10
Fokus op… Ons Omliggende Dorpe Goedverwacht Erfenisvieringe 22 September 2012 Goedverwacht Toerisme is tans besig met die reël van Erfenisvieringe vir die gemeenskap. Ons het ‗n ryk slawe geskiedenis wat dateer uit 1810. Die laaste slavin se graf is in ons begrafplaas en dit is waar ons dan gewoonlik ons erfenisvieringe sentreer – met ‗n seremonie in die vorm van ‗n kranslegging. Die plaaslike blaasorkes en die primêre skoolkinders gaan optree by die geleentheid. Daarna het ons ‗n musiekprogram waar ons plaaslike blaasorkes, Saldanha se orkes en ‗n jayryband uit Kaapstad ons gaan vermaak. Verder het ons plaaslike grootmense/bejaardes aan die woord met die vertel van ou stories, raaisels en rate uit die verlede. Die museum sal ook begin lewe kry in die vorm van demonstrasies waar die kolestrykyster stryk en karringmelk gemaak word met karring. Al die gebeure vind plaas 22 September 2012 op die Koffieshop terrein. Ons beplan stalletjies en disko vir die Vrydag en Saterdagaand sal die verrigtinge afsluit.
Fokusblad Volgende maand fokus ons op Motors Adverteer u produk of diens wat u verskaf. Skakel gerus vir Margaret Smit 022 913 1777
The 2012 Peter Thomas Ride 1000 Miles – 10 Days – 1 Goal
"Riding for a cure” Any cyclists is welcome to ride with from Porterville to Piketberg The start point and time will be advised in the next Piketberger If you are interested in taking part, please email tourism@piketberg.com See more of Peter‘s challenge on http://www.giste2e.net/html/2012/challenge.html
Maandag - Donderdag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00 Vrydag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 15:30
Heike ou hand in Toerisme Heike Oelbüttel is die nuwe gesig in Piketberg Toerisme se kantoor in die Sinagoge in Kerkstraat. Dit vat nie lank om uit te vind dat Heike 'n passie vir haar werk het en haar absoluut tuis gemaak het nie. Selfs toe die ontmoeting met haar gereël word om 16:40, wat toe natuurlik tot na 17:00 duur, merk sy gerusstellend op: "I'm not a clock watcher". Met 'n borrelende geaardheid, vlot in drie tale, Afrikaans, Engels, Duits, en boonop verlief op die omgewing waarin Piketberg en omliggende dorpe geleë is, is sy beslis die eerste uitvoerproduk wat toeriste mee te doen het. Sy hanteer elke navraag, elke oproep, elke ontmoeting soos 'n mens 'n potensiële besoeker aan Piketberg en omgewing behoort te hanteer, sodat hy terugkom en volgende keer net meer vriende en familie saambring. Na 28 jaar in die bedryf het Heike sekere beginsels reeds gesnap en oor en oor beproef - met dié verskil dat die beroep altyd nuut bly. Haar kleurryke loopbaan in die Toerismebedryf kan ons vir dae aaneen besig hou, maar Die Piketberger se onderhoudstyd en koerantspasie maak net voorsiening vir so vier hoogtepunte in haar loopbaan - ons noem hulle "crash course", "lekker gesellig hare-loslaat", "interessant" en "cherry op die koek beste ooit"! Vir "crash course" moes sy oorsese boere op 'n Tuinroete toer neem na oa Bredasdorp en daarvoor moes sy 'n BKB-blitskursus volg om alles van skaapwol te leer. Die "lekker gesellige hare-loslaat" toer was vir ouerige Suid-Afrikaners wat gaan blomme kyk het in Namakwaland, die "interessante" uitdaging was die reël van die "Chairman" en sy vrou se doen en late tussen George en Kaapstad tydens die President's Cup gholftoernooi by Fan Court, George. Die sekuriteit was geweldig streng, niemand mag ooit geweet het wat hulle bewegings is nie en vroulief se behoeftes het elke twee ure verander. Vir die "cherry op die koek beste ooit"-program moet jy jou gordel vastrek om by te bly....100 buitelandse toeriste land in Kaapstad. 50 reis na Pretoria met die Rovos Rail en die ander 50 reis op dieselfde manier, net via Durban. Die groep ontmoet in Pretoria en verdeel in twee groepe na Maun in Botswana en Livingston in Zambië. (....klink al meer na 'n raaisel of woordsom...) Die Maun groep gaan tuis in verskillende lodges vir drie nagte en daarna via Kasane, na die Royal Livingston hotel vir vyf nagte, waartydens hulle ook per privaat vliegtuig vlieg. Die Livingston groep verdeel in twee groepe na Livingston en Chobe. (....dis nie al nie.....) Terselfdertyd vlieg 100 ander toeriste na Livingston en volg dieselfde reisplan, net in "reverse"! Dis asof Heike weer daar is en onthou hoe sy als uit haar kop uit geken het - syfers, bedrae, kamernommers, vlugnommers… Ag, en net 'n laaste verhaaltjie. Die British Travel Agency gee opdrag dat 5 000 toeriste op dieselfde oggend vier verskillende hotelle in Sun City moet verlaat om elkeen betyds hulle spesifieke vlug te haal - dit word "Mass Departure" genoem. Dink jou in in 5 000 mense, bagasie, taal, huurmotors, paspoorte, vlugnommers, verkeer, ongesteldhede, adrenalien… Heike se werksbybel is TV Bulpin se "Discovering Southern Africa" - en van Piketberg en die res van die Bergrivierstreek is daar nog baie om te "discover", sê sy. Berig en foto: Marietha Goosen