20 Maart 2024 Nuus met 'n verskil W/A en Tel: 061 549 3683 • www.swartlandjoernaal.co.za • 150 Jaar - Laerskool Riebeek-Kasteel Gratis • Free 150 JAAR 150 JAAR Laerskool Riebeek-Kasteel: 150 jaar van volhoubare onderwys
... on reaching this incredible milestone of years!
Your dedication to shaping young minds and fostering a love for learning has made a lasting impact on our community. Thank you! 150
Skoollied - ML de Villiers
022 448 1232 info@wyklandproperties.com Riebeek Kasteel Primary LRK2
Your helping hand in Real Estate www.wyklandproperties.com
Laerskool Riebeek-Kasteel spog vanjaar met die skool se 150ste bestaansjaar. In hierdie tyd het talle rolspelers 'n merk gelaat, met skoolhoofde wat gekom en gegaan het, onderwysers wat 'n indruk op die leerders se lewens gelaat het en leerders wat selfs die Springbok-rugbyspan verteenwoordig het, soos gesien met Pieter-Steph du Toit van Kloovenburg wat sy laerskoolloopbaan hier voltooi het.
Die oorspronklike skoolgebou is in 1900 opgerig en volgens kerkrekords dui dit daarop dat ene mnr. P.J. van Santan skoolhoof was van ‘n redelike groot en bloeiende skool met ‘n leerlingtal van meer as 100.
Die eerste publieke skool is egter eers op 6 April 1874 met 34 leerlinge deur die Departement van Onderwys geopen. Mnr. D.J.Krige was hoof van hierdie skool. Skoolgeld is vasgestel op 2/6 (25 sent) per kind per maand vir diegene wat dit kan bekostig.
Dit is ook in hierdie tyd wat die gewilde skoolbasaar gehou is. Die eerste basaar het R69.60 opgelewer.
Aangesien geen skoolgebou nog beskikbaar was nie, het die kerkraad die konsistorie van die hulpkerk (tans die museum) beskikbaaar gestel. In Desember 1874 was die leerlingtal reeds 49.
Die gebrek aan ‘n skoolgebou was ‘n wesentlike probleem en in 1884 het die kerkraad ‘n erf aan die skoolkommissie geskenk. Die skoolseuns het dadelik begin met die uitgrawe van die fondasie. Almal het hulp verleen en in April 1885 was die gebou voltooi. Die nuwe skoolgebou was
langs die hulpkerk en is later verkoop.
Ná mnr. Krige met ‘n plaaslike vrou, mej. Maria Walters getroud is, het hulle twee ‘n kosinrigting geopen waar kinders van so ver as Calvinia en Fraserburg gehuisves is.
Hierdie inrigting was op die destydse plaas Twist of Hugemont.
Teen 1898 was die bestaande skoolgebou reeds weer te klein en op 19 September 1899 het die Onderwysdepartement ingewillig om ‘n nuwe gebou op te rig. Die nuwe skoolgebou is op die huidige perseel opgerig en in September 1900 ingewy.
Gedurende hierdie jare is kinders voorberei vir die Elementȇre- , Skoolhoёr- en 1e, 2e en 3e jaar Onderwyseksamens, oftewel Teachers T, soos dit toe bekend gestaan het.
Mnr. Krige het in September 1905 met pensioen afgetree en is in Januarie 1906 oorlede.
Hierna is mnr. A. Stadion, ‘n seun van die gemeente, as hoof-onderwyser na Riebeek-Kasteel beroep. In 1907 het mnr. Stadion vier kandidate met groot welslae vir die matriekulasie-eksamen ingeskryf. Dit was ook die enigste geleentheid waarop kinders vir die matrikulasie-eksamen ingeskryf was.
Mnr. Stadion het in 1908 ‘n hoofskap op Piketberg aanvaar en is deur mnr. J. Frylinck opgevolg.
Mnr. Frylinck was op sy beurt ook vir vier jaar hoof van die skool op Riebeek-Kasteel.
Mnr. Frylinck het steeds die hoё standaarde wat deur sy voorgangers gestel is, gehandhaaf en die uitslae van die eksamens was deurgaans bevredigend.
Hy het in April 1912 Riebeek-Kasteel verlaat en is deur mnr. A.Pauw opgevolg.
Mnr. A.Pauw is in April 1912 as prinsipaal van Riebeek-Kasteel A2 Skool aangestel. Gedurende sy dertig jaar dienstyd hier, het honderde kinders die skool besoek en was dit nodig om die gebou te vergroot.
Die Sekondêre skool hier was ‘n seën vir ‘n groot aantal van die minder gegoede ouers wie se kinders anders die voorreg van sekondêre onderrig sou moes mis.
Die gebrek aan ‘n koshuis was van vroeg af ‘n groot leemte in die gemeente.
Die privaatwoning van mnr. en mev. P. Euvrard het later privaatwoning te Huguemont vir kosgangers beskikbaar gestel vir kinders teen ‘n baie lae tarief gehuisves – soms meer as dertig in ‘n huis wat nie daarvoor ingerig was nie.
In 1942 word mnr. Pauw deur mnr. J.J. Esterhuysen opgevolg.
Mnr. Esterhuysen en mnr. Koos van der Merwe van die plaas Swartdam het in 1945 die kerkraad ontmoet in verband met die oprigting van ‘n volwaardige skoolkoshuis.
Die kerkraad was hul versoek aanvaar en nadat die kerkraad ‘n lening aangegaan het, is die huidige koshuis in 1948 gebou.
Die koshuis is in 1949 in gebruik geneem met mnr. en mev. P. Euvrard as die eerste huisouers en 55 leerlinge en vier onderwysers as kosgangers.
In sy tyd het die skool ‘n skoollied en skooldrag gekry.
Mnr. Esterhuysen het in 1967 hier afgetree en is op 16 April 1978 hier oorlede.
As gevolg van die skerp daling van getalle in plattelandse skole, het die Onderwysdepartement besluit om die skool van ‘n middelbare skool na ‘n laerskool te degradeer.
Mnr. L.J. Verreyne is in Januarie 1968 as hoof hier aangestel. In sy tyd is die planne vir die huidige skool wat in mnr. Esterhuysen se termyn goedgekeur is, gefinaliseer.
Mnr. Verreyne het na twee jaar vertrek en mnr. F.C. Rust het sy plek ingeneem.
Die aardbewing van September 1969 het die ou skoolgebou baie laat kraak en bars. ‘n Moeilike tyd het vir die skoolhoof gewag.
Daar is ‘n begin gemaak met die afbreek van die ou skool en tog moes die skoolwerk ook voortgaan.
Die nuwe skool is amptelik op 27 Oktober 1972 ingewy. Intussen het die skool ‘n voetbalveld en atletiekbaan gekry en spog hulle ook met ‘n pawiljoen en kiosk by die voetbalveld.
Mnr. F.C. Rust het aan die einde van 1988 die hoofskap van die skool neergelȇ en hom in die Strand gaan vestig.
Hy is deur mnr. K.G.Kock opgevolg.
Mnr. Esterhuysen se ywer, werkkrag en betrokkenheid by gemeente-en gemeenskapsbelange het hom spoedig ‘n plek in die samelewing besorg. Hy het op verskillende verenigings se besture gedien en was by geleentheid ook voorsitter van die dorpsbestuur.
Bron: Laerskool Riebeek-Kasteel
Laerskool Riebeek-Kasteel 150 Jaar
Riebeek-Kasteel LRK3
150 jaar van toegewyde onderrig by
Laerskool Riebeek-Kasteel 150 Jaar LRK4
20 Maart 2024 Nuus met 'n verskil W/A en Tel: 061 549 3683 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 208 Gratis • Free Titaniese kragmetings wag Die span van Abbotsdale het die naweek afgereken met die span van Never Despair en met 51-32 as oorwinnaars uit die stryd getree. Die naweek hou weer groot rugby in vir Swartlanders. Lees sportkommentator Abri Adonis se wedstrydverslag en voorspellings op bladsy 5. Spies & Assosiate weer tops Skink Swartland bied weer vele Navorsing toon SM die beste bl 2 bl 3 bl 3
kykNET Buite Ekspo lok weer duisende na Môreson
Die gewilde kykNET Buite Ekspo wat jaarliks deur Trio Events op die Môresonplaas buite Malmesbury aangebied word, het vanjaar weer groot sukses geniet. Die ekspo wat vanaf 8 tot 10 Maart gehou is, is deur 21 145 mense besoek. Die ekspo groei jaarliks en besoekers kan hulle verlustig aan al die buitelewe-toerusting, kampeertoerusting, buiteluginnovasies en vele meer wat by die verskeidenheid van stalletjies by die ekspo gevind kan word. Die ekspo word jaarliks deur Trio Events, onder leiding van Marius Opperman, aangebied. Beplanning vir die ekspo van 2025 is reeds onderweg en beloof om weer net so suksesvol te wees soos vanjaar. Opperman en Trio Events bedank alle borge, media vennote, uitstallers en besoekers wat vanjaar se ekspo weer 'n reuse-sukses gemaak het.
2
Skink Swartland –‘n naweek by die See
Die Swartland, bekend vir sy uitsonderlike wyne en eksentrieke wynmakers, maak gereed vir ‘n kusavontuur. Wynmakers van die Swartland-streek gaan eersdaags hul beste wyne skink in Velddrif, langs die oewer van die Bergrivier aan die prentjiemooi Weskus. Hierdie geleentheid, geskeduleer vir die naweek van 12-13 April 2024, beloof ‘n onvergeetlike naweek van watertand streekskosse en uitmuntende wyne
Die verrigtinge skop af op Vrydag, 12 April 2024, met ‘n eksklusiewe kos- en wyn pasmaataandete en proe by die Riviera Hotel. Plaaslike sjef en Swartland inwoner, Rory Lamb is die kurator van hierdie kulinêre ervaring, waar elke dis voorgesit sal word met spesiaal gekose wyne uit die Swartland-streek. Gaste sal ook vermaak word met die musikale talent van plaaslike Weskus legende, Steyn Fourie. Besprekings vir hierdie sensoriese aand kan direk by die Riviera Hotel gemaak word deur hul te kontak op Tel: 022 783 1137 of ‘n e-pos te stuur na reservations@rivierahotel.co.za
Op Saterdag, 13 April 2024, gaan die feesvieringe voort by die Laaiplek Hotel. Swartland-produsente sal van 11:00 tot 17:00 hul beste wyne skink op die maat van die High End Blues-band se musiek, terwyl die Bester-familie smulpape bederf met hul legendariese ruim porsies tapas-styl seekos.
Deelnemende kelders sluit in AA Badenhorst
Family Wines, Allesverloren, Hofstraat Kelder, Kloovenburg, Leeuwenkuil Family Wines, Marras, Mullineux, Org de Rac, Porseleinberg, Schenkfontein, Swartland Wynkelder, Wightman & Sons en Yellowwood Winery.
Kaartjies vir Saterdag se geleentheid sluit toegang tot die terrein, ‘n wynglas, drie tapas-styl porsies en die wynproe in. Verseker jou plek en bespreek nou jou kaartjies aanlyn via Quicket deur te soek na “Skink Swartland” of kliek op hierdie skakel: https://www.quicket. co.za/events/250242-skink-swartland/#/ Moenie hierdie geleentheid om die hartlikheid van die Swartland en Weskus te ervaar misloop nie.
Navorsing toon Swartland is beste munisipaliteit in SA
Swartland Munisipaliteit word as die beste klein-dorpsmunisipaliteit in die Wes-Kaap beskou, maar ook as die beste munisipaliteit oor die algemeen in Suid-Afrika. Dit volgens die Regeringsprestasie-indeks vir 2024 uitgereik deur die onafhanklike navorsingsmaatskappy, Good Governance Africa.
Hierdie indeks het data oor vier kategorieë oorweeg (slegs vir klein-dorp munisipaliteite), waarby die grootste gewig en oorweging aan die kernmandaat van munisipaliteite gegee is, naamlik dienslewering.
Volgens die oorsig wat deur die 2024 RPI verskaf is, is alle munisipaliteite in Suid-Afrika gemeet volgens:
Dienslewering – Verseker basiese dienslewering wat die verskaffing van gepype water, sanitasie en elektriese dienste en vullisverwydering insluit. Die meting vir hierdie kategorie het nie net die beskikbaarheid van hierdie diens nie, maar ook die kwaliteit daarvan asook die ondersteuning wat munisipaliteite aan die mees kwesbare (behoeftige) huishoudings in die area bied, oorweeg. Beplanning, Monitering en Evaluering – Die mate waartoe 'n munisipaliteit aan hul verantwoordelikhede voldoen in jaarlikse beplanning,
monitering en evalueringsvereistes.
Leierskap en Bestuur – Politieke en administratiewe leierskap om 'n funksionele regering te verseker.
Administrasie en Regering – Aanspreeklikheid, nakoming, finansiële bestuur, finansiële gesondheid, en menslike hulpbronbestuur.
Swartland Munisipaliteit het in al hierdie aspekte uitgeblink, wat aantoon dat ons deur onafhanklike opinie as die beste munisipaliteit in Suid-Afrika beskou word.
Uitvoerende Burgemeester Harold Cleophas sê: "Dit is 'n ongelooflike erkenning vir ons hele munisipaliteit asook die gemeenskap. Dit toon dat ons toewyding aan goeie regering en ons kernfunksie dividend betaal. Wat ons doen, is vir die verbetering van die gemeenskap wat ons dien, en ons is opgewonde om erkenning te kry vir ons toewyding om nie net Kranshoek nie, maar Suid-Afrika as 'n geheel te verbeter. Ons is die bewys dat waar goeie regering en harde werk die riglyn is, suksesvolle regering die resultaat is, ten spyte van talle uitdagings. Ek is so dankbaar vir al ons amptenare, raadslede sowel as ons gemeenskap vir hierdie erkenning, want dit is werklik 'n gesamentlike poging, waar elkeen hul deel speel."
Damvlakke in die Wes-Kaap
20 Maart 2024 3
Spies en Assosiate presteer by Southern Hub-toekennings
Spies & Assosiate het vanjaar weer stof in ander praktyke se oë geskop toe hulle die pryse by die Southern Hub-toekenningsaand ingeryg het. Die praktyk het die afgelope vyf jaar elke jaar die toekenning as een van die Top 5-praktyke landswyd ontvang. Drie keer hiervan het hulle weggeloop met die spogtitel as die beste praktyk in Suid-Afrika. Tussen die adviseurs tel twee CFP professionele kwalifikasies, 4 BComm-grade en een CA (SA). Die praktyk glo dat hierdie goeie kwalifikasies van sy adviseurs, tesame met hul kundigheid, hulle bemagtig om die beste moontlike raad aan hul kliënte te bied. Die praktyk spog ook met drie van die Top 25-adviseurs in die streek, met Hendrik Spies wat geld onder die Top 5 landwyd. JC Hennop is in die Top 50-kandidate in Suid-Afrika en Francois Beets onder die Top 100. Die praktyk belê ook in die jonger generasie adviseurs en het onlangs nuwe aspirante junior adviseurs aangestel, wat by die gesoute professionele adviseurs sal leer en so ook hul kundigheid kan verbeter, sodat hulle top-gehalte raad aan ons kliënte kan verskaf.
Die praktyk het weer in Maart hul jaarlikse funksie aangebied, waar kennis oor die begroting, die staat van die land gedeel word, maar ook waar daar gemotiveer word. Vanjaar se spreker was Alison Botha. Sy het haar verhaal van oorlewing met die gehoor gedeel.
20 Maart 2024 4
JC Hennop ontvang prys en is ook erken as ‘n Top 50 adviseur in Suid-Afrika.
Hendrik Spies ontvang prys en is weer bekroon as ‘n Top 5 adviseur in die land.
Jean Simonis, Hendrik Spies en Karen van der Poll, waar Hendrik as area Kampioen aangewys is vir 2023.
Jean Simonis, JC Hennop en Karen van der Poll, waar JC as ‘n Top 3 adviseur in die area aangewys is vir 2023. Spies and Associates spanlede wat die aand kon bywoon.
Francois Beets is in die top 5 in die area en top 25 in die streek.
Gemoedelikheid: Mej Gemoedlikheid is verlede week by die Huis van Zyl-meisieskoshuis van die Hoërskool Swartland aangebied. Dit is 'n geestelike gemeenskapspojek, spesifiek vir die inwonende meisies van dié koshuis op Malmesbury. "Die doel van die projek is om die meisies 'n ware identiteit en leierskap in Christus te ontwikkel, sodat dit vrug kan dra en waarde kan toevoeg tot ons gemeenskap," vertel organiseerder Lindie van Greunen. Vanjaar se koningin dien as ambassadeur vir
van Zyl en sal ook uitreikgeleenthede na die gemeenskap koördineer. Leighcar Marchall is aangewys as die wenner, met Kiara Griesel as eerste prinses, gevolg deur Danielle Schwartz as tweede prinses. Die beoordelaars was Lindie van Greunen, Elizabeth Dalton en Anzelle van Wyk.
Ná 'n paar groot opskuddings verlede week in die Swartland-streek van die Boland Groot Uitdaag-kompetisie, is die rugby orde weer die naweek hestel ná Wesbank, Darling, Abbotsdale en Moorreesburg almal koning gekraai het in hul verskeie liga-wedstryde.
Dit was veral Abbotsdale wat stem dik gemaak het om Never Despair 'n goeie rugbyles te leer op Abbotsdale se tuisveld. Never Despair het vol selfvetroue in die wedstryd gekom, ná hulle die vorige naweek Moorreesburg geklop het. Die tuisspan was egter oorgehaal om op te maak vir hul skok-nederlaag teen Good Hopes. Abbotsdale was in 'n verwoestende bui en het vroeg onder die pale gaan kuier. Alexander Adams met sy goeie skopvoet het egter Never Despair binne trefafstand gehou, met twee strafskoppe.
Abbotsdale het sy tuisskare vermaak met goeie aanvallende spel. Teen rustyd was albei spanne nog in die wedloop met nie baie wat die twee spanne skei nie. Abbotsdale het in die tweede helfte, met die wind in hul seile, hul tempo gelig. Daar was geen keer aan die groenmasjien nie en hulle het aanval op aanval geloods, met Abbotsdale se nuwe sterspeler, Bevan Abrahams, en gesoute leiers soos Milroy Isaacs
Opspraakwekkende rugby wag
en Godwin Jacobs aan die spits.
Die nuweling Dauwin Mahoney was ook uitstekend en het saam die ervare spelers verwoesting gesaai onder Never Despair.
Never Despair het laat in die wedstryd verwoed aangeval en twee drieë gaan druk om bietjie erkenning aan die telling te bring, maar die koeël was reeds deur die kerk vir die besoekers. Die tuisspan het uiteindelik die wedstryd gewen met 51 teenoor 32 om die Tier, soos Never Despair bekend staan, met stomp tande huis toe te stuur.
Never Despair se taak raak hierdie week net groter wanneer hulle gasheer speel vir Wesbank in een van Boland se gesogde derby-wedstryde te Malmesbury. Wesbank het ook die afgelope naweek weer gewys hoekom hulle die gevaarlikste kan wees met hul rug teen die muur, toe hulle gemaklik met Good Hopes afgereken het.
Wesbank se agterspeler Ralton Du Toit het weer goed vertoon toe hy druk op Good Hopes geplaas het om uit 'n aanvallende skop, in die hoekie gaan kuier het vir Wesbank se eerste drie.
Wesbank se voorspelers was uitstekend met speler van die wedstryd Shawn Petersen wat groot kopsere vir Good Hopes besorg het. Shawn was 'n doring in die vlees van die Bloutrein op verdediging en kruisverdediging en was ook uitstekend by die afbreekpunte om die bal stadig te maak en ook telkemale omgekeerde besit vir Wesbank verseker het.
Che Klaasen en Maxwell Mentoor het ook Good Hopes voorlangs sag gemaak met Reece Boks wat 'n nagmerrie was vir die besoekers by die afbreekpunte. Die ster-speler Dashton Wellman, het later in die wedstryd na skrumskakel geskuif en het Good Hopes van hul voete af gespeel. Wellman, tesame met Romiel Swarts, het verseker dat Good Hopes geen antwoorde het op verdediging nie en Wesbank het die wedstryd uiteindelik met 30 – 17 gewen.
Wesbank behoort hierdie naweek verder sout in die Tier se wonde te vryf deur 'n taai derby-wedstryd met minder as 7 punte te wen.
Moorreesburg het die afgelope naweek sy eerste oorwinning behaal toe hy Porterville in 'n naelskraapse stryd uitoorlê het. Die besoekers was deurgaans op die voorvoet, maar Moor-
reesburg het weer goeie veggees getoon deur die wedstryd met 31 – 30 te wen om sy seisoen 'n hupstoot te gee. Teen rustyd was Porterville reeds met 20 – 6 voor en dit het weer na 'n donker dag gelyk vir die tuisspan.
Die speler van die wedstryd Phillip Jacobs, Christo Januarie en Donielle Karolus het egter in die tweede helfte indrukwekkende drieë gedruk om die momentum in die tuisspan se guns te draai. Tot op die einde het albei spanne hul ondersteuners op hul tone gehad met groot opwinding en spanning wat hoog geloop het. Die tuisspan kon egter die knoop deurhaak en sal met groot selfvertroue die komende naweek na Wittewater reis, wat 'n blaaskans geniet het die afgelope naweek. Wittewater sal 'n moeilike kalant wees op sy tuisveld, maar 'n begeesterde Moorreesburg behoort sy momentum te behou wanneer hulle hul segetog sal voortsit met meer as 10 punte.
Darling het ook die afgelope naweek sy Darling Romery-trok terug op die wenpad ge-
bring met 'n goeie oorwinning teenoor 'n sterk Saron-span. Die verdedigende kampioen wie afgerig word deur voormalige Good Hopes afrigter Angelo Thompson, en wie ook voormalige Good Hopes spelers soos Angelo Thompson Jr, Fernando Poedel en Hilton Henkeman, reis Saterdag na Riebeek vir 'n interessante wedstryd teen Good Hopes. Die tuisspan sal wil opmaak vir sy loesing teenoor Wesbank en sal weer met 'n goeie strategie vorendag moet kom om die besoekers te klop. Good Hopes behoort sy tuisveldvoordeel goed te gebruik en Darling te klop in 'n naelskraapse wedstryd met minder as 7 punte.
In ander wedstryde speel Porterville tuis teen Abbotsdale en die besoekers behoort te sterk te wees vir die tuisspan. Abbotsdale behoort die wedstryd met meer as 7 punte te wen. Saron behoort weer op die wenpad te kom wanneer hulle gasheer speel vir Young Eagles. Die tuisspan behoort die wedstryd gemaklik met meer as 10 punte te wen. Riebeek United geniet 'n loslootjie die komende naweek.
20 Maart 2024 5 HOME NURSING • CAREGIVING • POST-OPERATIVE CARE • PALLIATIVE CARE PERSONAL HYGIENE • LIGHT HOUSE WORK • MEDICATION ADMINISTRATION We take care of your love d ones Need Home Care? Contact Liesel | 071 395 6994 | liesel@assistedhomenursing.co.za Contact Gavin | 071 395 6994 | gavin@assistedhomenursing.co.za www.assistedhomenursing.co.za www.ahn-swartland.co.za
Huis
GELUKWENSING Congratulations
9 Maart - BERNELEE WILSON (Nonnie), baie geluk met jou verjaarsdag ons pragtige babbelbekkie. Mag jy ‘n geseënde dag hê en alles wat mooi is op jou lewenspad vorentoe, Ons is baie lief vir jou. Van: jou Wilson gesin
17 Maart – AMELIA SYSTER. Baie geluk met jou verjaardag. Ons wens net die mooiste en beste vir jou toe met jou nuwe lewensjaar. Baie liefde
– Mammie, Willene, Alonzo Rewa, Cylie en Monday
19 Maart – “Happy 40 th Birthday” MACHELLLE HOWBURG. Mag jy ‘n geseënde dag hê en alles wat mooi is op jou lewenspad vorentoe. Ek is baie lief vir jou. Van: jou beste vriendin Hazel en jou peetkind Hayden
26 Maart - SHAKIRA MONRIQUE PIETERS –“Happy birthday” my pragtige dogter. Alles wat mooi is vir jou. Liefde – Mammie, jou
broer en susters
MEMORIUM In Memoriam
22 Maart – JAYDEN –My liefste seun, baie geluk met jou 17de verjaardag, wat jy met die engele vier. Jou naam word nog met ‘n traan in die huis genoem. Ons mis jou so verskriklik. Ek wens ek kon net weer ‘n drukkie gee en jou vashou. Baie liefde – Mammie, Amelia en Willene
VERKIESINGSKOMMISSIE
NOMINASIE VAN KANDIDATE –SWARTLAND MUNISIPALITEIT
TUSSENVERKIESING WYK 11
’n Tussenverkiesing vir die kies van ’n wyksraadslid vir Wyk 11 word geskeduleer vir Woensdag, 24 April 2024
Nominasies van kandidate sluit op 02 April 2024 teen 17:00 en moet ingehandig word by die OVK kantore in Malmesbury, Bokomo Straat 20, Malmesbury
Geregistreerde kiesers in Wyk 11 kan hul stem by die volgende stemlokale vanaf 07:00 tot 21:00 op Woensdag, 24 April 2024
uitbring:
Wyk Stemdistrik Naam van stemlokaal Adres 10105011 97710105 Wesbank
Gemeenskapsaal Jasmynstraat, Wesbank 10105011 97710127 Indoor Sportsentrum Alfastraat, Saamstaan
LetWel: U kan slegsindiestemdistrik stem waar u geregistreer is Aansoeke vir spesiale stemme vind plaasvanaf 08 - 12 April 2024 om 17:00.
Navraekangerig word aan
June Gemmell-Van Wyk: 022482 4178/ 9
20 Maart 2024 6
20 Maart 2024 7 shop online: mambos.store Offers valid until 21 April '24 • WESTERN CAPE: RETREAT - GREEN POINT - SANDOWN - TABLE VIEW - KENILWORTH - CAPE GATE - BELLVILLE - PAARL - GEORGE - SOMERSET WEST • EASTERN CAPE: BEACON BAY - VINCENT - BAYWEST - WILLIAM MOFFETT • BLOEMFONTEIN: BLOEM TOWERS - FLEURDAL Various Bakeware from R99 Drinkware Patisserie Kitchenware Hospitality Tableware Bakeware GLASSWARE Large range of assorted Vintage Design Polarbox Coolerboxes with leather straps R45 R79 Small + lids Medium + lids R89 Large + lids Assorted Colours Venus storage boxes 3 Ply Napkins R39.99 33x33cm Make your home your happy zone. 20LR999.99 12LR849.99 6LR999.99 with 2 containers ideal for office or school lunches Pink, Green, Turquoise, Yellow & Purple Deep Plate KOO177600700 R65 R55 Plate 23cm KOO177600680 ASST COLOUR OPTIONS AVAILABLE Charcoal, mint, grey & white R239.99 26cm Dinner Plate R159.99 20cm Side Plate R139.99 350ml Mugs R169.99 14cm Bowl R189.99 18cm Soup Bowl BUY 4 Preserve Jars Comida Crockery ONYX BLACK STACKABLE ARMLESS CHAIRS R99 6 FOOT FOLDABLE BUDGET TABLE R699 CHAFING DISH SINGLE & DOUBLE R429 R75 HANDY BRAND CHAFING GEL TIN - 240G X 6 PACK Set of 3 R399 56L, 26L & 11L CLEAR STORAGE SET Plate 27.5cm KOO177600690 R69 R69 Bowl 155 x 80mm KOO177600670 R139 single R84.99 3.75L Clear Box R139 single R84.99 5.5L Deep Box single R49.99 1.75L Deep Box R79 20% less All Candles BUY 2 R199 6L Clear Box single R119.99 Stunning! Scented, unscented, frosted, LED's, with & without glass R55 R45 500ml R29 200ml 1L HOT SELLER COOL PRICES! Stock up for Easter Preserving
W/A: 061 549 3683 • Tel: 061 549 36831 • Uitgawe 208 • 20 Maart 2024
Laerskool Riebeek-Kasteel 150 Jaar LRK5
By Riebeek skep ons vertroue om te glo, waag en wen
Die Laerskool Riebeek-Kasteel is geleë in die hartjie van die pragtige Boland aan die voet van Kasteelberg. Dit is reeds die vriendelike mense, waaronder die bekwame en passievolle personeel van die skool, wat bydra tot die tasbare uitlewing van ons skool se leuse “Help Mekaar”.
Hier is elke kind ‘n individu met besonderse potensiaal wat hom/ haar kan uitleef, ontdek en die ware essensie van menswees aanleer. Die skool beskik oor 200 leerders en is individuele aandag en persoonlike bemoeienis ‘n prioriteit.
Laerskool Riebeek-Kasteel help mekaar
By Laerskool Riebeek-Kasteel fokus
ons op die vestiging van ‘n positiewe gesindheid binne ‘n waarde-kultuur waar respek, trots, lojaliteit, verantwoordelikheid , pligsgetrouheid en eerlikheid
Hier word ‘n ruimte vir klein en groot geskep om te glo, te waag en te wen. Ons is in 2017 gerig op die spreuke “The past, with the present for the future”.
Hartlik geluk aan Laerskool Riebeek-Kasteel met die groot mylpaal. Julle toewyding tot die onderwys word waardeer. Dankie vir julle insette en bevordering van die jeug. beklemtoon word. Dit is hier waar die skool se tradisie en prestasie bydra tot ons fokus op die huidige en die toekoms.
Laerskool Riebeek-Kasteel 150 Jaar
LRK6
Gewilde sporttoernooi skop vandag af
Die gewilde en bekende Riebeekvallei Sporttoernooi vind vanaf vandag tot Vrydag op die velde van Laerskool Riebeek-Kasteel plaas.
Dit is vanjaar die 25ste herdenking van hierdie toernooi en daar gaan weer 'n paar legendes die velde betree.
Die bekende Burta de Kock en Karin Venter gaan die netbal onder hul vlerk neem en die o.12
en o.13 netbalspelers 'n paar nuwe vaardighede aanleer. Phillip van Coller en sy span van RSD sal verantwoordelik wees vir die vaardigheid by die rugbyseuns.
Altesaam 13 skole gaan hulle kragte teen mekaar meet en daar gaan 'n hele paar kosstalletjies en vermaak wees wat die oorsaak gaan wees van 'n heerlike atmosfeer.
Die span van Laerskool Riebeek-Kasteel beywer hulle vir die bevordering van onderwys in die vallei. Die span is ook trots op wat die skool vermag het in die afgelope 150 jaar en sien uit na 'n blink toekoms. Die span staan onder leiding van skoolhoof Ferdi Breytenbach.
“By Laerskool Riebeek Kasteel fokus ons op die vestiging van ‘n positiewe gesindheid binne ‘n waarde-kultuur waar respek, trots, lojaliteit, verantwoordelikheid, pligsgetrouheid en eerlikheid beklemtoon word. Dit is hier waar die skool se tradisie en prestasie bydra tot ons fokus op die huidige en die toekoms. Hier word ‘n ruimte vir klein en groot geskep om te glo, te waag en te wen. “
Laerskool Riebeek-Kasteel 150 Jaar
LRK7
Nuwe skool en sportvelde ná aardbewing
Ná 'n aardbewing in September 1969 is die skoolgebou gerestoureer. Die nuwe skool is op 27 Oktober 1972 ingewy en daarna het die skool 'n nuwe voetbalveld en atletiekbaan gekry. Die pawiljoen en kiosk by die voetbalveld was 'n groot pluspunt en is die Fanie du Toit-sportsentrum gedoop.
Laerskool Riebeek-Kasteel 150 Jaar