2012 August

Page 12

12

Wat Sê Die Reg?

Ons beloof ewige trou

Deur Christelle de Villiers Verbruikerswet …. Hoe word jy beskerm? Die Verbruikerswet bring goeie nuus aan verbruikers. Ons kyk na „n paar onderwerpe wat alledaags voorkom, en wees verseker dat hierdie, maar net „n druppel in die emmer is. Voetstoots Jy koop, na aanleiding van „n advertensie in die snuffelgids, „n 1985 skedonkie en die verkoper sê die ou motortjie is so betroubaar jy sal nie spyt wees nie. Jy koop dit voetstoots en die verkoper het niks genoem van die vele probleme van die voertuig nie. Binne „n paar weke kan jy nie eens meer van die huis tot by die werk ry sonder vrees om te gaan staan nie. Die wet identifiseer spesifiek „n verbruiker se reg tot “…goeie kwaliteit produkte wat in goeie werkende toestand is, vry van defekte en geskik vir die doel waarvoor dit aangeskaf is...”. Dit beteken dat die verkoper die lys van defekte moet herstel op sy onkoste, TENSY hy skriftelik vir jou die defekte uitgewys het en jy skriftelik die verkoper vrywaar van enige herstelwerk. Moenie uit die oog verloor dat jy darem ook jou eie skade moet beperk en jou huiswerk rondom die produk behoort te doen nie (byvoorbeeld, vra „n motorwerktuigkundige om vinnig net te kyk na die voertuig en jou in te lig van moontlike probleme). Hierdie verpligting op die verkoper geld slegs vir ses maande. Dieselfde basiese beginsels geld ook vir die koop en verkoop van onroerende eiendom. Diens-Kontrakte Jou selfoon kontrak het verval en toe jy „n paar maande later wil oorskakel na „n ander selfoonmaatskappy word daar vir jou gesê dat jy drie maande kennis moet gee indien jy jou kontrak wil kanselleer, dis outomaties hernu. Die wet verbied hierdie optrede en stipuleer dat hierdie tipe kontrakte dan maand-tot-maand voortgesit word en dus onmiddellik gekanselleer mag word deur die verbruiker. Die wet plaas ook sekere verpligtinge op die maatskappy soos dat hulle vir jou skriftelik die opsie moet gee om te hernu of te kanselleer wanneer die kontrak uitloop. “Returns and Refunds” Jou skootrekenaar breek en die vervaardiger sê hulle moet dit wegstuur vir herstelwerk. Volgens wet het die verbruiker ses maande om die goedere terug te neem en het dan „n keuse om sy geld terug te kry, of „n nuwe produk te ontvang, of herstelwerk. Let wel, die verbruiker het die keuse. Indien die verkoper jou produk wil wegstuur vir reparasies en jy kan nie sonder die produk nie, kan jy aandring op die opsie wat jou pas. Dit geld egter slegs vir “wear & tear” en nie in „n geval waar jy self nalatig was nie. Almal is verbruikers en hierdie wet verleen aan ons geweldig baie regte – maak seker dat jy nie ingeloop word nie en dat „n verkoopsman jou nie aan die neus rondlei nie - staan op jou regte! REGSTELLING VORIGE ARTIKEL: Die vorige artikel het gemeld dat daar nie gemeenregtelike huwelike in SA is nie (dit was „n druk / tikfout). Die sin moes as volg gelees het: Daar is wel gemeenregtelike huwelike in SA (bv Moslem huwelike), maar saambly word nie as sulks erken nie.

Jacobus Eksteen en Ruzanne Sieberhagen het op 31 Maart 2012 in die NG Kerk Riebeek Kasteel getrou. Die onthaal was by Delsma Farm – Riebeek Kasteel. Foto verskaf

VSA SANS Koor (Sharing a New Song) 4 Augustus NG Kerk Piketberg

 Kombuis en slaapkamer eenhede.  Koffietafels, kanttafeltjies  T.V. Kaste (Platskerm)  Rakkies, kassies  Restorasie van meubels  Dekor Items, domes  Geskenke, pragtige lint Christo en Linda van Schalkwyk


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
2012 August by Piketberg Tourism - Issuu