Riviernuus

Page 1

Riviernuus GRATIS/FREE

Net GOEIE NUUS. Just GOoD NEWS.

STELLENBOSCH

cloetes v i lle

i d a s va lle i

6.

jaar 6 /04/2017 uitgawe #1

K y le m o r e

J oh a nnes d a l

Pniël

LOCALS DINING WITH LOCALS

L a n q u e d oc

S IM O N DIUM

F RA N S C H H O E K

Ida's Valley's SA Long Jump Champ

8 WOOLIES STELLIES RETIREES maak 'n verskil in hul gemeenskap

3

Cloetesville Sekondêr Klas van 1987 hou Familiedag Reunie

4

Villagers verslaan deur Tiere

8


R

2.

jaar 6 /04/2017 uitgawe #1

@Riviernuus

Rnuus

VAN ONS KAN T

Riviersonderbrakwaterfontein

Plesiernuus Hallo Riviermense! Ons gaan darem deur moeilike tye, nê! Mense is in opstand oor Rommelstatus (Junk status) en ons president. Om dinge nog moeiliker te maak is daar nie veel water in die Wes-Kaap nie. Ek dink dinge sal regkom. Alhoewel Suid-Afrika nog ’n jong demokrasie is, is ons al deur baie dinge en ek is seker ons sal die wa deur die driffie dra. Selfs die water kan nie vir ewig wegbly nie. Soos iemand die ander dag opmerk: Dis nie asof water net kan verdwyn nie. Selfs water wat verdamp kom weer in reënvorm terug. Miskien nie op dieselfde plek waar dit verdamp het nie, maar kom, sal hy. Daar is hoop. Behalwe ons stem tydens verkiesings het meeste van ons nie direkte sê in politieke besluite nie. Daar is egter iets wat ons kan doen om dinge beter te maak. Ons moet seker maak ons kinders kry goeie skoolopvoeding. Ja, ek weet ek het dit al baie gesê en ek klink seker soos ’n grammofoonplaat wat vashaak maar ek sal dit aanhou sê. ’n Goeie opvoeding maak jou nie so afhanklik van politiek nie. Ek hoor baie mense sê ons Rommelstatus gaan veral ons armes affekteer. Wel, die kanse is

skraal dat 'n goeie skoolopvoeding jou arm sal laat. Dit los nie vandag se probleme op nie maar gaan beslis 'n verskil in die toekoms maak. Ek wens net ons leiers raak ook soos grammofoonplate wat vashaak en moedig mense meer aan om goeie skoolopvoeding te kry. Dit is vir eers genoeg oor politiek, skool en water! Riviernuus soek 'n joernalis! Indien jy weet van iemand wie belangstel, kontak ons asseblief. Ons is dringend opsoek na ‘n persoon wie ‘bietjie’ kan skryf en haar/sy eie vervoer het. Soos gewoonlik is hierdie uitgawe propvol goeie nuus. Ek word elke keer verras deur hoeveel mense daar in Stellenbosch is wie hulle tyd opoffer om 'n verskil in ander se lewens te maak.

O u Vr lank iend, l gesie aas n!

Goeie nu us is skaars!

erant o k s p Dor d Moor Roof psie Korru

Rivie

K SA JUNS STATU

rnuus

Die rivier vloei

w e er

Dankie aan mnr. Jerry Gabriels vir sy slim idee om Riviernuus se sosiale blad Plesiernuus te doop! Laat weet asseblief van plesiernuus in jou area. Ons almal kan doen met meer plesiernuus... Mag julle 'n Geseënde Paastyd beleef. Mooi bly!

Wendell

So skaars r. so os wate

lewe, hy ! l lewe Lank sa y l h sa nk La

Spaar Water kontak ons / contact us REDAKTEUR / EDITOR Wendell Lawrence C 083 533 3163 E wendell@riviernuus.co.za

UITGEWER / PUBLISHER Swey - Kylemore, Stellenbosch T 021 885 2392

Riviernuus subscribes to the South African Press Code that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to this code, please contact the Press Ombudsman at 011 484 3612/8.

GEDRUK DEUR / PRINTED BY CTP Printers - Cape Town

www.riviernuus.co.za

"Doing business without advertising is like winking at a girl in the dark you know what you are doing but nobody else does" - Stuart Henderson

To advertise phone 021 885 2392

Riviernuus

Net G OEIE NUUS. Just G OoD NEWS.


R

jaar 6 /04/2017 uitgawe #1

facebook.com/Riviernuus

3.

ons Mense

Assistente vir die Gemeenskap B

aie van Riviernuuslesers sal hulle onthou as die vriendelike assistente in die ou Woolworths op die grondvloer van die destydse Trustbanksentrum (nou Eikestad Mall). Hulle het ons bygestaan om die regte grootte kledingstuk of skoen te kies of sommer net ons dag opgebeur met ’n vriendelike glimlag. Na vele dekades se diens is meeste van hulle vandag afgetrede oumas. In plaas daarvan om “by die huis te sit en oud word”, het ’n paar van hierdie winkelassistente besluit om die gemeenskap op ’n ander manier by te staan. Die groep van ses dames, wat nou as Woolies Stellies Retirees bekend staan, het in Julie 2015 begin om ’n werklike verskil in die Stellenbosch gemeenskap te maak. Sedertdien het hulle al vele liefdadigheidsprojekte onderneem: skryfbehoeftes help insamel vir Bruckner Primêr se Graad R’e, toebroodjies uitgedeel by: klinieke in Idasvallei en Cloetesville, Stellenbosch Hospitaal, Slabtown in Cloetesville en Safe House by Du Toitstasie. Die groep dames ontmoet maandeliks om gesamentlik te besluit op ’n strategie en het ook vir Hospice as liefdadigheidsorganisasie aangeneem. Hulle verskaf nou smaaklike maaltye aan die Hospice versorgers wie elke maand hulle opleiding op Stellenbosch ontvang. Die ‘Retirees’ ontvang ’n klein vergoeding hiervoor en ploeg die geld weer terug in die gemeenskap. Tesame met die

Speaker van Stellenbosch Munisipaliteit, raadslid Donoven Joubert, het die groep verlede jaar fondsinsamelings gehou en kon hulle R20 000 insamel. Hulle is in die proses om die geld aan verskillende organisasies te versprei en konsentreer hoofsaaklik op instansies wat nie regeringshulp ontvang nie.

voor wat substandaard is nie en higiëne en netheid is van uiterste belang. Hulle kry ook produkte teen afslagpryse by Woolworths wat hulle dan gebruik vir hulle liefdadigheidsprojekte.

Die groep sê hulle pas dieselfde standaarde toe waaraan hulle gewoond was by hulle vorige werkgewer. Hulle sit nie produkte

Vandag werk hullle nie meer as assistente vir ‘n winkel nie, maar as assistente vir die gemeenskap.

Elkeen van die Woolies Stellies Retirees het 30 jaar of meer by Woolworths gewerk.

DIE WOOLIES STELLIES RETIREES: Hier is die span tydens hulle maandelikse vergadering (aantal jare diens by Woolworths tussen hakkies): Van links: Myrtle de Vries (30), Jean de Vries (35), Gladys van Graan (30), Anthea Smith (38) en Minnie Manuel (30). Afwesig: Faida Arnolds

KCF maak boeke oop Die liefdadigheidsorganisasie, Kylemore Charity Foundation (KCF), het onlangs ’n publieke vergadering in die Kylemore gemeenskapsaal gehou waartydens hulle die gemeenskap oor hulle projekte ingelig het. As deel van die groep se deursigtigheidsbeleid het hulle ook bekend gemaak hoeveel geld ingesamel en aan begunstigdes oorhandig was. KCF bestaan uit 9 lede en sedert hul ontstaan in Desember 2014 kon die groep ongeveer R200 000 vir behoeftige individue, families en instansies insamel. Hierdie opbrengste het hoofsaaklik gekom

van die vier prokekte wat die ywerige groep op ’n jaarlikse basis aanpak: Krieketdag, Familiedag, Charity Ball en After Party. KCF is ’n geregistreerde Artikel 21 niewinsgewende organisasie en al die lede doen die werk op ’n vrywillige basis sonder vergoeding. Hulle poog om trots en samehorigheid in die Kylemore-gemeenskap te skep. Die groep het benadruk dat dit moeilik is om alle behoeftiges tevrede te stel en het hulle keuringsproses tydens die vergadering verduidelik. Dit behels uitgebreide navorsing en konsultasie waarna alle lede eenparig op begunstigdes besluit.

Hulle volgende fondsinsameling is die stylvolle Charity Ball wat, in samewerking met Riviernuus, ten bate van PC Petersen Primêr aangebied word. Kaartjies vir die gesogte funksie op 29 September, sal binnekort beskikbaar gemaak word.

KCF VERGADERING: Charl Petersen praat oor KCF se projekte by die groep se publieke vergadering.


R

4.

jaar 6 /04/2017 uitgawe #1

@Riviernuus

Rnuus

PLESIER NU U S

For The Love of It ADELE SMITH adele.cloete.smith@gmail.com

O

n Sunday 26 February, more than 150 avid music lovers arrived at Allée Bleue wine estate. The reason – For The Love of It (or FTLOI) Round IV. The late Dugald (Duke) Cloete, born and raised in Stellenbosch, was the visionary behind this inspirational brand.

It is said that “Duke connected people”, often across multiple continents. Today, his legacy and legendary brand continue to connect people and serve as a vehicle that can give back generously to the communities in which we live, work and play. He launched the first event in March 2014, firmly rooted in his passion and deep appreciation for all the good things that life has to offer; sun-soaked surrounds, breath-taking local scenery, smooth house music, great food and wine, community and connection. Previous FTLOI events were held at Beyerskloof Wine Estate and Riot Brewery. Round IV at Allée Bleue was no different. Once again, the spirit of FTLOI was palpable the moment anyone walked through the door, as they were met with an

overwhelming and unmistakable feeling of love, life, celebration and gratitude. Five accomplished DJs - many of them close friends of Duke (also a DJ) and most of them performing at FTLOI since its launch - played soulful house grooves throughout the day. The atmosphere was amplified by four talented musicians performing alongside the decks, weaving in wondrous sounds of the bass guitar, keyboard, drums and saxophone. FTLOI Round IV raised a total of R12,500, including donations and proceeds from ticket sales. These funds will be donated to Stellenbosch Feeding in Action, a local NGO that provides 12,000 meals to over 5,000 vulnerable people each week, a cause Duke supported while he was alive. The FTLOI team continues its pursuit of leaving the world better than we found it thanks to Dugald Cloete’s legacy – a son, brother, friend and family man who leaves an indelible mark in the lives of many. •

Clockwise from left: Josephine Paulse, Melinda Gardener, Sandy Hendrickse, Desmond Japhtes, Granville Paulse, Bereneace Katts, Hilton Japhtes, Derrick Bergstedt, Michelle Bergstedt, Priscilla Japhtes, Gilmour Hendrickse

Seated from left: Lizel Koen (Feeding in Action), Ursula Cloete (Dugald’s mother), Stephen Cloete, Nicola Williams, Emlyn Williams, Lionel Cloete (Dugald’s father)

From left: Tamsyn Williams, Olivia During, Joee Butler, Euria Hendricks, Suga (Heart FM) Back: Bradley Rhode

To get in touch and support future FTLOI events, email fortheloveofit@gmail.com.

30 JAAR

REUNIE Foto: Verskaf

#MoveWinNeverStop has become a mantra after Duke’s sudden passing in November 2016. His unwavering commitment to leave the world a better place made organising this event an easy decision for family and friends close to him.

Cloetesville Senior Sekondêre Skool se Klas van 1987 het op 25 Maart hulle 30-jaar reunie gevier met ’n familiedag by Drakenstein Korrektiewe Dienste. Die dag was ’n reuse sukses en die groep se volgende funksie is ’n Kareoke op 28 April in die skoolsaal. Kaartjies is net R30 en al Cloetesville se oud-matrikulante van 1980 tot 2017 is welkom om te ondersteun. Kontak Avril Samuels - 083 234 9271, Karin Steyn - 074 916 9048, Kay Jacobs 071 872 0811 vir verdere inligting.


R

YEAR 6 /04/2017 EDITION #1

facebook.com/Riviernuus

5.

LOCAL GOV ERN ME N T

Brand New Waste Trucks

- STELLENBOSCH MUNICIPALITY

LAUNCHING THE NEW TRUCKS: From left to right Marius Wüst (Acting Director); Malibongwe Guduza (Operator); Mayor Gesie Van Deventer; Neville Heckrath (Acting Superintendent); Cllr Jan de Villiers (Councillor); Saliem Haider (Manager: Solid Waste Management), Clayton Hendricks (Principal Technician), Andrew Kruger (Operator).

T

he Executive Mayor of Stellenbosch, Advocate Gesie Van Deventer, welcomed the delivery of two new compactor waste trucks on Thursday, 30 March 2017 in front of the Stellenbosch Town Hall. “Residents have informed me directly that clean towns are a priority for them,” said the mayor. “Furthermore, by keeping

our towns clean we ensure that the first impressions for our visitors are memorable and positive. Our new compactors will help us to do exactly that. I urge every resident to do their part in keeping our towns clean by using rubbish bins that are available all over the area.” The Municipality made use of a National Treasury tender to cut down the delivery

time and costs of the trucks. The specially branded trucks are valued at R 2.5 million each and were purchased to replace aged fleet. Thus preventing spending large sums of money on repairs and overtime costs for staff. The refuse compactors are basically designed to mechanically lift two wheelie bins simultaneously, empty them into the

GOP / BEGROTING / ROR

IDP / BUDGET / SDF

receiving cab and then compress the waste in order to maximise volume for transport to the disposal facility. With proper maintenance and care, each compactor should have a lifespan of 8 years. These units are designed to only collect general waste i.e. household domestic refuse and trade or business waste. No rubble, acids, grease or large bulky objects as these will damage the mechanical parts.

Sê jou sê

Have your say

Kennis geskied hiermee ingevolge Artikels 21 en 42 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No 32 van 2000) en Artikel 22 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No 56 van 2003) dat • Die Vierde Generasie Konsep Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) 2017/18 - 2021/22, • Medium Termyn Inkomste en Uitgawe Raamwerk (MTIUR) • Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk • Eiendomsbelasting • Tariewe en die • Hersiene begroting en verwante beleide vir 2017/18 soos beoog deur artikel 17 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (Wet 56 van 2003) vir die Stellenbosch Munisipaliteit beskikbaar is vir inspeksie, vertoë deur die publiek insette en kommentaar op die webwerf van die munisipaliteit (www. stellenbosch.gov.za) en in gedrukte formaat by die volgende plekke:

Notice is given in terms of Sections 21 and 42 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act No 32 of 2000) and Section 22 of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003 (Act No 56 of 2003) that • The Fourth Generation Draft Integrated Development Plan (IDP) 2017/18 - 2021/22, • Medium Term Revenue and Expenditure Framework (MTREF) • Spatial Development Framework • Draft Property Taxes • Tariffs and • Revised Budget and related Polices for 2017/18 as envisaged by Section 17 of the Municipal Finance Management Act (Act 56 of 2003) for the Stellenbosch Municipality are available for inspection, public representations , inputs and comments on the municipality’s website (www.stellenbosch.gov.za) and in hard copy format at the following venues:

• • • • • • • • • •

• • • • • • • • • •

Munisipale Kantoor, Pleinstraat, Stellenbosch Munisipale Kantoor, Hugenoteweg, Franschhoek Munisipale Kantoor, Hoofweg, Pniel Wykskantore Biblioteek, Pleinstraat, Stellenbosch Biblioteek, Sonneblomstraat, Idasvallei, Stellenbosch Biblioteek, Langstraat, Cloetesville, Stellenbosch Biblioteek, Masithandanestraat, Kayamandi, Stellenbosch Biblioteek, Hoofweg, Pniel & Biblioteek, Reservoirstraat-Wes, Franschhoek

Municipal Office, Plein Street, Stellenbosch Municipal Office, Hugenote Way, Franschhoek Municipal Office, Main Road, Pniel Ward Offices Library, Plein Street, Stellenbosch Library, Sonneblom Street, Idas Valley, Stellenbosch Library, Long Street, Cloetesville, Stellenbosch Library, Masithandane Street, Kayamandi, Stellenbosch Library, Main Road, Pniel & Library, Reservoir Street-West, Franschhoek

Kommentaar moet skriftelik wees en moet gerig word aan die Munisipale Bestuurder, Posbus 17, Stellenbosch, 7599, en duidelik aantoon “Kommentaar: vierde generasie GOP (2017/18 - 2021/22)” of “Kommentaar: konsep begroting 2017/2018”. Persone wat kommentaar wil lewer op die Konsep Begroting dokumentasie (insluitend die beleide en tariewe / koste) maar wat nie kan skryf nie, sal gedurende kantoorure by die Begrotings Kantoor op die Eerste Vloer, Munisipale Kompleks (Neethlinghuis) in Pleinstraat, Stellenbosch (021 808 8512), bygestaan word om hom / haar kommentaar neer te skryf. Persone wat kommentaar wil lewer oor die vierde generasie GOP (2017/18 - 2021/22), maar wat nie kan skryf nie sal gedurende kantoorure bygestaan word ​​by die GOP Kantoor, Tweede Vloer, Ecclesia Kompleks, 71 Pleinstraat, en Stellenbosch (021 808 8175 of 021 808 8060), om hom / haar kommentaar neer te skryf.

Comments must be in writing and addressed to the Municipal Manager, PO Box 17, Stellenbosch, 7599, clearly stating “Comments: Fourth Generation IDP (2017/18 – 2021/22)” or “Comments: Draft Budget 2017/2018”. Persons wishing to comment on the Draft Budget documentation (inclusive of the policies and tariffs/charges) but who cannot write will be assisted during office hours at the Budget Office on the First Floor, Municipal Complex (Neethlinghuis), Plein Street, Stellenbosch (021 808 8512), to write down his/her comment. Persons wishing to comment on the Fourth Generation IDP (2017/18 – 2021/22), but who cannot write will be assisted during office hours at the IDP Office, Second Floor, Ecclesia Complex, 71 Plein Street, and Stellenbosch (021 808 8175), to write down his/her comment.

Vir verdere inligting kontak gerus die volgende kantore: • GOP Kantoor by 021 808 8175 of 021 808 8060 of idp@stellenbosch.gov.za • Begrotings Kantoor by 021 808 8512 of Adele.Wagenaar@stellenbosch.gov.za Sluitingsdatum vir kommentaar is 30 April 2017 om 16h00.

For further information, kindly contact the • IDP Office at 021 808 8175 or 021 808 8060 or idp@stellenbosch.gov.za • Budget Office at 021 808 8512 or Adele.Wagenaar@stellenbosch.gov.za

Geraldine Mettler Municipal Manager

Geraldine Mettler Municipal Manager

Closing date for comments is 30 April 2017 at 16h00.


R

6.

jaar 6 /04/2017 uitgawe #1

@Riviernuus

Rnuus

OPINIE

“It is going to the dogs” - Wit burgemeester van Pniël FRANCOIS KOEGELENBERG francois@gmail.com

M

y naam is Francois De Villiers Koegelenberg en ek woon in Pniël.

Ja, my tweede naam is De Villiers want ek het my eerste twee name by my oupa, aan moederskant, geërf. Ja, en jy is reg, ek is sogenaamd wit. Een van baie min wittes in die beeldskone Pniël. Na lang navorsing het ek ontdek dat my voorsaat Jacob De Villiers was, wat saam die Hugenote hierheen gevlug het vanweë godsdienstige onderdukking. Hy het vanaf ‘n klein dorpie in Boergondië af gekom en het by La Rochelle, aan die weskus van Frankryk, op die houtskippie geklim. In 1715 koop hy en sy twee broers Boschendal wat hul nageslagte tot 1879 besit het. Hy lê sy kop vir die laaste keer neer op die pragtig genoemde Lekkerwijn oorkant die pad. Nou vir die fassinerende deel: Sy nasaat, Pieter Isaac De Villiers, skenk 99 plotte aan die vrygemaakte slawe in 1843.

Die Apostologiese Unie stig 'n sendingstasie en elke familie kry 'n stuk grond van 60 by 30 voet om vir hulle 'n huis te bou plus 'n nog groter area neffens die Dwarsrivier waarop groente geplant is. En hier floreer die Myburghs, Mentore en Lackay families in die asemrowende mooi plek tot vandag toe. Die Congregational Kerk is die hart van die dorp en word nes Pniël Villagers, ons rugbyspan, ewe gereeld en passievol ondersteun. So wat is my punt? Wel, eerstens wil ek 'n grondeis teen die magtige eienaars van Boschendal insit. My skelm prokureursvriend reken ons kan dalk 'n stuk wingerd langs die rivier met 'n cottage en uitsig oor die berge, en 'n groot kwota wyn vir my baie dors vriende beding. As ons net nie koerante of hof toe gaan nie. Dan wil ek burgermeester word. Ons het nie op die oomblik ene nie. Bloot serimonieël van aard. Ek wil nie te hard werk nie. Ek sal die lint knip by die jaarlikse bazaar, babas en mooi meisies soen, en so aan.

Aanvanklik was dit net een plot maar, soos ek my familie ken, was die slawemeisies seker te mooi en hulle oorredingskrag sekerlik te groot. My oupa wat hier naby op Zevenrivieren gebore was, sy kleinseun, het dit erken. Verstaan djy? Jy weet wat ek bedoel?

Toe die groot vuurbal agter my mooiste Simonsberg wegsak, sit ek en my vriend en teug aan 'n rooietjie. Nogals nie koeldrank, my dahling! En hy sê: “Francois, weet jy? 'n Wit couple kyk na die plek langs ons, ek dink hulle gaan koop!”

Die boek, Pniël en sy mense, reken dis omdat hy ‘n hoogs godsdienstige man was. Nogals nie.

Ek vat 'n groot sluk en antwoord ewe droog: “Wat de hel is besig om met ons mooi dorpie te word. It is going to the dogs!”

What is Junk Status? A lot has been said by South Africa’s downgrading to Junk Satus by ratings agency Standard & Poore. But how much do we in Stellenbosch know about this supposedly bad thing? Riviernuus asked a few people via Facebook what they think Junk Status is and what it means for our country. JOSIE PARKS What I understand is that there is now a lot less faith in the South African economy and as a result the interest rates on credit has gone up. The problem is that there is now going to be less money for the things that really matter like infrastructure, paying the salaries of state workers (this will impact entire households) etc. This essentially means we are probably heading down a path many have feared for very long because our president is too stubborn to make the noble and honorable choice to step down from a title that he will never deserve anyway. CANDICE WANZA That we will have a high cost of living while our salary stays the same. We will have to turn every penny around. If we get downgraded‚ investors will begin to avoid investing here‚ the prices of our assets will drop because of the lack of demand for our debt and our shares listed on the JSE‚ the rand will weaken further‚ inflation will shoot up and the average South African will have to endure higher costs for goods and higher interest rates. PETER CHANTLER Ek dink junk status beteken dat ons land se ekonomie van minder waarde sal wees as gevolg van ander lande wat voel dat SA 'n slegte belegging sal wees vir hulle. Die term junk status sal sleg wees omdat dit letterlik beteken ons land is die ekwawalent van gemors. Dit is 'n slegte konotasie om te hê. WARREN WILLIAMS Junk status: Gemors in Afrikaans. Beleggers wil nie in ons land belê, want sien nie 'n goeie toekoms in die land se ekonomie. Die rand raak swakker, so ons betaal meer rand per dollar. SA betaal duurder vir produkte wat ingevoer word, so ons as kliënte betaal duurder vir die produkte. Die mense met die laer inkomste is die persone wat dit die hardste gaan tref. So op die ou end, is ons almal sukkelaars.

Locals dining with Locals Stellenbosch 360 has recently launched an exciting initiative called Locals dining with Locals. According to Annemarie Ferns, Stellenbosch 360 CEO, a lot of emphasis has been placed on tourists dining with locals over the last few years. However, there was a huge need for locals to dine with locals.

Nocawe Piedt, standing, entertain locals at her home in Kayamandi.

The first dining event took place at the home of Piet and France Beyers in Mostertsdrift and the second one was hosted by Nocawe Piedt in Kayamandi. Representatives from the community, corporates, university,

wine industry and municipality were invited to an evening of storytelling, excellent traditional food, local wine and music “in an effort to establish a better understanding of the rich diversity within our town.” Judging by the number of stories and laughter from the first two events, Locals dining with Locals has definitely led to a better understanding and respect among some of Stellenbosch residents. The third event will take place at Simonsberg Guest House in Cloetesville followed by Lumley’s Place in Pniël.


R

jaar 6 /04/2017 uitgawe #1

7.

facebook.com/Riviernuus

TOUR ISM

Award for Stellenbosch 360 Classique & Champagne Festival: Tourism related event/festival of the year with M Makiti runner-up.

These awards celebrate the achievements of tourism businesses in the Cape Winelands tourism industry, showcasing outstanding performers, products and service excellence.

Leopard’s Leap Family Vineyards: Wine Tourism Destination of the year with Rhebokskloof Wine Estate as runner-up.

Montagu-Ashton Tourism was the runner-up in Stellenbosch 360’s category and other the winners were: Franschhoek Cellar: New Tourism Business of the year with Black Carpet Events as runner-up. Franschhoek Cap

Dawn Jorgensen and the late Jenny Prinsloo: Special discretionary awards for individual in tourism.

Photo: CWDM

S

tellenbosch’s tourism agency, since 2011 known as Stellenbsch 360, received the award for Best Visitor’s Information & Services at the Cape Winelands District Municipality (CWDM) 6th Annual Mayoral Tourism Awards.

Spice Route Destination: Tourism Business of the year with Val Du Charron Wines as runner-up. Le Bonheur Crocodile Farm: Adventure, Outdoor and/or Ecotourism business of the year with Protea Farm as runner-up. Congratulations to all winners!

JOIN THE KARATE CLUB Stellenbosch Ryushin-Kan School of Karate invites new students to join the club. Training sessions are on Mondays and Wedensdays from 17:00 to 18:00 in Pniël. Joining fee is R200 (once off), thereafter R150 per month. “We have immense potential in Stellenbosch,” says Sensei Mark Van Wyk. “We would like to enrol more students and school them with the necessary tools to become model citizens. Apart from the self-defence techniques we teach our students, we equip them with essential and valuable life skills. To focus, be disciplined, humble, respecting yourself and others are just some of the life skills our students are taught.” For more information contact sensei Mark van Wyk on 082 757 1831.

AWARD CEREMONY: Best Visitor’s Information & Services: From left, Jenna Moses (Stellenbosch 360), Ald (Dr) Helena von Schlicht (Executive Mayor of CWDM), Annemarie Ferns (Stellenbosch 360), Rhea Michau (Stellenbosch 360) and Cllr Dirk Swart (Deputy Executive Mayor of CWDM)

MAY 6TH

SATURDAY

R50 ENTRY STELLENBOSCH RYUSHIN-KAN

SCHOOL OF KARATE

KARAOKE DANCE 2017 Photo: Mark van Wyk

The current karateka’s at Stellenbosch Ryushin-Kan School of Karate

Time 19:30

MILLENNIUM HALL, PNIEL


R

8.

jaar 6 /04/2017 uitgawe #1

@Riviernuus

Rnuus

SPOR T

SA JUMP CHAMP A

ndrea Cornelissen of Ida’s Valley has been crowned SA Junior Champ in long jump.

RUGBY UITSLAE Na die eerste week van rugby het Stellenbosch se klubs ’n wenpersentasie van 33% behaal. Uit die ses klubs kon net twee eerstespanne (Franschhoek en Van der Stel-Evergreens) hulle wedstryde wen.

She smashed her personal best with a winning jump of 5.61m for u/15 girls. What made this achievement even more remarkable is that her winning distance would have been good enough to earn gold in the u/17 and bronze in the u/19 age groups.

Superliga A Pniel Villagers 0 – Tygerberg 41

Superliga B

She is the daughter of proud parents Shirle and Hayley Cornelissen and attends Rhenish Girls' High School. According to her dad, Andrea has always been a sport fanatic. “She started with the 100m but has changed her focus to long jump the last three years.” Last year Andrea also represented Western Province in netball as vice captain of the u/14 team.

Kraaifontein 17 - Franschhoek 38

Superliga C Raitby Universals 19 - Langa 28 Kylemore (loslootjie)

Noordelike Liga

She has qualified for the ASA Youth Championship which takes place on 7 and 8 April at Green Point stadium. Here she will compete in the u/18 category.

Coronations 22 - Blue Stars 38 Van der Stel-Evergreens 30 – Imiqhayi 16

Well done Andrea! We are proud of you.

Blakes 3 - Blue Jets 34

Tiere verskeur Villagers Na ’n lang afwesigheid in WP rugby se Superliga A het Pniël Villagers Saterdag, 1 April, hul eerste wedstryd teen Tygerberg Rugbyklub op Pniël gespeel. Ongelukkig was dit nie ’n goeie terugkeer tot die topliga vir Pniël nie en het die tuisspan met 0-41 vasgeval. Met die rustydtelling op 0-12 was daar hoop dat Pniël nog die knoop kon deurhaak. Basiese foute soos hanteerwerk en swak eerste linie van verdediging het die span egter in die steek gelaat. Tygerberg het herhaaldelik oor die voordeellyn beweeg wat hul agterlyn hope spasie gegee het. Villagers se voorspelers kon hulle man staan en het veral in die skrums vir Tygerberg onder druk geplaas. Pniël het egter hierdie voordeel telkens verloor deur onnodige hanteerfoute. Alhoewel Pniël geen punte kon aanteken nie, was daar by tye genoeg positiewe om mens hoop te gee vir die res van die seisoen. Die span het verlede jaar in Superliga B ook wankelrig begin maar kon darem gou genoeg hulle ritme vind om na Superliga A bevorder te word. Kom ons hoop dit is vanjaar dieselfde geval. ‘Keep on Villagers Boys!”

Ten spyte van gedugte voorspelers kon Villagers nie die mas teen Tygerberg opkom nie en het met 0-41 verloor.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.