MEI PIKETBERGER WEB .pub.b

Page 2

2

Redaksioneel Is dit nou ver of is dit nou naby? Jy het die volgende vraag al gevra of al gehoor: ―Hoekom is die Kerk so besig met Sendingwerk daar ver, wat van die mense hier plaaslik?‖ Dis nie vir vinnig antwoord nie. Dit hang af waarvan jy weet en wat jou raak op ‗n spesifieke tyd of by ‗n bepaalde geleentheid. Woon jy ‗n erediens by waar die Instituut vir Blindes optree of jy lees in die ―Lig‖ Elize Bosch se MES aksie in die hartjie van Hilbrow, of jy stap sommer in Piketberg se strate waar werkloses vergader, is jy oortuig dis ‗n ―naby‖ saak. Lees jy weer Geopende Deure se nuusblad of kyk ‗n dvd oor Noord-Korea, die heel gevaarlikste land in die wêreld vir ‗n Christen, weet jy onomwonde dis ‗n ―ver‖ saak. Punt is, dis ‗n ―naby‖ en ―ver‖ saak. Dit het die Kerk reeds jare gelede gesnap. ‗n Sekere groot kerk in Suid-Afrika is vanjaar reeds vir 131 jaar betrokke by die Instituut vir Blindes en Dowes en vir 101 jaar betrokke by Nigerië, om twee voorbeelde te noem. Op p5 word daar lekker gebid vir ―naby‖ en ―ver‖ sake, en die aand is onvergeetlik. Nog ‗n verrassing: Of jy dit wil weet of nie, jy is ‗n getuie waar jy gaan - nie net Behan in Amerika (p2) of Elmirique in Holland (p20) nie, ook Juanita in die Weskusstreek (p1), die helpers by Piket-Bo-Berg jeugprogram (p10), die skool se rugby en netbalspelers! Ook ek en jy, elke dag. Is jy God se Getuie? Jy hoef nie te antwoord nie, almal kan dit sien.

Marietha (Oja, wees betyds net berigte en wees volledig met byskrifte asseblief).

Die volgende Piketberger verskyn op 24 Mei 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 15 Mei 2012 om 17:00 Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto‟s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Margaret Smit 022-913 1777 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R435 Halfblad: R295 Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag. Skakel met Margaret Smit om in te teken op Die Piketberger teen R90 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R145 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland.

Briewe van ons lesers... Behan (Boewe) Croeser skryf... Liewe Piketbergers en vriende. Dit is nou net meer as ‗n maand dat ek weg is by die huis om my Amerikaanse ondervinding te begin. Ek het aangesluit by die rondreisende pretparke wat die hele Amerika vol reis en dit sal tot ongeveer middel November duur. Ons het van Johannesburg af gevlieg na Atlanta en toe Indianapolis. Van daar het ons gereis tot by die dorpie Farmland waar die ―rides‖ gestoor word vir die winter. Ons is ‗n hele klompie Suid-Afrikaners bymekaar en gelukkig het ek ‗n vriend, Driaan Jonck van Porterville, by my en kan ons saam die ervaring aanpak. Ons eerste groot ―show‖ is pas afgehandel. Ons was in Cleveland Ohio by die IX-Centre wat ‗n binnenshuise vertoon kompleks is. ‗n Paar persone word toegedeel aan ‗n ―ride‖ en is dan verantwoordelik vir die oprigting (ook die afbreek aan die einde) en die hantering van die ―ride‖ self. Kaartjies moet nagegaan word en veiligheid is van die grootste belang. Ons was nou drie weke hier in Cleveland en gaan dan terug na Farmland om alles weer reg te kry vir die volgende show. Ons sal by tussen 40 en 50 dorpe aandoen in die tyd wat ons hier is. Ons gaan nou volgende na Vermontville in Michigan en sal dan suidwaarts by al die dorpies aandoen totdat ons aan die einde terugkeer na Farmland. Die fliek Nightmare on Elm St is in Farmland geskiet en die huis waarin Freddy Krueger gebly het, is nog steeds hier, met die gat onder die huis waar hy die kindertjies begrawe het, creepy!!! Groetnis, sal weer volgende maand laat weet waar ons is en hoe dit gaan. Mis en verlang julle almal. Nog briewe van lesers op p20

Deirdré Julius (Esau) R.I.P. 13.10.78 28.02.2012 Daar is geen maklike antwoorde vir wat ons nou deurmaak nie. Geen maklike maniere om ons hartseer gesond te maak nie. Ons het iemand so bemind en waardevol verloor en dit het so baie pyn meegebring, maar God belowe: ―Eendag sal ons weer ontmoet.‖ ‘n Hartlike Dankie vir almal wat ons in hierdie tyd bygestaan het op welke manier ookal - dit was ‗n soet druppel in ons bitter beker. Liefde : Dei se familie


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.