J.D.U. Geldenhuys - Sonnette van Shakespeare

Page 1


SONNETTE VAN SHAKESPEARE

JDUGeldenhuys

William Shakespeare was a sixteenth-century glovemaker, well ahead of his time. Realising that his profession was a dying art, he decided to convert his hobby into his livelihood.

Before his writing became a mere however, he produced excellent lines such as Th' expense of spirit is a waste of shame/ls lust in action, which stand in stark contrast to commercial jingles such as Double, double, toil and trouble/Fire burn, and cauldron bubble. commercial transaction,

He died an ill and unhappy man trying to recapture the first flush of his youth and genius by penning lines that ripple and rhyme, as opposed to the dry-as-dust blank verse in rhodomontade settings for which he had prostituted his soul for far too long.

On balance, his final downfall was women, fair-haired men, non-appellation-controlée wine, and primping prose cross-dressed as poetry. his love of dark-haired

Vir SONNETTE

THE FIRFIELD PAMPHLET PRESS

POBOX 375, Cape Town 8000

J DUGeldenhuys1995

First published 1995

Second printing 1995

ISBN 1-875058-04-4

All rights reserved.

Cover by Julia Rosa Clark

Back cover photograph by Anton Hammerl

Typesetting by User Friendly

Printed by Instaprint

Books of J DU Geldenhuys freely acknowledged by him: Fool's Enterprise (with HB Falkena), Taurus FinansiëleTeksvertaling (with E E Viljoen and F W Wolff), TSA A Crossing of Gods, Geva Financial Dictionary (with E E Viljoen), MacMillan SA High Finance Dictionary (with E E Viljoen), Penrose Business Dictionany (with E E Viljoen), J L van Schaik Pellucid Paradigm, Gnomic Press Structured Space, Dye Hard Press @ Trilingual Business Dictionary (with E E Viljoen & KD Mboweni-Marais), J L van Schaik

PROSAIC PRELUDE

In the ongoing Shakespearean debate a very interesting recent remark deserves to be considered carefully, namely that, were Shakespeare alive today, his chosen medium would be not theatre but multimedia, and fully computerised at that. Following this it should not be too difficult to surmise that, were Shakespeare alive in the New South Africa today, his linguistic medium would be Afrikaans.

Hence, in doing some Shakespearean sonnets in the NSA, it would help to envisage Shakespeare as a young chap coming from somewhere along the Cape west coast (a weskusklong or west-coast boykie) during the 1930s recession, instead of Stratford-on-Avon, and going to the big city, not London, but Cape Town. Therefore his Cape Afrikaans will bear some thirties traces, especially of the marvellous sonnets written in Afrikaans at that time by, for example, the Louw brothers.

Further, in rendering Shakespeare in the good old NSA, some artistic licence will obviously be necessary. Sticking to the movement of the sonnets, or their music, rather than their logic, raises all sorts of interesting possibilities - somewhat à la Fellini's treatment of The Satyricon, with a famous poster of the statue of Romulus and Remus being suckled by the she-wolf unashamedly stating: Rome before Christ, but after Fellini. Employing licence of this nature, Fellini was quite happy to introduce apposite bits written not by Petronius but, for example, by the Emperor Hadrian, such as the famous vagula, blandula, etc. Out of this hotch-potch of a stew grew a living Rome, at least on celluloid.

Finally, in justifying doing Shakespeare in New South African Afrikaans, the title SONNETTE VAN SHAKESPEARE should perhaps be explained as meaning something along the lines of sonnets of Shakespeare, sonnets according to the example of Shakespeare, some sonnets from Shakespeare or, on a very personal note, the red-haired wife of JDU Geldenhuys belonging to Shakespeare. Simply put, it could mean new Afrikaans versions of sonnets by Shakespeare, Afrikaans versions à la sonnets by Shakespeare, Afrikaans versions of some sonnets by Shakespeare or Sonnette Cecilia Geldenhuys in close liaison with Shakespeare. Obviously all four meanings are intended here. Visualise this weskusklong (shades of André P Brink's hero in Looking On Darkness) and, who knows, the process may even be enjoyable.

Editorial Note: The preface is written in the language of the former colonial oppressor to facilitate understanding by the Royal Shakespeare Company and the Nobel Committee who, in spite of Swedish being linguistically closer to the west-coast patois, strangely enough seems to prefer oppressorspeak.

SHALLI COMPARE THEE

Kan ek jou by die somer vergelyk?

Jy is veel warmer en koeler van inbors: terwyl die wind die somerblare stryk, les jy die nadraai van die tweede dors. Soms skyn die son te warm deur die lug en soms verdof die waterdamp dié skyn sodat sy goue voorkoms stroef en stug verander langs 'n ingekeepte lyn maar jou ligbron sal nooit nie kan verdof en sonder skaduwee bly elke plooi

bloot vassit in die grysveld van die stof waar niks vergaan of ooit werklik ontdooi.

Solank 'n mens al hierdie reëls kan lees, leef jy in ink: die teken van die gees.

DEVOURING TIME

Verslind tyd leeus se kloue een vir een en sluk die aarde elke opbrengs in, verslyt tiers se tande tot op die been en stol die feniks in sy rooi begin, verwissel die seisoene met die vlug van kwiksilwer tye op sypelsand, bly van die stermusiek nog net 'n sug en hou die aarde koers in leë stand, verbied ek nou die tyd sy laaste wen om kleim op skat se voorkop af te steek met dowwe punte van geroeste pen ter onontsluiting van 'n dorre streek. Ten spyte van die tyd se stil verloop plant liefde voort, daartoe deur drang genoop.

WHEN, IN DISGRACE

Teenstrydig met die noodlot en die mens stommel ek stokalleen en uitgewerp en tart die hemel met my stille wens dat ek my lot verbeter met die serp van mag en rykdom om my toegedraai sodat my vriende stylvol gadeslaan hoe ek die manne gogel, vroue aai vol in my self gekeer en selfvoldaan, minagtend van my klein gemoed en gees totdat gedagtes van jou swoel persoon my vul met vreugde van 'n ryk menswees, alleen en uit sigself verdiende loon omdat jou liefde talle koffers vul met skatte ver verhewe bo dié spul.

WHEN TO THE SESSIONS

As ek voor geestesoë dae daag van lank gelede in die donker tyd, raak ek bewoë oor wat ek nóg waag nóg wen in ongewoonte van die lyd wat vreemd aan vleestesoë hang soos mis en dof word met verloop van talle jare sonder die daeraad, sonder 'n nis geborge teen die grys alom soos ware binne 'n kluis gepot om te verhaal op die verlede keer op keer met sorg van agter die geslote muur van staal as kosbare besit, geheime borg maar denkend aan jou ware waarde, vriend, weet ek ons vriendskapskring is welverdiend.

FULL MANY A GLORIOUS MORNING

Die berge met 'n laag rooigoud bedek het smôrens vroeg my wakker oog gevang tot waar die mis uit die vallei uittrek stilweg wegraak bo die boonste hang voordat die wolke saampak op die kim en donker strepe oor die rooigoud gooi totdat die son verdwyn agter sy glim om voort te straal slegs in 'n dowwe rooi. So het een oggend my son eens geskyn vol helder strale op my tempelhof en met die wolkewisseling verdwyn in donker sifting van die stof op stof.

My liefdesvuur verkwalik hom geen duit: aardson blus en die hemelson doof uit.

WHAT IS YOUR SUBSTANCE

Waaruit bestaan jou menswees as jy skyn 'n wesenlike wese tog te wees deur al die droewe lyding en die pyn wat opgaar in 'n oorverfynde gees. Adonis word verdof deur blik op jou en mooi Helena het"n wang van niks terwyl die Griekse skoonheid net 'n skou blyk as jy rys uit tyd se as, feniks.

Lente weerspieël die stukrag van jou stap met rasse skrede na die somerson wanneer die vorms vul met nuwe sap wat opstyg uit die eeue-oue bron.

Jou liggaam is 'n glas gevul met stof waardeur die skyn van lig nooit kan verdof.

NOT MARBLE

Nóg marmer nóg die goue monument van prinse kan dié vers oor tyd oorskry waarin jy stewiger as fondament rus op die vaste reëls in ry op ry. Wanneer verloop van tyd die bouwerk knou en rotse terugstort in die woeste see, sal selfs die gang van oorlog en sy hou jou nagedagtenis nie kan uitvee en ook die dood deins terug voor vaste tred beliggaam in die ritme van diế werk wat al is wat jou voortbestaan kan red, voortreflik dien as jou klinkende serk. Dus selfs tot by die heel laaste oordeel hou dit vir jou in menseoë heel.

LIKE AS THE WAVES

Soos golwe na die sanderige kus so stroom minute na hul eindverblyf waar al die tuimel eindelik geblus word in die stilte van 'n stokstil lyf. Die vars geboorte van die jongste gees spoel teen die middeljare van die bank waar stramheid van die eens so soepel vlees in modderpoele van die dood vasrank. Verloop van tyd verwring die vloed van lewe en kerf die skoonheid met sy waterlyn waar vaste tred vloei in onseker bewe en sappigheid ontaard in stywe slym. Nogtans sal hierdie vers oor strande stroom om heel die wêreld tydloos te omsoom.

WHEN I HAVE SEEN BY TIME'S

Wanneer ek dink aan hoe die tyd verniel, met ondergang bedreig en klaar verwoes, weet ek die rysmier vreet die hout se siel en yster val uiteen in binneroes; wanneer ek sien hoedat die oseaan die klippers van die kuslyn fyn ommaal en hoe die sand stort in die golf se baan sodat die een die ander een deurhaal; wanneer ek waarneem hoe die vaste stand van wisselwerking koers hou in die rus

van voet teen voet en sagte hand aan hand, besef ek tyd vang liefde in sy lus sodat my duur beminde van my gaan lank voor die eerste teken van 'n traan.

SINCE BRASS, NOR STONE

Omdat nóg brons nóg rots kan voortbestaan verby vernietiging se stroewe perk en ook die eindelose see vergaan, word skoonheid bloot tot nietigheid verwerk.

Hoe kan die somer uithou teen die tyd, die aarde standhou in sy dowwe baan wanneer die sonwind waai so wyd en syd dat selfs die bron van lig begin te taan.

Skrikwekkend is dit dat my rykste bron van lig en lewe deur die tyd verdof waar moeite voortsleep in die somerson en liggaamsoepelheid ontaard in stof.

Wat oorbly van die fors en trots geblink, word so bewaar deur my geskrif in ink.

NO LONGER MOURN

Laat my met rus wanneer ek self eers rus, vergeet van my wanneer die kluite val en ek verdwyn van vastigheid se kus terwyl jy agterbly, gestrand aan wal. As jy veel later lees wat hierin staan, Denie vir my in jou gedagtes koester as my gedagtenis jou dwing tot trane, want heimwee is vergetelheid se roes. Sodra įy hierdie ryme lees in smart, behoort jy van my name af te sien omdat van my oorbly die slegter part wat jy as vriend maar liewer moet ontsien sodat die mense jou nie kan bespot en jy jou kan berus in my noodlot.

THAT TIME OF YEAR

Die afloop van die jaar is bitter koud wanneer die blare val in bruin en swart sodat die rye bome in die woud saamsmelt met ryk verrotting op die mat ineengestrengel in die komposhoop van suiwer stof vermeng met strome vog voordat die nuwe lente in sy loop koers kry langs die strengels eng verknog aan dik en dof verledes in die grond waar roersels van die eerste blom se sap as tekens van die skouspel in die bont n blonde toekoms aan die aarde krap.

Aldus verneem ek van jou stil voortgang verby die sagte sug van hierdie sang.

HOW LIKE A WINTER

My weggaan het die jaar in roes gelaat deurdat die tyd moes stol in my gemoed eerdat my terugkeer uit 'n ryp en laat wasdom verwesenlik kon word in gloed en vrede soos 'n kind pas wees geword met voor hom rysende die groot aansien van vader/moeder met 'n waas omgord van vars herinnering aan sedertdien. So loop die tyd om van jou weg te gaan in sirkels na 'n dryfsand middelkol waar konsentries en stil die buitebaan in ewewig kantel voordat dit stol.

Ek weet jy wag om my verby te steek wanneer jy leef en ek stil word en bleek.

WHEN IN THE CHRONICLE

Wanneer ek in die kreeftegang van tyd bespeur hoe sywaarts alle vloed verloop, besef ek dat die oseane wyd die kuslyn van sy eng omlyning stroop en hoe die ver verlede golwe stoot om om en om in sirkels voort te rol totdat die buitelyne van 'n boot en seile wat in stywe winde bol die stuwing klief om na 'n kaai te beur waar stiltes van die wind en deining talm voordat die ankertoue los moet skeur, die vaartuig wegraak oor die kim se walm, net soos jou skoonheid op 'n dorre strand weer oor en oor glim in die klam seesand.

LET ME NOT TO THE MARRIAGE

Verhoed dat die vereniging van gees en vlees in huweliksgeluk ontdooi en wegraak in die strompelende wees soos as wegsink tussen die laaste rooi. Die liefde bly 'n vlam wat altyd brand waar bondels rook maar net die gloed omsoom en houtskool vassit in die dowwe sand terwyl die ligting na die sterre stroom. Wat agterbly is hopies energie erbruik en omgesit in 'n gewaad omdat die uitreik van die siel na wie helder heenwys al langs die goue draad wat deur die mense loop van die begin t verby die laasteeen bly glim.

TH' EXPENSE OF SPIRIT

Die vrot verspilling van die mens se gees in stom genot wat hom die rug toekeer is bloot bewys die rigting van die vlees is heen en weer en op en neer, keerweer.

Daar is geen aangenamer vooruitsig as stil afwagting van 'n horison om nader te beweeg en in weerlig vol te versmelt met wat die water kon. Veel meer as dit is bloot die dom geluk van toeval of 'n ander hoër mag wat mens se kinders van die aarde pluk om hulle met die heelal te ontsag.

Nogtans bly stommerik op die aanval deurdat aanvalligheid hom altyd sal.

JDU Geldenhuys is a twentiethcentury lexicographer who, tired of ordering chaos by reducing meandering meaning to mundane lexicalities, has embraced the insidious bracket creep of semantical diffusion in constructing what he so preciously refers to as fourteenliners.

These constructs adroitly reintroduce complexity into chaos through attitudes such as his view that poetry is a not necessarily superior form of entertainment, which will fill cyberspace quite adequately owing to its scintillating crispness (nice onscreen presence) and synaesthetic effects (great multimedia showing).

His saving graces are passionate interests in, among other things, red-haired women, blended and/or bottle-fermented wine, free Cuban cigars, niche arts, crafts and businesses, and sixteenth-century glovemakers. His downfall could be adoration of theoretical chaos, complexity theory, unblended wine, narcoleptic nargilehs, and strawberry blondes.

Photograph by Anton Hammod Coyer design by Julia \Rosa Clars

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.