16
Arbeidskolom Willem Coetsee van HR Dinamik BEROEPSVEILIGHEID EN GESONDHEID Menigte maatskappy word jaarliks deur Departement van Arbeid kennis gegee om met die Wet op Beroepsveiligheid en Gesondheid (bekend as OHSA, „Occupational Health and Safety Act‟) te voldoen. „n Paar klein aspekte in die maatskappy kan lei tot ernstige boetes en of staking van maatskappy bedrywighede. Alhoewel dit mag klink na bog, is beroepsveiligheid „n baie belangrike aspek van enige besigheid, en moet maatskappye aan die volgende aspekte aandag gee in „n poging tot minimum nakoming van vereistes: Elke maatskappy moet sorg dat „n opsomming van die Wet op Beroepsveiligheid en –Gesondheid sigbaar is vir werknemers. „n Harde afskrif van die Wet moet ook beskikbaar wees vir personeel, met al die regulasies van toepassing op die industrie. Werkgewers wat meer as 20 werknemers in diens het, moet „n Veiligheid- en Gesondheidsverteenwoordiger hê om ook die werksomgewing te inspekteer, verslaggewing te doen en bystand te lewer met aspekte relevant tot veiligheid en gesondheid. Hierdie verteenwoordiger mag nie deur bestuur gekies word nie, maar moet deur middel van „n verkiesing bepaal word. Hierdie persoon moet ook die nodige opleiding kry om spesifieke take te verrig in lyn met die bepalinge van die Wet, en industrie waarin die maatskappy bedryf. Die Wet is ook baie duidelik dat elke werkgewer die risiko‟s van elke taak in elke posisie op skrif moet identifiseer. Die doel hiervan is positief aangesien dit dan gebruik kan word in die induksie proses van elke werknemer, en om te verseker dat die persoon bewus gemaak word van moontlike gevare of risiko‟s wat verband hou met sy of haar posisie. Die maatskappy kan hierdie as deel van hul Beroepsveilgheid- en Gesondheidsbeleid maak, om sodoende risiko‟s beter te bestuur. Dit vergemaklik ook die identifisering van nalatigheid, en onklaar raking van toerusting. Werkgewers moet besef dat veiligheids- en gesondheidsrisiko's ook “buite” die besigheidsperseel geld, veral waar die maatskappy te doen het met vervoer van produkte, en of waar werk verlang dat die werknemer “buite” die werksperseel werksaam is. Dit is dus belangrik om nie net risiko identifikasie binne die besigheidsperseel te doen nie, maar ook “buite” die werksperseel. Die OHSA is ook duidelik dat elke werkgewer „n veilige en gesonde werksomgewing moet skep vir elke werknemer, en gaan so vêr om te sê dat die werkgewer eers sy werknemers se veiligheid en gesondheid in plek moet hê alvorens hy/sy hul eie veiligheid en gesondheid in ag kan of moet neem. Werkgewers moet na die risiko identifikasie proses elke werknemer verskaf van meganismes om die risiko‟s te minimaliseer. Hierdie sluit in onder meer veiligheidskleding, veiligheids skerms op masjinerie, en tekens op die perseel om bewusmaking te promoveer. Beroepsveiligheid en Gesondheid is nie „n aspek om af te skeep nie, en werkgewers word gereeld deur die departement aangemoedig om die nodige stappe te doen om die minimum vereistes na te kom. Beroepsveiligheid kan, indien dit reg bestuur word, jou besigheid se bedrywighede
vergemaklik, en kan help dat dinge soos beserings aan diens geminimaliseer word, en om aanspreeklikheid van werkgewers te beperk. Geskryf deur Willem Coetsee van HR Dinamik, Kaapstad tak.
Senior burgers raak “cool”
Vroeg in Maart, op van die warmste dae op Piketberg, het 25 lede van ACVV Rus-‘n-Bietjieklub ‘n bietjie op Dwarskersbos gaan afkoel. Vyftien van die dames het ‘n heerlike seiljagvaart op die Langebaan strandmeer ook ervaar. Die twee dames is Colla Swart en Petra van Renen en die stuurman is Francois Stemmet. Foto‟s en berig verskaf