20
Piketberg Toerisme se onlangse projekte Welkom in Piketberg Die N7 verby Piketberg dra elke Juniemaand druk verkeer na-en-van Namibië. Piketberg Toerisme het vanjaar weer geskenkpakkies aan reisigers oorhandig om hulle te motiveer om Piketberg te besoek. Die sakkie het onder andere die volgende bevat: ‘n potjie konfyt van Fruitlips; laventelolie van Org de Rac; ‘n Piketberg Museum boekmerk; akkommodasie afslag by gastehuise in ons omgewing; ‘n Piketberg Toerisme plakker; Die Piketberger; ietsie van Bergrivier Munisipaliteit; asook ‘n Piketberg- en Bergrivier kaart. Ons sê opreg dankie aan Winkelshoek, Bergrivier Munisipaliteit, Piketberg Toerismelede en komitee, asook ander belangstellendes wat bygedra het tot die sukses van die veldtog.
Bergrivier Kano Marathon Op Woensdag 15 Julie het die 54ste Bergrivier Kano Marathon afgeskop in Hermon en roeiers het Vrydag, 17 Julie, hier by Piketberg verbygekom. Kinders uit die plaaslike gemeenskappe van Goedverwacht, Wittewater en Piketberg is weer hierdie jaar deur die Wes-Kaapse Kano Unie geborg om die roeiers te verwelkom by onderskeidelik die Ou N7 Brug en Moravia brug. Hulle is aangery deur bussies en het elk ‘n kospakkie en nog sommer vele meer lekkernye ontvang. Org de Rac het gesorg dat ondersteuners warm bly by die Ou N7 Brug deur gratis port te verskaf. Daar was ook sop met ‘n broodjie te koop by hulle stalletjie.
Rdl Johan Botha, Georgia Abrahams (Toerisme Beampte), Burgemeester Evert Manuel (Bergrivier Munisipaliteit), Jackie Ferguson en Moira van der Westhuizen reg om die geskenkpakkies uit te deel.