred to the Firm Intention Announcement released on SENS on Wednesday, 9 November 2022, by the Offeror and GPL setting out the terms of the Offeror’s firm intention to propose the Mandatory Offer to GPL Shareholders.

GPL Shareholders are also referred to the full announcement released by the company on Thursday, 15 December 2022 (“Full Announcement”) advising them of the distribution of a circular to GPL Shareholders detailing the Mandatory Offer (“Circular”).

The Circular is available in English only. Copies may be obtained during normal business hours from the registered office of the Company and from the offices of the Company’s sponsor, PSG Capital, from Thursday, 15 December 2022 until the Closing Date (both days inclusive). A copy of the Circular will also be available on the Company’s website (www.grandparade.co.za).

The Independent Board accepts responsibility for the information contained in this announcement insofar as it relates to GPL and the Mandatory Offer. To the best of their collective knowledge and belief, the information contained in this announcement is true and this announcement does not omit anything likely to affect the importance of the information.

The Offeror accepts responsibility for the information contained in this announcement insofar as it relates to detail around the Offeror and the Mandatory Offer. To the best of its knowledge and belief, the information contained in this announcement is true and this announcement does not omit anything likely to affect the importance of the information.

This short-form announcement contains only a summary of the information in the Full Announcement published on SENS and does not contain full or complete details. For additional information, including further information regarding the salient terms and mechanics of the Mandatory Offer, the Mandatory Offer Conditions, the Independent Expert’s opinion, salient dates and times, and certain disclaimers, please refer to the Full Announcement, as released on SENS on Thursday, 15 December 2022 and available for viewing on the Company’s website at www.grandparade.co.za.

Any investment decisions by investors and/or GPL Shareholders should be based on consideration of the Full Announcement, as a whole, published on SENS and on the Company’s website, as well as the Circular which has been distributed.

Cape Town 15 December 2022

Financial Adviser to GPL Sponsor to GPL

Legal Adviser to GPL Legal Adviser to GMB

2
As jy jou besigheid wil laat groei, kontak Karin Neethling op 064 557 9183 of stuur 'n epos na karin@swartlandjoernaal.co.za.

Swartland Municipality celebrates top achievers

On Monday Swartland Municipality honoured the top Matrics of 2022 from the five high schools in the Swartland. The event included the parents, principals, and Provincial Department of Education. Standard Bank contributed to the event by sponsoring a tablet computer for each of the learners, in an effort to aid further studies.

The Executive Mayor, Harold Cleophas, addressed the learners and encouraged them to continue to work hard as they move forward in their life’s journey.

The Mayor also thanked their parents, teachers, and other officials for contributing to the success of the top achievers.

25 Januarie 2023 3
Back Row: Executive Mayor Alderman Harold Cleophas, Nienke Smit (Dirkie Uys Hoërkool), Alizwa Ndabeni (Ilingelethu Secondary School), Nina Janse van Rensburg (Swartland High School), Junaid Sonday (Standard Bank, Provincial Head Public Sector Western Cape). Front Row: Britney Hector (Wesbank Secondary School) and Khanyisa Mana (Schoonspruit Secondary School).
www.kragdag.co.za 087 231 1644 A l ter n at i e w e e n er gi e e n se l fsta ndigh e id -eks po !
& 18 Februarie 2023 Môreson Plaas, Malmesbury, Wes-Kaap KOU & KUNS MARK in samewerking met Solidariteit Helpende Hand 100+ Uitstallers K i nd er s onder 18 G R AT I S .
Uitstallings
ENERGIE Uitstallings 50% Afslag indien vooraf registreer!
Ekspo NUUT! In die Wes-Kaap
17
LANDBOU
ALTERNATIEWE
Wes-Kaap

Kenner gee raad met jou tuin in Februarie

Ja, glo dit of nie, maar ons is by FEBRUARIE 2023, ons het sover die somer al verskeie temperature beleef.

Daar was bloedige warm dae en dan het ons selfs ‘n paar koel dae beleef.

Maar dit is SOMER en daar is ‘n paar dinge wat in die tuin moet aandag kry.

Om die kosbare vog in die grond te bewaar, moet jy die grond rondom en tussen jou plante met ‘n grondkombers bedek. Daarvoor kan verskeie produkte gebruik word, soos byvoorbeeld: kompos, denneboombas, perskeen/of appelkoospitte. Gooi dit lekker dik, dan kan die son en wind nie die vog uit die grond neem nie.

Moenie vars grassnysels strooi, vars mis of bloekomboombas gebruik nie, hierdie produkte kan baie nadelig wees vir jou grond en plante.

Gedurende die somermaande groei plante teen ‘n asemrowende spoed, so daar moet gereeld somersnoei toegepas word, byvoorbeeld: rose, heinings, vormsnoei boompies en enige ander struike wat vinnig groei, pasop net om nie jou plante te drasties te snoei nie, want dan kan dit sonbrand opdoen. Die snoeiproses se groot doel is om plante se vorm te behou, maar dit stimuleer ook nuwe groei wat weer nuwe blomme bevorder.

Die aanplant van meer bome wêreldwyd is die een ding wat ernstige aandag moet geniet. Natuurlike woude word teen ‘n angswekkende spoed uitgeroei, daarom sal ons almal meer bome moet plant.

Die stad Johannesburg word as die grootste mensgemaakte woud beskou, maar in Sandton (en ook in ander dele van ons land is bome nou onder druk, as gevolg van die “SHOTHOLE BORER BEETLE” wat ons bome aanval en doodmaak.

Indien ons ons KOOLSTOF VOETSPOOR wil verklein, sal ons almal meer bome moet aanplant.

Dan is daar nog ‘n plant wat geweldig baie koolstof verbruik en in ruil daarvoor gratis suurstof vrystel.

Dit is die SPEKBOOM, inheems in Suid-Afrika met ‘n wye verspreidingsgebied.

Dit kweek en groei maklik en kan bykans enige plek geplant word, selfs met min water, net nie waar dit versuipnat gaan word nie, want dan sal dit vrot.

Ek lees in ‘n artikel in ‘n bylaag van DIE BURGER van 15 Januarie 2020, dat die eienaar van die wynplaas BOPLAAS by Calitzdorp beoog om voor 2025 een miljoen spekbome aan te

plant, wat ‘n briljante idee.

Dit sal wonderlik wees indien baie meer van ons elkeen ‘n klompie spekbome kan plant.

Dit is ‘n geharde plant wat as ‘n enkel struik gevorm of as ‘n heining gesnoei kan word, daar is selfs ook ‘n paar soorte wat as ‘n grondbedekker gebruik kan word, byvoorbeeld om skuins walle te stabiliseer.

Spekbome is nie net goed vir die omgewing nie, dit het ook gesondheidsvoordele, dit is eetbaar en kan ook medisinaal gebruik word.

Almal is ook deesdae besorg oor al die ROMMEL wat die wêreld so besoedel, die probleem lê nie by die plastiek of blik ens nie, maar dit is ons die mens wat so morsig met die aarde omgaan.

As elkeen net dit wat hy of sy hanteer, sorgvuldig van ontslae raak of hersirkuleer, dan kan ons die planeet red.

Ons moet die boodskap met elke mens wat ons pad kruis deel, dan kan ons wen, dit is ‘n reuse uitdaging, maar aanhouer wen.

Lekker tuinmaak tot ons weer gesels op 22 Februarie

Tuingroete

George Retief

VACANCY BULLETIN

EXCITING OPPORTUNITIES FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEPARTMENT OF HEALTH

ID Hospital, Malmesbury

Household Aid (3 Posts)

Remuneration: R107 196 (Level 2) per annum

Service benefits: 13th cheque, employer’s contribution to the pension fund, housing and medical aid allowance.

Requirements: Minimum educational qualification: Basic literacy and numeracy. Inherent requirements of the job: Ability to lift/move heavy equipment and supplies • Render a shift service on weekends, public holidays, day and night and duties and rotate in different departments according to operational needs and requirements. Competencies (knowledge/skills): Good communication skills (read, speak and write) in at least two of the three official languages of the Western Cape. Ability to operate machinery and equipment.

Duties: Render effective, efficient and safe hygiene and domestic services within the institution • Render support services to Household Supervisor • Contribute to effective utilization and functioning of apparatus and equipment • Contribute to effective management of domestic responsibilities • Assist laundry department • Adhere to loyal service ethics.

Note: No payment of any kind is required when applying for this post.

Enquiries: Ms M Sedeman, tel. 022 487 3294.

PLEASE SUBMIT YOUR APPLICATION FOR THE ATTENTION OF MR D PEKEUR TO THE DIRECTOR: WEST COAST DISTRICT, PRIVATE BAG X15, MALMESBURY 7299.

INSTRUCTIONS TO APPLICANTS: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be fully completed and clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), signed and accompanied by a comprehensive CV. Applicants must utilize the most recent Z83 employment application form as issued by the Minister for the Public service and Administration in line with regulation 10 of the Public Service Regulations, 2016. Failure to do so will result in disqualification of application. A separate application form must be completed for each post. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No faxed or e-mailed applications will be accepted. Please ensure that you submit your application on/before the closing date as no late applications will be considered. CVs will not be returned. Competency/Proficiency tests may also be conducted prior conclusion of the final shortlist. Excess personnel will receive preference. On the day of the interview, shortlisted candidates will be required to: Bring along recently (not older than 6 months) certified copies, of Identify Document (ID), driver’s licence (if applicable for the post), qualifications and/or proof of registration at relevant statutory body, for verification purposes. Failure to adhere to the aforementioned could lead to his/her application being disqualified. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department.

As directed by the Department of Public Service and Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are shortlisted and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.

The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.

Closing date: 17 February 2023

147312 Swartland Joernaal www.ayandambanga.co.za

25 Januarie 2023 5
POSITIVE ABOUT PEOPLE WITH DISABILITIES

HOËRSKOOL SWARTLAND 2022 TOP PRESTEERDERS

6 25 Januarie 2023 Lorem Ipsum
99.3% Slaagsyfer 13 A gemiddeldes 1 A+ gemiddeld 87.2% B- toelatings 10.8% Diploma 1.4% Tersiêre opleiding 180 onderskeidings 1.2 onderskeidings per leerder Besoek ons prospektus Besoek ons kleregids Thomas Theron 88.1%, 7 A’s Brigette Buys 83.6%, 4 A’s Martilize Havenga 87%, 6 A’s Chanel Gerber 81.9%, 4 A’s Nina Janse van Rensburg 92.7%, 8 A’s Martine Versveld 80.7%, 5 A’s Dané Viljoen 86.9%, 7 A’s Suzanne Smal 89.3%, 7 A’s Chanté Josias 80.7%, 4 A’s Tyla Ackerman 80.1%, 2 A’s Tiaan Le Roux 85%, 6 A’s Lelethu Sodlulashe 89.3%, 7 A’s Petri Steyn 84.4%, 6 A’s » Huis van Zyl en Huis van Imhoff koshuisbesoeke tussen 15:00 en 16:00. » Parkering beskikbaar voor die skool. Hou ons sosiale media dop vir die program. Facebook Hoërskool Swartland Offisieel Instagram @hs.swartland Word deel van ’n skool van uitnemendheid in die hartjie van die Swartland. www.swartlandhs.co.za 2 FEBRUARIE 2023 BEGIN 16:30 Sukses, niks minder nie! Met passie na prestasie Eerlikheid Selfdissipline Commitment Respek Ordelikheid Kreatiwiteit Integriteit tel. (022) 482 1469 epos admin@swartlandhs.co.za

GELUKWENSING

Congratulations

21 Januarie - Baie

geluk TESNICK met jou 11de vejaarsdag.

Alles wat mooi is vir jou. Mag die Here jou seën en vele jaar spaar. Lekker verjaar my kind. Ons is baie lief vir jou. Van: Ma, Ouma, Tashlynn, Nathan, Nigel en Pellie

28 Januarie - ANNA EN FANUS LEWIES - Ek wil vir ons Hemelse Vader baie dankie sê vir 28 jaar van ons huwelik wat Hy ons deurgedra het, dit kon so anders gewees het, maar Hy het bewaar. Dit was opdraand en afdraand, maar Sy genade hand was oor ons. Al die lof en eer kom Hom toe Hy is ons staatmaker in alles

IN MEMORIUM In Memoriam 24 Januarie –CHRISTINA ARENDSE (Krissie). Ma se 9de verjaardag weg van ons. Ons mis en verlang so na ma, mar ons koester Ma se nagedagtenis. Van: jou

Geleenthede by Swartland Munisipaliteit

Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel Deodat Carolus by 022 487 9400.

Eerste-Toegangsbeheerbeampte (2 poste)

Malmesbury

Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste

• Verwysingsnommer: V1/23

• Salarisskaal: R180 228 – R233 856 p.j. (T7)

Internskap: Risikobestuur

Kantoor van die Munisipale Bestuurder

• Verwysingsnommer: V2/23

25 Januarie - Baie

geluk ons PRINS met jou verjaarsdag vandag. Mag God jou seën en vele jare spaar RJAH ELI NERO. Van: jou Pa, Tannie, Ouma en Oupa

28 Januarie - ALIDA ARENDSE - Baie geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is vir jou. Jy moet jou dag geniet. Lekker verjaar nig. Van: Pietersen familie

25 Januarie - JOZÊ

WILL WELKOM - Kyk wie is vandag 5 vingertjies oud.

Baie geluk met jou verjaarsdag ons groot man, dus so ‘n plesier om jou in ons lewens te hê. Baie geluk Boeta, ons is baie lief vir jou. Van: Mammie, Pa en Ousus

• Salaris: R100 000 per jaar (totale pakket) (Tweejaarkontrak met die opsie vir nog ’n jaar te verleng)

Kleintoerusting-operateur

Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste

• Verwysingsnommer: V3/23

• Salarisskaal: R115 488 – R145 596 p.j. (T4)

Senior Toesighouer/ Vragmotorbestuurder

Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste

• Verwysingsnommer: V4/23

• Salarisskaal: R202 860 – R263 304 p.j. (T8)

Administrasieklerk

Departement van die Direkteur: Ontwikkelingsdienste

• Verwysingsnommer: V6/23

• Salaris: R256 000 p.j. (allesinsluitend) (Eenjaarkontrak)

IDP/LED Beampte

Kantoor van die Munisipale Bestuurder

• Verwysingsnommer: V28/22

• Salarisskaal: R358 320 – R465 108 p.j. (T12)

Sluitingsdatum: 3 Februarie 2023 om 12:00

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za 147282

25 January - To a very special man - SHAYNE DE KOCK. To an amazing person who has touched my life in so many ways, you deserve all the joy, love and happiness that the world has to offer. Happy birthday loverboy

MALMESBURY, WES-KAAP

verlangende dogter Sofie en gesin

- Baie Geluk met jou 19de verjaarsdag en 2 jaar wat jy saam met Jesus en die engele vier. Ons mis jou en verlang baie. Rus in Vrede. Van: Ma en Pa, suster, broer. Ouma en Oupa

JACQUIN FRANTINO

JANSEN – Geluk met jou 4de verjaardag op 28 Januarie Jackie. Alles wat vir jou mooi is. Mag God jou nog vele jare behoed en bewaar. Hoop jy het ‘n “gatskop” dag. Baie liefde - Mammie, Hybie, Oumas (Dassie en Ousus), oupa Hennie, antie Fren, atta Lens, pa Jaco en al die familie

SCHOONSPRUIT ONTWIKKELING

VIER ERWE TE KOOP PER VEILING

VEILING: DONDERDAG 9 FEBRUARIE 2023 OM 11:00.

Plek: Stadsaal, Kerkstraat 1, Malmesbury & Aanlyn

Besigtig: Op u eie tyd

Erf 12388 Malmesbury: ±5680 m² – Sakesone 1. Hierdie erf is deel van Fase 1 en is gediens

Die volgende 3 erwe is deel van fase 2. Implementering van dienste begin middel

Januarie 2023. Oordrag behoort Mei / Junie 2023 plaas te vind

Erf 14117 (Gedeelte 14) Malmesbury: ± 1,0131 ha – Nywerheidsone 2.

Erf 14118 (Gedeelte 15) Malmesbury: ± 1,0115 ha – Nywerheidsone 2.

Erf 14119 (Gedeelte 16) Malmesbury: ± 1,0992 ha – Nywerheidsone 2.

Uitstekende belegging in die snelgroeiende dorp in die Swartland area.

NAVRAE: Willie van Rensburg - 083 261 7641

willie.vanrensburg@homeandhectare.com

Albie Loubser - 082 573 9902

albie.loubser@homeandhectare.com

VOORWAARDES: *Elektroniese

25 Januarie 2023 7
betaling *FICA-dokumente word vereis vir die registrasieproses. Alle goedere sal met ‘n reserweprys verkoop word. Die regulasies van die Verbruikerswet, Wet 68 van 2008, is beskikbaar op http://www.gov.za/documents/consumerprotectionact-regulations
EMILE ENRICO COETZEE – 28 Januarie

Hoërskool Swartland in samewerking met Afrikaans oppi Platteland.

AFRIKAANS OPPI PLATTELAND KAARTJIES

BESKIKBAAR BY HOËRSKOOL SWARTLAND.

» R350 per volwassene » R150 per skolier

Kontak bemarker@swartlandhs.co.za of skakel 071 224 8730.

Besoek ons Facebook-blad (Hoërskool Swartland Offisieel) vir meer inligting.

Atletiek: Die Laerskool Swartland op Malmesbury se jaarlikse interkleure atletiekbyeenkoms is verlede week gehou. Die leerders het hul staal in verskillende baan- en velditems getoon. Links maak Malan Sadie (o.8) gereed om weg te spring.

8 25 Januarie 2023 W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 151 • 25 Januarie 2022

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.