Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 vir 2014

Page 1

HELPENDE HAND

se hart om armoede te verlig, voorkom, verbreek VERKIESING 2014 Só lyk politieke landskap WATER QUALITY

a ticking time bomb – AfriForum study

KORRUPSIE

HOW LAW PROTECTS WHISTLE-BLOWERS

PENARIE BY DIE PUK: Beraad beplan oor brandpunte

“Ek sal dit weer doen,” sê fluitjieblaser

STAKING maak nie beursie vetter

~ BLADSY 28

TRANSFORMASIE

02 • 2014

www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683

562000

Solidariteit Beweging

FOKUS

VROUE VAT VLAM IN DIE WERKPLEK BLADSY 36

* Verplasing geweier oor “oorkonsentrasie” * SAPD ranking system: Case to be heard soon * Recommending a white man “irregular” * Staatsdiens reeds breedweg getransformeer

MOED OM TE VEG ONS HET DIE

TEEN DISKRIMINASIE, STAATSAFHANKLIKHEID, BEDROG




02 2014

56

inhoud 37

GEREELD

6 7 8

54 68 70 73

Met die intrapslag Morele moed te midde van geraas Seepkis Ons lede sê hul sê SpreekBuys Helpmekaar-krag vir die volgende geslag Jy & die reg Mag ek aandring op ’n stort by die werk? Lidmaatskap Sakke propvol voordele vir ons lede Dienskantore Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep In retrospek Die reënboog ná die reën

NUUSWAARDIG

10 12 14 16 17 18 19 20 22 24 26

Beraad oor universiteitsonderwys beplan “Ek sal dit weer doen,” sê fluitjieblaser How SA law protects whistle-blowers Verplasing geweier weens “oorkonsentrasie” SAPS ranking system: Case to be heard soon Recommending a white man “irregular” Staatsdiens reeds breedweg getransformeer Verkiesing: Só lyk SA se politieke landskap Inkomstebelasting: ’n Eeu van opdok Staatsbesteding beduiwel vooruitgang – SNI Studie by Akademia – Dis ’n leefstylkeuse

22

BEDRYFSNUUS

28 30 32 33 33

Jy kan jouself nie ryker staak nie ZAH – 110 jaar se lewende geskiedenis Só woeker Solidariteit landwyd Staatmaker in Wes-Kaap ’n steunpilaar vir lede Só span ons saam om te help

IN BEWEGING

34 35 35 46 47 48 49 50 51 56 58 60 61

62 66 67 72

Water quality is a ticking time bomb Pak stropers en bendes – AfriForum Proposal for community service dismissed Helpende Hand se hart om armoede aan te pak Helpende Hand bederf oumas met fliek Anita Schoeman: Die engel van Christenburg Maatskaplike toelae g’n langtermynoplossing Staal jouself by Sol-Tech vir die toekoms Nuwe gesigte is ou hande in die bedryf Verslawing vernietig toekomsdrome Woelwaters nou wêreldwoelers op net Waak teen hervoorskotte op verband Fluitjieblasers en die integriteit van die media Vang vandag vryheid in foto vas Maroela Media: Kom snuffel gratis saam Ons beeld is ons eie verantwoordelikheid Konsentrasiekampherinneringe II

34

“Solidariteit het die diepste meegevoel met ’n werker wat sukkel om vir sy familie te sorg, maar dit is hoog tyd dat die werkersklas tot die besef begin kom dat jy slegs staak as dit oor ’n BEGINSELSAAK gaan, want jy kan jouself nooit ryker staak nie.” ~ Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit ~



met die intrapslag

“U

Johan Kruger is hoof van kommunikasie en die Solidariteit Navorsingsinstituut.

Morele moed te midde van geraas

FOTO’S: REINT DYKEMA; ISTOCKPHOTO.COM

it die moed van jou oortuiging optree.” Wat ’n pragtige uitdrukking is hierdie nie! Twee kernelemente in hierdie uitdrukking roep ’n mens op tot aksie – moed en oortuiging. Wie wil nie bestempel word as ’n mens met die moed van ’n leeu nie? Op ons lewenspad loop ons dikwels mense raak wat moed het: Moed om buitengewone uitdagings aan te pak, soos om die hoogste berg in die wêreld uit te klim of om ’n terminale siekte die stryd aan te sê. Of dalk lê daardie einste mense die moed aan die dag om, te midde van moeilike omstandighede, elke dag werk toe te gaan en, omstandighede ten spyt, steeds hul beste te lewer. Kortom: Die voorbeelde van moed is legio. Wat oortuiging betref, word hierdie begrip dikwels beskryf as die vaste geloof dat iets reg is. Dit wat ons glo waar en reg is – ons oortuigings – word die rigsnoer vir ons lewens. Beginsels soos geloof, hoop, liefde, regverdigheid, lankmoedigheid, vergewingsgesindheid en nog vele meer is die bakens waarlangs ons stap op ons lewenspad. Ons glo dat hierdie beginsels reg is en ons probeer om dit prakties uit te leef. Om uit die moed van jou oortuiging op te tree, is die saamvloei van hierdie twee kragtige elemente: moed en oortuiging. Kortom kom dit daarop neer dat jou oortuigings só sterk is, dat jy die morele moed het om daarvolgens op te tree, ongeag vrees vir die gevolge wat uit jou optrede mag voortspruit. Oor die onderwerp onverskrokkenheid, het die bekende generaal Douglas MacArthur by geleentheid gesê: “Last, but by no means least, courage – moral courage, the courage of one’s convictions, the courage to see things through.The world is in a constant conspiracy against the brave. It’s the age-old struggle – the roar of the crowd on one side and the voice of your conscience on the other”.

6

OM TE BLAAS OF NIE? Lees op BLADSY 12 van kol. Kobus Roos se mannemoed om die fluitjie oor korrupsie in die SuidAfrikaanse Polisiediens te blaas.

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Kolonel Kobus Roos is een van daardie mense wat onverpoosd op soek is na die waarheid en geregtigheid. Hy is ’n mens wat uit die moed van sy oortuiging hardnekkig vasgebyt het met die doel om die waarheid te laat seëvier. As hoof van die interne-ouditafdeling in die SAPD se misdaadintelligensie-eenheid, het hy die fluitjie oor korrupsie geblaas. Deur middel van ’n beskermde bekendmaking het hy korrupsie aan die kaak gestel en blootgelê aan verskeie hooggeplaasde polisie-offisiere. Omdat hy die moed van sy oortuiging gehad het om hierdie stap te neem en vas te staan te midde van dreigemente op sy lewe en benadeling van sy loopbaan, is hy geviktimiseer totdat hy sy saak in die arbeidshof moes gaan stel. Lees sy besonderse storie op bladsy 12. Ons salueer mense soos kolonel Roos in hierdie uitgawe. Mense wie se optrede getuig van integriteit, moed en deursettingsvermoë. Mense wat daagliks die moed van hul oortuigings het om sonder vrees die regte ding te doen. Stories soos kolonel Roos s’n laat ons weer vir ’n oomblik stilstaan en vra of ons genoeg optree uit die moed van ons oortuigings. Maar dit gee ons ook weer hernieude energie om aan te gaan met dit wat reg is terwyl die massas en die wêreld ’n ander boodskap uitskree. Omdat ons oortuig is dat verkeerde dinge in ons land sal gedy indien gewone mense niks doen nie, stry ons harder vir gelyke geleenthede in die werkplek. Stry ons vir die behoud van ons lede se poste. Stry ons harder vir beroepsgesondheid en -veiligheid. Stry ons harder vir ’n samelewing vry van korrupsie. Stry ons harder vir die verbruiker en vir aanspreeklikheid teenoor die belastingbetaler. Stry ons harder vir aanspreeklikheid deur die staat. Stry ons harder vir die beskerming en behoud van Afrikaans en Afrikaanse onderwysinstellings. Stry ons harder vir die beskerming van eiendomsreg.

FOKUS OP VROUE IN DIE WERKPLEK

Die werkplek het die afgelope jare baie verander en al meer vroue staan hul man in die werkplek.

36

Dankie vir ons lede en ondersteuners se bydraes aan al die instellings binne die Solidariteit Beweging. Dit beteken dat ons in staat gestel word om uit die moed van ons oortuigings prakties te werk aan ’n Suid-Afrika waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan wees.

JOHAN KRUGER REDAKTEUR

WEN WIELE MET WOEMA! Jy staan die kans om splinternuwe wiele of ’n luilekker vakansie los te slaan! ~ BLADSY 11


Seepkis

Word deel van die gesprek by www.blog.soldariteit.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur ’n e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za

Die Solidariteit Beweging pak die toekoms van Afrikaanse universiteitsonderwys. ~ BLADSY 10

Solidariteit Solidarity SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE

H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300

0861 25 24 23

REDAKTEUR

EDITOR

Johan Kruger

KOPIEREDAKTEUR

COPY EDITOR

NUUSREDAKTEUR

NEWS EDITOR

Nico Strydom

Cilleste van der Walt

Puk: Die dwerge skree heil • Dirk Hermann: #propuk Theuns Eloff tree vroeër uit as visekanselier. Dan Kgwadi neem op 1 April oor. Dankie, Beeld.

• Flip Buys: Theuns Eloff was nog altyd sy eie mens – ’n onafhanklike denker en doener. Toe die Afrikaanssprekendes wat hom nou in die steek gelaat het nog “heil” vir die vorige regering geskree en oor die ANC “gehuil” het, het Theuns al sy eie kop gevolg. Nou skree die dwerge weer “heil” aan die nuwe bedeling, en huil nie oor wie en wat hulle in die steek laat nie – berge wat baie groter as hulself is. Soos Breyten gesê het: Snaaks hoe diegene wat graag in die skadu van mag wil loop, dit regkry om so grasieloos bollemakiesie te slaan dat hulle altyd op hul knieë voor die nuwe bewindhebber te lande kom.

• Eddie Bernhardi: En daar gaan die universiteit “down the drain” ... Veels geluk, Adriaan.

• Liezl Vermeulen: Bitter smaak my mond! • Andre Botha: Watse kwalifikasie het Dan en waar kom hy vandaan? Is hy Afrikaans? • Corna Hartzer Kamffer: Laat hy kom kyk en kom leer hoe word dit gedoen! Dink hy sal verbaas wees! • Suzette Smal: Ons universiteite gaan almal “down the drain” waar hulle in beheer is. • Colin Brindle: Dis presies wat hulle wou hê... Kyk maar hoe gaan ander universiteite agteruit soos die een in Johannesburg.

www.solidariteit.co.za

WEBREDAKTEUR

WEB EDITOR

Daleen Gouws

ADVERTENSIES

ADVERTISEMENTS

Denise Viljoen – tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk – tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP

Martie Maree

TAALVERSORGING

Aksent Media

INTEKENARE

Elna Botes

LANGUAGE EDITING

SUBSCRIPTIONS

Heleen Nortjé REKENINGE

DESIGN

ACCOUNTS

MEDEWERKERS

CONTRIBUTORS

Alana Bailey, Danie Brink, Eugene Brink, Flip Buys, Johan Böning, Ian Cameron, Gerhard Ceronie, Gideon du Plessis, Chris du Plessis, Reint Dykema, Daleen Gouws, Mariné Jacobs, Julius Kleynhans, Moira-Marie Kloppers, Piet le Roux, Paul Mardon, Marietha Malan, Appie Pienaar, Grietjie Prinsloo, Francois Smit, Inge Strydom, Nico Strydom, Herman Toerien, Cilleste van der Walt, Ansie van Niekerk en Karin Venter. UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE LAYOUT, DESIGN, REPRODUCTION

JOU OUBOET MET MOED

MENINGSPEILING

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM; WIKIMEDIA

Sal jy ’n fluitjieblaser by jou werk wees?

A Ja, dit is almal se plig om korrupsie te pak. B Nee, ek is bang ek word geviktimiseer. C As ek nie die benadeelde party is nie, sal ek nie noodwendig iets sê nie. Sê jou sê deur “Tydskrif A”,“Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388 te SMS. SMS’e kos R2. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

Sluit maklik by Solidariteit aan deur ’n SMS te stuur. Solidariteit se vriendelike dienssentrumagente sal jou terugskakel en jou vinnig en maklik help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2. Ons beskerm nie net jou werk nie, maar maak ’n daadwerklike verskil sodat ons lede en hul geliefdes vry, veilig en voorspoedig kan wees – net hier aan die suidpunt van Afrika! • Om jou adres te verander, stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za

Tel: 082 445 4513 DRUKWERK

aksentmedia@vodamail.co.za

PRINTING

Paarl Media Gauteng VERSPREIDING

Prosort

DISTRIBUTION

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

7


SPREEKBUYS

Helpmekaar-krag

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

vir die volgende

8

GESLAG

Een van die belangrikste lesse wat ons uit die Afrikaner se geskiedenis kan leer, is hoe OM NÁ ’N SWAAR TYD WEER OP TE STAAN. Daar is veral drie geslagte wat voorbeelde was, wat ek die Paul Kruger-geslag, die De La Rey-geslag, en die Helpmekaar-geslag wil noem. Hierdie LESSE is leersaam vir almal, nie net vir Afrikaners nie. Selfs die ekonoom Moletsi Mbeki het gesê die ANC kan baie leer uit die Afrikaner se historiese suksesvolle ekonomiese bemagtiging, en dat die party eerder daardie strategie moet volg as die huidige uitgediende resepte, skryf FLIP BUYS, uitvoerende hoof van Solidariteit. UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za


SPREEKBUYS

Die pioniers van daardie tyd was nie supermense nie. Hulle was gewone mense wat in ongewone tye saamgestaan en só buitengewone prestasies behaal het. Hulle was kulturele ondernemers wat geglo het ’n gemeenskap kan homself aan sy eie skoenveters optrek – selfs deur met straatkollektes pennies in te samel. Die kulturele kapitaal was nie die pennies nie. Dit was daardie “HELPMEKAAR-KRAG” wat duisende vrywilligers die projek laat aanpak het én die mense wat in hul armoede almal bygedra het!XXXX

K

om ons begin by die eerste tydperk. Die Groot Trek-geslag het binne die bestek van een leeftyd gevorder van die randjie van uitwissing tot die vestiging van twee modelrepublieke. Hierdie merkwaardige “Paul Kruger-geslag” het in die moeilikste omstandighede denkbaar nie net Westerse politieke, ekonomiese en regstelsels gevestig nie, maar ook ’n werkende staatsadministrasie met dorpe en stede op die been gebring. Ons kan vandag nog trots wees op hierdie onvergelykbare prestasie. Ná die verwoestende Anglo-Boereoorlog was die “De La Rey-geslag” nét so merkwaardig en produktief. In die sowat twee dekades ná 1902 het die Afrikaner opgestaan uit die trauma van die konsentrasiekampe en die verwoesting van die verskroeideaardebeleid, en in die 1924-verkiesing die land oorgeneem. Hierdie prestasie het nie uit die lug geval nie, maar is voorafgegaan en moontlik gemaak deur die ongeëwenaarde opbouproses van die “nuwe beginners” ná die oorlog. Die “De La Rey-geslag” het hul mense besiel om die verwoeste land weer op te bou. Sakeondernemings en ’n moderne ekonomie is begin, kultuurorganisasies is gestig, koerante is gevestig, Afrikaans is gemoderniseer, welsynsorganisasies, skole, kerke en hospitale is opgerig, en politieke, landbou-, vroue- en jeugbewegings het die lig gesien. Met ongelooflike kulturele energie is die land uit die murasies van die oorlog tot bo herbou. Helpmekaar-geslag In die dertigerjare was dit weer sulke tyd. Dit was swaar jare, net ná die Groot Depressie en tydens en ná die Tweede Wêreldoorlog.

Ons voorouers het met die Reddingsdaadkongres en deur Helpmekaar-organisasies groot planne gemaak. Enige redelike mens sou weet dié planne het nie ’n kans gehad om te slaag nie. Die pioniers van daardie tyd was nie supermense nie. Hulle was gewone mense wat in ongewone tye saamgestaan en só buitengewone prestasies behaal het. Hulle was kulturele ondernemers wat geglo het ’n gemeenskap kan homself aan sy eie skoenveters optrek – selfs deur met straatkollektes pennies in te samel. Die kulturele kapitaal was nie die pennies nie. Dit was daardie “helpmekaar-krag” wat duisende vrywilligers die projek laat aanpak het én die mense wat in hul armoede almal bygedra het! Daar is baie voorbeelde van die talle “lewende” kulturele monumente wat deur ons voorouers opgerig is. Hoeveel miljoene koeksisters en pannekoeke en straatkollekte-pennies het in die arm jare gehelp om ’n land vol skoolsale, kinderhuise, beursfondse, kerke, universiteitsgeboue, monumente en taalprojekte te finansier? Dieselfde kulturele energie het gehelp om die beleggingsfondse te werf waarmee instellings soos Federale Volksbeleggings en visionêre entrepreneurs soos dr. Anton Rupert wêreld-sakeryke gebou het. Die opbrengs van al hierdie helpmekaar-kapitaal was ongekende ekonomiese groei en menslike voorspoed. Dit is met hierdie “ons kan”-kultuur, gemobiliseer deur helpmekaar-selfdoeninstellings, wat die Afrikaner homself binne een geslag gemoderniseer het en die sleutelrol gespeel het om die grootste ekonomie op die vasteland te ontwikkel. Nie eers die foute wat in die proses gemaak is en die propaganda wat ons geskiedenis wil

kriminaliseer, kan dié unieke prestasie ontken nie. Buitendien is die meeste van hierdie suksesverhale begin of behaal in tydperke waarin die Afrikaner nié politieke mag gehad het nie. Die ANC het gedink die Afrikaner se politieke mag het ons gebring tot waar ons gekom het, en dat politieke mag die sleutel tot ekonomiese voorspoed is. Maar ná twintig jaar begin die ANC ook seker al twyfel of staatsmag en staatsbronne genoeg is om ’n nasie op te hef! Vir die volgende geslag Baie mense is deesdae moedeloos oor soveel verval rondom ons. Dit voel vir talle of daar nie meer ’n toekoms vir hul kinders in die land is nie. Maar ons toekoms is te belangrik om aan die ANC oor te laat. Daarom is ons grootste struikelblok nie die ANC nie, maar baie Afrikaners se gevoel van magteloosheid en moedeloosheid, die gevoel dat ons geskiedenis verby is. Daardie kulturele krag is egter steeds daar – en dit word by die dag sterker. Met die ou resepte, toegepas op ’n moderne manier, kon Solidariteit met duisende klein ledebydraes talle Helpmekaar-projekte begin. Hierdie projekte bevoordeel reeds duisende mense. My droom is dat ons, wat die bevoordeeldes van ons voorouers se helpmekaar-pioniersgees was, nou weer terugploeg en belê in die nuwe geslag. Ons moet dit doen, ons mag dit doen, ons wil dit doen, en ons kan dit weer doen. Ons is dit aan ons kinders verskuldig, want ons het dit van ons ouers ontvang. Daarom is ons almal saam besig om Solidariteit uit te bou tot ’n moderne Helpmekaarorganisasie.Wat ’n voorreg om saam met duisende lede en ondersteuners weer saam te bou aan ’n toekoms vir ons kinders! S www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

9


NUUSWAARDIG

Beraad oor universiteitsonderwys beplan

V

Die Solidariteit Beweging voer tans samesprekings om ’n BERAAD OOR AFRIKAANSE UNIVERSITEITSONDERWYS te hou. Dié voorneme vorm deel van die Beweging se raamwerk vir Afrikaanse hoër onderwys. Die raamwerk is opgestel ná hernieude druk téén Afrikaans en vír rasseverteenwoordigendheid op universiteitsvlak, voortspruitend uit die onlangse beriggewing oor die Puk-kampus van die Noordwes-Universiteit, skryf PIET LE ROUX. olgens Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, is dit opnuut nodig om oor ’n breë front saam te staan om Afrikaanse universiteitsonderwys te verseker. “Die Solidariteit Beweging beskou die hantering van die dispuut met Beeld ná die koerant se onverantwoordelike redaksionele keuses en die monitering van die kommissie van ondersoek by die Puk wat daaruit voortgespruit het, as ’n eerste prioriteit. Terselfdertyd is die Beweging van mening dat die uitdaging groter is as Beeld of net die Puk-kampus, en dat die vraag eintlik is op welke wyse ’n genoegsame Afrikaanse universiteitservaring verseker kan word.” Die Solidariteit Beweging onderskei tussen prioriteite op die kort termyn, medium termyn en lang termyn, vervolg Buys.“Op die kort termyn is die eerste stappe om ’n hoëronderwysberaad saam te roep om die stand van sake met betrekking tot Afrikaanse universiteitsonderwys

in oënskou te neem, en om openbare steun vir Afrikaans en gesonde Afrikaanse studentegebruike te wys. Onaanvaarbare studentepraktyke behoort uitgeroei te word, maar nie alle studentegebruike – wat juis ’n besonderse karakter aan universiteite kan verleen – kan sonder meer verwerp word nie. Die uitdaging vir die beraad sal wees om bestek te neem van die voormalige Afrikaanse universiteitswese en te bepaal watter dele daarvan die moeite werd is om in beskerming te probeer neem.” Volgens Buys lyk dit of dit onvermydelik is om op die medium termyn Afrikaanse alumni- en donateursklubs te stig. “Dit gebeur eenvoudig te maklik dat raadslede, wat deur donateurs en alumni verkies is, die universiteit by alumni en donateurs verteenwoordig, in plaas daarvan dat dit andersom gebeur. Hierdie netwerke sal ook gebruik moet word om skenkings en donasies, wat voorheen onder universiteitsdiskresie geplaas sou wees, saam te bring in nuwe strukture wat

die skenkers se wense vir Afrikaanse akademie en ’n gesonde studentelewe respekteer. In hierdie fase sal goeie, dog ferm werkverhoudings met universiteitsbesture en -rade en die regering van belang wees.” Buys sê die versekering van Afrikaanse universiteitsonderwys vereis ’n kombinasie van tradisionele en privaat gemeenskapsuniversiteite, asook nuwe modelle vir alumni- en donateursfinansiering. “Benewens stappe om ’n Afrikaanse karakter en onderwys op sommige van die bestaande kampusse te handhaaf, moet privaat gemeenskapsuniversiteite ook opgerig word. ’n voorbeeld is Akademia, die Afrikaanse hoëronderwysverskaffer. “Die toekoms van Afrikaanse universiteitsonderwys kan slegs verseker word deur ’n kombinasie van tradisionele en privaat inisiatiewe, en die vestiging van netwerke onder alumni en donateurs wat seker maak dat hul finansiële ondersteuning reg aangewend word.” S

DIE SOLIDARITEIT BEWEGING SE RAAMWERK VIR AFRIKAANSE UNIVERSITEITSONDERWYS: DIE TOEKOMS

KORT TERMYN

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Hoëronderwysberaad • Stel stand van sake by universiteite vas • Bepaal watter universiteite en kampusse prioriteit verdien • Bevorder kritieke massa Afrikaanse studente en personeel by prioriteitskampusse • Ontwikkel forum vir skakeling met toepaslike universiteite

10

Bewusmakingsveldtog • Sit openbare steunbetoon vir Afrikaans en gesonde studentepraktyke voort UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

MEDIUM TERMYN

Alumni en donateurs • Vestig netwerk van pro-Afrikaanse alumni-klubs • Vestig kommunikasiekanale met donateurs

Universiteite • Vestig werkverhouding • Bevorder universiteite se burgerlike selfstandigheid • Organiseer studente en personeel Regering • Vestig werkverhouding • Moniteer regeringsaksies

Selfstandigheid • Bou fondse buite staats- en universiteitsbeheer • Bevorder beursprogramme

LANG TERMYN

Prioriteitsuniversiteite • Bou goeie verhouding met universiteitsbesture en -rade • Hou Afrikaanse studente en personeel bo kritieke massa • Bekamp ideologie van rasseverteenwoordigendheid Privaat universiteite • Vestig Akademia as privaat gemeenskapsuniversiteit

Finansiering • Hou alumni en donateurs se fondse onder eie beheer • Beïnvloed universiteite deur fondse • Finansier privaat gemeenskapsuniversiteite • Bou reuse-beursfonds vir Afrikaanse studente



NUUSWAARDIG

“Ek sal dit weer doen,” sê fluitjieblaser

“M

FOTO: REINT DYKEMA

Kol. Kobus Roos van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se misdaadintelligensie-eenheid is GEVIKTIMISEER en na ’n pos geskuif waar hy ledig is nadat hy grootskaalse korrupsie en die plundering van die polisie se geheime rekenings blootgelê het. NICO STRYDOM het met hom gesels.

12

y besluit om die fluitjie te blaas oor korrupsie en bedrog binne ’n organisasie wat eintlik veronderstel is om dit te beveg, het my loopbaan beslis nadelig beïnvloed; dalk selfs vir altyd verwoes.” Só vertel kol. Kobus Roos, wat reeds 26 jaar in diens van die SAPD is. Roos werk tans in die inspeksie- en evalueringsafdeling van misdaadintelligensie, maar dié afdeling was nooit funksioneel nie en is tans geskrap. Nadat hy in ’n beskermde bekendmaking bewerings en bewyse van korrupsie in misdaadintelligensie blootgelê het, is Roos deur lt.genl. Richard Mdluli, die geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, na dié afdeling verskuif. Hy het voorheen as hoof van misdaadintelligensie se interne ouditafdeling waargeneem en was onder meer verantwoordelik vir oudits op die sogenaamde rekening vir geheime dienste. Mdluli het Roos onder meer aangestel om dié rekening te ondersoek, die ondersoek later weer stopgesit en Roos daarna verskuif na die pos wat hy tans beklee. Solidariteit het betrokke geraak deur ’n saak van onbillike arbeidspraktyk namens Roos aanhangig te maak. Die SAPD het in die arbeidshof in Johannesburg toegegee dat daar onbillik teen Roos opgetree is en dat hy daarop geregtig is om geplaas te word in ’n soortgelyke posisie as die een wat hy voor die beskermde bekendmaking beklee het. “Ek sien myself beslis as ’n fluitjieblaser. Ek het deur die loop van ’n paar jaar tydens my werk gevalle van korrupsie en bedrog geïdentifiseer en aangemeld. Die feit dat die persone in senior bestuur aan wie ek dit gerapporteer het, geen stappe gedoen of dit verder ondersoek het nie, het my geen ander keuse gelaat as om die verantwoordelikheid op myself te neem en dit aan ander owerhede te rapporteer nie,” sê kol. Roos. Hy sê fluitjieblasers is dikwels bang om korrupsie en bedrog aan te meld.“In baie gevalle verkies fluitjieblasers om anonieme wenke op korrupsielyne te los.

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG

“Só maak hulle seker dat hul identiteit nooit bekend gemaak word nie. In gevalle soos myne word jy egter deel van die proses en raak dit jou as persoon. Dit kan negatiewe gevolge vir jou en jou loopbaan inhou, veral as bestuur nie ernstig is om korrupsie en bedrog te beveg nie of, erger nog, as hulle self deel daarvan is. “Ek dink die omgewing waarin jy werk, bepaal tot ’n groot mate of daar negatiewe gevolge gaan wees of nie. In ’n omgewing waar daar ’n daadwerklike boodskap uitgestuur word dat geen onreëlmatighede geduld sal word nie en stappe gedoen sal word teen personeel wat hulle aan sodanige gedrag skuldig maak, sal die fluitjieblaser net positiewe reaksie ontvang.” Sal hy weer as fluitjieblaser optree ondanks die onbillike optrede teen hom? “Die dag toe ek besluit het om tot hierdie stap oor te gaan, het ek geweet daar gaan beslis negatiewe gevolge vir my wees. Ek het egter vertroue in sekere persone in topbestuur gehad en geglo dat hulle stappe sou doen om die aangeleenthede te laat ondersoek en die skuldiges aan te kla. “Ek moes egter met skok en verbasing

Ek het dit nie vir myself gedoen nie, maar vir elke belastingbetaler daar buite. Dit is tog maar hul swaarverdiende geld waarmee BEDROG EN KORRUPSIE gepleeg word.

uitvind dat hierdie persone nie is wie hulle voorgee om te wees nie en dat ek eerder as die vyand beskou word. Dit is baie hartseer as daar na jou verwys word as ’n ‘vyand van die staat’ net omdat jy die moed gehad het om die fluitjieblaser te wees.” Roos is steeds van mening dat fluitjieblasers

’n belangrike rol in die samelewing speel. “Ons bevind ons tans in ’n omgewing waar daar doeltreffende risikobestuur toegepas word en doeltreffende interne beheerstelsels in plek is om onreëlmatighede op te spoor. Die probleem is egter dat bestuur in baie gevalle deel van hierdie aktiwiteite is of eenvoudig geen stappe doen as onreëlmatighede aan hulle gerapporteer word nie. Dit is hier waar die fluitjieblasers ’n baie belangrike rol speel deur dit te rapporteer.” Roos sê hy was baie gelukkig om ’n vakbond soos Solidariteit te hê wat hom bygestaan en sy saak vir hom hanteer het. “Dit is belangrik om te weet dat ek dit nie vir myself gedoen het nie, maar vir elke belastingbetaler daar buite. Dit is tog maar hul swaarverdiende geld waarmee bedrog en korrupsie gepleeg word. Ek sal dit weer doen. Ek is dit verskuldig aan elke persoon wat onbewus is van die grootskaalse plundering van hul swaarverdiende belastinggeld deur middel van korrupsie en bedrog. My integriteit laat my met geen ander keuse nie as om dit aan te meld – dit is die regte ding om te doen.” S

“Trade Union Administration made simple”

Proud partner & sponsor of the Solidarity Movement for more than 20 years With over 25 years of ongoing changes & innovations in technology, ProPay has become a specialist in Movement Management.

www.propay.co.za E-mail: info@propay.co.za • 0861 ProPay (776 729)


NEWSWORTHY

How SA law protects whistle-blowers

I “

WHAT ARE YOUR RIGHTS as an employee should you decide to disclose certain malpractices in your workplace? Is your employer allowed to dismiss you for disclosing private information? INGE STRYDOM went in search of answers to this very important questions. n South Africa, the most significant legislation regarding the protection of whistleblowers is the Protected Disclosures Act 26 of 2000 (PDA).The main objectives of the Act are: • To make provision for procedures in terms of which employees in both the private and public sector may disclose information regarding unlawful or irregular conduct by

their employees and/or other employees in the employ of their employers; • To provide for the protection of those employees who make disclosures which are protected in terms of the Act; and • To provide for matters connected therewith. Furthermore, the PDA also gives recognition to the Bill of Rights in the Constitution of 1996

Despite provisions in the law to protect people blowing the whistle on corruption, RETALIATION seems to REMAIN A REALITY. A whistle-blowing policy can only be effective if both parties accept its use as a valid control mechanism to combat fraud and corruption.

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

14

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

and affirms the democratic values of human dignity, equality and freedom. In addition, the Labour Relations Act 66 of 1995 gives effect to the right to fair labour practices by stating that employees have the right not to be unfairly dismissed or subjected to unfair labour practices. Other legislation, such as the Prevention and Combatting of Corrupt Activities Act 12 of 2004 and section 159 of the Companies Act 71 of 2008, also provides protection to employees who blow the whistle on their employers. In the article “The protection of whistleblowers in the fight against fraud and corruption: A South African perspective”, Monray Marsellus Botha writes that the PDA attempts to provide protection to whistle-blowers by having mechanisms in place to dissuade employers from victimising employees who blow the whistle. This is done by encouraging employees to make use of internal procedures when they suspect wrongdoing within the organisation. If, however, the employee makes the disclosure internally and the employer chooses to ignore it, he or she has the right to repeat the disclosure externally as indicated in section 9 of the PDA. Furthermore, in the case Tshishonga v Minister of Justice & Constitutional Development the court stated that the following factors should be adhered to for a disclosure to be protected: • The disclosure must be in good faith; • The employee must have a reasonable belief that the information being disclosed is substantially true; and • The disclosure should not be for personal gain. In the article “What happens when one blows the whistle? Recent South African cases” published in Politeia, Vol 24 No 1 2005, Christelle J Auriacombe warns that “despite provisions in the law to protect people blowing the whistle on corruption, retaliation seems to remain a reality.” She then adds that a whistleblowing policy can only be effective if both parties accept its use as a valid control mechanism to combat fraud and corruption. S


Om voordeel te trek uit die spesiale aanbiedings vir Solidariteit-lede by

MONUMENT TOYOTA EN LEXUS CONSTANTIA op geselekteerde voertuie uit ons Toyota- en Lexus-reeks e-pos jou kontakbesonderhede na solidaritygroupdeals@um.co.za


NUUSWAARDIG

Verplasing geweier weens “oorkonsentrasie”

K

Om ’n verantwoordelike landsburger te wees, moet jy aan wette en vereistes voldoen. Die doelwit van dié wette en vereistes is om ’n land te skep met orde en ’n gesonde ritme. Maar hoe gemaak as wetgewing ongebalanseerd raak en die hele prentjie versteur? Soos wanneer ’n PERSOON SE RAS bepaal waar hy of sy moet woon om ’n pos te kan beklee? Deur Cilleste van der Walt

apt. André van Niekerk van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is geweier om van Gauteng na die Wes-Kaap verplaas te word, aangesien dit nie in lyn met die SAPD se rasteikens sou wees nie. Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê die sentrum gaan nou namens kapt. Van Niekerk ’n saak van onbillike diskriminasie na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys. Hy is sedert 1985 in diens van die SAPD en werk tans vir die Krugersdorp-blitspatrollie-eenheid in Gauteng. Volgens Solidariteit se sentrum is die SAPD besig met ’n groot maatskaplike manipulasieprogram waarvolgens ’n persoon se ras bepaal in watter provinsie hy of sy mag werk. Dit bewys tot watter uiterstes die staat bereid is om te gaan om Jimmy Manyi se oproep tot demografiese verskuiwing om “oorkonsentrasie” van ras in spesifieke provinsies te stop, te implementeer. “Van Niekerk het formeel aansoek gedoen om na Hermanus in die Wes-Kaap verplaas te word. Die kantoor van die provinsiale kommissaris in Gauteng het die aansoek aanbeveel. Die kantoor van die provinsiale kommissaris in die Wes-Kaap het die aansoek egter afgekeur, aangesien dit volgens die kommissaris ’n

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

“ 16

negatiewe uitwerking sou hê op die SAPD se rigiede toepassing van die rasteikens, wat op die nasionale rassedemografie geskoei is.Van Niekerk het teen die beslissing geappelleer, maar sy versoek is weer afgekeur ondanks die feit dat ’n maatskaplike werker van die polisie in ’n verslag ook die oorplasing aanbeveel het. Die SAPD het klaarblyklik ’n beleid dat sy werknemers net in ’n sekere provinsie, waar hul ras nie oorverteenwoordig is nie, mag bly as hulle vir die SAPD wil werk,” sê Groenewald. Van Niekerk is in November 2010 ontslaan en Solidariteit het die saak namens hom hanteer. Die bedingingsraad vir die veiligheiden sekuriteitsektor (SSSBC) het in 2011 beslis Van Niekerk se ontslag was onbillik. Die SAPD het egter nie die uitkoms aanvaar nie en ’n hersieningsaansoek in die arbeidshof gebring. Die hersieningsaansoek is later teruggetrek en Van Niekerk is in ’n skrywe meegedeel dat hy op 16 Julie 2013 heraangestel sal word. Weens die finansiële druk wat Van Niekerk as gevolg van sy onbillike ontslag ervaar het, moes hy amper al sy besittings, waaronder sy huis, verkoop. Sy vrou het ’n werkgeleentheid in Hermanus gekry en hulle het gevolglik daarheen getrek. Nadat Van Niekerk heraangestel is, het hy formeel aansoek gedoen om na die Wes-Kaap oorgeplaas te word. S

Die SAPD is besig met ’n groot MAATSKAPLIKE MANIPULASIEPROGRAM waarvolgens ’n persoon se ras bepaal in watter provinsie hy of sy mag werk. THE EMPLOYMENT EQUITY AMENDMENT BILL

The Bill, which amends the Employment Equity Act of 1998, not only introduces higher fines but also provides that employment equity targets should comply with the national breakdown of the population, rather than the regional one that has hitherto been permitted.An employer of 1 000 people in his factory in the Western Cape who has succeeded in fulfilling regional demographics will have a workforce that is 29,9% African, 51,5% coloured, 0,6% Indian, and 15,6% white. In actual numbers, his workforce would comprise 299 Africans, 515 coloured people, 6 Indians, and 180 whites. But because the goalposts are to be shifted from regional to national demographics, his workforce will have to become 76,1% African, 10,5% coloured, 2,8% Indian, and 10,6% white. UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za


NEWSWORTHY

SAPS ranking system: Case to be heard soon

S

Solidarity’s case against the South African Police Service (SAPS) over its refusal to implement PROMOTIONS BASED ON MERIT under its new ranking system, will be heard in the Labour Court in Johannesburg on 9 June. Meanwhile, the SAPS has confirmed that 1 634 positions for the ranks of lieutenant, captain and major have not been filled after Solidarity obtained an interdict in terms of which no promotions to these posts were permitted, writes NICO STRYDOM.

3 817

police officers, which included only 356 white officers, were promoted to the rank of lieutenant.A total of 812 police officers, of which not one was a white officer, were promoted to the rank of captain, while a total of 513 police officers, of which 48 were white, have been promoted to the rank of major.

olidarity initially brought the case against the SAPS on behalf of three white police officials, Solidarity members, who had not been promoted on account of their race. Dirk Groenewald, head of Solidarity’s Centre for Fair Labour Practices, said combined, these police members have 85 years’ experience. ”Solidarity requested that the collective agreement between the police and the police unions Popcru and Sapu should be declared invalid. According to the collective agreement, positions are allocated to the various racial groups in accordance with national racial demographics. “This process resulted in white officers with over 17 years’ service in the police not being promoted, but their black colleagues with as little as 5 years’ service being promoted. “It is clear that the SAPS is following a mathematical racial approach to fill the posts in accordance with its national affirmative action plan instead of rewarding officers for their years of service and on merit.” Groenewald said the SAPS introduced a new ranking system on 20 April 2010 in terms of which two new ranks – lieutenant and major – were introduced to create an opportunity for promotion for warrant officers and captains. “The vacancies in the ranks of captain, lieutenant and major have been divided into groups according to race and gender. In 2011, during the first phase of the ranking system, a total of 3 817 police officers, which included only 356 white officers, were promoted to the rank of lieutenant. A total of 812 police officers, of which not one was a white officer, were promoted to the rank of captain, while a total of 513 police officers, of which 48 were white, have been promoted to the rank of major.” After the first phase, Solidarity brought a case of unfair discrimination based on race to the Labour Court. The union also applied for an urgent interdict to temporarily stop the implementation of the second phase of promotions under the new ranking system. The Labour Court ruled that the police may

not continue to promote police officers under the new ranking system until the court cases filed earlier by Solidarity about this controversial ranking system and the police’s affirmative action plan have been heard. In another lawsuit, Solidarity petitioned that the affirmative action plan of the SAPS should be declared invalid in its entirety. Solidarity brought the court case on behalf of Johannes van der Walt, Monty Stone and Natascha le Roux. On their case 1. Johannes van der Walt is a white employee with 30 years’ service and he currently holds the rank of captain. He was not considered for promotion to major. In August 2011, Van der Walt filed a grievance in this regard. In September 2011, he was told that the most senior members, limited to the number of positions per each racial group, would be considered for promotion and that not all members who meet the minimum promotion criteria could be promoted. 2. Monty Stone is a white employee with 31 years’ service and he currently holds the rank of captain. In June 2011, Stone received a document with the names of 62 candidates who were promoted to the rank of major in Gauteng. However, his name was not on the list. He filed a grievance on the same day. In July 2011, Stone were also told that not all members who meet the minimum criteria could be promoted. 3. Natascha le Roux is a white employee with 24 years’ service, currently holding the rank of warrant officer. Le Roux has already acted in several senior positions, among others Divisional Commander with the Organised Crime Unit in East London, a position for a captain. In January 2012, Le Roux filed a grievance when it came to her attention that several colleagues, mostly her juniors, had been promoted. In February, she too was informed that not all the members meeting the minimum criteria could be promoted. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

17


NEWSWORTHY

Recommending a white man “irregular”

D PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

Jan Pretorius applied for a position as foreman in the TSHWANE METRO’S DEPARTMENT OF WATER AND SANITATION, a position for which he was recommended and has held since 1999. Pretorius later requested information regarding the reasons he has not been appointed to the position, only to learn that the Tshwane Metro refuses to disclose any information, writes CILLESTE VAN DER WALT.

18

irk Groenewald, head of Solidarity’s Centre for Fair Labour Practices, said Pretorius submitted a grievance to try to obtain information on the recommendation for the position.“We have also sent numerous letters to the Metro and requested them to supply Pretorius with the necessary information and to resolve his grievance. However, it is clear that the Metro is deliberately withholding information from Pretorius, and we will now have to consider further legal action.” Replying in a letter, the Metro stated that the intention had never been that white people could apply for the position, but that the inter-

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

view panel had nonetheless recommended a white man for the post, which was ‘irregular’. Groenewald said Pretorius had applied for the position and was invited for an interview in March last year. “However, he did not receive any feedback and later saw that the position was re-advertised. Pretorius submitted a grievance and requested the Metro to supply information on the person recommended for the post. The Metro then informed him that they could not divulge this information. In October last year, Pretorius was informed that white people were not supposed to apply for the position, but that a white man had nonetheless been recommended as the best candidate.The post had

been reserved for a black woman. “Members of the interview panel were present at the time of this admission to Pretorius but refused to confirm or deny that he had been the person recommended for the post. Pretorius was informed that the issue has not yet been resolved.” Groenewald said that the Tshwane Metro is persisting with illegal racial practices by discriminating against white people despite the fact that, according to the municipality’s own statistics, black employees have been overrepresented in terms of the national racial demographics for more than a year and a half and are even more overrepresented in terms of the Metro’s regional racial demographics. S


NUUSWAARDIG

Rigiede voortsetting van rasgebaseerde transformasie binne die staatsdiens is dus slegs moontlik indien daar buite die grondwetlike mandaat van BREË VERTEENWOORDIGING opgetree sou word.

74,8% SWART

13%

BRUIN & ASIËRS

12,2% WIT

Staatsdiens reeds breedweg getransformeer

H FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Die Solidariteit Navorsingsinstituut het ’n ontleding gedoen om die omvang van BREË RASSETRANSFORMASIE in nasionale staatsdepartemente te bepaal. Die resultate dui aan dat, met ’n personeeltal van nagenoeg 400 000, die 38 nasionale departemente breedweg volgens ras getransformeer is, vergeleke met die ekonomies aktiewe bevolking. ierdie ontleding het gevolg na aanleiding van Lindiwe Sisulu, minister vir staatsdiens en administrasie, se antwoord op ’n parlementêre vraag verlede jaar waarin sy gesê het dat die staatsdiens getransformeer is en die samestelling van die land se rassedemografie weerspieël. Onder leiding van Piet le Roux, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is indiensnemingsdata voortspruitend uit 38 nasionale departemente se 2012/13-jaarverslae ontleed en met data oor Suid-Afrika se ekonomies aktiewe bevolking vergelyk. Hierdie ontleding het ongeveer 400 000 regeringswerknemers ingesluit. “Volgens die ontleding is 74,8% van die werknemers van nasionale regeringsdepartemente swart, 10,8% bruin, 2,2% Asiërs en 12,2% wit. Dit is byna identies aan die rassesamestelling van die land se ekonomies aktiewe bevolking.

Deur Nico Strydom Dit beteken dat selfs gegewe die regering se obsessie met rassesyfers, breë rasseverteenwoordiging reeds in die staatsdiens bereik is.” Le Roux sê hierdie syfers kom daarop neer dat die grondwetlike doelwit van breë verteenwoordiging in die staatsdiens ingevolge artikel 195(1)(i) van die Grondwet asook die doelwit van “billike” verteenwoordiging, soos vervat in artikel 2(b) van die Wet op Gelyke Indiensneming, behaal is. “Rigiede voortsetting van rasgebaseerde transformasie binne die staatsdiens is dus slegs moontlik indien daar buite die grondwetlike mandaat van breë verteenwoordiging opgetree sou word.” Sedert 1994 het die Suid-Afrikaanse regering ’n wye reeks regulasies en beleide ingestel met die doel om die realiteite rondom rasseverteenwoordiging in die Suid-Afrikaanse ekonomie te verander. Hierdie maatreëls is met ywer in die openbare sektor toegepas ter na-

strewing van die staat se oogmerk om rassetransformasie in eie geledere te bewerkstellig. Of rassetransformasie wel in die staatsdiens behaal is, is ’n onderwerp waaroor steeds wyd gedebatteer word. Sommige politieke voorstanders van rassetransformasie voer aan dat dié saak nog verder gevoer moet word, ondanks die feit dat artikel 10 195(i) van die Suid-Afrikaanse Grondwet bepaal dat openbare administrasie “in die breë verteenwoordigend van die SuidAfrikaanse bevolking moet wees”. Die bevindings van die ontleding hier vermeld, ondersteun Sisulu se bewering dat die staatsdiens in die breë verteenwoordigend van Suid-Afrika se rassedemografie is – ’n uitsluitsel wat reeds vantevore deur Solidariteit onder die regering se aandag gebring is. Kortom, sommige variasies ten opsigte van vaardigheidsprofiele en beroepskategorieë ten spyt, is die konstitusionele mandaat van breë verteenwoordiging breedweg reeds behaal. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

19


NUUSWAARDIG

Verkiesing: Só lyk SA se politieke landskap

D

Die ou gesegde lui dat ’n week in die politiek ’n lang tyd is; dus kan vyf jaar as ’n ewigheid beskryf word. Die ANC sal stellig oorwinnend wees in die nasionale verkiesing op 7 Mei, en pres. Jacob Zuma sal president bly. Maar dat die politieke landskap oor die afgelope jare ’n VERANDERING ondergaan het, ly geen twyfel nie, skryf EUGENE BRINK.

ie vernaamste verandering is die versplintering van swart politiek en die herposisionering van die Demokratiese Alliansie (DA) as die grootste opposisieparty wat daarop uit is om meer swart steun te werf. Hierdie veranderings aan die politieke landskap hou positiewe en negatiewe gevolge vir die land, die demokrasie en minderhede in. Met die ontstaan van Cope aan die einde van 2008 het die hoop opgevlam dat SuidAfrika uit die moeras van etniese sensusse gelei sou word deur ’n diverse dog swart-geleide party wat nie sou skroom om sy voet oor verdelende kwessies soos regstellende aksie neer te sit nie. Tegelykertyd was daar tekens van fragmentasie in die ANC, met strydrosse soos Mosiuoa Lekota wat ’n nuwe rigting ingeslaan het ná oudpres.Thabo Mbeki se herroeping as staatshoof deur die ANC.

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

(Hulle) Cope nie meer so goed Cope het verbasend goed gevaar in die 2009verkiesing en 7,42% van die landwye steun op hom verenig. Sy steun was die hoogste in die Noord-Kaap, Vrystaat en Oos-Kaap. Hierna het die steun vir dié party egter ietwat skouspelagtig ontrafel en kon hy slegs 2,33% van die totale aantal stemme in die 2011-plaaslike verkiesing op hom verenig. Na verwagting, aldus party-ontleders, behoort Cope se verwagte steun in die 2014-verkiesing tussen 1% en 2% te beloop.

20

Verandering voordelig vir VF+ Die VF+ kon sedert sy relatief sterk vertoning in 1994 nie daarin slaag om die stemme van Afrikaners – sy natuurlike ondersteunersgroep – te behou nie. Sy leier, dr. Pieter Mulder, se omstrede aanvaarding van ’n adjunkministersposisie het ook groot spanning meegebring. Onder Tony Leon het die DA, in die gemoedere van kiesers, ’n alternatief vir die VF+ geword. Intussen het die verdere herposisionering van die DA, om ook ’n alternatief vir die ANC te word, egter aan die bod gekom. Vir die DA om groter as die ANC te word, UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

moet dit eenvoudig tot huidige ANC-stemmers spreek. Om tegelykertyd ’n alternatief vir die VF+ en die ANC te bied, is egter veel gevra. Hierdie herposisionering van die DA, nader aan die ANC, beteken dalk nuwe lewe vir die VF+. Malema en die massa Hierteenoor het die EVV – aanvanklik afgemaak as Malema se verbeeldingsvlug – bewys dat hierdie party van plan is om ’n langtermynspeler in die politiek te word. Stemme kos niks, en waar finansies te kort skiet, vergoed die party met steun en netwerke in arm landelike

gebiede en townships. Boonop is hierdie party se nismark ’n onbenutte demografiese skatkis: Jong, arm, werklose en desperate swart mense wat grootliks afsydig jeens partypolitiek staan. Bykans 80% van die swart bevolking is jonger as 40, en hiervan is 45,6% tussen 15 en 39 jaar oud. Boonop staan werkloosheid onder die jeug (18 tot 34 jaar) op sowat 50%. Juis om hierdie rede is Malema ’n potensiële rolmodel waarmee baie van die swart jeug kan identifiseer omdat hy hom as ’n slagoffer voordoen wat groot hofsake teen die owerhede moet beveg om nie gesekwestreer te word nie. Oënskynlik veg hy dus om oorlewing


NUUSWAARDIG

Kan baat by DA se fokusverskuiwing

Sal wen, maar vervreem talle

en ’n toekoms, net soos die meeste van die swart jeug. Hy predik ook ’n eenvoudige en doeltreffende boodskap waarby die swart meerderheid net kan baat vind en wat kwesbare en reeds onmagtige minderhede, soos wit mense en veral wit boere, verder sal benadeel. Hy maak min vyande en baie vriende. Om te raai hoe die EVV en Malema in hierdie verkiesing gaan vaar, sou ’n blote waagskoot wees, maar geoordeel aan sy vermoë om op die voorblaaie te boer en groot skares te lok om na sy tirades te luister, kan hy op ’n paar persent reken.

Rig visier al meer op swart steun

Steun ontrafel skouspelagtig

DA(ar) sal nog groei wees Die sleutelvraag is hoe die DA en ANC as die grootste twee partye gaan vaar. Die DA het homself sedert 2009 toenemend na links geposisioneer om sodoende meer swart steun te werf en uiteindelik te kan regeer. En hierdie strategie het oënskynlik gewerk: Onder Helen Zille se leierskap het die party se steun van 12% in 2004 tot 16% in 2009 en 23% in 2011 toegeneem. Met die DA se tradisionele steunbasis van minderhede wat algaande demografies krimp, is die party egter genoodsaak om in ’n groter mate na swart kiesers uit te reik. Dit is dan waarskynlik ook waarom die party sedert 2010 ’n linkse swaai oor ekonomiese kwessies, grondhervorming en regstellende aksie gemaak het. Hierdie stappe het menige tradisionele DA-kieser vervreem, wat die party genoop het om soms ’n wye u-draai te gooi en te bevestig dat hulle, inderwaarheid, liberale beginsels onderskryf. Wat geen twyfel ly nie, is dat hierdie party dikwels voor moeiliker keuses as die meeste ander partye te staan gaan kom. Die DA sal nietemin bly groei in hierdie verkiesing, hoewel geen reuse-spronge in die vooruitsig gestel word nie. Na verwagting sal die wit, bruin en Indiërkiesers die DA grootliks bly steun weens ’n tekort aan lewensvatbare opposisiealternatiewe en ’n vrees vir ANC-oorheersing, hoewel die party tog ’n klein segment van hierdie kiesers gaan inboet. Onder swart kiesers gaan die party beslis groter steun werf te danke aan ontnugtering met die ANC en die groeiende swart middelklas wat na ’n skoon en doeltreffende regering soek. Dit is egter onwaarskynlik dat die DA genoeg gedoen het om ’n groot aantal jong, arm swart kiesers vir hulle te laat stem, maar hulle sal wel ook onder hierdie groep groei toon weens hul veldtogfokus op werkskepping en die goeie aanvoorwerk wat hulle in plekke soos Soweto vóór die verkiesing gedoen het. Dan moet die Suid-Afrikaanse kiesers in die diaspora ook in ag geneem word, want hulle sal hoofsaaklik vir die DA stem.

Teiken onbenutte politieke skatkis

Die party sal ook baat vind by die inploffing van Cope, wat se kiesers grootliks iets anders as die ANC verkies. Na verwagting sal die party dus steeds beheer van die Wes-Kaap behou, maar nie in enige ander provinsies, soos Gauteng, beter as die ANC vaar nie. ANC-koek krimp verder Les bes het die ANC in die laaste vyf jaar drastiese veranderings ondergaan en baie kiesersgroepe vervreem. Die onderpresterende ekonomie groei tans teen ’n slakkepas en sukkel om werk te skep; die ANC se bondgenootskap met Cosatu smoor beter ekonomiese beleid in die kiem; die staat sukkel om dienste behoorlik te lewer; transformasie geskied stadig; en ’n konstante nuusstroom oor korrupsie, selfverryking en pres. Jacob Zuma se skandale beklad die party se beeld. Hierdeur het die ANC oor die afgelope paar jaar die swart middelklas, die sakesektor en etniese minderhede verder vervreem. Boonop gaan die apatiese swart jeug na verwagting nie in groot getalle opdaag om die party by die stembus te steun nie. Die Zoeloekarakter van die huidige ANC en regeringskabinet het ook stellig die verstedelikte swart mense en Xhosas in die Oos-Kaap verder vervreem. Voorts is ’n vroeë aanduiding van die ANC se tanende steun die mag wat dit aan onafhanklike kandidate en die DA in die afgelope jare se tussenverkiesings afgestaan het. Desondanks sal die ANC gemaklik wen. Sy dalende steun kan hom egter in ’n populistiese rigting dryf, en dit voorspel niks goeds vir die land of kwesbare minderhede soos die Afrikaner nie. Na verwagting sal die DA egter die groot wenner in hierdie verkiesing wees sover dit die werwing van nuwe steun betref, terwyl die ANC beslis op ’n nasionale vlak steun gaan verloor en veral in provinsies soos Gauteng, die Oos-Kaap en die Noord-Kaap. ’n Verdere voorspelling is dat die kleiner partye hierdie verkiesing waarskynlik gaan oorleef, en selfs marginale groei kan toon, maar hul impak op beleidmaking gaan steeds minimaal bly. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

21


NUUSWAARDIG

Inkomstebelasting: ’n Eeu van opdok

I

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

INKOMSTEBELASTING in Suid-Afrika is vanjaar 100 jaar oud. Dit is in 1914 in ’n beperkte mate ingestel, maar het oor die afgelope 100 jaar geweldig uitgebrei sodat dit vandag die hele middelklas raak. NICO STRYDOM het meer gaan uitvind oor hoeveel belastingbetalers daar werklik vandag is en hoe ons belastinggeld aangewend word.

22

nkomstebelasting word algemeen as ’n onvermydelike deel van die moderne samelewing beskou. Baie mense reken dat dié belasting nog altyd met ons was. Dit is egter nie die geval nie. Inkomstebelasting is

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

’n redelik nuwe belasting in Suid-Afrika; nie veel ouer as vier generasies nie. In 1914 het baie mense minder as 1 000 pond verdien en hulle was dus aanvanklik vrygestel van inkomstebelasting.

Dié toedrag van sake het nie lank gehou nie. ’n Sprong in die inkomstebelastingkoerse het reeds in 1915 plaasgevind en die drempel van ’n 1 000 pond is ook in daardie jaar tot 300 pond verlaag.


NUUSWAARDIG

Hoeveel betaal werklik? Vandag dra die middelklas swaar aan die las van inkomstebelasting. Mense met ’n belasbare inkomste van meer as R140 000 per jaar betaal sowat 90% van persoonlike inkomstebelasting. In 2012/13 het persoonlike inkomstebelasting 34% van die staat se belastinginkomste verteenwoordig. Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê feitlik die volle las van die SuidAfrikaanse staat rus op die skouers van slegs enkele miljoene belastingbetalers. “Daar is ’n baie groter wanbalans tussen die aantal mense wat belasting betaal en die totale bevolking as wat algemeen geglo word. Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) was 13,7 miljoen mense in die 2012-belastingjaar vir persoonlike inkomstebelasting geregistreer. Uit hierdie groep het slegs 3,7 miljoen belastingbetalers 96% van alle inkomstebelasting betaal, terwyl 2,7 miljoen 90% betaal het en 1,7 miljoen vir 80% verantwoordelik was.” Joubert sê dit is ook belangrik om daarop te let dat diegene wat die meeste persoonlike inkomstebelasting betaal, ook verantwoordelik is vir die betaling van die leeueaandeel van al die ander tipes belasting soos BTW, maatskappybelasting, invoertariewe en belasting op brandstof. Voorts het die mense wat die meeste persoonlike inkomstebelasting betaal die meeste koopkrag en betaal hulle dus die meeste BTW en ander belasting op produkte en dienste. Dis net skynverligting Joubert sê Pravin Gordhan, minister van finansies, se aankondiging van belastingverligting tydens sy onlangse begrotingsrede is misleidend. Joubert sê die aankondiging van ’n R9,25 miljard-verligting in persoonlike inkomstebelasting is weer net skynverligting. Hy sê soos verlede jaar sal belastingbetalers vanjaar ’n groter deel van hul inkomste aan inkomstebelasting afstaan. Joubert sê enige belastingbetaler wat in 2014 ’n verhoging kry wat met VPI-inflasie tred hou, gaan in die komende belastingjaar ’n groter deel van sy belasbare inkomste aan persoonlike inkomstebelasting moet afstaan as in die 2013/14-belastingjaar. “Slegs belastingbetalers wat vanjaar ’n verhoging van minder as 5,4% kry – en dus in reële terme verarm – sal ’n kleiner deel van hul belasbare inkomste aan belasting afstaan.Vir die 2014/15-belastingjaar is die belastingdrempel en al die belastingkerwe met sowat 5,4% verhoog. Dit is beduidend laer as die Reserwebank se verwagte styging in die verbruikersprysindeks van 6,3% vir 2014. Die aanpassings veroorsaak in der waarheid ’n swaarder belastinglas en nie belastingverligting nie.

Belastinggeld dikwels verkwis Piet le Roux, senior ekonomiese navorser by die SNI, sê belastingbetalers se geld word nie net onnodig bestee en dikwels op groot skaal verkwis nie, maar word ook al hoe meer teen hulle gebruik. Hy sê die ouditeur-generaal het in sy jongste gekonsolideerde algemene verslag ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende besteding van R30,8 miljard blootgelê. “Dié verkwisting is slegs die mees ooglopende manier waarop belastinggeld gemors is. Ander staatsbesteding is nie noodwendig tegnies onreëlmatig nie, maar is steeds dikwels ondoeltreffend. Belastingbetalers dok ook verder vir korrupsie en gebrekkige dienslewering op. Omdat belastingbetalers dan dikwels vir ’n tweede keer moet betaal om ten minste uit die privaat sektor die nodige dienste te ontvang, kan daar eintlik van ’n dubbele belasting gepraat word. “Daar is ook nog die voorbeeld van verskeie hooggeplaastes in staat- en semistaatsinstellings wat óf geskors, óf aangekla word en dan ’n goue handdruk met belastingbetalers se geld kry. “Verlede jaar, byvoorbeeld, het Phil Molefe, voormalige hoof van die SAUK se nuus- en aktualiteitsprogramme, ’n goue handdruk van R2,4 miljoen gekry nadat hy deur uitsaaier geskors is.” Le Roux sê wat egter meer kommerwekkend is, is wanneer die regering belastingbetalers se geld teen hulle gebruik met kwaadwillige litigasie. “’n Goeie voorbeeld hiervan is die staat wat reeds meer as R5,2 miljoen aan regskoste moes opdok nadat Solidariteit hom hof toe moes sleep oor sy onwettige en onbillike toepassing van regstellende aksie. Die staat is reeds telkemale deur die howe daarop gewys dat hy verkeerd optree, maar gaan nogtans voort om belastingbetalers se geld teen hulle te gebruik. Die staat oortree sy eie wetgewing en wil dan sy verkeerde optrede met belastingbetalers se geld probeer regverdig.” Wat doen Solidariteit? Solidariteit het verlede jaar ’n veldtog – die “Gee dit terug”-veldtog – vir belastingkorting op veiligheidsuitgawes van stapel gestuur. Solidariteit het voorgestel dat privaat veiligheidsuitgawes vir dieselfde inkomstebelastingvoordeel as privaat mediese uitgawes in aanmerking moet kom. Solidariteit het intussen sy verslag oor die impak van privaat veiligheidsuitgawes en die vergelykbaarheid met privaat mediese uitgawes ook by die Davis-komitee oor belastinghersiening ingedien. S

DIE OORSPRONG VAN

BELASTING

Moderne Westerse inkomstebelasting het sy oorsprong in 1799 in Brittanje gehad en was slegs ’n tydelike heffing ter finansiering van die Napoleoniese oorloë. Die inkomstebelasting is in 1815 afgeskaf, maar is weer in 1842 ingestel.

1914

is die eerste nasionale inkomstebelasting by wyse van die Inkomstebelastingwet van 1914 in die Unie van SuidAfrika ingestel. Voor inkomstebelasting was staatsinkomste meestal van handelsheffings, gebruikersfooie, indirekte belasting en mynbelasting afkomstig.

In 1914 is inkomstebelasting op enige inkomste van meer as 1 000 pond gehef op grond van ’n glyskaal wat by ses pennies per pond (oftewel 2,5%) begin het. Die eerste 1 000 pond was nie belasbaar nie. ’n Persoon se inkomstebelastingkoers op 2 000 pond met die glyskaalaanpassing was slegs 1,35%. ’n Uiters welvarende persoon met ’n inkomste van 25 000 pond moes slegs 7,2% van sy inkomste aan inkomstebelasting afstaan.

www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

23


NUUSWAARDIG

R5,7 miljoen Die koste van vanjaar se staatsrede. Die swierige staatsbanket het verlede jaar R7,7 miljoen gekos. Dié “BESPARING” is deel van die parlement se bydrae tot die tesourie se oproep om te spaar.

Staatsbesteding beduiwel vooruitgang – SNI

P FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Die SNI het na aanleiding van pres. Jacob Zuma se jaarlikse STAATSREDE op 13 Februarie gesê die president romantiseer die regering se besteding van belastinggeld sonder om die gevolge aan die belastingbetalerskant in ag te neem. Elke rand wat die regering bestee, is ’n rand minder wat vir verbruik en produksie – dus ekonomiese vooruitgang – in die privaat sektor beskikbaar is.

24

res. Jacob Zuma se 2014-staatsrede het slegs gefokus op wat die regering dóén, asof dit die enigste belangrike komponent van die samelewing is. Só sê Piet le Roux, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI). “Dit skep die indruk dat slegs die regering gemeenskaplike vooruitgang kan bring, maar laat heeltemal buite rekening dat privaat besteding en produksie eintlik die belangrikste ekonomiese dryfvere is,” verduidelik hy. Hy verduidelik verder al is Suid-Afrikaners bereid om belasting te betaal in soverre dit in die openbare belang is, is hulle daarvan oortuig dat hul belastinggeld tans eerder die teenoorgestelde bereik.

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Deur Inge Strydom “Met belastinggeld word ’n afhanklikheidstaat geskep; kitsmiljoenêrs word deur swartbemagtigingstransaksies geskep; skadelike wetgewing word deurgevoer en afgedwing; en wet en orde word ondermyn deur ras te verhef tot die belangrikste kriterium by staatsdiensaanstellings.” Zuma het in sy toespraak melding gemaak daarvan dat Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) tussen 1994 en 2012 met 3,2% gegroei het, ten spyte van die wêreldekonomiekrisis wat ’n miljoen werkgeleenthede laat verlore gaan het. Rian le Roux, hoofekonoom by Old Mutual, wys daarop dat Suid-Afrika sedert 1994 periodes van swak ekonomiese groei ondergaan het, terwyl daar wel ook tye van goeie ekonomiese groei was. “Die eintlik vraag behoort te wees

wat Suid-Afrika se huidige ekonomiese groeipotensiaal is. Ek vermoed dit is tans waarskynlik minder as 3%.” Hy wys verder daarop dat daar tans duisende werklose matrikulante is.“Die enigste manier hoe daar vir hierdie jongmense werkgeleenthede geskep kan word, is as ons die land se ekonomiese groei en die privaat sektor se indiensneembaarheidsvermoë kan laat toeneem.” Die SNI het al verskeie kere gewys op die negatiewe uitwerking wat regeringsinmening op die privaat sektor en die skep van werkgeleenthede het. “Die regering ondermyn belastingbetalers se sakeondernemings en hul werksekerheid, wat druk plaas op werknemers en werkgewers se vermoë om hul finansiële verpligtinge na te kom,” meen Piet le Roux. S



NUUSWAARDIG

akademia

Studie by Akademia – Dis ’n leefstylkeuse

O

Watter UNIVERSITEIT laat jou toe om voltyds te werk terwyl jy studeer en dit boonop in Afrikaans? Waar kry jy die geleentheid om nauurs en naby aan jou huis teen ’n bekostigbare bedrag vir jou geakkrediteerde graad, diploma of hoër sertifikaat te studeer? As jou antwoord teen hierdie tyd nog nie Akademia is nie, het jy nog net nie van ons gehoor nie! m by Akademia te studeer, is ’n leefstylkeuse wat jy maak om jouself vir die arbeidsmark te bekwaam terwyl jy werk! Met studiesentrums in Pretoria Moot, Centurion, Boksburg, Roodepoort, Vanderbijlpark, Somerset-Wes en Bellville, bied Akademia jou die geleentheid om soos enige universiteitstudent landwyd te studeer sonder dat jy jou werk hoef te bedank. Akademia maak gebruik van die nuutste videokonferensietegnologie om nauurse kontaksessies vanuit Centurion na ons sewe

sentrums in Gauteng en die twee in die Wes-Kaap te fasiliteer. Studente kry dus die geleentheid om in Afrikaans en in hul omgewing ’n geakkrediteerde universiteitsgraad, diploma of hoër sertifikaat te verwerf. Hierdie interaktiewe klaskontaksessies gee aan dosente en studente oor die hele land die geleentheid om met mekaar te gesels en klasbesprekings te hou, asook toegang tot ons eondersteuningstelsel met behulp van ’n tabletrekenaar wat by jou studiekoste ingesluit is. In 2014 bied ons die eerste ten volle Afrikaanse BCom-graad (Ondernemingsbestuur) aan, asook twee driejaardiplomas in onderskeidelik Kleinsakebestuur en Entrepreneurskap en Bemarking, en twee hoër sertifikate in onderskeidelik Rekeningkunde en Kantooradministrasie. Teen September elke jaar

word nuwe kwalifikasies bekendgestel soos deur die Raad op Hoër Onderwys goedgekeur. Akademia is ook aktief in die sakewêreld besig. Seminare, soos dié oor entrepreneurskap wat op 14 Mei in Bellville en 15 Mei in Pretoria plaasvind, bied aan seminaargangers die geleentheid om interaktief met verskeie hoëprofielsprekers te verkeer. Daarbenewens is die jaarlikse Akademia Sakeplankompetisie ’n hoogtepunt op die kalender met groot pryse, opleidingsgeleenthede en blootstelling vir opkomende en bestaande entrepreneurs wat op die spel is. • As jy meer inligting oor Akademia se seminare en kompetisies verlang, besoek gerus ons webtuiste by www.akademia.ac.za of stuur ’n e-pos na navrae@akademia.ac.za. Akademia – waar werkendes in Afrikaans studeer! S

SLAAN MUNT UIT 20%-AFSLAG

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Solidariteit het ’n ooreenkoms met Akademia gesluit waarvolgens lede van die vakbond 20%-afslag by Akademia kry. Dit is sowat R4 000 per jaar en indien ’n lid van die vakbond vir ’n driejaardiploma of graad inskryf, kry hy dus tot R12 000 afslag. Dié bedrag is gelykstaande aan sowat 11 JAAR SE LEDEGELD. Besoek www.akademia.ac.za

26

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za



Bedryfsnuus

Nuus oor al die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.

Jy kan jouself nie ryker staak nie

Die Suid-Afrikaanse WERKERSKLAS het nog altyd ’n sentrale rol in die transformering van Suid-Afrika se politieke, ekonomiese en arbeidsverhoudinge-omgewing gespeel. In hierdie opsig deel wyle prof. Carel Boshoff, die stigter van Orania, en Irvin Jim, die hoofsekretaris van Numsa, dieselfde sentiment rakende die rol van veral die swart werkersklas, skryf GIDEON DU PLESSIS, hoofsekretaris van Solidariteit.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

HERVAT ONDERHANDELINGS – HOOFDE

28

“’n Skikking moet gevind word ter wille van ons maatskappye, ons werknemers, die sektor as geheel en almal wat negatief geraak word deur die staking. Ons doen ’n beroep op Amcu om na die onderhandelingstafel terug te keer en ’n bekostigbare en volhoubare oplossing te soek.” ~ Chris Griffith van Amplats, Terence Goodlace van Implats en Ben Magara van Lonmin.

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

R12 500

Die basiese salaris wat werknemers eis. Dit is ’n verhoging van 150%.


B

BEDRYFSNUUS

oshoff het in Maart 1990 tydens ’n lesing by die Universiteit van Stellenbosch die swart arbeidsmag in Suid-Afrika as die vryheidsmag vir swart mense beskryf, terwyl Jim in Februarie 2010 tydens ’n Numsa-konferensie klem daarop gelê het dat dit die swart arbeidsmag is wat apartheid tot ’n einde gebring het. Tydens ’n onderhoud op Radio 702 op 27 Januarie 2010 het Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding en hoofsekretaris van die SAKP, intreevlakwerkers se belangrike rol beklemtoon en gesê die werkersklas wat welvaart skep, moet die land regeer. Die ANC neem dit verder en beskryf in sy beleidsdokument oor die Nasionale Demokratiese Rewolusie dat swart werkers die sogenaamde “motive forces” is om te veg teen die sosioekonomiese nalatenskap van apartheid. Sedert die daarstelling van ’n nuwe politieke bedeling het daar al sonder twyfel verbeterings in die tekortkominge ten opsigte van arbeidswetgewing en arbeidsverhoudingepraktyke die lig gesien. Die werkersklas is reeds beloon vir hul onbaatsugtige opstand teen die arbeidsverhoudingstelsel van die verlede. Die vraag is egter nou: Lei die aanwending van die werkersklas as die “motive forces” in die huidige ekonomiese vryheidstryd tot die gebruik of die misbruik van die werkersklas? Werker kan nie staking bekostig Solidariteit is van mening dat ’n mynwerker onmoontlik nie ’n verlies aan inkomste as gevolg van deelname aan ’n staking kan bekostig nie – veral aangesien hy waarskynlik nie die finansiële implikasies van sy deelname besef nie. Met ander woorde, die moontlikheid bestaan dat die werker so fundamenteel finansieel ongeletterd is, dat die finale bedrag onderaan sy betaalstrokie ná ’n staking al is wat vir hom saak maak. So ’n werker kan dus nie bereken dat drie maande se verlore vergoeding ’n langdurige negatiewe uitwerking op sy lewe het nie, om nie eens te praat daarvan dat vandag se staking tot môre se aflegging kan lei nie. Volgens die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se berekenings is een maand se staking gelyk aan ’n verlies van minstens 8,3% van ’n werknemer se jaarlikse vergoeding. Dit beteken

Dit is hoog tyd dat die werkersklas tot die besef begin kom dat jy slegs staak as dit oor ’n BEGINSELSAAK gaan, want jy kan jouself nooit ryker staak nie.

om die verlies van die staking oor ’n tydperk van ’n jaar in bruto terme in te haal, moet die verskil tussen die werkgewer se aanvanklike aanbod en die verhoging wat ná die staking gegee word, meer as 8,3% wees. So iets gebeur feitlik nooit nie. Kom ons kyk as ’n voorbeeld na die onlangse geval van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu). Amcu het van platinumwerkgewers ’n basiese salaris van R12 500 geëis, wat gelykstaande is aan ’n verhoging van 150%. Volgens die SNI se berekenings beteken dit sou die eis van R12 500 as basiese salaris wel toegestaan word, stakende werkers sowat 17 maande lank kon staak en steeds die verlies aan basiese vergoeding binne die daaropvolgende jaar kon opmaak. Kom ons wees meer realisties en veronderstel die 9%-verhoging wat maatskappye aangebied het, is uiteindelik wel aanvaar. In dié geval gaan dit so lank neem om die verlies aan inkomste as gevolg van die voorafgaande vyf weke se staking op te maak dat die meeste werkers teen daardie tyd nie eens meer by die myne sal werk nie. Die 9%-verhoging is slegs 0,5% hoër as die 8,5% wat die maatskappye voor die staking aangebied het. Indien ’n mens dus die bykomende verhoging van 0,5% wat deur die staking bewerkstellig is bereken, sal dit werkers meer as 40 jaar neem om die verlies tydens die staking, wat teen druktyd reeds 10 weke geduur het, in te haal.

R4,9 miljard

se verdienste vir werknemers het reeds in die slag gebly sedert die staking op 23 Januarie begin het.

Afhanklikes trek aan kortste ent Dit bring ons by ’n volgende vraag: Indien ’n mynwerker wel maande sonder ’n inkomste kan oorleef om die sosio-ekonomiese nalatenskap van apartheid te beveg, waarom sou hy enigsins in die onaangename omgewing van die myn wil werk? Die antwoord is eenvoudig: Volgens die Kamer van Mynwese onderhou elke mynwerker nagenoeg tien afhanklikes. Dit beteken dus dat nagenoeg 800 000 mense die een of ander vorm van swaarkry beleef het terwyl die sowat 80 000 werkers aan die staking deelgeneem het. Werkers kan dit eenvoudig nie meer bekostig om so baie te staak nie. By Lonmin alleen het die aftrekkings vir loonbeslagleggings (“garnishee orders”) van werknemers tot R3,5 miljoen per maand toegeneem as gevolg van die arbeidsonrus en stakings van die afgelope 18 maande. Die gevolg is dat desperate stakende werkers die betaalkantore oorval in die hoop om ’n salarisvoorskot te kry tydens hierdie tydperk van “geen werk, geen betaling”. Die uitwerking is ook groot op die plaaslike ekonomieë en selfs die afhanklikes van straatverkopers rondom die myne, wat totaal afhanklik is van mynwerkers se besigheid, ly onder die stakings. Staak slegs oor beginselsaak Solidariteit het die diepste meegevoel met ’n werker wat sukkel om vir sy familie te sorg, maar dit is hoog tyd dat die werkersklas tot die besef begin kom dat jy slegs staak as dit oor ’n beginselsaak gaan, want jy kan jouself nooit ryker staak nie. Dit is ook van belang om in ag te neem dat ’n werker tydens uitgerekte onderhandelings verarm, omdat al die voordele en toelae wat tydens hierdie uitgerekte onderhandelingstydperk verdien word, volgens die “ou” salaris bereken word. Voorts moet werkers bedag wees daarop om nie die slagoffers van ’n huur-’n-skaresituasie te word en so vir iemand anders se ideologie, selfverryking of politieke belange misbruik te word nie. Solidariteit beveel ons medewerkers sterk aan om eerder aan te dring op beter vaardigheidsontwikkeling en opleiding ten einde met dié nuwe stel vaardighede hul inkomste te verdubbel of selfs te verdriedubbel. S

NEE VIR STAKING HIÉR Amcu se aansoek dat sy lede in die steenkoolen goudmynsektor mag staak uit solidariteit met lede in die platinumsektor, is deur Nedlac afgekeur. Nedlac is die forum waar die regering, arbeid- en sakesektor verteenwoordig is.

www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

29


BEDRYFSNUUS

ZAH – 110 jaar se lewende geskiedenis

O FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM; VERSKAF

Die begrip “historiese gedenkwaardigheid” roep gewoonlik ’n monument of ’n museum voor die geestesoog. Daar is egter ook gedenkwaardighede wat steeds in gebruik is, wat se merkwaardige geskiedenis dalk ongemerk by ons kan verbyglip. Een só ’n voorbeeld is die ZUID-AFRIKAANS HOSPITAAL (ZAH) in Muckleneuk, Pretoria.

30

ndanks die feit dat hierdie Gauteng se oudste algemene, onafhanklike hospitaal is wat sonder ’n winsoogmerk bedryf word, beskik die ZAH oor moderne geriewe, toerusting en dienste – ’n feit wat van ’n wenvennootskap tussen die verlede en uitnemende eietydse dienslewering spreek. Ná afloop van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) was dit nie net mense op plase in die Transvaal en Vrystaat wat swaar onder die vernietigende gevolge van daardie stryd deurgeloop het nie. Ook in dorpe en stede was daar nood. Boeregeneraals CF Beyers, JH de la Rey en CR de Wet het hulle onvermoeid daarvoor beywer om hul mense se lot te verlig. Dit het onder hulle aandag gekom dat siek Afrikaners ontuis in die Britse militêre atmosfeer van die Victoria Cottage Hospital in Pretoria voel. Sulke pasiënte het ’n behoefte gehad aan ’n hospitaal waar hulle in hul eie taal verpleeg kon word. Donasies is dus gevra om só ’n fasiliteit tot stand te bring. In 1904 het generaal Beyers sy huis in Sunnyside vir dié doel geskenk, en ’n sesbed-verpleeginrigting is daar gevestig. Hierdie inrigting is aanvanklik “Het Hollands Hospetaaltje” genoem.

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Deur Alana Bailey Nadat ’n rentevrye lening van £75 bekom is, is die hospitaal in 1912 na die hoek van Bergen Walkerstraat verskuif. Die hospitaal se naam is toe verander na “Het Zuid-Afrikaans Hospitaal en Diakonessenhuis” om aan te dui dat dié hospitaal in Afrikaans diens lewer. Die byvoegsel “diakonessenhuis” het voorts die Christelike aard van die fasiliteit aangedui: In Nederland was dit destyds gebruiklik vir diakonesse om siekes en armes te versorg, en die ZAH sou hierdie edele tradisie voortsit. In 1936 het EF Bourke, wat toe burgemeester van Pretoria was, 34 erwe in Muckleneuk aan die hospitaalbestuur verkoop. Hulle moes ’n lening van £3 400 vir die transaksie aangaan. Die hospitaalgebou is teen ’n koste van £20 000 opgerig. Van die donateurs wat hierdie bouwerk moontlik gemaak het, was dr. CJK van Aalst uit Nederland, wat £7 500 geskenk het, asook die digter JFE Celliers, wat £1 000 bygedra het. Die hospitaal se deure het in daardie selfde jaar geopen op die terrein waar dit vandag nog staan. Dit kon toe 32 pasiënte akkommodeer en het oor ’n operasieteater en X-straalfasiliteit beskik, wat as modern vir daardie tyd geag is. Nog bouprojekte is deur die jare heen onderneem. Die mees onlangse hiervan was in 2004 toe die hospitaal sy eeufees gevier het,


BEDRYFSNUUS

gevolg deur verdere teateropgraderings in 2011.Vandag beskik die ZAH onder meer oor 167 beddens, verskeie teaters, gevorderde intensiewesorgeenhede, ’n 24-uur-traumaeenheid, 37 spreekkamers vir spesialiste, ’n apteek en ’n kafeteria. Die hospitaal se leuse, “Vertrou ons vir die sorg wat u vereis”, word as ’n leefwyse deur die personeel beskou. Pasiënte van alle gelowe en taalgroepe is welkom in die ZAH, maar die hospitaal lewer steeds ook in Afrikaans diens. Pasiënte en besoekers kan ontspan in die lowerryke tuin of op die lang stoepe wat ’n sjarmante ouwêreldse atmosfeer skep, en liefhebbers van historiese geboue sal die brandglasvensters, mosaïekvloere en gewels van die gebou waardeer. Historiese foto’s, borsbeelde en gedenkplate bring ook hulde aan eertydse personeel en historiese figure soos onder meer genl. Beyers en dr. Van Aalst vir hul aandeel in die oprigting van hierdie besonderse hospitaal. • Met dank aan www.zah.co.za en www.woes.co.za/bydrae/artikel/die-zuidafrikaans-hospitaal vir hierdie inligting. S

A HEALTHY SALARY INCREASE FOR MEMBERS Solidarity recently completed salary negotiations at ZAH for 2014 in time to ensure that all members would have received their salary increase with the March salary payment run. The negotiations ensured an 8,5% increase for 2014. Solidarity will also attend to the important issues that were raised by our members regarding their leave, public holidays and overtime. During the salary negotiations, the abovementioned issues were tabled in a forum, which is set to reconvene as soon as possible.


BEDRYFSNUUS

Só woeker vakbond landwyd Deur Inge Strydom

Afleggings by Foskor in Phalaborwa, waardeur twee Solidariteit-lede en 121 werknemers geraak is, is onlangs afgehandel. Solidariteit kon daarin slaag om gunstige alternatiewe, waaronder vrywillige skeidingspakkette, namens sy lede daar te beding. Die terme van die skeidingspakkette behels dat lede die grootste van twee weke se salaris of R80 000 ontvang vir elke diensjaar wat hulle gewerk het. Daarby sal lede ook R10 000 vir verdere studies ontvang.

Solidariteit het die volgende loonooreenkomste in die Montagu-omgewing gesluit: • Montagu Droëvrugte: ’n 10%loonverhoging namens 48 lede. • Montagu Droëvrugte en Neute: ’n 10%-loonverhoging namens 60 lede. • Solidariteit kon daarin slaag om ’n 10%loonverhoging namens sy lede by Montagu Spar te beding sonder om enigsins met die werkgewer in onderhandelings te tree.

PRESTASIE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

ONDERHANDELINGS DRA VRUG IN MONTAGU

R89 966

JY’S ’N STER!

is deur Sta-sia Engelbrecht in ’n skikking namens ’n lid beding.

Solidariteit het einde Februarie ’n gunstige loonooreenkoms van drie jaar namens sy lede met Palaborwa Mining Company (PMC) gesluit. Die vakbond kon vir sy 284 lede by dié maatskappy ’n loonverhoging van 7,5% oor ’n driejaartydperk beding. Loononderhandelings met Sita, die internasionale IT-maatskappy in die lugvaartbedryf, is afgehandel. Die partye het ooreengekom dat lede op posgraderingsvlak 3 tot 5 op grond van hul prestasie in 2013 verhogings in 2014 sal ontvang. Die verhogings, wat op 1 April in werking tree, wissel van 6% tot 8,5%. Ongewensde prestasie sal geen verhoging ontvang nie.

HUL LOON WERD

Loononderhandelings tussen Solidariteit en Netcare is op 26 Februarie 2014 afgehandel. Die vakbond en die bestuur van Netcare het ’n loonooreenkoms van 7% vir lede in die betrokke bedingingseenheid gesluit. Dit sluit in: • Verpleeg-bedingingseenheid: Netcare Bougainville-hospitaal en Netcare Moothospitaal. • Administratiewepersoneel-bedingingseenheid: Netcare Bougainville-hospitaal, Netcare Moot-hospitaal en Netcare Montana-hospitaal. • Ondersteuningspersoneel-bedingingseenheid: Netcare Bougainville-hospitaal en Netcare Moot-hospitaal. Die ooreenkoms, wat vanaf 1 Maart 2014 tot 28 Februarie 2015 van krag is, sluit onder meer ’n 6%-verhoging in die werkgewer se bydrae tot personeel se mediese fonds in.

VERHOGINGS BY HORINGS GEPAK Loononderhandelings met die Dikhololo-natuurreservaat buite Brits is onlangs afgehandel. Die partye het ’n loonooreenkoms van twee jaar gesluit, wat ’n salarisverhoging van 6,5% behels. Verskeie toelaes is ook verhoog, waaronder die skoftoelaag wat met 7,5% verhoog is. Die onderhandelings tussen Solidariteit en die bestuur van die maatskappy, waar Solidariteit 31 lede verteenwoordig, het op 10 Januarie 2014 plaasgevind en is ook op dieselfde dag afgehandel. 32

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za


BEDRYFSNUUS

Staatmaker in Wes-Kaap ’n steunpilaar vir lede

R

Deur Gerhard Ceronie

aymond Holland Chapman, Solidariteit se organiseerder en opleidingsbeampte in arbeidsverhoudinge in die Wes-Kaap, is ’n steunpilaar vir Solidariteit-lede regoor die land. Raymond Holland Chapman is in Junie vanjaar reeds tien jaar werksaam by Solidariteit. Hy het aangesluit vanuit die Imaruvakbondgeledere waar hy ook nasionale opleidings- en arbeidsverhoudingebeampte was. Hoewel hy tans in die Wes-Kaap gestasioneer is, bedien hy lede oor ’n groot deel van die land in veral die chemiese bedryf. Raymond het ’n passie vir opleiding en geniet dit om met mense te werk. Hy sê daar is vir hom niks lekkerder as wanneer hy ’n opleidingsessie afsluit en terugvoer van die verteenwoordigers kry dat hulle baie geleer het en ’n beter begrip van arbeidsreg en arbeidsverhoudinge het nie. Dan weet hy dat hy ’n positiewe bydrae gelewer het om die verteenwoordigers te bemagtig sodat hulle lede beter kan bystaan en ’n doeltreffende diens aan hulle kan lewer. Sonder deurlopende opleiding en ontwikkeling sal ’n mens stagneer, sê Raymond, en dan raak jy agter met geen verdere vooruitsigte om kennis op te bou nie. Benewens die arbeidsgedrewe loopbaan wat Raymond het, skilder hy graag in die min vrye tyd tot sy beskikking. Hoewel hy portrette, stillewes en natuurtonele skilder, geniet hy dit om groot muurskilderye te doen. “As lid van die Solidariteit Beweging kan ’n mens nie anders as om die toekoms as ’n lewensavontuur te sien nie. Die uitdagings wat die werkplek aan ons stel, gaan ons op ons tone hou. Ons moet groot klem plaas op doeltreffende en suksesvolle opleiding om die waardeketting aan lede en hul afhanklikes te versterk,” verduidelik Raymond. • Gerhard Ceronie is Solidariteit se hoof van opleiding en ontwikkeling in arbeidsverhoudinge.

S

FOTO: REINT DYKEMA

Só span ons saam om te help

olidariteit se Boksburg-dienskantoor, in samewerking met die Besering aan diens (BAD)-span, het onlangs ’n saak namens HJ Mathysen met groot welslae gehanteer. Hy loop oor van waardering, lof en dankbaarheid jeens die “uiters professionele diens wat Solidariteit se mense gelewer het”. Mathysen sukkel reeds drie jaar weens ’n besering wat hy by die werk opgedoen het. Hoewel ’n BAD-eis aanvanklik ingedien is, kon hy nie werk nie omdat hy 10 operasies moes ondergaan en daar nie ligtediens-werkgeleenthede by die werkgewer was nie. Die 10 operasies en sy mediese toestand ten spyt, het die werkgewer geweier om sy aflegging op mediese gronde te oorweeg. Solidariteit het hom egter suksesvol met sy mediese aflegging gehelp asook met die verkryging van sy salaris en sy BAD-eis. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

33


in Beweging

Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.

Water quality is a ticking time bomb

A

Having studied the results of its 2014 national water monitoring campaign, called the Blue- and Green-drop Branch Project, AFRIFORUM has expressed its concern about the poor management of water in South Africa. More than 100 AfriForum branches across the country participated in this project.

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

ccording to Julius Kleynhans, AfriForum’s Head of Environmental Affairs, issues regarding the quality of drinking-water can be rectified quickly, but sewage water poses significant health risks to communities across South Africa.“Negligence in planning, management and infrastructure maintenance is causing massive pollution of our water resources. This may pose significant risks to human and environmental health,” said Kleynhans. The project formed part of an initiative to test the quality of potable and treated water in the municipalities housing AfriForum’s 125 branches across the country. Aimed at promoting the sustainability and conservation of this critical resource, the project tested potable (Blue Drop) and sewage water (Green Drop) quality at various sources of public drinkingwater and at the outlets of waste-water treatment facilities in these municipalities.

34

Blue Drop The Blue-drop results revealed that 11 municipalities did not comply with water-quality standards, including: • Hertzogville – Tokologo local municipality: The samples indicated 14 mg nitrates per 100 ml of water which could cause methemoglobinemia in infants, according to the South African Water Quality Guidelines Volume 1: Domestic Water Use, Second Edition, 1996; • Kareedouw – Kou-Kamma local municipality: 10 counts of E. coli/100 ml of water; • Stormsriver – Kou-Kamma local municipality: 23 counts of E. coli/100 ml of water; • Polokwane – Polokwane local municipality: 4 counts of E. coli/100 ml of water; • Stella – Naledi local municipality: 140 counts of E. coli/100 ml of water; • Standerton – Lekwa local municipality: Colour exceeds limits but water healthy to drink; • Swartruggens – Kgetlengriver local municipality: 36 counts of E. coli/100 ml of water; • Vryburg – Naledi local municipality: 4 counts of E. coli/100 ml of water; UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

11

municipalities did not comply with water-quality standards.

• Witbank – eMalahleni local municipality: 11 mg total organic carbon; • Coligny – Ditsobotla local municipality: 4 counts of E. coli/100 ml of water; • Mafikeng – Mafikeng local municipality: 2 counts of E. coli/100 ml of water; and • Delareyville – Tswaing local municipality: 12 mg of nitrates. According to the South African national standard SANS 241, no E. coli may be present in drinking-water. Letters have been sent to those municipalities who are not compliant. AfriForum will monitor the compliance and take the

necessary steps should these municipalities fail to rectify the water-quality issues. Green Drop The Green-drop Report set out to test 100 towns throughout the country, with 76 tests conducted successfully. Results for four towns were discarded because the labs did not receive the samples within in the specified timeframe required for accurate biological sample measurement. However, out of the 76 areas, 33 are not complying with the national standards. The results are a cause for concern about responsible water management and the maintenance of services by government.“To date, 43 waste-water treatment works in our project have complied with the minimum standards for waste-water quality. Thirty-three do not comply, which poses a threat to human health, food security and the environment,” Kleynhans added. South Africa’s national water-quality standards allow for 1 000 counts of E. coli per 100 ml of water in treated sewage. A need for change The results are indicative of a need for the political will to utilise, maintain, protect, conserve and manage our water resources and infrastructure. A dire need also exists to review current water services authorities and to restructure personnel, while a thorough investigation ought to be conducted into the possibility of privatising water and sewerage infrastructure. Apparently, not all municipalities regard water purification as a high priority, and those who negligently refuse to comply with standards will be brought to book and urged by legal means to comply. The issue of water quality is a clear indication of failing municipal infrastructure and management, and AfriForum is concerned that this situation will worsen at the expense of consumers. AfriForum will continue to monitor water quality in South Africa to ensure healthy drinking-water and to protect and conserve this essential natural resource for future generations to enjoy. S


INBEWEGING

Proposal for community service dismissed

Perlemoenstropers word betaal met dwelms en dwelmhandelaars met perlemoen: Dit is ’n BOSE KRINGLOOP.

Pak stropers en bendes – AfriForum

D FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

AfriForum het genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiehoof, versoek om spesialiseenhede teen PERLEMOENSTROPERY, SMOKKELARY EN DWELMHANDEL weer in die provinsie in te stel. Dié bedrywe het die Wes-Kaapse jeug tot op die rand van algehele morele verval gedryf, skryf IAN CAMERON. ie regering se stilswye, in dié geval in die persoon van genl. Lamoer, maak hul indirek tot hierdie misdade aandadig. Perlemoenstropers word betaal met dwelms en dwelmhandelaars met perlemoen: Dit is ’n bose kringloop. Voorts, te danke aan die dwelms, word prostitusie nou ’n bedryf om mee rekening te hou in die streek. Prostitusie gaan dikwels gepaard met dwelmhandel, wat die dwelmkrisis weer eens net groter maak. Waar daar dwelms is, is daar misdaad en geweld. Bendes floreer en skole loop leeg weens die gevaar wat dwelmhandel op straat vir kinders inhou. Hierdie situasie word beklemtoon deur die nasionale misdaadsyfers wat toon dat die WesKaap nou die gevaarlikste provinsie in die land is wat moord betref met meer as 50 moorde per 100 000 mense. Dit wil sê die Wes-Kaap het ongeveer 15 meer moorde per 100 000 mense as die landsgemiddeld van 35 moorde. Die oorsaak van ’n toename in perlemoenstroping die afgelope paar jaar kan waarskynlik voor die regering se deur gelê word. Dít omdat

Tina Joemat-Pettersson, die minister van landbou, bosbou en visserye, toegelaat het dat groot getalle kommersiële en klein vissermanne in die Wes-Kaap nie meer permitte kry nie. Die enigste antwoord op oorlewing vir baie van hulle is om perlemoen te stroop, en so begin die kringloop van voor af. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het tot 2012 ’n taktiese-reaksiemag gehad wat perlemoensmokkelary en stropery hokgeslaan het. AfriForum versoek die herinstelling van sulke spesialiseenhede, maar meen ander regeringsinstellings moet ook ingryp. Die staat is al wie werklik hierdie probleme kan oplos. Waarom is daar nie meer reaksiemagte nie? Indien die regering nie gaan optree nie, gaan meer onskuldiges seerkry en eiemagtiges sal moontlik reg in eie hande begin neem. Ons het leiers nodig wat Suid-Afrikaners beskerm. Dis tyd dat Suid-Afrika weer ’n polisiemag kry wat die mag het om op te tree met die doel om te beskerm en om die struikelblokke in die pad van geregtigheid te oorbrug. • Ian Cameron is die hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum. S

T

By Nico Strydom

he ANC recently proposed that all graduate students should undertake a year’s compulsory community service. According to AfriForum Youth, this will prove to be yet another incentive for young people to leave the country. Justifying the move to institute community service, the ANC’s national executive sub-committee on education and health purports that graduates would be spending a year gaining experience relevant to what they had studied, given that a lack of experience is a common stumbling block when looking for employment.The proposal would apply to all graduates, irrespective of whether their studies had been funded privately or through the National Student Financial Aid Scheme. Eduan Dupper, spokesperson for AfriForum Youth, believes that such an arrangement would be in violation of economic and civil liberties, simply because it denies people the right to pursue the career of their choice. “Graduates usually face a mountain of debt after university, and this measure will only add to that burden. On top of that, they will be unable to make any constructive contribution to the economy with such low-income jobs and will be unable to support dependants. Minorities are already at a disadvantage with bursaries and job opportunities. ” According to Dupper, forcing young graduates into cheap labour will neither alleviate the skills crisis being experienced by the State nor the inability of young South Africans to find gainful employment. “The only viable solution is to create an economic climate in which businesses can grow and flourish and employ people so that young people, too, can contribute productively to the economy,” said Dupper. Paul Joubert, senior researcher at the Solidarity Research Institute (SRI), said even if the concerns regarding efficiency are to be discounted, the proposal for community service undermines people’s freedom to choose what they want to do with their lives.“Graduates can make their own decisions and do not need to have their freedom curtailed by being pushed into jobs where their skills will be wasted.” S www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

35


FOKUS OP VROUE IN DIE WERKPLEK

Vurige vakbondvroue bal hul vuiste

H

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM; ANSIE

VAN

NIEKERK • BYKOMENDE BRON: WWW.SAHISTORY.ORG.ZA

Hoewel vroue sedert die vroeë twintigste eeu vir hulself ’n naam in die wêreld van die vakbondwese gemaak het, bly dit ’n bedryf wat soms MOEILIK EN UITDAGEND vir die skoner geslag is. INGE STRYDOM kyk terug in die geskiedenis en ondersoek watter uitdagings ’n beroep in die vakbondwese vir die moderne vrou inhou.

36

oewel slegs sowat 10% van die organiseerders by Solidariteit vroulik is, meen Janhi Cowley, organiseerder in die professioneledienstebedryf by Solidariteit, dat vroue se sensitiwiteit en emosionele ingesteldheid hulle eintlik ’n groot voordeel in die wêreld van die vakbondwese bied. “As organiseerders moet ons dikwels werknemers op ’n emosionele vlak ondersteun wanneer hulle, byvoorbeeld, deur ’n dissiplinêre verhoor, wat in alle gevalle uiters spanningvol is, in die gesig gestaar word,” verduidelik sy. “As vroue is ons van nature meer sensitief en is ons emosioneel beter ingestel as mans, en dit gee aan ons ’n voorsprong bo ons manlike kollegas.” Hoewel vroue allermins onbekwaam is vir ’n beroep in die vakbondwese, is hul rol in dié bedryf in sekere opsigte steeds beperk. In die artikel South Africa: Trade unions still have “male face” wat op www.genderlinks.org.za gepubliseer is, meen die skrywer Sehlapi Dawu Sibanda dat vroue in Suid-Afrika nie ’n prominente rol in die vakbondwese speel nie omdat die werkomstandighede nie gunstig vir vroue is nie.“Die ure is lank en vergaderings vind dikwels in die aande en op onveilige plekke plaas. Die feit dat die misdaadsyfer in Suid-Afrika hoog is, bemoeilik die saak nog verder.” Sta-sia Engelbrecht, organiseerder in die mediese bedryf by Solidariteit, beaam dat die werkomstandighede in die vakbondwese soms uitdagend is.“Hoewel Solidariteit as organisasie gesinswaardes en gesinstyd hoog ag, is ons werkomstandighede soms van só ’n aard dat ons baie rondreis en dikwels laat saans tuiskom,” verduidelik sy. “My werk is my passie en ek is al gewoond aan die werkure, maar ek weet nie of alle vroue,

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Sta-sia Engelbrecht en Janhi Cowley

veral dié met kinders, noodwendig so maklik by die omstandighede sal kan aanpas nie.” Goue vrou van ouds Mary Fitzgerald was ’n unieke, aktivistiese vrou met ’n sterk wil wat ’n deurslaggewende rol aan die begin van Solidariteit se bestaan gespeel het. Haar betrokkenheid by die vakbond het ontstaan toe sy as tikster en stenograaf aangestel is by die destydse Transvaalse Mynwerkersvereniging (TMV). Mary was ’n gebore rebel aangesien sy, onder meer, ’n prominente aandeel in die mynstakings van 1907 en 1913 gehad het, asook die algemene staking van 1914. Later was die aanstelling van ampsdraers en organiseerders grootliks aan haar goedkeuring onderworpe. Sy word in verskeie kringe beskou as die eerste vrou wat ’n noemenswaardige rol in die vakbondwese gespeel het. Die Mary Fitzgeraldplein in Newtown, Johannesburg, is ter nagedagtenis aan haar opgerig. S

DIÉ VROUE VAT VOOR Tydens die depressiejare van die 1930’s het daar ’n aktivistiese, vroulike werkersklas in Suid-Afrika tot stand gekom. Vroue van alle rasse en kulture het uit desperaatheid hulself tot die arbeidsmark gewend in ’n poging om hul gesinne te onderhou. Verskeie vroue het in die kleremakersbedryf gewerk. Die wit Afrikaanssprekende vroue wat in die kleremakersbedryf gewerk het, was meestal jong meisies wat van die landelike gebiede na die stede, hoofsaaklik die Witwatersrand, verhuis het om ’n inkomste te kom verdien. Die arbeidsaktivis Emil Solomon (Solly) Sachs sou later, in samewerking met Johanna Scheepers en Johanna Cornelius, homself oor die kleremakers ontferm en die Klerewerkersunie (KWU) stig. Dié unie het hom vir die beskerming van vroue in die kleremakersbedryf se belange beywer.


W

INFOCUS

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

The proper protective equipment for women at work By Johan Böning

omen working in the mining industry may face more health and safety risks than men because personal protective equipment (PPE) and clothing are not designed for women. Since the mining industry employs predominantly male workers, PPE is commonly designed for average-sized men. For this reason, special efforts should be made to design and manufacture the correct PPE for women engaged in mining. In this regard, Solidarity is represented by Advocate Hanlie van Vuuren, who is constantly promoting health and safety for women in the mining industry. Hanlie participates in several forums and sub-forums such as the Mine Health and Safety Council and the North West Tripartite Forum to address this issue. Research on PPE for women has been undertaken in South Africa and elsewhere in the world. For example, the Canadian Industrial Accident Prevention Association, in conjunction with the Ontario Women’s Directorate, recently published a report titled Personal Protective Equipment for Women: Addressing the Need, which explains why ill-fitting PPE can jeopardise the health and safety of women. The report states, for example, that a woman with a small face who wears safety goggles designed for men will have her temples exposed to flying debris which could injure her eyes. Further, if a woman wears men-sized work boots that are too big for her, it could cause her to trip and fall, while loose gloves also limit the dexterity of female employees, who require narrower, tighter-fitting gloves. Some of the other issues identified include ill-fitting gumboots made for men with flatter arches, and overalls that do not provide for women’s hips that are typically wider than a man’s.Women’s legs are also proportionately longer than men’s, even though women are generally shorter than men. Hard hats also tend to fit dangerously loose on women, whose heads are on average 1,3 cm smaller than the male head, according to research. It is also important to re-design hearing and eye protective gear with the comfort and protection of female labourers in mind. Men and women whose protective equipment does not fit or is uncomfortable to wear, tend to avoid using it, regardless of the risk involved, and this is a serious concern. PPE research has found that more than 2,6 million women in South Africa require some form of PPE as part of their work requirements – and this number is continuously rising because of the significant potential for women to find employment in industries such as agriculture, mining, manufacturing, utilities and construction. Legislation, specifically section 8 of the Occupational Health and Safety Act 85 of 1993 as well as the Mine Health and Safety Act 29 of 1996, obligates employers to protect the health and safety of all employees, including women. Moreover, the MHSA stipulates in section 6 that “every employer must ensure that sufficient quantities of all necessary PPE are available so that every employee who is required to use that equipment is able to do so”. The general safety regulations promulgated under the Occupational Health and Safety Act include a section on the provision, maintenance and training of personal safety equipment, which does not differentiate between genders. Women whose PPE does not fit properly are not fully protected, and employers are obliged to provide women with the correct PPE to protect them and comply with the law. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

37

2,6 million WOMEN in South Africa require some form of PPE.


INFOKUS

Beroepsvrou of ma: Vroue se dae van kook, kinders grootmaak, inkopies doen en huishoudelike take verrig terwyl hul mans lang ure by die werk deurbring omdat hulle die enigste broodwinner is, is lankal iets van die verlede. Navorsing toon egter dat die hunkering na die verlede, waar vroue ’N GROTER ROL IN DIE OPVOEDING van hul kinders gespeel het, toeneem.

A

Moet ek kies?

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Deur Inge Strydom

38

ltesaam 51% van die respondente wat deelgeneem het aan ’n studie wat in 2013 deur die Pew-navorsingsentrum in die VSA gedoen is, het gesê kinders is beter daaraan toe wanneer hul ma’s tuis bly om hulle groot te maak. Daarby het 74% van die respondente aangedui dit is moeiliker vir ’n ma om haar kinders groot te maak indien sy voltyds werk. Dieselfde navorsing toon egter ook dat 6 uit 10 huisgesinne van sowel die man as die vrou se inkomste afhanklik is om die uitgawes wat kinders in ’n gesin meebring, te kan dek. Verna Els, ’n 34-jarige ma van Kempton Park, was in die bevoorregte posisie om haar gesogte werk by ’n groot motorhandelaar te los sodat sy voltyds aan haar twee dogters van 5 en 7 jaar oud kan aandag gee. “My grootste motivering was dat my oudste kind laerskool toe is. Ek wou graag soveel moontlik in haar lewe betrokke wees – dit is vir my baie belangrik dat my kinders voel ek is altyd daar,” verduidelik sy. Els verduidelik dat sy haarself as baie bevoorreg beskou om haar kinders voor haar te kan sien grootword. Sy erken egter dat sy dit soms mis om ’n beroep te hê.“Ek mis dit om elke dag ná werk by die huis te kom en te weet dat ek vandag hard aan ’n projek gewerk het. Natuurlik mis ek ook my kollegas en vriende by die werk.” Sy meen verder dat baie ma’s met skuldgevoelens worstel omdat hulle nie ’n balans tussen hul werk en gesinslewe handhaaf nie. “Die belangrikste ding wat elke werkende ma moet onthou, is dat jy moet doen wat jy dink die beste vir jou gesin is – ongeag of jy werk of ’n tuisbly-ma is.” S

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

WEN-WENKE VIR MA’S In die boek The Balanced Mom: Raising Your Kids Without Losing Your Self skryf Bria Simpson dat baie ma’s so op die opvoeding van hul kinders konsentreer dat hulle nie meer enige drome of ideale het wanneer die kinders groot en uit die huis is nie. Sy bied in haar boek onder meer die volgende wenke vir ma’s: • Hou op om jou kinders te mikrobestuur. Laat hulle toe om hul eie lewenslesse te leer en foute te maak. • Hou op skuldig voel omdat jy jou eie drome en ideale najaag. • Herontdek jou passie, drome en ideale. • Deel die verantwoordelikheid van kinders grootmaak met jou gade. • Behou perspektief deur jouself gereeld af te vra of jy die soort lewe leef wat met jou kernwaardes ooreenstem. Jy kan onder meer jou kernwaardes bepaal deur jouself af te vra hoe jy wil hê jou vriende en familie jou as ma, vriendin, kollega, lewensmaat moet ervaar. Hoe sal jy wil hê moet hulle dit wat jy aan hulle bied, beskryf?



INFOKUS

D

FOTO’S: VERSKAF

121 Jaar later – BERNINA vandag!

40

ie wêreld se eerste massavervaardigde, duursame gebruiksartikel was die naaldwerkmasjien. Tydens die 1860’s het middelklashuishoudings in Brittanje op groot skaal begin om dié masjiene te gebruik. In 1893 betree die broers Karl en George Gegauf van Switserland die wêreldmark met die vrystelling en vervaardiging van die Gegauf-soomstikmasjien (Hemstitch Machine). Hiermee is die eerste tree gegee op die weg na dít wat sou ontwikkel tot die voorste naam in topgehalte naaldwerkmasjiene wêreldwyd – Bernina! En vandag, vier geslagte van dieselfde familie en 121 jaar later, is Bernina, wat ’n hoëprofiel huishoudelike handelsnaam wêreldwyd is, bekend vir die baanbrekerstegnologie van sy basiese en gerekenariseerde masjiene wat voorsiening maak vir al vyf segmente van hedendaagse masjienwerk, naamlik: • klerekonstruksie; • kwiltwerk; • borduurwerk; • die maak van sagte meublement; en • nutskuns (craft sewing). Wyle Odette Odette Ueltschi-Gegauf, die Ueltschiderdegeslag-eienaar Gegauf en destydse uitvoerende hoof van Bernina International AG (BIAG), se bestuurstyl van “management by walking around”, word vandag nog deur BIAG se topbestuurslede, asook die vierdegeslag-eienaar, Hans-Peter Ueltschi, getrou nagevolg. Danksy hierdie bestuursbeleid ontwikkel en vervaardig Bernina masjiene wat aan die behoeftes en verwagtings van naaldwerksters op alle vaardigheidsvlakke voldoen – ongeag in watter een van die vyf segmente die belangstelling sou lê. En in Suid-Afrika... poog Bernina RSA en die nasionale Bernina-netwerk sedert 1947 onverpoos om so getrou moontlik aan Bernina International AG se verwagte standaard ten opsigte van produkaanbieding, kliëntesorg en naverkoopdiens te voldoen.

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

2014

1893

Wil u meer te wete kom oor BERNINA RSA se masjiene en ook aanverwante produkte soos stryktoerusting, kwiltrame, kwilt-sagteware en selfs multinaald- kommersiële en industriële borduurmasjiene? Stuur ’n e-pos na marketing@berninasa.com of besoek u naaste handelaar.



INFOKUS

Vyf vinnige vrae aan ’n voorslag-vroueleier

’n Debat waaraan baie mense deesdae deelneem, is “die vrou in ’n BESTUURSPOSISIE”. Maak nie saak hoe graag ’n mens wil glo dat daar nie ’n verskil is tussen ’n man of vrou in die groot stoel nie, is daar tog ’n onderskeid om te tref. LEANA LEONARD, Solidariteit se hoof: menslike hulpbronne, vertel hoe dit is om as vrou ’n bestuursposisie te beklee.

1

Wat is ’n goeie (vroulike) leier? Leierskap is ’n leefwyse. Om suksesvol in die werkplek te funksioneer, is daar ’n paar dinge wat dit vir ’n vrou makliker maak in die werkplek, soos respek vir jouself en jou medemens, oop en eerlike kommunikasie (selfs aktiewe debatte) oor alle aspekte van die onderneming, ’n ingesteldheid van probleemoplossing en ’n positiewe uitkyk op die lewe. Ek gebruik twee beginsels wat dit vir my moontlik maak om my rol te vertolk: Eerstens, dit is besigheid en nie ’n persoonlike aanval nie en, tweedens, doen wat reg is en nie wat goed is nie.Wat reg is, is meestal ook goed, maar wat goed is, is dikwels nie reg vir die organisasie of die individu nie. ’n Oulike boek deur Lois P. Frankel wat handel oor foute wat vroue dikwels onwetend in die werkplek maak, dui aan dat vroue soms dink dat om hard te werk ’n bevordering sal verseker, maar dit is nie realisties nie, want bevordering is nie net gekoppel aan harde werk nie. Frankel gaan verder deur te sê dat vroue dikwels geneig is om te glo dat ander meer weet as hulle en daarom nie aktief deelneem aan gesprekke en besluite nie. Hy gee ook leiding deur aan te beveel dat vroue seker moet wees dat hulle wel ’n tweede opinie nodig het voordat hulle een vra, en dat hulle soms moet optree en die leiding moet neem deur bloot vertroue in hul eie mening aan die dag te lê. Wat is jou uitdagings as vroueleier? Elke organisasie verskil en net so verskil elke mens, en daarmee saam is daar ’n hele paar veralgemenings en persepsies wat met die verloop van tyd neerslag gevind het in hoe ondernemings oor vroue in bestuur dink. In die nuwe inligtingsera is baie van die mites van die vorige era al ’n nekslag toegedien en is daar al baie meer vroue in bestuursposte en selfs uitvoerende poste aangestel – sommige suksesvol, ander minder suksesvol. In Suid-Afrika het daar egter gewis ’n baie groter bewustheid ontwikkel oor die rol wat vroueleiers in organisasies of maatskappye speel en ook in die toekoms kán speel. Van die uitdagings wat vroueleiers steeds tot ’n mate beleef, is die uitdaging om uitgediende

2 42

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Deur Cilleste van der Walt

Die uitdaging vir vroue is om outentiek te wees in die werkplek, om die verskeidenheid ROLLE wat hulle in die samelewing speel, te omgord en om volwaardig as individue wat tel tot die werkplek toe te tree deur die uitdagings die hoof te bied en aktief deel te neem aan die aktiwiteite van hul organisasie.XXXX

“ persepsies oor vroueleiers by hul manlike eweknieë te verander en om deur invloed die menings van ander te verander. Byvoorbeeld, ’n vroueleier kan dalk met dieselfde mate van drif ’n saak opper as ’n manlike kollega, maar word baie keer as aggressief en emosioneel ervaar terwyl die standpunt van haar kollega aanvaar word as ’n baie belangrike punt wat ter tafel gelê is. Een manier hoe vroue hierdie saak probeer beredder het, was om sagter te praat. Dit is egter nie noodwendig die oplossing nie.

3

Dink jy kultuur speel ’n rol? Die kultuur en klimaat van ’n werkplek speel ’n kardinale rol in hoe werknemers in die werkplek hanteer word. Kultuur en klimaat word bepaal deur die waardes wat die organisasie se handelings ten grondslag lê. Volgens die American Management Association (2006) word waardes ook gebruik om as riglyn te dien wanneer belangrike besluite geneem word, om die ingesteldheid van werknemers te rig, om die organisasie van mededingers te onderskei en om die organisasie só te bemark dat individue met potensiaal belangstel om deel van daardie organisasie te word. ’n Vrou vertolk in haar leeftyd ’n verskeidenheid rolle as ma, versorger, leier, ouer, opvoeder, beroepsvrou, tuisteskepper… Die lys is eindeloos. Vroue het die potensiaal om baie waarde

tot enige organisasie toe te voeg omdat elke vrou met haar unieke stel vaardighede, ambisie en eiesoortige aanslag ’n bydrae te lewer het tot die diversiteit van opinies in die organisasie.

Hoe hanteer Solidariteit seksisme? Die Solidariteit-kultuur is een van omgee, diensbaarheid, om hoop te skep en om jou roeping in die werkplek te kan uitleef, en dit laat nie ruimte vir seksistiese of selfs onregverdige optrede nie. Optrede wat nie met ons waardes strook nie, word streng deur kollegas en lynhoofde aangepak en word nie geduld nie. Ons is bevoorreg dat daar nie baie voorvalle in die organisasie plaasvind nie, bloot omdat ons almal saam die pad stap om vir ons lede en onsself ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms in die land te verseker.

4

En die vooruitsigte vir vroue? Daar is baie ander faktore wat toenemend ’n invloed het op vroueleiers in die werkplek, naamlik die hele kwessie rondom werk-lewebalans. Vroue wat ook moeders is, bevind hulle ook in ’n baie onbenydenswaardige posisie omdat hulle gekonfronteer word met ’n andersoortige skuldgevoel: Wanneer hulle omsien na ’n siek kind, voel hulle skuldig omdat hulle nie by die werk is nie. Omgekeerd, as hulle by die werk is en nie omsien na ’n kind wat hulle aandag nodig het nie, voel hulle daaroor ook skuldig.


4

INFOKUS

Vroue het eiesoortige uitdagings in die werkplek, en hoewel die speelveld al hoe meer gelyk word met manlike eweknieë, sal daar altyd verskille wees. Dit beteken geensins dat vroue nie in staat is om hierdie rolle te vertolk nie. Dit beteken wel dat daar met groter omsigtigheid te werk gegaan behoort te word wanneer organisasies hul poste struktureer, evalueer en uitlê en dat posverwagtings dienooreenkomstig aangepas behoort te word om steeds die beste belang van die organisasie te dien maar ook om hierdie uniekhede te akkommodeer. Die uitdaging aan vroue is om outentiek te wees in die werkplek, om die verskeidenheid rolle wat hulle in die samelewing speel, te omgord en om volwaardig as individue wat tel tot die werkplek toe te tree deur die uitdagings die hoof te bied en aktief deel te neem aan die aktiwiteite van hulle organisasie. In die nuwe wêreld van werk is daar ruimte vir vroue om waarde toe te voeg, en met die groeiende bewustheid hiervan is daar ook meer beweegruimte om saam te werk om organisasies en maatskappye na die volgende vlak te neem. S

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

5


INFOKUS

Onmisbare finansiële rol van die vrou

V

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM • BYKOMENDE BRONNE: FORTUNE, CNNMONEY; BEELD

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) kry selde te doen met huishoudings waar die vroulike gade nie werk nie. Ons het nie statistieke om die rede hiervoor te verklaar nie, maar op die oog af wil dit meestal voorkom asof huishoudings nie meer sonder die VROU SE INKOMSTE kan funksioneer nie, skryf FRANCOIS SMIT, besturende direkteur van SFD. roue word al meer aangetref in beroepe en in posisies wat voorheen as behorende tot ’n manswêreld beskou was. Vroue is gesofistikeerd en speel ook ’n groter rol in die wyse waarop die huishouding se geld bestee word. Die vrou is ook in baie opsigte die teikenmark in bemarkingsveldtogte. Dit hou ’n hele rits finansiële gevolge in. Dit beteken eerstens dat die vrou ’n noemenswaardige bydrae tot die huishouding se begroting lewer. Dit beteken verder dat indien die vrou ’n lewensveranderende gebeurtenis beleef, dit die gesonde finansiële voortbestaan van die huishouding kan bedreig. Finansiële beplanning vir die vrou is noodsaaklik en dit moet vir die vrou ontwerp word met haar spesifieke behoeftes in gedagte. Daar bestaan ook ’n verband tussen die bydrae wat die vrou tans tot die huishouding lewer en haar behoeftes wanneer sy wil aftree. Ook daarvoor moet voorsiening gemaak word.

’n Bydrae moet nooit gering geag word nie. Ons adviseurs het onlangs ’n geval gehad waar die vrou gedink het haar bydrae is te klein om ’n impak te hê as sy iets sou oorkom. Sy is in haar vroeë dertigs en daar is reeds twee kinders van onderskeidelik vier en ses jaar. Die huishouding se begroting het getoon dat sy, sou sy te sterwe kom, R8 000 per maand moet nalaat om steeds die huishouding ten volle te laat funksioneer. Ons het vir haar bereken dat dié R8 000 per maand, indien dit met inflasie van 8% per jaar toeneem totdat die jongste kind 22 jaar oud is, vereis dat sy net oor die R1,8 miljoen se lewensdekking benodig. Die bedrag word belê teen ’n opbrengs van 10% per jaar en sal uitgeput wees wanneer die jongste spruit die ouderdom van 22 jaar bereik. Vir die meeste mense is R1,8 miljoen ’n sleepwa vol geld en die dame kon nooit dink dat die bydrae wat sy so gering geag het, tot so ’n bedrag kon lei nie. Die risiko is ook groter hoe jonger die vrou

is aangesien daar vir ’n langer tyd voorsiening gemaak moet word, en inflasie veroorsaak dat die behoefte dienooreenkomstig vergroot. Wat ook kommerwekkend is, is die toenemende voorkoms van ernstige siektes onder jonger vroue. Veral borskanker en kanker van die vrouedele, asook kwale soos endometriose, kom baie algemeen voor. Dit is nog ’n rede waarom die vrou, benewens doodsdekking, ook haar inkomste moet beskerm. Hoewel ons hierbo heeltyd verwys na die werkende vrou, is die rol van tuisteskeppers as finansiële vrou ewe belangrik. Ek is persoonlik bewus van gevalle waar die vrou as tuisteskepper die huishouding se hele begroting hanteer en dit goed doen; in een geval tot so ’n mate dat haar man, wat in die destydse Spoorweë nagte deur gewerk het, drie eiendomme besit het. Boonop het die egpaar vir net ses maande van hul hele getroude lewe geld op ’n voertuig geskuld. ’n Tuisteskepper wat weet hoe om met ’n beursie te werk, is goud werd. S

DIE TOP-TIEN SAKEVROUE

Gail Kelly is onder die top-sakevroue in die wêreld, volgens Fortune. Sy is tiende op die lys van die 50 magtigste sakevroue in die wêreld. Kelly is ’n boorling van Pretoria en het aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer. Sy is sedert Februarie 2008 die uitvoerende hoof van Westpac, een van Australië se vier groot banke. Die res van die top-tien is: 1ste: Mary Barra (52), hoof van General Motors. 2de: Ginni Rometty (56), voorsitter, uitvoerende hoof en president van IBM. 3de: Indra Nooyi (58), voorsitter en uitvoerende hoof van PepsiCo. 4de: Maria das Graças Silva Foster (60), hoof van Petrobras. 5de: Ellen Kullman (58), voorsitter en uitvoerende hoof van DuPont. 6de: Irene Rosenfeld (60), voorsitter en uitvoerende hoof van Mondelez. 7de: Marillyn Hewson (60), voorsitter, president en uitvoerende hoof van Lockheed Martin. 8ste: Meg Whitman (57), president en uitvoerende hoof van Hewlett-Packard. 9de: Patricia Woertz (60), voorsitter, uitvoerende hoof en president van Archer Daniels Midland (ADM). 44

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za



INBEWEGING

Helpende Hand se hart om armoede aan te pak

In hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif gesels ons met DR. DANIE BRINK, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, oor die goeie werk wat dié organisasie doen om armoede onder Afrikaners aan te pak.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Wat is Helpende Hand se fokus? Helpende Hand pak armoede onder Afrikaners aan. Ons doen dit deur mense se armoede te probeer verlig, voorkom en verbreek.

46

Wat is die verskil tussen verligting, voorkoming en verbreking? Wanneer ons behoeftige persone met hul daaglikse behoeftes bystaan, dinge soos kos, klere of skuiling, sien ons dit as die verligting van daardie persoon se armoede – hul armoede is weens ons hulp effe ligter. Dit is belangrik om daarop te let dat ons slegs behoeftige weerloses se armoede probeer verlig. Wanneer ons belê in kinders se toekoms deur die finansiering van hul akademiese vooruitgang, sien ons dit as die voorkoming van armoede – ons verhinder dat hierdie kind in armoede verval. Laastens, wanneer ons iemand volhoubaar in ’n werk plaas, sien ons dit as die verbreking van daardie persoon en sy of haar afhanklikes se armoede. Watter een van die drie maniere pas Helpende Hand die meeste toe? Ons glo dat die voorkoming van armoede die

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

mees suksesvolle manier is om armoede aan te pak. Ons sien telkemale hoe die siklus van armoede verbreek word wanneer ons ’n kind bystaan met skolastiese behoeftes en vir die kind ’n beurs of rentevrye studielening vir tersiêre studies gee waarna daardie kind suksesvol ’n beroep opneem en vir die gesin sorg. Julle het seker baie mooi stories om te vertel oor julle werk? Ja, daar is pragtige suksesverhale om te vertel. Die hartroerendste stories betrek meestal kinders wat saam met hul ouers in haglike omstandighede beland, maar met die hulp van Helpende Hand weer ’n kans in die lewe gegun word: ’n Kans om hul basiese daaglikse behoeftes in ’n veilige omgewing te vervul en ’n kans om akademiese vooruitgang in ’n veilige skool te verseker. Om behoeftige bejaardes by te staan en te help om hul laaste jare rustig en gemaklik deur te bring, lê ons na aan die hart. Waarmee kan julle nie help nie? Daar is baie nood in die wêreld en soos enige ander organisasie kan Helpende Hand ook om

verstaanbare redes nie met alles help nie. Ons maak as’t ware ’n belofte aan ons 27 000 maandelikse skenkers om armoede soos hier bo verduidelik aan te pak en ons poog om streng volgens daardie mandaat te handel. Versoeke wat meriete het maar wat buite Helpende Hand se fokus val, sluit in mediese onkoste, behuising en chroniese hulp met daaglikse behoeftes aan volwassenes. Watter projekte pak Helpende Hand aan wat nie tradisioneel projekte van ’n organisasie soos julle is nie? Dit sluit in projekte soos ons insette en hulp by Afrikaanse skole. Helpende Hand wil baie graag ons Afrikaanse skole so sterk as moontlik hou. Indien ons suksesvol is, sal hierdie instansies die logiese plekke wees waar ons kinders se armoede voorkom kan word deurdat hulle akademiese opleiding van wêreldgehalte ontvang. Sommige van dié projekte sluit in die opleiding van wiskunde-onderwysers, beroepsleiding en loopbaanadvies, psigometriese toetse vir kinders en ’n entrepreneurskompetisie. S


’n

INBEWEGING

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Helpende Hand bederf oumas met ’n fliek Mens kan nie sy ervaring pensioeneer nie. Hierdie bekende woorde van Bernard Baruch het nuwe betekenis gekry toe Solidariteit Helpende Hand 100 oumas met ’n spesiale vertoning van Vrou soek Boer by die Centurion Mall bederf het. Helpende Hand het dié spesiale dag in samewerking met Time Media Films georganiseer. Mugg & Bean het elke ouma van ’n warm koppie koffie en heerlike kolwyntjies voorsien en Colour Me Green het die dekor verskaf. Die Flooze, oftewel Sorina Erasmus, ambassadeur van Helpende Hand se Oumaen-Oupa-projek, was ook daar om die dag saam met die oumas te kuier.“Ons moet tyd maak vir ons ouer mense, hulle bly spesiaal,” sê sy. Elke ouma is met groot fanfare verwelkom en het heerlik saam met een van die rolprent

Deur Grietjie Prinsloo

se aktrises, Magda Beukes, gekuier. Die dag het weer die soeklig op die nood en eensaamheid van ons bejaardes gewerp. By die koffietafels is daar hartseer verhale vertel van maatskappye soos Transnet wat nie hul verpligtings teenoor bejaardes nakom nie. “Die medies gaan elke jaar op. Met ons huidige finansies gaan ons net vir nog twee jaar kan medies hê,” vertel Suzi du Toit (80). Volgens Beukes wou sy graag deel wees van hierdie spesiale dag omdat sy wou sien dat daar nog mense is wat vir bejaardes omgee. “Ons almal gaan eendag oud word en dit gebeur gouer as wat ons dink. Sonder ons ouer mense sou ons nie vandag hier gewees het nie. Hulle het al so baie verloor – lewensmaats, vriende, familie – en dan sukkel hulle ook nog met siektes en ander probleme wat hul onderkry. Hierdie dag is spesiaal omdat ek kan sien daar is nog mense wat vir ons senior vroue

omgee,” sê sy. Een van die oumas wat saam gefliek het, Alet Boshoff, was skoon oorweldig deur die geleentheid.“Dit is my eerste dag uit in ’n baie lang tyd. Ek is baie opgewonde oor vandag en sien al lank daarna uit,” het sy gesê. ’n Ander ouma, Phia Venter, het veral die aantreklike Nico Panagio se verskyning in die rolprent geniet.“Mooi bly maar mooi. Helpende Hand het vandag die wêreld vir ons mooi gemaak,” het sy glimlaggend gesê. Michelle Burger, organiseerder van die Ouma-en-Oupa-projek, sê die oggend het baie goed afgeloop.“Die oumas het dit baie geniet en het só spesiaal gevoel dat daar sommer ’n paar trane hier en daar gevloei het. Dit is wonderlik om hierdie mense, wat soms deur die samelewing vergeet word, te kan bederf. Dis ’n belewenis wat hulle vir altyd sal herinner dat Helpende Hand vir bejaardes omgee.” S


INBEWEGING

M

FOTO’S: VERSKAF

Anita Schoeman: Die engel van Christenburg

48

y eerste indruk van Christenburg is dat dit glad nie soos ander informele nedersettings lyk nie. Die gras is netjies gesny en hier en daar staan selfs ’n versorgde blombedding. Buite die huisies is vroue besig om wasgoed op te hang of matte uit te skud. Hulle loer nuuskierig na die besoekers. Eenkant is ’n man besig om paaltjies te verf. “Kyk hoe mooi lyk dit nou, mevrou!” glimlag hy trots. Bo in die pad is daar twee ablusieblokke. Die verf peul van die mure af, maar bo-op die dak skitter splinternuwe sonpanele.“Tasol het dit vir ons geskenk,” sê Anita Schoeman, voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se Bethlehem-tak en ’n jare lange inwoner van Bethlehem. “Voorheen moes die inwoners donkies gebruik om warm water te kry.” Sy kyk na die splinternuwe vensters wat oral in die oggendsonnetjie blink.“Dit het nie so gelyk toe ek hier gekom het nie. Ek wens jy kon dit ’n paar jaar terug gesien het.” Anita is as Helpende Hand se vrywilliger van die jaar vir 2013 grootliks die rede vir Christenburg se ommekeer. Met ’n doktorsgraad in wiskunde en haar eie wiskundesentrum vir hoërskoolleerlinge is sy nie juis ’n tipiese liefdadigheidsentoesias nie. Maar dit is danksy Anita dat Christenburg vandag ’n volhoubare, funksionerende nedersetting is waar armes vir hulself ’n lewe kan bou. “Christenburg is in 1995 gestig met net ’n kerkie en klein geboue waar die Blou Rokke oor naweke saamtrekke kon hou,” vertel sy. “’n Predikant het dit later gekoop en in ’n nedersetting vir behoeftige mense omskep.” Tans bly daar net minder as 100 mense in Christenburg, waarvan meer as 90% blankes is. Hulle woon in baksteenhuisies en -kamers, asook in houthuisies. Elke inwoner moet huur betaal, wat wissel van R350 tot R1 000 per maand, afhangende van die grootte van die huis. “Die meeste mans is sekuriteitsbeamptes, motorwagte of motorwerktuigkundiges. Byna al die vroue is werkloos,” sê Anita. Die inwoners is byna almal afhanklik van maatskaplike toelaes, wat wissel van kindertoelaes, ongeskiktheidstoelaes of staatspensioene. Maar ten spyte van die ooglopende armoede, funksioneer die nedersetting baie doeltreffend. “Dit kan beslis toegeskryf word aan beter bestuur en beter spanwerk,” sê Anita.“Ons het ’n

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Deur Mariné Jacobs

Anita Schoeman

faktotum, ’n terreinbestuurder, kookpersoneel en ’n versorger aangestel. Hulle is almal inwoners en elkeen het ’n liefde, toewyding en passie vir Christenburg en sy mense, asook dieselfde missie, visie en oortuigings. Goeie menseverhoudings, konsekwente optrede, asook streng toepassing van die reëls wat in plek is, sorg dat dinge op Christenburg redelik vlot en georden verloop.” Ja, sê sy, natuurlik is daar soms dié wat nie die reëls wil nakom nie.“Hulle word sommer vinnig die deur gewys. Ons kan byvoorbeeld nie toelaat dat drank hier misbruik word nie. Dit stel ’n slegte voorbeeld vir die kinders wat hier bly en sit die individu en die gemeenskap weer terug op die pad na verval.” Alle kinders in die nedersetting is verplig om skool te gaan en daar is altyd ’n teenprestasie vir alles wat ontvang word. Die inwoners kan elke dag ’n bord kos by die kombuis koop teen R1,50 vir volwassenes en R1 vir kinders. Klere kan vir tussen R1 en R5 stuk by die klerebank gekoop word.“Ons wil nie ’n mentaliteit skep waar die inwoners nie verantwoordelikheid vir hul eie omstandighede neem nie. Daar moet samewerking van hul kant af wees,” sê sy. So hoe sien ’n werkende ma met haar eie leersentrum nog kans vir so ’n reuseprojek? “Ek wou aanvanklik net evangelisasiewerk doen, maar

het later besef dat ek én die inwoners in ons eie gemaksones vasgevang is,” verduidelik sy. “’n Passie, empatie en liefde vir hierdie gebroke mense het by my ontstaan, veral vir die kinders en bejaardes.” Sy sê dat sy die behoorlike platform wat Helpende Hand daarstel, kon gebruik om volhoubare projekte aan te pak en te implementeer. “Ek is ook so dankbaar vir Vanessa Marais (Helpende Hand se streeksorganiseerder in die Vrystaat) vir haar getroue toewyding, hulp, raad en morele ondersteuning.” Anita is egter nog nie klaar met die opheffing van hierdie klein Vrystaatse gemeenskap nie. “Ons grootste uitdaging is tans beslis die gebrekkige rioolstelsel. Ons het reeds ’n ingenieur ingeroep om met ’n moontlike oplossing en hopelik die implementering daarvan te help.” Verder is daar voortdurend ’n behoefte aan vars vleis, groente en vrugte en moet die huisies in die nedersetting dringend herstel word. “Ons benodig draad en pale vir omheinings en yskaste en vrieskaste is ook ’n dringende behoefte.” Sy glimlag vasberade.“Ek werk saam met die Here en ons is uit die aard van die saak ’n wonderlike wenspan. Ons het albei ’n intense liefde vir mense en ek veral vir kinders. Saam is ons reg vir enigiets wat die toekoms inhou.” S


INBEWEGING

Maatskaplike toelae g’n langtermynoplossing

I

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Pravin Gordhan, minister van finansies, se aankondiging tydens sy 2014-begrotingsrede dat daar teen 2016/17 ongeveer R137,6 miljard aan SOSIALE BESKERMING bestee gaan word, is met applous begroet. Maar is dit werklik iets om te vier? MARINÉ JACOBS berig.

n 2014/15 sal R121 miljard aan maatskaplike toelae bestee word, in vergelyking met die R118 miljard in 2013/14. Dié aankondiging was maar een van die talle verhogings in maatskaplike toelae wat Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy 2014-begrotingsrede bekendgemaak het. Hy het ook gesê bejaardes en gestremdes se toelaag verhoog met R85 na R1 350 per maand, terwyl die kindertoelaag met R20 na R315 verhoog. Die pleegsorgtoelaag verhoog na R830. Is ’n verhoging in maatskaplike toelae iets om te vier? vra dr. Danie Brink, Solidariteit Helpende Hand se uitvoerende direkteur. “’n Vermeerdering in maatskaplike toelae is bloot ’n bewys van ekonomiese agteruitgang,” sê hy. “Dit dui daarop dat al minder mense finansieel daartoe in staat is om onafhanklik van die staat te funksioneer en tot die land se ekonomie by te dra.” Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsinginstituut (SNI), beaam Brink se siening. “Dit is nie iets om op te roem dat die staat maatskaplike toelae aan meer mense betaal nie. Dit toon eintlik dat ekonomiese toestande waarbinne mense vir hulself kan sorg, nie verbeter het nie, maar eerder agteruitgegaan het.” Volgens dr. Irma du Plessis, ’n senior dosent by die departement sosiologie aan die Universiteit van Pretoria, is dit kommerwekkend dat die styging in maatskaplike toelae saamval met ’n regering wat sukkel om basiese dienste aan gemeenskappe te lewer. “Die belangrikste ding wat die staat moet kan verskaf as dit nie ’n toelaagstelsel wil bedryf nie, is besoldigde werkgeleenthede in kombinasie met beskerming vir diegene wat nie kan werk nie. In die afwesigheid van werkgeleenthede is staatstoelae van sleutelbelang en die feit dat meer mense by die staatswelsynsnetwerk ingesluit word, is ’n goeie ding. Die politieke implikasies [van meer staatstoelae] bekommer my, eerder as die maatskaplike of finansiële implikasies wat ek oor die algemeen as neutraal tot positief sien.” Volgens ’n onlangse artikel deur Bloomberg Personal Finance het ontvangers van maatskaplike toelae erken hulle sou werk gesoek het indien hulle nie ’n maatskaplike toelae ontvang het nie. Volgens die artikel probeer hierdie Suid-

R137,6 miljard sal teen 2016/17 deur die staat aan MAATSKAPLIKE TOELAE bestee word. R121 miljard is vir 2014/15 hiervoor begroot.

Afrikaners nie om werk te kry nie, omdat hulle voel dit is die staat se verantwoordelikheid om vir hulle te sorg. Hulle sê ook daar is in elk geval nie werk in hul dorp of woongebied beskikbaar nie. Du Plessis meen daar kan nie met sekerheid gesê word of maatskaplike toelae wel afhanklikheid skep nie.“Navorsing dui aan dat die meeste enkeltoelae gebruik word om tot ’n hele huishouding se bestaansbehoeftes by te dra.” “Dit is belangrik om te onthou selfs om betaalde werk te bekom, is toegang tot ’n inkomste nodig. ’n Persoon moet byvoorbeeld uitgawes aangaan om tot by sy werkplek te kom, om ’n werkaansoek in te dien of om die vereiste uniform of toebehore aan te koop. Tans is daar geen basiese toelaag vir volwassenes nie, so enige persoon in ’n arm huishouding wat toegang tot werk wil kry, moet dit doen deur van iemand anders in die huishouding se staatstoelaag gebruik te maak.” Volgens Joubert is die netto uitwerking in terme van individuele afhanklikheid van maatskaplike toelae baie moeilik om te bepaal.“Tot watter mate maatskaplike toelae afhanklikheid skep, is ’n veelbesproke kwessie sonder enige

klinkklare antwoord,” sê hy. “Ek dink dit is onvermydelik dat dit by talle ontvangers ’n mate van afhanklikheid skep. Onthou dat die geld tegnies slegs na mense gaan wat nie noodwendig kan werk nie – bejaardes, kinders en gestremdes. Die mate waartoe dit egter met volwasse, gesonde familielede of vriende gedeel word, sal wel ’n invloed hê op dié volwassenes se gewilligheid om werk te soek.” Volgens Brink moet die staat minder belasting hef en meer doen.“Mense moet self vir hul gemeenskap se voortuitgang verantwoordbaar gehou word, eerder as ‘n onpersoonlike staatstelsel met ingeboude ondoeltreffendheid.” Hy stem egter saam dat maatskaplike toelae nie ’n langtermynoplossing is nie, al verskaf dit intussen verligting vir miljoene mense. “Totdat die regering daartoe in staat is om ’n volhoubare oplossing te bied om ontvangers van maatskaplike toelae finansieel onafhanklik van die staat te maak, sal Helpende Hand aanhou om in opleiding te belê om sodoende die Afrikanergemeenskap te bemagtig en die tekort aan vaardighede in die land aan te pak.” S www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

49


INBEWEGING

Staal jouself by Sol-Tech vir die toekoms

“D

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Ongelukkig slaag baie skole lank reeds nie meer doeltreffend daarin om leerders met hul VAKKEUSES sinvol vir hul toekoms voor te berei nie. Dikwels word druk op leerders geplaas om ontoepaslike vakke te kies in ’n poging om die skool se slaagsyfer beter te laat vertoon, maar teen watter prys? MOIRA-MARIE KLOPPERS stel ondersoek in.

50

ie prys was tot nou toe dikwels ’n verpletterde loopbaandroom, oftewel bitter min naskoolse opsies,” sê Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech. By die meeste naskoolse opleidingsinstellings, soos Sol-Tech ook, word ’n keuringstoets onder meer as toelatingsvereiste gestel. In baie gevalle word selfs toepaslike vakke op matriekvlak as minimum vereiste gestel. Vir dié wat die verkeerde vakkeuses op skool gemaak het, is dit baie moeilik om deur dié eerste deur tot verdere leer te beweeg. Omdat Sol-Tech alte bewus is van die leemte in Suid-Afrika se onderwysstelsel het dié instelling in 2014 ’n splinternuwe kursus op die been gebring waar studente sonder ’n geslaagde keuringstoets of toepaslike kwalifikasie, wel by Sol-Tech toelating kan kry. Slegs ’n minimum van graad 9 word as voorvereiste gestel. Die kursus strek oor 12 weke en bestaan uit ’n teoretiese en praktiese deel. Teoreties word daar op wiskunde, wetenskap en tekene gefokus, terwyl daar in die praktiese deel op die inhoud van verskeie vakteorieë gefokus word. “In die praktyk beteken dit dat studente in die werkwinkels van die kollege in ’n verskeidenheid van vaardighede onderrig word, waarvoor die student later formeel krediet kan ontvang wanneer die student die industriële oriënteringskursus slaag en weer vir toelating tot ambagsopleiding aansoek doen,” verduidelik Philip Minnaar, hoof van Sol-Tech. Dit beteken ook dat studente wat die industriële oriënteringskursus suksesvol voltooi het, weer die keuringstoets vir toelating by Sol-Tech kan skryf en indien hulle slaag, direk by N1 sal kan begin aangesien die vakke dan reeds op oorbruggingsvlak geslaag is.

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

“Buiten dat die oriëntasiekursus die ideale uitweg is vir studente wat nie elders toegang sou kry tot naskoolse opleiding nie, gee die kursus uitstekende blootstelling aan praktiese vaardighede in onder meer die basiese diens van voertuie, basiese elektrisiteit, sweiswerk en meganiese masjinerie. Dit help talle studente om die deur na verdere kursusse te open en selfs om finaal te besluit in watter rigting hulle graag wil

spesialiseer,” sê Minnaar. • Vir meer inligting oor Sol-Tech se industriële oriënteringskursus, besoek www.sol-tech.co.za of stuur ’n e-pos na navrae@sol-tech.co.za S


INBEWEGING

Nuwe gesigte by Sol-Tech is reeds ou hande in die bedryf JANDRÉ BOTHA Posisie: Departementshoof en registrateur:Akademie

Wat behels jou pos? Ek is breedweg verantwoordelik vir alle studente-, registrateur- en dissiplinesake. Dit sluit in registrasie, keuringstoetse en toelatings, die uiteindelike inskrywings en al die skakeling ten opsigte van akademiese aangeleenthede met die studente en die ouers. Vertel ons meer oor jou loopbaan tot nou? Ek is ’n oudskoolhoof wat tot onlangs die besturende direkteur van ’n privaat maatskappy verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat was. Ons was verantwoordelik vir die universteit se afstandsonderrigbeen vir onderwysers. Waarom Sol-Tech? Ek was met ’n sakebesoek by Sol-Tech en het “toevallig” van die pos by die kollege gehoor. As

lid van Solidariteit was dit vir my die volmaakte passing. Nie net was die pos nader aan my huis en boonop Afrikaans nie, daar is ook ’n fantastiese waardepassing. Ek sê dus toevallig in aanhalingstekens, want ek glo hierdie loopbaanskuif was beslis deel van die Here se raadsplan vir my lewe en loopbaan. Sol-Tech is boonop ’n unieke werkplek – die standaard van die opleiding is baie hoog en waar studente by ander naskoolse opleidingsinstellings dikwels aan hul eie genade oorgelaat word, is die individuele aandag en moeite wat met elke student by Sol-Tech gedoen word, absoluut uniek.

dié rigting opleiding gee en ontvang. Ek moet sorg dat die leeromgewing opbouend en leersaam binne ’n gedissiplineerde omgewing funksioneer sodat almal op hul beste kan presteer.

DANIE DE BRUIN Posisie: Afdelingshoof: Meganies

Waarom Sol-Tech? Die waarde- en taalpassing by Sol-Tech het my onmiddellik gelok en hiér wil ek eendag aftree. Hoewel ek nie meer so regstreeks by die studente se opleiding betrokke is nie, het ek tuisgekom hier by Sol-Tech en is ek nou op ’n plek waar ek my loopbaan waarlik op ’n hoogtepunt kan afsluit. Dit is ’n unieke ervaring om met studente te werk wat nog met respek en dissipline grootword. S

Wat behels jou pos? Ek moet sorg dat die dag-totdag-opleiding in die meganiese afdeling glad en veilig verloop, en op uitsonderlike standaard is. Ek ondersteun dus die lektore én studente wat in

Vertel ons meer oor jou loopbaan tot nou? Ek het vir meer as ses jaar tegniese opleiding in Koeweit gedoen en voor dit was ek by die opleiding van onderwysers in tegniese rigtings betrokke. Ná jare van klasgee vir mense van ander kulture en tale was dit dus vir my heerlik om by Sol-Tech aan te sluit waar ek uiteindelik weer in my moedertaal opleiding kan gee.

MOENIE ONS OPEDAE MISLOOP NIE! Datums: Tyd: Plek:

7 Junie 2014 en 13 September 2014 8:30 vir 9:00 Sol-Tech-kampus, Kirkney Maliestraat 1662, Kirkney, 0182 Koördinate: 25O 42’ 52” S 26O 06’ 26” E Bring saam: Vier gewaarmerkte afskrifte van aansoeker se ID, vier gewaarmerkte afskrifte van hoogste kwalifikasie en amptelike graad 9-rapport Sukses Opleiding Loopbaan Toekoms Ekonomiese bemagtiging Christelik Hoop

Besoek ons webtuiste vandag nog by

Solidariteit Beweging

www.sol-tech.co.za

Sol-Tech


ROMOSIE APDVERTORIAL

43 000

broodwinners het in 2013 permanent ongeskik geraak, aldus die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (Asisa). ’n Bykomende 130 000 inkomsteverdieners het na raming hul lewens verloor.

Wat is jou grootste finansiële bate?

J

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Die joernalis Laura du Preez het in die vierde kwartaal van 2009 ’n artikel met ’n baie interessante invalshoek in Personal Finance geskryf. Daarin wou sy weet wat die mens se grootste finansiële bate is. FRANCOIS SMIT, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste, bied die antwoord.

52

annie Mouton, die stigter van die genoteerde PSG Groep, bestempel ’n bate wat nie oor die vermoë beskik om kontantvloei te genereer nie, as ’n baie swak bate. Die antwoord op Laura du Preez se vraag lê opgesluit in Jannie Mouton se stelling, naamlik in die verwysing na “kontantvloei”. Die gemiddelde ekonomies aktiewe persoon sal op die vraag antwoord dat sy of haar eiendom, en daarmee verwys die meeste dan na hul woonhuise, sy of haar grootste bate is. Die bate lewer egter geen kontantvloei op nie; inteendeel, dit verswelg kontant en dít teen ’n stewige pas in baie gevalle. Die meer korrekte slotsom waartoe Laura du Preez gekom het, is dat ’n mens se grootste bate ook in “kontantvloei” opgesluit is; meer spesifiek in die vermoë om ’n inkomste te verdien. Dit is ook dié inkomste wat sal sorg vir UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

die verkryging van sekondêre bates. Wat beteken dit in syfers? Gestel ’n persoon begin op 22-jarige ouderdom vir R10 000 per maand werk, is nooit sonder werk nie, en kry elke jaar ’n 7%-verhoging. Gestel die persoon kan tot op die ouderdom van 62 werk. Dit beteken dat so ’n persoon in sy of haar loopbaan van 40 jaar die potensiaal het om R44 000 duskant R24 miljoen te verdien. Die vrae wat met bogenoemde stellings verband hou, is: 1) Sal jy jou huis teen vervangingswaarde verseker? 2) Hoekom verseker mense nie hul grootste bate, hul inkomste, nie? Die antwoord lê seker opgesluit in die feit dat ’n mens nie eintlik jou grootste bate kan sien nie en hoekom sal enige persoon dan iets verseker wat hy nie kan sien nie? Dit verg nie veel moeite om die som te maak en die

waarde wat dit toon, raak te sien nie. ’n Vier-en-dertigjarige man wat rook, oor ’n driejaardiploma beskik en ’n gespesialiseerde tegnikus is, verseker sy inkomste van R34 800 per maand vir ’n skamele R390 per maand. Die premie sou 35% goedkoper gewees het as hy nie gerook het nie. Indien hy op 62 sou aftree, en elke jaar ’n 7%-verhoging gekry het, verseker hy in der waarheid ongeveer R33,7 miljoen. Ek wonder wat die premie op ’n woonhuis van R33 miljoen sou wees. Nog ’n voordeel is dat hy ’n belastingtoegewing kry op die premies verbonde aan ’n inkomstebeskermer; iets wat die premie op jou woonhuis se beskerming nie bied nie. Die som is ’n “no brainer” om dit nou sommer op sy Engels te noem! • Skakel Solidariteit Finansiële Dienste vandag nog by 0861 10 10 05 en verseker jou grootste bate! S


aksent media • 082 445 4513

Solidariteit Finansiële Dienste > doelgerigte beleggings > spaar vir aftrede > inkomste ná aftrede > brand > diefstal > ongelukskade > lewens > ongeskiktheid > inkomstebeskerming

BELEGGINGS

> hulpbronne > ontledings > oplossings

MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING

RISIKODEKKING

IS U: > bates beskerm teen brand, diefstal of ongelukskade? > lewe verseker om uself en u gesin te versorg in die geval van ’n lewensveranderende gebeurtenis? > seker u kan eendag onafhanklik aftree?

PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES

Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

Solidariteit Beweging

0861 10 10 05 www.solidariteit.co.za


jy & die Reg

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of ’n faks na 012 664 1102.

Mag ek aandring op ’n stort by die werk?

D

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Een van ons lede wil weet of daar enige bepaling is dat werkgewers storte en kleedkamers aan werknemers moet voorsien. JOHAN BÖNING antwoord.

54

ie Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (No 85 van 1993) bevat sekere regulasies in hierdie verband en die verskaffing van kleedkamers en storte aan werknemers word spesifiek in die regulasie oor fasiliteite vervat. Dié wet bepaal dat indien werknemers ’n stort moet gebruik of van klere moet verwissel, die werkgewer ’n afsonderlike kleedkamer vir elke geslag moet verskaf. Volgens die fasiliteitsregulasie [Regulasie (4)(2)(a)] mag daar nie ’n deur of ander opening in die kleedkamer wees wat regstreeks na ’n ander vertrek of vertrekke lei waar die blootstelling aan gevaarlike stowwe gelyk is aan of hoër is as die veiligheidsvlak vir daardie stowwe nie. Deel (b) van die regulasies vir geriewe verwys daarna dat die werkgewer voldoende sitplekke of rusbanke moet verskaf vir die aantal werknemers wat van die kleedkamer gebruik maak. Deel (c) bepaal dat geen materiaal, gereedskap of ander goedere wat nie deel van die kleedkamer vorm nie, in kleedkamers geberg mag word nie. Deel (d) bepaal dat ondeursigtige glas gebruik moet word indien daar vensters is. Dele (e) en (f) verwys daarna dat elke ingang van elke kleedkamer afgeskort moet word om privaatheid te verseker, en dat die geslag wat die betrokke kleedkamer gebruik, duidelik en sigbaar aangedui moet word. Deel (g) verwys na die daarstelling van geriewe wat vir werknemers beskikbaar moet wees om hul nat klere droog te kry as hul klere tydens hul werkdag nat word. Ingevolge deel (h) moet elke kleedkamer die regte ventilasie (natuurlik of kunsmatig) hê soos wat dit in die Nasionale Bouregulasies gestipuleer word. Deel (i) bepaal dat werkgewers moet verseker dat werknemers aan wie kleedkamers verskaf moet word (soos hierbo genoem), nie op ’n ander plek mag verklee as in die kleedkamers nie. Onderworpe aan die vereistes vir eetkamers, soos in regulasie 5, mag ’n werkgewer die kleedkamer beskikbaar stel vir die nuttiging van maaltye, mits dit aan die volgende vereistes voldoen:

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

• Daar moet ’n afskorting van ten minste twee meter hoog wees tussen die kleedkamer en die plek waar maaltye geëet word; en • Daar mag geen regstreekse toegang tussen die kleedkamer en die toiletgeriewe wees nie. Indien werkgewers nie aan die regulasies vir

geriewe voldoen nie, kan die werknemer dit aan die veiligheidsverteenwoordiger, veiligheidskomitee of werkgewer rapporteer. Indien die tekortkomings nie reggestel word nie, kan ’n klagte by die inspektoraat van die departement van arbeid gelê word. S


ADVERTORIAL


INBEWEGING

Verslawing vernietig toekomsdrome

“E

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Op die tweede dag van graad 8 het Johan Nothnagel reeds begin om DWELMS te gebruik deur ’n sigaret te aanvaar; hy het kort daarna begin om dagga te rook. Hierna het hy vir 13 jaar lank elke moontlike dwelm op die mark gebruik totdat hy as heroïenverslaafde in ’n rehabilitasiesentrum opgeneem is, skryf KARIN VENTER.

56

k kom uit die perfekte huis,” sê Johan. Hy het goed presteer op skool, provinsiale kleure in sport verwerf en was hoofseun van sy skool, wat alles daarop moes dui dat hy ’n gewone, gesonde tiener was. Niemand het vermoed dat hy aan dwelms verslaaf is nie, want die tekens van dwelmmisbruik is aanvanklik nie duidelik sigbaar nie. Teen die tyd dat sy geliefdes besef het hy het hulp nodig, was hy reeds volkome verslaaf. Hoewel Johan verskeie kere rehabilitasie ontvang het, meen hy dat dit 100% wilskrag van die verslaafde persoon verg om die keerpunt te bereik waar hy self besluit om te verander. Die keerpunt in sy lewe was toe hy deur die genade van God gered is. Vandag is hy reeds vier jaar vry van verslawing. Het Johan ooit vir een oomblik gedink dat hy verslaaf sal raak? “Never in a million years.” Dwelmmisbruik is ’n werklikheid in ons UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

samelewing. Dit is meestal tieners en jongmense wat swig onder die druk om gewoontevormende middels te begin gebruik, maar verslawing is nie aan ’n spesifieke ouderdom gekoppel nie. Dit kan met enigeen gebeur wat swak besluite neem. Die gevaar bestaan dat die “onskuldige” gebruik van stimulante soos kreatien- en kafeïendrankies uiteindelik tot verslawing en selfs die dood kan aanleiding gee. Volgens Johan is daar nie ’n vaste lys tekens wat op verslawing dui nie. Die beste aanduiding dat daar iets skort, is enige abnormale, ongewone en inkonsekwente gedrag. Die stigma oor verslawing in die samelewing is dikwels die rede waarom mense nie kans sien om te erken dat hulle wel ’n probleem het nie, en solank die probleem of die verslawing nie erken word nie, kan die persoon niks doen om gesond te word nie. Verslawing word later ’n chroniese toestand, met ander woorde ’n toestand wat wel onder beheer gebring kan word. Dit is baie belangrik om mense wat met

verslawing sukkel met ’n “onversetlike liefde”benadering (“tough love”) te behandel. Onversetlike liefde is ’n liefdevolle, maar streng benadering en moet gevolg word deur gesinne wat deur ’n geliefde se onaanvaarbare gedrag as gevolg van dwelm- of alkoholmisbruik verwoes word. Johan waarsku dat verwerping en liefdelose optrede teenoor verslaafdes die grootste fout is wat ouers, families of vriende kan begaan en dat die ondersteuning en liefde van hul gesin grootliks tot hul genesing bydra. Johan verduidelik dat jongmense eerder die boodskap moet hoor dat enige verslawing jou van jou toekoms, gesin en geloof beroof as wat hulle moet weet wat elke dwelm se simptome is. Wanneer ouers, familielede of vriende vermoed dat ’n geliefde dwelms gebruik, tree dadelik op deur die persoon se urine te toets en moenie deur beskuldigings van wantroue mislei word nie. Vroegtydige optrede kan ’n verslaafde se toekoms en lewe red!


INBEWEGING

’n Dwelm is ’n middel wat jou gedagtes en emosies beïnvloed en doelbewus gebruik word om jou gemoedstoestand te verander. Sommige dwelms veroorsaak ’n sogenaamde high, ’n euforie of ’n gevoel van verligting, vry van angs en spanning. Misbruik beteken dat dwelms oormatig en gereeld gebruik word. Volgens die Mediese Navorsingsraad van Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Rooikruis en die Suid-Afrikaanse Polisiediens, is sowat 237 000 Suid-Afrikaners aan dwelms verslaaf, 1,97 miljoen is alkoholiste en 25 miljoen rook dagga, wat Suid-Afrika die daggahoofstad van die wêreld maak.

HELP ’N GELIEFDE SÓ • Hê begrip, maar wees ferm, ondersteunend, kalm en eerlik. • Moenie jou geliefde beskuldig dat hy of sy ’n verslaafde is nie. Dit sal die persoon op die verdediging plaas en laat onttrek. • Deel jou gevoelens. Vertel die persoon hoe jy voel om hom of haar so te sien en wat die uitwerking van die misbruik op die familie is. • Moenie glo wat die persoon sê as hy of sy onder die invloed van die dwelm is nie. As die persoon moet kies tussen die dwelm en ’n geliefde, wen die dwelm gewoonlik. • Stel ferm grense. Afhanklikes is soos bedorwe brokkies en sal leuens vertel en manipuleer om hul sin te kry. • Hou voet by stuk.“Tensy jy hulp kry, kan ek jou nie help nie.” Of:“Tensy jy hulp kry, moet jy die huis verlaat.” Moenie leë dreigemente maak nie. • Om te help, moenie help nie. As jou geliefde geld vir kos of klere vra, moenie in die behoefte voorsien nie, want dit gee hom of haar die middele om net nog dwelms in die hande te kry. • Maak ’n lysie van plekke waar die persoon hulp kan kry en bied aan om saam met die persoon te gaan. • Dwelmmisbruik onder kinders is ’n reuse-probleem. Kommunikeer duidelik en openlik met jou kinders hieroor, bestee gehaltetyd saam en luister na hulle.Weet wie jou kinders se vriende is, maak seker by wie en waar jou kinders is en bou jou kind se selfbeeld sodat hy of sy nee sal sê wanneer dwelms ter sprake kom.

Die gevaar bestaan dat die “ONSKULDIGE” GEBRUIK van stimulante soos kreatien- en kafeïendrankies uiteindelik tot verslawing en selfs die dood kan aanleiding gee.

TEKENS EN SIMPTOME VAN VERSLAWING • Sosiale isolasie en onttrekking. Die persoon verloor belangstelling in skool, werk en sport. • Die persoon se prioriteite verander en is gereeld afwesig van die skool of werk. • Die persoon is baie geheimsinnig en huishoudelike goed kan wegraak. • Die persoon ontvang vreemde oproepe op snaakse tye van onbekende mense. • Die persoon gebruik ’n oormaat deodorant, mondspoel, wierook of kougom om reuke te verbloem.

• Dra gereeld ’n sonbril en gebruik gereeld oogdruppels. • Dra langmouklere, selfs op warm dae om spuitmerke te verbloem. • Skeep voorkoms en higiëne af en gebruik kru taal. • Gereelde verkoue, rooi oë, hoes, sere op lippe. • Noemenswaardige, onverklaarbare gewigsverlies. • Onverklaarbare gemoedskommelings. • Verset teen dissipline en verbreek reëls.

KRY HIER HULP

• Narcotics Anonymous Tel: 083 900 6962 • SANCA Tel: 011 781 6410 • South African Depression and Anxiety Group (SADAG) Tel: 0800 12 13 14 • Tough Love Tel: 0861 868 445

• Inligting bygewerk uit Living With Drug Abuse en Living With Tik Abuse – twee van die titels in Medihelp se besonderse DVD-reeks “Living With”. Besoek die webtuiste www.medihelplivingwith.co.za vir meer inligting oor die volledige reeks DVD’s. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

57


INBEWEGING

Woelwaters nou wêreldwoelers op die net

V

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

In die ou dae moes kinders werklik fenomenale prestasie op internasionale byeenkomste behaal om wêreldbekendheid te verwerf. Kinders wat wonderlike goed in hul gemeenskappe vermag of unieke talente gehad het, het hoogstens in hul plaaslike gemeenskap uitgestaan. Daardie kinders wat werklik tot op internasionale vlak bekendheid verwerf het, moes geleenthede gehad het om deur sport en kultuur of op ander gebiede die leer te kon uitklim. Hulle was maar min én baie uniek, skryf DALEEN GOUWS.

58

andag, met hedendaagse hulpmiddele, word kinders baie makliker groter geleenthede gegun om bekendheid te verwerf, op watter gebied ook al. Dat kinders vandag veel makliker ’n groter aantal aanhangers kan werf, is hoofsaaklik te danke aan die internet. Insgelyks sien ons vandag via die internet kinders dinge doen wat ons nooit vroeër eers sou weet ’n kind kon doen nie. Neem die voorbeeld van die 10-jarige Olivia Kay, wat gehore wêreldwyd op die internet met haar stem bekoor. Sy sou waarskynlik in die 60’s net haar plaaslike gemeenskap vermaak het. Ons sien op ’n daaglikse basis op die internet kinders van die wêreld wat wondere verrig. Die ensiklopediereeks Kinders van die Wêreld deur dr. C. Albertyn het jare terug vir ons ’n oorsig gegee oor wat kinders in ander wêrelddele vermag. Vandag hoef jy nie meer ’n hele reeks boeke vir hierdie kennis deur te werk nie, die internet bied dit alles vir jou. Feit bly staan: ’n Klompie van ons hedendaagse internet-kinders sou sekerlik ook die status van Kinders van die Wêreld kon verwerf. Danksy die internet het ons kinders toegang tot die wye wêreld, nie net op inligtingsvlak nie, maar ook ten opsigte van die geleentheid om hulself en hul talente te bemark. Stefanie Hefer sê in ’n artikel op www.oulitnet.co.za: “Ek glo dat ’n kind wat gewapen is met inligting en inligtingsvaardighede, ’n ingeligte besluitnemer word wat die wêreld in die oë kan kyk en ’n waardevolle bydrae tot die samelewing kan maak.” Dit bevestig dat die internet ons kinders die geleentheid bied om met ander kulture en standpunte te make te kry. Dit leer kinders om hulself te verstaan. Stefanie Hefer verduidelik: “Hoe meer jy jou in volksvreemde omstandighede bevind, hoe meer begin jy voel: Maar ek wil ook my stem laat hoor; ek wil verduidelik waaroor ek en my unieke wêreld gaan.” Is dit nie presies wat ons kinders van vandag nodig het nie? Moedig dus jou kind aan om eerder met ander kulture, kennis en ervarings op die internet te make te kry as om dié medium bloot vir inligtinglose pret soos speletjies te misbruik. S UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

25 jaar

Die wêreldwye web is vanjaar 25 jaar oud. Die Britse rekenaarwetenskaplike Tim Berners-Lee het dit in 1989 ontwikkel. Sy baas, aan wie hy dit voorgelê het, noem dit “vaagweg interessant”. WEES WEBWYS!



INBEWEGING

Waak teen hervoorskotte op verband

’n

’n Gedeeltelik betaalde huisverband kan soms ’n maklike bron van FINANSIERING vir ander uitgawes wees. Maar as jy nie versigtig is nie, kan jy jou vingers verbrand, waarsku APPIE PIENAAR, finansiële hoof van Solidariteit.

Gedeeltelik betaalde huisverband was in die verlede vir baie huiseienaars ’n vinnige bron van finansiering. Omdat die meeste huisverbande as sogenaamde toegangsverbande (“access bonds”) geregistreer was, kon ’n mens sonder veel moeite toegang kry tot die kapitaalgedeelte van die verband wat reeds gedelg is. Strenger kredietwetgewing die afgelope jaar of twee verplig banke nou om eers ’n kliënt se kredietwaardigheid en terugbetaalvermoë te hersien voordat so ’n persoon ’n hervoorskot ontvang. Maar wat is die opsies wat beskikbaar is vir huiseienaars met bestaande verbande?

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Toegangsverband ’n Toegangsverband bied die verbandgewer (die huiseienaar) geredelike toegang tot enige bykomende geld wat bo en behalwe die normale terugbetalings in die verband inbetaal is. Hierdie is eintlik net ’n baie doeltreffende spaarplan wat die verbandgewer in staat stel om ’n hoër rentekoers op sy spaargeld te verdien as wat die geval sou wees indien die geld in ’n spaarplan belê is. Pasop hiervoor: Omdat die leningstydperk konstant bly, verminder die paaiement wanneer daar bykomende geld in die verband betaal word. Die verbandgewer moet dus seker maak wat die nuwe verhoogde paaiement sal wees indien hierdie vooruitbetaalde fondse weer uit die verband onttrek word. Solank die rentekoers konstant bly, behoort dit egter nie hoër as die oorspronklike paaiement te wees nie. Hierdie is ’n veilige bron van finansiering omdat die geld wat onttrek word, geld is wat voorheen as bykomende betalings gedoen is.

60

Hervoorskot ’n Hervoorskot is waar ’n bank die verbandgewer toelaat om kapitaal wat reeds gedelg is, weer te leen. Die bestaande verband word hiervoor gebruik. Daar is gewoonlik ’n paar voorwaardes aan verbonde: Die verbandgewer moet steeds kredietwaardig wees, die eiendom se waarde moes gestyg of konstant gebly het, die terugbetalingstydperk bly konstant, en die bedrag geleen word beperk tot die verskil tussen die oorspronklike verband en die uitstaande verband. Indien die oorspronklike UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

verband dus byvoorbeeld R800 000 was en die uitstaande bedrag R600 000, sal die verbandgewer hoogstens R200 000 kan onttrek. Pasop hiervoor: Omdat die terugbetalingstydperk nie verleng word nie, styg die maandelikse paaiement en dit kan die verbandgewer onder kontantvloeidruk plaas. Om hierdie rede is banke in die praktyk nie gewillig om hervoorskotte in die laaste 5 tot 7 jaar van die lening toe te staan nie. Nuwe voorskot ’n Nuwe voorskot is waar ’n lening hoër as die oorspronklike verband toegestaan word. Dit behels ’n nuwe verband met gepaardgaande kredietondersoek en verbandregistrasiekoste. Dit sal slegs gedoen word waar daar ’n

wesenlike styging in die waarde van die eiendom was, of waar kapitale verbetering aan die eiendom gedoen word. Bou jou bates op Vaste eiendom wat oor tyd toeneem in waarde en waarvan die verband geleidelik afbetaal word, is ’n doeltreffende en seker manier om bates en rykdom te bou. Deur telkens geld teen hierdie bate te leen en dit dan te bestee op iets wat jy eintlik nie kan bekostig nie, beroof jy jouself van die geleentheid om bates op te bou. Verstandige huiseienaars behoort gebruik te maak van die spaargeleentheid wat ’n toegangsverband bied, maar behoort hulle daarvan te weerhou om hul leefstyl uit hul verband te finansier. S


’n

INBEWEGING

Fluitjieblasers en die integriteit van die media

Dekade gelede het ’n senior staatsamptenaar genoeg gehad van sy minister en direkteurgeneraal se dwarsboming van sy pogings om korrupsie vas te vat. Hy het alles probeer, waaronder om gesprek te voer met die destydse minister in die presidensie, dr. Essop Pahad. Die amptenaar, Mike Tshishonga, adjunk-direkteur-generaal van justisie, belê toe ’n mediakonferensie en kom met die hele sak patats vorendag. Hy word deur die direkteurgeneraal, Vusi Pikoli, afgedank. Kortliks kom dit daarop neer dat die destydse minister, Penuell Meduna, sy invloed uitgeoefen het dat Enver Motala kontrakte kry om likwidasies te hanteer. Tshishonga was verantwoordelik vir die afdeling wat dit behartig het, en het dié vreemde aanstellings bevraagteken.

Deur Herman Toerien

Ná sy afdanking gaan Tshishonga hof toe en wen twee sake oor sy afdanking. In dié sake, waaronder Tshishonga vs minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling en ander (JS898/04) [2006] ZALC 104 (26 Desember 2006), word ’n katnes blootgelê. Maduna tree uit die politiek. Later onthul Solidariteit boonop dat Enver Motala voorheen, onder sy oorspronklike naam, aan 93 kriminele aanklagte skuldig bevind is en daarom nie gekwalifiseer het om as likwidateur op te tree nie. Motala is in 2011 as likwidateur geskrap, nadat hy ook as likwidateur in die Pamodzi-saak aangestel was. Die rol van die media in die regspraak is ook reeds in ander kontekste, veral die hersiening van landdroshofuitsprake deur regters, bevestig. Maar in die bepaalde konteks van fluitjieblasers is hierdie as regsgeskiedenis beskryf.

Tog het fluitjieblasers dit in die praktyk nie maklik nie. AfriForum het onlangs ’n fluitjieblaser wat die Noord-Kaapse LUR en ANC-voorsitter in die hof laat beland het, onder sy beskerming geneem. Daar is kommer of fluitjieblasers voldoende beskerming ingevolge die “snoerwet” sal kan geniet. Ook werkgewers in die privaat sektor neig dikwels om teen fluitjieblasers op te tree en dan later die “regsmoeilikheid” te hanteer. Dit is ook nie eie aan Suid-Afrika nie. ’n Duitse vrou moes onlangs haar saak tot in die Europese Hof voer. Dit is dus te verstane dat werknemers dikwels eerder die media op ’n vertroulike basis sal nader om korrupsie aan die kaak te stel terwyl die fluitjieblaser se identiteit geheim bly. Maar dit vereis dat daar te alle koste op die media se integriteit staatgemaak kan word. S


INBEWEGING

WEN MET JOU KIEKIES!

Vang vandag vryheid in foto vas

Suid-Afrika is ’n land met baie moontlikhede om vry, veilig en voorspoedig te wees. Tog fokus ons dikwels op die negatiewe aspekte van ons land. Ons gaan nie ’n positiewe bydrae maak met ’n negatiewe houding nie. Daarom is hierdie jaar se tema van Solidariteit Tydskrif se FOTOKOMPETISIE “Vry, veilig en voorspoedig”. Vang daarom vandag nog die mooi van ons land Suid-Afrika met jou kamera vas. Hoe neem ek deel? Skryf in by https://tydskrif.solidariteit.co.za/fotokompetisie-2014/. Al wat jy hoef te doen, is om jou foto op dié webtuiste te laai met jou naam, van, telefoonnommer, e-posadres, adres en ’n goeie beskrywing. Dit is so maklik soos een, twee, drie. Op die webtuiste is stap-virstap-leiding om jou inskrywing te laai.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Tema en punteverdeling Vanjaar se tema is “Vry, veilig en voorspoedig”. Die foto wat ingestuur word, tel 60% van die totale punt vir die beoordeling. Die ander 40% word toegeken vir die beskrywing oor hoekom dit vryheid, veiligheid of voorspoed uitbeeld.

62

Sluitingsdatum Die sluitingsdatum vir vanjaar se kompetisie is 1 Augustus 2014. Lesers sal oudergewoonte die geleentheid kry om vir ’n lesersgunsteling te stem. Die wenner van die kompetisie sal in die UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

vyfde uitgawe van Solidariteit Tydskrif (in September) bekend gemaak word. Hou die volgende uitgawe dop om meer oor vanjaar se heerlike pryse te wete te kom. Reëls • Die kompetisie is oop vir enigiemand. • Daar is ’n beperking van vyf inskrywings. • Geen inskrywingsfooi word gehef nie. • Elke inskrywing moet die volgende bevat: • Jou foto; • ’n kort beskrywing van jou foto; en • jou persoonlike inligting (naam,van, volledige kontakbesonderhede). • Die beoordelaars se beslissings is finaal. • Enige teken van plagiaat is gronde vir diskwalifikasie. • Solidariteit Tydskrif behou die reg voor om enige van die inskrywings vir verdere publikasie te gebruik. Erkenning sal wel aan die betrokke persoon gegee word. S

FOTOKOMPETISIE

2014

VRY, VEILIG, VOORSPOEDIG



PROMOSIE

Alles oor jou begrafnisvoordeel

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

BEGRAFNISSE is die een onderwerp wat die meeste mense probeer vermy. Tog is daar belangrike dinge wat jy en jou gesin en geliefdes moet weet om die proses in daardie tyd van beproewing te vergemaklik.

64

WAT IS INGESLUIT? • Die verwydering van die oorskot van die plek van afsterwe (verwydering word enige dag en tyd gedoen). • Die berging en versorging van die oorskot. • Die verskaffing van ’n kis, volgens kontrak. • Die verskaffing van ’n naamplaat vir die kis. • Begrafnisreëlings met ’n Doves-reëlingsbeampte. • Die bespreking van die graf/krematorium by die betrokke munisipaliteit/eienaar. • Die verskaffing van 100 gewone begrafnispamflette (pamflette met foto’s word nie hierby ingesluit nie). • Die gebruik van ’n Doves-kapel (indien beskikbaar). • Die gebruik van ’n ondernemer en lykswa. • Die gebruik van ’n graftent, stoele, grastapyt en neerlaatmasjien by die graf. • Die registrasie van die dood by die departement van binnelandse sake (waar moontlik). • Die voltooiing en indiening van begrafniseisdokumente en alle toepaslike administrasie. • Gratis dekking van vervoerkoste vir die eerste 80 km van die naaste Doves-kantoor. • Afslag van 10% op grafstene wat tydens bespreking van die begrafnis bestel word. • Alle plaaslike oproepe wat vir die begrafnis en ander toepaslike reëlings gemaak moet word. • Die gebruik van die besigtigingskamer. • BTW is op alle bogenoemde koste ingesluit.

is die familie vir die balans verantwoordelik.) • Die huur van ’n kapel (as ’n Doves-kapel nie beskikbaar is nie en die familie verkies om ’n kapel te huur). • ’n Tent by die huis/kleedkamers/busse/ familiemotors. • Doktersgeld, die heffing van die mediese skeidsregter in die geval van ’n verassing (wat die uiteindelike goedkeuring vir verassings gee) en die koste van ’n doodsertifikaat (waar van toepassing). • Bykomende kilometer wat gereis moet word. Die eerste 80 km van die naaste Doveskantoor word gedek, daarna is die familie soos volg verantwoordelik vir die bykomende kilometer gereis: • Van 81 km tot 200 km word R5,15 per kilometer gehef (BTW uitgesluit). • Van 201 km tot 400 km word R4,74 per kilometer gehef (BTW uitgesluit). • Van 401 km en meer word R4,45 per kilometer gehef (BTW uitgesluit). • ’n Bykomende bedrag van R670 word gehef op begrafnisse en verassings wat nauurs, op Sondae of op vakansiedae gehou word. • Blomme vir die kis en die kerk. • Die verwydering van longe (indien nodig). • Kerkkoste asook die vergoeding vir die predikant, orrelis en koster. • Die plasing van doodskennisgewings in koerante.

WAT IS NIE INGESLUIT NIE? • As die oorledene deur ’n ander begrafnisondernemer vervoer is en Doves dan die oorskot na ’n Doves-kantoor moet verskuif, moet die familie die koste van die ander begrafnisondernemer dek. • As ’n ander kis (as wat volgens die kontrak bepaal word) gekies word, is die familie verantwoordelik vir die verskil in koste. • ’n Houtkissie vir as (indien verkies). • Krematoriumkoste. • Munisipale koste – dus die koop en grawe van die graf. • Die plasing van die oorledene se as in ’n nis in ’n gedenkmuur. • Die verskaffing van bykomende gewone begrafnispamflette teen R2,00 per pamflet. (As die familie pamflette met foto’s in verkies,

EN BYKOMENDE KOSTE? • Begrafnisondernemers: As die oorskot eers deur ’n ander begrafnisondernemer vervoer is en die oorskot dan deur Doves afgehaal word, kan die familie tot R3 420 vir die diens van die ander begrafnisonderneming betaal. • Kis: Word bepaal deur die keuse van ’n kis. • Askissie: Kan tussen R456 en R1 710 kos. • Krematorium: Tussen R1 026 en R2 022. • Munisipale grafkoste: R330 tot R3 846. • Die plasing van as: Die koste hiervan hang af van die perseel waar die as geplaas word. • Bykomende programme: R2,00 per program. • Programme met foto’s: Dié programme kan tot R18,50 per program kos. • Huur van kapel: Die koste van ’n kapel word bepaal deur die keuse van ’n kapel. • Huur van tente en stoele: Dit word bepaal

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

• • • • • • • •

deur die grootte van die tent en die aantal stoele wat gehuur moet word. Huur van busse en ander voertuie: Tussen R969 en R2 850 per bus/voertuig. Doktersgeld: Tussen R399 en R1 800. Bykomende reiskoste: Word bepaal deur die aantal ekstra kilometer wat gereis word. Begrafnisse wat nauurs, op Sondae of op vakansiedae gehou moet word: ’n Bykomende bedrag van R670 word hierop gehef. Vars blomme: Die koste sal afhang van die familie se keuse van ruikers, maar kan tussen R285 en R1 140 beloop. Verwydering van longe: Die koste hiervan beloop ’n minimum van R585, maar hang af van die dokter se heffing. Kerkkoste: Dit wissel, maar die gemiddelde koste strek van R627 tot R1 311. Doodskennisgewings: Die koste hiervan word deur die betrokke koerant bepaal.

Vir meer inligting oor jou Solidariteitbegrafnisvoordeel of om die besonderhede van jou naaste Solidariteit-kantoor te kry, skakel 0861 25 24 23. Of skakel die Doves Careline by 0860 02 55 00.


ADVERTORIAL

Your funeral benefit: All the facts

Most people prefer to avoid the topic of FUNERALS. Yet, there are important things about the process you and your family and loved ones should know to make these trying times easier. WHAT IT INCLUDES • Removal of the deceased from the place of death (this service is offered at any day and time). • Storage and tending to the remains. • Provision of a coffin as per contract. • Provision of a name plate for the coffin. • Funeral arrangements in consultation with a Doves consultant. • Booking of grave/crematorium at the relevant municipality/owner. • The supply of 100 ordinary standard funeral leaflets (brochures with photos not included). • The use of a Doves Chapel (if available). • The use of an undertaker and hearse. • The use of a grave tent, chairs, grass carpet and lowering device at the grave site. • Where possible, the registration of the death at the Department of Home Affairs.

DID YOU KNOW? As a Solidarity member, you receive a discount of 10% on tombstones. Join today! Phone 0861 25 24 23.

• The completion and submission of funeral claims documentation as well as all other relevant administration. • Free coverage of transport costs for the first 80 kms from the nearest Doves office. • A discount of 10% on tombstones ordered when the funeral is being arranged. • All local calls made in respect of the funeral and other relevant arrangements. • Use of the viewing room. • All the above costs include VAT. WHAT IT DOES NOT INCLUDE • If the deceased was transported by another undertaker and Doves have to move the remains to a Doves office then the family would be responsible for the cost of the other undertaker. • Should a casket (other than stipulated in the contract) be chosen the family is responsible for the difference in price. • A wooden ashes casket. • Crematorium costs. • Municipal costs, in others words, purchasing of grave site and digging of grave. • Placing the ashes in a niche in a memorial wall. • A supply of additional standard funeral leaflets at R2,00 per leaflet. (Should the family want leaflets with photos, then the family will be responsible for the balance). • The cost of hiring a chapel (if a Doves chapel is not available and the family prefers to rent a chapel). • A tent at the home/cloakrooms or at bus/family car parking areas. • Doctors’ fees, charges of the medical referee (who gives final approval for a cremation) and, where applicable, the cost of a death certificate. • Additional travel costs for distances exceeding 80 kilometres as follows: • R5,15 p/km for distances from 81 to 200 kilometres (excluding VAT). • R4,74 p/km for distances from 201 to 400 kilometres (excluding VAT). • R4,45 p/km is charged for 401 kilometres and more (excluding VAT). • A surcharge of R670 will be charged for funerals and cremations that take place after

hours, on Sundays or on public holidays. • A coffin spray and floral arrangements in the church. • The removal of lungs (if so required). • Cost of hiring a church as well as paying for the services of the minister, organist and sexton. • Publishing of death notice in newspapers. AND ADDITIONAL COSTS? • Funeral undertakers: If the remains had initially been transported by another undertaker and need to be fetched by Doves, the family could pay up to R3 420 for the services of the other undertaker. • Casket: Depends on the choice of a casket. • Ashes casket: Can vary between R456 and R1 710. • Crematorium: Between R1 026 and R2 022. • Municipal cost of grave site: R330 to R3 846. • Placing of the ashes: The cost will depend on the site where the ashes will be placed. • Brochures in excess of 100 at R2,00 a programme. • Programmes with photos can cost up to R18,50 a programme. • Hire of a chapel: The cost will be determined by the choice of chapel. • Hire of tents and chairs: It will depend on the size of the tent and the number of chairs that need to be hired. • Rental of buses and other vehicles: Costs vary between R969 and R2 850 a bus or vehicle. • Doctor’s charges: Between R399 and R1 800. • Additional travel cost: This is determined by the number of extra kilometres travelled. • Funerals that have to take place after hours or on Sundays: A surcharge of R670 applies. • Fresh flowers: The cost will depend on the choice of floral arrangement but could vary between R285 and R1 140. • Removal of lungs: The cost could be a minimum of R585, but would depend on the doctor’s charge. • Church costs: These costs vary, but on average it ranges between R627 and R1 311. • Death notices: The cost is determined by the relevant newspaper. www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

65


INBEWEGING

Maroela Media: Kom snuffel gratis saam Het jy al die lekkerste AFRIKAANSE KUIERPLEK OP DIE INTERNET ontdek? By Maroela Media kan jy (gratis) nuus lees, op die hoogte bly met wat in die Afrikaanse musiekwêreld aan’t gebeur is en selfs jou gunsteling-rugbyspan ondersteun. Hier is ’n lusmakertjie van wat jy nog op Maroela Media kan kry: Eg Suid-Afrikaanse resepte, taaltoffies, en nuus oor die nuutste Afrikaanse boeke. Kuier saam by maroelamedia.co.za, of sluit aan op Facebook, Twitter en YouTube!

mar ela media

GEMMERKOEKIES

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM; VERSKAF

BESTANDDELE 6 k koekmeel 1 k botter 2 k suiker 2 e gemmer 2 eiers 1 k goue stroop 3 t koeksoda ¼ t sout

O, MY LIEWE AARDE!

DIE LEES WERD

Wat gebeur in ’n vulkaan wanneer dit uitbars? Wat is die wêreld se grootste stad? Hierdie kinderensiklopedie ondersoek elke aspek van ons wêreld, van die aarde se kern tot die buitenste ruim, van die Noordtot die Suidpool. Met ’n magdom feite, kaarte, verduidelikings, illustrasies en foto’s is hierdie ensiklopedie die allerbeste gids tot ons planeet wat jy kan kry. Dié boek word uitgegee deur Human & Rousseau en kos R320. UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

METODE

1. Klits die botter en suiker goed saam en voeg dan die eiers by. 2. Gooi stroop en gemmer by, en daarna koeksoda, aangemaak met 2 e melk. 3. Sif dan die meel by en meng goed. 4. Maak balletjies en druk plat in ’n pan (moenie dit uitrol nie). 5. Bak vir 20 minute in ’n matige oond (180 °C) tot ligbruin.

Die Aarde: ’n Ensiklopedie vir kinders John Woodward

66

SMUL SAAM

Uit: Knuppeldik aan koningskos, uitgegee deur Knuppeldik Trust. Bestel by Carien Liebenberg, 083 319 9636

LEER MEER!

IS JY GEKONFYT?

Uitdrukking: Gekonfyt wees in iets Betekenis: Iets deeglik ken

Waar kom dit vandaan? In Nederlands het dit ’n ongunstige betekenis, waarskynlik omdat dit uit ’n werk van die Franse skrywer Mérimée kom (Chronique du temps de Charles IX) waarin hy die koning beskryf as ’n vrolike vent wat deeglik in slegte streke gekonfyt is. Die woord konfyt gaan terug op die Frans confire,“om in te lê”, en dus by uitbreiding om deurtrek te wees van iets, soos ingelegde vrugte.


INBEWEGING

Moderne jong Afrikaners wil Afrikaners se beeld POSITIEF HERSKEP. Hulle wil nie skaam wees om hulself Afrikaners te noem nie.

Ons beeld is ons eie verantwoordelikheid

H FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

’n Week of twee voor die bom oor die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit in die media gebars het, het Hannie Boshoff, die FAK se nuwe kommunikasiebeampte, by ’n personeelvergadering gevra:“Wat is die plan om die AFRIKANER SE BEELD positief te verander?” skryf dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK. annie het geargumenteer dat wanneer ’n persoon die woord “Afrikaner” google, roep dit beelde op van die AWB, Nazi’s, Regses, die Boerevolk, twis, verdeeldheid, etnisiteit, oorlog en verraad. Hannie en haar generasie sien hulself as volledig deel van die nuwe Suid-Afrika. Hulle is net voor 1994 gebore en het min historiese agtergrond. Hulle is trots Afrikaans en wil graag ook trots Afrikaner wees. Hannie is deel van ’n generasie jong Afrikaners wat nie vasgeverf wil word in ’n outydse, verkrampte, verregse Afrikanerhoekie nie. Sy verstaan dat niemand anders negatiewe persepsies oor Afrikaners gaan verander as ons dit nie self doen nie. Om dié rede wil sy, as deel van ’n nuwe generasie jong Afrikaners met ’n globale bewussyn, hard werk om ’n nuwe, positiewer en aantrekliker Afrikanerbeeld te skep. Onderliggend aan Hannie se behoefte aan ’n aantrekliker Afrikanergemeenskap lê die stokou debat van NP van Wyk Louw en dr. Hendrik Verwoerd. Louw se vertrekpunt was dat Afrikaners aantreklik vir die buitewêreld moet wees. Om dié rede het Louw ’n aristokratiese ideaal voorgehou waar net die mooiste, hoogste en skoonste ideale in taal en gemeenskap nagestreef word. Sy pleidooi vir oop gesprek was juis om die harde kante van Afrikanerwees te versag in ’n tyd toe gesprekke beperk was tot eie kring en kritiese stemme

gesmoor was. Daarteenoor het Verwoerd gemeen dat Afrikaners moet konsolideer en vanuit ’n kragdadige posisie standpunt moet stel. Geen wonder dat Verwoerd tydens die Republiek se vyfde verjaarsdag op die hoogtepunt van Afrikanernasionalisme Louw se vertrekpunt voor die skare van 750 000 mense verdoem het met die uitspreek van sy begeerte dat daar eerder skrywers en digters na vore sal tree “wat nie weifelend vra: wat is ’n volk nie?, maar wat kan uitjubel: Dit is my volk, so kan hy ook wondere verrig...” Jaap Steyn skryf in sy Louw-biografie oor die tragedie van dié debat wat die begin was van die groterwordende breeklyn onder Afrikaners. Enige kultuurgemeenskap het “diplomate” nodig – hulle reël die verhouding na buite – maar ook “beskermers” wat vir integriteit na binne sorg. Kultuurgemeenskappe ontspoor as hulle eensydig klem op enigeen van die twee plaas. Die links-regs-verdeling tussen Afrikaners vanaf die era van Verwoerd is self ’n aanduiding van die onvermoë om hierdie dinamiese kragte weer te bind. Sonder die oop verhouding na buite verstar gemeenskappe, sonder eie integriteit verval hulle in opportunisme. Die nagevolge van die Verwoerd-Louwdebat eggo tot in ons eie dag. Regses klou nog aan ’n geslote binnekant vas; opportuniste buig daarenteen voor elke ideologiese windjie. Wanneer ’n debat soos dié rondom Puk losbreek, sinspeel laasgenoemde op die ou per-

sepsies van Afrikanerkrag, bastions, laer trek met beskuldigings van outokratiese optrede. Alles wat nie in die blokkie van die heersende ideologie en polities korrekte maatstawwe inpas nie, word aan apartheid en nog erger aan nazisme toegedig. Diegene maak hulle skuldig aan historiese inbeeldings wat ongenuanseerd eietyds vertolk word. Hierdie ideologiese historiese inbeeldings lei tot veralgemening en uiteindelik tot vervreemding. Aan die ander kant is dit ’n ope vraag of Afrikaners genoeg verantwoordelikheid neem om hul beeld aantrekliker vir jong Afrikaners te maak? Het Afrikaners ’n openheid om hul gemeenskaplike tradisies saam met die tye te verander en in ’n moderne idioom aan te pas? Moet Afrikaners nie medeverantwoordelikheid dra as hulle deur ou tradisies in ’n nuwe hoek vasgeverf word nie? Moderne jong Afrikaners wil Afrikaners se beeld positief herskep. Hulle wil nie skaam wees om hulself Afrikaners te noem nie. Afrikaners wat ernstig oor die langtermynvoortbestaan van ’n geloofwaardige kultuurgemeenskap is, is dit aan Hannie en haar generasie verskuldig om met groter erns anderkant die ou debatte en inbeeldings van die verlede te tree. Hannie is ’n trotse oud-Puk. Sy wil as Afrikaner ’n positiewe verskil maak. Laat ons debatte nie nog onnodige historiese bagasie op jong Afrikaners se rug laai nie. Kom ons gee Hannie en haar generasie ’n regverdige kans. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

67


INBEWEGING

Sakke propvol voordele vir ons lede

Hierdie is ’n opsomming van die voordele wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderhewig aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos vervat in die Reëlboek, en kan sonder vooraf kennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Nuwe lede, wat bewys kan lewer dat hulle lid was van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy direk voor aansluiting by Solidariteit, is dadelik op voordele geregtig, met dien verstande dat waar so ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word. LIDMAATSKAPKATEGORIEË

1 Kollektiewe lede

Kollektiewe lede is lede in diens van ’n werkgewer met wie Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of van ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling ingedeel word. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede, ongeag ouderdom, kwalifiseer vir alle voordele.

68

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Individuele lede

2

Individuele lede is lede wat by aansluiting 50 jaar of jonger as 50 is en by ’n werkgewer werk waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar of ouer word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle voordele.

3 Ondersteuningslede

Hierdie kategorie van lidmaatskap is ingestel op versoek van mense wat die visie van Solidariteit steun, maar nie kwalifiseer vir een van die ander kategorieë nie. Dit wil sê individuele lede wat by aansluiting 50 jaar of ouer as 50 is. Ondersteuningslede kan sekere voordele benut, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.


INBEWEGING

Kry Solidariteit in die palm van jou hand! Laai ons toepassing (app) af by app.solidariteit.co.za. Jy staan die kans om ’n Samsung Galaxy Tab 2 te wen. Is jy nog nie ’n lid nie? SMS die woord “lid” na 34388 of skakel 0861 25 24 23. Lidmaatskap kos R96 per maand vir individuele lede en R94 per maand vir kollektiewe lede.

ALTYD AAN JOU KANT Arbeidsake

Gratis regshulp en hulp met arbeidsake Lede kry advies van deskundiges ten opsigte van alle arbeidsake soos dissiplinêre ondersoeke, werkongelukke en werkprobleme. Gratis regsverteenwoordiging word verskaf vir werkverwante arbeidsake wat na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie of die arbeidshof verwys word. • Besoek www.regsdienste.co.za

Kollektiewe bedinging Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.

Permanente mediese ongeskiktheid*

* BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD – SKAKEL 0861 25 24 23 • FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap en wat spesialisverslae en bewyse van hul werkgewers voorlê dat hulle permanent ongeskik vir enige werk in die ope arbeidsmark is, ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 500. Eise moet binne ses maande ingedien word.

’n Bevallingsvoordeel van R1 250 word vir elke bevalling aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit betaal. Aansoeke moet binne ses maande ná die bevalling ingedien word.

Solidariteit Tydskrif

Lede ontvang ses keer per jaar ’n eksemplaar van Solidariteit Tydskrif waarin aktuele kwessies in die wêreld van werk asook die Solidariteit Beweging se werksaamhede gedek word.

Begrafnisplan • ’n Gehaltebegrafnis word aan elke lid en sy of haar huweliksmaat verskaf. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte asook die begrafnisdiens in. • In die geval van ’n verassing word ’n kis en ondernemersdiens voorsien. • ’n Begrafnis vir die lid se afhanklike kinders tot ouderdom 21 jaar word voorsien en is van dieselfde gehalte as dié vir volwassenes. Die ondernemersdiens word slegs deur Dovesbegrafnisdienste behartig. • Die gade kan aansoek doen om aan te bly as lid ná afsterwe van die hooflid. • Die las van begrafnisreëlings word verlig deurdat Solidariteit en Doves die reëlings tref.

BYKOMENDE DIENSTE

Motor- en huisinhoudversekering

Hierdie groepskema verskaf uitstekende premies by Auto & General aan lede. Vir ’n gratis, verpligtingvrye kwotasie, skakel 0860 34 62 53.

S I N 6 1 3 8 5 2 X -

Hulp met ondersoeke Hulp in verband met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en voordele van die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual word verleen, asook hulp in verband met werkverwante ongeskiktheidseise.

Bevallingsvoordeel*

Sterftevoordeel (Doves-kontrak)*

WEN! WEN! WEN!

VRY,

FOKU S

BEROEP GESON SDHEID EN -VEILIGH BLADSY EID

VEILIG,

VOORSPOE DIG Helpe nde belê R1,5 Hand in gemee miljoen nskappe

Solidarit eit

rum:

APP

IS UIT

DIE MO U

01 • 2014

www.soli dariteit.co .za R16 95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

9 77 168 3

34

Renate

“Ek’s dankbaBarnard: ar ondank s die diskrim inasie”

AfriFo

Safe, prospe communitiesrous possible Vakbo nd aan met gee pas en gesondveiligheid heid

Solida riteit palm van nou in die jou HAN DD

HAN

de te HELPENDE EKO om armoe ek se hart NO verbre voorkom,MIE

562 000

verlig, * SA het groter koek 2014 nodig * Is there IESING ap hope for VERK ke landsk econom y? * Geson Sódelyk politie bestuur maak LITY vakbond voors ER QUAbomb – * Financial WAT poedi timeg freedo a ticking study m toorum * Spaar nou retire vir kind AfriF se opleid ing

Solida riteit Beweging

: DIE PUK unte RIE BY PENA beplan oor brandp Beraad

UPSIE KORR

G INvetter AK ST beursie maak nie

PROTECTS HOW LAW LOWERS WHISTLE-B

dit weer “Ek sal sê doen,” aser fluitjiebl

4 • 201

02 it co za www solidarite (BTW ingesluit) R16 95 lede Gratis aan

3 168 9 77

000 562

riteit Solida ging Bewe

~ BLADSY

28

RMASIE TRANSFO onsentrasie” oor “oork heard soon

er sing gewei

S FOKU

VAT VROUE DIE VLAM IN WERKPLEK 36 BLADSY

MOED RIMI TEEN DISK

* Verpla g system: Case to be lar” rankin man “irregu a white * SAPD mending sformeer * Recom reeds breedweg getran diens * Staats DIE

OM TE

NASIE,

VEG

ONS HET

FHA STAATSA

NKLIKHE

ID, BED

ROG

Uitbetalings bykomend tot begrafnisplan • ’n Kontantbedrag van R3 000 word by afsterwe van ’n opbetaalde lid aan die huweliksmaat of afhanklike kinders beskikbaar gestel. • ’n Bedrag van R2 000 word aan ’n lid wat volle ledegeld betaal, beskikbaar gestel as ’n huweliksmaat te sterwe kom. • Kontantuitbetalings aan ’n volle lid by die afsterwe van kinders behels die volgende: • Kinders tussen 14 en 21 jaar: R1 500 • Kinders jonger as 14 jaar: R1 000 • Kontantuitbetaling wissel as beide die man en vrou lid van Solidariteit is. • Eise moet binne 6 maande ingedien word. Korting op grafstene ’n Korting van 10% op grafstene is met Doves beding. • Lees meer op bladsy 64.

Studievoordeel*

Lede van Solidariteit, asook hul afhanklike kinders tot en met die ouderdom van 21 jaar, ontvang 20%-afslag om by Akademia te studeer. Besoek die webtuiste www.solidariteit.co.za vir die volledige bepalings en voorwaardes. • Lees meer oor Akademia op bladsy 26.

Solidariteit Regshulppakket

Vir ’n bykomende premie van slegs R90 per maand kan lede en hul afhanklikes omvattende regsdekking geniet, dit wil sê buite arbeidsverband. Die voordele behels dekking vir siviele en strafregsake (krimineel), telefoniese regshulp, toegang tot regsdokumente en afslag op onder meer oordragte. Geniet dekking ter waarde van R45 000 per jaar (beperk tot R20 000 per saak). • Skakel 0861 SOL REG (0861 765 734).

Solidariteit Aftreeplan

Solidariteit Finansiële Dienste hanteer die bemarking van die Solidariteit Aftreeplan. Dié produk is ontwikkel as ’n uitvloeisel van die feit dat so min Suid-Afrikaners onafhanklik kan aftree en word in samewerking met Allan Gray aangebied. • Skakel 0861 101 005.

Testamente en bereddering

Elke lid het toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelbereddering kan teen ’n markverwante heffing gedoen word. • Skakel 012 644 4300. S

www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

69


INBEWEGING

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Bellville

Ettienne Pio (litigant), Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

Bloemfontein Pieter Burger Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Straatadres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

Boksburg Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Coenie Rheeder (litigant) • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden, Elize Pohlman • Tel: 011 913 0783/1101 Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

Carletonville Dana Viljoen Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Ellisras Jan Pretorius, Deon Viviers Tel: 083 651 5760 (Jan) of 078 802 0343 (Deon) Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

Klerksdorp Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffelspark, Kantoor 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp

70

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Kathu

Gert van Wyk,Adéle Liebenberg Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

Lydenburg Quintus Sliep Administratiewe beampte: Bianka du Preez Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v.Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

Newcastle Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

Pietersburg Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg

Port Elizabeth Wynand Strydom Administratiewe beampte: Yvette Stroebel Tel: 041 364 3219/2925/3225 Faks: 041 364 2927 Straatadres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057

Pretoria Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin,Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha, Jahni Cowley Administratiewe beamptes: Christa Louw,Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee& Van Rensburgstraat, Mayville

Richardsbaai

John Smith Administratiewe beampte: Chantelle vd Merwe Tel: 035 753 1935 of 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

Rustenburg Johan Nell (litigant), Herman de Jongh, Jan du Plessis Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Carisma Breet Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

Secunda Andy O’Toole Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

Vaaldriehoek Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Elize du Plooy, Le Roy Fritz (litigant) Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 931 3171 / 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130

Welkom Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel nr. 5, Eerste vloer,The Strip, Metro Village, Stateway 312,Welkom

Witbank Cornelius van Leeuwen, Christo Hattingh Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


Solidariteit Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAG van die WET aan jou kant! Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R90 per maand.* • • • •

Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

aksent media • 082 445 4513

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Skakel ons vandag nog by

Solidariteit Beweging

0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 5277


INBEWEGING

Konsentrasiekampherinneringe II

B

In 1989 het ALANA BAILEY die voorreg gehad om met die honderdjarige tannie Lucy Rabie (gebore Cilliers) oor haar HERINNERINGE AAN DIE ANGLO-BOEREOORLOG te praat. In die vorige uitgawe het tannie Lucy vertel hoe haar pa en twee broers op kommando gegaan het en die res van hul gesin later na Kroonstad se konsentrasiekamp geneem is. Hier is haar vertelling oor die lewe in die kamp in haar eie woorde wat nog nooit gepubliseer nie: y Kroonstad moes ons [uit die trein se beestrokke] afklim soos ons name afgelees is. Ons het die nag in die Hollandse Kerk geslaap. Almal het maar vir hulle banke gesoek om op te slaap. Kort-kort sien jy iemand staan op en sê:“Nee, die bank is te hard!” Dan slaap hy of sy weer op ’n ander bank. Ons het die dag daar gebly en toe kom sê ’n Engelsman ons moet na die konsentrasiekamp toe gaan. Hy het gesê:“For how long I don’t know, but I hope it will be very soon.” Ag, en toe begin die ellende en siekte… Die kos was nie te sleg nie, ons het darem blikkies vleis gekry. Ons het so twee jaar daar gebly – my ma, my skoonsuster, haar seuntjie, my broertjie Ryk en ek in ’n ronde tent. My skoonsuster was soos ’n ambulanssuster. Sy het na die siek mense in die kamp gekyk. Haar uniform was rooi en blou. My ma het baie siek geword. Sy het “enteric fever” gekry en moes na die hospitaal gaan. Dit was ook ’n ronde tent. My skoonsuster het vir my ma biltong gemaak van die vleis wat ons gekry het. Dit het sy in ons tent opgehang om droog te word. Ná twee maande is my ma uit die hospitaal uit. Die kinders van die Khaki-Boere het baie met ons gespot. Hulle het nare goed vir ons geskreeu soos “Ag, julle ou Boere!”, maar hulle was dan self Boere – al was dit Khaki-Boere. Hulle het dit lekker gehad, dubbeltente, alles “uitgeline”. Van ons klomp maats was ek altyd die leier. In die aande het ek oor die draad geklim en die toue van die Khaki-Boere se tente losgemaak. Agterna het mense baie lelike goed van die Engelse gesê, maar ek moet sê, hulle het ons nie so sleg behandel nie. Hulle het soms “sweets” en “chocolates” vir ons kinders gegee en ordentlik met ons ma’s gepraat. Ons kinders het maar “ring-a-ring-a-rosies” of “aljare aljare so deur die bos” [sic] gespeel, maar meeste van die tyd met die kinders van die Khaki-Boere baklei.

72

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

ONS MOET ONTHOU! Kraal Uitgewers se pragtige boek Onthou! bied aan lesers ’n unieke blik op die ervarings van vroue en kinders in die Britse konsentrasiekampe. Met meer as 200 foto’s, waarvan die meeste nog nooit voorheen gepubliseer is nie, is dié boek ’n versamelstuk. Dit is die vyfde boek in Kraal Uitgewers se Erwe van ons Vaad’re-reeks. Onthou! bestaan uit drie dele wat onderskeidelik die ontstaan van die Britte se verskroeideaardebeleid en oprigting van konsentrasiekampe behandel, meer as 30 vroue wat self die kampe beleef het se verhale vertel, en die geskiedenis beskryf van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein wat opgerig is ter herinnering aan die nagenoeg 27 000 Boerevroue en -kinders wat in die konsentrasiekampe gesterf het. Bestel Onthou! by Kraal Uitgewers teen R520 (R60 posgeld uitgesluit).

“ ”

Die huis was heeltemal afgebrand. My ma het met ’n stok in die as rondgekrap en daar kry sy toe ons swart skinkbord.

Op ’n dag kom manne op perde verby. Hulle het wit vlaggies en sê dis nou vrede. Nou kon ons terug huis toe, maar eers moes ons na ’n ander kamp toe om daar vir my pa te wag. Op ’n dag sê my broer hy is seker my pa sal die dag kom. Ons moet na die hek toe om hom daar te ontmoet, maar die hek was ver van die kamp af. Twee troepe het by die hek waggestaan. Hulle keer ons voor en vra waar ons heengaan. Ons vertel toe vir hulle. Ek het ’n bont siskappie op gehad. Ons ma’s soek na ons, want hulle weet nie waarheen ons weg is nie, maar ons gesels te lekker met die troepe. Ek het Engels goed geken. Die een vra my hoe oud ek is. Ek dog toe ek moet sê dat ek oud is, dan sal hulle my by die hek uitlaat. Ek sê toe:“Twenty-one”. Ek onthou nou nog dat die een toe sê: “By God, you are pretty ancient!” Toe my pa wel eendag kom, is ons saam huis toe, Parys toe. Die huis was heeltemal afgebrand. My ma het met ’n stok in die as rondgekrap en daar kry sy toe ons swart skinkbord. Ek het later blomme daarop geverf. Dit is nog in ons familie... Ek moet nog van die oorlog vertel. My pa was ’n kommandant of iets. Ek kan nie mooi onthou nie. Ná die oorlog vertel iemand my dié storie. Op ’n dag sit my pa-hulle en pap eet. Hulle sien hier kom twee Engelse op blink perde aangery, maar die Engelse sien hulle nie. My pa gaan staan toe voor hulle en sê:“Hensop!” Hulle het hulle glo byna dood geskrik. Hy het hul wapens afgeneem en toe eet hulle maar almal saam pap. Toe dit donker word, het hy hulle al hul klere behalwe hul broeke laat uittrek, en toe sê hy vir hulle:“Go, and may the darkness go with you!” • Ná 90 jaar was dit al wat tannie Lucy kon onthou – alles ook nie meer 100% feitelik korrek nie, maar tog ’n aangrypende verhaal van mense wat onder uiters swaar omstandighede hul gesinslewe met waardigheid probeer voortsit het. Die Cilliers-gesin was maar een van duisende gesinne wat hierdie ontberings tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) gely het. S


in Retrospek

Marietha Malan is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ’n ma van vyf.

Die reënboog ná die reën Laas Sondag strompel ek vyfuur die oggend badkamer toe. Ek het Saterdagaand eers ná twaalf by die huis gekom nadat ek Marietjie by die Barnyard-konsert gaan haal het, en my hele wese protesteer teen regop-wees op hierdie donker, droewige reënoggend. Maar vasberade was ek my gesig met koue water en drink later ’n stewige lepel Bioplus om te help dat my oë oopgaan. Fochville toe sal ek vandag ry. Ek moet gaan luister na my middelkind se eksamenpreek.

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

M

y jong wordende domineekind is die laaste tyd deur etlike plate dorings op sy lewenspad. ’n Groot liefdesteleurstelling het hom letterlik in rou gedompel. Toe beland hy in die hospitaal vir ’n week met lug in sy borskasholte wat hom laat voel asof hy ’n hartaanval kry. Natuurlik het die take en ’n eksamenpreek daarna toe almal gelyk op hom neergereën. Boonop het die eerste preek waaraan hy nagte gewerk het, glad nie die proffies se goedkeuring weggedra nie, en moes hy dit oor doen. Hy het goed gesweet met preek nommer twee, en ek moet beslis gaan hoor. My ma-hart kan nie anders nie. Vol afwagting hou ek twee ure later die hek van die kerkterrein dop vir sy wit karretjie. So 20 minute voor die kerk moet begin, kom dit effe te vinnig om die hoek. Kleinboet Thinus is agter die stuur sodat ouboet nog vir oulaas na die preek kan loer. Die blye verbasing op die twee se gesigte doen my hart goed, en ek stap gou nader om drukkies uit te deel en te groet. “Dis ’n aangename verrassing,” sê Boetie, pure dominee. “Het ma kos?” vra Thinus.“Ek het vanoggend verslaap!” Ek lag, en oorhandig die piesang en

broodjie wat ek vir my as padkos ingepak het, wat hy terstond verslind. In die kerk moet ek verskeie male die enkele verfrommelde sneesdoekie in my handsak weer uitgrawe. My kind dra besield die preek voor waaraan hy so geworstel het. Een van die beelde wat hy gebruik, is dié van ’n reënboog. Die Psalm waaruit hy preek, vertel van die heerlikheid van die Here, wat soos wit lig is wat gebreek word, en uit ’n klomp kleure bestaan. Dit reën al weer toe ek ná middagete in die koshuis se eetsaal groet en terugry. Ek sukkel om te sien in die fyn misdruppeltjies wat die ander verkeer voor my van die teer af laat opspat. Skielik kom die son weer ’n slag agter die wolke uit. ’n Asemrowende helder reënboog verskyn oor die pad, kompleet asof ’n Hand van Bo dit spesiaal vir my daar geverf het. Ek dink skielik aan Noag. “My boog gee Ek in die wolke,” het die Here vir hom gesê. Dit moes ’n teken wees dat Hy, die Here, nooit weer alle lewe op aarde met ’n vloed sou vernietig nie. Dit reën en reën die laaste tyd sonder ophou. Oral is vloede. Beurtkrag duik weer op, en dit omdat steenkool nat is! Maar die reënboogbelofte staan: Totale vernietiging sal daar nie

wees nie. Die son sal weer uitkom, en sy warmte sal oral deurdring en alles weer droogmaak. Ellendes en krisisse reën soms op ’n mens neer. Dinge baie erger as die dorings op Boetie se pad kan ’n mens tref. ’n Ongeluk, die dood van ’n geliefde, ’n egskeiding – sommer alles in een jaar. Tog praat die pragtige reënboog woordeloos met jou ook. Dit sê: Ek is nie besig om jou te vernietig nie. Die son sal weer skyn. Jy sal nog die verskillende kleure van My heerlikheid op baie maniere in jou lewe beleef. Hou moed, beweeg aan, moenie gaan lê nie! Die rooi van die reënboog sê: Ek het jou lief. Die oranje en geel sê: My arms om jou is warm. Die groen sê: Daar sal weer lewe en groei wees. Die blou sê: Hou aan hoop! En die pers: Ek is Koning, onthou dit! Met ’n ligter hart ry ek uit die reënbui uit. My kind is deur ’n swaarkry-tyd, maar dit was nie verniet nie. Hy het die heerlikheid van die Here leer ken. Waar my arms as ma te kort is, daar sal die Here se warm omhelsing hom vashou. My piesang en broodjies is op, Here. Maar U genade nooit nie... S www.solidariteit.co.za • ISSUE 2 OF 2014

73


PROMOSIE

N

Voorkoming is beter as genesing

á byna 800 jaar is hierdie woorde van Henry de Bracton steeds waar, en bewys dit ook dat voorkomende mediese sorg waarlik met die tyd beproef is. Dink byvoorbeeld aan immuniserings, waar verswakte virusse gebruik word om latere infeksie deur die einste virusse te voorkom. Danksy moderne tegnologie is daar nou nuwe maniere om voorkomende sorg te bied met skanderings en toetse wat sekere siektes en toestande vroeër kan opspoor en sodoende die pasiënt se kanse op herstel verbeter en in sommige gevalle selfs ’n lewe kan red. Die mediese wetenskap het die afgelope paar dekades geweldige vooruitgang in die stryd teen kanker gemaak, met verbeterde diagnoseringstegnieke wat kanker vroeër as ooit kan bespeur en diagnoseer en die pasiënt se prognose verbeter. Hoewel dit lyk of die voorkomssyfer van kanker styg en die siekte by al hoe jonger pasiënte aangetref word, het die sterftesyfer weens sekere tipes kanker aansienlik afgeneem sedert die implementering van dié voorkomende maatreëls.

diagnosering, wat weer aanleiding gee tot vroeër behandeling en ’n beter prognose vir die pasiënt. Medihelp en voorkomende sorg Medihelp is ’n voorstander van voorkomende sorg wat as doeltreffend en veilig bewys is. Ons voordele vir voorkomende sorg (buiten die gewone dag-tot-dag-voordele) bied ons lede toegang tot sekere toetse om bewustheid te verhoog en bepaalde siektes vroeër te diagnoseer. Hierdie voordele word deur die Medihelp Plus-opsie, Dimension Prime-reeks en die Necesse-voordeleopsie gebied en sluit in:

• Mammogramme (radiologiebeelding) vir alle vroulike bevoordeeldes wat 40 jaar en ouer is. • Papsmere (patologie) vir alle vroulike bevoordeeldes. • ’n Beendigtheidstoets (radiologiebeelding) vir alle vroulike bevoordeeldes (50 jaar en ouer). • MPV-entstof vir alle vroulike bevoordeeldes tussen 10 en 26 jaar oud (3 inspuitings gedurende die verloop van ’n jaar, een keer per leeftyd). • Griepimmuniserings. • Cholesterol- en bloedsuikersiftingstoetste.

*

Indien daar ’n familiegeskiedenis is, toets gereeld. Belê in voorkoming om GESONDHEID te verseker. Moenie uitstel nie – word vandag getoets!

’n Toepaslike geval: borskanker Die statistiek vir borskanker is skokkend. Volgens die Universiteit van Washington is meer as 1,4 miljoen nuwe gevalle van borskanker wêreldwyd in 2010 gediagnoseer in vergelyking met slegs 500 000 gevalle in 1975. Teen hierdie koers sal daar ongeveer 41 miljoen nuwe gevalle in die volgende 20 jaar wees. Dié toename kan toegeskryf word aan groter bewustheid en vroeër

WANNEER MOET SIFTINGSTOETSE BY VROUE GEDOEN WORD? TOETS

60+ JAAR

Ten minste elke 2 jaar

Ten minste elke 2 jaar

Ten minste elke 2 jaar

Oogtoets

Elke 2 – 5 jaar

Elke jaar

Elke jaar

Kolonkankertoets Mammogram FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

41 – 60 JAAR

Bloeddruk

Cholesterol

74

20 – 40 JAAR

Papsmeer

Kliniese borsondersoek Pelvisondersoek

UITGAWE 2 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Elke 5 jaar

Nie nodig nie Nie nodig nie

Elke 1 – 2 jaar Elke 3 jaar Elke jaar

Elke 5 jaar Elke jaar Elke jaar

Elke 2 – 3 jaar Elke 3 jaar Elke jaar

Elke 5 jaar Elke jaar Elke jaar

Nie nodig ná 70 nie Elke jaar Elke jaar




Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.