1
Gratis • Free
9 November 2022
Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 143
9 November 2022
Donderstorm
'n Donderstorm het die Swartland Donderdag getref. Talle wonings en plase is vir tye sonder elektrisiteit gelaat en 'n koringland het aan die brand geslaan weens die weerlig. Haelkorrels so groot soos gholfballe het ook uit die hemel geval en talle onkant gevang. Brian de Beer van Malmesbury het hierdie foto's vanaf die Driehoekpad vasgevang waar die weerligstrale oor Klipkoppie speel.