Piketberger Jun 2015

Page 18

18

Amalia is 88 jaar oud

Inligting gesoek

Die nuwe eienaars van Voortrekkerstraat 27, Piketberg wil graag meer weet oor die vorige eienaars/huurders van die eiendom. Op die een gewel staan daar 1923. Enige inligting of ou foto’s is welkom. Belangstellendes kan Beryl-Ann kontak by 082 606 5364 of e-pos berylduplessis@gmail.com Amalia Susanna Baadjies (Ouma Maal) het op 24 April haar 88ste verjaarsdag gevier. By haar is drie kleindogters wat ook haar naam dra - Amalia (Malie) Baadjies, Amalia (Malie) Cloete en Amalia (Amanda) Boois. Maal Baadjies het 'n formidabele nageslag, 10 kinders, 51 kleinkinders, 101 agterkleinkinders en 33 agter agterkleinkinders. Namens almal gee hulle Ouma Maal eer vir haar liefdevolheid, deugsaamheid en bravade. Hulle spreek ook die versekering uit dat God se genade met haar sal wees en haar sal dra. As werknemers van Huis AJ Liebenberg, waar Ouma Maal tuisgaan, is Malie en Amanda elke dag daar om 'n ogie oor hulle ouma te hou. Foto: Marietha Goosen

Foto’s, artikels, briewe en berigte word gratis geplaas. Stuur gerus u nuus, ons plaas dit graag.

Akte op die Vlakte sê dankie Cobis Wilson, namens die Groep skryf... Die hele geselskap was uit hul nate oor die gul ontvangs, Saterdagmiddag, 9 Mei. Die “mon Desir Groep” sê ‘Dankie Piketberg, julle was great’! So het ons dan ook R5 030.00 ingesamel ten bate van BADISA vir hulle broodnodige behoeftes. Ons bedank ook die direksie vir hulle moeite en Ds Philander en sy Gemeente wat die VG-Kerk aan ons beskikbaar gestel het vir die geleentheid. Ons doen dit graag weer. Nogmaals dankie.

Tania Marcovitz, Cobis Wilson, Karen de Goede, Marius Steun, lede van die toneel-geselskap tydens die uitvoering van ‘Trial by Jury’. Foto verskaf


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.