Riviernuus

Page 1

Riviernuus GRATIS/FREE

Net GOEIE NUUS. Just GOoD NEWS.

STELLENBOSCH

cloetes v i lle

i d a s va lle i

JAAR 6 /05/2017 UITGAWE #2

K y le m o r e

J oh a nnes d a l

11.

CORONATION VIER 70 JAAR

Pniël

L a n q u e d oc

S IM O N DIUM

F RA N S C H H O E K

'Relay for Life' kry Hupstoot 4 Jean de Villiers praat by PC Petersen Primêr Speelkring Maatjies deel hul liefde vir hul mammas

8

3

Herschel in Dream Team

12


R

2.

JAAR 6 /05/2017 UITGAWE #2

@Riviernuus

Rnuus

VAN ONS KAN T

Ondersteuning Ons het ’n nuwe spanlid! Lisa-Marie Myburgh het onlangs by ons aangesluit as grafiese ontwerper en fotograaf en het reeds baie bygedra tot hierdie uitgawe.

Lisa-Marie sal voortaan ook verantwoordelik wees vir ons spotprent. Ongelukkig moes ons met hartseer van Gerald (Makka) Maketees se deeltydse dienste afskeid neem. Met sy skerp potlood het Makka vir groot spotprentvermaak in die verlede gesorg en ons gaan dit baie mis. Hy moes sommige kere op kort kennisgewing met sy sketse vorendag kom en het nooit teleurgestel nie. Baie dankie vir jou werk Makka. Lisa-Marie is egter voltyds op kantoor en dit het net sin gemaak om haar in te span. Wees dus op die uitkyk vir Lisa met haar kamera!

Ek het gaan luister na Springbokkaptein Jean de Villiers as gasspreker by PC Petersen Primêr met die opening van ’n sielkundige ondersteuningsfasiliteit by die skool (sien bl. 8). Jean het my net weer bewus gemaak dat baie van ons net goeie ondersteuning nodig het. Dit beteken nie noodwendig finansiële ondersteuning nie. Sommige kere doen ’n glimlag of bemoedigende woordjie wondere vir iemand wat tou wil opgooi. Amper soos baie van ons ma’s ons ondersteun het. My ma het my altyd laat glo dat ek enigiets kan oorkom, maak nie saak wat die kans op mislukking is nie. Altyd gereed met 'n glimlag, lekker stukkie soutvis of selfs 'n sappige storie. Meeste van die tyd kom ek nie eens agter dat sy ook iemand nodig het om haar te ondersteun nie, want sy is te besig om na my te luister.

Jakob, verbeel jou, jou ma en jou vrou sit op 'n boot en die boot sink... Wie sal jy red? Jou ma, of jou vrou?

Dis maklik Attie, ek red my ma, want mens kry net een ma!

Hierdie Sondag kry ons weer die geleentheid om vir ons mammas dankie te sê vir al hulle ondersteuning. Aan almal wie nie meer 'n ma het nie, gebruik die geleentheid om lieflike herinneringe van haar met ander te deel.

Ilustrasie: Lisa-Marie Myburgh

Hallo Riviermense!

Riviersonderbrakwaterfontein

Kom ons maak die beste daarvan. Gelukkige Moedersdag! Mooi bly.

Wendell

Wat is 'ner huis sonud? 'n Vro

uis toe gaan, il h w Mam ma toe Ek na

Spaar Water kontak ons / contact us REDAKTEUR / EDITOR Wendell Lawrence C 083 533 3163 E wendell@riviernuus.co.za

UITGEWER / PUBLISHER Swey - Kylemore, Stellenbosch T 021 885 2392

Riviernuus subscribes to the South African Press Code that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to this code, please contact the Press Ombudsman at 011 484 3612/8.

GEDRUK DEUR / PRINTED BY CTP Printers - Cape Town

www.riviernuus.co.za

"Doing business without advertising is like winking at a girl in the dark you know what you are doing but nobody else does" - Stuart Henderson

To advertise phone 021 885 2392

Riviernuus

Net G OEIE NUUS. Just G OoD NEWS.


R

JAAR 6 /05/2017 UITGAWE #2

facebook.com/Riviernuus

3.

ons Mense

Geskenke vir liefdadigheid

M

et haar stylvolle partytjie in die Webergedenksaal om haar veertigste verjaarsdag te vier, wou Olga Randelhoff geen geskenke hê nie. Sy het haar gaste versoek om liewers finansiële bydrae te maak wat sy vir liefdadigheid wou skenk.

Everyone knew him as Ivan and he was a very well-known personality in Ida’s Valley. Ivan was a teacher for a number of years and some of his colleagues, friends and learners referred to him as Doc. According to his wife, Linda, Ivan always wanted to be a doctor. With the memory of her late husband still fresh in her mind, Linda received a very strange letter in her post box. An account from Multichoice that was addressed to a Professor TI Williams. It could not have been a mistake as the address was correct. Linda found this very amusing. “Knowing my husband, he probably gave instructions from heaven to change his title! On earth he wanted to be ‘Doc’ but in heaven he is a Prof,” she laughs. It seems as if Ivan’s higher calling is to serve as Professor or maybe it's his way of telling us he got promoted and everything is fine. Olga Randelhoff met haar veertigste verjaarsdag.

RIP Prof Ivan!

om pasiënte by te staan. Dit is toe dat ek besluit het om die Cancer Care Packs te stig wat Colleen gaan bestuur.

Foto: Facebook

Olga sê sy was baie verbaas oor haar gaste se bydrae. “Ons het al baie van ons familielede aan kanker verloor en het in die verlede gebruik gemaak van Hospice. Hule doen wonderlike werk en maak baie staat op donasies en fondse. Ek is dus baie bly dat my gaste die organisasie kon help. My vriend Colleen Newmann werk direk met kankerpasiënte in die gemeenskap en sy het vertel hoe sy ’n gedeelte van haar salaris moet gebruik

On 20 January 2017, Thomas Ivan Williams was called to “higher duty” when he passed away at age 63.

Foto: Verskaf

Haar gaste het geluister en ’n totaal van R13 000 was op die aand ingesamel. Olga het R5 000 aan Hospice Stellenbosch geskenk en R3 000 aan die kankerbewusmakingsgroep, Powerful Stars, wie dit op hul beurt aan Cansa Relay for Life oorhandig het. Die oorblywende R5 000 gaan sy gebruik vir haar nuutgestigde organisasie, Cancer Care Packs, vir mense wie met kanker gediagnoseer word en nie geld het om die nodige te koop nie.

Promotion in Heaven

Terwyl meeste van ons grom oor geskenke wat ons nie kan gebruik nie of klere waarvan ons nie hou nie, was Olga se besluit om terug te ploeg eerder as om te ontvang, ’n uitstekende gebaar. Haar gaste se donasies beteken iemand in nood, kan nou weer uitsien na haar/sy eie verjaarsdag. Pragtige gebaar Olga en gaste!

Above: The letter addressed to late 'Prof Williams' (right)

Mamma se dag by Speelkring! Riviernuus het by Speelkring Kleuterskool in Idasvallei gaan inloer en uitgevind hoe die jong kinders oor hulle mammas voel en hoe hulle Moersdag gaan vier.

Kairah Grace Robain (3)

I love my mommy. She makes me food and carrots. She gave me a butterfly for my birthday and she gave me Hope. I’m going to give my mommy flowers and chocolates. Hope is Kairah's doll :)

Skyler Fortuin (4)

My ma het vir my twee paar tekkies gekoop en sy gee vir my sweeties en pakkie Nik-Naks. Ek gaan vir haar presente, chocolates en ‘n drukkie gee.

Joshua toutie (3)

My mommy makes my bed and gives me breakfast. She gave me a scooter bike, spider man clothes. I’m going to give my mommy chocolates and flowers.

amy-rose pietersen (5)

My mommy is the best because she does everything for me. When I ask her to buy me strawberries then she does it and when I am not feeling too well, she lets me stay at home. Me and my daddy are going to give her chocolates and buy her new lotion and spray.

willow van kerwel (4)

My ma maak vir my hoender en gee vir my slangetjies en pasta en ek hou daarvan as sy my was. Ek sê vir my ma ek gaan vir haar slippers, chocolates en lekkers koop en breakfast maak.

zachary titus (5)

Sy is baie lief vir my en sy gee vir my ‘n drukkie. She gives me chocolates, Transformers and a Ben 10 cake. I’m not going to spoil her, I am going to give her a huge hug.

saige king (4)

My mommy makes me feel special because she loves me. She gives me kisses and hugs and presents like a pink Barbie house. She does my hair for me and makes me nice dresses. I’m going to give my mommy slippers and pink flowers.


R

4.

JAAR 6 /05/2017 UITGAWE #2

@Riviernuus

Rnuus

CHAR ITY

High Tea

Die organisasie Stellenbosch Relay for Life het Sondag, 7 Mei, ’n ‘High Tea’ in die Weber Gedenksaal in Jamestown gehou om die jaarlikse byeenkoms amptelik af te skop.

Stelliez Fest (in swart t-hemde) het R20 000 aan die Stellenbosch Cansa Relay for Life (pienk t-hemde) geskenk: Agter van links Patrick Davids, Nadia Henry, Ashley Pietersen, Deon De Vries, Maureen Kennedy, Taahirah Daniels, Karin Steyn, Christa Claasen, Voor: Linda Martin, Natalie Apollis, Ralph Hendrikse, Evelyn Brown, Farad Linders, Avril Samuels, Adelaide Carstens en Nellie Snyman. Die Relay For Life vind hierdie jaar op 4 en 5 November op Idasvallei Sportgronde plaas en die doel is om fondse vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (CANSA) in te samel. In 2016 was die groep se mikpunt R135 000 en danksy baie goeie ondersteuning deur die gemeenskap het hulle R201 000 ingesamel.

Spanne bestaande uit 10-12 lede sal vanaf 18:00 die Saterdagaand tot 06:00 die Sondagoggend aan ’n tipe pretloop deelneem. ’n Verteenwoordiger van elke span moet ten alle tye op die baan wees.

Hierdie jaar is hulle mikpunt R165 000 en doen hulle weereens ’n beroep op die gemeenskap om die dag te ondersteun.

Die groep Stelliez Fest het onlangs ’n motorskou by Jamestown sportgrond gehou en het R20 000 ingesamel om aan

Tydens die High Tea was daar ook twee donasies aan die organisasie gemaak.

Relay for Life te skenk. Die groep wat uit 7 plaaslike jong mans bestaan, sê die besluit om te help was nie moeilik nie. “Ons almal ken mense met kanker en ons wou die gemeenskap van Stellenbosch help. Ons wou ook die kankerboodskap aan die motorgemeenskap oordra,” sê hulle. Die tweede donasie was vanaf die Metodiste Kerk van Stellenbosch wat ’n bedrag van R7 790.92 tydens kollektes by begrafnisdienste ingesamel het.

Vir verdere navrae oor die Relay for Life op Stellenbosch kontak: Nadia Henry (076 148 7035) of Avril Samuels (083 234 9271).

VAN DIE KANKER OORWINNAARS WIE DIE RELAY FOR LIFE SE HIGH TEA IN JAMESTOWN BYGEWOON HET.

CANCER STATISTIC

1000

people diagnosed with cancer in Stellenbosch

of which ONLY 15 CANCER PATIENTS, from the Cloetesville and Idas Valley areas, are registered with CANSA for care.

To register: 023 342 7058

FREE HEALTH TALKS The Natural Health Centre’s is celebrating their10th year in private practice with FREE informative talks for the public on the following evenings from 7-8pm: 24th May: 25th May: 26th May: 27th May:

The Reasons you can’t loose weight Supplements: the Good, the Bad & the Ugly Taking responsibility for your own health Developing immunity in children (Saturday morning from 9.30-12.30, cost involved)

Limited space; for more information on the talks and to book your place www.natural-med.co.za, reception@naturalmed.co.za, 021- 8872177, 63 DORP STREET


ONS KWEEK NOU WELVAART IN STELLENBOSCH

Nedbank Private Wealth kondig met trots die opening van ’n nuwe kantoor by die De Wagenweg-kantoorpark in Stellenbosch aan. Ons bestuur die welvaart van families in die Wes-Kaap al vir langer as 180 jaar, en maak hierdie kennis en kundigheid nou selfs meer toeganklik vir jou. Ons kan jou met al jou plaaslike en internasionale bank-, beleggings-, aandelemakery-, fidusiêre, versekerings- en filantropiese behoeftes help. Skakel Nedbank Private Wealth by 0860 111 263 of besoek nedbankprivatewealth.co.za. linkedin.com/company/nedbank-private-wealth-south-africa facebook.com/nedbankprivatewealthsouthafrica instagram.com/nedbankprivatewealth twitter.com/NBPrivateWealth

SUI D - AF RIKA

V ERENIGDE KON I N K RY K

V EREN I G DE ARABI ES E EMI RATE

J E RS EY

GUERNS EY

D IE EILA ND MA N 17421/A

Nedgroup Private Wealth (Edms) Bpk Reg No 1997/009637/07, handeldrywend as Nedbank Private Wealth. Gemagtigde finansiële diensverskaffer (FSP828), geregistreerde kredietverskaffer deur Nedbank Bpk (NCRCP16) en lid van JSE Bpk deur Nedgroup Private Wealth Stockbrokers (Edms) Bpk (NCRCP59).


R

6.

JAAR 6 /05/2017 UITGAWE #2

@Riviernuus

Rnuus

plaaslike regering

Stadsaal opgradering Inwoners sou ‘n gewoel en werskaf rondom die Stadsaal en die munisipale geboue in Pleinstraat, Stellenbosch, waargeneem het die afgelope paar weke. Dit is deel van die volgehoue herstel en onderhoudswerk wat deurlopend gedoen word aan alle eiendom in munisipale besit. Die Munisipale kantore is in die hart van Stellenbosch geleë. Die Stadsaal, De Witt-huis en Neethlingshuis is historiese geboue binne Stellenbosch en trek aandag van besoekers regoor die wêreld. Dit is gevestigde bakens in die historiese argitektuur van die dorp en belangrike besienswaardighede. Die gereelde onderhoud en opknapping van hierdie geboue is belangrik om te verseker dat die historiese karakter waarvoor die dorp bekend is, behoue bly. Die Munisipaliteit poog om op ‘n roterende basis en binne die beperkte begroting alle geboue in ons besit te onderhou en voorkomende instandhoudingswerk te doen. Die munisipale geboue in Pleinstraat,

insluitend bogenoemde word tans buite om geverf. Daar word ook gewerk om die akoestiek in die Stadsaal te verbeter. Die totale koste van die onderhoud aan die geboue sal ongeveer R1.5 miljoen beloop. Daar is laas in 2008 aan hierdie geboue gewerk. Die werk aan die geboue verhoog die waarde van ons eiendom en maak dit ook meer toeganklik vir die publiek se gebruik. Geboue soos die Stadsaal word gereeld gebruik word deur inwoners en besoekers. Dit bly ‘n uiters gewilde lokaal wat gereeld gebruik vir vertonings, danse, troues en ander geleenthede. Die onderhoudswerk sal teen middel Junie 2017 voltooi wees. As Burgemeester wil ek alle eienaars van veral historiese geboue in ons dorpe aanmoedig om gereelde onderhoudswerk te onderneem. Ons historiese karakter is deel van toeriste aantrekkingskrag en as ons elkeen ons deel doen, hou ons dit netjies en behoue vir die volgende generasies om te geniet. - Artikel deur Burgemeester Gesie

Niks fout met water Met ons damvlakke wat baie laag is, het Riviernuus navrae van lesers ontvang oor die smaak en gehalte van drinkwater. Ons het by die munisipale bestuurder, Me Geraldine Mettler, gaan hoor of daar iets fout is met ons water: “Die waterbronne wat drinkwater aan ons inwoners verskaf is onderhewig aan streng maatreëls en gereelde toetsing wat verseker die water 100% veilig is vir gebruik. Sekere gebiede in Stellenbosch word voorsien vanaf die Stad Kaapstad se bronne uit die Wemmershoekdam, waar hoë vlakke Geosmin in die water voorkom. Dit is ‘n natuurlike organiese stof wat ‘n aardse geur aan die water gee en dit is glad nie skadelik nie. Die Stad het ook waterdruk verlaag om water te bespaar wat veroorsaak dat opgeboude sediment in pype moontlik kan loskom. Dit beïnvloed egter glad nie die kwaliteit van die water nie en die water is heeltemal veilig vir inwoners om te gebruik. Inwoners word aangeraai om steeds alles in hul vermoë te doen om water te bespaar. Damvlakke daal steeds en sonder goeie reën sal ons genoodsaak word om verdere stappe in te stel om waterverbruik te beperk,” sê die munisipale bestuurder.

OPENBARE KENNISGEWING:

PUBLIC NOTICE:

UITNODIGING AAN ALLE KLEINBOERE OM TE REGISTREER OP DIE STELLENBOSCH MUNISIPALITEIT DATABASIS

INVITATION TO ALL SMALL FARMERS TO REGISTER ON THE STELLENBOSCH MUNICIPAL DATABASE

Kennis geskied hiermee dat Stellenbosch Munisipaliteit ‘n databasis bewerkstellig waarop alle kleinboere binne die munisipalegebied kan registreer om kommunikasie/moontlike geleenthede tussen Stellenbosch Munisipaliteit, Departement van Landbou en Nasionale Departement van Landelike-ontwikkeling en Grondhervorming te bewerkstellig. Dinsdag 6 Junie om 09:30 – 13:00 in die Stellenbosch Biblioteeksaal, 14 Pleinstraat (regs langs die Hoofgebou).

Notice is hereby given that Stellenbosch Municipality is inviting all small farmers within the Stellenbosch Municipal area to register on the small farmers’ database. This database will improve communication between local small farmers, the Stellenbosch Municipality, Department of Agriculture and the National Department of Rural Development and Land Reform on all available programmes and opportunities. The registration process will take place on Tuesday, the 6th of June 2017 at 09:30 – 13:00 in the Plein Street Library Hall, abutting the municipal offices.

Spesiale gassprekers sal gesprekke lei rondom die rol van landbou in ekonomiese ontwikkeling.

There will be guest speakers to facilitate discussions on the role of small scale farming in economic development.

Bevestig u bywoning voor/op Vrydag 26 Mei 2017 via sms/Whatsapp of epos na – 082 453 9089/ Melissa.Nel@stellenbosch.gov.za

Please confirm attendance on/before Friday 26 May 2017 via sms/email or Whatsapp to – 082 453 9089/ Melissa.Nel@stellenbosch.gov.za

Alle navrae kan verwys word na die Stellenbosch Munisipaliteit: Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsafdeling

Al enquiries can be referred to Stellenbosch Municipality: Local Economic Development Department

Kontakpersoon: Melissa Nel Tel: 021 808 8173 / 082 453 9089 E-Pos: Melissa.Nel@stellenbosch.gov.za

Contact person: Melissa Nel Tel: 021 808 8173 Email: Melissa.Nel@stellenbosch.gov.za

Geraldine Mettler Posbus 17 Municipal Manager STELLENBOSCH 7599

Geraldine Mettler Posbus 17 Municipal Manager STELLENBOSCH 7599


R

JAAR 6 /05/2017 UITGAWE #2

7.

facebook.com/Riviernuus

plaaslike regering

Uit die Raadsaal Besluite geneem deur Stellenbosch Munisipale-raad tydens die maandelikse vergadering op 27 April 2017.

Idasvallei Behuising Die behuisingsprojek in Idasvallei het weer momentum begin kry. Riviernuus het in Februarie 2014 berig dat die projek uiteindelik die groenlig van die raad gekry het. Sedertdien was daar vele besware, ondersoeke en kommentaar deur belanghebbendes en dit it wil nou voorkom asof alle administratiewe struikelblokke verwyder is. Die raad het wysigings aan die oorspronlike tender, wat in 2009 goedgekeur was, aanvaar. Die twee vernaamste wysigings is: • Aanpassing van behuisingseenhede se verkoopsprys • Hersiening van die huistipes vir verskillende inkomstegroepe.

E FAS

Prys

Prys

158

Gesubsidieer

89

R100 000 – R350 000

225

R250 000 – R350 000

80

R350 000 – R500 000

22

Minder as R521 000

190

R500 000 – R750 000

22

Minder as R751 000

70

Plot en plan

23

Plot en plan

0

450

Gesubsidieerde huise word toegeken aan families wie se gesamentlike maandelikse inkomste R3 000 of minder is. Volgens die nuwe voorstel sal daar nou slegs 89 van hierdie eenhede beskikbaar wees in vergelyking met die oorspronklike 158. Sommige inwoners het beswaar aangeteken oor die moontlike impak wat gesubsidieerde behuising op hul eiendomswaardes kan hê. Gevolglik is die gesubsidieerde behuisingskomponent van die ontwikkeling op die Lindida-terrein (Fase 1) verwyder. Die grootste verandering is die 190 eenhede wat vir minder as R521 000 beskikbaar gaan wees asook die 70 eenhede vir minder as R751 000. Die munisipaliteit sê dat inflasie sedert 2009 die aantal behuisingsubsidie eenhede en die verhoogde boukoste beïnvloed het. ASLA Magwebu se nuwe voorstelle het etlike besware en kommentaar van verskeie belanghebbendes en aangrensende grondeienaars ontvang. Van die besware sluit in: Advokaat L Persesie (ondersteun deur 91 inwonders) •

Die oorspronklike huispryse het verander sonder konsultasie met

Totale eenhede

Mr P Herandien (namens Wyk 5 komitee en geaffekteerde gemeenskap – ondersteun deur 92 ander)

VOORGESTELDE NUWE BEHUISINGSPROJEK in idasvallei

429

die gemeenskap. Die verhoging in koste was ook 'n groot kommer en volgens die beswaar sal die gemeenskap nie die nuwe pryse kan bekostig nie.

THE RIDGE

Aantal eenhede

Gesubsidieer

Totale eenhede

2 FASE

Nuwe voorstel

Aantal eenhede

Photo: CWDM

LINDIDA

Die projek sal uit twee fases bestaan: Fase 1 sal aangrensend wees aan Lindida en Fase 2 aan die onderkant van The Ridge. Die oorspronlkike en aangepaste voorstel, soos saamgestel deur die ontwikkelaar ASLA Magwebu, is soos volg:

Oorspronklike voorstel

1

Die prosedure wat gevolg was deur die kennisgewing in Die Burger te plaas, was nie toeganklik vir almal in die gemeenskap nie. Die gemeenskap was nie geraadpleeg oor die wysigings aan huispryse, groottes, en vermindering van gesubsdidieerde eenhede wat gebou gaan word nie. Hulle versoek ook dat die gemeenskap geraadpleeg word voor die kontrak gewysig word.

Hy het ook aangevra waarom die tender nie gekanselleer en heradverteer moet word nadat die Ingenieursdepartement die nodig opgradering in infrastruktuur gedoen het nie.

Die munisipale bestuurder, Me Geraldine Mettler, het met die ontwikkelaar ontmoet om die besware en kommentaar van die gemeenskap te bespreek. Gedurende die vergadering het die ontwikkelaar verseker dat hulle beplan om 'n verskeidenheid groottes en kostes voor te stel. Die meeste van die eenhede sal minder as R521 000 kos. Die presiese koste van die verskillende eenhede sal eers in samewerking met die ontwikkelaar, munisipaliteit en gemeenskap onderhandel word voordat op finale pryse besluit word.

Mnr Derrick Hendrickse •

Daar is geen detail oor die grootte en spesifikasies van die huise wat gelewer gaan word nie. Die beskikbaarheid van hoofinfrastruktuur voor die implementering en die skedule van die lewering van huise in kombinasie met die konstruksie van siviele werke.

Die argitekte is reeds besig met die uitleg van Fase 1 en sal dit binnekort indien vir kosteberaming. Volgens die ontwikkelaar bied Fase 2 die geleentheid om 'n wyer verskeidenheid eenhede op te rig aangesien daar meer erwe beskikbaar is sowel as 'n eenhede-kompleks wat sal bestaan uit 'bachelors', 1 en 2 slaapkamer wooneenhede.

Volgens die raadslid vir Wyk 5, Donavan Joubert, was daar tot dusvêr minder as 50 aansoeke ingedien. Die raadslid doen 'n beroep op alle inwoners om aansoek vir behuising te doen. Die projek is oop vir almal maar voorkeur sal aan Idasvallei inwoners gegee word. ’n Vergadering oor die ontwikkeling sal gehou word op Dinsdag, 16 Mei by Luckhoff skoolsaal.

Ander besluite geneem: Kliniek in Lanquedoc: Grond in Lanquedoc is ge-oormerk vir die bou van ’n kliniek. ’n Gedeelte van die grond (erwe 135-138) behoort aan die Lanquedoc Behuisingsvereniging en die res (erf 105) aan Stellenbosch Munisipaliteit. Gesondheid is ’n provinsiale funksie en die Wes-Kaap Gesondheidsdepartement het versoek dat hierdie grond aan hulle oorgedra word om ’n kliniek te bou. Stellenbosch Munisipaliteit het die versoek goedgekeur.


R

8.

JAAR 6 /05/2017 UITGAWE #2

@Riviernuus

Rnuus

OPVOEDING

Ondersteuning vir PC Petersen Community Keepers het ’n nuwe kantoor by PC Petersen Primêr in Kylemore oopgemaak. Diè organisasie lewer gratis sielkundige dienste aan leerders, onderwysers en ouers by skole. Danksy donateurs soos Cape Wine Auction Trust en ander kon die organisasie ’n bestaande klaskamer omskep waarin hulle nou kan omsien na die sielkunde welstand van alle rolspelers by die skool. Sedert die opening van hul eerste kantoor by Luckhoff Hoërskool in 2009, kon die organisasie 16 soortglyke volhoubare kantore in die Wes-Kaap begin. Dit sluit skole in soos Cloetesville Hoërskool, Idasvallei Primêr, Rietenbosch, Stellenzicht, Weber Gedenk, Lynedoc en nou PC Petersen. Volgens mnr. Shu-Aib September, PC Petersen se hoof, dra onderwysers baie emosionele bagasie. “Community Keepers gaan help om die emosionele bagasie lbaie igter te maak,” sê hy. Die gasspreker by die opening was oudSpringbok kaptein Jean De Villiers. Jean het die gaste meer vertel oor sy verlede en hoe bevoorreg hy was. “Ek kom vanuit ’n agtergrond waar alles maklik was. My ouers, onderwysers en

afrigters was altyd daar om my te help. Ek het twee knie-operasies gehad en nog vele ander beserings. Deur my moeilike tye het ek fantastiese mediese hulp ontvang en was ek omring deur mense wat my ondersteun het,” sê De Villiers.

"If you want to play for the Springboks, you don’t kick the ball, you run with it" “In my jong dae was ek aan bekende mense blootgestel. Ek was net 5 jaar oud toe ek vir John Gainsford, oud-Springbok senter met 71 toetse, ontmoet het. Hy het by my ouers kom braai en terwyl ek en my broer besig was om die rugbybal vir mekaar te skop, oorgestap en my eerste rugbywenk gegee: ‘If you want to play for the Springboks, you don’t kick the ball, you run with it,’ het hy gesê. Nog ’n oud-Springbok senter, Danie Gerber, het lank in my ouerhuis gewoon. Met al die blootstelling en ondersteuning was ek gelukkig om reeds op 21 jarige ouderdom vir die Springbokke te speel.” De Villeirs het bygevoeg dat nie almal sulke geleenthede kry om sukses te behaal

Tribute to my Mother Born in the Cape Flats, I’m reminded coming from school and immediately getting lost in the comic book titled “Coloureds” written by the Trantraal Brothers. Reading became my hope. Swept away into a world free from poverty and institutionalization, it inspired me to write. But imagine seeing people addicted to drugs, girls forced into prostitution, and boys inducted into the numbers game as gangsters. Motherless children who had not eaten for three days, wearing those same clothes they wore a few days ago. These are but few of many things my eyes had witnessed. We fought our battles from being bullied at school,

making new friends, and vaguely hating our lives. But we’d never truly knew how our mother would do char jobs just to keep us in school. Or how she starved herself so that we wouldn’t attend school hungry; many mothers can relate. But growing up and later moving to Delft, our mother became even more protective over my brothers and I…who could blame her? We lived just about everywhere even though we pretended getting used to the idea of staying in one place. We thought life was cruel, but our mother had an antidote to escape from the cruel life. She'd give each of us a Huisgenoot while washing other people’s dishes. We’d be lost in ‘Liewe Heksie’ and trying to complete the crossword puzzle. She had her eye on us even when it seemed she was pre-occupied.

die nuwe Community Keepers kantoor by PC Petersen Primêr:

Shu-Aib September (skoolhoof), Andy Norton (Cape Wine Auction Trust), Ernst Hertzog (Community Keepers), Jean de Villiers (Gasspreker en oudSpringbok kaptein) en Stefanie Dippenaar (Community Keepers) nie. Baie kinders sal nie die kans kry om briljant te wees nie. Wat doen ons om daardie geleenthede vir kinders te skep? Community Keepers skep vandag die geleentheid vir kinders. Die sosiale gaping in ons land is nie regverdig nie en die enigste manier hoe ons dit kan regstel is om saaam te staan. Ons almal moet dus help om ons kinders te vorm. Ek het so baie geleenthede gekry en ons moet alles in ons vermoë doen

DamiaM Vincent Henry

Now, residing in Stellenbosch and being away from my mother’s home…I’m reminded by her words she always quoted: “A mother’s work is never done.” And now being a father of two, I understand what she meant after all this time. I dreamt of changing the Cape Flats but it never crossed my mind that our entire world needed fixing. As one of my role models said: “Wishing for the impossible is like flat stone skipping across water, bouncing off the surface countless times before sinking.” Yes, failure is inevitable, but literature will always be beautiful. My mother stood firm in her beliefs that we represent God wherever we go, and now being in Stellenbosch, I’m hoping to do so through my writing.

om geleenthede vir kinders te skep. Die Springbok het afgesluit met ’n teorie van die skrywer Malcolm Gladwell. “In die boek Outliers sê Gladwell dat dit ongeveer tien duisend ure se oefening neem om ’n meester in ’n betrokke veld te raak - maar in die meeste gevalle benodig jy daai geleentheid en ondersteuning.”


R

JAAR 6 /05/2017 UITGAWE #2

facebook.com/Riviernuus

9.

plesiernuus

Catholic Dance The Roman Catholic Church held their annual parish dance in the Stellenbosch Town Hall on Friday, 5 May. As has been the custom for almost 30 years, the event was again a success and very well attended. The dance floor was packed with enthusiastic dancers with great camaraderie amongst guests.

KARATE HOU KARAOKE

The Stellenbosch Catholic Church consists of the three churches, St Nicholas' (Stellenbosch), St Mark's (Ida’s Valley) and All Saints' (Cloetesville) and the fundraiser was a combined effort by the three. This event is the church’s main fundraiser and all proceeds are used for basic maintenance and expenses for the three churches.

Stellenbosch Ryushin-Kan Karateklub het op Saterdag, 6 Mei, ’n karaoke fondsinsameling in die Pniël Milleniumsaal gehou. Die aand was ’n reuse sukses met ywerige gaste wie nie geskroom het om hulle sangvernuf voor die mikrofoon te vertoon nie! Sensei Mark van Wyk sê hy is baie dankbaar vir die gemeeskap se ondersteuning. “Finansiering sodat ons studente op die hoogste vlak kan kompeteer, bly 'n uitdaging. Ons klub moet saam met die ouers, alle uitgawes finansier. Dit sluit opleidingsfasiliteite, kompetisies, programme en gespesia-

liseerde toerusting in. Ons kon dus die opbrengs uit die karaoke gebruik om ons klub met spesiale toerusting te voorsien,” sê Sensei Mark. Ons het groot potensiaal in Stellenbosch en wil graag hê meer studente moet aansluit sodat ons hulle kan toerus om sukses te behaal. Afgesien van die selfverdedigingstegnieke, leer hulle ook noodsaaklike en waardevolle lewensvaardighede soos om te fokus, gedissiplineerd en nederig te wees, jouself en ander te respekteer en nog vele meer.” Vir verdere navrae kontak Sensei Mark van Wyk by 082 757 1831.

The master of ceremony: Keith and Lucinda de Wet

Fotos: Danwin James

ORGANISERS OF the 2017 parish dance: From left: Lettie Bergstedt, Virgie McDilling, Elizabeth Newman, Bradley Slade, Father Wim Lindeque, Charlene Lackay, Annaline Kammies and Father Celestine Okekeofojebe.

attending the dance: From Left: Edwina Gabriels, Gwen Simmers and Veronica Hendricks

EK WENS DAT EK 'N LIEDJIE VIR JOU KON SING: ’n Paar sangers voor die mikrofoon.

Crystal Lucas and Jose Oerson was crowned best dressed couple at the annual Hoping is Coping fundraising dance, held at the Stellenbosch Town Hall on the 8th of April 2017.

Foto: Danwin James

Best Dressed Couple

Foto: Verskaf

Hoping is Coping Dance 2017

ONDERSTEUNING DEUR DIE GEMEENSKAP maak 'n verskil: Karate-dojo met nuwe toerusting, gekoop met opbrengs van karaoke.


R

10.

JAAR 6 /05/2017 UITGAWE #2

@Riviernuus

Rnuus

SPOR T

Bona Krieket

Spes Bona Krieketklub het onlangs hulle prysuitdeling in Cloetesville Hoërskoolsaal gehou.

ZAYNE JOHANNES

LINKS: van links McLaren Deidricks (Speler van die Jaar en Beste Bowler van die Jaar), Adrian Arendse ( Sportman van die Jaar), Nevine Manuel (Jong Speler van die Jaar) en Yusri Heneke (Beste B span Kolwer). REGS BO: Kurt Oliver ontvang sy sertifikaat van Wayde Davids (5 paaltjies teen Malmesbury). REGS: Wayde Davids oorhandig 'n sertifikaat aan Jeandre Jumat (5 Paaltjies teen Paarl Oos)

Coronation 2’de Span wen liga C

orontaion Krieketklub se 2’de span het ’n besonderse seisoen beleef.

Die span het al 11 van hulle 50 boulbeurtwedstryde gewen in die Boland unie en sodoende die liga gewen. Hulle het ook in die T20 finaal gespeel waar hulle ongelukkig teen Maties II vasgeval het. Wat die span nog meer besonders maak is dat die gemiddelde ouderdom van die spelers 40 jaar is. Welgedaan manne!

Bad news Sells. Good news is FREE.

Foto: Colin Myburgh

die span voor die T20 finaal by Bolandpark in Paarl: Agter: Rasool Islam, Charl Cyster, Freddie Hendricks, David Morris, Angus Simmers (k), Clifton Jefthas, Randall Jefthas, Marc Alexander, Kazi Mahim, Steve February. Voor: Henry Williams (jnr.), Jamie Fredericks, Colin Myburgh, Rodwin September

To advertise phone 021 885 2392

Riviernuus

Net G OEIE NUUS. Just G OoD NEWS.


R

JAAR 6 /05/2017 UITGAWE #2

facebook.com/Riviernuus

11.

SPOR T

Fotos: Verskaf

CORONATION 70*

coronation se oud-spelers: Heel links: Jeremy Fredericks Agter van links: Dr. Peter Cyster, Henry (Bollie) Williams, Keith Cyster, Trevor Adams, Wayne Blanckenberg, Ian Adams, Hilliard Myburgh, Nigel Williams, Dudley Lackay, Garth Williams, Edmund James, Andrew Cyster, Randall Kruger, Lilburne Cyster en Selwyn Mentoor. Voor: Hethilda Davids (namens Henry Davids), Charles (Boet) Denyssen, Arthur Williams, Ivor Myburgh Jnr, Lotter Lackay, Andrew (Kaia) Williams, Eric Meyer, Colin Jephtas, George Williams, Henry Davids, Andrew Meyer, Jeff Cyster, Ivor (Pity) Myburgh Snr, Titus Simpson, Eddie Williams, Gavin Jason en Archie Williams.

P

niël Coronation Krieketklub het onlangs hulle 70'ste bestaansjaar gevier met 'n swierige onthaal in die Pniel Milleniumsaal. By die geleentheid het die klub sy oudlede en -spelers vereer asook spelers en administrateurs wie op nasionale vlak uitgeblink het. Onder hierdie spelers tel die

Proteas Henry Williams, Roger Telemachus, Charl Langeveldt en Henry Davids asook Dr Peter Cyster, wie lank op Pniël, Boland en Krieket Suid-Afrika se bestuur gedien het. Marc Alexander, klubvoorsitter, het al die oud-spelers bedank wie die geleentheid bygewoon het. “Dit is belangrik vir die klub om ons oud-spelers te onthou en wat hulle destyds ingesit het om die klub se voortbestaan te verseker.

VOORSITTER OORHANDIG BEKER AAN SPELER VAN DIE JAAR: Van links: Marc Alexander en Stacy Lackay

Dit is deur hulle opofferinge dat die klub vandag 70 jaar kan vier,” sê Marc. Die seremoniemeester was die bekende krieketkommentator Jeremy Fredericks en die 250 gaste kon met heimwee terugdink aan 70 jaar van krieket in Pniel. Na afloop van die funksie het die oud-spelers by skrywe van mnr. Jeff Cyster die bestuur bedank vir die erkenning: “Baie dankie vir die besondere gebaar om

oud-lede en spelers so te betrek. Ons kan u verseker dat dìe gebaar baie meer vir ons beteken as 'n "tribute" eendag by ons begrafnisse. Aanvaar asseblief ons opregte dank en waardering.” Die aand was ook gebruik as bekeruitdeling vir die 2016/17 seisoen. Coronation bedank graag alle borge vir die aand.

Van links: Theo Van Wyk, Ziyaad Abrahams (Highest Achievement), Danico Philmon (Sportman van die Jaar), Anwell Adams en Shaakir Abrahams (Spelers’ Speler van die jaar, Beste Bouler, Beste Boulontleding, Beste Bouler – 1’ste span, en Speler van die Jaar)


R

12.

JAAR 6 /05/2017 UITGAWE #2

@Riviernuus

Rnuus

SPOR T

Making the Dream Team After an outstanding season for University of Western Cape’s Varsity Shield team, local rugby player Herschel Jantjies was selected to play for the Varsity Cup Dream Team that played against the Baby Boks on 25 April at the Danie Craven Stadium. The Varisty Cup Dream Team consisted of the best 23 players in the Varsity Cup and what made Herschel’s selection impressive was the fact that he was the only player selected from the Varsity Shield Tournament – a division lower than the Varsity Cup. Herschel plays at scrumhalf and was named on the bench. To the excitement of his family and friends who attended the game as well as everyone in his home town of Kylemore who watched live on TV, he came on as replacement with 25 minutes to go in the second half. The game was over as a contest by then as the Baby Boks lead by a comfortable margin. However, the agile scrumhalf showed that he is a force to be reckoned with through his quick cleaning at the breakdown points and an eye to spot a gap.

Well done Herschel!

in action against the baby boks: Scrumhalf Herschel Jantjies

Stellenbosch se Rugby Derbies Rugbytoeskouers in Stellenbosch kan in die eerste helfte van die seisoen uitsien na ‘n paar opwindende wedstryde tussen plaaslike klubs. Pniël Villagers en Maties speel saam in Superliga A en mense praat reeds van die wedstryd wat op Woensdag, 2 Augustus, by die Danie Craven Stadion sal plaasvind. In Superliga B is Franschhoek die enigste span uit die Stellenbosch area en hul naaste teenstanders is Paarl teen wie hulle op 19 Augustus op Groendal sal speel. Kylemore en Raithby meet kragte in Superliga C en die twee het mekaar op 22 April ontmoet met Kylemore as gasheer.

Die tuisspan het die taai wedstryd met 2919 gewen. In die Noordelike Liga gaan dinge warm raak op Stellenbosch. Blakes, van der Stel Evergreens en Stellenbosch Coronations gaan mekaar pak met alle eer op die spel. Die eerste derby vind plaas op Saterdag, 13 Mei, wanneer Blakes teen Van der Stel Evergreens op Cloetesville speel. Op 27 Mei speel Stellenbosch Coronations teen Van der Stel Evergreens op Idasvallei waarna Blakes weer vir Coronations op 10 Junie besoek.

Nog derbies om na uit te sien: 13 Mei: Devonvallei vs La Motte 20 Mei: Excelsiors vs La Motte 1 Julie: Excelsiors vs Devonvallei

Sportfamilie Die neef en niggie Luke Le Roux en Jasmin Fisher was op 9 Mei aangewys as Luckhoff Hoërskool se Sportman en Sportvrou van die jaar. Luke is ’n kranige sokkerspeler en Jasmin doen karate. Hier spog die twee met hul toekennings: Van links is Luke, gasspreker en Paralimpiese atleet Dyan Buis en Jasmin. Baie geluk niggie en neef!

Foto: Facebook

We haven’t seen the last of this talented young man yet!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.