2011 August

Page 19

19

BOLAND SUPERSPAR HOU KONSERT - AWEH ! Boland Superspar het op 7 Julie „n ander kleur aan hul personeelvergadering gegee. Daar is opvoerings gehou, met die oog op die wêreldbeker, aktiwiteite beplan, en AWEH-gees gevang sodat uitmuntende kliëntediens gelewer sal word. Die beoordelaars is spesiaal vir die aand uit 7de Laan ingevoer! Foto 1: Die Wenspan! Slaghuis met hul tema “Look Your Best” het weggeloop met die 1ste prys, „n ete vir die groep by Laffies Grill! Geluk! Foto 2: Die Bakkery met hul tema “Keep your Promise” het die 2de plek verower. Foto 3: Die Deli het die 3de plek gewen met "Know your way around the store". Foto 4: Boland Superspar Bestuur in „n ander hoedanigheid ...Matrone en Hilda loer agter die ikabana uit terwyl oom Oubaas „n ogie oor hulle hou. Wonder vir wie blaas hy „n soentjie? Foto 5: Boland Superspar se akteurs in aksie Foto 6: Die wenspan word aangekondig! Foto 7: Oom Oubaas skink „n hanepootjie!

PENSIOENARIS KLUB WENNER VIR JUNIE

R1000 Koopbewys Junie wenner

Baie geluk aan mev Alta van Dyk wat Junie as Pensioenaris klub wenner ‟n koopbewys ter waarde van R288 gewen het. Hier oorhandig Hester Hagen en Johan de Villiers (Bestuurders) die koopbewys aan haar. Alle persone wat ouer as 60 is, is welkom om aan te sluit by Boland Superspar se Pensioenarisklub. Verskeie voordele soos Gratis koffie in ons koffiewinkel en afslag op inkopies kan geniet word!

Baie geluk aan mnr GJ Heyns wat Junie die gelukkige wenner van die R1000 koopbewys was. Sy kleinseun kyk toe terwyl Johan de Villiers (Bestuurder) sy prys oorhandig. Almal wat vir R200 of meer koop, kwalifiseer om in te skryf. Handig u betaalstrokie met u kontakbesonderhede by u vriendelike kassier in, of gooi in die inskrywingsboks.

Kassier van die maand Boland Superspar poog om die bes opgeleide kassiere wat die mins moontlik foute maak, te hê. Hulle word maandeliks beoordeel, en Abigail Afrika het weer eens met die louere weggeloop! Baie geluk!


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.