nuuswaardig
Die eerste student, Jorese Pelser, is tydens die bekendstellingsgeleentheid van Akademia in Januarie ingeskryf vir ’n hoër sertifikaat in kantooradministrasie. By haar is Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia. Jorese werk reeds en kan danksy nauurse klasse ’n inkomste verdien terwyl sy by Akademia studeer.
Akademia: Jou oop Afrikaanse leertuiste
Akademia, ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging, is ’n splinternuwe privaat Afrikaanse afstandsonderriginstelling wat hoëronderwyskwalifikasies van gehalte teen 30% tot 50% goedkoper as die res van die mark bied. Dié instelling is op 19 Januarie amptelik aan onder meer die media en akademici bekendgestel.
B
Foto: Cilleste van der Walt
Deur Moira-Marie Kloppers
10
y Akademia kan studente hulle nauurs in skaars beroepsrigtings bekwaam en daarmee seker maak dat hulle in ’n groeiende ekonomie in diens geneem kan word. Akademia spog reeds met ses studiesentrums in Centurion, Pretoria-Moot,Vanderbijlpark, Boksburg, Roodepoort en Stellenbosch, en beplan om binne vyf jaar ’n studiesentrum in elke groot sentrum in Suid-Afrika te bedryf. Akademia skop vanjaar af met vier onderrigprogramme (drie sertifikate en ’n diploma) en gaan moontlik volgende jaar reeds sy eerste graad aanbied. Danksy die nuutste telematiese tegnologie word klasse interaktief by die onderskeie studiesentrums landwyd aangebied. Die instelling beplan om binne vyf jaar 10 000 ingeskrewe studente oor ’n wye spektrum van studierigtings te hê. Volgens Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, het die aanbod vir Afrikaanse hoër onderwys die afgelope 20 jaar drasties gekrimp.“Van die sowat 10 Afrikaanse technikons en 150 Afrikaanse beroepskolleges wat voor 1990 bestaan het, het daar nie ’n en-
01/2012 • www.solidariteit.co.za
kele Afrikaanse technikon of Afrikaanse enkelmedium-kollege oorgebly nie. Ons wil deur Akademia weer aan Afrikaanse studente toegang tot hoër onderwys van goeie gehalte in hulle moedertaal gee,” sê Buys.“Hierdie instelling gaan op die vlak van universiteite funksioneer.” Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, meen die krag van die Akademiamodel is dat dit bekostigbaar en eenvoudig is om studiesentrums in enige gemeenskap te vestig.“Ons vat Afrikaanse hoër onderwys na die mense toe. Die gevorderde onderrigtegnologie maak dit moontlik dat ons hoër onderwys bekostigbaar kan aanbied. “Ons het intensiewe navorsing gedoen oor skaars beroepsrigtings in Suid-Afrika en ons kies ons programme daarvolgens. Studente sal dus gesogte kwalifikasies kry wat hulle toetrede tot die arbeidsmark makliker sal maak,” sê Visser. Volgens Buys styg jou kanse om werk te kry radikaal indien jy ’n hoëronderwyskwalifikasie verwerf. “Met ’n goeie kwalifikasie staan jy in hierdie land, wat honger is vir mense met sekere vaardighede, ’n baie beter kans om werk te kry as in feitlik enige plek ter wêreld. Buiten-
dien, vir ’n minderheid om in Afrika te oorleef, is die eerste voorwaarde dat ons oor die meerderheidskennis moet beskik. Goeie opleiding stel jongmense meestal ‘vry’ van raswetgewing en is in elk geval die enigste weg na ekonomiese vryheid.” Akademia se vlagskipkursus vir 2012 is ’n diploma in kleinsakebestuur en entrepreneurskap. Daarbenewens sal hoër sertifikate in kantooradministrasie, rekeningkunde en gemeenskapsontwikkeling ook aangebied word. Akademia is reeds besig om sy eerste BCom-program te ontwikkel. Dié program kan so vroeg soos 2013 reeds beskikbaar wees. Verskeie nagraadse diplomas sal ook binnekort bekendgestel word. Ander programme wat in die vooruitsig gestel word, sluit in logistieke bestuur, bemarking en verkope. Volgens Visser is Akademia by die departement van hoër onderwys en opleiding geregistreer en sy programme is deur die Raad op Hoër Onderwys geakkrediteer. “Akademia se kwalifikasies voldoen dus aan dieselfde standaarde as dié van universiteite,” sê Visser.