2011 November

Page 1

1

Jaargang 18 Nr. 10 www.piketberg.com

November 2011

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

PHS se Hoofleiers vir 2012

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Rektorstoekenning vir Marieke...p7 130jr Instituut vir Dowes...p10 Apie veteraan pryswenner...p11 1961 PHS reünie...p13 Sandra KKNK kurator...p14 Carli by Jan Ellis...p15 ACVV poppekas projek...p18 P IK E T B E R G

PHS se hoofleiers vir 2012 is John Eksteen, onderhoofseun, Jani Truter, hoofmeisie, Robert Edmonds, hoofseun en Carike Wiggins, onderhoofmeisie. Foto regs: Die leiers van die Laerskool afdeling is agter Anicia van Rooyen, Melissa Beck, Bendert Smit en Barend Smit. Voor is Glenda Dietrich, onderhoofmeisie, Janét Stander, hoofmeisie, Jac Goosen, hoofseun en Harry Roux, onderhoofseun.

ONE STOP M OTOR PART SH OP

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

Ander PHS prestasies op pp20-26  022 913 1939  022 913 2404

Foto‟s Marietha Goosen

BBQ Pork Shoulder R35.95 p/kg

altyd u beste keuse... Langstraat 58 Piketberg 022-913 1505

022-913 2410

U Top-20 Superspar Landwyd!! (Sien beriggie binne)

Vir Piketbergers, deur Piketbergers

NUUT ! Besoek ons winkel om ons nuwe grimeerreeks te besigtig!

Paris-


2

Redaksioneel Hande klap Elke jaar voltooi ons „n vorm vir die skool. Ek is eerlik as ek sê ek het al gewonder of dieselfde inligting nie maar net oorgedra kan word vir die volgende jaar nie. Ek sal die skool tog kan inlig wanneer enigiets verander. (Tot niemand jou meer iets vra nie....dan sal ons dit sekerlik mis.) Een van die vrae op die vorm is iets in die lyn van jou as ouer se bekwaamhede en in watter opsig jy „n bydrae vir die skool kan maak maw jou sterk punte. Soms vat dit vir ons „n leeftyd om uit te vind watter gawes ons 27 Oktober 2011 het. Een jaar spreek die Gees toe tot my en besef ek my grootste gawe is “hande klap”. Ek vul dit toe so op die vorm in. Dit was ‟n baie eerlike antwoord, want ek woon prysuitdeings by al vandat ek begin onderwys gee het en het nog nooit opgehou nie. En dit net om vir ander mense se kinders hande te klap! Dit verskaf my groot plesier en elke keer help dit my om ‟n groter prentjie van die kinders te vorm. Blaai dus deur Die Piketberger en klap Leann Breunissen is vandag 21 jaar oud. saam met my hande vir als wat Baie geluk! mooi en goed is. Marietha

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Elmirique skryf uit Holland Soos ons lesers reeds weet, is Elmirique Smit onlangs na Delft in Holland vir au paire werk. Sy woon in by die Lampe gesin en pas sy twee dogtertjies, Giulia en Elena op. Elmirique gaan op „n gereelde basis vir ons vertel van haar wedervaringe. Sy skryf . . . Dit is so “awesome” sover. Een oggend was ek saam met Giulia en Elena skool toe en het die onderwyser gaan ontmoet en gaan kyk hoe lyk die klaskamers. Die skool is skoon en netjies en kleurvol met kinderkuns oral teen die mure. Ek en Mnr Lampe het skool toe en terug fiets gery. Ons is met „n vinnige treinrit na Den Haag. Ek het landskap verwag tot ons Den Haag sou sien, maar nee, dis geboue aanmekaar asof Delft en Den Haag een dorp is. Ons het op die trem geklim tot by die Kickstart taalskool waar ek taal lesse in Hollands gaan neem. Delft is pragtig en mooi met al die geboue. Al wat snaaks is, is dat die mense mekaar nie altyd groet soos ons in Piketberg doen nie. Ek het aan die begin elke verbyganger gegroet en hulle kyk my half verward aan. Dis baie veilig hier en die son sak eers laat. Saans is daar baie mense op straat, dus voel ek veilig om op my eie rond te beweeg.

Verlore Motorsleutel verloor in Piketberg. Beloning aangebied. Skakel 022-912 4651 of 072 605 3311

Redaksie

(diepiketberger@gmail.com) Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Deon van Dyk 022-913 1529 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R420 Halfblad: R290 Kwartblad: R195 Agsteblad: R120 Ander groottes op aanvraag. Skakel met Deon van Dyk om in te teken op Die Piketberger teen R85 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R130 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Gesoek Huis te huur in Piketberg of binne 10km radius vanaf 1 Januarie 2012. Drie of meer slaapkamers. Kontak Phillip 0828798409 Bothma Motorbakwerke benodig die dienste van „n betroubare persoon met minstens ses jaar ondervinding in paneelklop het. Persoon moet onafhanklik kan werk (op sy eie). Die volgende sal in sy guns tel: “Strip” en aanmekaarsit van voertuie, sweiswerk, meganiese kennis, Skakel asseblief om afspraak te reel: 022 913 1645

DIE PLASING VAN FOTO’S IN HIERDIE UITGAWE WORD GEBORG DEUR

DOKTER SCHEEPERS.

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging. Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276


3

LOXTON MOTORS Langstraat 60, Piketberg Tel: 022-913 1136 Faks: 022-913 2225

24 uur Brandstof Verkope VAN MOTOR EN V ERKOPE TREKKER ONDERDELE (Indien nie beskikbaar in voorraad kan binne 24h beskikbaar wees)

van Voertuie D IENSTE Vragmotors Trekkers Spuitpompe en ander plaasimplemente

V erkope van Batterye K

ontak ons gerus vir „n kwotasie


4

deur Jannie Lategan

BANGKOK EN PHUKET: Om in Bangkok en Phuket te land, is om soos „n indringer aanvanklik te voel wat ander se kultuur en leefstyl te wil bekyk of bevraagteken! Gou kom „n mens agter dat hierdie mense jou begroet met „n ongelooflike hartlikheid …vir my lyk dit baie oortuigend eg, maar daar mag straks „n tikkie van “welkomsgroet” ter wille van toerisme wees. Hierdie land is afhanklik van sy toerisme en hulle benut dit inderdaad. In die beperkte tyd tot ons beskikking kon ons egter heelwat te sien kry van die ongelooflike handvaardighed waarmee van die jongste, selfs so jonk as 7 jaar, juwele slyp of fyn kunstige houtsneewerk doen. Ons gids vertel ons openlik van sy land se strategieë en hulle wetgewing. Hulle het geen pensioene, geen toelaes en die ouer betaal self vir sy kind se skoolonderrig. Kan die ouer dit nie bekostig nie en die kind is 7 jaar oud, word hy verplig om by „n houtsneefabriek of talle dergelike fabrieke in te skakel waar hy „n ambag leer. Die ouers word beperk tot een kind. Sou hulle meer as een kind het, word die ma verplig om te werk. Elkeen, ja haas sekerlik elkeen werk in Bangkok en Phuket. Bangkok het „n bevolking van 18 miljoen inwoners, waarvan slegs 5% werkloos is. Geen beroep is vir enige iemand te vernederend om te doen nie. Goed toegedraai met doeke en „n groot hoed as beskerming teen die aanslae van die hoë humiditeit en hitte, vee hulle die strate met selfgemaakte besems. Ander het weer talle kosstalletjies op straat wat besonder netjies aangebied word. Dan is daar die letterlik duisende klein winkeltjies waar jy volgens hulle tradisie mag “bargain”. Ons reis het ons ook na Phuket gelei, waar ons nog die nadraai van die Tsoenami, reeds sewe jaar gelede, kon sien. Dit is absoluut verstommend hoe die land weer opgestaan het uit die moeras waarin hulle beland het. Hulle praat nie graag daaroor nie, want talle het familielede en vriende so deur die dood verloor. Die ervaring was groot om die Boedah Tempel te besoek en na die reusagtige beeld van Boedha in goud gesmee te kon kyk. Ons het klein gevoel om te sien wat daardie mense doen ter wille van hulle geloof en hoe getrou hulle aanbid. Dit het weer opnuut groot introspeksie in „n mens se eie lewe laat plaasvind. Ons was bevoorreg om drie van die bykans 147 eilandgroepies in die see van Ahaman te kan besoek. Daar was die ongelooflike ervarings waar ons van die groot bote oorgelaai is op baie klein kano‟s met „n gids wat ons dan deur die rotsplete van die eilande gevoer het. Wit kristalhelder strande is daar die speelplek van die rykes van die wêreld met super moderne ski en vakansie bote. Daar is soveel detail te vertel oor hierdie onvergeetlike toer met al sy ervarings dat dit nie net in „n paar bladsye verwoord kan word nie. Ons kyk egter met heimweë en groot dankbaarheid terug en sou “eendag” verder wil gaan kyk om die mooiste skoonheid van die land te bewonder. Die eerlike hartlikheid van hierdie mense is iets onvergeetliks. Dit was ook lekker om na „n land te kyk met „n bloeiende en groeiende ekonomie. In die groot kosmopolitiese sfeer van oor die hele wêreld heen, word daar baie bekende Suid-Afrikaners raakgeloop.

Kekkel & Kraai Vinnige Hoenderlewerpatee 225g hoenderlewers 65g botter 1 knoffelhuisie (fyngekap) 1,5 eetlepels sjerrie 1,5 eetlepels brandewyn Sout en swartpeper en „n knippie gemengde speserye Metode Spoel die lewers in koue water af en verwyder enige vliese of gekleurde dele; Smelt 30g botter in kastrol oor lae hitte en panbraai lewers totdat dit ferm, maar binne steeds pienk is (+ 3min); Dreineer en plaas in „n bak wat vooraf met knoffel gesmeer is; Voeg sjerrie en brandewyn by die sap wat in kastrol oorgebly het; Maak lewers fyn en druk tot smeer; Voeg genoeg sout en peper, gemengde speserye en oorbly-

wende botter by; Meng deeglik en plaas in klein potjies of „n bak; Bedek en laat dit afkoel; Garneer met pietersielie en dien op met warm roosterbrood. Genoeg vir 4 porsies.

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Nuwe Somervoorraad beskikbaar. Froggie, Green Cross en Tsonga skoene beskikbaar Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5

Winkelshoek Wynkelders het Saterdag, 8 Oktober deelgeneem aan die Santam Swartland Wyn– en Olyfroete se Plaasmark by The Stone Cottages Kirstenbosch. Die dag was werklik „n groot sukses en alle Piketbergers, wat die dag ondersteun het, word van harte bedank!

Besoek gerus Winkelshoek Wynkelders vir die Swartland Wynroete se uitsoekwyne by die Wineshop onder by die Winkelshoek Grasdakke, of kontak ons by  022 913 1092 of besoek ons webwerf: www.winkelshoek.co.za


6

Praktika gee El Roi kinders eerste opleiding Om jouself te bemark, is nie aldag die maklikste ding om te doen nie. Tog is dit so belangrik wanneer ons op soek is na ‟n goeie werk of wanneer ons dalk wil opgradeer na iets wat meer van ‟n uitdaging is. Op 11 Oktober 2011 het Dave Ferguson, eienaar van Praktika, hierdie taak kom vergemaklik vir die Gr 12‟s van Steynville Sekondêr. Die humoristiese manier waarop hy die CV opleiding aangebied het, het elkeen se konsentrasie vasgevang, asook vir almal die vrymoedigheid gegee om vrylik vrae te vra. Van El Roi Kosprojek se kant af kan ons nie genoeg dankie sê dat Praktika deel vorm van die Piketberggemeenskap nie. Praktika, dankie dat julle belê in ons kinders se toekoms. Ook baie dankie aan Mnr Saal, skoolhoof van Steynville Sekondêr, vir die geleentheid om betrokke te raak by die skool. Saam maak ons ‟n verskil, een kind, een dag op ‟n slag. Indien enige iemand meer inligting verlang rondom die El Roi Kosprojek, kan u vir Emily Rossouw skakel by 022 913 2792.

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za

MEDIESE PRAKTISYNS ’n Paar Graad 12 leerders wat die opleiding bygewoon het. Foto en berig verskaf

Matriek-Afskeid

Angeline Abrahams en haar metgesel Nashville Mentoor het pragtig gelyk tydens Hoërskool Steynville se matriek-afskeid op Vrydag 30 Oktober 2011. Foto: Kenneth Smit

Borg 'n Woord Woorde is ons erfenis. Piketberg Openbare Biblioteek wil deelneem aan WAT se borg ‟n woord. Dit kos R100 om 'n woord te borg. Borg 'n woord of kom gee 'n donasie en saam kyk ons hoeveel woorde ons kan borg.

Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


7

ACVV Rus „n Bietjieklub Lede van ACVV Rus „n Bietjieklub het onlangs „n baie geslaagde kort blomme toer onderneem. Lede het Van Rhynsdorp, Nieuwoudtville, Vredendal en Clanwilliam besoek.

“Forever Young” en Verlief André Lambrechts, seun van Hugo en Urica Lambrechts en Mariné Young, dogter van William en Sandra Young (almal van Aurora) is op 1 Oktober 2011 getroud. Hier is die bruidspaar by hul 'troukar'! Mariné is die eienaar van "Forever Young" haarsalon op Piketberg.

Mooi so Juffrou Huipie Lucas en Elsabé Smith in die kwekery net buite Vredendal. 60-Plussers wat in Piketberg en omgewing woon, is welkom om by die Rus ‟n Bietjieklub aan te sluit. Ledegeld is R50 per jaar en voornemende nuwe lede sowel as bestaande lede word aangemoedig om voor of op 1 Desember hul ledegeld by die ACVV-kantoor te betaal.

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Marieke Wessels, pas aangestelde Wiskunde Onderwyseres in die Intermediêre Fase by PHS, is die ontvanger van „n Rektorstoekenning vir Uitmuntende Prestasie gelewer in Opvoedkunde verlede jaar. Marieke het „n B.Com graad en het na 3 jaar in die privaatsektor teruggekeer om haar as Onderwyseres te bekwaam. Welkom in Piketberg en baie geluk met die prag prestasie! -Red

PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur Ons reël alles en maak die kos. Ons maak u funksie vir u maklik. Reël alles van begin tot opruim. Verskaf alles (kos, eetgerei, alle glase ens.) “Catering” toerusting (breekgoed, eetgerei ens.) Tuis gebak ook beskikbaar Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by „n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


8

Sarie se Sandveldstories Lede van VLV Piketberg het onlangs saam met die inwoners en personeel van Huis AJ Liebenberg gesellig rondom teetafels en verversings gekuier. Sarie Koegelenberg van Aurora het hulle met haar Sandveldstories en vertellings uit die verlede trakteer. Haar gehoor het dit geniet toe sy vertel het hoe sy en haar man, Jannie destyds van Aurora af Piketberg toe gekom het vir besigheid. Hul besoekpunte was onder andere Johanna Liebenberg by die slaghuis, Polly Wiese, Kassie, die haarsnyer wie se salon vandag die kantoor van PPC Makelaars is, Gert Burger, die algemene handelaar in van „n speld tot „n koevoet en Ginnsberg, die Jood, met sy “winskopies” waar Dup Meubels vandag is. Mevrou Hanekom by La Mode (vandag Perskepot) het Sarie se trourok gemaak. Waar Madeleine se haarsalon vandag is, was die kraaminrigting, beter bekend as die kliniek, wat later verskuif het na waar die woonstelblok in Waboomstraat nou is, waar baie Piketbergers die eerste lewenslig aanskou het.

Ons is nog steeds u Nommer 1 voorsiener van die nuutste DVD’s Dankie vir u volgehoue ondersteuning!

Kom loer in om ons “specials” te sien!  022-913 2646 Agter is Marthie du Toit, VLV sameroeper van Openbare Sake en Lilla Treurnicht, matrone van Huis AJ Liebenberg. Voor is Sarie Koegelenberg, gasspreker van Aurora en Enna Bester, inwoner van die Tehuis. Berig en Foto verskaf

Onthou om te herwin Plaas alle leë bottels, blikke, koerante, papiere, tydskrifte en droë goed in die deurskynende sakke. Sit die sakke uit saam met jou swartsakke. Die blou vragmotor sal dit optel by jou huis. Nog deurskynende sakke is beskikbaar by die Munisipaliteit. Volgens „n woordvoerder van die Munisipaliteit word hierdie projek goed ondersteun deur die gemeenskap alhoewel daar nog sekere dele is wat nog nie hul kant bring nie. Kom ons maak „n spanpoging om saam te herwin.

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435


9

Antonia aanwins vir Huis AJ Antonia Less is 'n nuwe intrekker in Huis AJ Liebenberg. As iemand wonder of dit net 'n plek is vir rus, slaap en niks doen, is hy verkeerd. Antonia, oud-inwoner van Goedverwacht vir etlike jare en Onderwyseres vir baie jare, sĂŞ dat sy nou eers die tyd het en wil gebruik om al haar stokperdjies, waarvoor sy nooit tyd gehad het, te doen. Sy noem dit eintlik die liefdes in haar lewe, die dinge waarvoor sy eintlik gebore is, soos gedi gt e skryf , skil der en kunsnaaldwerk doen. Sy vertel Antonia Less Berig en foto Marietha van haar opleiding as Onderwyseres by die Sohnge Training College in Worcester en later by die Hewatt Training College, haar skoolhoudae by Moutonsvallei, Franschhoek, Paarl, Genadendal en die Kaap en al die voetslaanroetes wat sy gedoen het, oa die Visrivier Canyon en die oorlogsroete by Nieuwoudtville. Haar lewe word gekenmerk deur besig wees met sinvolle dinge. Haar tuin op Goedverwacht, waar sy agter haar huis 'n klein reservaat geskep het van vetplante, was drie jaar gelede in die Get Away tydskrif. As onderwyseres het sy nie 'n vaste sitplek in die personeelkamer gehad nie, sy het haar pouses gebruik om berading te doen.

Bokgees by Tillies Die gees was vrolik onder hierdie Bokondersteuners by Tillies toe die Bokke teen Samoa gespeel het. Kloksgewys van agter: Angeline Engelbrecht, Alta van Dyk, Moira Ryke, Marie Goosen, Jackie Ferguson en Marietha Goosen.

Rouelle Parfuum Spesiale aanbieding tot 9 Desember R150 vir 2 Bottels Geinspireer deur verskeie bekende name soos Guccirush, Red Doore, Chanel NO5 en vele meer Mariska Kuhn 072 694 6835

Soek!!!!! Hooi om te baal! Skakel Michael Smuts 083 603 0007


10

Tuinbounuus Nasionale Instituut vir Dowes (NID) 17 Oktober 2011 Dit is winter 1877 en twee NG Kerk dominees, Di. Murray en Rabie, een van Worcester en die ander van Piketberg, is in „n kapkar onderweg van Worcester na “Piquetberg”, „n afstand van 81¼ myl (130 km). Die twee geestelike leiers bespreek die situasies van twee jong mans in hul gemeentes, die doofstom seun van Theunis Smit van die plaas Klipfontein in die Piketberg distrik en Piet de la Bat van Rawsonville. Die nood van „n vader, die droom en vasberadenheid van „n seun om die Here te dien en die visie van twee kerkmanne het tot die stigting van die “Doofstommen Instituut” in 1881 gelei. Op 15 Junie 1881 neem die eerste student, Lenie du Toit, haar plek in voor Meester Jan de la Bat, die ouer broer van einste Piet de la Bat. Sedertdien het die Nasionale Instituut vir Dowes (NID), met rasse skrede gegroei. Dit sluit tans die versorging van meervoudig-gestremde dowes, twee tehuise vir bejaardes, „n kollege vir beroepsopleiding in die arbeidsmark, „n teologiese skool vir die opleiding van dowe predikante en pastore en „n dowe kerklike gemeenskap, die twee De la Bat Gemeentes in Worcester en Bellville in. NID lewer dus reeds vir 130 jaar „n omvattende diens aan dowes en persone met gehoorverlies regoor SuidAfrika. NID is jaarliks verantwoordelik om self meer as 90% van sy begroting te ontwikkel en hierdie inkomste, donasies, skenkings en bydraes kom hoofsaaklik vanaf die publiek, besighede, organisasies en individue. As deel van die NID se 130ste bestaansjaarviering bied ons op 31 Oktober tot 5 November 2011 twee 130 Jaar Gedenklope vir Dowes aan. Die doel is enersyds om groter bewustheid rondom doofheid en gehoorverlies te kweek, tweedens om die NID en ons dienste beter bekend te stel en derdens om fondse te genereer om hierdie dienste aan dowes en persone met gehoorverlies te kan lewer. Daar is 10 persone wat gedurende die week van 31 Oktober tot 4 November braaf genoeg is om die 130km ter viering van die 130 bestaansjare van NID te voltooi. Op Saterdag 5 November is daar 10 spanne wat elkeen een been van 13 km van die 130 km vanaf Piketberg tot Worcester gaan aflê. As jy deel van ‟n span wil wees en 13km draf/loop sowel as R1 300 insamel, kontak ons asseblief en maak ‟n verskil vir persone met gehoorverlies deur middel van hierdie geskiedkundige geleentheid. Die gemeenskap word ook hartlik uitgenooi om die Gedenkdienste wat onderskeidelik Sondag 30 Oktober om 09:00 by die NGK Piketberg en Vrydag 4 November om 12:00 by die NGK De la Bat op Worcester gehou word, by te woon.

Instituut vir Dowes Viering van 130ste bestaansjaar Gedenkdiens Sondag 30 Oktober 2011 NG Kerk Piketberg om 9vm Atlete hardloop Maandag 31 Oktober vanaf Piketberg tot Worcester Piketbergers stap/draf op Saterdag 4 November 13km tussen Piketberg en Porterville Kontak Adene Koch 082 685 1557

Die tuinbouklub het op 12 Oktober by die "Little Village" kwekery vergader, waar hulle 'n baie interessante lesing gekry het oor die voeding van plante en die bestryding van insekte en swamme op jou sierplante, vrugtebome en groente. Middels vir die bestryding van onkruid in die grasperke is ook bespreek. Die volgende geleentheid is die klub se afsluitingsfunksie, wat op 2 November om 9:00 by Klub Elani (Misverstanddam) gehou word. Die baie bekende Elbeth Liebenberg gaan 'n blomdemonstrasie lewer oor haar besoek aan Amerika met die klem op New York. Sy vertel ook interessante verhale oor haar deelname aan die wêreldskou in Boston. Die koste is R60 per persoon (sluit Die spreker Wilmar Burger verversings in). Skakel Katinka van Makhro-Agro met van Morrison vir kaartjies by hulle produkte. 082 829 6918.

Huis AJ Vleismark Huis AJ Liebenberg se sonnige vleismarkdag was net te lekker met musiek verskaf deur Arno Oleson. Daar is gedans, pannekoek gebak en geëet met „n groot glimlag op die gesig.

„n Baie hartlike dankie aan alle donateurs, kollektante, konvenors en ondersteuners van die Vleismark op 10 September. U hulp, bydraes, belangstelling en ondersteuning het meegebring dat „n baie geslaagde fondsinsamelingsdag gehou is. Ons wil graag ons groot waardering uitspreek dat u so onbaatsugtig gegee het van u tyd, hulp en donasies - u het wesenlik bygedra tot die volhoubaarheid van hierdie versorgingsdiens vir die gemeenskap van Piketberg. Met dank van: Inwoners, Beheerraad en Personeel van Huis AJ Liebenberg.


11

„n Prestasie vir Piketberg se versamelaars Op die onlangse nasionale skou van die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekker-en-enjinklubs (SAVTEK) by die Willem Prinsloo-landboumuseum buite Pretoria, het die WesKaapse klub soos in die verlede weer baie goed presteer. Die WesKapenaars het in sewe van die agt kompetisies waarvoor hulle in aanmerking gekom het, „n eerste plek behaal. „n Prestasie waarop alle Wes-Kaapse lede trots kan wees, maar veral die lede van die Piketveteraneklub, was Apie Richter by die uitstalling die eerste prys in waarmee hy SAVTEK se die Nasionale Nasionale Klubkompetisie vir die Klubkompetisie wat vanjaar vir die eerWes-Kaap gewen het. ste keer gehou is. Die Wes-Kaap het die kompetisie met „n punt van 98% gewen. Piket se uitstalling het uit twee afdelings bestaan – „n versameling bewaringswaardige items wat op bykans

alle plase sowel as gewone huishoudings gebruik is, en „n 50-tal A4-grootte swart-en-wit foto‟s oor akkerboumeganisasie. Die uitstalling van huishoudelike toerusting was getitel SUIWEL IN DIE HUIS, en het ingesluit toerusting wat alledaags gebruik is, van die roomafskeier, karrings, die vorm waarin botter “gepond” is, tot die bottels waarin huisvroue hul dag se melk bestel en betaal het d.m.v. koepons, is uitgestal. Selfs „n “melkklopper”, die porseleinskyf wat onder in die melkkastrol geplaas is om die huisvrou te waarsku dat die melk enige oomblik kan oorkook, het sy weg na die uitstalling gevind. Die foto -uitstalling het die ontwikkeling van meganisasie in die proses van graanverbouing tussen 1920 en 1983 behels. Apie Richter van Piketberg het die Wes-Kaap se inskrywing hanteer. Vyf klubs landwyd het aan hierdie besondere kompetisie deelgeneem. Die Nasionale Klubkompetisie is geïnspireer deur die aktiwiteite van die Piketveteraneklub, wat bekend is vir die bewaring van klein erfstukke wat in die laaste tyd baie gewild is op die jaarlikse skou van die Wes-Kaapse Veteraan-trekker-enenjinklub, asook by ander byeenkomste waar landbouveterane uitgestal word.

Dr ST by VLV Die afsluitingsgeleentheid van VLV Piketberg vind plaas op Donderdag 17 November 2011 om 14:30 in die Biblioteeksaal. Dr ST Potgieter - bekende sielkundige, spreker en skrywer, asook bekend vir sy radiopraatjie “Pitkos vir die Week” op Maandagoggende op RSG - tree op as motiveringspreker. Alle dames is welkom. Vir navrae kontak Riana Richter by 022 913 3747 of 083 455 1022.


12

Piet Bruwer se stories deur Pierre Steenkamp Ek het vandag gehoor my vriend, Piet Bruwer, is oorlede. Ek en Piet het „n gedeelde belangstelling in rotskuns en “nuttelose” inligting. Die vergaar van inligting is by my „n passie en daarin het ek in Piet „n sielsgenoot gehad. Ons het by „n paar geleenthede grotte en oorhange besoek en elkeen van die uitstappies was vir my vandat ek by hom in die voertuig geklim het, „n plesier van begin tot end. Oor Piketberg se omgewing en sy Geskiedenis kon hy die interessantste stories vertel. Van die stories is opgeteken in Lawrence Green se boeke en hy het dikwels daaruit aangehaal. „n Rit saam met Piet was „n leerskool op sy eie. Ek het jare gelede vir Piet gevra om vir ons „n reeks oor Piketberg en sy omgewing vir Die Piketberger te skryf. Piet het nie sy weg oopgesien nie en daarom ag ek dit gerade om so „n paar van Piet se stories met Die Piketberger se lesers te deel. Net om u „n voorsmakie te gee wil ek die titel van die verskillende stories solank deurgee. Hulle is: Die vals getuie en die vier vroue. Die goudmyn langs die Piketberg-Redelinghuys pad. Die grootste rotskuns tekening in die wêreld. Die wapad teen die berg. Die rivierbote by Redelinghuys. Jan Smuts en die bome op Moorreesburg se koppie. Die geheime van die waaigate. Man skiet sy seun op luiperdjag in Piketberge. Die Hollanders en die motorhek. Ek kan nie vir die korrektheid van al die stories instaan nie, want „n mens se geheue speel jou soms parte, maar ek sal dit deurgee soos ek dit onthou. Miskien is daar van Die Piketberger se lesers wat kan help waar die feite en verdigsel „n bietje deurmekaar raak. Die “vals getuie” en die vier vroue Piet vertel dat daar jare gelede „n jong boer in die omgewing gebly het. Soos dit maar op „n plaas gaan het daar soms iets gebreek of was daar „n tekort aan „n ding. Omdat daar in die tyd nog nie selfone was nie en die boer dikwels nader aan „n buurplaas was as wat hy aan sy huistelefoon was, het hy sommer na die buurplaas gery om vir hulp te vra. Soms was sy buurman nie by die huis nie en was die buurvrou alleen by die huis. Die buurvrou het dan haar buurman doodonskuldig vir „n koppie koffie ingenooi en hy het dan daarna vertrek. Die boer se eie vrou was egter nie so gelukkig oor die toedrag van sake nie en het toe daarop aangedring dat die boer sy seuntjie van so twee of drie jaar saamneem as hy die plaas verlaat. Piet het die seuntjie toe die bynaam van die “vals getuie” gegee. So gebeur dit dat Piet op een van ons uitstappies my die storie van die “vals getuie” vertel. Later eendag bel hy my en sê dat een van Piketberg se inwoners se dogter en vier van haar vriendinne kom vir „n naweek na Piketberg en hulle het vir Piet gevra om van die rotskuns van die omgewing aan hulle te wys. Piet het ingestem, maar hy vra my toe om saam te gaan as ”vals getuie”. (Nie dat Piet se vrou, Marleen, „n jaloerse vrou was nie.) Ons ses stuks is toe een oggend hier weg op pad na onder andere Prins Willie se klip in die Redelinghuys omgewing, waar „n groot hoeveelheid tekeninge te sien is. Van Redelinghuys loop daar „n gruispad in „n noordelike rigting na Prins Willie se klip en nadat ons slegs „n paar kilometer van ons eindbestemming af is, kom ons op „n toegesluite hek af. Ons oorweeg toe om verder te stap,

maar Piet sê dat hy gaan probeer om óm die hek te ry. In die proses sit die bakkie egter vas in die sand en dit is toe my en Piet se taak om die bakkie se agterwiel met „n domkrag op te lig en dan sand onder die wiel in te werk. Intussen sit die vier vriendinne rustig onder „n boom en gesels. Elke keer as Piet probeer om die bakkie uit die sand te bestuur dan grawe die wiel maar net weer in die sand in. Na „n uur se gesukkel kom een van die dames ewe liefies nader gestap en sê dat sy „n selfoon by haar het en dat die selfoon „n sein ontvang. Sy wil toe weet of ons die selfoon wil gebruik. Piet het toe dadelik vir Marleen, sy vrou, gebel om uit te vind wat die nommer van die naaste boer in die omgewing was. Piet het mos omtrent die hele wêreld geken. Hy kry toe die nommer en „n kwartier later word ons uit ons penarie gehelp. Ons is toe na Prins Willie se klip en kon toe die rotstekeninge besigtig. Piet skakel my toe so „n week later en sê hy het met die eienaar van die hek gepraat en vir hom gevra waarom die hek gesluit was terwyl die pad „n openbare pad was. Die eienaar sê toe dat die boere in die omgewing baie veediefstal ondervind het en dat hulle hom toe gevra het om die hek gesluit te hou. Die sleutel van die slot hang egter permanent agter een van die hekpale aan „n hakie. Vervolg in Desember uitgawe.

Trippe Trappe Afsluitingskonsert Woensdag 23 November NG Kerksaal


13

1961 Reünie Die Matriekklas van 1961 aan die Piketberg Hoërskool het, op versoek van hul Alma Mater, hul 50-jarige Reünie tydens die Zebra-fees, gedurende die naweek van 23 -25 September 2011, op Piketberg gehou. Wat die naweek nog meer merkwaardig gemaak het is die feit dat die Skool terselfdertyd sy 165-jarige Reünie gehou het, die 50-jarige bestaan van Huis Leliehof Meisiekoshuis gevier is en vyf ánder Matriekklasse, tewete dié van 1971, 1981, 1991 en 2001, ook húl Reünies gehou het. Sowat 30 van die 1961 Matrieks, gades en metgeselle, het Saterdagoggend hul feesvieringe met „n heerlike ontbyt in Leliehof afgeskop. Die gasvryheid waarmee die Hoofmeisie en Onder-Hoofmeisie van die Koshuis die feesgangers ontvang en oor die akti-

lewensjare daarna gesels, maar daar is ook met leedwese kennis geneem van klasmaats wat die afgelope 50 jaar oorlede is. Op die Sondagoggend het die Reüniegroep die erediens in die N G Kerk op die dorp bygewoon en daarna tee saam met die gemeentelede gedrink. Dit het aan die klasmaats die geleentheid gebied om rustig van mekaar afskeid te neem en huiswaarts te keer. Die voorneme is om in die toekoms elke vyf jaar „n Reünie te hou! Die klasmaats wil ook hul dank betuig aan die verskeie persone en instansies wat, op een of ander wyse, hetsy finansieel en dan in die besonder die GJN Trust, Liebco Vleishandelaars en Bertie Loubser, óf deur hul ondersteuning met die voorbereidings vir en aanbieding van die verskeie gesellighede en meer spesifiek dan Leliehof, De Berge Gastehuis, Kenneth Smit en Rina Smit, bygedra het tot die suksesvolle afhandeling van hierdie baie belangrike mylpaal in die lewens van ons as klasmaats en die mooi herinneringe aan die Reünie.”

Fox Build it

Reünie-groep se aansitete by De Berge Gastehuis witeite van die Koshuis ingelig het, tesame met die uithaler ete, was net die begin van die aangename gees wat vir die res van die feesvieringe sou blyk. Die Skoolhoof, Marius Scholtz, het daarna die tradisionele besoek aan die Alma Mater omskep in een van trots wees op die Skool met die Personeel en Leerders en hul prestasies, asook herinneringe aan die jeugjare van die klasmaats by dié skool. Hierna kon die Reünie-groep deel in die vele aktiwiteite van die Zebra-fees en die interesOp die foto verskyn drie van sante uitstalling oor die geskiedenis van die die klasmaats wat by die aan- skool in die Piketberg sitete teenwoordig was en Museum. wat van Sub A tot Matriek Die dag se verrigtinge is aan die Piketberg Hoërskool afgesluit met „n heerlike studeer het. Van bo is André aansitete by die De Mouton, Miemie Ehlers en Berge Gastehuis. „n Amptelike groepfoto is Sarel Marais. van die teenwoordiges Berig: Espé Tredoux geneem en sal geraam Foto‟s: Kenneth Smit en aan die klasmaats beskikbaar gestel word. By dié geleentheid is die Skoollied spontaan gesing en het elke klasmaat wat teenwoordig was, „n beker met die Skool se wapen en leuse op, as aandenking vanaf die skool ontvang. Daar is tot laataand oor die skooljare en

Fox Electro Hardeware is 'n familiebesigheid en is reeds in besigheid vanaf 1979 in Piketberg. James Fox het die behoefte in Piketberg geïdentifiseer vir 'n gespesialiseerde verskaffer in hardeware, veral tydens die feesseisoene terwyl die ander gesluit was. Die besigheid het uitgebrei en oor die jare gegroei van 'n nederige besigheidjie wat gespesialiseer het in televisie herstelwerk en installasie van televisie antennas en lugversorgers, tot 'n volledige hardeware en algemene bouhandelsware winkel wat 'n wye reeks produkte aanbied. Die Foxfamilie het aangesluit by Build it, om sodoende 'n wyer reeks produkte en dienste aan te bied teen ongelooflike pryse! Fox Build it het enigiets van sement, elektriese ware, lugversorgers, toerusting, gas tot verf en enigiets tussen-in. Op dié manier het die familie besigheid „n Build it familie geword. Ons wens julle sterkte toe -Red.

Die nuwe Fox Build it span wat tot u diens is vir enige boumateriaal. Agter is James Fox, Verna Arendse, Bremen Schaffers, Winston Dietrich, Charlene Erasmus en Ida-Marié Steenkamp. Voor is Arnold Antonie, JP Muller, Piet Joubert en Christiaan Alexander. Inlas: Gerhard Steenkamp. Foto Marietha Goosen Berig verskaf deur Build it WAT se Borg „n Woord Kontak Gerna Croeser 022 913 6093


14

Sandra is nuwe KKNK-kurator Die visuele kunstenaar Sandra Hanekom van “The Art Business” in Piketberg is aangestel as die nuwe kurator van visuele kuns op die Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn. Sandra werk sedert 1994 as „n kunstenaar. Sy het reeds twee solouitstallings op KKNK gehad, insluitend Van verskrikkers en verstommers op vanjaar se fees. Die ander was in 2005 onder die titel 1971. Sy het tussen 2001 en 2008 ook deelgeneem aan verskeie groeptentoonstellings op die fees, en was kurator v an die KKNKtentoonstellings Mused (2008) en Sandra Hanekom Roem (2007). Sandra sê sy voel gevlei en opgewonde oor die aanstelling. Haar primêre doel as kurator is om die hoof visuele kunste afdeling van die fees saam te stel. ʼn Kunskurator kan in dieselfde lig gesien word as ʼn dirigent vir „n simfonie. Haar hoof doel is om alle komponente te laat harmoniseer. Om alles glad en vloeiend te laat saamkom en ʼn ware fees vir die oog te skep. By die hooffees word kunstenaars óf genooi óf gekeur om deel te neem. Sy sal ook verantwoordelik wees om te verseker dat die uitstallings van ʼn hoogstaande gehalte is en dat alle kunswerke beide akademies relevant en versamelbaar is. Die doel van ʼn feeskurator is anders as dié van „n kunsmuseum kurator. Sy gaan dit haar visie maak om op vier aspekte te fokus vir die kunsuitstallings vir KKNK 2012. Die eerste is dat die kunswerke visueel innoverend is. Tweedens gaan sy kyk na die kommersiële waarde (hoe versamelbaar) die kunswerke is. In die derde plek wil sy verseker dat die verskillende uitstallings relevant is ten opsigte van die breër gemeenskap en dat daar ook ʼn mate van opvoedkundigheid is. Laastens wil sy graag ook blootstelling aan nuwe, jong kunstenaars gee. Haar fokus vir 2012 is om uitstallings van hoogstaande

gehalte te lewer. Daarmee saam wil sy werke tentoonstel wat omgewingsbelange aanspreek, sosiale kommentaar lewer en sterk klem lê op skilderkuns. Dit sal die ideale geleentheid wees vir beide ernstige en beginner versamelaars om kunswerke van hoogstaande kwaliteit te kan aankoop. Sandra hoef nie vir dié taak te verhuis nie. Piketberg is haar huis. Sy het werklik opwindende projekte vir die kunste in die plaaslike omgewing. Sandra het pas ʼn suksesvolle solo uitstalling by die ABSA Galery in Johannesburg gehad. Sy beplan om eers weer „n solo oor twee jaar van nou af te hê. Indien daar kleiner, interessante projekte opduik sal sy graag deelneem indien sy dit kan inpas. As kurator mag jy nie self aan KKNK-uitstallings deelneem nie. Dit sal vir haar die geleentheid gee om op haar vermoë as kurator te fokus. Piketberg is trots op jou. –Red. Berig verwerk uit Die Burger en bydraes deur Jannie Lategan.

Die KKNK is vanaf 31 Maart tot 7 April 2012

Kerssangdiens 27 November om19:30


15

Carli by Jan Ellis Prokureur Carli Lubbe het in 2007 haar LLB graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy is terug na haar tuisdorp Kakamas, Noord-Kaap, om in 2008 met haar 2 jaar leerklerkskap te begin, wat sy Januarie 2010 voltooi het. In Februarie 2010 word sy as prokureur tot die Rol van Prokureurs toegelaat in die NoordKaapse Hooggeregshof te Kimberley. Sy het daarna as Professionele Assistent Carli Lubbe in Kakamas praktiseer tot Augustus 2011. In Maart 2011 word sy ook in die Noord-Kaapse Hooggeregshof ingeskryf as prokureur met verskyningsbevoegdheid in die Hooggeregshof. Carli het gedurende September 2011 die Noord-Kaap verruil vir die Swartland deur „n betrekking as Professionele Assistent by die firma Jan Ellis Ingelyf te aanvaar, waar sy tans voltyds praktiseer. Sy is dan ook nou tot die Rol van Prokureurs in die Wes-Kaapse Hooggeregshof te Kaapstad as prokureur in-

geskryf. Carli is lief vir die platteland en geniet veral die vriendelikheid en geselsies van die Piketbergers. Sy meen dit is waarom sy weet sy dit baie in die dorp sal geniet. Carli is tot u vriendelike diens beskikbaar en nooi u uit om haar te besoek by die kantoor van Jan Ellis Ingelyf in Langstraat 89 vir enige raad/advies wat u mag benodig.

JAN ELLIS PROKUREUR – ATTORNEY

BYGESTAAN DEUR: CARLI LUBBE LANGSTRAAT 89, POSBUS 271 PIKETBERG TEL: 022-9132201 / FAKS: 0866748871 TESTAMENTE, EGSKEIDINGS, TRANSPORTE, HUURKONTRAKTE, HUWELIKSKONTRAKTE, LITIGASIE, INVORDERINGS BESOEK OF KONTAK ONS GERUS


16

Arbeidskolom

Huis AJ Liebenberg

Chrisna van Wyk

Op Erfenisdag het die inwoners van Huis AJ Liebenberg artikels uit die ou dae gebring, wat in die sitkamer uitgestal is. Die inwoners het allerhande interessante staaltjies oor die artikels vertel, veral die tuisvervaardigde rystoel van Bessie Visser het aandag getrek.

Wat is jou uitkyk op werknemer kostes? Die kern van die werknemer–werkgewer verhouding is sekerlik die uitruil van arbeid vir monetêre hulpbronne en ander byvoordele. Die kostes van lone en salarisse is „n geweldige uitgawe vir die meeste maatskappye. Hoe word hierdie uitgawe deur die meeste bestuurders benader en wat is die ideale uitkyk op hierdie uitgawe? As jy „n bestuurder is, of dalk poog om eendag in „n bestuursposisie te wees, moet jy eerlik wees met jouself oor jou benadering tot salarisse en lone en werknemers in die geheel. Dit sal die basis vorm wat sal verseker dat jy jou uitkyk kan aanpas, indien nodig. Om „n behoorlike grondslag te vorm vir die geldigheid van hierdie artikel is dit belangrik om vinnig al die kostes verbonde aan personeel te bespreek. Die mees direkte koste is natuurlik die salarisse en lone waarop ooreengekom. Daarna sal indirekte kostes in ag geneem moet word vir „n behoorlike koste analise. Watter kostes val onder indirekte koste? Dit sluit in werwings en keuring kostes wat aangegaan is om die onsuksesvolle personeellid te werf en interne en eksterne opleiding kostes as voorbeelde. Kostes kan nog heelwat vermeerder indien die applikant onsuksesvol was. Dit sluit „n heelwat groter reeks kostes in soos afwesigheid en swak prestasie kostes as voorbeelde. Dit is duidelik dat hierdie kostes moeilik kwantifiseerbaar is, maar tog noodsaaklik vir bestuurders. Die vraag is, „hoe kan bestuurders hierdie kostes, tog nie kwantifiseerbaar, verminder?‟ Die antwoord is eerstens goeie werwings en keuring metodes en tweedens „n positiewe uitkyk op die kostes verbonde aan werknemers. Alhoewel werwing en keuring nie deel vorm van die bespreking van hierdie artikel nie is die uitgangspunt dat goeie werwing en keuring van werknemers tot laer arbeids omsetsnelheid sal lei en dus laer direkte en indirekte kostes. Tweedens is die benadering tot salaris en loon uitgawes belangrik en hier volg die bespreking. As bestuurders „n goeie konsep van hierdie kostes het en die omvang daarvan verstaan sal hulle moet erken dat werknemers eerder as „n bate moet opgepas word as om soos „n uitgawe verwyt te word. Die feit dat werkers peperduur is, is onvermydelik. Dit is net belangrik dat die uitgawe wel goed aangewend word. Dit sal moontlik wees indien werknemers eerder as „n bate, as „n las gesien word. Hoe kan werkgewers dit doen? Eerstens moet werkgewers die werknemers se behoeftes verstaan. In die meeste gevalle is dit geld as gevolg van die likiditeit. In ander gevalle kan dit verlof of opleiding wees. Dit hang heeltemal van die betrokke werknemer af. Die motiveerders van werknemers is uiteenlopend en die bepaling daarvan moet geskied op „n individuele basis. Ten slotte, hierdie artikel poog om bestuurders en eienaars uit te daag om werklik na te dink oor die ware kostes van werknemers en om as gevolg hiervan, werknemers eerder as „n bate as „n las te beskou om so indirek en direk moontlik kostes te bespaar.

Baie geluk aan ons advertensiebestuurder, Deon van Dyk, wat op 13 Oktober 70 geword het.

Dollie du Plessis, Kotie Kennedy en Mina Hagen. Die gr R-leerders het 'n brons muntlegging ten bate van die Tehuis gehou en die opbrengs daarvan persoonlik gaan aflewer. Ook het hulle die inwoners getrakteer met hul sang en voordragte. Hulle besoek en geskenk is met groot dankbaarheid ontvang en die inwoners het die kuier van kleingoed baie geniet.

Magrietha Uys en Alice Hattingh saam met die gr R maatjies Internasionale Dag vir Ouer Persone is gevier met 'n praatjie en 'n dans. Deelnemers aan die geleentheid moes onpaar skoene en 'n serp/das aanhê.

Hennie Lochner en Ezette Mouton, Marietjie Gagiano en Elsabe Liebenberg en Antonia Less. VLV Piketberg het ter aansluiting by die viering van die Week vir Ouer Persone 'n heerlike teeparty vir inwoners aangebied.

Sannie Huysamen, Raadslid Johan Botha, Ada Engelbrecht en Cora van der Westhuizen.


17

HOËRSKOOL PIKETBERG GHOLFDAG Ons sê baie dankie aan die volgende borge: Boland Superspar Nexus 24 Huisvriend Dr. Herold Truter PEMONA Salon Sanet Goedehoop Sitrus Bpk. Winkelshoek AG Chem RSA Agri Makelaars Univeg Piketco Proterra Eiendomme Dunlop, Piketberg Bande Grape Co Fresh Direct LO Rall Dr. Bennie Smit Frans Smit Wilfred & Hannelie Stephan Dup Meubels Van Zyl van der Merwe HG van Zyl Liebco Bloemendal Malmesbury Toyota Marius Ungerer Petrus van der Merwe Chris Malan Perdekop Tented Camp Peter Bartleman Boetie Kotzé Zebra Fresh Fruit Mnr & Mev Bertie Spreeth PA Contractors Kaap Agri Piketberg Cash & Carry Le Roux van Wyk Midas Klem Coetzee Laffies Grill Vee’s Video’s Paul Laas J Brand Breitling (Bloemendal)

MET TROTS GEBORG DEUR:


18

Om verlief te wees

ACVV se Poppekas Projek

- magdaleen van zylToe ek standerd vier was, was Theodore Oberholzer in my klas. Hy het net so skuins voor my gesit. Dit het my absoluut gefasineer dat hy so „n sekere beweging met sy kakebeen of iets gemaak het en dan het hy sy ore beweeg soos „n hond of iets. Wow! Ek het soms nie geweet wat die juffrou sê nie, want dit was so opwindend om hom dop te hou en as hy natuurlik „n gehoor het, doen hy dit mos nou ekstra. Ek was verlief. Dit was daai ore-wikkel wat die deurslag gegee het. Dit was nie asof daar enige ander kommunikasie tussen ons was nie, net sy ore en my bewonderende blik. In dieselfde jaar het daar „n nuwe kind in ons klas gekom, kan nie lekker onthou nie, maar dink sy naam was Kosie of Karel. Hy is met „n Mercedes by die skool afgelaai wat nogal indrukwekkend was, want die meeste kinders het gestap, en dan nog „n Mercedes! Hy het elke dag „n wavrag lekkers gehad, wat hom natuurlik geweldig in aanvraag gebring het en in „n ander klas geplaas het. Onthou, „n kind van daai ouderdom is nogal materialisties. Alhoewel ek nog nooit „n woord met hom gewissel het nie, vra hy my toe eendag per briefie, via „n paar hande, om sy meisie te wees. Ek het glad nie geweet wat dit behels nie, maar sonder versuim JA op die briefie geskryf en weer teruggestuur, want daar was „n Lunch Bar aan die briefie geheg! Ek moet nou erken dat ek nooit verlief op hom was nie, maar ek was verlief op tjoklits en die feit dat hy elke dag vir my tjoklits skool toe gebring het vir die hele tyd wat die „verhouding‟ geduur het (dink dit was so ongeveer twee weke) het „n leidende rol gespeel. „n Groot hoogtepunt in my „liefdeslewe‟ was my standerd ses Skeinat onderwyser. Hy was „n jong onderwyser met „n paar blou oë wat dwarsdeur jou gekyk het en die langste wimpers denkbaar. Ek het nie die vaagste benul gehad wat hy sê nie en al wat ek omtrent ooit geleer het en onthou het in die twee jaar wat ek Skeinat by hom gehad het, was H²O!! Dan het hy „n manier gehad om “pardon”, te sê as hy nie kan hoor wat iemand sê nie. Dan giggel ons meisies en raak omtrent histeries, want hy klink so Frans! Ai, weet jy hoe is „n dertienjarige meisietjie, die arme man. Ek vermoed dat een van die grootste “liefdes” van „n meisie se lewe, haar pa is. As dogtertjie het ek „n ongelooflike heldeverering vir my pa gehad, want hy kon „n lemoen afskil sodat die skil in „n wonderlike patroon geëindig het en heel gebly het. Hy kon die fantastieste stories uit sy kop uit vertel. Jy kon perdry op sy rug, al was hy dalk moeg gewerk. As jy saam met hom die tuin natspuit, het hy vir jou van die baba-aarbeitjies gepluk en skoongevee met sy sakdoek of hy sou klein-klein soet worteltjies uittrek en jy mag dit eet. Hy het definitief nooit openlik my kant gekies nie, maar ek het altyd gedink as my ma my pakgee of met my raas, dat my pa heimlik nie saamstem nie, en dat hy aan my kant is. My pa weet als en kan als doen. My pa is steeds my held en ek dink „n meisie soek, maar in elke man wat haar pad kruis, so „n bietjie van haar pa, haar eerste groot liefde.

Hierdie groep vroue en nog ander het 650 troospoppies gebrei en versier vir die ACVV se poppekas projek.

Die ACVV Poppekas besoek Groenvlei Primêr. Hier is die gr R klas by hul juffrou, Beryl Booyse.

Die gr 1-klas van Groenvlei Primêr by hulle onderwyseres, Silnitha Philander.

Die volgende Piketberger verskyn op 24 November. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 15 November om 5nm.


19

Piket-Bo-Berg Fietstoer 'n Bewys van 'n gemeenskap met 'n siel Die Piket-Bo-Berg fietstoer, wat op 25 September aangebied is deur die Piket-Bo-Berg Inwonersvereniging, was net nog 'n bewys van die samehorigheid wat daar onder die inwoners van hierdie berg bestaan. Grondeienaars en plaaswerkers het almal saamgewerk om van hierdie geleentheid 'n sukses te maak. Fondse uit die projek gaan vir die bou van 'n skoolsaal, wat ook kan dien as gemeenskapsaal, (by Stawelklip Primêr). Die fietstoer, wat beslis naam gemaak het op die jaarlikse fietsrykalender as 'n roete wat nie vir sissies is nie, word volgende jaar weer hier aangebied. Sowat 200 fietsryers het aan hierdie geleentheid deelgeneem en elkeen is dit eens dat dit 'n tawwe roete is met min gelyke in die Wes-Kaap. Die hoogtepunt van die dag was die twee fietse wat as pryse geskenk is vir 'n gelukkige trekking. Janine Coetzee van Fit4U op Piketberg het die fiets waarmee sy die roete voltooi het, as 'n gelukkige trekkingsprys geskenk aan 'n beampte wat die dag vrywilliglik diens gedoen het. Die trotse wenner van hierdie fiets was Hein Kasper, Niek Swarts by sy nuwe fiets, gesplaaswerker op kenk deur Zebra Fresh Fruit. die plaas Tamarak van Paul de Villiers. Niek Swarts was nog meer oorbluf toe hy, as een van die deelnemers op die dag, die gelukkige wenner was van die fiets wat deur Zebra Fresh Fruit geskenk is. Niek is die seun van een van die plaaswerkers op Rob Whitfield se plaas, Langberg. Niek is ook deel van die fietsryprojek op die berg. Die projek poog om kinders aan te moedig om fiets te ry en om 'n onderhoudskultuur te k we e k by di e kinders. Daar kon beslis nie 'n meer dankbare wenner gewees het vir die fiets as Niek nie! Behalwe Boland Superspar wat as hoofborg vir die dag opgetree het, het verskeie besighede hul ondersteuning aan die dag gegee met wonderlike pryse en hulp. Die Lionsklub van Piketberg het die dag kos voorsien en hul opbrengs teruggesHein Kasper by sy nuwe fiets geskenk deur Janine Coetsee van Fit4U.

kenk aan die projek. Net nog 'n bydrae uit die gemeenskap aan die gemeenskap!

Lea Bölingen, Biberach, Germany writes… My school exchange is coming to end now. I will never forget that. I am sure I will come back. At the beginning it was a little bit difficult to understand the Africaans in school, but it got easyer and easyer and after three months I stayed here, I understand a lot. School was very interesting for me. It is so different from Germany. Differents:-we don‟t have to wear schooluniform; we don‟t have terms, we have schoolend to different times; we don‟t have schoolsportteams; we have five days on the timetable; the start of the day we can go directly in the classrooms and sit down. In school I also met a lot of friends. They made my first days easyer and nicer. The teachers in the High School were very friendly too. If I didn‟t understand something they explaint it to me in english. I think that trip was nice for me, because it was so different. It was nice for me to learn how a High School is working, to see how people life in South Afrika and to see the nice animals and very friendly people. “Danke an all Piketberger das sie mich so gut aufgenommen haben. Es war eine wunderschöne Zeit.” Hierdie brief is geplaas net soos Lea Bölingen dit gekryf het.

Die volgende Piketberger verskyn op 24 November. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 15 November om 5nm.


20

Zebrafees reuse sukses

Die Zebrafeeskomitee het die borge en donateurs van die pas afgelope Zebrafees tydens ‘n funksie by PHS se klubhuis op ‘n ete getrakteer. Die komitee is agter Annari Prins, Dinette Lochner, Marianna Kirsten, Berenice Scheepers en Liezl Kotze. Voor staan Lynne Liebenberg, Ilse Bruwer en Karen Steyn.

Die pasafgelope Zebrafees was „n FEES! Met dubbel die voete deur die hekke en dubbel die wins van verlede jaar, het Piketberg weer eens sy plekkie op die landkaart bevestig. Alhoewel vanjaar se Zebrafees „n fondsinsameling was, was die fees veel meer as net „n poging om wins te maak - dit was ook 'n ongelooflik suksesvolle bemarkingsaksie vir die dorp en het besoekers van regoor die WesKaap gelok. Die komitee, met Lynne Liebenberg as koördineerder, het die fees met geesdrif aangepak en beplan, en besoekers kon nie uitgepraat raak oor die wonderlike plattelandse gasvryheid nie. Diéheerlike gesinspyskaartwas gelaai met net die lekkerste dinge… vermaak deur top kunstenaars, heerlike aktiwiteite en kompetisies vir die kinders, liplekker kos- en kwaliteit kunsstalletjies, die fantastiese Boland Superspar Potjiekoskompetisie, die Ze -bra Pretdraf, toutrekkompetisies en „n heerlike saamkuier in die reuse kuiertent. Piketberg Hoërskool het vanjaar as „n toevoeging tot die Zebrafees ook „n suksesvolle 165jr reünie aangebied, en oud-leerders en –onderwysers het tot hanekraai saamgekuier en die ou dae herleef. Die tafel is reeds gedek vir „n bielie van „n fees volgende jaar op 29 September – besoek die webblad by www.zebrafees.yolasite.com en facebook en dagboek dit solank! Jy sal dit beslis nie wil misloop nie. Die Zebrafeeskomitee bedank graag almal wat „n bydrae gelewer het tot die sukses van die fees. „n Opregte dankie vir die omgee, die oop hande en die goeie gesindhede. Sonder al die borgskappe, donasies en hulp sou dit nie moontlik gewees het nie. Duisend dankies aan ons hoofborge Boland Superspar, Liebco, Stephan & Seun, PPC De Hoek, Dup Meubels en Winkelshoek Wynkelders. Jul bydraes was ongelooflik! Berig en foto‟s verskaf deur Berenice Scheepers

Name van ander borge verskryn op p23

Juné na Florida, Amerika! Juné van der Westhuizen, gr 10-leerder van PHS, het gedurende die September vakansie aan die Nasionale Rondt e v an di e Sui d Afrikaanse Talentkampioenskappe in Johannesburg gaan deelneem. Sy word as die wenner in die Kykersgunsteling vir Modelwerk gekies wat deur Maroela Media geloods is. Tydens die opening ontvang sy haar prys van Maroela Media en Gretha Wiid lewer 'n inspirerende praatjie oor Godgegewe talente. Sy neem verder aan die twee kategorieë, nl. Juné van der Westhuizen Gedramatiseerde Drama en Modelwerk deel, en verower voor Vodadome in Midrand Johannesburg, drie medaljes. Een goue met haar prys van medalje vir Gedra-matiseerde Maroela Media as Kykers- Drama en vir haar modelwerk gunsteling vir Modelverower sy twee medaljes, 'n werk. silwer en dubbelgoud. Groot Foto en berig verskaf was die verrassing toe sy vir die AMTC span (Actors, Models and Talents for Christ) gekies word vir haar Drama en haar Modelwerk. Die span bestaan uit 32 leerders wat vanaf 28 Desember tot 9 Januarie in Florida Amerika aan 'n werkswinkel gaan deelneem, portfolio's word gemaak, en dan neem hul ook aan verdere kompetisies deel. 'n Baie besige skedule wat wag, maar beslis vol opwinding en 'n reuse ervaring!

Bronkhorst Broers Fighting Fit Wickus en Tinus Bronkhorst is opgeneem in die Sui d-Af ri kaanse Karate span wat gedurende 2013 aan die Wêreldkampioenskappe in Kaapstad gaan deelneem. By die onlangse Africa Goju-Ryu Championship wat in Stellenbosch gehou is, het Wickus Silwer en Goud verwerf in die Kata Kumité en Tinus twee Brons. By die West Coast Kick Boxing Wickus en Tinus Bronkhorst Championship in Foto: Marietha Goosen die Weskus Mall het Wickus Goud verwerf vir Points Fighting en Silwer vir Continious Fighting. Tinus het Goud verwerf vir Points Fighting.


21

PHS Laerskool Prysuitdeling

Jac Brand ontvang die Skoolhoofprys van Marius Scholtz.

Ané Nelson is aangewys as die Dux leerder vir 2011 en ontvang ook die Akademiese beker en verskeie vakprestasie medaljes

Janke van Schalkwyk is gr 4 se Beste Presteerder.

Shanda Whitfield en Tauriq Swarts ontvang die Hugo Holloway trofee vir hoogste punte in musiek Unisa eksamen. By hulle is Hugo Holloway.

Santam kunskompetisie Hierdie jaar was daar 3 800 inskrywings landswyd. Daar is 200 werke uit hierdie 3800 gekies, m.a.w slegs 5% van kunswerke word gekeur. Hierdie kunswerke verteenwoordig dus ons land se beste kinderkuns. Daar is nege werke van die Coetzee Ateljee gekies! Dit is voorwaar 'n groot prestasie - baie geluk!! Een van hierdie leerders is gekies as een van die top 13, wie se kunswerk in die jaarlikse prag-almanak van Santam verskyn. Baie geluk Luka Joubert! Piketberg is trots op jou. Luka het hiervoor die Ambassadeurstoekenning by PHS ontvang (sien foto bo). Op die foto regs verskyn die nege leerder agter Elzaan Trautman gr.8, Liana Prins gr.7, Karin Coetzee, Luka Joubert gr.7, Celest du Toit gr.7 en Matthew Grobler gr.7. In die middel is Nicole Steyn gr.2, Wilbur Stephan gr.1, Thomas Grobler gr.4 en Renate Coetzee gr.1 voor. Kyk gerus na

Anke Schreuder is die Nicola Coetzee is die BesBeste Presteerder in gr 5. te Presteerder in gr 6.

Luka Joubert ontvang die Ambassadeurs beker vir haar kunswerk in die Santam kalender.

Die Laerskool se sportvrou en sportman vir 2011 is Janét Stander en Corné Wium. Prysuitdeling Foto‟s: Marietha Goosen

hierdie kunswerke op facebook onder Coetzee Ateljee. Almal word uitgenooi om die Gr12 uitstalling te kom besigtig by Die Coetzee Ateljee. Toegangsfooi is R5.


22

Hoërskool Piketberg hou Prysuitdeling

Celia Brink wen die Stephan Louw ontvang die Berenice Scheepers-prys trofee vir die beste junior vir die beste kreatiewe redenaar in die Hoërskool. skryfwerk in gr 12.

Mignon Cumpsty wen die prys vir beste prestasie in Verbruikerstudie Prakties asook die Piketberg Leeskring boekprys vir die gereelde gebruik van die biblioteek en die lees van hoë gehalte boeke.

Jacques Rossouw, gr 12 ontvang die Hannelize Coetzee trofee vir beste RTT prakties asook die Praktika Ambassadeursprys.

Regs, Wynand Smit in gr 10, ontvang die trofee vir Entrepreneurskap Foto‟s: Marietha Goosen Alle prysuitdeling foto’s beskikbaar by Foto First

Anja Venter is aangewys as die Dux leerder vir 2011. Anja ontvang ook die Alison Müller trofee vir Musiek, die Anton van Rooyen Akademiese Trofee vir gr 12 asook vaktoekennings vir beste presteerder in gr. 12 Skoolkwartale 2012 Kwartaal 1: 11 Januarie tot 23 Maart Kwartaal 2: 10 April tot 22 Junie Kwartaal 3: 16 Julie tot 28 September Kwartaal 4: 8 Oktober tot 7 Desember

Andrea Kotze ontvang die Gerry Kuhn Wetenskap Aansporingsbeurs van Gerry en Pat Kuhn vir beste prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskap in gr. 11

Huis in Piketberg te koop R850 000 OHB 3Slp, 2badk, waskamer, 2.5 garage, oopplan sitkamer, eetkamer en kombuis, lugreëling, besproeiing,omhein.

Riaan 082 928 0082 Esmé 082 331 8337


23

PHS se VRL vir 2012

Die Kasteel Seunskoshuis se leiers vir 2012 is Robert Edmonds, Allan Bingham, Dewald Greeff, LabozĂŠt Tredoux en Werner Lourens, hoofseun, voor.

Die leiers van Leliehof Meisieskoshuis vir 2012 is voor Carike Wiggins, hoofmeisie en Junanri Richter, onderhoofmeisie en agter Anneri Hanekom, Chrisma Burger, Anja Brand en Anushca Brand.

Zebrafees borge Dankie aan die volgende instansies en persone:

Drs Bruwer & Scheepers, PPC Montague Gardens, Dr. H. Truter, Jan Visser, Piket Glas & Kaste ,Nexus EswĂŠ Visagie Piketberg Apteek


24

Wes-Boland Eisteddfod Sang

Wes-Boland Eisteddfod Sang. Charnill Kok (Cum Laude en 2xGoud), Lilani Dippenaar (CL en Goud), John Eksteen (CL en 3xGoud), Alison Muller, Ané Venter (3xCL en Goud) en Annina Bester (CL en 2xGoud). Al hierdie sangers het trofees gewen in hulle onderskeie afdelings.

Agter is Carike Wiggens (Silwer), Lydia van Niekerk (Goud), Alison Muller en Lize-Mari Carstens (Goud). Voor is Adriana Visser (2xGoud), Maria Visser (Goud), Johmine Croeser (Goud) en Diané Ungerer (Goud).

PHS skitter by UNISA Die volgende PHS-leerders het uitmuntende prestasies behaal by die onlangse UNISA klavier eksamen.

Almal trofeewenners: Lydia van Niekerk (2xGoud), Charné Augustyn (/goud), Behan Croeser (Goud), Alison Muller, Andrea Kotze (Cum Laude) en Retha Eksteen (Goud).

Voor by Alison Muller is Tauriq Swarts (Pre-gr I, 90%), Lize-Mari Carstens (gr I, 92%) en Shanda Whitfield (gr I, 90%) wat al drie Lof behaal het en op die ererol geplaas is. Agter is verdere Lof kandidate Adriana Visser (gr III, 86%), Timotheé Luyt (gr I, 88%), Diané Ungerer (gr IV, 85%), Carike Wiggens (gr V, 86%), Maria Visser (gr V, 85%) en Johmine Croeser (gr V, 75% Eervolle Vermelding).

Alison se Swemskool Wes-Boland Eisteddfod Sang. Agter is Adriana Visser (Goud), Alison Muller, Rayden Wright (Goud) en Lydia van Niekerk (2xGoud). Voor is Maria Visser (Goud), Annina Bester (2xGoud), Le'More Muller (Goud) en Izandro Claassen (Goud).

Die volgende Piketberger verskyn op 24 November. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 15 November om 5nm.

Kursus @ R250 vir 8 lesse 6 - 16 Desember 2011 of 4 - 12 Januarie 2012 (skool begin 11 Januarie) Bespreek vroegtydig, beperkte plek. Onttrekkings binne 3 dae van 'n kursus - sal volle fooi betaal Kontak Alison Muller by 022-913 1746 (na 6nm) of 073 2292 855


25

Wes-Boland Blokfluit

Komien van der Westhuizen by Anja Venter, Beste Solo Blokfluitspeler in die Hoërskoolafdeling met haar Cum Laude.

Baie geluk aan PHS met prag prestasies Wes-Boland Tennis Die volgende PHS-leerders is opgeneem in die WesBoland Tennisspan.

By Komien van der Westhuizen is Thana Stephan en Letjé Burger (Goud vir Duet) en voor is Hughen Esau (Goud) en Albert Grobler (Goud). Dié twee manne het ook Cum Laude vir hulle Blokfluit Duet behaal en die trofee gewen vir die beste Blokfluit Duet.

Die 0/10's is Albert Grobler en Stass Nel.

Die Blokfluit Ensemble het 2xCum Laude behaal en trofees vir die Beste Blokfluit Ensemble en ook Beste Blokfluit Ensemble Elektroniese Afdeling. Agter is Timotheé Luyt, Alan Willemse, Stephan Louw, Marianne van der Merwe en Ané Venter. Voor is Andreas van der Merwe, Caryn Dirks, Komien van der Westhuizen, Adriana Visser en Maria Visser.

PHS vang Wêreldbeker gees

Die 0/12's is Freddie Visser, Suzaan Bassett, Thana Stephan en Harry Roux.

Nicole Steyn en Etienne Geldenhuys is aangewys as die Bokkies met die beste gees tydens PHS se Wêreldbeker geesvang dag. Foto‟s Marietha Goosen

Die 0/14's is Bendert Smit, Louwrens Laing en Matthew Luyt.


26

SA Ritmiese Gimnastiek Kampioenskappe

Stoeiers Presteer

Sewe stoeiers van die Gymtech Stoeiklub, Piketberg is opgeneem in die Boland Stoeispan wat aan die SA streekkampioenskappe te Wellington deelgeneem het. Vyf van hulle het medaljes losgestoei. Arno van Deventer, Ruan Schreiber (brons), Heino Coetzee, Stass Nel (silwer), Pietman Burger (brons), Andre Coetzee (goud) en Ruben Vosloo (goud). Ruben, Pietman, Stass en Ruan het ook deelgeneem aan die SA Jeug Kampioenskappe te Wembley Stadium, Johannesburg.

Hierdie gimnaste het deelgeneem aan die Boland en SA ritmiese gimnastiek kampioenskappe vroeër die maand. Agter van links is Suzette van Rooyen, silwer 2de Boland, 15de SA; Vanessa Langton 4de Boland, 27ste SA; Marianne van der Merwe, 1ste Boland, 5de SA; Middelry Emma McRindle, 1ste Boland, 4de SA, brons; Marlizaan Coetzee, Boland kampioen en SA kampioen met vier goue medaljes en 1 silwer; Janneke Slabber, 3de Boland, 21ste SA; Voor is Ané Nelson, 1ste Boland, 6de SA, brons; Magdel Coetzee, 1ste Boland, 2de SA met twee silwer medaljes en een brons en Ana Coetzee, 2de Boland, 5de SA met een brons; Afwesig toe foto geneem is, Cara Perold, 1ste Boland, 7de SA en goue medalje. Foto: Marietha Goosen

Piketberg Stoeiklub het sy naam aan die begin van September verander na Gymtech Stoeiklub. Alle stoei oefeninge vind in die gym op die mat area plaas en die eienaar van Gymtech, Gerdus Botha is die hoof afrigter van die stoeiklub. Gerdus wil ook aan al die stoeiers baie geluk sê met hulle prestasies op SA vlak, dit maak hom as afrigter baie trots om te sien dat sy afrigting wel vrugte afwerp. Ons SA medalje wenner, Stass Nel het ‘n brons gevat op die SA Jeug Kampioenskappe.

Foto‟s en berig: Gymtech Stoeiklub.

Albert by Afrika Spele Albert Grobler het deelgeneem aan die Africa Goju-Ryu Championship wat in Stellenbosch gehou is in die afdeling Iri-Kumi.

Dewald van Deventer, André Coetzee en Pietman Burger is nie net stoeiers nie, hulle het ook deurgedring tot die 2de rondte van die Weskus Wiskunde Distrikskompetisie. (Sien Oktober uitgawe).


27

PHS Gholfdag groot sukses

Boland Superspar was die hoofborg by PHS se Gholfdag wat by De Hoek gehou is op Saterdag, 15 Oktober 2011. Fondse is hiermee ingesamel ter stuiwing van die skoolfonds. LINKS: Jacques Lambrechts en Carlo Cooper het as algehele wenners uit die stryd getree. Saam met hulle op die foto verskyn Marius Scholtz (Skoolhoof PHS) en Elna Kruger (PRO Boland Superspar). MIDDEL: Marius Scholtz en Elna Kruger wens André Bester geluk. Sy spanmaat, Chris van der Merwe, was afwesig met die neem van die foto. Hulle is as wenners van die Sosiale Gholfers aangewys. REGS: Jo-Anne Lubbe en Talita Schreuder het as dame Sosiale Gholfers met die louere weggeloop. Hier ontvang Jo-Anne hul pryse by Sanet van Schalkwyk van Salon Sanet. Marius Scholtz (PHS) en Elna Kruger wens hul geluk. ONDER: Daar is heerlik saamgekuier by Boland Superspar se “natgat”- hier is „n paar vrolike spanne!

Boland Superspar een van Top 20 spogwinkels in SA Boland Superspar Piketberg het op 12 Oktober ‟n “Service Excellence Toekenning” vir 2011 ontvang. Boland Superspar is as een van die Top 20 winkels in Suid Afrika aangewys, asook een van slegs twee in die Wes-Kaap - voorwaar „n prestasie om op trots te wees! Die winkels is beoordeel op verskeie aspekte van kliëntediens en deurlopende hoë standaarde. Die spoggeleent-heid het by Sun City plaasgevind en bestuur is heerlik bederf. Hiermee baie dankie aan ons getroue personeel en kliënte sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie! Op die foto LINKS, verskyn: Hester Hagen (Bestuurder); Delanie Jooste (Performance Ma-nager); Marietjie Pedro (Winkelbestuurder) en Dean en Tanya Jankielsohn (Eienaars).


28 Zebrafees sorg vir heerlike vermaak R1000 Koopbewys Wenner Potjiekos Wenners !!

Baie geluk aan Jorina Brand wat September die gelukkige wenner van „n R1000 koopbewys trekking was. Jorina sê: “aanhouer wen!” Hier oorhandig Hester Hagen (Bestuurder) haar koopbewys aan haar.

LINKS: 1ste! Sonia Cabano, koskenner, wens Niël Jordaan van die “Dik Dogs”- span geluk met hul oorwinning. Marietjie Pedro en Delanie Jooste van Boland Superspar deel in hul blydskap! LINKS: Die Laffies Grill-span het die 2de plek verower. Delanie Jooste van Boland Superspar oorhandig hul pryse terwyl Marietjie Pedro, Bestuurder Boland Superspar, toekyk. REGS:“Onnies Plak” Wenner: Kontreikos

REGS: 3de plek “Piet se Pot” LINKS: Beste Stalletjie: “Die Gatskoppers”

Soos verlede jaar, was daar heerlike vermaak vir die kinders. Boland Superspar het gesorg vir die Pikkiebraai, Koekversier kompetisie en bultende sakke vol pryse!

Kassier van die maand Boland Superspar poog om die bes opgeleide kassiere wat die mins moontlik foute maak, te hê. Hulle word maandeliks beoordeel en Corrie Windell het September met die louere weggeloop! Baie geluk aan Corrie. Jy‟s „n staatmaker!

Pensioenarisklub Oktober wenner Mnr. Abraham Damon was hierdie maand die gelukkige pensioenarisklub wenner wat gratis inkopies ter waarde van R243.43 (die bedrag van sy aankope) gewen het. Hier oorhandig Santie van den Bergh sy koopbewys aan hom. Alle persone wat ouer as 60 is, is welkom om aan te sluit by Boland Superspar se Pensioenarisklub. Verskeie voordele soos gratis koffie in ons koffiewinkel en afslag op inkopies kan geniet word!

TOPS Redd’s Cooler Combo Wenner

Piket Bo-Berg Cycle Challenge Die Piket Bo-Berg Cycle Challenge het hierdie jaar saam met die Zebrafees naweek geval. Die gelukkige wennertjie (Links) het as kortafstand wenner uit die stryd getree en ook met die gelukkige trekking vir hom „n bergfiets losgeslaan!

Die gelukkige wenner van hierdie Cooler Combo, is mnr. Ferdinand Bruwer. Chevonne Cupido wens hom geluk. Al wat hy moes doen om in aanmerking vir die prys te kom, was om „n 6-pak Redd‟s te koop en sy strokie in die inskrywingsboks in Tops te gooi.

Lentebal beoog vir Armoede verligting Daar word tans fondse ingesamel vir die Lentebal ter stuiwing van die Burgemeestersfonds, wat gebruik word vir armoede verligting. Links: Die Persoonlike assistent van die Uitvoerende Burgemeester Manuel, Nic Beukes, ontvang hier „n donasie van Hester Hagen, Bestuurder, Boland Superspar.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.