18
Feathers Inn Met ouwêreldse sjarme lok die detail en herinnering aan vroeë eras jou nader om elke gietyster krulletjie, balkon of houtpaneel van naderby te aanskou. As jy binne die mure van Feathers Inn is, voel dit vir jou of jy deel is van „n swart-en-wit fliek waarin jy met vere stola en juwele behang, dalk die hoofrol vertolk en swewend van prag meubelstuk tot gerestoureerde houttrap tot kosbare versamelstuk beweeg en jou baai in die luukse, dog warm en gasvrye, atmosfeer. Feathers Inn is „n gastehuis wat se deur wyd oopstaan vir enige fynproewer-gas met kamers wat wissel vanaf die luukse suites met Franse flair, waar geen detail ontsien is nie, tot die premium asook ekonomiese kamers wat net so luuks en gemaklik, dog uiters bekostigbaar is. Die groot oop vensters nooi die berg binne en jou sintuie vier fees. Die tuine van Feathers Inn spog met inheemse plante en jy kan heerlik dwaal op al die paadjies wat jou neem tot in verskuilde hoekies, privaat swembad-area met braai-enkroeggeriewe geskik vir private partytjies of waar gaste rustig kan luier met „n mengeldrankie, of tot neffens die stylvolle Archers Bistro waar jy die tuin en Victoriaanse verhogie kan benut vir „n klein troue, verjaardagviering of enige spesiale funksie. Stylvolle konferensie fasiliteite nestel tussen tuin en hoofgebou en vorm „n stylvolle eenheid. Aandetes by Archers Bistro is „n gesellige geleentheid met die eienaars, Nola en George Fletcher, wat met hul sjarmante persoonlikhede en ongelooflike cuisine jou sonder moeite sal oorhaal om altyd terug te keer vir nog „n onvergeetlike kuier. Fat Catz Deli en coffee shop is die nuutste toevoeging tot Feathers Inn waar die sjef, Claire, jou telkens sal verras met „n vermenging van Europese, Meditereense, Afrika en Westerse invloede gemeng met haar ondervinding by die wêreldbekende De Wintons in London. Elke maal, of fynproewer-gebak is „n fees vir jou smaakkliere. Feathers Inn is „n intelligente keuse om jou sintuie, sowel as jou smaakkliere met genot te vul en telkens weer terug te keer vir nog „n gesellige kuier in hierdie ouwêreldse sjarme.
Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.
Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa
André Yardley 079 994 5435