8 die piketberger sept 2016

Page 1

1

Jaargang 23 Nr. 8

www.piketberg.com

September 2016

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Luyts na Egipte

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Liebré in Top 3…p3 Goud vir Faith...p3 Troufoto’s...p4 Nuut by Radie Kotze...p5 Cindy 3de in SA...p5 Nuwe Raadslede...p6 Reünie 1986-klas...p7 PHS onnies Tops...p8 PHS Kultuuraand...p27 Matriekafskeid...pp38,39 Eisteddfod...pp40,42 SSS Top 10...p43 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

Die tweeling, Matthew en Seth Luyt, oppad na PHS se matriekafskeid met die tema, Egipte. Hulle metgeselle is Dalané Kotze en Marige Carstens, gr 12-leerders by Dirkie Uys op Moorreesburg. Nog foto’s op pp 38 en 39. Foto: Marietha Goosen

Aurora Skou - Saterdag 3 September

 022 913 1939  022 913 2404 www.piketberginfo.co.za


2

Redaksioneel Die Piketberger is 23 Septembermaand is verjaarsdagmaand vir Die Piketberger. Elke jaar in die Lente is dit tyd vir terugkyk, afkyk, inkyk, opkyk, vorentoe kyk, wegkyk, maar uiteindelik weer kyk! Baie dankie vir elkeen wat help kyk dat Die Piketberger op koers bly. Elkeen wat elke maand elke bladsy deurkyk en inspirasie put uit al die wonderlike werk wat op ons dorp gedoen word, kyk en vertel vir ander, kyk en leer oor die mooi dinge, kyk en gaan doen so!

Ds Gert Kok van Eendekuil skryf… Toe ek Saterdag vir die tweede keer Huis AJ se Vleismark bywoon, dink ek aan verlede jaar toe ek my gekoopte pakke vleis daar vergeet het. Ek het aanvaar dis nou daarnatoe. Drie maande later doen ek huisbesoek by Paul en Suzanne de Villiers en vind uit dat sy by Huis AJ werksaam is. Terwyl ons gesels, noem ek dat ek so sleg oorgekom het, waarop sy my verras met: "Die vleis is veilig in die vrieskas, ons het gehoop die persoon doen navraag". Dis een van die redes waarom ek vir hierdie wêreld so lief raak. Marinda Mostert skryf... Ek het hierdie epos vanaf E-watch, 'n sekuriteitsfirma, gekry. Hierdie eenvoudige tekens word met "iets" uitgekrap voor by huise en kwesbare geboue. Daar is in Port Owen, Velddrif heelwat van hierdie tekens op huise gevind. Piketberg kan ook moontlik geteiken word. Let asseblief op vir hierdie tekens.

Liefde Marietha Redaksioneel is nie geborg deur Kyknet nie! -Red.

Redaksioneel geborg deur

Dr. Herold Truter

Blatjangbottels benodig

022 913 1630 / 022 913 2925 Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796

Wie Ry Saam?

Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Die ACVV benodig 470g Mrs Balls blatjangbottels. Neem dit asseblief na die ACVV-kantoor.

Barbie Breunissen

Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Ons beplan 'n toer na Angola, moontlike datums is: Suid-Angola 29 Maart - 9 April 2017 Middel Angola 27 Junie - 11 Julie 2017 Kontak Pieter Fox by 083 229 4424 vir meer inligting.


3

Liebré eindig in Top 3

Faith se kuns tref Goud

Liebré Eigelaar het in die Top 3 uit 20 geëindig in die tydskrif “Fair Lady se Women of the Future 2016”kompetisie. Die fokus van die kompetisie was oor die bedryf wat elke deelnemer begin het en hoe hulle dit bestuur en bemark. Daar was drie beoordeling rondtes. Die prysuitdeling is by Summers Place in Sandton, Johannesburg gehou. Al die finaliste is opgevlieg en hul klere is geborg deur Queenspark. Liebré het die “Young Minds Entrepreneurship” program by die Universiteit van Stellenbosch Business School gevolg en was in die top drie van haar klas in 2013. Die direkteur van Universiteit Stellenbosch se besigheidsskool, De Wet Schoeman het Liebré gekontak en gevra of sy wil inskryf vir die kompetisie in die “Fair Lady” en vir haar al die inligting deurgestuur.

Faith Blanckenberg, Gr.12 leerder van Die Coetzee Ateljee en PHS, se kunswerk is gekies vir die Leon Buchner Visual Arts Celebration Awards 2016. Die uitstalling vind plaas te ArtsCape en die opening is 30 Augustus. Faith het 'n groot portret van die bekende Jo-Ann Strauss, voormalige mej. Suid-Afrika, Pasella- en Top Billing aanbieder, met spykers en garing gemaak. Jo-Ann Strauss het toevallig die uitstalling bygewoon en haar portret onmiddellik herken. Sy was so ingenome daarmee dat sy Faith opgespoor het. Sy wil graag die kunswerk by haar koop en was selfs bereid om Faith se studies te betaal as sy verder sou gaan kuns studeer. Sy wil ook graag vir Faith ontmoet en haar werk bevorder en bekend stel. Faith het ook portrette van ander beroemde SuidAfrikaanse vroue gemaak. Hulle is: Mini Dlamini, Jeannie D, Diaan Lawrenson en Karlien van Jaarsveld. Volgens Jo-Ann Strauss is sy vriende met hulle almal. Jo-Ann wil graag hulle portrette ook aan hulle wys en hoor of hulle dit wil koop. Faith se ma, Melanice, is besig om met Jo-Ann te onderhandel om Die Coetzee Ateljee te besoek vir die Gr.12 uitstalling en heel moontlik kom van die ander bekendes ook.

Liebré Eigelaar saam met die beoordeelaars, Jo-Ann Strauss, Yegs Ramiah, Suzy Brokensha, Liebré, Thuli Madonsela en Leanne Manas. Foto: E.L.S.K.E Photography

In die Augustus 2016 uitgawe van Fair Lady was die volgende artikel: “From the age of five, Liebré dreamt of returning to the farm where she grew up to tell her family she’d made a difference. In 2014 her dream became a reality; she developed the idea of homegrown, bespoke products - jams, marmalades and chutneys - using fruits sourced from the Piket-Bo-Berg mountains. But she needed someone with experience in cooking these on a large scale within HACCP regulations. Elouise Josephs was just the person, so Liebre brought her in with an offer of shares. ‘I asked my mother, Deidre, to be a guarantor on a bank loan. I also asked her to mentor me; she has experience in start-ups and strategic and financial planning. In turn, Liebre has used her own energy and inventiveness to keep her head above water: ‘I captain this ship and I need to motivate and encourage my crew, even if I doubt myself at times!’ FruitLips has made it into Woolworths, Melissa’s, The Larder and Yuppiechef.com.” FruitLips is nou ook beskikbaar by Boland Superspar! -Red.

Faith Blanckenberg by die spyker en garing portrette van Jeannie D, Diaan Lawrenson en Karlien van Jaarsveld. Die portret van Jo-Ann Strauss is reeds by die uitstalling in die ArtsCape, wat op 30 Augustus begin het. Foto: Karen Coetzee

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing


4

Cobus en René

Cobus van Schalkwyk en René Fullard is getroud op 14 Mei in die NG Kerk Paarl-Vallei. Hulle woon in die Paarl. Cobus werk by Departement Landbou op Wellington en René gee leerondersteuning by Simondium Primêr. René is die vierde generasie wat in die Paarl-Vallei gemeente in die huwelik tree. Oumagrootjie Emmarentia - 1926, Ouma Yvonne - 1956, Ma Rentia - 1979 en René - 2016. Foto: Art Photo - Wedding Photographer

Leon Wiese 80

Leon Wiese het op 29 Julie sy 80ste verjaarsdag gevier. Leon is nog elke dag op sy pos.

Leon Wiese met sy twee kinders, Dinette Lochner en Wouter Wiese, en sy drie kleinkinders, Kristin Lochner en Mia en Francois Wiese. Foto verskaf

Herman en Esti

Herman Wiese en Esti van de Vyver is op 6 Augustus in die huwelik bevestig in die NG Kerk Piketberg. Die onthaal was by die De Hoeksaal. Esti is 'n Personeel Offisier op die Drakensberg in die Vloot en Herman is 'n Lugverkeer Kontroleur Offisier in die Lugmag by Langebaanweg. Foto: Edó Photography


5

District Doctor at Radie Kotze Dr Mmamotsa Makhene, district surgeon at Radie Kotze Hospital, graduated in 2013 at the University of Cape Town. She previously worked at Kalafong Hospital in Pretoria. She is currently enjoying working at Radie Kotze Hospital - helping good people of a small town whilst getting the chance to sharpen up her Afrikaans. Mmamotsa has felt a huge welcome and has learned a lot and hopefully made a difference even if it be a small one. Photo: Dr Hendrik Botha

Dieetkundige by Radie Kotze

Elana de Beer, dieetkundige by Radie Kotze Hospitaal is ‘n gebore Citrusdaller waar haar pa 'n wynmaker was. In haar graad 1-jaar het hulle na Durban verhuis waar sy toe groot geword het. Sy het aan Westville Girls' High gematrikuleer en in Pretoria as dieetkundige gaan studeer. In 2014 doen Elana haar gemeenskapsdiens jaar in Graaff-Reinet, waar sy aangestel word in 'n permanente pos. Om terug te wees in die Weskaap en Weskus is vir haar ‘n voorreg, aangesien sy baie lief is vir dié wêreld. Die werk in Piketberg is vir haar ‘n fees. Foto verskaf

Kantore Te Huur Kantoorspasie te huur agter ou Nederberg hotel gebou. Twee ruim kamers met 'n badkamer. Geen straatfront toegang, dus nie geskik vir 'n kommersiële perseel. Kontak asb 072 288 0321

Cindy 3de in Suid-Afrika

Met groot opgewondenheid kan ons aankondig dat Cindy Koen van Heerden die 3de plek in SuidAfrika verwerf het in die Caribbean Tan Model kompetisie. Cindy wil graag almal bedank vir hul wonderlike ondersteuning en elke dag se boodskappe en oproepe. “Dit was ‘n belewenis om deel te neem en ek het heerlike pryse en kontant gewen.” Cindy bedank ook in besonder haar Hemelse Vader, manlief Morné, vriende en familie vir al hul ondersteuning. Ook ‘n spesiale dank aan Tertia Visser van Tittewyt vir haar ‘stunning make-up’ wat sy gedoen het vir haar inskrywingsfoto’s. Foto verskaf

For Sale Kenwood Chef Mixer with accessories: Whisk, Dough Hook, K-beater and Glass Blender R1 000,00 Tel. 079 496 2719

Winter Uitverkoping ~ Somer Voorraad Beskikbaar Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


6 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... By die Munisipaliteit is die verkiesing verby, die nuwe raadslede ingehuldig en die tweede raadsvergadering is reeds afgehandel. Bergrivier is in die baie gelukkige posisie dat ses van ons 13 raadslede terug is vir ‘n verdere termyn, dat vyf van ons 13 raadslede reeds senior raadshere/dame is met baie ondervinding van Hanlie Linde Plaaslike Bestuur en dat ons dieselfde Uitvoerende Burgemeester en Uitvoerende OnderBurgemeester het vir ‘n tweede termyn. Dit beteken kontinuiteit en kon hulle begin op ‘n drafstap. Baie dankie vir elke kieser wat gestem het. Helen Zille het by geleentheid gesê as jy nie stem nie, mag jy nie kla nie. In Piketberg het ons drie wyke wat bekend staan as wyke 3, 4 en 5 in Bergrivier. In wyk 3 (deel van Piketberg dorp, Goedverwacht en Wittewater) is Raadsheer Riaan de Vries van die Demokratiese Alliansie verkies as wyksraadslid met 78.81% van die steun in die wyk. Daar is altesaam 2372 stemme uitgebring in die wyk uit 3841 geregistreerde kiesers. Dit is ‘n stempersentasie van 61.75%. Raadsheer de Vries is ook verkies as Speaker (Voorsitter) van Bergrivier Munisipale Raad. In wyk 4 (deel van Piketberg dorp) is Raadsheer Ray van Rooy van die Demokratiese Alliansie verkies as wyksraadslid met 58.95% van die steun in die wyk. In wyk 4 is altesaam 2407 stemme uitgebring uit 4113 geregistreerde kiesers. Dit is ‘n stempersentasie van 58.52%. Raadsheer van Rooy Raadsheer Riaan de is ook aangewys as Lid van Vries. die Uitvoerende Burgemeesterskomitee vir die Portefeulje Korporatiewe Dienste wat hy ook in die afgelope 5 jaar hanteer het. Piket-Bo-Berg is deel van wyk 5 in Bergrivier en hier is Raadsheer Boeta Josephus van die Demokratiese Alliansie verkies as wyksraadslid met 50.87% van die steun. Hierdie wyk sluit ook Eendekuil en Redelinghuys in. Hier is 2321 stemme uitgebring uit 3833 geregistreerde kiesers wat ‘n stempersentasie van 60.55% verteenwoordig. In die hele Bergrivier area is 32 518 geldige stemme uitgebring waarvan 64.10% vir die DA, 32.62% vir die ANC, 1.79% vir die VF PLUS, 1.2% vir die EFF en 0.3% vir TPICO gestem het. Die DA het al sewe die wyke in Bergrivier gewen en die setelverdeling in die Raad is nege vir die DA en vier vir die ANC. Nou soek ons u hulp en betrokkenheid! Elke wyk verkies binnekort ‘n wykskomitee van 10 lede elk. Ons soek dus 70 op-en-wakker-lus-vir-die-lewe mense wat hierop kan diens lewer aan hul gemeenskappe. Dit is ‘n oop en deursigtige proses. Nominasievorms is uit en geadverteer (beskikbaar by elke Munisipale kantoor se ontvangs) en is oop tot 12 September 2016. Daar is tien sektore geïdentifiseer en die nominasies word ingewag per wyk per sektor. Verkiesing in elke wyk sal plaasvind gedurende Oktober 2016 en sal onafhanklik plaasvind. Kom wees deel en maak seker dat u stem en idees gehoor word in die volgende vyf jaar in Piketberg. Ons dorp het u nodig. Kom ons wees die verandering wat ons graag wil sien en verseker so ‘n toekoms vir ons almal op hierdie pragtige dorp.

Die Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Evert Manuel, het sy Uitvoerende Burgemeesterskomitee aangewys as Raadsheer Ray van Rooy (links), Raadsdame Sandra Crafford wat ook tot Uitvoerende OnderBurgemeester verkies is en Raadslid Mario Wessels (regs) van Piketberg (DA Proporsioneel).

Die Raad.

Elke raadslid is ingesweer in Elke raadslid het die hul amp en het ‘n belofte geleentheid gekry om voor God afgelê dat hulle ‘n kers by die groot getrou sal wees aan die kers aan te steek om hul afhanklikheid van Republiek van Suid-Afrika en hul gemeenskap met trots die Lig vir hul termyn te sal dien. Hier is Raadsheer illustreer. Hier is Ray van Rooy van wyk 4 Raadsheer Boeta besig om sy belofte af te lê. Josephus van wyk 5 besig om sy kers aan te steek. Foto’s: Marietha Goosen


7

Klas van 1986

Die 1986-matriekklas het die naweek van 20 Augustus reünie gehou op Piketberg. Dit was ‘n goeie voorstel van die skool dat ons die geleentheid probeer reël dat dit saamval met die Interskole (iets wat nie in ons tyd bestaan het nie!). Ons het gazebo opgeslaan by die sportgronde, lekker gekuier en van ons oudonderwysers raakgeloop. Een van ons klasmaats het selfs uit Amerika kom kuier om saam te help opvang en onthou aan ou (amper vergete) stories (‘n hoender en ses van die bestes). ‘n Naweek van min slaap en baie lag – sien jou weer, Piketberg, oor 10 jaar! Die vier dames in die middel is Nadia (Basson) Von Willigh, Helena Priem, Sanet (van Niekerk) van Schalkwyk en Marelize (Visser) de Jager. Agter is Petrie Smith, Sarina (van Zyl) Swart, Madri (Botha) Milner, Emil Fick, Gerrit Kotze, Antoinette (Olsen) Anderson, Vlooi Dippenaar, Egbert de Waal en Conrad Basson. Voor is Vanessa (du Plessis) Ouwerkerk, Jan-Thys Visser, Johan Mouton, Rentia Kriegler en heel voor Marinda (Krige) Kellerman. Berig en foto: Gerrit Kotze


8

VLV se Vroetel Voorskote

PHS se Onnies Tops Jo-Anne Lubbe was die wenner en Bernard Pieters die naaswenner by die NTA (National Teachers’ Awards) in die kategorie Uitmuntende Sekondêre Onderrig. Foto: Facebook

Tydens ‘n onlangse handwerk-werkswinkel in Rosa Lategan se “naaldwerk-paradys” het ‘n klompie VLVlede en ander vrywilligers hierdie “vroetel-voorskote” vir Alzheimer-pasiënte gemaak. Die voorskote bevat verskeie teksture, met verskillende voorwerpe vasgewerk om die pasiënt se brein te stimuleer terwyl hulle rustig sit. Volgens die sosiale media is hierdie voorskote/matjies/kniekomberse die beste geskenk wat jy vir ‘n Alzheimer-pasiënt kan gee om hom sodoende rustig te maak en woedebuie te beperk omrede jy sy brein stimuleer. VLV-Piketberg het al nege voorskote gemaak en beoog dan om vir ons plaaslike Huis AJ Liebenberg ook te skenk en aan ander Alzheimertehuise.

VLV Volgende Vergadering

Die volgende Algemene VLV-Ledevergadering verskuif na 15 September 2016, aangesien die damesoggend van die Moorreesburg-skou op 8 September plaasvind. Datum: 15 September 2015 Tyd: 09h00 vir 09h30 (tee vanaf 09h00) Sprekers: Piketberg Toerisme (projekte in ons omgewing waarby ons kan baat). FNB-Bank – praatjie ivm Internet Bank, hoe jy dit veilig moet doen – “kuber-veiligheid”. Venue: Biblioteeksaal ALMAL WELKOM – Bring vriendinne saam Nie-lede R30 Teegeld Navrae: Nicoline Brown 082 477 0665

Te Koop

Groete uit Nederland Elzaan Trautman skryf… Hallo Piketbergers, ek het einde Julie by 'n vriendin in Zuid-Beijerland gaan kuier. Dit is 33km vanaf Rotterdam geleë. Ons het die Saterdag twee ure gewag vir die Rotterdam Somerkarnival om te begin, maar dit was die moeite werd. Dit was ook my eerste keer dat ek na 'n 'bioscope' (fliek teater) gegaan het in Nederland. 6 Augustus het ek en my vriendin die 'Gay Pride Canal Parade' in Amsterdam bygewoon. Ek kon nie glo hoe besig dit langs die Prinsengracht was nie. Daar was reeds nie plek om te sit nie, alhoewel ons 'n uur en 'n half vroeër daar aangekom het. Dit was vir my 'n mooi ervaring om te sien hoe vele organisasies bymekaar kom om te wys hulle aanvaar mense nes hulle is. Die volgende aanhaling het my dadelik bygeval: "Liefde wen. Altyd!" 20 Augustus het ek saam met vriendinne na Den Haag se 'Springbok Bar' gegaan saam met ander Au Pairs. Dit maak 'n mens sowaar 'n trotse Suid-Afrikaner om te sien hoe die Hollanders ons kultuur geniet. Ons het mense van SuidAfrika ontmoet wat 'n dokumentêr maak oor SuidAfrikaners wat oorsee bly. Ek en my vriendinne het ook 'n kans gekry om iets oor onsself te vertel. Dit was baie interessant, want die kameraman het my vertel dat hul baie in Piketberg gaan kuier - veral op ons mooie berg! "We are Africans not because we were born in Africa, but because Africa is born in us." Groete tot volgende keer, Suid-Afrikaners.

Heerlike A-graad Beesbiltong te koop R210.00 per kg, heel of gekerf, net ‘n half kg en meer. Bees en Koedoe droëwors R210.00 per kg.

Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Sowaar 'n trotse SuidAfrikaner. Regs, Rotterdam Somerkarnaval.


9


10

Raak Computer Wise

Beskik jy oor die nodige Rekenaar kwalifikasie(s) wat jou as student / skoolverlater die nodige voorsprong bied in ons huidige, hoogs kompeterende akademiese en professionele omgewing? Jy was nog altyd een vir Rekenaars, is mal oor die Tegnologie, maar weet nie waar en hoe om te begin nie........jy kan nou 'n ICT (Information Communication Technology) kwalifikasie bekom - sommer hier in Piketberg. Gerald Schutte het sy eie onderneming, EG Skills Development in De Hoek straat gevestig en bied 'n verskeidenheid van dienste wat insluit: Opleiding in Sagteware- en Tegniese programme (Internasionale Sertifikate) en ondersteuningsdienste vir Sagteware- en Hardeware probleme. Almal, oud en jonk, enigeen op enige vlak van Rekenaargeletterdheid, is welkom om Gerald, wat meer as 20 jaar ondervinding in opleiding en ondersteuning het, te kontak vir sy of haar unieke behoeftes. Jy werk dalk jare met programme en beskik oor die nodige kennis, maar benodig 'n sertifikaat of kwalifikasie "papiere" om by jou CV aan te heg, dan is jy die geskikte een om vir Gerald te kontak vir sertifisering. Vir individue is selfstudie 'n bekostigbare opsie waar jy sommer in die gerief van jou eie huis kan studeer met een tot een sessies op versoek. Vir groter ondernemings, maatskappye, plaaslike regering, skole ens. word groep opleiding op versoek aangebied. Gerald het reeds met groot welslae in verskeie streke “Summer Schools” aangebied waar matrikulante vir 'n week kursus na hul finale eksamens November / Desember inskryf, wat hulle voorberei vir verdere studies waar rekenaar kwalifikasie ‘n voorvereiste is en om individue wat nie verder gaan studeer nie voor te berei vir die arbeidsmark. Gerald is vir verskeie kwalifikasies by die MICT Seta asook Microsoft geregistreer en beskik oor die vermoë om kwaliteit rekenaar programme plaaslik aan te bied. Hierdie is 'n gulde geleentheid om "connected" te raak, want tegnologie is hier om te bly. Selfs ek het die vrymoedigheid om Gerald te ontbied wanneer dit voel my rekenaar "pak op", is "oorlaai" of my “files” is weg...........-Red.

Nou ook: Helium Balonne, Stoeltjies en Tafeltjies, met tafeldoeke, stoeloortreksels en stoelstrikke. Elektriese spitbraai wat ‘n skaap kan vat!

Sekretaresse Dag Woensdag 7 September


11

C.C. Nieuwoudt en Seun

Flat to Rent

Posbus 137 Lambertsbaai

Tel. 027 432 2963 / 083 630 1055

Faks. 027 432 2963 Epos: Jmriana.nieuwoudt@gmail.com

Kommersiële Eiendom te Huur

Langstraat, Piketberg, geleë langs Kekkel en Kraai Oppervlakte 200m² Huur R15 000.00 plus BTW per maand Skakel 082 804 1888

~

Woonerf te Koop - Lambertsbaai Gelyk met see uitsig Oppervlakte 762m² Gedeeltelik omhein R300 000.00 (Finansiering beskikbaar) Skakel 082 804 1888

~

Werkswinkel te Huur Lambertsbaai Skakel 082 804 1888

             

1 Bedroom, groundfloor Separate street entrance Large kitchen and lounge Full bathroom Single person or couple Maximum two people Burglar bars throughout Prepaid electricity Historical charm Small private back stoep Ideal for moms to share Near school and CBD One month deposit plus rent payable in advance Cats only - no dogs Occupation 7 or 15 September (rent pro rata) or 1 October 2016 R3 300 per month including water and rates

Clare 083 225 0059


12

Jackie brei 117 Musse

deur Jannie Lategan

Anekdotes in herinnering STOFJAS MOET JY DRA Selfs tot in die laat sestigerjare, was dit nog ‘n bekende gesig om boere by die kerk te sien opdaag met stofjasse aan. Die stowwerige plaaspaaie en die motors wat nie juis so stofdig was nie, het die omie genoop om ‘n stofjas oor sy swartpak aan te trek. Statig word daar uitgeklim, die jas mooi netjies opgevou en op die kussing van die motor agtergelaat totdat die kerk uitkom en die jas weer met “styl” aangetrek word om weer die stofpad terug plaas toe aan te durf. (Hierdie gebruik van stofjasse, is seker ontleen aan die perdekar ryery van weleer). Die swart snyerspak, straks uit Pollie Wiese se winkel, moet mooi opgepas word. KARMENAATJIE Dalk is dit ‘n woord wat aan die vergetelheid behoort en nie eens meer in moderne Afrikaans ‘n plek het nie, maar die daad agter die woord…dít is wat tel! Dit was egter ‘n gewoonte dat daar ‘n karmenaatjie (‘n stukkie skaap, bees of varkvleis) veral vir daardie armlastige en behoeftige gesin geneem is. ‘n Liefdesdaad. Gewoonlik was dit ‘n goeie snit vleis en ‘n stukkie rugstring van die skaap, was veral baie gewild. BRYLCREAM Dit was ‘n baie gewilde stilerings haarmiddel vir die seun wat rooi haakskene kry, vir die jongman of die ouer man wat op sy voorkoms en veral sy hare gelet het. Hare was, afdroog en Brylcream aansmeer, was deel van die ritueel om die hare te laat bly staan, soos hulle gekam was. Dit het natuurlik gelyk, maar het egter soos drade gevoel met die aanraak daaraan. Brylcream was ook terloops, ‘n sogenaamde “suntan lotion” as jy gou sou wou bruinbrand by die see. Wat ‘n rare saamflans van mengsels anekdotes wat heeltemal onafhanklik van mekaar staan. Tyd bly ‘n ding of iets wat met rasse skrede net eenvoudig die verlede uitvee en voordat ‘n mens nog probeer om te onthou, het die tyd alles uitgewis! NOTA: Hoe goed ken ons nog daardie spesifieke “goedjies” van weleer. Ons moet onthou om nie te vergeet nie.

Jackie Ferguson het September 2015 begin om musse te brei vir kinders. Teen Junie vanjaar was sy klaar met 117 musse. Sy het dit by Kleuterskole Mother Pearl en Babbel en Krabbel gaan oorhandig en ook by die Trajektekamp. Dit was twee dae voor die aanvang van die Junievakansie toe Piketberg erge reën en koue gehad het. Die kinders was baie bly, ook hulle juffrouens, Beryl, Kitty en Joanie. Vir Jackie het hierdie projek baie plesier verskaf.

Bergrivier Week van Gebed 4 - 11 September 12 - 30 September Masel– Vitamien A– Ontwurming– en Polio Veldtog Navrae: Sr Elzet Dietrich 022 913 1337 Of 083 550 0145

Berig en foto’s verskaf deur Jackie Ferguson op versoek van Die Piketberger.

Betrekking Aangebied Huishulp benodig.

Kook, geen was en stryk. Ure 8h00 – 15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.


13


14

Eendekuil Tops met Tags

Eendekuil gemeente het besluit om na vier jaar se insameling, hulle broodtags saam met Piketberg s'n te voeg en saam aan die Tops en Tags-projek te werk. Hier ontvang Marietha Goosen, links, die 70kg tags van Theresa Smit, haar man Frikkie Smit, en Kupido Fortuin. Theresa is die koster by die NG gemeente op Eendekuil - op 1 Mei was sy reeds 20jaar in diens! Sy het met groot sorg mense aangemoedig om broodtags vir die rolstoelprojek te versamel en dit kerk toe te bring. Elke nou en dan het Kupido dit na Tokkie se Winkel geneem om dit te laat weeg en dan is die sakke met elk 3kg gebêre. Eendekuil gaan voort met die bymekaarmaak van die tags en het ook ingestem om die tops bymekaar te maak - dit is die doppies en proppies van alle plastiese houers. Skakel asb met Theresa Smit by Eendekuil 072 932 9255 of Teresa van Niekerk by Piketberg 083 539 5048 indien u enige vrae het. Foto: Petro Smit Teresa van Niekerk met die 70kg broodtags, saam met Marina Grobbelaar, wat dit vier jaar gelede op Eendekuil begin het. Marina is nou 'n inwoner op Piketberg en doen steeds ywerig mee aan die projek. Eendekuil se 70kg tags is nou in deurskynende herwinsakke om ons lesers 'n verdere idee te gee van die duisende tags wat ingesamel is. Baie baie dankie. Foto: Marietha Goosen

Erfenisdag - Enjindag

Op 24 September 2016 word ‘n Erfenisdag-enjindag deur Piket Veteraantrekkerklub gereël. Verrigtinge begin om 9:00. Talle enjins – van baie groot tot klein - sal op die perseel van Klem Coetzee in die nywerheidsgebied op Piketberg werk. Volg die rigtingwysers of luister waar dit dreun. Die oudste, ‘n 1911 model wat nog fluks water pomp met sy oorspronklike pomp, sal tesame met ander werkendes in aksie wees. Hugo Ehlers en Frikkie Carstens se koringmeultjie, oorspronklik uit Denemarke, sal plaaslike koring maal wat te koop sal wees. ‘n Aantal gerestoureerde Case trekkers, asook ‘n fotouitstalling van die destydse aktiwiteite van Van Niekerk en Krupp, sal besigtig kan word. Die baie bekende Gert Burger sake-onderneming van vroeër, sal d.m.v. foto’s, toerusting en boeke wat deel was van hul boekhoudingstelsel, herleef. Selfs die Vaaljapie trekkertjie waarmee oom Gert in die dorp rond vervoer is, sal deel van die uitstalling wees. Vir diegene wat Erfenisdag met Braaidag verwar, hoef nie teleurgesteld te wees nie. Braaigeriewe word voorsien en braaipakkies sal bestel kan word, indien jy nie jou eie saambring nie. Die plaaslike ACVV tak sal eet- en drinkgoed te koop verskaf, o.a. tradisionele roosterkoek en sosaties. Kontaknommers vir navrae: 082 807 5927 (Gerick) of 073 230 2110 (Apie)

Hugo Ehlers, Frikkie Carstens, Jonathan Jacobus en Frikkie Carstens jnr by die koringmeul en waterpomp.

Pieter de Jongh en Neil Visser by “Roepman”.


15


16

Eendekuil se Speelskool

Eendekuil NG gemeente spog weer met heelwat kleuters en peuters en daarom is 'n speelskool een maal per week begin op 'n Woensdag. Juffrou Hilde Visagie van Porterville, 'n boorling van Eendekuil en self ook nou 'n ma van 'n seuntjie, maak dit sommer ook 'n kuierdag by haar ouers, Tertius en Petro Smit, wanneer die "skooldag" klaar is. Hilde sê dis vir haar lekker om met haar Eendekuil-jeugvriende se kinders te werk.

Op die foto is Juffrou Hilde Visagie heel regs, met voor Jané Hanekom, Elisma Dirks met Liebe Grobbelaar op haar skoot en die tweeling Coen en Elandi Visser. By die agterste tafels is Marie Fredericks, Hilde se hulp, Nina van Bosch, Liza Schoeman en sussie Jana Schoeman, Maia Burger, Gerian Boersma en Jakobus Visagie. Die leë stoeltjie regs voor behoort aan LJ Coetzee wat 'n rukkie by sy mamma gaan sit het. Nog 'n maatjie, André Mouton, was nie by die skool nie.

Die ouers het 'n klimraam op die terrein opgerig waar die kleintjies heerlik kan speel. Die borge vir die klimraam is Kaap Agri Produkte Porterville, Victor Kalis, Johan Stemmet, Herman Coetzee – Omnia, Manus Kotzé van Inteli Gro, Izak Kotzé, Kaap Agri Eendekuil, Piketberg Apteek, BP Atlantic en Boland Superspar. Monkeynastix kom ook elke Woensdag besoek aflê en neem die kinders in twee groepe. Foto’s: Marietha Goosen en Alicia Hanekom


17


18

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

    

      

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Op die rakke van die Biblioteek Ballade vir ‘n Enkeling

deur Leon van Nierop Bespreking deur Louise Visser Wat maak ʼn mens wanneer jou verlede jou inhaal? Maar nog erger? Wanneer jou ergste nagmerries waar word? Dit is die dilemma waarmee die land se bekendste en mees geliefde skrywer, Jacques Rynhard, in sy romans worstel. Hierdie vraag teister joernaliste en vriende wanneer Jacques Rynhard nie opdaag wanneer die Basson-prys vir letterkunde aan hom oorhandig moet word nie. Carina Human besef gou dat elkeen van sy kollegas of vriende iets het om weg te steek en dat sy bloed uit ʼn klip sal moet tap alvorens sy die waarheid ontdek. Gedurende haar ondersoek krap Carina ʼn perdebynes van korrupsie, verraad, donker geheime en selfs moord oop. Sy kom ook onder die indruk van haar eie onvervuldheid. Hoe haar lewe tekort skiet. En hoe intens sy met Jacques Rynhard identifiseer. Maar is daar dalk mense wat haar belieg terwyl sy oor hom navorsing doen? En is almal werklik wie hulle voorgee om te wees? Leon van Nierop se eie woorde....“Ek het my eie Lena gehad” en “Ek is Jacques Rynhard”. Verder ook… “Ballade vir ‘n Enkeling het ontstaan toe ek ‘n kind was wat self langs ‘n treinspoor grootgeword het, en wie se pa en ma my gereeld snags uitgedra het tuinhekkie toe om vir die masjiniste te waai.” Die skryf van die roman het vir Leon die geleentheid gegee om die karakters meer diepte te gee as wat ons in die televisiereeks van die 1980’s gesien het. Die dramateks is immers net 120 bladsye terwyl die boek sowat 605 bladsye beslaan. Leon het ook aan die gehoor by die bekendstelling van sy boek gesê hoe hy destyds gesukkel het om op ‘n naam vir die storie te besluit. Sy Lena het hom probeer help en hy het vir haar gesê die storie is ‘n ballade vir Jacques, wat soos hy (Leon), ‘n enkeling is. Waarop Lena toe antwoord: “Ballade vir ‘n Enkeling, poephol!” Leon maak baie ooreenkomste tussen sy eie lewe en die gebeure in die boek vir die eerste maal bekend, wat na my mening dit ‘n interessante ervaring maak. Hy en sy karakter Jacques Rynhard deel onder andere dieselfde skuilnaam (Jacqueline Brink) vir hul aanvanklike hygromans en Leon bieg self oor sy onaangename skoolervarings... Hy gee vir ons ook ‘n skokkende kykie in die versteurde ‘onderwêreld’ wat heers daar buite wat ongelukkig sensitiewe lesers moontlik dwars in die krop kan steek, maar indien jy die televisiereeks destyds geniet het en ‘n paar gebeure wat bloot geïmpliseer is tot in die fynste detail wil ervaar, lees gerus sy roman. Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling sal jou vermaak, skok, onthuts en meevoer...

Sukkel jou baba of kleuter in die verkoue seisoen om sy neusie skoon te blaas? Kom vind uit oor die Baby-Vac.

Leeskring

Die volgende boekbespreking is: 21 September Martha deur Winnie Rust


19

20 Jaar Gelede - September 1996 Voorblad: Sersant Hein Coetzee Polisiebeampte van die Week. Spar is winkel van die Jaar in die Kaaplandstreek. Piketko se bestuurder, Stan Robertson, is verplaas na Kaapstad. Hy word die Besturende Direkteur van International Harbour Services. Jimmy en Susan Du Toit, albei van Volkskas Bank, is verplaas na Robertson. Henkie Hagen neem deel aan die finale rondte van die Geskiedenis Olimpiade. ABSA skenk 'n skottel antenna aan die Munisipaliteit. Steynville

Primêr

hou

pretloop

en

Lentebal.

PHS se st 8's en 9's bied 'n opvoering, Pendoring Edms. Bpk. aan olv W Ramsauer. Die Piketberger sal voortaan nie langer deur die personeel van PHS hanteer word nie. Enige persoon wat kan help, kan Pierre Steenkamp kontak. Advertensie: Spookasem - Billike pryse Skakel 026131970 (Villiers Morrison jnr verkoop steeds spookasem -Red.)

Wie Ry Saam? Ons beplan 'n toer na Angola, moontlike datums is: Suid-Angola 29 Maart - 9 April 2017 Middel Angola 27 Junie - 11 Julie 2017 Kontak Pieter Fox by 083 229 4424 vir meer inligting.

Fat Catz weer oop Chris Jansen is na ‘n afwesigheid van 15 maande terug by Fat Catz Café in Hoogstraat, Piketberg. Hy en sy dogter, Wilma het besluit om die stadslewe te ruil vir die rustigheid van Piketberg. Dit voel goed om weer terug te wees tussen al die vriendelike inwoners van hierdie pragtige plattelandse dorp. Baie dankie aan almal wat ons so vriendelik terug verwelkom het. Ons sien daarna uit om u weer by Fat Catz te sien en kan u verseker van ons voortgesette vriendelike diens.


20

Sterilisasiedag Sukses

Dankie aan almal wat bygedra het om ‘n sukses te maak van die sterilisasiedag gehou op 20 Julie, hetsy in die vorm van geldelike skenkings, komberse, honde- en katpille of hulpverlening op die dag. ‘n Totaal van 28 katte en 26 honde : 11 mannetjieskatte, 17 wyfiekatte; 3 reunhonde en 23 teefhonde. Dit is ‘n rekord aantal teefhonde en hier word Katinka Morrison spesiaal bedank vir haar onvermoeide ywer en bydrae om ‘n verskil te maak asook aan die handjievol vrywilligers wat onverpoosd ‘n verskil probeer maak in die gemeenskap. Baie dankie aan die donateurs wat bygedra het om die Sterilisasieprojek van 20 Julie so ‘n groot sukses te maak. Donateurs; Villiers Morrison, Doughie Anthonissen, Cape Nature Porterville, Vera Burger, Micky Visser, Helena Priem, Beryl–Ann du Plessis, Joos Engelbrecht, Anna Lambrechts en Elbeth Liebenberg. Die volgende sterilisasieprojek is op Woensdag 14 September. Ons maak staat op volgehoue ondersteuning. Let wel die projek is net vir diere waarvan die eienaars nie sterilisasies by die veearts kan bekostig nie. Ons moet die veearts wat die operasies hier kom doen betaal. Dit is dus baie belangrik dat afsprake gemaak word. Indien diere sonder afsprake opdaag, gaan hulle weggewys word. Ons het nie onbeperkte geld nie en is afhanklik van donasies. Kostes: Teefhonde R450; Reunhonde R350; Wyfiekatte R350; Mannetjieskatte R300. Indien jy ‘n donasie wil maak, kontak Katinka Morrison 082 829 6918. Skenkings van komberse en hokke is ook baie welkom.

Demonstrasies vir Tuinboulede

Lede van die Piketberg Blom– en Tuinblouklub het onlangs ‘n werkswinkel in die Strand bygewoon om nuwe tegnieke aan te leer om plantmateriaal te manipuleer. Die werkswinkel is gereël deur Jannie du Toit, voorsitter van die Helderberg Blomklub en aangebied en gedemonstreer deur Neels Scott. Op die foto is van links Jackie Ferguson, Micky Visser, Marinda Mostert, Jannie du Toit, Katinka Morrison, Neels Scott en Moira van der Westhuizen.

Moenie verhuis sonder jou diere

Piketberg Animal Welfare versoek eiendomsagente, huiseienaars en –huurders asook regslui (spesifiek die wat uitsettingsbevele uitreik) om toe te sien dat troeteldiere nie agtergelaat word wanneer eiendomtransaksies plaasvind en mense die dorp verlaat nie. PAW raak eers bewus van die probleem lank na die mense verhuis het. In Sakkie se geval het ons hom versorg by die adres waar hy agtergelaat is totdat ons hom hervestig kon kry op ‘n plaas buite Eendekuil. Gelukkig in sy geval was hy reeds gesteriliseer en mak genoeg om te hervestig. Probeer om die dier (meestal katte) binne te hou die dag voor die verhuising of kontak ons by 079 294 1535 om te kyk hoe ons kan help. Dikwels staan die eiendom leeg vir drie Sakkie maande terwyl die oordrag geregistreer word. Hierdie katte teel verder aan met allerhande siektes omdat die katte nie versorg word nie.

Die volgende Piketberger verskyn op 29 September 2016 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 20 September 2016 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Jackie Ferguson, Katinka Morrison, Marinda Mostert en Lenie Otto, tuinboulede van die Blom- en Tuinbouklub Piketberg het 'n demonstrasie van die Blomontwerper Neels Scott van Harare, Zimbabwe bygewoon. Die demonstrasie word “Dynamics of the Mind”, genoem. Foto’s verskaf   

Die Piketberger se Datums vir 2016 Knip uit en bêre

Berigte/Advertensie IN 20 September 18 Oktober 22 November

VERSKYN 29 September 27 Oktober 1 Desember

Advertensiekoste Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com


21

• • • •


22

PPC vier Vrouedag

Die dames van PPC De Hoek het Vrouedag gevier by die De Hoek Big Five gastehuis met 'n heerlike middagete. Foto verskaf deur Lorraine Lourens

Smart Start vir 1000 Dae

Hierdie afgevaardigdes van die NG Kerk het 'n aanbieding van Smart Start bygewoon met die oog op Vroeë Kind Ontwikkeling (VKO) of Early Child Development (ECD). Sarel Eloff van Citrusdal, Ronell Gründlingh van Piketberg, Pieter van Sandten van George, Marietha en Martin Goosen van Piketberg en Daniel van Zyl van Citrusdal. Die eerste 1000 dae van lewe (vanaf bevrugting), is die noodsaaklikste tyd vir kinders tov Voeding, Sekuriteit, Liefde en Stimulasie. Foto: Jasper van der Westhuizen

Rhema en AME vier Vrouedag

Die Rhema vrouenetwerk in samewerking met AME vroue het ‘n Vrouedag geleentheid aangebied wat deur ongeveer 300 vroue en jongmeisies bygewoon is. Die tema vir die dag was "Ontluik" en vroue is aangemoedig om uit die kokon van "ek weet nie" en "ek kan nie" uit te kom, dmv drama en dans. Claudia Burger het gepraat oor geweld en mishandeling en Yolandi van der Merwe, foto bo, oor die vroue se betrokkenheid in die gemeenskap. 'n Groep meisies van Steynville Sekondêr, wat besig is met ‘n soortgelyke projek, het gehelp met die bediening. Die vroue het elk 'n geskenksakkie ontvang met tydskrifte en skoonheidsmiddels of bykomstighede wat geskenk is deur ander vroue. Daar was ook ‘n "boetiek" met handgemaakte serpe en nekbande. Die teetafel was aantreklik en daar is heerlik saamgekuier en gelag!

Een van die gaste, Eileen Saayman.

Foto’s: Alida Lintnaar

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276


23

VLV Serpe Projek

VLV Word Hart en Hand

VLV het ou T-hemde verwerk om vir Badisa te gee vir werkers wat vroegoggend agter op bakkies of te voet, die koue moet trotseer oppad werk toe. Op die foto's word die serpe ten toon gestel: Nicoline Brown, Marietha Goosen, Rosa Lategan en Alida Walters.

Die VLV se leuse vir 2016 is VLV Word Hart en Hand. Die VLV het besluit om twee keer per week broodjies vir die TB pasiĂŤnte by die kliniek te gee. Hulle moet iets eet voor hulle die medikasie mag gebruik. As enige iemand nog belangstel om te help, kan hulle vir Nicoline Brown kontak. Foto: Marlize Rossouw

Alta Vos, Mareza Smit, Moira van der Westhuizen, Lauretta Baadjies en Jackie Ferguson. Foto's verskaf

Siphenkosi Your security

Your security

Our priority

Our priority

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices)

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1916 tot 2016 Onmiddellike betaling

Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Contact for free quote.

Email: siphenkosip@telkomsa.net

Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com


24

7 Days on the Wall Bergrivier Gebedsweek 4 tot 11 September Sondag tot Sondag Verskeie gemeentes in Piketberg neem deel aan hierdie 7 Days on the Wall vir 7 dae se 24-uur gebedstyd.

CLF besoek Piketberg NG gemeente Piketberg het op Sondag 31 Julie besoek ontvang van Hedwig Moore van Christelike Lektuurfonds. CLF bestaan reeds vir 60 jaar en versprei die Woord op baie kreatiewe maniere. CLF beskik oor 'n wye verskeidenheid kleurvolle en duursame glanspamflette wat alle aktuele onderwerpe aanspreek.

Sondag 4de: Alle gemeentes neem deel Maandag 5de: PowerHouse Dinsdag 6de: NGKerk Woensdag 7de: Shofar Donderdag 8ste: AME Kerk Vrydag 9de: Rhema Saterdag 10de: VGKerk Sondag 11de: Gesamentlike gebedsbyeenkoms om 4nm-5nm in die Biblioteeksaal. Vir enige navrae of verdere inligting, skakel Driaan by 082 327 7475.

Hedwig Moore van Christelike Lektuurfonds by Kixkinders, Jurica Rabe, Suretha en JW Visser en Kixleiers, Marietha Goosen en Teresa van Niekerk. Kix ontvang pamflette wat aansluit by die Otjiekosprojek. Die pamflette help om te verstaan hoe om met mense by die verkeerslig en op straat te praat sonder om vir hulle geld te gee.

Special Worship Experience with

Vredendal Full Gospel Worship Team Sondag 11 SeptEMBER @ 4uur nm GemeenskapSaal Piketberg Gratis Toegang Almal Welkom!

Sanet Stander van Bergskeurplase, Piket-Bo-Berg, deel Christelike Lektuurfonds (CLF) se glanspamflette aan werknemers van diĂŠ plaas uit.

Spesiale Gebed vir Behoeftes Past Reggie Strauss Vredendal 084 601 0967 Past Ettiene Feris Piketberg 072 035 7882

Gerna Croeser gesels met Hedwig Moore van CLF. Gerna, wat betrokke is by die gemeente se koskasprojek, gaan by geleentheid 'n CLF-pamflet in die kospakkies plaas. Foto’s: Marietha Goosen


25


26

Wat sê die Woord? Deur Pastoor Tjaart Olivier

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Ons het die laaste twee maande die vrae geantwoord: Is God goed of is Hy sleg? Is God die een wat slegte goed in my lewe toelaat om my iets te leer? Die basiese gevolgtrekking wat ons gemaak het, is van Johannes 10:10 wat sê: “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.” Dit is die duiwel se plan om slegs te steel, te slag en te verwoes. Hierdie is nie die eienskappe of planne van God nie. God is nie die bron van jou probleme, siekte, depressie, ongelukkigheid, of swaarkry nie. God is ook nie die een wat dit toelaat nie. Jesus het gekom om vir ons lewe te gee en dit in oorvloed. Satan saai dood, maar God gee lewe. Wat dan van die boek van Job? Ek sal ongelukkig nie die boek van Job in detail kan bespreek in die kort rubriek nie, maar wel ’n paar hoofgedagtes deel wat jou sal help om die boek beter te verstaan. Die gebeurtenisse in die boek van Job speel af voor Moses, voor Abraham en nog voor die vloed van Noag en Job het geen verbond met God gehad nie. Dis belangrik om te weet dat jy nie alles in die boek van Job kan vat as “So sê die Here” nie. Verstaan alle verse binne die konteks wat dit geskryf is. Geen vers moet ooit alleen geïnterpreteer word nie. Daar is verskillende sprekers in die boek van Job: Job self, God, Elíhu en Job se drie vriende. In Job 42:5-7 sien ons dat Job sy woorde herroep wat hy gesê het, omdat nie alles wat hy gesê het korrek was nie en dat sy drie vriende deur God tereggewys is. Job 42:5-7 sê: “Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.6Daarom herroep ek en het berou in stof en as.7EN nadat die Here Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die Here aan Élifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.” Die vraag wat mense die meeste kelder, is dat God toegelaat het dat die duiwel slegte goed oor Job se pad bring. Jy kan hierdie lees in Job 1 en 2. Die aarde was in die mag van die duiwel en die duiwel het die reg gehad om slegte goed oor enige iemand se pad te bring. Dit was nie die Here wat die duiwel “toegelaat” het nie. Die duiwel het die reg oor die mens gehad. Die dag toe Job en sy kinders hulself voor God stel, was die duiwel daar (Job 1:6). Die duiwel het vir God gesê dat enige persoon wat so geseënd soos Job is, natuurlik die Here in alles sal dien. Die duiwel het slegte goed oor Job se pad gebring, maar Job het steeds die Here gedien. Anders as Job, moet jy besef dat jy onder ’n verbond is met wonderlike beloftes (Hebreërs 8:6). Jesus het dinge kom verander. Ons deel nou in die verbond wat Jesus met die Vader het. Job het gesê dat die Here neem en dat die Here gee, maar Jesus kom openbaar vir ons die ware Vaderhart van God. Jesus sê dat die duiwel vat en God gee (Joh. 10:10). Waar is jou fokus? Job of Jesus? Jesus is die perfekte afdruksel van die Vader (Heb. 1:13). As jy die Vader wil leer ken vir Wie Hy werklik is, leer ken vir Jesus en alles wat Hy verteenwoordig het (Joh. 14:7-10). God is nie die bron van jou probleme, siekte, depressie, ongelukkigheid, of swaarkry nie. God is net goed en wil net die beste vir jou hê. “Hoekom is daar ‘n verskil tussen die ou en nuwe Testament se handelinge?” Ek beantwoord graag hierdie vraag in die volgende Piketberger uitgawe. (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)


27

PHS Kultuuraand Foto’s: Marietha Goosen


28

Eendekuil se IC projek Die IC (“see”) projek behels misdaad bekamping en IC (“care”) omgee. Die hele gemeenskap is betrokke en het help brei en die wat nie kan brei nie het wol geskenk of kombersies gekoop. By hul eerste bymekaarkom het hulle gekyk hoeveel blokkies hulle het en hoeveel komberse gemaak kan word. Eendekuil VLV het idees gegee oor hoe om die komberse aanmekaar te werk (foto onder).

Onlangs het 46 mense artikels ontvang. Dertig komberse, 40 paar slaapsokkies, 17 paar handskoene en ‘n serp is uitgedeel. Die artikels is met polisie begeleiding uitgedeel omdat die polisie by die IC (see) gedeelte van die projek betrokke is wat misdaad voorkom. Artikels is uitgedeel aan oud en jonk asook siekes, swakkes en gestremdes.

Pssst_Pot

Hier is nou ‘n teetuin op Eendekuil by Tokkie se Winkel regoor die polisiestrasie en langs die Kerk. In die Pssst_Pot kan jy lekker kom kuier en ietsie ligs eet en drink. Na 22 jaar op Eendekuil het ek en my man besluit om iets nuut aan te pak. Met die hulp van Jan Stuurman (20jaar diens) en Carin Wiese (11jaar diens), was dit vir ons maklik om op hierdie manier waarde toe te voeg tot Eendekuil. Hoop ons sien julle gou!

Pssst_Pot is oop Weeksdae 08:00 - 13:00 en Saterdae 08:00 - 13:00. Party Dinsdae gesluit. Pierre en Elieda Matthee

Van die komberse wat uitgedeel is tydens Eendekuil se IC (see)-projek. Foto’s verskaf deur Elieda Matthee.


29

My persoonlike ervaring van die Visrivier Canyon - Julie 2016 Deur Moira Ryke

Gedurende 2008 het ek en Alfred die Visrivier-Canyon saam met ‘n baie besonderse groep mense gestap en dit met baie sweet en min asem relatief maklik voltooi. Agt jaar later pak ons weer die roete aan met bekendes en nuwelinge, maar vir my het ons dadelik gevoel soos ‘n familie. Ons het na ons mening vir ons goed voorberei, maar ook geweet dit gaan nie maklik wees nie. Dag 1 breek uiteindelik aan en soos gewoonlik is die afgaan ‘n opdraande stryd vir my en Alfred – Alfred het geweldig hoogtevrees en my bobeenspiere laat my soos gewoonlik in die steek. Halfpad na onder is my bene jellie en wonder ek wat het my besiel om in te stem tot hierdie avontuur. Maar ons beur voort en ek koop sommer ‘n stukkie grond in die proses. Gelukkig is Jac daar om te keer dat ek nie tot onder rol nie! Uiteindelik is ons onder en soek dadelik die yskoue water op om ons voete en bene te laat afkoel. Ons het ‘n rukkie gerus en is toe verder. My bene het nog steeds soos jellie gevoel en die roete vorentoe was nog baie klouter en klim – vir my glad nie ‘n goeie vooruitsig nie. Ek het ‘n hele paar keer gestop en vir Alfred gesê ek voel regtig nie of ek kan aangaan nie. Teen hierdie tyd het ek al ‘n hele paar keer gebid dat die Here my asseblief die krag moet gee om net nog 1 tree te gee – en natuurlik het Hy! Toe ons laatmiddag stop om kamp op te slaan, was ek baie verlig en het die Here gedank dat Hy my tot daar gebring het en weer vir krag gevra vir die volgende dag. Dag 2 was ‘n voortsetting van die eerste dag met nog baie klim en klouterwerk. Weer eens laat my bene my telkemale in die steek, maar gelukkig is Daniel en Jac elke keer daar om my te help. Dis asof hul net geweet het wanneer ek in die moeilikheid is. Ek praat die heeltyd met die Here – ek sê dankie vir elke tree vorentoe en vra aanmekaar vir krag en uithouvermoë. Alfred kry ook baie swaar – veral in die namiddae wanneer ons in die hitte van die dag stap. Elke keer wanneer ek begin agter raak, moedig Jani my aan: “Kom tannie, nog net ‘n klein entjie – dan kan ons rus.” Om alles te kroon begin die sole van Alfred se skoene los gaan en moet die ‘duct tape’ ingespan word. Nou verander sy manier van stap en sy kuit en haksening begin seer word. Toe ons die namiddag

kamp opslaan, besef ons albei ons kry bitter swaar en nie een weet of ons dit gaan voltooi nie, want alles loop net verkeerd. Ons eet ook feitlik niks nie, want ons is net te moeg. Weer eens bid en praat ek ure lank met die Here. Dag 3 breek aan en ek voel bietjie beter, maar Alfred kry baie swaar. Maar terwyl ons in die koelte stap, gaan dit regtig baie goed. Op die middag hoor hy ‘n klapgeluid en stop – seker daarvan sy Achilles-tendon het geskeur. Ek moet omtrent 20-30 tree terugstap na hom en duisende gedagtes maal deur my kop, maar weer eens bewys ons stapgroep hulself. Gelukkig is dit net sy kuitspier en terwyl ek dit met ‘n rekverband verbind, pak die res van die groep seker die helfte van sy rugsak uit en verdeel dit onder mekaar. Hy stap uiteindelik verder met ‘n baie ligter sak, maar teen ‘n slakkepas. Jani het ‘n klein gesighanddoekie wat sy met haar drinkwater nat maak en agter sy nek sit vir ‘n bietjie koelte. Teen hierdie tyd bid ek elke tree, vra ek aanmekaar vrae (want ons het regtig goed voorberei) en is ek baie bekommerd oor Alfred. ‘n Klein entjie verder gaan sit hy en sê hy kan nie verder aangaan nie. So ongeveer 200m van ons is die rivier met ‘n bietjie water, maar daar is geen skaduwee nie. Ek maak planne dat ek en hy daar bly en verder gaan wanneer dit koeler is, maar ons groep weier. Niemand gaan verder stap as ons nie stap nie!! Chris en Christo begin met ‘n pas vooruit stap en ongeveer 10 minute later kom Chris terug sonder sy rugsak. Hy vat Alfred se sak en begin stap – en ons kan net met dankbaarheid hom agterna kyk en Alfred word daardeur aangemoedig om op te staan en verder te gaan. Terwyl ons stap – geen water is nou in sig nie; net stof en klippe en sand – worstel ek met die Here en vra Hom reguit waarom het Hy ons verlaat. Die son bak en ek kyk net voor my op die voetpaadjie en konsentreer net om die een voet voor die ander te sit terwyl ek die heeltyd vrae vra. En om alles te Vervolg op p30...


30 Vanaf p29... kroon gaan my een skoen se sool ook los en Jan moet weer die ‘duct tape’ inspan! Ek swoeg verder. En die volgende oomblik lê daar ‘n klippie so ongeveer 6cm lank voor my linkervoet in die perfekte vorm van ‘n voet en ek weet verseker dat Jesus met my praat en sê Hy is besig om my te dra – dis nie ek wat loop nie. Met hierdie wonderlike besef het ek verder gestap sonder enige bekommernis tot waar ons kamp opgeslaan het. Ek was baie moeg, maar het ook geweet Alfred moet nou net rus. Die verantwoordelikheid van tent, slaapmatrassies en slaapsakke regkry was nou alles myne. My trane was vlak en ek en Marietha en Jani het ‘n ‘group hug’ gehad wat my darem beter laat voel het. Alfred het spierverslappers en pynpille en perdesalf gebruik vir sy been en ‘n redelike goeie nagrus gehad. Dag 4 het weer begin met ons groep wat soveel moontlik van Alfred se sak gedra het. Ek en hy het eenkant gaan bid. Hy het met die ligter sak redelik goed gevorder en ek het direk agter hom gestap om te weet wanneer hy swaar kry of stop. Ek het regtig baie swaar gekry en elke tree was ‘n inspanning. Die omgewing het ook nie baie gehelp nie – ons het baie kortpaaie geneem wat ons ver van die water af geneem het en daar was baie los sand en stof. Die middag so kwart voor 3 het ons by die laagwaterbruggie aangekom waar ek op my stapstok geleun het, te moeg om nog een tree verder te gee. My skoensool het ook vroeër die middag verder die gees gegee en moes nog verder geplak word. Regs bokant die bruggie is ‘n geboutjie waar mense van ‘n ander groep gesit het. Ek het net gedink ek kan nie nog hierdie opdraande ook uitklim nie en het bly lê op my stapstok – te moeg om my rugsak af te haal. Die natuur het Alfred op daardie oomblik geroep en hy is vinnig daar weg en net toe kom daar ‘n natuurbewaringsbakkie van die linkerkant aan. Die persoon is op soek na iemand wat seergekry het en opgelaai moet word. Alfred wys hom na die mense wat by die geboutjie sit en draai toe na my en sê die man sê as ons wil saamry is ons welkom; hy kry ons met die terugkomslag. Vir my was dit ‘n uitkoms van die Here. Het ons 5 minute later of vroeër daar aangekom, sou ons hom nie gekry het nie. Ek het eers met ons groep gepraat, maar hul het almal besef ek is naby aan breekpunt. Ek en Alfred is saam met die bakkie daar weg en ons groep is verder. Ek was teleurgesteld, maar het ook geweet dis ‘n wonderwerk!! Ons het ongeveer 4-uur by Ai-Ais aangekom en hoef nie eers ‘n sent te betaal het nie. Albei van ons was maar emosioneel, maar dankbaar dat ons veilig is. Die wonderlikste van hierdie gebeurtenis is dat niemand weet wie die persoon gevra het om die mense te gaan optel nie, want oppad na Ai-Ais het van hul eie groep ons langs die pad gekry oppad om hul te kom oplaai. Weer eens vir my ‘n teken van die Here se handewerk. Die volgende oggend het ek so 6-uur wakker geword met kouekoors en ook geweldig naar. Ek het eers by 11-uur beter begin voel en het opnuut besef dat as ek by die groep gebly het, ek sekerlik nie sou kon begin stap voor daardie tyd nie. Die res van die groep het so kwart oor 11 die kamp binne gestap – almal veilig en baie verlig om weer in die beskawing te wees. Hierdie hele ondervinding het ons baie laat dink en aangesien nie ek of Alfred sommer tou opgooi nie, was dit vir ons ‘n groot teleurstelling om nie die roete te voltooi nie (ons het dit immers al 4 keer vantevore gedoen), maar ek het besef die Here het met ons op ‘n ander manier gepraat. Eerstens deur middel van ons groep: Jan en Jani, Chris en Christo, Marietha, Daniel en Jac – vir al hul hulp en aanmoediging. Tweedens – ons as mens kan ons fisies en geestelik so goed as moontlik voorberei, maar as

Hy ander planne het, moet jy weet van wie jy afhanklik is. Ten slotte wil ek net sê ons het reeds begin oefen en beplan om die Canyon volgende jaar weer te gaan stap – maar eerstens met geloof en gebed en daarna met alle menslike hulp.

Want dis Lekkig om ‘Trug’ te Ploeg

Die Morawiërs vier jaarliks in Augustus fees en kinderfees wat terug herlei word na die verhaal van die jong dogter wat tydens Hernhut herlewing in 1729, haar eie geestelike herlewing beleef het. As deel van hierdie diepgewortelde geestelike tradisie wat spesifiek op jeug gemik is, word rankplante gevleg en veldblomme versamel. Dit is dan die kinders se plig om die vleilande en berge in te vaar om lelies en rankplante bymekaar te maak en die kerk te versier. Tydens die middagdiens op 'n Sondag, word die lekkerste soet tee en bolletjies uitgedeel en die mooiste geestelike kinderstories deur die ouer garde vertel. Wat 'n geestelike belewenis vir die jeug bly dit nie. Dankie aan die Snoek en Patatfees borge en feesgangers wat dit moontlik gemaak het, sodat ons as Goedverwacht Toerisme Ontwikkelings Forum (GTOF) die Morawiese kinderfeeste in Distrik 1 en hul buitestasies naamlik: Wupperthal, Clanwilliam, Piket-Bo-Berg, Piketberg, Wittewater en Goedverwacht geborg het met die bolletjies en tee. Ons maak volgende jaar weer so!

Oupa en Ouma Dag Sondag 11 September


31


32

Foto’s verskaf


33

Piketberg Hoërskool se drie Rugby Springbokke Piketberg Hoërskool kan met trots sê dat die skool reeds drie Rugby Springbokke opgelewer het. Derick Hougaard is die mees onlangse een (2003), maar sy voorgangers 40 (1963) en 45 jaar (1958) voor hom. Op hierdie bladsy gee Die Piketberger erkenning aan hierdie manne. By navrae het ons 'n interessante skrywe ontvang van Jan du Preez, wat ons graag hier plaas. Vir die Springbok, Jan du Preez, was en is sy prestasie op die rugbyveld ‘n groot eer, maar dis oor sy grootwordjare op Piketberg se berg, waaroor hy telkens nadink en wat hy ook in boekvorm saamgestel het. Hy is dankbaar vir alles wat hy kon doen en bereik, en beskou alles as ‘n gawe van Bo. Hy erken ook dat die hulp van sy vrou en familie dit verder moontlik gemaak het. Jan skryf....... Miskien moet ek begin met die skooldae. Ja, ek was in PHS vanaf st.7 (1944) tot matriek (1947) en hoofseun in daardie jaar. Dit is moontlik nuuswaardig dat Lettie du Toit, nee Coetsee, wat die hoofmeisie was, net soos ekself, van die Sunnybrook Primêre Skool op die berg was. Sy was kapteine van die netbalspan en ek kaptein van die eerste voetbalspan. In dieselfde jaar is Butch Lochner van die Hopefield Hoërskool, en ek van PHS, gekies vir die rugbyspan van die Wes-Bolandse skole. Beide van ons was in die Springbokspan van 1956 wat in Australasië getoer het. In die veertigerjare het PHS suiwer Skeikunde ipv. Skeinat aangebied as ‘n vak in matriek. Dit het my tot so ‘n mate geïnspireer dat ek reeds in my hoërskooljare ‘n laboratorium van klip gebou het op ons kleinhoewe van 12 morg nl Adullam. Dit was die begin van ‘n Chemie loopbaan wat geduur het van 1945 tot 2012, toe ek 82 jaar oud was. Ek was vir meer as 40 jaar professor in Chemie aan die Universiteit van Port Elizabeth, het twee goue medaljes vir my werk gekry, een in 1976 vir drie publikasies en een in 1990 vir “uitmuntenheid in navorsing, opleiding van studente en die vele internasionale erkennings.” In 2012 is ek voorgestel vir die “Scientist of a Lifetime” deur die FRD vir “a lifetime contribution to Chemistry specializing in Uranium, Base metals and Platinum Group metals and associated techniques.” Miskien moet ek meld dat daar vanjaar ‘n boek “Eminent Physicist in South Africa“ gaan verskyn waarin daar ook ‘n profiel sal wees waarin gemeld is dat ek in PHS op skool was. Gedurende my universiteitsjare op Stellenbosch, het ek O/19A, Maties Eerstespan, WP, Junior Springbokke en in 1956 Springbok gespeel. Behalwe Josua Prinsloo en Derick Hougaard, was daar nog Boland Coetsee wat ook ‘n konneksie met Piketberg gehad het. Sy oupa, Jan Coetsee van Kromrivier, waar my pa prinsipaal was van ‘n plaasskool 1928-1937, se seun Hannes Coetsee, Boland se pa, het flank gespeel vir Piketberg se dorpspan in die veertigerjare. Hy was self ‘n uitstekende speler. As skoolseun het ek hom baie bewonder. Oupa Jan en my pa was albei in die dertigerjare op die kerkraad van Piketberg. Dr. Jac Muller, wat later teologie professor aan die kweekskool geword het, was toe predikant op Piketberg. My ma se familieplaas, Serviteurskraal, het ons amper elke naweek besoek solank as ouma Lenie gelewe het. Ek het die plaas in Maart 2011 besoek en was baie verras om te sien wat vermag is deur my neef, Thys en sy seun, Hennie Visser.

Jan se boek is te lees by die Piketberg Museum. Dit word tans gebruik vir voorlesings by Huis AJ Liebenberg aangesien dit uittreksels oor sy grootwordjare op Piketberg bevat -Red.

Jan Gysbert Hermanus Du Preez, links, gebore 6 Oktober 1930 te Piketberg. Speel vleuel vir Westelike Provinsie in 1958. Springboktoets debuut 14 Julie 1956 teen New Zealand in Dunedin. By Jan, links op die foto, is sy twee broers Thys en Erik en suster Helena.

Josua (Joos of Poens) Prinsloo, gebore 11 Oktober 1935 te Piketberg. Speel agsteman vir NoordTransvaal in 1963. Springboktoets debuut 24 Augustus 1963 teen Australië in Johannesburg. Hy het net die een toets gespeel.

Dirk Jacobus (Derick) Hougaard, ‘n gebore Piketberger op 4 Januarie 1983, speel losskakel vir NoordTransvaal se Blou Bulle 2003. Springboktoets debuut 11 Oktober 2003 teen Uruguay in Perth. Laaste Springbok toets 14 Julie 2007 teen Nieu Seeland in Christchurch. Totale toetse gespeel - 8. Foto’s: Verskaf en Facebook


34

Interskole Aksie


35

Interskole Wenners

Foto’s: Marietha Goosen en Sanet Coetzee


36

Ná 30jaar in Tronk… Dié bydrae bereik Die Piketberger op 'n vergeelde stuk papier in 'n netjiese lopende handskrif. Dis onderteken deur JH Botha op 30 Oktober 1941. Dit lui: Die onderstaande is deur 'n prins, wat dertig jaar in die gevangenis opgesluit was, byeengebring: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12.

Die woord Here kom 1 853 maal voor in die Heilige Skrif. Die agste vers van Psalm 97 is die middelste vers van die Bybel. Ester 8:9 is die langste vers. Joh 11:35 is die kortste vers. In Psalm 107 is vier versies presies dieselfde: Verse 8,15,21 en 31. Al die verse van Psalm 136 eindig met dieselfde woorde. In die Bybel is nie name of woorde van meer as ses lettergrepe nie. Jesaja 37 en 2 Kon 19 is gelykluidend. In die hele Bybel, Ou- en Nuwe Testament staan daar 3 538 483 letters, 773 993 woorde, 31 373 verse en 1 180 hoofstukke. Psalm 23 is die lieflikste. Die troosvolste beloftes is in Joh 14:2; 7:37 en Psalm 37:4. Almal wat 'n hoë dunk van hulself het, moet Matt 6 nakom. Die hele wêreld moet Lukas 6:20-49 lees.

As jy ‘n gesin het wat vir jou lief is, ‘n paar goeie vriende het, kos op die tafel en ‘n dak oor jou kop, is jy ryker as wat jy dink.

Interskole Uitslae Hoërskool Piketberg vs Porterville Hoërskool RUGBY O/7 Verloor 10 - 30 0/8 Verloor 5 - 15 0/9 Verloor 5 - 10 0/11 Wen 5 - 0 0/13A Wen 28 - 8 0/13B Verloor 19 - 32 0/15A Wen 31 - 0 0/15B Wen 49 - 0 0/16A Verloor 19 - 24 0/19B Verloor 14 - 19 0/19A Wen 22 - 19

Die Algehele Trofee gaan ook aan PHS waarvoor Krieket, Tennis en Kultuur in berekening gebring is. Die groot totaal was 68 vir Piketberg en 34 vir Porterville.

NETBAL 0/7 Wen 4 - 1 0/8 Wen 15 - 0 0/9A Wen 10 - 5 0/9B Verloor 2 - 3 0/10A Verloor 5 - 8 0/10B Verloor 2 - 11 0/11A Wen 12 - 9 0/11B Verloor 0 - 14 0/12A Wen 13 - 3 0/12B Wen 8 - 1 0/13A Wen 16 - 14 0/13B Wen 7 - 5 0/14A Wen 13 - 9 0/14B Wen 23 - 3 0/16A Wen 26 - 19 0/16B Wen 15 - 10 0/16C Web 15 - 13 0/16D Verloor 10 - 13 0/16E Verloor 7 - 21 0/19A Verloor 20 - 28 0/19B Web 28 - 17 0/19C Wen 18 - 10 0/19D Verloor 11 - 19


37

Voedingsprogram by SSS

Landbank het hulle 67 minute en meer gebruik om by Steynville SekondĂŞre Skool se voedingsprogram te help. SSS is nie deel van die Departement se voedingskema nie, maar 'n jaar gelede, in Julie 2015, het SSS hulle eie skema begin. Een van die opvoeders, Richard Erasmus, het die behoefte geidentifiseer aangesien hy agtergekom het dat van die leerders die skool honger bereik en honger verlaat. Van die kollegas het uit hulle eie sak begin om 'n voedingskema op die been te bring. Augusta Thomas van Goedverwacht en haar hele familie het betrokke geraak en Augusta is 3 dae per week aan diens in die skoolsaal se kombuis om die maaltye voor te berei. Noko en Paula van Landbank, wat saam met Augusta by AFASA betrokke is, het van hierdie nuwe inisiatief te hore gekom en Landbank hierby betrek. Landbank het R5000 se kos aangekoop wat vir ongeveer 3maande sal hou. Noko en Paula het ook gekom om self te help om die kos voor te berei, te bedien en weer die skottelgoed te was. Augusta plant ook self groente vir die skema. Sy benodig plantbakkies en -sakkies wat sy weer kan gebruik. Enige persoon wat iets kan skenk, al is dit 'n sakkie sout, is welkom om van die opvoeders wat betrokke is, Shireen Mouton, te kontak by 073 9686 994 of moutonsc@gmail.com. Enigiets kan gebruik en verwerk word. Augusta hou ook deeglik boek van alle skenkings . Kontakpersone by die skool is: Veronica Agulhas (073 651 0202) agulhasv@gmail.com Maureen Lesch (078 449 0092) Merlyn Douman (071 471 6309) lieweheks@yahoo.com Richard Erasmus (071 0414 180) erasmusrichard@gmail.com

Foto’s verskaf

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


38

Matriekafskeid 2016 in Egipte

Foto’s: Marietha Goosen


39

Matriekafskeid 2016 in Egipte


40

PHS Wes-Boland Eisteddfod Sang en Klavier

By Alison Müller is Klavier leerders: Shanda Whitfield (Silwer Solo A en Goud Solo B), Levona Roberts (Goud Solo A en Cum Laude Solo B), Madalynn Paulsen (2 Goud, Cum Laude vir Konsertprogram), Zana Vorster (Silwer Solo A en Goud Solo B) en Henco Kruger (Goud Solo A). Inlas: Johan du Toit (Goud Solo A en B). Afwesig: Jade Wilson (4 Goud vir Konsertprogram).

Al vier leerders behaal Cum Laude, Timothy Daniëls en Elné Burger vir Klavier en Annette Bruwer en Dayle Julius vir Sang.

Blokfluit Ensemble wat vir beide item A en B Cum Laude ontvang het, is agter Hughen Esau, Willem Wiggins, Daniël Brand, Henri van der Westhuizen en voor Christine van der Merwe, Rénay Esau, Nikita Booys en Andrea Visser. Sang Ensemble wat Cum Laude behaal het is agter Amber Tobias, Nicola Coetzee, Madalynn Paulsen en voor Anicka Truter, Levona Roberts, Annetia Calitz en Deborah-Kerr Paulsen.

Hierdie groep sangers behaal 4 Cum Laude-, 9 Gouden 4 Silwer toekennings: Agter is Lain-Mari van der Heever, Joy January, Nicola Coetzee, Amber Tobias, Con-Li Halvorsen, Zana Vorster, Lea de Vries, Madalynn Paulsen, Melissa Beck en voor Aimee Philander, Uleuqe Ockhuis, Anicka Truter, Levona Roberts, Annetia Calitz en Deborah-Kerr Paulsen.

Blokfluit Eisteddfod by Komien van der Westhuizen is die leerders met uitstekende Blokfluit prestasies: Agter is Ciara Lintnaar (Cum Laude Trio) en Annyda Janse (Goud). Voor is Marsha Otto (Goud Duet), Suné Pickard (Goud Duet, Cum Laude Trio), Gerhard Muller (Cum Laude Duet), Morné Mitchell (Cum Laude Duet) en Dayle Julius (Cum Laude). Afwesig: Natasha Botha (Cum Laude Trio). Foto’s: Marietha Goosen


41


42

Steynville Primêr Presteer by Wes-Boland Eisteddfod

Dogters Poësie: Graad 1 Lucille Moore (silwer), Jonley Adams (goud) en Kim Fredericks (silwer). Graad 2 Roché Hektor (silwer), Lynette September (silwer), Chrisney Witbooi (goud) en Carlishia Fortuin (silwer). Graad 3 Michelle Dietrich (silwer). Seuns Poësie: Graad 3 Jean-Marco Gal (silwer).

Graad 6 Girls Poetry: Wiohné Turner (goud) en Veronique (silwer). Dogters Poësie: Jade Williams (brons), Levern Muller (silwer) en Hailey le Fleur (brons). Graad 7 Dogters Poësie: Elisque Nthane (silwer), Des-Mauré Benjamin (silwer) en Aleighné Rivida (silwer). Girls Poetry: Marné Bougaardt (silwer) en Gaylin Olivier (silwer). Boys Poetry: Samrique Kayster (silwer). Foto’s: Elzanne Boshoff

PHS Wetenskap Wenners

Graad 4 Dogters Poësie: Whitney Muller (goud) en Anushka Stuurman (goud). Seuns Poësie: Henrico Ryk (silwer). Girls Poetry: Amber Joy Scotsman (silwer), Elchunay Esau (silwer) en Anrethe Rivida (silwer). Graad 5 Dogters Poësie: Keesha Fortuin (goud) en Wiljoné Cross (goud). Seuns Poësie: Ziefe Kayster (Cum Laude). Girls Poetry: Jay-Dean Claasen (goud) en Verusca Smit (silwer). Boys Poetry: Frederick Rosenberg (Cum Laude).

Cum Laude vir Levona Levona Roberts, gr 12-leerder by PHS en musiekleerling by Alison Müller, sluit haar musiekloopbaan op skool op 'n hoë noot af met Cum Laude vir Klavier en Sang wat sy by die Wes-Boland Eisteddfod behaal. Foto: Marietha Goosen

Die span, Ané Nelson gr 12, Johan Visser gr 11 en Dewald van Deventer gr 10, het deelgeneem aan die Weskus Wetenskap en Tegnologie vasvra en dit vir die 4de jaar agtereenvolgend gewen. Adjunkhoof, Ferdie Greeff sê hy is baie trots op hulle omdat hulle kragte gemeet het met ander “groot” skole soos Swartland, Vredendal en Augsburg Landbou Gimnasium. Foto verskaf

Sterkte met die eksamens


43

Steynville Sekondêr se Top10 Uitblinkers - Junie eksamen

Graad 12: Jurgen Willemse, Christophai Booise, Rochelle Swarts, Monique Smith, Lorenzo Adams, Donovan Christiaans, Ashlyn George, Juhane Dietrich, Jacquenita Goliath, Angelique Smith, Duncan Witbooi, Caron Petersen en Shannon Rosant.

Graad 11: Chloë February, Jacquelize Louw, Christo Britz, Lorentia Ambraal, Keenan Adams, Joleen Zass, Silique Klaase, Verona Jantjies, Selena Faro, Angelique Claassen, Michelle Lewies en Melvino Monk.

Graad 10: Jasmine Mackay, Zealke Kayster, Pamela Farao, Faith Greeff, Kesha Syse, Jemima Jaars, Joslyn May, Garvin de Wee, Hazel Daars en Joanique Claasen. Foto’s: Marietha Goosen

Graad 9: Donita Britz, Ethan Leen, Hadley Thomas, Jaseron Engelbrecht, Riduwaan Otto, Ashlynne Holloway, Jay-dee Hanekom, Ashwin Stuurman, Lizaan Kok en Joehin Pedro.

Graad 8: Gertrude Willemse, Kelly le Fleur, John Lee Manas, Leonardo West, Sharnelle Beukes, Danielle Monk, Dugan Marcus, Maurecia Absolon, Samantha Cloete en Lee Etha Goliath.

Joshua Toontjies, Matthew Toontjies, Gurswin Douries, Dean Kasper, Geraldo Somers en Eduardo Engelbrecht is lede van die fietsryspan. Matthew Toontjies, Eduardo Engelbrecht en Gurswin Daniëls het deelgeneem aan die Oudthoorn Jeugweek vanaf 27 – 30 Junie. Matthew en Eduardo Engelbrecht is ook opgeneem in die Wes-Kaapse Ontwikkelingspan.


44

Steynville Sekondêr Sport

Proefstudente by SSS

Landloop presteerders: Christophai Booise, Melissa van der Westhuizen, Christa Klaase, Jolize Mentoor, Anthea van der Byl, Alexander John Peters, leerders afwesig: Roderick Snyers, Patricia Boysen en Jayden Owies. Landloop is een van die kleiner sportsoorte by ons skool, ten spyte daarvan presteer ons leerders by elke byeenkoms. Christophai Booise het al die WesKaapspan gehaal.

Craig Rumble (2de jaar B.ED VOO EMS CPUT Mowbray), Raydene van Wyk (Mowbray Kampus: PGCE Finale Jaar: VOO), Shané Warnick (2de jaar B.ED VOO EMS CPUT Mowbray), Cara-Lee Jantjies (Wellington Kampus, 1ste jaar B.ED SP/FET), Rodewane Cloete (Wellington Kampus B.ED SP/FET), Tyron Booys (CPUT Mowbray Kampus, B.ED FET Specialisation, 4de jaar), Keanu Brink (Wellington Kampus : B.ED Senior Phase & Further Education and Training (SP/FET). Foto: Marietha Goosen

Gebedskamer Opgeknap

Die 0/15 leerders is opgeneem in die Witzenberg Iqhawe span wat sal deelgeneem het aan die Finale proewe te Wellington vir die o/15 IQWANE BOLAND SPAN. Cartley Dirks, William Adams, Mnr. I Cornelius (afrigter), Herbert Boois, Brandon Damon, Sheldon Slimmert (v1), Fabian Klaaste (v2), Sydney Markus (v3), Josh Fredericks (v4) en Fabian Klaaste (v5). Foto’s: Marietha Goosen

Op Vrouedag was 'n groepie jongmense olv die jeugwerker, Driaan Pretorius, besig met afrondingswerk by PHS se gebedskamer. Vlnr is Elize Visser, Kristin Lochner, CP Nelson, Ané Nelson, Jac Goosen en Driaan Pretorius. Nicola Coetzee het by vorige geleenthede gehelp. Foto: Martin Goosen

WOW Spelkompetisie

Die volgende Laerskool leerders van PHS het deurgedring na die Weskus Distrikskompetisie wat op 2 September sal plaasvind: IG Brynard; Lise Bruwer; Alex Ince; Reveshni de Bruin; Annette Bruwer; Joanie du Toit; Camber Christians en Vernelle van Zyl.


45

Red Stars wy truie in

Red Stars (Redelinghuys) het verlede Saterdag teen Kalbaskraal hulle eerste wedstryd in hulle nuwe truie, broekies en kouse gespeel. Ons dank aan die klub se borge : Sebulon Boerdery, Laastedrif Boerdery, Riviera Boerdery, Cape Dry Products, Merwede Boerdery en Unifrutti. Op die foto verskyn die sekretaris van die klub, Rico Smit, heel links, die afrigter, Hannes Karolus, tweede van regs asook verteenwoordigers van die borge en spelers. Foto: Kobus Louw

Barend trap die Burger Barend Smit het op 31 Julie deelgeneem aan Die Burger bergfietsuitdaging in Stellenbosch. Nagenoeg 4000 deelnemers het aan die 11de byeenkoms van die betrokke wedloop, deelgeneem. Daar was afstande van 15km, 30km, 50km, 60km en 75km. Barend het die 50km wedloop voltooi en het 87ste uit 781 deelnemers geëindig.

REACH na Kampioenskappe

Dié gimnaste van REACH (Piketberg) het op 12-13 Augustus aan die distriks uitdunne deelgeneem. Hulle gaan die Weskus distrik verteenwoordig by die Wes-Kaap kampioenskappe van 2-3 September by die Wynberg Militêre Basis. Hul prestasies was as volg: Agter Jané Eksteen (Silwer), Nicole Steyn (Goud) en Christine van der Merwe (Goud). Middel Su-Mari Hanekom (Goud), Lené Nelson (Goud), Mílah Baard (Goud) en Elné Burger (Silwer). Voor Renate Coetzee (Brons), Jade Wilson (Goud) en Pamela Booys (Goud). Foto: Chrisna Baard

Alison se Swemskool Kursus @ R315 vir 8 lesse (1) 6 - 16 Desember 2016 en (2) 3 - 13 Januarie 2017

Foto: Sandra Smit

Bespreek dadelik - beperkte plek. Mílah Let’s Play Wenner Mílah Baard van Hoërskool Piketberg en kranige gimnas is Swartland Gazette en Supersport Let’s Play se streekswenner vir Julie. Deel van Mílah se pryse was ‘n Let’s Play rugsak, pet, pen, netbalbal, waterbottel en nog twee sakke. Foto: Chrisna Baard

Kansellasie binne 3 dae is volle fooi betaalbaar.

Waterveiligheid en styl vanaf 1jaar. Kontak Alison Müller 073 229 2855 of saans 022 913 1746


46

Huis AJL Troeteldierkompetisie

‘n Troeteldierkompetisie is aangebied by Huis AJ Lienbenberg se Vleismark. Heelwat diere is ingeskryf en hierdie honde was die wenners. Eerste was Max, regs met Riaan Diedericks; tweede Tammy in die middel met Martin en Jaco Crous en derde Harley, links met Vanessa Luyt. Die organiseerders bedank almal wat deelgeneem het.

Die wenner van die “Look Alike”-kompetisie was Sonja De Jongh en Biscuit. Hanri Theron oorhandig hulle prys.

Adi Liebenberg en Morné Mitchel het Adi se hamster Faffi ingeskryf. Boland Superspar het van die pryse geborg.

Marie Du Toit en Miah het ‘n spesiale prys gewen.

Amy en JJ Swart het hul hoender, Saartjie ingeskryf.

Mandie de Vries en Melinke en Mia het hul kat, Dora ingeskryf.

Van die deelnemers wat hul honde kom inskryf het.

Die beoordelaars wat die moeilike taak gehad het om die wenners tussen al die oulike diertjies te kies is Willem Burger, Nelie Stevens en Anna Lambrechts. Foto’s: Marietha Goosen

Con-Li Halvorsen

Bev Diedericks


47

Is ‘n Zebra wit met swart strepe of is hy swart met wit strepe? ‘n Wen bly ‘n wen! Eienaar van Boland SUPERSPAR, Dean Jankielsohn het Vrydag 19 Augustus die onder 19A-rugbyspan van PHS (Hoërskool Piketberg) sterkte toegewens vir hul wedstryd teen Porterville vir die jaarlikse interskole. Op die foto’s oorhandig Dean die truie wat geborg is deur Boland SUPERSPAR. Ons wil net hiermee vir al die spanne geluk wens met hul prestasies.


48

BO: Die Graad 1 Leerders van Goedverwacht Primêr saam met hul juffrouens en die span van Boland SUPERSPAR, Hester (Bakkery), Nicole (Intern), Cindy (PRO) en Fiempie (Mej Rewards). Die graad 1’s van Goedverwacht Primêr het Boland SUPERSPAR besoek op 23 Augustus 2016. Hulle het geleer hoe dit werk in verskeie afdelings soos bv sekuriteit, stoor, deli, bakery, slaghuis en het afgesluit met die vloer, waar hulle in groepies verdeel is om sekere produkte te soek. ‘n Paar leerlinge het vertel hoe hulle vir SPAR wil werk en wat hulle hier wil doen. Ons is opgewonde om julle oor ‘n paar jaar hier te hê en saam aan jul drome te werk.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.