Aug 2014 piketberger

Page 22

22

Satellite Solutions DSTV Herstelwerk en Installasies Skuif van Rekenaarkabels en Telefoonlyne

Skakel KOBUS 072 371 9139 (Advanced Satellite Training)

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075 Het GEMS kontrak gekry vir chroniese medisyne met lae of geen bybetaling!

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur dr. Margaret Mollett Die boek Duiwelsklip, Vrou alleen tussen delwers en diamante (Tafelberg) deur Mika le Killian (skuilnaam) vertel die ware verhaal van ’n geskeide vrou, Linda Louw, wat met haar twee seuntjies Eugene en Armand, dringend ’n heenkome moet vind. Haar tweelingbroers stel voor dat hulle op Klipheuwel in die Wes-Transvaal kom woon, waar hulle (die broers) ’n diamant-delwery op die plaas bedryf. Hier sal sy ’n leefbare inkomste kan maak uit die sortering van “bantoms”, dit wil sê die afvalgruis waarin kleiner en minder sigbare steentjies uitgekrap kan word. Die ou plaashuis waar hulle intrek is “muwwerig, en vervalle en donker”, maar aangesien sy nie huurgeld hoef te betaal nie, bly sy liewer stil. As oud-joernalis het sy min of geen kennis van diamante nie, maar sy leer vinnig, en weldra kan sy ook haar “pakkies” deur bemiddeling van haar broers verkoop. Tot haar ontsteltenis vind sy uit dat pryse deur diamantmaatskappye soos De Beers gemanipuleer word. Dan is daar natuurlik ook Jan Alleman wat as verkoper óf koper graag lieg en bedrieg. Die gebeure wat beskryf word vind plaas in 1993-1994 – jare wat onthou sal word vir onstuimige politiek, wat op geweld en plaasaanvalle op boere, veral in die WesTransvaal, uitgeloop het. Volgens Linda het diamantdelwers op die dorp onwrikbaar geglo “in hulle droom om vinnig ryk te kan word uit diamante.” Die groot oomblik vir die twee broers en Linda breek aan met die aangaan van ’n vyftig-vyftig kontrak met kennisse in die bedryf, waarby hulle konsessies verkry om in uitsoekgebiede van Angola te delf. Linda raak opgewonde by die gedagte dat hul duikers sommer hope pienk diamante uit die Chicaparivier kan skep. Maar dit gaan egter glad nie klopdisselboom nie – behalwe vir logistieke haakplekke, hoor sy die slegte nuus dat daar glad nie diamantgruis op “konsessie drie” is nie, en dat die rivier te diep is om te delf. Wanneer dit uiteindelik bekend word dat van die grootkoppe agter die Angolaprojek grootskaalse bedrog gepleeg het, sit Linda weer in die verknorsing. Daar is skeuring in haar familie en sy sal nie weer op haar broers kan staatmaak nie. Met die besef dat diamante in Afrika die glinsterende simbool van hebsug, magsug, verraad en ydelheid is, vra sy: “Wil ek steeds daarmee geassosieer word? Vir altyd ’n deel van my lewe maak?” Sy moet wegkom van die “duiwelsklippe”, en sy maak haar keuse.

Leeskring 20 Augustus “Swart op Wit” deur Annelie Botes Bespreking: Sandra van Wyk Biblioteeksaal 09:30. Almal welkom.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Aug 2014 piketberger by Piketberg Tourism - Issuu