Riviernuus

Page 1

Ilse wen R250k

3

M&O word 15

4

20 Things to do before you die

7

Criketers tour to London

12

Jaar 3 | Uitgawe 8 16 September 2014

GRATIS/FREE

Riviernuus

STELLENBOSCH • idasvallei • cloetesville • Banhoek • Kylemore • Johannesdal • Pniël • Lanquedoc • Groot Drakenstein

Stellenbosch is

Groenste in die land Dié gesogte prys was op 1 September oorhandig aan Burgemeester Conrad Sidego, Gerald Esau en Portia Bolton by die bekendstelling van Nasionale Boomplantweek in Mofolo City Park, Soweto.

dorp te bring.,” sê hy. “Afgesien van die alledaagse dienste wat hulle lewer en wat ons ons as vanselfsprekend aanvaar, is hulle ook die drywers van die Miljoen Bome Projek, wat nou al 'n baie spesiale status het. Mense praat daaroor en wil deel wees daarvan. Private individue en korporatiewe instellings is almal ewe opgewonde daaroor, maar ons span lei die projek en verdien dus alle eer wat ons te beurt val.

Die Arbor City Award is 'n kompetisie "Ons moet vir Gerald en Portia uitsonder wat deur die Departement van Landbou, as die voorbokke van die projek en hulle Bosbou en Visserye (DAFF) ingestel is om aanmoedig om selfs nog beter te doen. Ek die vergroening van stede en dorpe in Suid- glo hulle kan en gaan volgende jaar weer Afrika te bevorder. Dit word geborg deur so maak. Hulle het groot planne wat hulle mou voer so kom ons kyk waarmee Total Suid-Afrika en word toegeken aan in dieproject, As a proud partner of the million trees we would hulle nou vorendag gaanlike kom. Intussen stede en dorpe wat die ekstra myl loop om moet hulle en hulThrough span die kans gun to congratulate municipality on thisons achievement. hulle areas van jurisdiksie the te vergroen. om die erkenning te vier voordat hulle die the Treepreneur project at Spier 6715 trees were donated to Al nege provinsies het aan die kompetisie volgende skof aanpak.” Million project with the deelgeneem enTrees munisipaliteite moesassistance of our partners and burgemeester 171 local are activelyDie growing more. sê die toekenning was nie bewyse indien van treepreneurs hul vergroeningsbeleid, toevallig nie. “Dit was en is nog altyd ons ‘n boomregister, instandhoudingsplanne en begroting asook videos en fotos wat doel om die groenste munisipaliteit in die projekte uitbeeld. Behalwe die titel as land te wees en ons het nou die erkenning Arbor City Award wenners vir 2014, het daarvoor gekry. Die Miljoen Bome Projek is die munisipaliteit ook R300 000 prysgeld een van ‘n aantal innoverende projekte wat ons dryf om die lewenskwaliteit van almal ontvang. in hierdie gemeenskap te verhoog. Die Die burgemeester sê hy is baie trots op uitdaging is nou om voort te bou op hierdie sy span. "Ons ‘Groen Span' onder leiding prestasie. Terselfdertyd is ons ook diep van Gerald en Portia het hard en kreatief dankbaar vir al die ander rolspelers op ons te werke gegaan om hierdie eer vir ons dorp wat vingers in die grond gesteek het.”

Foto: Verskaf

Stellenbosch Munisipaliteit is gekroon as die wenners van die 2014 ‘Arbor City Award’.

2014 Arbor City Award Wenners: Van links: Burgemeester Conrad Sidego, Portia Bolton, Gerald Esau (Stellenbosch Munisipaliteit), Pansy Mekwa (Total SA) en Adjunk Minister Bheki Cele (DAFF)

Stellenbosch Munisipaliteit het Boomplantweek afgesluit by die Jan Marais Natuurreservaat op Vrydag, 5 September, waar die Arbor City Award gevier was asook die eerste jaar van die Miljoen Bome Projek waarvan 8 047 bome reeds sedert April 2104 geplant is.

Baie geluk Gerald, Portia en julle span! •

Wil jy ‘n boom plant om ‘n spesiale dag of geleentheid in jou lewe te vier? Kontak 021 808 8180, e-pos million.trees@ stellenbosch.gov.za of besoek www. milliontrees.co.za


2

REDAKSIE

Riviernuus

Van ons kant

Ons juwele

BLITSBOKKE PLANT BOME Die eerste verjaarsdag van die munisipaliteit se 1 Miljoen Bome Projek was op Vrydag, 5 September, by die Jan Marais Park gevier. By dieselfde geleentheid het spelers en afrigters van die Springbok 7’s Rugbyspan elk ‘n boom geplant. Dis lente in d ie Bo land!

Miljoen Bome Projek

Wat sal jy graag wil doen voor jy eendag doodgaan? Die karnaval in Rio besoek? Parys? New York? Of selfs met die bulle hardloop in Pamplona?

Jy bed oel seker BOOMla nd!

Alhoewel hierdie wêreldbekende toeriste-attraksies is, is daar heelwat besienswaardighede in ons gemeenskappe wat ons kan besoek sonder om baie geld te spandeer.

Arbor City Awards Wenners

Riviernuus het bietjie gaan kyk na die juwele in ons agterplaas. Ons het ‘n lys opgestel en dit gedoop: 20 Things to do before you die! Sien bl. 7. Onder hulle is asemrowende mooi plekke wat vir niks in die wêreld hoef terug te staan nie.

Hand-afdrukke

Plant die boompie terwyl jy nog jonk is.

Met Suid-Afrika wat erfenis-maand vier in September, is dit die perfekte tyd om al die plekke op die lysie te gaan besoek en jou lysie af te merk. Ons is uiteraard net hier vir ‘n kort tydjie.

e ar

I s es ee tre reen g

... !!

Ons gaan in die volgende paar uitgawes breedvoerig hieroor berig en indien jy weet van nog juwele in ons gemeenskap, laat ons weet.

Illustrasie: Gerald Maketees

Vaardigheid met ‘n graaf!

Verjaarsdagkoek word gesny

Contact us Editor: Wendell Lawrence Tel: 021 - 885 2392 Email: wendell@riviernuus.co.za

BRIEWE RUS SAG EDMUND COLLINS

Design & layout: Shanaé Lawrence Publisher: Swey Design, Kylemore, Stellenbosch Printers: CTP Printers Cape Town Riviernuus subscribes to the South African Press Code that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to this code, please contact the Press Ombudsman at 011 - 484 3612/8.

'n Vriendelike Versoek... ons op Lees Riviernuus aanlyn: www.issuu.com/riviernuus

Op 31 Augustus 2014 het ons Hemelse Vader jou van ons weggeneem. Ons harte is seer weens die verlies maar jy sal altyd in ons harte voortleef. Al die goeie tye en herinneringe wat ons gedeel het, maak die pyn meer draagsaam. Jou vol lewe weerspieël die persoon wat jy

Onthou ook: as jy nuus het om met die gemeenskap te deel, laat weet ons gerus. Elkeen het 'n storie, vertel ons joune. Mooi bly!

Skryf aan ons Epos: wendell@riviernuus.co.za

was, met ‘n glimlag en grap kon jy altyd ons dag maak. Ons gaan jou sprankelende persoonlikheid, jou sê-goed en helpende hand baie mis. Jou nederigheid en goeie hart is iets wat jou vriende vreeslik gaan mis. Ons eie “samaritaan”. Wanneer ons aan al die goeie tye wat ons saam gehad het dink, bring dit ‘n glimlag op ons gesigte met die wete dat jy veilig by ons Hemelse Vader is. Ons gun jou die ewige rus.

Ons sal die Here ewig dankbaar wees vir die 26 goeie jare wat Hy Edmund aan ons geleen het.

Ons, die familie van wyle Edmund Collins, wil graag ons dank betuig aan die gemeenskap van Kylemore, familie, vriende en alle kennise vir hul ondersteuning, gebede en openhartigheid gedurende hierdie moeilike tyd van rou.

Baie dankie vir die dekking in Riviernuus oor die Jamestown Buurtwag.

Julle ondersteuning, liefde en hier wees het regtig baie vir ons beteken en ons sal julle ewig dankbaar wees. Ons sou nooit in ons wildste drome kon dink dat die gemeenskap so onbaatsugtig teenoor ons sou optree nie. God sal julle ryklik seën.

- Liefde: Mammie, Wendell, Lenor en hul kinders.

BUURTWAG

Dit het ‘n groot verskil gemaak en na die berig in die koerant het baie inwoners aangesluit. Riviernuus gaan ‘n gewilde koerant word. - Elwin September, Jamestown Buurtwag


Riviernuus

ONS MENSE

16 September 2014

Hul stories

3

Beste Vroue Entrepreneur Swart Bemagtiging (BEE) suksesverhaal Ilse Ruthford van Pniël is gekroon as Suid Afrika se Top Vroue Entrepreneur (Verwerking) by 'n gala geleentheid in Mafikeng, Noordwes.

“Ek het nie verwag om te wen nie,” sê Ilse. “Na my naam uitgeroep was, het ek eers lank stilgesit want ek kon dit nie glo nie.” Ilse is besturende direkteur van MWT Investments, ‘n maatskappy wat deur die Meerlust Bemagtigingstrust besit word. Die trust het 72 begunstigdes wat bestaan uit plaaswerkers van die plase Meerlust, Vriesenhof and Ken Forrester. MWT Investments besit 50% aandeel in Compagniesdrift, die bekende wynstoor langs Baden Powell Drive. Die ander 50% word besit deur die Myburgh Familie Trust, die eienaars van Meerlust. Ilse is aan die hoof van sake by Compagniesdrift en onder haar leiding het die maatskappy soveel gegroei dat hulle nou 2 miljoen bottels vir 48 kliënte stoor. “Behalwe die stoor van wyn, bied ons ook bottelering en etiketering vir die wynindustrie,” sê Ilse. “Ek geniet my werk baie en daar is nie ‘n dag dat ek nie wil werk toe gaan nie. Ek was by die diepkant ingegooi en het baie min van die korporatiewe wêreld en swart bemagtiging geweet. Ek het egter wondelike ondersteuning gekry van my mentor Albie De Waal, besturende direkteur op Meerlust.” Volgens Albie het Ilse gewys dat sy die vermoë het om ‘n sukses van die besigheid te maak. “Sy was onervare maar het oor ‘n tydperk gewys dat sy baie potensiaal

Fotos: Verskaf

Die jaarlikse toekenning word aangebied deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) en Total SuidAfrika.

Bo: Ilse in beheer by Compagniesdrift Regs: Trotse entrepreneur van die jaar met haar tjek en trofee het. Sy en haar span het nou baie verantwoordelikheid en is ingestel om meer te vestig as waarmee begin was,” sê hy. “Hierdie erkenning is totaal op meriete en Ilse verdien dit.” Ilse sê dat daar baie negatiwiteit oor swart bemagtiging (BEE) bestaan. “Ek voel BEE-sukses is gebasseer op vertroue en gereelde kommunikasie. Ek het aanhou vrae vra totdat ek die konsep verstaan sodat ek dit weer aan ander begunstigdes kon verduidelik. Ons BEE projek gaan oor baie meer as geld. Die omstandigehede van plaaswerkers, veral vroue, het baie verbeter. Werkers behoort nou aan ‘n trust

wat aandele in ‘n maatskappy het. Dit hou baie voordele op die langtermyn in. Hulle voel nou dat hulle aan iets behoort.” Ilse het bemarking studeer en het in 1997 begin met wynproe. Sy het egter verlief geraak op die mooi omgewing en buitelewe van die plaas. Sedertdien het sy ‘n passie ontwikkel om die plaasgemeenskap te bevorder. Sy beplan om deel van haar R250 00 prysgeld te gebruik om ‘n niewinsgewende organisasie op die been te bring wat plaaskinders gaan help om verder te studeer. “Die prys is nie net vir myself nie, maar vir almal wat deel is van die trust,” sê Ilse.

Ilse is getroud met Hilton en hulle het twee dogters, Lise-Anne (8) en Zara (4). “Ek is baie dank verskuldig aan my man, ouers en skoonouers wat dinge vir my makliker maak.” Anders as die meeste bemagtigingsprojekte waar met wyn geboer word, wou hierdie trust ‘n vinniger kontantvloei in die wynbedryf bewerkstellig. Onder Ilse se bekwame leiding is die Meerlust Bemagtigingstrust besig om ‘n beter toekoms vir hulle begunstigdes te verseker. Baie geluk Ilse!

Stellenbosch Blinds & Shutters

Irna van Wyk: 082 572 2740 SOMERSET WEST, STRAND, GORDON'S BAY: 021 851 0176 STELLENBOSCH, FRANSCHHOEK: 021 883 3783 E-mail: info@stellenboschblinds.co.za • Fax: 021 886 8516 www.stellenboschblinds.co.za


4 Eerste gholfdag vir Werksentrum GEMEENSKAP

Riviernuus

Uitblinkers

- OT TO VA N N O I E

Die Stellenbosch Werksentrum vir Volwasse Persone met Gestremdheid het sy eerste gholfdag op 12 September by Stellenbosch Gholfbaan aangebied. Die geskiedkundige gebeurtenis was bedoel om fondse in te samel om die volhoubaarheid van die sentrum as ‘n essensiële gemeenskapsdiens te help verseker, en om die programatuur wat aangebied word steeds verder uit te brei. Die Werksentrum is die enigste geregistreerde nie-winsgewende sentrum van sy soort in die Stellenbosch area en bedien die hele gebied, maar veral die townships en omliggende plase. Oor die afgelope 23 jaar reeds verskaf hierdie sentrum werkrehabilitasie en sosiale integrasie programme aan persone met liggaamlike en geestelike gestremdheid. Die uiteindeike doel is om, so verdoenlik, persone te help integreer in ‘n normale werksomgewing asook in die algemene

samelewing. Die sentrum staan tans onder die bekwame leierskap van Phillip Williams, iemand met nagraadse kwalifikasies en dekades van ondervinding op die gebied van sosiale werk. Heelwat suksesse is al bereik en deelnemers aan die program word gereeld uitgeplaas in die hoofstroom arbeidsmark. Ook op sportgebied het atlete vanuit die sentrum op nasionale en provinsiale vlakke erkenning behaal. Bekende radio-omroeper, Clarence Ford, was die seremoniemeester en unieke gedenkwaardighede soos krieketkolwe en rugbytruie, deur wêreldberoemde spelers onderteken, was opgeveil. Die wenners was Earl en Reeve Cyster.

Bo: Me Aarde finalis, Mishka Patel, met lede van die werksentrum op die gholfbaan.

Van links: Clarence Ford, Phillip Williams (sentrumhoof), Justin Knott (afslaer), Earl Cyster en Reeve Cyster (gholfdag wenners).

Die organiseerders bedank donateurs, borge, spelers en almal wie die susksesvolle dag moontlik gemaak het. Vir verdere navrae oor die sentrum, kontak Phil Williams by 021 887 8688 of pmwil@sun.ac.za of besoek die sentrum by Partryslaan 1, Onder-Pappegaaiberg, Stellenbosch (agter Huis Horison).

LANQUEDOC SE LANGARM DJ

M&O word 15

Pieter Floors (59) is ‘n bekende by Franschhoek FM (87.6) gemeenskapsradiostasie. Hy is mede-aanbieder vir die programme ‘Langarm op sy beste’ wat elke Vrydagaand tussen 20:00 en 23:00 uitgesaai word. Sy ander program is ‘Wat die hart van vol is, loop die mond van oor’ op Sondae tussen 15:00 en 17:00 . “Ek het een Vrydagaand in Mei 2010 na my gewilde Langarmprogram op hierdie radiostasie geluister. Ek het ingebel en die aanbieder, Hilda de Jager, gevra of ek die radiostasie kan besoek om te sien hoe dinge daar gedoen word,” sê Pieter. “Hilda het my uitgenooi en die daaropvolgende Vrydagaand was ek daar. Terwyl ons lekker gesels, het sy my skielik gevra of ek belang sal stel om mede-aanbieder van die program te word. My antwoord was onmiddellik ja, maar ek het haar gesê dat ek geen ervaring het nie. Sy het my onder haar vlerk geneem en al die ‘nicks and tricks’ geleer. Ek het nie weer terug gekyk nie.” Luisteraars ken hom as oom Pieter op die gewilde program. “Mense bel uit sovêr as Atlantis om te sê hoe hulle die musiek geniet. My vrou is ook lief vir langarm-musiek maar sy dink ek is somtyds verspot agter die mikrofoon.

Die Crafters by hul verjaarsdag: Voor van links: Valerie Jacobs, Jean Jacobs, Magda Wyngaardt, Cynthia Bezuidenhout, Maryl Clarke, Roselene Muller. Middel: Minnie van Noie, Gloria February, Johanna Hammerse, Yvette Petersen, Olivia London, Lizzie Lekay en Elsie Tonisi Agter: Doreen Petersen, Charlene Fry, Ethel Gabriels, Denise Hendricks, Myrna Muller, Anne Wyngaardt Heel agter: Delores Arendse en Father Rob Clarke NOOIT TE OUD Bo: Oom Pieter en Hilda “Vir die afgelope vier jaar het ek en Hilda ‘n wonderlike pad saamgeloop. Ek ry elke naweek vanaf Lanquedoc om my luisteraars gelukkig te maak. “My begeerte is om nog lank by Franschhoek FM te wees en sal graag wil sien dat die jonger geslag meer betrokke by die radiostasie moet raak,” sê oom Pieter.

Die M&O Crafters op Idasvallei het op 5 September hul 15’de verjaarsdag gevier. Die groep vroue vergader elke Vrydag by die Idasvallei krieketklubhuis waar hulle hul naaldwerktalente met mekaar deel. Die groep is begin deur Magda Wyngaardt en Olivia London, vandaar die naam M&O. By die geleentheid het Father Rob Clarke die groep gelukgewens met hul mylpaal. “Dit is wonderlik dat mense vanuit

verkillende kerke en gelowe met mekaar kan saamwerk,” het hy gesê. Denise Hendricks het Magda en Olivia bedank dat hulle na 15 jaar nog steeds die organisasie aan die gang hou. “Julle het nie julle talente begrawe nie en het dit met ons kom deel,” het sy gesê. Magda het ook hulde gebring aan wyle Denise Fredericks en Sylvia Hendricks, wie ook eens deel van M&O was. Baie geluk M&O!


Riviernuus

GEMEENSKAP

16 September 2014

Kanker slaap nie

Dit begin 18:00 Saterdagaand en eindig 06:00 Sondagoggend. Die enigste vereiste is dat daar ten minste twee spanlede ten alle tye op die baan moet wees. Die projek is een van KANSA se grootste fondsinsamelingsprojekte en alhoewel die hoofrede bewusmaking is, is dit ook om kankeroorwinnaars en die wie die stryd teen kanker verloor het, te vereer. Die byeenkoms word gedryf deur vrywilligers

Loslitdag

Die personeel van Agrimark Simondium was almal uitgetof in hulle kostuums op Loslitdag, 5 September.

Dit is amper tyd vir die jaarlikse Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) se Relay For Life op 25 en 26 Oktober wat by die Idasvallei Sportgrond gaan plaasvind.

Loslitdag is Suid-Afrika se voorste fondsinsamelingsveldtog vir persone met gestremdhede. Hier poseer die personeel in hul uitrustings.

Foto: Verskaf

Hierdie gemeenskapsprojek is ‘n prettige, deurnag spanbyeenkoms waar spanne (besighede, kerkgroepe, families, sportspanne, ens.) van 10 tot 15 lede `n tent langs die baan opslaan, dit versier met die span se naam en slagspreuk en vir 12 ure regdeur die nag om die baan loop – want kanker slaap nooit.

Gesondheid

5

Bo: Van die deelnemers by verlede jaar se Relay for Life. en organiseerders doen `n vriendelike versoek op Stellenbosch, Pniel, Kylemore en Franschhoek se mense om te kom deel in die pret. Kanker het geen grense, geloof, taal of kultuur nie en meeste van ons word direk of indirek deur hierdie siekte geraak. Vir verdere navrae kontak die voorsitter van Relay For Life Stellenbosch, Nadia Henry by 076 148 7035 of Christa Claassen by 023 342 7058.

Agter van links: Reme Levember, Jerome Joubert, Nathan Joseph, Wayden Afrika, Morne van Heerden, Jacques Fortuin en Steve Cupido. Voor: Jacky Cyster, Marsha Harris, Elzane Galant, Daniche Hogarth en Valda Davids

Die ABC van TB Tuberkulose (TB) baie groot impak gemeenskappe.

het ‘n op ons

Suid-Afrika het naas Indië en China die hoogste voorkoms van tuberkulose in die wêreld. TB word veroorsaak deur die bakterië Mycobacterium Tuberculosis wat algemeen in die lug is. Die meeste van ons liggame is sterk genoeg om die bakterië te beveg en dus te voorkom dat ons ïnfekteer word. Die mees algemene vorm is Pulmonale TB (tuberkulose van die longe). Dit word gewoonlik van persoon tot persoon oorgedra d.m.v. druppelbesmetting wat vrygestel word wanneer ‘n persoon met TB hoes of nies. Die druppeltjies is so klein dat dit vir ten minste 4 ure in die lug kan oorleef nadat dit vrygestel is. Oordrag vind gewoonlik binnenshuis, in swak geventileerde areas plaas. Nabye kontak of blootstelling vir lang periodes aan ‘n TB lyer, verhoog die oordragrisiko. Nadat die TB organisme ingeasem is, versprei dit na die longe waar dit gaan lê en deur die liggaam beveg word of siekte veroorsaak. Persone met chroniese siektes soos HIV of diabetes en veral kinders onder 5 jaar oud val in die hoogste risikogroep, maar enige

persoon is vatbaar. Wanneer ‘n volwassene in die huis TB het, moet alle kinders onder 5 jaar oud die naaste kliniek besoek om vas te stel of hulle dalk die siekte opgedoen het. Indien nie, kry hulle medikasie wat hulle in ‘n mate teen TB kan beskerm.

SIMPTOME Die mees algemene tekens en simptome van TB is: hoes, nagsweet, gewigsverlies, moegheid, hoes van bloed en koorsigheid vir langer as twee weke. Persone met enige van die simptome moet so gou moontlik die naaste kliniek besoek.

HOE KAN ONS DIT VOORKOM? Deur middel van goeie hoesetiket kan ons voorkom dat ander persone aangesteek word. Hoes in jou mou en nie in jou hand nie. Gebruik ook beskerming soos sneesdoekies wanneer jy hoes. Volg ‘n oopvenster beleid vir genoegsame ventilasie in die huis, voertuig of publieke vervoer. Tydens kliniekbesoek is dit belangrik dat alle pasiënte wat enige simptome het of aaneen hoes, maskers moet gebruik. Personeel wat blootgestel word aan TB pasiënte moet ook maskers gebruik om hulle te beskerm.

BEHANDELING TB word gewoonlik vir ses maande behandel. Aanvanklik word ‘n kombinasie van 4 middels vir die eerste twee maande gebruik, gevolg deur kombinasie van 2 middels vir die laaste 4 maande. Dit is baie belangrik dat pasiënte elke dag vir die hele 6 maande hulle medikasie moet neem om seker te maak dat hulle genees word. Indien pasiënte hulle behandeling onderbreek kan die TB organismes bestand raak teen die huidige middels. Om die siekte dan te behandel is ‘n baie moeilike, lang en baie duur proses (gewoonlik behandeling vir twee jaar met daaglikse inspuitings). Sulke pasiënte word in TB hospitale opgeneem wat tot gevolg het dat hulle nie kan werk nie en vir lang tye weg van hulle families is. TB is egter meestal geneesbaar en as goeie higiëne handhaaf word en mense goed ingelig word, sal die oordrag verminder. Hoe vroeër met behandeling begin word, hoe kleiner is die kans vir oordrag. - Suster Petro Pfuhi (verantwoordelik vir TB program by Cloetesville kliniek)

DEPRESSIE EN ANGS - L E N N I D E KO K E R

Die Depressie en Angs Ondersteuningsgroep, ‘n nie-winsgewende organisasie, se volgende byeenkoms vind plaas op 17 September om 19:30 by die NG Kerksaal Stellenbosch-wes in Alexanderstraat. Ons is gelukkig om Kobus Pienaar van die Christelike Afhanklikheids Dienste (CAD) as gasspreker te hê. Die onderwerp is: STRUKTUREER JOU DAG REG EN LEEF POSITIEF. DAN IS ALKOHOL OF ANDER DWELMS NIE NODIG NIE. Dit is ‘n baie belangrike onderwerp want ons is sekerlik almal bewus van die feit dat ‘n gesonde liggaam en gesonde leefstyl nodig is vir ‘n gesonde gees en andersom. Almal wat belangstel word hartlik uitgenooi. Vir navrae skakel Magdaleen by 073 216 9452 of Lenni by 084 293 2344. HIERDIE BLAD WORD GEBORG DEUR

www.mediclinic.co.za


6

GEMEENSKAP

Riviernuus

Inisiatiewe

‘n Tweede Troue

Students visit Soup Kitchen On Friday, 15 August, the less fortunate people of Kylemore were spoiled with a descent meal and cupcakes by Siena’s Soup Kitchen in cooperation with the Institute of Culinary Arts (ICA).

Annually we also bring the ICA first year group to the soup kitchen to not only see where their off-cuts go but to give them the opportunity to work within the community and to realise how fortunate they truly are to be able to study at such a prestige establishment.”

Clothing was also handed out to make this cold winter more pleasant for them.

The students handed out beautifully piped cupcakes to the children and dished up soup and bread, giving them the chance to interact with the friendly community members.

“The ICA prides itself in teaching students to not only respect ingredients they work with but to limit wastage at all times,” says Adelie Ludik of ICA. “All off-cuts and usable ingredients are taken to the soup kitchen on a weekly basis.

Bo: Bruide vertoon hul uitrustings Regs: Siena Charles en haar bruidegom vir die dag, Michael Adams

“I’m so thankful for the ICA that has been sponsoring and supporting our organization for the last three years.” says Siena.

“Baie vroue het nooit die geleentheid gehad om in ‘n trourok te trou nie,” sê Siena Charles. “Ons het dus besluit om ‘n geleentheid te skep waar hierdie vroue spesiaal kon voel in hulle trou-uitrustings. Amper soos ‘n tweede troue,” lag sy. Die spesiale troudag het plaasgevind by die Kylemore gemeenskapsaal op die laaste dag van Vrouemaand, Sondag 31 Augustus. Behalwe vir ‘n fotosessie het die deftige ‘bruide’ soos gesoute modelle Skoolsttraat gebruik as hulle loopplank. Sommige bruide was selfs vergesel deur bruidegomme en ‘n hele trougevolg, tot groot vermaak van bystanders.

Soos enige troue was daar ‘n onthaal met sprekers wat die belangrike rol van vroue in ons gemeenskap beklemtoon het. Na afloop van die verrigtinge het elke vrou ‘n geskenkpakkie vol lekkernye ontvang wat deur verskeie instansies geskenk was. Siena sê sy is baie dankbaar vir almal wie ‘n bydrae gemaak het om hierdie vroue spesiaal te laat voel.

SPECIAL TREAT: ICA students at the Soup Kitchen in Kylemore

In ons dorp vang bome die meeste wind. National Arbor City Award 2014

Stellenbosch Munisipaliteit se 1 Miljoen Bome projek trek wyd aandag en maak 'n impak in ons gemeenskap. Dis een van ons inisiatiewe om ons plek te verseker as die Innovasie Hoofstad van Suid-Afrika.


Riviernuus

COMMUNITY

16 September 2014

Our Heritage

7

20 THINGS TO DO BEFORE YOU DIE In celebrating heritage month, Riviernuus compiled a list of unique things to do and places to visit in our communities. We will explore each one in future editions. Here they are in no specific order: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. 13. 14. 15. 16. 17. 18. 19. 20.

Take a shower at the waterfalls above Kylemore Participate in the Dwars River Orchard Run* A stroll to Ida’s Valley Dams View Christmas lights in Tindall Street* Visit Pniël Museum Explore the Silver mine in Pniël Participate in the CANSA Relay for Life Attend one of the popular Church bazaars* View ‘Die Vlakte’ photo gallery at Old Luckhoff Experience Stellenbosch Affer innie pad Attend the Chrysanthemum shows* Enjoy a picnic at Cloetesville’s ‘Soekmekaar’ A day at the 6-a-side cricket tournament* Attend one of the school derbies* Arrange a family reunion and compile your family tree Attend a church/religious service different than your own Plant a tree to celebrate an event in your life Visit the Bethlehem ruins and walk along the new Dwars River pathway Connect with past teachers Find inner peace

17

18

20 1 19 2

3

16 15 14 13

* Seasonal

in our own backyard

12

PLEASE NOTE: This list is by no means exhaustive and we encourage readers to give us feedback. Permission is needed from the relevant authorities for certain excursions. Riviernuus can not take responsibility for any damages or losses that might occur.

11 10

C O M M U N I T Y C O N V E R S AT I O N S :

CELEBRATING OUR HERITAGE - MIK E F R A S E R Owner of Amathuba Consulting

of belief, it was the epoch of incredulity, it was the season of Light, it was the season of Darkness, it was the spring of hope, it was the winter of despair, we had everything before us, we had nothing before us.”

Heritage Month 2014 was launched by National Government on 31 August under the theme: “Celebrating 20 Years of Democracy: Tell Your Story that Moves South Africa Forward”.

My childhood days are full of memories of a caring and supportive family, and a vibrant community.

Celebrating Heritage day reminds us to remember, to reflect, to share, to heal and to reconcile, and move our country in the direction that we all want us to be. By sharing our stories in our families, our communities and our nation we add our contribution in celebrating our strength, Unity in Diversity.

Ons het dit bereik omdat ons die erfgename is van ouers en voorouers wat onder moeilike, uitdagende omstandighede ‘n beter lewe vir ons bewerkstellig het. Ouers en voorouers wat vasbeslote was om vir ons ‘n baie beter lewe te gee as wat apartheid vir ons ingedagte gehad het.

I consider myself extremely privileged to have experienced the various stages of our country’s history. It is a history filled with much pain and suffering, but we also had very good times, in spite of the burden of apartheid. Like the Tale of Two Cities of Charles Dickens South Africa was (and is) a tale of two countries. “It was the best of times, it was the worst of times, it was the age of wisdom, it was the age of foolishness, it was the epoch

There was purpose, action and direction in every aspect of our lives - in education, sports, religion, arts and culture.

Dit was die era voor TV en elektrisiteit. Lank voor huisfone, selfone, facebook, whatsapp en twitter. Dit was die era van rugby ‘kyk’ op die draadloos (met Gerard Viviers kon ons rugby kyk oor die radio, so goed was hy). WP teen NTVL, Griekwas teen die Piesangboere, TVL teen Vrystaat. Ons het al die spanne ondersteun wat teen die Springbokke gespeel het, want ons was nie waardig genoeg geag om ons land te verteenwoordig nie. But we had our sports greats. Many of them more than good enough to take up the honour to represent our country. Dit was die era van buite-toilets, kerse en parrafien lampies, die Primus Stove en die

Welcome Dover. Eerste ding na skool moes ons bos toe gaan om hout te gaan haal sodat Ma kon kos maak vir aandete. Die Welcome Dover was baie meer as ‘n net ‘n stoof. Dit was ‘n intieme kuierplek vir families en vriende. Radio het ‘n groot impak gehad op onse kreatiewe denke. Elke middag na skool was ons vasgenael rondom die Fm’pie, met die groot PM9 battery om na radioverhale te luister... So maak mens. Die Wild Temmer. Squad Cars. Top 20. Pip Friedman. Never a dull moment. Ons het speelplekke gehad waar ons elke dag sonder afspraak net almal gelyk opgedaag het en begin speel het. ‘n Rugby game sou vir 2-3 ure aangaan. Dan was daar nog sokker en krieket. Skoeloeloe, blikaspaai, wegkruipertjie, kennietjie, cowboys & crooks, ghoenkap, albasters, touspring. Bergklim en swem in die rivier. Magtag man. Waa’t ons allie tyd gekry om al die goed in te pas? Heritage Day 2014 gives us an opportunity to make our contribution to move South Africa forward with Hope. But it has to be a “Hope That is Unprepared to Accept Things as they Are” - Allan Boesak E-mail: michael.fraser0@gmail.com

9

8

4 5 6 7

Die ‘Vlees’ van Spoke Die Universiteit Stellenbosch nooi belangstellendes na ’n prestige-lesing deur prof André Keet as deel van die Stellenbosch Erfenisprojek se program vir 2014. Sy lesing is getiteld Die ‘vlees’ van spoke: Erfenis, geheue en identiteit op Stellenbosch. Prof André Keet kom oorspronklik van Kylemore en is sedert 2011 direkteur van die Internasionale Instituut vir Studies oor Ras, Versoening en Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit van die Vrystaat.

Datum: Donderdag, 18 September Tyd: 17:30 Plek: Universiteitsmuseum, Ryneveldstraat, Stellenbosch RSVP asb by Megan Ceylon, rsvp@ sun.ac.za of 021 808 4977. Verversings sal voor die lesing bedien word. Dit is belangrik dat belangstellendes 'n aanduiding moet gee indien hulle dit wil bywoon. Daar is 'n beperkte aantal sitplekke en die universiteit kan ongelukkig nie mense inlaat wie nie vooraf bevestig het nie.


8

GEMEENSKAP

Riviernuus

Plaaslike Regering

Op die Pad met

CL 1

BURGEMEESTER C O N RAD S I D E G O

My dag in die tronk Dit was 'n triestige Dinsdagoggend toe die wag ons by die tronk se hoë hek inlaat. Tot diep binne die plaaslike gevangenis - 'n plek waarby ek al baie verby gery het. Vandag het ek kom kyk, kom luister en beslis ook kom leer. Ons kom uiteindelik in die vierkant aan. Grys, reënerige wolke bo. Net om seker te maak dat al sy gaste veilig tuisbly, ook 'n staalsifdraad tussen ons en die hemelruim. Ek word toegelaat om vrae aan die manne in die oranje oorpakke te vra. Aanvanklik kos dit bietjie aanpor, maar later gesels hulle land en sand. Ja, ons het gepraat oor hoekom van hulle daar beland het. Hoe graag hulle anders sou wou wees en hoe sleg hulle voel oor wat hulle geliefdes in die proses moet deurmaak. Meer belangrik, was my vraag: Hoe hou ons ouens soos julle uit die beklemmendheid van die gevangenismure? En as jy nou binne beland het en weer 'n vry man word, hoe hou ons jou vry? "Meneer, dwelms is die probleem. Tik... Dis waar alles begin. As jy eers daarin is, is jy

op 'n heeltemal verkeerde pad," verduidelik die jong spraaksame gespreksgenoot. Jonk in jare is hy, maar 'n ervare bewoner van hierdie adres. Oor die bende-kultuur kan hy jou insiggewende lesings gee. Dit klink na 'n verdoemende greep waarin jy beland wanneer die dwelmbase jou in hul sirkel ingetrek het. Uitkomkans is skraal. Om jou verslawingsmonster te voed moet jy voortdurend jou hande op kontant kry. Of jy daarvoor moet werk of steel, jy móét dit hê. Wie of wat die slagoffer in die proses is, is bysaak. Die monster moet gevoed word. Hy vreet as te ware jou ook later op. Jou hele lewe en die lewe van jougeliefdes. Om dié rede, sê die manne van die oranjebrigade, het ons ernstige hulp nodig. Hulle erken ruiterlik dat jy nie sonder geliefdes en die breër gemeenskap se hulp daaruit kan ontsnap nie. Van dié wat daar in die kringetjie om my staan vertel ook van die terugval tot weer in die tronksel se bed en die helder oorpak wat dan jou uniform kan word. Al die hulpkrete saamgevat, is die versoek: “Doen meer vir ons jongmense wat ledig rondloop.” My flukse geselser verwys na

die opelug-gym wat so pas in Idasvallei opgerig is. “Wonderlik,” sê hy, “maar wat van een vir ons in Cloetesville?”

YAKHANANI BUSINESS ASSOCIATION

“Maar meneer, werk is die groot ding. As jy bedags besig is verdien jy geld en jy voel jy maak 'n bydrae tot die huis. Jy help jou ma. Mens voel ook mos om iets by te dra. Jy wil mos nie 'n las wees nie. Dissie ding, meneer...”

The Yakhanani Business Association was launched on Saturday 30 August 2014 at the Kayamandi Corridor.

“Wanneer jy uit die tronk kom en jy het nie werk en mense ‘kyk jou annerste aan’ omdat jy binne was, dan maak jy maar weer 'n plan. As daar 'n waardevolle artikel op die motor se sitplek lê, slaan jy die ruit in. Jy verkoop die artikel en jy het iets om by te dra om kos op die tafel te sit. Dissie ding, meneer...” Ek het gegaan. Ek het geluister. En ek gaan opvolg.

Yakhanani is Xhosa for ‘build each other’ and according to newly elected chairperson, Phindile Madubela, they will aim to carry out this vision. “The association’s main purpose is to support members running their business successfully and to produce positive results when negotiating with other organisations or structures,” he says. The association is reserved for small businesses in Kayamandi and anybody who wants to join is welcome to contact Phindile on 083 738 6993 or yakhananibusiness@ gmail.com

Met dié positiewe boodskap van agter daardie hoë mure, het my gemoed-son skielik helder geskyn op die andersins triestige dag. Ons hier op Stellenbosch is hard besig om berade te hou. Planne te maak om beter veiligheid te verseker. Dis goed en dis reg. Dis hoog tyd. Toe ons egter daar uitry besef ek dat ons ook agter die ander hoë mure moet gaan luister vir insig. By hulle wat weet. Maar ook praat, openhartig praat, oor hoe ons hulle kan help – om onsself te help. Dissie ding!

Back left to right: Nandipha Tsomo, Watson Mtirara, Eric Myendeki, Vusi Zwelendaba, Dived Masimini, Thembakazi Banishi, Wayiso Doyl Front: Nowuvuyo Ndyoko, Homba Ngcofe, Nowukowo Lobo, Phindile Madubela (chairperson)

AANSUIWERINGSBEGROTING 2014/2015

ADJUSTMENTS BUDGET 2014/2015

UHLENGAHLENGISO KULWABIWO-MALI LUKA-2014/2015

Hiermee word kennis gegee dat die Aansuiweringsbegroting vir 2014/2015 op 20 Augustus 2014 kragtens artikel 28 (2)(e) van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (Wet 56 van 2003) deur die Raad goedgekeur is. Die begroting word hiermee bekendgemaak aan die publiek kragtens artikel 26 van die Munisipale Begrotings- en Rapporteringsregulasies. Die goedgekeurde dokument is op die munisipaliteit se webwerf (www.stellenbosch.gov.za) en by die volgende kantore beskikbaar:

Notice is hereby given that the Adjustments Budget for 2014/2015 was approved by the Council on 20 August 2014 in terms of Section 28(2)(e) of the Municipal Finance Management Act (Act 56 of 2003). The budget is hereby made public in terms of Section 26 of the Municipal Budgeting and Reporting Regulations. The approved document is available on the municipality’s website (www.stellenbosch.gov. za) and at the following venues:

Sazisa malunga nokuphunyezwa koHlengahlengiso kuHlahlo-Lwabiwo Mali lonyaka wama 2014/2015 liBhunga ngomhla wama-20 kuAugust ka-2014 kunye nesahluko sama-28 (2)(e) soMthetho wokuLawula iiMali zikaMasipala (uMthetho wama-56 ka2003) kwaye ikhutshwa esidlangalaleni kunye neSahluko sama-26 kuMthetho woHlahlolwabiwo mali lukaMasipala nemiGaqo yokunika iNgxelo. Incwadi ephunyeziweyo iyafumaneka kwiwebhusayithi kaMasipala (www.stellenbosch. gov.za) kunye nakwezi ndawo zilandelayo:

Munisipale Kantoor, Pleinstraat, Stellenbosch Munisipale Kantoor, Hugenoteweg, Franschhoek Munisipale Kantoor, Hoofweg, Pniel Wykskantore Biblioteek, Pleinstraat, Stellenbosch Biblioteek, Sonnebloemstraat, Idasvallei, Stellenbosch Biblioteek, Langstraat, Cloetesville, Stellenbosch Biblioteek, Masithandanestraat, Kayamandi, Stellenbosch Biblioteek, Hoofweg, Pniel Biblioteek, Reservoirstraat-Wes, Franschhoek

Municipal Office, Plein Street, Stellenbosch Municipal Office, Hugenote Way, Franschhoek Municipal Office, Main Road, Pniel Ward offices Library, Plein Street, Stellenbosch Library, Sonnebloem Street, Idas Valley, Stellenbosch Library, Long Street, Cloetesville, Stellenbosch Library, Masithandane Street, Kayamandi, Stellenbosch Library, Main Road, Pniel Library, Reservoir Street West, Franschhoek

Kwi-Ofisi kaMasipala, ePlein Street, eStellenbosch Kwi-Ofisi kaMasipala, eHugenote Way, eFranschhoek Kwi-Ofisi kaMasipala, eHoofweg, ePniel Kwii-Ofisi zeeWadi Kwithala leencwadi, ePlein Street, eStellenbosch Kwithala leencwadi, eSonnebloem Street, e-Idas Valley, eStellenbosch Kwithala leencwadi, eLong Street, eCloetesville, eStellenbosch Kwithala leencwadi, eMasithandane Street, eKaya Mandi, eStellenbosch Kwithala leencwadi, eHoofweg, ePniel Kwithala leencwadi, eReservoir Street-West, eFranschhoek

C Liebenberg Munisipale Bestuurder

C Liebenberg Municipal Manager

NguC. Liebenberg Umphathi kwaMasipala


Riviernuus

GEMEENSKAP

16 September 2014

Plaaslike Regering

Leiers vat Hande

9

Christa’s Corner

Communication System Foto: Verskaf

Excellent communication, customer care and feedback are the keys to the hearts of our residents and visitors. If the municipality does not communicate or communicate badly, everyone in our area could feel that we do not deliver services or services of quality. People could also feel that we ignore enquiries and complaints.

Kloksgewys: Imam Vermeulen, Raadslid Donovan Joubert, Ds. Benny Martin, Dr. Lionel Louw, Burgermeester Conrad Sidego, Raadslid Nateshia Mcombring, Albert Petersen, Ds. Daniel Bock, Past. Godfrey Martin

We have therefore focused on a few initiatives to assist for better response and service delivery to our residents.

Die Idasvallei Leraarskring het op Dinsdag, 3 September, met Burgermeester Conrad Sidego vergader. Die Leraarskring bestaan uit kerk- en muslim leiers vanuit Idasvallei.

A system for day to day complaints and enquiries has been put in place and is now fully functional. Residents can log enquiries and complaints with any ward administrator, secretary or department office in our municipal area. This can be done via a letter or e-mail.

“Ons vergader sedert 2011 gereeld met die burgermeester oor drie belangrikke punte naamlik jeugontwikkeling, behuising en werkskepping in ons gemeenskap. Watter probleme ons hier ondervind en hoe die Leraarskring in samewerking met die wykskomittee

oplossings kan vind,” sê die voorsitter Ds Daniel Bock. “Vandag se bespreking het juis gegaan oor ons MOU (Memorandum of Understanding) asook ons toekomstige samewerking met die burgemeester en wyksraadlede van Idasvallei. Ons vat hande met die raadslede en gee ook ons volle steun aan die burgermeester vir die leierskaprol wat hy speel in Stellenbosch.” Vir navrae kontak die Skriba, Dr. Lionel Louw by 082 876 9480 of Ds. Bock by 076 042 5073.

Persons who cannot read or write will be given assistance. A reference number is given for every enquiry or complaint. It is critical that the reference number is requested if not provided. The reference number can then be used for a follow up enquiry if nothing was responded to. We will be able to see which areas have more

Sê Jou Sê! Die Munisipale Stelselswet verplig munisipaliteite om insette in te win oor hul planne en begroting.

17

Vergaderings vir die res van September

Skakel of Bel 021 808 8086

Wyk

14 (Kayamandi)

18

8 (Stellenbosch Sentraal)

23

1 (Franschhoek)

25

20 (Vlottenburg / Raithby)

30

4 (Pniel / Kylemore)

30

21 (Jamestown / Paradyskloof)

A SMS communication system is also up and running. For this we need all residents to ensure that we have your cellular number. We communicate emergency maintenance on e.g. water and electricity in a specific area to inform you of the expected breakdown times. Reminders about public meetings are also done via SMS. With this we wish to involve more residents in our medium and long term plans. I wish all our residents a happy and beautiful spring period.

Neem deel

Skriftelike Insae via die Wykskantoor of GOP (IDP) Kantoor

Faks 021 882 9526

Facebook facebook.com/ stellenboschmunicipality

Twitter @StellMun

@

2 (Franschhoek / Langrug)

17

challenges than others and where we perhaps need a more focussed approach.

*HOE OM DEEL TE NEEM

Die Munisipaliteit het verskeie metodes aangewend om seker te maak dat inwoners en belangegroepe insae kan lewer. Hieronder is ‘n paar van die maniere hoe u kan deelneem: • Wykskomitee Vergaderings (September 2014) • Deurlopende insae*

Datum (September)

Tell us how you feel

E-pos: idp@stellenbosch.gov.za

Besoek ons webwerf vir meer besonderhede oor die openbare deelnemingsprosesplan en ander belangrike inligting:

www.stellenbosch.gov.za

Kontak gerus vir Ulrich Cupido by 021 808 8086 of idp@stellenbosch.gov.za indien u vrae het oor die advertensie, plek sowel as tye van vergaderings.


10

SKOLE

Riviernuus

Nuus

Bevordering van LO

Damian speel vir Boland

Die Stellenbosch Universiteit (SU) se Departement Sportwetenskap het op Saterdag, 30 Augustus, ’n Liggaamlike Opvoedingkursus vir onderwysers aangebied.

“Daar is ’n enorme gebrek aan kennis en leiding van die onderwysdepartement op die gebied van liggaamsopvoeding (LO) en daar is weinig, indien enige, nagraadse belangstelling in die vak op universiteitsvlak,” sê Dr Francois Cleophas by die universiteit. “Tans verkeer die vak in ’n krisis wat dalk onoplosbaar is want die onderwysowerhede se belangstelling en optrede is uiters betreurenswaardig. “Die universiteit beskik egter oor ’n wye bron van vaardigheid op die gebied van LO wat tot die breë gemeenskap se beskikking is. Dit is ’n jammerte dat die onderwysowerhede die Wêreldbeker sokkertoernooi vrygewig kon bemark maar die opleiding van LO onderwysers en die skep van poste, word skandalig afgeskeep. “Die stand van LO in Suid-Afrika is ’n skandevlek op die huidige onderwysdepartement,” sê hy.

LO Baanbrekers: van links is Cecil Blows (vereer vir skolesport administrasie), Ivor Coetzee (namens sy oupa, Mike Coetzee, vir sy bydrae tot LO en skolesport) en Karel van Deventer (LO navorsing) “Om hierdie rede het die ons ’n aanbieding vir onderwysers en persone wat betrokke is by die vak, aangebied. Dit is maar ’n klein bydrae om die grootskaalse gebrekkigheid wat deur die onderwysowerhede veroorsaak word, aan te spreek. Hopelik sal daar ’n vlammetjie posvat wat die vak onder onderwysers sal laat bloei en die beleidmakers tot sinne roep.” Ongeveer 80 onderwysers en 20 hoërskoolleerders van Stellenbosch en die Kaapse Vlakte was genooi om die verrigtinge by te woon. Studente se werk was uitgestal, asook die van Van der Stel

Bo: Dr Francois Cleophas

Gimnastiek Klub en die WKOD Sentrum vir Opvoedkundige Bewaringstudies. Sprekers van drie universiteite (insluitend Zimbabwe), ’n nie-regerings organisasie en die WKOD het ’n platform gedeel. Daar was ook erkenning gegee aan drie persone vir hulle besonderse bydrae tot LO en skolesport. Dr Cleophas sê die aanbieding sou nie kon plaasgevind het sonder die finansiële ondersteuning van die universiteit se Gemeenskapsinteraksiediens en Van Schaik boekwinkel.

OPERASIE SKOONMAAK: PC Pietersen Primêr ‘n Groep Standerd 7’s van 1984 by PC Pietersen Primêr wou aanvanklik hul 30-jaar reünie beplan, maar dit het ontaard in ‘n inisiatief om liewers terug te ploeg by hul alma mater. Die groep nooi alle oud-leerders asook die gemeenskap van Kylemore om te help met die skoonmaak van die skool op Saterdag, 11 Oktober 2014 om 08:00. “Baie skole se geheim tot sukses is die betrokkenheid van oud-leerders by die skool soos ekstra klasse, sport, kultuur en fondsinsameling,” sê een van die organiseerders, Eugene Keet. “PC Pietersen Primêr geniet glad nie

hierdie manier van ondersteuning nie. Bydraend tot die probleem is dat die skool kwytgeskeld is van skoolfooie. Boonop is die ouers baie min betrokke en laat hulle die opvoedingstake, sport, kultuur en algemene welstand in die hande van die onderwysers wie se primêre taak dit is om klas te gee.” Die skool gaan gebukkend onder diefstal, vandalisme en uiters swak toestande van toilette. “Ons uitdaging wat ons aan die leerders van 1984 gestel het, was om iets tasbaar te doen om die omstandighede waarin ons kinders onderig moet ontvang te verbeter as deel vir ons dankie sê,” sê Eugene. “Die grootste probleem is die toilette wat die leerders moet gebruik. Saam met dit is ook die sekuriteit by die

skool, verwaarlose speel-oppervlaktes en algemene swak toestand van die terrein. Daar word dus beplan om te verf, die skoolterrein op te knap, en ‘n beter skoolomgewing vir leerders te skep.” Bring ‘n verfkwas, graaf, tuinvurk, swartsakke, maar meer belangrik: bring jouself!

Fotos: Verskaf

Die doel van die kusus was om die vak uit te brei en om onderwysers met die aanbieding binne skoolverband te help.

Damian-Luke Davids van Pniël is gekies vir die Boland o/13 krieketspan. Hy gaan aan die T20 toernooi vanaf 6 - 8 Oktober op Worcester deelneem. Damian is ‘n leerder by Stellenbosch Laerskool en net soos Jacques Kallis, is hy ‘n veelsydige speler wat uitblink met bal en kolf. Baie geluk Damian!

NOTICE

Be please to take notice that Godfrey Adonis intends making application to the Commissioner of CIPC, for the re-instatement of Webstel Builders (2005/11513/23 CC). Be please to take notice further that any objection to the application must be lodged with the Commissioner of CIPC within twenty one (21) days of the date of publication hereof.

Hulle leuse is: Ons kinders - ons verantwoordelikheid. Vir verdere inligting kontak Eugene Keet – 079 078 9562, Chareldine van der Merwe – 072 036 5412, Zelda Cloete – 076 315 3493.

ADVERTEER

in Riviernuus Tel: 021 885 2392 Epos:

Huidige toestand van toilette by PC Pietersen Primêr

wendell@riviernuus.co.za


INNO>ASIESTASIE

Riviernuus

Eerste in die wêreld Dit is Vrydagaand en niemand het lus om kos te maak nie! Die maklikste uitweg is om ‘takeaways’ te bestel. Jy bel iemand soos Mr Delivery en kies jou gunsteling pizza of hamburger. Hulle kontak dan die betrokke restaurant en jou bestelling word dan by jou huis afgelewer.

Links: Ordercloud integrasiemodel

‘n Soortgelyke proses vind plaas wanneer jy enigiets aanlyn wil koop. Jy plaas jou bestelling en die goedere word dan vanaf ‘n sentrale pakhuis of verspreidingsentrum iewers in die land na jou gebring. Sommige kere kan dit baie lank neem voor jy uiteindelik jou goedere kry. Dit is hier waar die mense van Ordercloud ‘n gaping in die mark gesien het. “Nêrens in die wêreld bestaan daar ‘n stelsel wat allle kleinhandelaars met mekaar verbind nie,” sê Ordercloud se mede-stigter, Erni van Biljon. In plaas daarvan dat Mr Delivery ‘n restaurant hoef te bel, het Ordercloud ‘n stelsel ontwerp wat alles integreer en automatiseer. Volgens Erni was die ontwikkeling van hierdie stelsel baie moeilik. “Daar is basies ses prosesse vir enige aanlyn transaksie. Jy bestel jou produk, dan betaal jy, eis enige lojaliteitspunte, iemand gaan kies jou produk van die rak, iemand anders kollekteer en dit word by jou jou afgelewer. Om ‘n omvattende ge-integreerde stelsel te ontwikkel was daar dus vele rolspelers en prosesses wat in ag geneem moes word. “Elke kleinhandelaar het sy sagteware sisteem en ons stelsel laat jou toe om jou bestaande stelsel by ‘n baie groot netwerk van ander kleinhandelaars in te skakel. Die moontlikhede van hierdie integrasie is eindeloos aangesien enigiemand met enigiemand kan konnekteer. Met al hoe meer mense wat hulle mobiele toestelle soos sellfone en tablette gebruik, gaan hierdie integrasie die manier van hoe mense aanlyn koop verander,” sê hy.

"Nêrens in die wêreld bestaan daar ‘n stelsel wat allle kleinhandelaars met mekaar verbind nie."

ORDER CLOUD Ordercloud is gebasseer by die Universiteit van Stellenbosch se LaunchLab, ‘n hub wat dien as springplank vir jong entrepreneurs. “Ons het in 2012 al ons patente geregistreer en het reeds ‘n aantal kliënte wat die stelsel gebruik,” sê Erni. “Ons hoop hierdie integrasie ontwrig die mark heeltemal en ons beplan om binne vyf jaar op die aandelebeurs te registreer.” Vir verdere besonderhede besoek www.ordercloud.co.za *Ordercloud is nie net vir aanlyn-aankope bedoel nie, maar ook vir inbelsentrums. Die platform is uitsluitlik vir franchises en kettingwinkels en nie vir verbruikers.

Foto: Verskaf

“Navorsing wys dat 75% van alles wat mense koop, plaaslik is. Ons stelsel maak dit nou moontlik dat indien jy jou bestelling aanlyn plaas, jou goedere nie noodwendig vanaf ‘n pakhuis kom nie, maar eerder vanaf die naaste plaaslike tak wat die produk beskikbaar het. Dit behoort verbruikers baie geld en tyd te spaar aangesien aflewering baie gouer kan geskied,” sê hy.

Die Ordercloud-span: Willem van Wyk, Wessel Pieterse, Erni van Biljon en Johan Meyer

Innovasiestasie word moontlik gemaak deur

tel +27 (21) 815 3000 www.pwc.co.za


12 SPORT

Riviernuus

News

Young cricketers' tour to England - S H IR L E C O R N E L I S S E N

A dream was realised when players of the Masikhulisane Cricket Academy left for England to compete in a 20/20 competition at Epsom College in London on 8 August. Six teams from England, Dubai, India and SA took part in the tournament. The Academy played five round-robin matches of which they won four. Against all the odds they managed to progress to the final where they played against “In Touch Cricket Academy” from England. Unfortunately our guys lost with 6 wickets. There were a couple of very good individual performances from our players. Ricardo Trenti had scores of 54 and 33 respectively, Shane Williams - 55, Peter Minnis - 43, and Liam Azer had scores of 39 and 33.

The most outstanding performance of the tournament came from Zuhgdi Johaar who took 7 wickets during the competition and he was rightfully crowned as Player of the Tournament. Besides playing cricket, the boys also visited places like Lords Cricket Ground and Chelsea Football Stadium. They represented the Academy and the greater Stellenbosch area with pride and this has truly been a memorable tour for them. On behalf of the parents of these young players, the Masikhulisane Cricket Academy wishes to express its sincere appreciation and gratitude to all who made this tour a possibility. For more information on the academy, contact Shirle Cornelissen - 083 412 3670, Ashley Dhelminie – 072 434 1858 or Brian Minnis – 084 392 3296.

SAFELY BACK AFTER TOUR TO ENGLAND:

Front from left, Sherwin Jephtas, Zughdi Johaar, Peter Minnis,

Shane Williams, Hassan Arnolds, Tashriq Julius Back: Curtley Klaassen en Dillon Jephtas

Selected for Boland Central

Dream season for RU - LY N D O N J U L I U S

Raithby Universals RFC (RU) has secured their promotion to Super League B. This is the highest feat in the history of the club. The club has been playing an impressive brand of rugby throughout the 2014 season, going on a 12-match winning streak, securing their automatic promotion to Super League B two weeks before the league finished. Victor Eksteen, the club’s chairman, is very delighted man. “Our head coach Jeremy Jansen has implemented a lot of new structures and the executive backed his plan throughout the year.” Eksteen is himself a former stalwart scrumhalf that donned the first team jersey for many seasons at his beloved RU. “The management and executive united as one. We differed in opinion, but we set our differences aside for the greater cause of the coaches’ plans for the players. We are gutted that we couldn’t end off the season with an unbeaten streak but we remain positive and will definitely build on this going forward.” Captain and former Lions Currie Cup player, Hein Gordon, added that his side is very passionate and driven at the goals set

by the coaches. “We find that when we set our minds to it we definitely got the task done.” Credit needs to go to the WP Rugby Football Union and its club rugby executive on implementing the new league structure. The strength versus strength has enabled leagues to become fiercely competitive. The 2015 season promises to be a mouthwatering one with derby matches a plenty between Franschhoek, RU and Pniel Villagers who will all compete in Super League B.

Granville Farmer

Hunter Thompson

Three local boys were selected to represent Boland Central u/12 rugby team. The Grade 6 learners Granville Farmer (Pniël Primary), Teubes Van Niekerk and Hunter Thompson (both Bridgehouse Academy) will now participate in the final Boland Rugby trials.

“We find that when we set our minds to it we definitely got the task done.” * RU was established in 1992 when Raithby Rugby Club and Universals RFC merged. The town was split in two where Universals, the older established club at the time, was part of SARU and Raithby Rugby Club part of the Federation Union. Mr Michael Hendricks was appointed as the first chairman and Messrs. Max Mclaren (Universals RFC president at the time) and Hannes Gordon (Raithby Rugby Club president) was appointed as the new club’s presidents. Some of the main people involved in the merger was John February, Randolf Gordon, Ernest February, Hannes Gordon, Max Mclaren, Alexander Mclaren, Minty Isaacs and Brian Dreyer.

Teubes Van Niekerk

11 Victoria Street, Lutz Building, Stellenbosch (opposite Eikestad Mall)

We offer the following services:

• Accounting • Tax • BEE Certifications

Contact us for a free consultation:

T: 021 882 8435

info@rhodaca.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.