Piketberger Jul 2013 (2)

Page 1

13

Rooi Winkel se “American Diner” Piketberg kry dit net reg - 'n eie “Ameican Diner” met 'n atmosfeer amper so goed soos die ware Jakob. Frikkie en Alana Coetzee het onlangs die inspirasie vir dié nuwe kuierplekkie gekry toe hulle dogtertjie, Marli, 'n Cars spaarblikkie vanaf Trippe Trappe af huis toe bring. Dit was 'n swart-en-wit blokpatroon met 'n tikkie rooi daarby. So 'n paar dae en nagte se droom, dink, onderhandel, beplan en baie harde werk, is 'n splinternuwe gesellige eetplek staan gemaak, waar 'n paar jaar gelede nog 'n tweedehandse meubelwinkel was en later 'n groothandel kruidenierswinkel. Café Latino's is 'n vars en nuut oorgedoende venue geskik vir oud en jonk wat hou van die “American Diner” atmosfeer, want jy kan nie anders as om daaraan te dink as jy daar instap nie. Alana en haar staatmaker kelnerin, Geraldine Adams sorg dat jy flink en vinnig bedien word met ligte maaltye, of iets te eet saam met 'n warm of koue drankie. Die spyskaart is lig en prettig en is aanpasbaar vir oud en jonk, enkelinge of partytjiegroepe. Café Latino's, met sy eie kombuis en geriewe, is aan die ander ent van Piketberg Fisheries wat steeds heerlike vars gebakte vis en wegneem etes bedien.

Geraldine Adams en Frikkie en Alana Coetzee staan reg om julle te verwelkom by Café Latino’s. Die wenner van die Naam Kompetisie is Graham Jones. Hy wen ‘n ete vir twee. Baie geluk!

PIKETBERG FISHERIES Vars Gebakte Vis en Chips Take-Aways

CAFÉ LATINO’S KOFFIE EN WARM DRANKIES ONTBYT (SPECIAL – R20) GEROOSTERDE BROODJIES LIGTE ETES INGS S S A VERR E T SOE ERS G R BU HA M

MELK SKO MME LS KIDD IES ME N U

OOP MAANDAG TOT SATERDAG 07H30 - 20H00

TEL: 022 913 3047


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.