18 Januarie 2023 Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 150 Gratis • Free Paktyd! 'n Nuwe landbouseisoen het aangebreek met pak- en parstyd in die Swartland. Hierdie uitvoerdruiwe van Kloovenburg word in die stoor verpak om na die Verenigde Koningkryke uitgevoer te word. Sien meer binne.
Welkom! Swartland en Weskus Toerisme het met die aanbreek van die Desembervakansie besoekers na die streek verwelkom. Die groep het pakkies by die Engen-vulstasie op Malmesbury uitgedeel en besoekers, asook plaaslike inwoners, van padveiligheid, brandbewusmaking, waterbesparings en meer ingelig.
Malmesbury-rolbal val vas
Malmesbury se manrolbalspan het Saterdag in die eerste rondte van die WP Vlag-liga sy rieme op hulle tuisveld teen Kuilsrivier styf geloop. Malmesbury ding mee in die 2A-liga, met van die sterkste klubs se 2de en 3de spanne as teenstaanders.
Die span van Daniël Griebenauw, Brian Howell, Marius Huysamen en Rainier van Zyl het goed begin en wen die eerste stel van 7 skofte gemaklik 11-4, danksy 5 skote op die 4de skof.
Ná 2 verdere skote op die 1ste skof van die tweede stel, met die telling 13-4, verloor hulle stoom en Kuilsrivier wen die stel 10-2, om met 14-13 die voortou te neem.
Die 3de stel begin goed en hulle tel 7 skote op die 1ste 3 skofte op, net om te sien hoe die opponente met mening terugveg om die wedstryd 20 elk gelykop te laat eindig. Op die punteleer wen hulle wel 3-2.
Die span van Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Lodewyk Lesch en Peter Hall is in ‘n taai stryd gewikkel en wen die eerste stel 8-6 en deel die tweede, 4 elk. Ná 17 skofte loop hulle 15-12 voor en kom redelik in beheer van sake voor.
Maar die noodlot het ander planne met die span gehad. Kuilsrivier wen met 25-16. Die totale puntstand op die punteleer is 7,5-4,5 in Kuilsrivier se guns.
In die WP Driespel-liga neem nog ‘n Malmesbury-span deel.
Hulle het weg teen Bellville gespeel en 1-11
verloor. Die span van Paul Rossouw, Kobus Groenewald en Elrika Lesch begin stadig en verloor die 1ste stel 1-8, nadat hulle op die sesde en laaste skof van die set op die telbord kon kom.
In die 2de stel verloor hulle 3-5, maar hulle selfvertroue neem toe en hulle wen die laaste stel 10-8, danksy 6 skote op die 15 skof.
Die eindtelling was 21-14 in Bellville se guns.
In die ander wedstryd trek Cobus Vermeulen, Zelda Jordaan en Johan de Kock deurgaans swaar om ‘n drag slae van 12-33 op die lyf te loop.
Weens ervare spelers wat nie beskikbaar was vir spel nie, moes Cobus en Kobus in die diep kant ingegooi word en uit hulle normale posisies speel sonder die nodige ervaring daarvoor.
Die keurders se besluit is om vir alle spelers in hierdie liga blootstelling te gee aan kompeterende spel, ook op weg perke.
Saterdag speel die Vlagspan weg teen Edgemead C en die Driespelspan tuis teen Parow.
Intussen nader die rondomtalie gedeelte van die klub se parespel-kompetisie sy einde, met 6 spanne wat reeds vir die kwarteindstryde gekwalifiseer het.
Daar was reeds ‘n paar baie taaie wedstryde, en die uitklopfase behoort interessante rolbal op te lewer.
Persone wat belangstel om rolbal te speel kan vir Roux 0834789616 of Daniël 0723989041 kontak.
- Roux Vermeulen
BESKIKBARE BETREKKINGS
MCDONALD'S MALMESBURY
Ons werf nuwe kandidate vir McDonald's Malmesbury
Jy moet in die besit wees van die volgende dokumente om oorweeg te word:
• Gesertifiseerde afskrif van jou matrieksertifikaat
• Gesertifiseerde afskrif van jou identiteitsdokument
• Opgedateerde CV
• Jy moet 'n ekstrovert wees, oor goeie sosiale vermoeë beskik, vriendelik wees en 'n raakvatter
• Jy moet tussen die ouderdom van 22 en 27 jaar wees
• Jy moet 2 kontakbare verwysings kan verskaf (skoolhoof, afrigter, geeslike leier, vorige werkgewer, onderwyser)
• Jy moet 'n positiewe houding hê en gedryf word deur kliënte tevredenheid
• Goeie kommunikasievaardighede/Spanspeler
• Woon in die omgewing van jou werksplek
• Bereid wees om skofte, publieke vakansiedae en naweke te werk
• Handig jou CV in by McDonald's Malmesbury
Handig jou CV by die winkel in teen 23 Januarie 2023.
2
Swartland Toerisme spog nou met nuwe kleurvolle logo
Swartland Toerisme, wat in Julie 2022 gestig is, spog nou met 'n splinternuwe kenteken.
Die organisasie, wat toerisme van Yzerfontein, Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Koringberg en die Riebeekvallei bevorder, is nou onder een handelsmerk versamel.
"Ons is verheug om 'n nuwe handelsmerkidentiteit en -veldtog te onthul, wat daarop gemik is om die streek as 'n voorkeur bestemming te bemark en bewustheid van die streek se kulturele, geografiese, landbou en kulinêre diversiteit te verhoog," vertel Lizelle Carstens, toerismebestuurder.
Kenmerkend van die streek en sy mense, omvat die nuwe
logo bekende landmerke en is speels, inklusief en modern. Die kleure spreek tot die ryk diversiteit van die Swartland. Die logo sal in die komende weke op bemarkingsmateriaal, Swartland Toerisme se amptelike webwerf en ander kollateraal verskyn.
Die Swartlandspan het groot planne om handelsmerkbewustheid te skep in sosiale-media veldtogte en tematiese gebeure verteenwoordigend van die uniekheid van elkeen van sy dorpe. Kortom, die klem sal val op Swartland as die nuwe aandie-brand bestemming vir plaaslike en buitelandse besoekers.
18 Januarie 2023 3
Deel jou snuiter se eerste skooldag met ons! Stuur 'n foto na 061 555 0344!
Vergemaklik jou kind se eerste dag van hoërskool
Hoërskool is grootskool op steroïede.
Om vir die eerste keer hoërskool (graad 8) toe te gaan, is baie dieselfde as daardie eerste skooldag sewe jaar gelede – dis nog steeds effens skrikwekkend, met die een groot verskil: tieners huil mos nie voor hulle maats nie.
So vergemaklik jy die eerste dag op hoërskool vir jou kind in graad 8 … Weereens is die skoolklere effens te groot, die skooltas is darem nou meer in proporsie en jy moes waarskynlik mooipraat dat daar ’n kosblik ingepak word.
Geld vir die snoepie is soveel cooler. Maar, afgesien van die oënskynlike bravade, voel jou graad 8-kind steeds onseker en is die groepsdruk ’n werklikheid. Boonop speel die hormone nou ook ’n rol.
Voorwaar ’n moeilike tyd in ons kinders se lewens en covid-19 maak dit ook geensins makliker nie. Die aanpassing by afstandonderrig/ tuisonderrig, om afgesluit te wees of te voel van maats, die inperking van sport en ander skoolgeleenthede – die hele onsekerheid wat hiermee gepaard gaan – is beslis nie vir sissies nie! Daarom is dit nou meer as ooit nodig om jou tiener emosioneel by te staan en met empatie te benader. Hulle (en jy) het nie hiervoor aangemeld nie! Hier is tien wenke om die proses te vergemaklik:
Maak jou kind emosioneel en geestelik sterk deur gereeld te kommunikeer. So kom jy agter wat in daardie tienerkoppe aangaan – dikwels meer as wat daardie traak-my-nieagtige houding weerspieël.
Moedig ’n positiewe gesindheid aan. Hier moet jy soms diep delf, want jou gesindheid en hoe jy uitdagings hanteer, stel ’n voorbeeld.
Vakansie op Yzerfontein
Hierdie gewilde kusdorp van die Swartland was, soos oudergewoonte, weer 'n miernes van bedrywighede wat deur besoekers en inwoners geniet en ondersteun is. Van potjiekoskompetisies tot 'n pretdraf en -rit. Selfs Kersvader het 'n draai in die karavaanpark gemaak.
Alles is nie maanskyn en rose nie. Soms gebeur daar slegte goed, maar moedig jou kind aan om moontlike voorvalle met jou te deel sodat julle saam ’n oplossing kan kry.
Sosiale samesyn en wedersydse respek is belangrik. Moedig nuwe vriendskappe aan – al is dit tans ingeperk. Selfvertroue is die sleutel. Leer jou kind om in hom-/haarself te glo, sonder ’n ego. Jou kind moet toegelaat word om ’n eie mening te hê. Reëls is reëls. Dit gaan gepaard met selfdissipline. Maak seker jou kind weet wat van hom/haar verwag word en dat goeie gedrag beloon word. Leer hom/ haar ook dat ’n mens verantwoordelikheid vir jou optrede aanvaar.
Maak seker jou kind het al die nodige skoolbenodigdhede, soos die regte skooldrag, sportdrag en skryfbenodigdhede. Maak ook seker hy/sy neem verantwoordelikheid vir besittings.
’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees. Moedig deelname aan sport en kultuur aan. Al is sport dalk tans ingeperk, kan ’n mens steeds fietsry en draf.
Rig ’n plek in waar jou kind kan studeer. Die ruimte moet stil, goed geventileer wees en genoeg lig hê. Veral met afstandsonderrig, is so ’n ruimte belangriker as ooit en is ’n goeie rekenaar met toegang tot die internet noodsaaklik. Zoomklasse (of wat ook al gebruik word) is deesdae die realiteit.
Moedig goeie studiegewoontes aan. Indien nodig, raadpleeg ’n kundige om jou kind hiermee te help.
Bron: https://afrikaans.com/
4 18 Januarie 2023
Paktyd op Kloovenburg: Pak- en parstyd het in die Swartland aangebreek met houers uitvoerdruiwe wat nou hul pad na hul internasionale markte vind. Op Kloovenburg word daar nou behoorlik gepak aan hierdie punnets wat vir die Verenigde Koningkryke bestem is. Volgens Pieter du Toit van Kloovenburg is vanjaar se oes kleiner as verwag, maar skryf hy dit toe aan die laer reënvalsyfer. "Ons is gewoond aan die 800mm reën wat gewoonlik val. Vanjaar was dit so rondom 300mm en dit het 'n groot impak op die oesvolume gehad." Volgens hom is die hoë temperature wat tans in die Swartland ervaar word nie ideaal nie. "Ons wil altyd die temperatuur so rondom 35 grade hê. Nie die 40's wat ons tans beleef nie."
So lyk die damvlakke in die Wes-Kaap
MALMESBURY, WES-KAAP
SCHOONSPRUIT ONTWIKKELING
VIER ERWE TE KOOP PER VEILING
VEILING: DONDERDAG 9 FEBRUARIE 2023 OM 11:00.
Plek: Stadsaal, Kerkstraat 1, Malmesbury & Aanlyn
Besigtig: Op u eie tyd
Erf 12388 Malmesbury: ±5680 m² – Sakesone 1. Hierdie erf is deel van Fase 1 en is gediens
Die volgende 3 erwe is deel van fase 2. Implementering van dienste begin middel Januarie 2023. Oordrag behoort Mei / Junie 2023 plaas te vind
Erf 14117 (Gedeelte 14) Malmesbury: ± 1,0131 ha – Nywerheidsone 2.
Erf 14118 (Gedeelte 15) Malmesbury: ± 1,0115 ha – Nywerheidsone 2.
Erf 14119 (Gedeelte 16) Malmesbury: ± 1,0992 ha – Nywerheidsone 2. Uitstekende belegging in die snelgroeiende dorp in die Swartland area.
NAVRAE: Willie van Rensburg - 083 261 7641 willie.vanrensburg@homeandhectare.com
Albie Loubser - 082 573 9902 albie.loubser@homeandhectare.com
VOORWAARDES: *Elektroniese betaling *FICA-dokumente word vereis vir die registrasieproses. Alle goedere sal met ‘n reserweprys verkoop word. Die regulasies van die Verbruikerswet, Wet 68 van 2008, is beskikbaar op http://www.gov.za/documents/consumerprotectionact-regulations
Bokomoweg 44, Malmesbury, 022 482 1817
Voorspoed aan al ons produsente met parstyd! Ons sal die wiele aan't rol hou! parstyd!
18 Januarie 2023 5
Kleur in en jy kan wen!
Kopkrapper van die week Moeilikheidsgraad: Baie
Naam: ________________________
Van: ______________________________
Ouderdom: __________
Ouer kontakbesonderhede: _______________________________________________(tel)
_______________________________________________ (epos)
6 18 Januarie 2023
Kleur hierdie prentjie in, skryf jou naam, van en kontakbesonderhede onderaan, handig dit by Roman's Pizza Malmesbury se winkel in en jy kan dalk 'n lekker pizza-prys wen!
Kompetisie sluit 25 Januarie 2023. Wenners sal telefonies gekontak word.
GELUKWENSING
Congratulations
To the January birthday girls of 2023
18 January - A high
five for ELI MOSESHappy birthday my big boy. Many blessings upon you. Enjoy your day. From your Mommy (Suspop)
Baie geluk my dogter
KEITHLIN met jou verjaarsdag op 20 Januarie. Mag God jou seën op hierdie dag. Van: jou Ma, Ouma, broers en susters. Geniet jou dag
LEVEARN – Baie geluk vriendin met jou verjaarsdag op 22 Januarie. Mag God jou ryklik seën en nog baie jare spaar. Van: jou vriendin Chantal
VACANCY BULLETIN
EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH
SWARTLAND HOSPITAL, MALMESBURY (WESTCOAST DISTRICT)
TRADESMAN AID
Remuneration: R124 434 per annum
Service benefits: 13th cheque, employer’s contribution to the pension fund, housing and medical aid allowance.
Requirements: Minimum educational qualification: Grade 10 (or equivalent). Experience: Appropriate experience to carry out maintenance tasks • Appropriate experience in the handling of workshop tools. Inherent requirements of the job: A valid (Code B/EB) drivers’ licence • Ability to do overtime and standby duties. Competencies (knowledge/skills): Physically able to do hard manual labour • Ability to read and write written instructions • Good communication skills in at least two of the three official languages of the Western Cape.
Duties: Assist with the maintenance of buildings and equipment • Assist with installation of equipment and other items • Collection, movement and delivery of equipment and furniture • Assist with other support functions of a workshop as well as safe keeping of tools • Assist with execution of maintenance plans.
Note: No payment of any kind is required when applying for this post.
Enquiries: Mr CA Vermaak, tel. 022 487 9226
PLEASE SUBMIT YOUR APPLICATION FOR THE ATTENTION OF MS C JULIUS TO THE MANAGER: MEDICAL SERVICES: SWARTLAND HOSPITAL, PRIVATE BAG X2, MALMESBURY 7299.
INSTRUCTIONS TO APPLICANTS: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be fully completed and clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), signed and accompanied by a comprehensive CV. Applicants must utilize the most recent Z83 employment application form as issued by the Minister for the Public service and Administration in line with regulation 10 of the Public Service Regulations, 2016. Failure to do so will result in disqualification of application. A separate application form must be completed for each post. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No faxed or e-mailed applications will be accepted. Please ensure that you submit your application on/before the closing date as no late applications will be considered. CVs will not be returned. Competency/Proficiency tests may also be conducted prior conclusion of the final shortlist. Excess personnel will receive preference. On the day of the interview, shortlisted candidates will be required to: Bring along recently (not older than 6 months) certified copies, of Identify Document (ID), driver’s licence (if applicable for the post), qualifications and/or proof of registration at relevant statutory body, for verification purposes. Failure to adhere to the aforementioned could lead to his/her application being disqualified. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department.
As directed by the Department of Public Service and Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are shortlisted and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.
The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.
18 Januarie 2023 7
POSITIVE ABOUT PEOPLE WITH DISABILITIES
Closing
147267 Swartland Joernaal www.ayandambanga.co.za
date: 3 February 2023
Die Gammat 2023-sewestoernooi is die naweek op Malmesbury aangebied. In die Gammat-afdeling het agt spanne sake uitgespook, terwyl 16 spanne die sosiale en klub-afdeling volgemaak het. In die Sosiaal en Klubs-afdeling se bekerstryd het Paarl Warrios in die eindstryd die span van Kraaifontein Rebels geklop. Die plaatwenners vir die Sosiaal en Klubs-afdeling was Roses United wat die Swartland Rebels geklop het. In die Gammat-afdeling het die CK Warriors as die bekerwenners uit die stryd getree toe hulle die span van Legacys kafgedraf het. Die plaatwenners was Oubank Steppers, wat met Fasters Ever afgereken het.
8 18 Januarie 2023 W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 150 • 18 Januarie 2022 BEEF, BBQ CHICKEN, HAM, MUSHROOM MARGHERITA, PEPPERONI, SWEETELICIOUS CHICKEN OFFER ENDS: 28 FEB 2023 AVAILABLE FLAVOURS: DOWNLOAD OUR APP ORDER ONLINE OR WE DELIVER* OR YOU COLLECT FROM THE SAVA FLAVA RANGE LARGE PIZZAS 2 ONLY139.90 m gesm ydif fr m ua podu t
Roman's Pizza Malmesbury 022 108 0001