Chips July/August 2017

Page 61

Bedryfsdienste • Industry Services

Ten einde die prestasie van die kultivars in terme van opbrengs en kwaliteit te bepaal, is die opbrengs, groottegroepverspreiding en klas gebruik om teen die gemiddelde markpryse vir die betrokke dag 'n bemarkingsindeks te bereken. Die opbrengs, vermenigvuldig met die heersende prys wat bepaal word deur die groottegroepverspreiding en gradering, gee die bemarkingsindeks (Figuur 5). Ongeag die feit dat Savanna en Sifra nie die hoogste opbrengste getoon het nie het die kultivars die hoogste bemarkingsindeks behaal, hoofsaaklik as gevolg van 'n kombinasie van ’n hoë persentasie groot- en klas 1 aartappels. Electra het die tweede hoogste bemarkingsindeks behaal gevolg deur Farida wat toegeskryf kan word aan 'n hoë klas 1 gradering (Figuur 7) wat die kultivar gelewer het, asook 'n hoë persentasie groot aartappels (Figuur 6). Fianna het die laagste bemarkingsindeks getoon, hoofsaaklik omdat die kultivar 'n groot persentasie klein en klas 2 en 3 aartappels gelewer het. Die hoofredes vir afgradering het los skil en Fusarium ingesluit. Groottegroepverspreiding en gradering is ook van die faktore wat gebruik word om aartappels te klas, daarom is dit belangrike faktore om in ag te neem om optimale ekonomies-bemarkbare opbrengs te verseker. In Figuur 6 word die groottegroepverspreiding, in

140

Klas 2 & 3

Figuur 7 die gradering van die opbrengs en in Tabel 4 die hoofredes vir afmerking van die onderskeie kultivars aangetoon. Dit is ook belangrik om te let op die kultivars se vermoë om konsekwent te presteer, ongeag fluktuasies in klimaat oor tyd. In Figuur 8 word die drie-jaar data aangetoon vir die kultivarproewe in die Aurora produksie-area. Dit blyk dat kultivar Lanorma die minste variasie toon vir hierdie area. Verder is dit ook belangrik om op die kwaliteit van die produk te fokus ten einde ’n optimale ekonomiesbemarkbare opbrengs, en dus winsgewendheid te verseker. Dit sluit belangrike faktore in soos die kook- en prosesseringseienskappe, soortlike gewig (SG) asook inwendige eienskappe (holhart, bruinvlek en vaatbundelverkleuring) wat opgesom is in Tabel 5. Gedurende die 2016/2017-groeiseisoen het al die kultivars, behalwe Almera, Laperla en Sifra, aan die skyfiekleurnorm van >50 voldoen. Wat soortlike gewig (SG) betref het net die kultivars Challenger, Fianna, Infinity, Markies en Panamera aan die norm van ≥1.075 voldoen. Die kultivars Electra, Fandango, Markies en Sagitta het ’n holhart-persentasie van 20% getoon. Infinity het ’n 80% bruinvlek-voorkoms aangeteken.

Klas 1

Proefgemiddeld

120

Gradering (t/ha)

100

2016/2017 = 99.5 t/ha Proefgemiddeld van vorige 3 jaar = 75.6 t/ha

80 60 40 20 0

Kultivar

Figuur 7: Gradering van elke kultivar tydens die 2016/2017 finale oes. CHIPS • July/August 2017

Page 61


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.