Die Piketberger Mar 2016

Page 23

23

Dunn’s Castle - Toekennings vir gasvryheid en harde werk Dunn’s Castle Gastehuis is deur Sleeping-OUT aangewys as die beste onderneming in Piketberg vir 2015, asook die gastehuis in Piketberg wat die besoeker die meeste waarde vir geld bied. Bestuurspaar Conrad en Lesley Nel is met reg trots op hul toekennings en sê dis ongetwyfeld die resultaat van vyf jaar se harde werk. Vir vier jaar het hulle Dunn’s Castle bestuur, sedert Julie 2015 is hulle eienaars van die besigheid. Hulle stem saam die geheim van hul sukses is hul voortdurende teenwoordigheid by die gastehuis. “Ons is die heeltyd hier,” sê Conrad en Lesley voeg by dat hulle ook nie skroom om te doen wat gedoen moet word nie, selfs as daar vloere geskrop moet word. Hy is van mening dat hul besigheids– en mensekennis ook grootliks tot hul sukses bydra. Dunn’s Castle beskik onder meer oor konferensiefasiliteite, 23 selfsorgeenhede, sewe bed en ontbyt eenhede, ‘n kroeg asook onthaal area en binnekort ‘n volwaardige restaurant. Besprekings is noodsaaklik aangesien hulle byna regdeur die jaar vol is. Conrad reken dat die “uitsig en rustigheid” Dunn’s Castle maak. Dunn’s Castle is sowat 4km buite Piketberg op die Velddrifpad geleë en die uitsig is ongetwyfeld uitsonderlik. Conrad is trots op die fonteinwater wat uit elke kraan op die perseel vloei en poog om Dunn’s Castle so “groen” as moontlik te bestuur. Conrad en Lesley is ernstig oor kliëntediens en sal uit hul pad gaan om kliënte gelukkig te hou. “Ons leuse is dat jy hier aankom as kliënt, maar vertrek as vriend en glo dis hierdie gasvryheid wat mense oor en oor, jaar na jaar laat terugkeer.” Dagbesoekers is ook welkom.

      

Die personeel van Dunn’s Castle is agter Louise Khan, Rufaro Ruzvidzo, Lesley en Conrad Nel, Nadia Vlotman en Roline Senekal. Voor is André Nell en Leo Muzorodzi. Foto: Marietha Goosen

Self-Catering Bed & Breakfast 2 Swimming pools Wedding Venue Bar Live bands on Saturdays Free Wi-Fi

Dunn’s Castle Piketberg About an hour’s drive from Cape Town and half an hour from the West Coast

Book in as a client and leave as a friend.

Tel: 022 913 2470

Website: www.dunnscastle.co.za The winner of two 2015 awards:

BEST ESTABLISHMENT BEST VALUE FOR MONEY


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Piketberger Mar 2016 by Piketberg Tourism - Issuu