Die Piketberger Okt 2015

Page 2

2

Redaksioneel Hande

'n Reeks foto's van die twee weke oue dingetjie....en ek verwonder my saam met sy ouma aan die handjies wat op elke foto 'n "ag-kyk-net-daar" reaksie by my uitlok. Hy wys, hy dink, hy bid, hy peins, hy luister, hy stem in......alles met sy handjies. Terwyl jy deur dié lywige Piketberger blaai, geniet al die verhale wat hande vertel.......mense wat handskud en trou, hande wat saamstaan, help, bemoedig en lei, hande wat voorberei, mooimaak, regmaak en opruim, hande wat aanraak, koester, vashou en beskerm. Kyk op p4 na klein Leon se hande - ons wat Oupa Carel en Pa Carel ken, kan maar net wonder wat dié handjies eendag gaan doen. Onderaan dié kolom is 'n geleentheid om hande te vat in gebed. Só kan ek aangaan…..

Briewe van ons lesers... Annette van Tonder en al die Tuin Park bure skryf… Ons dierbare buurvrou, Hettie Carstens van Tuin Park, Piketberg, het op 11 September haar aardse tentwoning verlaat en na haar Ewige Tuiste verhuis. Die pragtige blombossie met pienk blomme, wat sy voor haar voordeur met soveel liefde en sorg vertroetel het, staan vol-in-die-blom. Net so mooi en kleurvol was haar lewe ook. Ons gaan haar vriendelikheid en grappies baie mis, maar gun haar die rus. Marius, ons bid vir jou en die familie krag en sterkte toe. Dankie vir wat jy vir jou ou Moeder end-uit gedoen het; dis ‘n voorbeeld vir ons almal. Mark 14:8 “Wat sy kon, het sy gedoen…” Sy sal met liefde en mooi herinneringe onthou word. Sandra Myburgh skryf… Wat ‘n belewenis om sulke flinke diens en vriendelikheid te ervaar by Piketberg Verkeersdepartement. Doen so voort, Christine en mede-amptenary.

Nicola Nasionale Wenner

Liefde Marietha

Bid vir ‘n Matriek

Die “Bid spesifiek vir ‘n Matriek” is ‘n dorpsprojek waarby nege kerke op Piketberg betrokke is. Bid saam vir die 222 matrieks.

Nicola Coetzee, ons voorbladgesig van verlede maand se uitgawe is toe aangewys as die Nasionale Wenner van die Woolworths “Making The Difference Through Design” Ontwerp-kompetisie vir skole. Woolworths oorhandig binnekort haar prys aan haar en ons berig volgende maand daaroor.

Die volgende Piketberger verskyn op 29 Oktober 2015. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 20 Oktober. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Basaar op Redelinghuys Op 17 Oktober om 16:00 in die kerksaal

Braaivleis, wors, hoender en Slaaie R80 Volwassenes R40 Kinders o/12 EKSTRA *Chips *Pannekoek *Basaar poedings *Basaar tafel met koek, melktert, koeksisters, klein koekies, brode, ens. *Groentetafel *Kinderstalletjie op grasperk met speletjies en pakkies eetgoed - Springkasteel, Gesigverf, Haarsproei *Perdry *Opveilartikels *Tee en Koffie

BONUS – WB RUGBY OP GROOT DOEK Uitstallers met interessante items Kom geniet die middag/aand saam met ons Kontaknommer: Gerda Stroebel : 083 321 3124


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Piketberger Okt 2015 by Piketberg Tourism - Issuu