Riviernuus 10 August 2015

Page 1

GRATIS/FREE

Jaar 4 | Uitgawe 5 | 10 Augustus 2015

Riviernuus

STELLENBOSCH • idasvallei • cloetesville • Banhoek • Kylemore • Johannesdal • Pniël • Lanquedoc • Groot Drakenstein

Klein Serpies vir Klein Diamantjies Rochelle is the New President

4

Oom Goltros van Verneukpan Vermaak

'n Saak van gebed in die Raadsaal

10

RIETENBOSCH KRY NUWE SANDVELD

Kinders by Kleine Diamantjies Kleuterskool op Kylemore spog met hulle nuwe serpies vir die winter wat goedgunstelik deur Freda Malan en Theresa Du Plessis (agter 2'de en 3'de van regs) gebrei was.

6

11 Khayamandi's Idols

THE MUNICIPAL DOCTOR

4

Vallei se Oudste Derby KYLEMORE VS PNIEL

3

11


2

REDAKSIE

Riviernuus

Van ons kant

Onderwyser vir 'n dag

Female Fighters Pniël Ryushin-Kan Karate Club recently held a tournament in the Millenium Hall.

Een van ons plaaslike skole het verlede week iemand gesoek om waar te neem vir 'n onderwyser wie afwesig was. Sonder om twee keer te dink het ek aangebied om in te staan vir die dag. Hoe moeilik kan dit tog wees?

Four different clubs competed and Riviernuus captured a few of the 'women of strenght' in action.

Son Sak Oor Simon Showcasing their Kata skills

Riviernuus Soek 'n Joernalis On the attack!

The art of Kumite

Contact us Editor: Wendell Lawrence Tel: 021 - 885 2392 Email: wendell@riviernuus.co.za Design & layout: Shanaé Lawrence Publisher: Swey Design, Kylemore, Stellenbosch Printers: CTP Printers Cape Town Riviernuus subscribes to the South African Press Code that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to this code, please contact the Press Ombudsman at 011 - 484 3612/8.

‘n Vriendelike Versoek... ons op Lees Riviernuus aanlyn: www.issuu.com/riviernuus

Vereistes: Eie vervoer en Passie vir Goeie Nuus Kontak: 021 885 2392 of stuur jou cv na wendell@riviernuus.co.za

LETTERS

Write to us. Email: wendell@riviernuus.co.za

Gratitude And Praise Dear Editor, Your article on THE NINE GOOD SAMARITANS of 12 June 2015 refers. As ex-teacher of the majority of those kindhearted boys, it made my old heart so very proud to read what they accomplished and especially within their own community! I thank the Lord to have had the priviledge to play a very tiny part in the shaping of their young minds, their attitudes and their values. Allow me to say: WELL DONE MEN OF VALOUR!! May God's blessings continue to pour on your future endeavours.

Soos 'n goeie onderwyser was ek klokslag om 08:00 voor my klas se deur. Die eerste klas was Natuur Wetenskap vir Graad 6. My 'SkeiNat' was bietjie verroes so ek was nie juis van plan om in diepte te praat oor stroombane en elektrisiteit nie! Ek het begin deur elke leerder te vra watter beroepe hulle eendag sal verkies. Daar was prokureurs, rugbyspelers, sokkerspelers, brandweermanne, rekenmeesters, onderwysers, argitekte, kokke, dokters, maatskaplike werkers, sielkundiges, skoonheidterapeute en selfs 'n 'movie star'. Dit het alles goed afgeloop totdat dinge ernstiger begin raak het en ons bietjie oor skoolwerk moes praat. Dis hier waar ek nuwe respek vir onderwysers gekry het. Ons is geneig om meeste probleme by ons skole voor die deur van onderwysers neer te lê maar ek dink dit is tyd dat ons ouers ernstig moet aandag gee aan ons kinders se dissipline. Die leerders was nie onbeskof nie; dit was net baie moeilik om 'n klas aan te bied vir 'n groep leerders waarvan die meerderheid liewers met mekaar wil praat. Aan die begin het ons 'n reël vasgemaak dat enigeen kon praat solank dit net een op 'n slag was. Die klas het hulle egter min hieraan gesteur. Ek het seker vir 5 minute gesukkel om hulle te kry om stil te bly en dan was dit ook net vir 10 sekondes.

May you and RIVIERNUUS never forget your roots nor lose your compassion for your fellow men.

Na die eerste klas was daar nog drie ander en ongelukkig was dit dieselfde storie vir almal.

Regards! - Mrs. EM Dreyer (ex-PC Primary Teacher)

Tydens pouse sê my kollegas vir die dag dat hulle dit elke dag moet trotseer. Ek weet nie hoe ons onderwysers dit regkry nie want ek was skoon uitgeput na net 'n paar uur! Dit net om kinders te kry om stil te bly. Gelukkig was dit Vrydag en het die skool 13:00 gesluit! Ons sal hard met ons kinders moet praat anders gaan daar van 'movie stars' niks van kom nie. Mooi bly!


Riviernuus

OUR PEOPLE

10 August 2015

Their Stories

3

Local Talent on Show

Tebogo through to the last 29

The singing 'doctor' For the last eleven years, thousands of young South African hopefuls have been flocking to the Idols SA auditions to stand a chance to be crowned as the country’s best singer.

to be the next South African Idol. This caught Siyamthanda a bit by surprise and she had to decide there and then what she viewed as most important: A chance to be South Africa’s next singing sensation, or to continue with her medical studies.

This year has been no different and at the Cape Town auditions a few local hopefuls from Stellenbosch also tried their luck in front of judges Randall Abrahams, Unathi Msengana, Gareth Cliff and Somizi Mhlongo.

It was probably not how she imagined her audition would go, but she had to make a choice. With tears threatening, Siyamthanda did what not too many young singers would do. She decided that her studies were more important and declined the golden ticket.

Then the audition took a rather strange twist. Before Siyamthanda could collect her golden ticket, Randall asked her if she was aware that she had to postpone her medical studies for a year if she wanted

He was part of the lucky group of contenders who competed during the first elimination round at Sun City. During the elimination he sang in a group of three in front of the judges. He is now part of the last 29 singers that will compete in the gruelling Theatre Week where he has to sing in front of a live audience.

Above: Siyamthanda Mayija Below: Tebogo Louw

All the judges were left speechless with Unathi pointing out that this was the first time in Idols’ history that someone declined a golden ticket to concentrate on her studies. We will never know whether Siyamthanda would have won SA Idols 2015, but one thing is certain. When she qualifies as a doctor in a few years time she will not only cure people with her medical skills, she can also use her magical voice to comfort her patients.

Photos: IdolsSA.dstv.com

One of the locals was Siyamthanda Mayija from Khayamandi. Siyamthanda is a third year medical student at Stellenbosch University and comes from a musical family. For her audition she sang Bob Marley’s Turn Your Lights Down Low. She totally blew the judges away with her magical and passionate voice and all four judges gave her a ‘yes’ which meant she was part of the group of finalists to compete in Sun City.

Tebogo Louw (23), a singing sensation from Khayamandi, has qualified for the next round of SA Idols.

Good luck with your studies, Siyamthanda.

PNIEL RYUSHIN-KAN KARATE CLUB Presents

AN EVENING OF SONG WITH FLAVA FIVE (F5)

Date: SATURDAY, 15 AUGUST 2015 Time: 19:00 Venue: PNIEL MILLENNIUM HALL Cost: R40.00 A fund-raiser in aid of sensei Mark van Wyk and senpai Denver Rhode who will compete at the 2015 International Karate Federation Tournament in Japan.

This is Tebogo’s second time competing in Idols after he just missed out on the final 16 last year. He admits that the pressure got to him in 2014. “I made the mistake of being something I'm not. That stage is bigger than it looks, so I had this weird vest on and it made me get kicked out of the competition,” Tebogo said. This year he is prepared and ready to walk away with the coverted title as SA’s Idol for 2015. Good luck Tebogo! Khayamandi and the rest of Stellenbosch will be voting for you.

OPROEP OM NOMINASIES VIR DIE MUNISIPALE BEPLANNINGSTRIBUNAAL Stellenbosch Munisipaliteit wag nominasies in van publieke persone om aangestel te word as lede van die Munisipale Beplanningstribunaal. Stellenbosch Munisipaliteit beoog om ‘n Munisipale Beplanningstribunaal ingevolge die Wet op Ruimtelike Beplanning- en Grondgebruiksbestuur, 2013 (Wet 16 van 2013) tot stand te bring. Die Tribunaal sal verantwoordelik wees vir besluitneming oor verskillende kategorieë grondgebruiks- en grondontwikkelingsaansoeke soos deur die Stellenbosch Munisipaliteit aangewys. Die Munisipale Tribunaal sal bestaan uit lede van die publiek en amptenare met kennis en ervaring van ruimtelike beplanning, grondgebruiksbestuur en grondontwikkeling wat met die tersaaklike wet verband hou. Verantwoordelikhede sal insluit die lees van verslae ter voorbereiding van vergaderings, bywoning van en deelname aan vergaderings van die Tribunaal, bywoning van terreininspeksies en ander pligte waarvoor in wetgewing voorsiening gemaak word. Belangstellendes word genooi om nominasies in te dien vir lede met kennis, ervaring en/of kwalifikasies in een of meer van die voorafgemelde velde, om sodoende vir die eerste ampstermyn van die Stellenbosch Munisipale Beplanningstribunaal aangestel te word. Lede sal aangestel word vir n drrie jaar termyn, onderworpe aan bepalings en voorwaardes. Die Tribunaal sal (7) sewe individue, wat nie munisipale amptenare of Raadslede is nie, insluit. Dit is ‘n deeltydse posisie van ongeveer tien (10) ure per maand, teen ‘n vergoeding soos van tyd tot tyd deur die Raad bepaal sal word. Die nominasievorms is beskikbaar op die Stellenbosch Munisipale webwerf by www.stellenbosch.gov.za Volledige nominasievorms moet deur ‘n curriculum vitae van die genomineerde vergesel word. Enige persoon sonder internettoegang mag ook ‘n versoek vir die inligting rig per faks aan 021 886 6899. Navrae: Hedré Dednam. E-pos: hedre.dednam@stellenbosch.gov.za Tel: +27 21 808 8674 Die sluitingsdatum vir die nominasies is 14 Augustus 2015. Nominasies moet aan die Direkteur: Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling gerig word by: Posadres: Posbus 17, Stellenbosch, 7599 of Fisiese Adres: Pleinstraat, Stellenbosch, 7600 of Faks: +27 21 886 6899 C Liebenberg Munisipale Bestuurder


4

GEMEENSKAP

Riviernuus

Nuus

'n Ogie vir 'n mooi hoed

Die AGS-Kylemore dames, van links: Katriena Mowers, Susan Otto (met die wen-hoed) , Denica Pietersen en Pauline Van Wyk (mees fotogenies)

- BA S I L VA N W Y K

Die vroue van 19 verskillende kerke het ook aan 'n hoede-kompetisie deelgeneem waar gesoek was na die mees oorspronklike en buitengewone hoed.

Die AGS-vroue van die Bolandstreek het onlangs ‘n vrouekonferensie in die Robertson Sentrum op Robertson bygewoon.

Die dames van AGS-Kylemore het met die eerste prys weggestap want hulle hoed was van ogiesdraad gemaak deur Roy Mowers van Kylemore.

Die tema van die geleentheid was 'Hoede en Hake' (Hats and Heels) en die vroue was baie spoggerig uitgevat met hul mooiste hoede en hoëhakskoene.

Tydens die model-kompetisie het Me Pauline Van Wyk, ook van AGS-Kylemore, 300 ander vroue uitgestof en was sy gekroon as die mees fotogeniese model.

Jong gimnaste skitter

Director obtains Doctor's Degree Luzuko Mdunyelwa was the first one in his family to study and when he was still a young student, his father told him: “You are clever enough to do your doctors degree (PhD).” That was a very long time ago and unfortunately Bra Paks from Cape Town (as his dad was known) passed away in 2008. However there would not have been anybody more proud about Luzuko’s achievement than his late dad. Bra Paks’ son recently obtained his PhD in Public Administration from the University of Stellenbosch! Dr. Luzuko Mdunyelwa is the Director: Corporate Services at Stellenbosch Municipality since 2011. What makes his achievement even more remarkable is the fact that during the day he oversees the municipality’s Legal, Human Resources, IT, Communication, Admin, Council Support, Document Management and IDP departments. “It was hard work,” he says. “I basically did not have a social life as I woke up at 03:00 every morning to start studying. Then go to work and sometimes spending 12 hours a day at the office after which I would go home, eat and sleep. The next day was the same story. I also spent every Saturday at the university’s library to work on my thesis, but I never gave up,” Luzuko says. Luzuko has a long history in the public sector having worked for Helderberg Municipality as well as City of Cape Town. His thesis focused on public participation and how communities can run their own projects if you give them the authority to decide. He said he chose a housing project as this was something that is close to people's

Above: Dr Luzuko Mdunyelwa in his office at Stellenbosch Municipality. hearts. “The problem in national government is that some people do not have experience in local government. You cannot find better directors in municipalities anywhere in South Africa than in Stellenbosch.” His next goal is to conduct a thesis on public participation in Stellenbosch. “We are refining our public participation process and I really enjoy the challenges in Stellenbosch. I aim to stay in the public sector until the Man above decides otherwise,” he says. “I am here to serve the people.” Luzuko is married to Siviwe and they have three children, Lelethu (25), Mbali (16) and Linda (11). He was very close to his dad and fittingly Luzuko's thesis had an inscription dedicated to his father: “Dad, wherever you are, this is for you.” Congratulations Dr. Mdunyelwa!

NEW President of Girls Brigade SA Oaks gimnaste, agter van links: Liam Gordon (10), Tammy Brinkhuis (8), Cadence Joos (8) en Kiara Meyer (8) Voor: Nina Joos (6) en Leah Gordon (7) Die Oaks Gimnastiekklub op Stellenbosch is nog net 7 maande oud en spog reeds met uitstaande gimnaste. Die klub, onder leiding van Levena Josephs en Matie gimnas Leoné Vester, het in Januarie met 9 gimnaste begin en het reeds gegroei na 21 jong lede. "Ons het met 9 gimnaste begin en het tans gegroei tot 21," sê Levona. "Ons is oop vir alle beginners (seuns en dogters ) vanaf die ouderdom van 5 jaar."

Die vyf dogters op foto het gekwalifiseer om einde Augustus aan die Suid Zone kompetisie in Oudtshoorn deel te neem. Die haan onder die henne, Liam Gordon, het onlangs aan die Distrikproewe by die Weskaapse Sportsskool deelgeneem en ook gekwalifiseer vir Oudtshoorn. Vir verdere inligting en navrae kontak Levena by 082 464 3762. Baie geluk en voorspoed Oaks!

Rochelle Adams (right) from Pniël was recently elected as the new President of the Girls Brigade South Africa. Left: The president with Ms Ethelwynne Petersen, one of the driving forces behind Pniël Girls Brigade. Congratulations and good luck Rochelle!


AN EXCITING NEW PAYMENT EXPERIENCE AWAITS

Cash Offices in Ryneveldt Street closed due to renovations from August to midDecember 2015.

Please make payments at the Library Hall, Plein Street.

CASH OFFICES

LIBRARY

We apologise for any inconvenience this may cause you. Remember you can also pay your municipal accounts via internet banking, cellphone banking or at any Easypay vendor. Please call 021 808 8111 for any account enquiries.


6

MY TAAL

Riviernuus

Inisiatief

EEN GLANSRYK(E) AAND Die ATKV-tak, Glansryk, in samewerking met Afriqua Promosies het op 8 Augustus 'n fondsinsamelingsaand ten bate van die PC Petersen Primêr biblioteek aangebied. Die funksie was gehou in die Japie Krigesaal by Paul Roos Gimnasium en die doel was om gaste op 'n ontspannende manier te vermaak.

Agter van links: Sandra Jooste, Lorraine Erasmus, Katie Jooste, Shireen Jacobs en Elsabe Esterhuizen Voor: Florina Robain, Jennifer Combrinck, Sandra Jooste, Jeannie Geduld, Elizabeth Mentoor.

Van links: Mary Adonis, Rachael Kordom, Dorothey Abrahams en Sarah September

Die nimlike Oom Goltros (Elias Nel) van Verneukpan en Vriende was op die planke en het perfek hierin geslaag deur die gehoor te laat skater met sy kwinkslae. Oom Goltros het almal vertel van die mense en skandes op sy tuisdorp. Later het Elias Nel die rol van Ds Bobby Johaan vertolk en op tipiese domineemanier sy interpretasie van Bobbejaan Klim die Berg aan sy gemeente oorgedra. Die gemeente kon beswaarlik hulle lag keer.

Agter van links: Genobia Adams, Devon Combrinck, Xandre Bailey, Shemine Adams Voor: Doreen Williams, Chriszelda Adams, Chareldine van der Merwe

Van links: Leon en Amanda de Stadler saam met Elize en Lyndon Fortuin

Van links: Elrie Roux, Cybil Adams, Engela Penelophe, Elize Anthony en Lidia Carstensder Merwe

Regs: Oom Goltros Heel regs: Ds Bobby Johaan (Die talentvolle Elias Nel)

KOOP ’N AFRIKAANSE BOEK OP

14 AUGUSTUS

EN ONDERSTEUN ONS SKRYWERS,

UITGEWERS EN BOEKWINKELS! WWW.ATKV.ORG.ZA 021 880 1761

Hupstootjie vir Afrikaanse nagraadse studie Die SA Akademie het ‘n beurse- ENIGE vakrigting by ENIGE plan bekend gestel vir nagraadse universiteit in Suid-Afrika kan kwalifiseer. studente. Die eerste fase raak doktorsgraadstudente wat besig is met die laaste fase van hulle D-studie. Hulle kan aansoek doen om befondsing vir hierdie laaste fase. Dit kan registrasiekoste en tegniese versorgings (redigering) en enige koste dek wat verband hou met die afhandeling van die proefskrif. Die voorwaarde is dat die student se proefskrif oorspronklik in Afrikaans geskryf word en dat hy of sy onderneem om die proefskrif teen einde September 2016 vir eksaminering in te lewer.

T 021 880 1761 • www.atkv.org.za

‘n Tweede aspek van hierdie fase is die toekenning van postdoktorale beurse van tot ‘n maksimum van R120 000 vir 2016. Dit is bedoel vir studente met doktorsgrade wat in 2016 deelneem aan ‘n voltydse program (vir ‘n jaar). Akademiese uitsette van so ‘n postdoktorale jaar moet in Afrikaans gelewer word. Enige student by enige student in Suid-Afrika kan kwalifiseer. Doen gerus navraag akademie.co.za

by

Die blad word moontlik gemaak deur die

melanie@


Riviernuus

COMMUNITY

10 August 2015

Health

7

WHY BRUSHING YOUR HAIR IS CRUCIAL Brushing is an important part of grooming and hygiene, and is good for your hair - but only in moderation.

It was once thought that 100 strokes of the brush each night before bed gave beautiful hair. That’s now considered really excessive, but brushing remains an important part of grooming and hygiene, and is good for your hair.

Picture: Pitt Rivers Museum - Hairdresser's signboard (www.prm.ox.ac.uk)

Use the right brush for the job:

Too much brushing can lead to or exacerbate hair loss. It’s natural to lose a few hairs every day, but if you experience a major increase in hair loss or notice a bald patch or thinning hair developing, you should see a dermatologist.

Why brush? • • •

Gentle brushing makes hair shine. Styling with a brush can also add volume to flat hair. Brushing cleans the hair and scalp. It removes old hair, dead skin cells, chemical products and other deposits. Brushing stimulates the capillaries of the scalp, increasing blood circulation and the transport of oxygen and nutrients to the hair follicles.

Brushing better •

Straight hair? If you have straight or wavy hair, you should never brush your hair while it’s wet. Wet hair is weak, elastic and vulnerable to breakage. If you must, use a wide-toothed comb while the hair still has conditioner in it, starting from the bottom and working gently up to the roots.

Generally, avoid handling your hair too much: wash, brush, style and use haircare products in moderation. Excessive heat damages hair, so go easy on blow-drying and using flat-irons – and use the low heat setting. To avoid struggling with knots, use a moisturising conditioner or detangling spray.

Don’t tousle your hair with a towel – this is too rough and tangles the hair. Rather slowly wring out your hair, using your hands. Then air-dry, or wrap your hair in a towel. Wait until it’s almost dry before styling it.

Curly hair?

• • • •

Use conditioner or anti-frizz hair products.

People with curly or textured hair, on the other hand, shouldn’t brush their hair when it’s dry. If you really need to untangle dry hair, comb with damp fingers.

A gentler technique is to start brushing with short strokes from the bottom, moving from tips to roots, untangling in sections until the brush passes easily down the whole length of the hair.

Be gentle •

Most hair needs brushing only two or three times a day, and just a few strokes.

Combat insomnia

Brushes come in a variety of shapes and sizes – ask your hairdresser for advice in choosing. A paddle brush is a wide, flat brush that detangles and smoothes most hair types. Round-barrel brushes are used for styling hair and setting it in a curl. If you have short or very fine hair, use a thinner, softer-bristled brush. A rubber cushion on the brush lets the bristles adjust to your head’s contours.

Clean up

Brush from the bottom

It’s important for hygienic reasons to keep brushes clean. Regularly remove hair from the brush and wash it at least once a month to remove oils, hair products, dust and other residue that you don’t want to transfer back to your head. Use warm water and a little shampoo, or soak in baking soda dissolved in water, before rinsing thoroughly. An old toothbrush is helpful for scrubbing between bristles. Replace your brush if it’s losing bristles.

Sources: • mediclinic.co.za • Kiderman A et al. The effect of brushing on hair loss in women. 2009. The Journal of Dermatological Treatment. • Robbins C and Kamath Y. Hair breakage during combing. 2007. Journal of Cosmetic Science.

- I L S E PAU W

Tired of tossing and turning at night, watching the hours tick by and panicking that you'll have a rotten day because you haven’t slept at all?

• •

Exercise during the day to promote the onset and quality of sleep.

Don’t despair; a good night’s sleep might be possible after all.

Take a warm bath before bedtime.

Keep a notebook next to your bed and write down any worries that you may have before attempting sleep.

Avoid having daytime naps.

Ensure that you have comfortable sleeping quarters. Make sure that the room is dark when you want to sleep.

Wake up the same time each day.

According to the South African Memory Resource Centre, there are a number of things you could do to combat insomnia and improve the quality of sleep: •

Discontinue unhealthy sleep habits. Don't lie in bed for long periods if you cannot fall asleep. Your brain quickly forms an association with lying in bed and rolling around, and not being able

to sleep. Break this habit by getting out of bed if no sleep occurs after about 10 minutes. Carry out a non-interesting activity, such as reading a boring book, until drowsiness returns and then go back to bed. Repeat this sequence until sleep takes place.

Follow the same routine at night before attempting to sleep. Your mind and body will associate this routine with approaching sleep. Avoid taking any stimulants such as coffee and nicotine before retiring

to bed. Avoid taking alcohol before sleeping as it causes inefficient sleep. Don’t have a heavy meal near bedtime.

HIERDIE BLADSY WORD MOONTLIK GEMAAK DEUR

www.mediclinic.co.za


8

GEMEENSKAP

Riviernuus

Opinies

Op die Pad met

CL 1

BURGEMEESTER C O N RAD S I D E G O

Kies die pad waarop die minste gereis word... Paaie, hetsy dit nasionale paaie of kleiner afdraaipaadjies is, en of jy nou daarop voetslaan of per motor of trein reis, is veronderstel om ’n mens iewers heen te lei. Maar vir veels te veel Suid-Afrikaners lei die reis te dikwels na ’n doodloopstraat en verloor baie mense hul lewens op ons paaie. Op Maandag 3 Augustus 2015 het die WesKaapse Minister van Vervoer en Openbare Werke, Donald Grant, en ek saam die lint op ’n nuwe brug op die Vlaeberg pad oor die spoorlyn geknip. Na ’n enorme projek van twee jaar, is die Vlottenburg/Vlaebergpad amptelik geopen. Die R157 miljoen projek wat twee jaar geduur het, het onder meer behels dat; agt spooroorgange geëlimineer is, ’n nuwe voetgangerbrug by Lynedoch-stasie opgerig is, ’n nuwe dienspad aan die westekant van die spoorlyn veiliger toegang tot Lynedoch verseker, die bou van kleiner paaie vir uitsluitlike gebruik deur voetgangers langs die hoofpad wat voetgangers veilig hou en deurgange vir vee onder die spoorlyn sorg dat beeste van die pad af bly. Vir hierdie projek wat op soveel vlakke van

uitnemendheid getuig, verdien die WesKaapse regering alle lof en dit bevestig sy status as die provinsiale owerheid met die beste padnetwerk in die land. By die opening het Min Grant ook beklemtoon die handhawing van ’n goeie padnetwerk is ’n prioriteit omdat mobiliteit mense uit armoede kan uitlig. Dit is ’n enorme klomp geld wat vir hierdie projek gebruik is. Maar dit is sonder twyfel die moeite werd as dit beteken die provinsie en Suid-Afrika in die geheel kan hierby baat. Maar dalk nog belangriker: dit is die moeite werd as hierdie maatreëls kan help om mense se lewens te spaar. Maar ondanks die voorsorgmaatreëls, die

geld wat uitgegee is, en die besonderse visie van die ingenieurs wat die konstruksies kon laat werklikheid word, bly elke individu verantwoordelik vir sy/ haar eie veiligheid. En daar moet daagliks figuurlik gesproke ’nkeuse gemaak word om die pad waarop die minste gereis word te kies. Dis so maklik om die verkeersreëls te oortree. Wat maak dit saak as jy op jou selfoon praat terwyl jy bestuur? En waarom sal jy noodwendig ander se lewens in gevaar stel as jy met een drankie te veel agter die blad agter die stuur inskuif? Om ’n sitplekgordel vas te knip, is eintlik ’n vermorsing van ’n paar sekondes want jy ry dan net vinnig kafee toe ry om ’n liter melk of ’n brood te gaan koop. Dis hierdie klein oortredings wat egter bydrae tot die onaanvaarbaar hoë ongeluksyfer in ons land. Ons het elkeen ’n keuse om die reis goed voorbereid aan te pak. Dis die weg wat die minste gekies word. Ons het nog ’n lang pad om te reis. Na binne sodat ons elkeen ‘n kopskuif kan ervaar.

Die Uitvoerende Burgemeester Conrad Sidego en Minister Donald Grant knip die lint by die opening van die nuwe Vlaebergpad. By hulle is lede van die burgemeesterskomitee.

Niks verkeerd met 'kroeshare' Dis nou maar eenkeer so dat ‘n mens jouself in ‘n nuwe politieke bestel met gepaardgaande pyn bevind. Skielik is daar bevryding en nuwe verantwoordelikhede wat somtyds heelwat ongemaklik voel. Dis soos ‘n sweer wat oopgebreek word, dit bring verligting maar met ‘n wond wat ietwat lank neem om te genees. Gedurende hierdie helingsproses word allerhande salwe aangewend. Een van hierdie salwe is om die bevoorregtes te join en dis hier waar die knooppunt lê en heelwat smokkelary van jou kop vra.

“My kind moet skool toe, wat nou?” Op uitnodiging dus van die redakteur uit die vorige Riviernuus met sy ongemaklike vrae, die volgende:

Dis okei. Different strokes vir different folks. Die idee is nie om u te kritiseer nie, nog minder om daai mooi hart van u aan ‘n kapstok op te hang. Nog minder is dit ‘n lekkery soos ‘n goedbeminde skoothondjie. Inteendeel!

GEVAAR:

Skerp Punte met

- H I LT O N BISCOMBE

Gevaar: Skerp Punte is die opinie van die skrywer en nie noodwendig die van Riviernuus nie.

Ons skole is mank daaraan toe, nog steeds met beperkte bronne met entoesiastiese onderwysers wat heelwat gekortwiek word deur hul werkgewers. As ek dan hier my fokus moet plaas op Lückhoff, staan jy verwonderd oor wat wel uitgerig word. Ek weet, my vrou hou daar skool en my kinders is deur daai banke. Gedeeltelik omdat hulle hul voorouers/ouers eer, maar hoofsaaklik om te help bou aan ‘n kultuur wat uit die verlede kom en ‘n stewige basis in die toekoms bied.

Nou kom die vraag: “Hoekom moet ek my kinders opoffer as ek dit beter kan kry oorkant die pad? Beter geriewe en beter bronne,bepaald en onteenseglik so...beter onderwysers? Definitief nie so nie. Onderwys is mos ‘n bruinmansding, innie bloed so oor die geslagte heen. Die rekord wys dit. My eie kinders bewys dit. Een is besig met haar doktorsgraad, een ‘n gegradueerde aktrise en een matriek met goeie vooruitsigte. Hoe’s daai vir brag?!

U sal anders voel as u nie by u hart ‘n draai gaan maak.

Vir my is die brag nog groter omdat die doktors-een by Brückner skool gegaan het.

Die skool wat uitgejou word vir Kriefgat (‘n agterbuurt, so word ons wysgemaak) se mense. Hoe verkeerd kan ons tog wees. Dis juis hierdie skool wat haar sensitief gemaak het vir real issues, die fokus van haar studies. Dis ‘n kopding wat na die hart moet loop. Vir my is beweegredes legio: Ek moet my eie kinders sensitief kry vir die behoeftes in die gemeenskap; geen vervreemding moet plaasvind nie; ek moet my bronne, hetsy finansieel of in die vlees, in die gemeenskapskole belê; moslemtjommies is belangrik, nie omdat dit ‘n fad is nie, maar juis omdat dit karakter bou en altyd leersaam is; die onderwysers ken my kind en sy agtergrond en dus is sy/haar benadering meer tegemoedkomend; my kind moet weet dat ons trots bruin is en daar’s absoluut niks verkeerd met kroeshare, platneuse en bruinvelle nie, ook nie met armoede nie; in fact my hare krinkel as dit rëen; help mekaar, deel en wees liefdevol, miskien ‘n toebroodjie of ‘n toffee,’n lemoen; bou van onder af op. Put your money where you mouth is. Hoe sê die gesang nou weer: “Ek in my klein hoekie en jy...” Basta mense! Ons moet begin bou! ’n Oulap se rooi maak nie altyd mooi nie! ...en nou vra ek verskoning dat ek die bal oor die witmuur geskop het...wil een van julle dit nie gaan haal nie? Dis vir my ietwat moeilik om dit nou te doen.

RAAK POSITIEF!

- TARRY N J O S E P H S

Verskeie studies het na vore gekom oor hoe ons onsself, asook ander mense kan motiveer. Motivering kan dalk die beste beskryf word as ‘n begeerte of die bereidwilligheid om iets te doen, maar waar kry ons dan die motivering vandaan om daardie ekstra tree te gee, ten spyte van ons omstandighede? Niemand skryf jou bestemming vir jou nie, jy bepaal jou eie lot, jy bepaal jou eie toekoms! Ons almal het verantwoordelikhede wat ons moet nakom, jou onderwysers se verantwoordelikheid om jou te inspireer, jou ouers se verantwoordelikheid om jou te lei, jou vriende se verantwoordelikheid om jou te ondersteun deur die moeilike tye, maar niks van dit sal saak maak as jy nie die verantwoordelikheid wat jy teenoor jouself het, nakom nie. Dit is nou die tyd om te ontdek waarin jy goed is, die tyd om te ontdek wat jy kan bied! Dit is egter makliker gesê as gedaan. Ons almal het uitdagings in die lewe wat dit vir ons moeilik maak om voort te gaan, maar dit is juis hierdie uitdagings wat dit moontlik maak om daardie ekstra tree te gee. Daar is al talle kere wat ek myself moes herinner dat as ek ‘n ongelooflike lewe wil leef en wonderlike dinge wou bereik om suskesvol te wees, dan moet ek my denke op dieselfde golflengte kry. Ek het besef dat ek moes uitvind wat dit is wat ek wil bereik, hoekom ek dit wil bereik en watter persoon ek moes word om dit te laat gebeur. Ek moes my denke programmeer vir sukses. Ons almal het nie dieselfde omstandighede nie, maar dit waar jy nou is, wat ook al die omstandighede, is glad nie waar jy sal eindig nie. Stel doelwitte vir jou opvoeding en doen alles in jou vermoë om dit te bereik. Verskeie geleenthede kom na vore, jy moet net die oog hê om dit te kan raak sien. Alle geleenthede wat daar is, is daar om jou te bemagtig en jou gereed te maak vir ‘n suksesvolle skool loopbaan, lewe na matriek en vrugtevolle toekoms. Neem altyd die volgende in ag in alle besluite wat jy uitvoer; gryp alle geleenthede aan, lewe volgens die Ubuntu-konsep en konsentreer op positiewe denke.


Ons Stellenbosch Suksesse 2014 Wenner: Nasionale Boomstad van die Jaar

Tweede Plek:

Munisipale IQ-gradering (munisipaliteite landwyd word beoordeel en gemonitor)

MENSWAARDIGE BESTAAN • • •

100%

Eiendomskorting vir huishoudings met ʼn maandelikse inkomste van minder as R4 500

1034 1237

Nuwe huise voltooi

Persele volledig voorsien van ondergrondse elektrisiteit

GROENSTE MUNISIPALITEIT •

Miljoen bome-projek: April 2013 geplant

24

21 000

bome sedert

Gemeenskapstuine gevestig

VEILIGSTE MUNISIPALITEIT •

60% Kameras vir geslotekringtelevisie opgegradeer

SSI geïmplementeer (veiligheidsinisiatief wat onder meer

munisipale wetstoepassers, private sekuriteitsmaatskappye en die SAPD betrek)

2512

Boetes uitgereik aan mense wat stilhoutekens ignoreer

VOORKEUR-BELEGGINGSBESTEMMING • •

879

Bouplanne goedgekeur Gemiddelde wagtyd by verkeersdepartement met

28 Wi-fi punte

GOEIE REGERING EN NAKOMING •

10 000

SMS’e per maand vir meer doeltreffende kommunikasie

Openbare deelname “roadshow”-inisiatief is een van die eerste van sy soort

57%

verminder


10

MUNISIPALITEIT Opinie

Riviernuus

Help gebed in die raadsaal? - W E N D E L L L AW R E N C E

'n Tipese raadsvergadering by Stellenbosch Munisipaliteit word gewoonlik geopen deur 'n godsdiensleier. By elke vergadering word 'n leier van 'n verskillende denominasie of geloof gevra om die opening te behartig. Die leier doen gewoonlik 'n skriflesing, gee 'n motiveringsboodskap en sluit af met 'n gebed. In feitlik elke geval is die versoek dieselfde: Gee aan ons raadslede die nodige leiding om die regte besluite te neem tot voordeel van die hele gemeenskap; en om mekaar met respek te hanteer. Dit was ook die geval by die 32'ste raadsvergadering op Woensdag, 29 Julie om 15:00. Hierdie keer het die raad 'n amptenaar uit die munispaliteit gevra om die godsdiens te behartig. Na die gebed het die vergadering begin en die eerste item was om die vorige notule te aanvaar. Dit is gewoonlik nie so eenvoudig nie want daar is elke keer 'n item wat in die vorige vergadering bespreek was, wat weer bespreek word. 'n Raadslid het sy punt probeer maak wat nie so goed by ander afgegaan het nie. Kort daarna het humeure opgevlam en die raadslid was toe gevra om die raadsaal te verlaat. Die raadslid het geweier en die vergadering het vir 10 minute verdaag sodat die wetstoepassers die persoon uit die raadssaal kon vergesel. Skaars 2 minute na daar 'Amen' gesê was op die gebed, het die teenoorgestelde gebeur. Hoekom sal mens 'n vergadering open deur iemand te vra om seëninge oor verrigtinge te spreek, maar dan word dit deur sekere lede totaal geignoreer? Wat ookal die rede, die raad moet dit miskien oorweeg om nie meer 'n godsdienssessie voor die vergadering te hê nie. Dan sal dit nie lyk asof niemand na die boodskap geluister het nie. Of Die ander (makliker) opsie is natuurlik om mekaar met respek te hanteer ongeag die politieke verskil. Die boodskap sal dan nie op dowe ore val nie...

KOM SIEN JOU RAADSLID IN AKSIE: 25 Augustus

15:00

23 September

15:00

28 Oktober

15:00

25 November

15:00


Riviernuus

10 Augustus 2015

SPORT Nuus

11

VALLEI SE OUDSTE DERBY HERFLEEF - DUD L E Y L AC K AY

Die rugbyspanne van Pniel en Kylemore het op Saterdag 11 Julie in 'n vriendskaplike wedstryd op Kylemore Sportvelde kragte gemeet. Die wedstryd het by tye goeie rugby opgelewer, maar dit kon ongelukkig nie volgehou word nie as gevolg van ongunstige weersomstandighede. Beide spanne het egter hulle beste probeer om die groterige skare te trakteer. Die wedstryd was in ‘n baie goeie gees gespeel en die grondslag is gelê dat meer sulke wedstryde tussen die twee klubs gespeel kan word. Die moonlikheid is genoem dat dit ‘n jaarlikse instelling tussen die twee buurklubs moet word en dat die strydbyle van die verlede begrawe moet word terwille van die spel en gesonde verhoudinge tussen die twee gemeenskappe. Die spelers van beide klubs voel sterk hieroor en die hoop is uitgespreek dat die onderskeie besture werk hiervan sal maak.

Rugby het die vermoeë om mense te verenig en te lank was ons verwyder van mekaar. Pniel Villagers het die wedstryd met 36-0 gewen en was rustyd reeds met 19 punte voor. Die telling was eintlik ‘n bysaak want aan die einde van die dag was rugby die wenner en gesonde verhoudings is tot stand gebrink waarop voort gebou moet word.

Rietenbosch kry sandveld In 2014 het Joze Cabraal, 'n Brasiliaanse sokker afrigter, Rietenbosch Laerskool genader en voorgestel dat die skool 'n sokkersandveld moet oprig. Joze, wie ook die Futsal-konsep by Rietenbosch begin het, wou bietjie van die gewilde Brasiliaanse strandsokker in Stellenbosch kom vestig. Hy het aangevoer dat 'n sandveld mens aan die strand laat dink en dit word normaalweg gesien as iets wat baie meer pret is, veral vir die wie nie so sportief is nie. Volgens mnr Roy Van Rooyen, Rietenbosch se skoolhoof, het studente van die St. Andrews in Skotland wie betrokke was by lewensorientering vir die grondslagfase, bevind dat kinders tussen 7 en 8 op gelyke

Eerste vir Stellenbosch

vlak kan kompeteer indien hulle op 'n sandveld speel. Die veld gee dus vir kinders met minder vaardighede die geleentheid om net so goed te presteer as sportiewe. Die veld was ten volle geborg deur CSV Konstruksie. Die skool spog nou met die eerste sandveld in Stellenbosch. "Ons wil die gemeenskap en ander skole uitnooi om van die veld gebruik te maak," sê die skoolhoof. "Dit was 'n groot belegging en ons wil dit beskikbaar stel vir die breë gemeenskap. Ons is ook van plan om in samewerking met Maties Gemeenskapsdiens 'n program uit te werk hoe die veld op 'n sin- en leervolle manier gebruik kan word." Lekker speel Rietenbosch!

Streeptrui vir Ajay Ajay Adriaanse (13) van Cloetesville het die WP 0/13 XV rugbyspan by die jaarlikse Sasolburg-rugbyweek verteenwoordig. Ajay is 'n leerder by Eikestad Laerskool en het sy rugbyloopbaan op stut begin. Na afrigter Albert Fullard hom na haker geskuif het, het sy spel stukke verbeter.

Ajay se helde is Cheslin Kolbe, Dwayne Vermeulen, Gio Aplon en Juan de Jongh. Sy droom is om eendag vir die Springbokke uit te draf. Ajay is die seun van trotse ouers Tony en Geraldine Adriaanse en behalwe rugby is hy ook 'n kranige saksofoonspeler. Baie geluk Ajay!

Ajay val aan vir WP 0/13 XV tydens die onlangse Sasolburg-rugbyweek


Riviernuus

AND

KCF

KYLEMORE CHARITY FOUNDATION

PR E S E NT T H E

ANNUAL CHARITY BALL 2015 IN AID OF PC PETERSEN PRIMARY SCHOOL

LIMITED TICKETS AVAILABLE 18 SEPTEMBER 2015 | MILLENNIUM HALL, PNIEL | 19:00 | BYO* XYZ R150 PER PERSON OR TABLE BOOKINGS ACCEPTED CONTACT 021 885 2392 | wendell@riviernuus.co.za

*(BRING YOUR OWN)


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.