8 mei 2014

Page 1

Besluit oor Rossmoord oppad

3 vas oor moord Verdagtes probeer glo bewyse vernietig


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 2

Proteadorp geruk deur mes-moord KLEINMOND - ‘n 18-jarige Kleinmonder is vroeg Woensdagoggend hier dood na hy vermoedelik met ‘n mes gesteek is. Die jong man het klaarblyklik nog gelewe toe die polisie by die toneel in Nemesia laan opgedaag het, maar het kort daarna gesterf. Digby die lyk, wat in ‘n oop stuk veld langs die straat gelê het, het ‘n blou Jetta met ‘n CAM registrasienommer gestaan. Die voertuig behoort glo aan ‘n bekende gesin wat net ‘n paar huise van die moordtoneel af woon. Enkele tree voor die motor in die pad was bebloede sleepmerke duidelik sigbaar. Die gebied is afgesper deur die polisie en geskokte inwoners het toegekyk terwyl ‘n span forensiese deskundiges van die polisie die toneel deursoek het vir leidrade. Omstanders het die vermoorde uitgeken as die 18-jarige Nigel April. Sy lyk is skaars 400 meter van die

Proteadorp gemeenskapsaal gevind. Die saal was gister een van die stemlokale vir die landwye nasionale verkiesing. Volgens polisie woordvoerder, a.o. Jaco van Wyk, wat ook op die toneel was, hou die moord glad nie verband met die verkiesing nie. Drie mense is intussen in verband met die moord in hegtenis geneem. Omstanders het aan die Herald gesê dat April na bewering elders aangerand en toe na die stuk veld gesleep is. Daar word ook beweer dat van die verdagtes die motor probeer skoonmaak het. ‘n Emmer en lap is glo in die motor gevind. April se ma. Magrieta, het aan die Herald gesê dat haar seun nie een was wat ooit moeilikheid gesoek het nie. Nigel is die jongste van drie kinders. Omstanders was dit eens dat Nigel ‘n rustige jongman was, wat nie drank of dwelms misbruik het nie.


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 3

Omstanders beweer dat die verdagtes die blou Jetta wat op die toneel gevind is, probeer skoonmaak het om bewyse te vernietig.


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 4


Verkiesing 2014 Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 5


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 6

Bejaardes bring spesiale stemme uit KLEINMOND – Die geleentheid om vroeër vandeeswek spesiale stemme uit te bring is verwelkom by die Kogelpark Aftreeoord. Spesiale stemme kan uitgebring word wanneer mense weens fisieke gebreke, swakheid, swangerskap of gestremdheid nie by ’n stemlokaal kan uitkom om te stem nie. OVK lede het die aftreeoord besoek om seker te maak dat die inwoners wat geregistreer is, die kans kry om hulle kruisie te trek. “As dit nie vir dié geleentheid was nie sou ek nooit gaan stem het nie. Ek kan nie meer weens my ouderdom in lang rye gaan staan en wag om te stem nie”, sê Marie Dreyer (85), ‘n inwoner van Kogelpark Aftreeoord. David Kriel (83) was baie beïndruk met hoe

Een van Kogelpark se inwoners bring Maandag sy spesiale stem uit. vlot dit verloop het. “Dis lekker dat jy jou kruisie sommer so in die gemak van jou eie huis kan trek”, sê hy. Daar was in totaal 29 mense by die aftreeoord wat hulle stemme uitgebring het waarvan

14 by die verswakte afdeling was en 15 by die woonhuise. By die stadsaal was daar ongeveer 7 mense wat gaan stem het weens omstandighede wat hulle nie toelaat om op verkiesingsdag te stem nie.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 7


Overstrand Herald

8 Mei 2014

www.kleinmondonline.co.za

Bladsy 8


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 9


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 10

Die verdagte vroeër by die landdroshof op Caledon

Christa Ross-moord KLEINMOND – Die wiele van die gereg draai stadig, maar hulle draai. Die Herald het betroubaar verneem dat ‘n besluit oor vervolging in die opspraakwekkende Ross-moordsaak binne die volgende paar weke geneem gaan word. Die 59jarige mev Christa Ross is op 31 Augustus 2012 wreed in haar en haar man, Rossie, se gastehuis in Heuningkloof op Kleinmond vermoor. Sy is vermoedelik eers verwurg, daarna is nege van haar vingernaels verwyder en haar liggaam is toe in ‘n bad warm water in die hoofslaapkamer van die Rossta gastehuis gelaat. Forensiese kundiges waarmee die Herald na die moord gepraat het, het gesê haar lyk is waarskynlik in die bad geplaas om die werklike tyd van haar dood te verbloem. Al wat uit die huis verwyder is, was die lakens in die hoofslaapkamer, me Ross se verloofring en haar maroenkleurige Blackberry selfoon. Dié items is ten spyte van ‘n uitgebreide soektog nooit gevind nie. Ross se lyk is die volgende

oggend gevind na haar man, die 61-jarige Rossie telefonies uit Johannesburg navraag gedoen het. Hy het die betrokke oggend omstreeks 3:45 ‘n vlug na Johannesburg gehaal vir besigheid. Hy beweer dat alles wel was toe hy vroeg die oggend die gastehuis verlaat het. Mnr Ross is na die moord deur ‘n plaaslike geneesheer ondersoek en daar is glo kneusplekke aan sy lyf gevind. Hy is later aan ‘n poligraaftoets onderwerp wat hy klaarblyklik nie ‘geslaag’ het nie. Hy het dit egter in ‘n bekende Sondagblad afgemaak as niksseggend. “Ja, ek het die poligraaf gedruip, maar hoe slaag jy so ’n toets?” het Ross gesê. “Ek is in ’n rou-periode; my senuwees is heeltemal in sy maai. Dis hel. Ek moes ook MIVen mediese toetse ondergaan. Toe wou die polisie nog weet van die twee bloukolle op my maag ook.” Intussen het die polisie ondersoek na die moord voortgeduur, klaarblyklik sonder veel vordering. Dié situasie het egter drama(vervolg op bl 11)


Overstrand Herald (vervolg op bl 11) ties verander in Mei 2013 toe ‘n provinsiale ondersoekspan van die polisie ingegryp het. Op 5 Julie het die span toegeslaan en ‘n verdagte in hegtenis geneem. Hy is die naweek in die selle op Kleinmond aangehou en intensief ondervra. Hy is toe aangekla van die moord op Ross. Toe die verdagte egter die Maandag in die landdroshof op Caledon moes verskyn het die aanklaer besluit om nie met die saak voort te gaan nie, maar dit eerder na die direkteur van openbare vervolging te verwys. In die nege maande sedertdien het die Herald herhaaldelik telefonies en skriftelik navraag gedoen of daar al ‘n besluit geneem is om voort te gaan met die vervolging aldan nie. Ons het telkens dieselfde antwoord gekry, naamlik, dat die saak steeds oorweeg word. Vandeesweek het ons vanaf ‘n betroubare bron verneem dat daar ‘n aantal aspekte was waaroor die DOV klaarheid wou hê alvorens ‘n finale besluit geneem word. Uitgesonderd een

8 Mei 2014 aangeleentheid is al die DOV se vrae nou beantwoord en volgens ons bron sal die DOV binne die volgende paar weke ‘n finale besluit neem om die verdagte in die saak te vervolg of nie. Intussen staan die Rossta-gastehuis meesal toegesluit. Die eiendom is verlede jaar in die mark gesit vir R3.6m maar lok klaarblyklik weinig belangstelling.

Bladsy 11


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Potjiekos ‘n Gereelde rubriek oor aktuele sake deur Fanie Krige Fanie Krige van Solid Stuff Media Agency is ‘n bedrewe potjiekosmaker wat al in die politieke kookkuns by ‘n kollege klasgegee en ook jare se ondervinding in munisipale kombuise het. Hy glo dat met ‘n bietjie speserye en kruie en genoeg tyd kan jy iets van benerige vleis en moerige aartappels maak. Peper hom gerus met vrae by redakteur@ overstrandherald.co.za. Ons stuur dit aan.

Raak nostalgies met ‘n mosselpotjie ‘n Vlaag nostalgie het my met die skryf van hierdie rubriek oorval. Ek het teruggedink aan my hoërskooljare in die sewentigs toe ek saam met my oorlede pa die aand van die verkiesing radio geluister het na hoe die eerste uitslae inkom. Gewoonlik so van nege-uur die aand tot my ma my bed kort na tien bed toe gejaag het. ‘n Deurdringende biep-biepbiep sein het alle aandag gedwing op die omroeper wat met ‘n somber, neutrale stem aangekondig het: Hier volg die uitslag van die verkiesing in … Hoekom dink ek dat Yeoville in Johannesburg gewoonlik een van die eerstes was en dat dit meesal die Verenigde Party se kandidate was wat dan die paal gehaal het. Maar deur die nag het die prentjie verander en die oggend op pad skool toe het ek op die kwart-voor-sewe nuus gehoor dat die Nasionale Party gerieflik voor was en dat die Progressiewe Party die Houghton-setel met ‘n groot meerderheid behou het. Waarskynlik het die tellery in die belangwekkende Waterberg-kiesafdeling teen daardie tyd nog nie begin nie, daar waar die politieke profeet Jaap Marais altyd die stryd teen die onversetlike AP Treurnicht

gevoer het. Het ons nie almal in die stilligheid gehoop dat die ou bulhond van die politiek nie teen die verloop van die spel ‘n setel kan wen nie? Hoe anderste was daardie tyd en sy sekerhede tog nie? Of was dit so seker? Ek onthou die 1974-verkiesing baie goed toe die Progge met ‘n klomp jong manne nuwe lewe in die politiek ingebring het. Een van hulle was ‘n oudhoofseun van my skool en sy prestasie om die Rondebosch-kiesafdeling te wen het toe weinig erkenning uit die wandelgange van ons stoere Afrikaner-onderwysinstelling ontlok. Vandag sal almal met my saamstem as ek sê dat Frederik van Zyl Slabbert een van die grootste manne was wat die Hoërskool Pietersburg opgelewer het. Daardie tye het ‘n intense belangstelling in verkiesings by my gevestig. Die waarskynlikste plek waar julle my vandag sal aantref is voor die televisie waar ek met groot belangstelling die ontleding van die uitslae gaan volg. Volgende week sal ek en Wilhelm, die baron van Hangklip wat ‘n koverte agent in die vorige bedeling en ook vir die Mandela-regering was, ons siening met u deel. Vandag is ook ‘n goeie dag om

Adri se Mosselpotjie op die proef te stel. Sy het ook ‘n paar stories uit daardie vervloeë era want dit was hier teen die einde sewentigs begin tagtigs dat Potjiekoskoors die land behoorlik beetgepak het. Adri Keyser was destyds ‘n voedingskundige en skakelbeampte by die Aartappelraad. Sy en haar man, Andro, ‘n fynproewer in eie reg, moes menige Saterdag potjiekoskompetisies gaan beoordeel. Dié kompetisies was groot, soms met tot veertig spanne en het hulle

Bladsy 12 nie uitgehang nie! Die Keysers het gou besef dat daar verby die stalletjies en die bykosse gekyk moet word. Gelukkig was die meeste deelnemers dit eens dat dit oor die potjie moet gaan en nie iets anders nie. Hulle het ook besef ‘n seekosen ‘n vleispotjie kan nie saam beoordeel word nie – dis twee aparte klasse. In die resep word daar afgewyk van die gevestigde potjiekoskonvensies, maar dan is dit ook so dat ‘n mens eers die reëls moet ken, voor jy dit kan breek.

Adri se Mosselpot - 2 uie in redelike dik ringe gesny; - 60g knoffelbotter; - 50 ml olyfolie; - 1pk [400g] sampioene in die helfte gesny; - 500 ml gevriesde groente [wortel, soetrissie, pynappel en murgpampoentjie – mengsel]. Indien verkies, kan dieselfde vars gebruik word en in stukkies gesny word. - 500g rou skoon mossels; - 4 – 5 “russians” in ringetjies gesny; - 250 ml wit wyn gemeng met 60ml meel as verdikkingsmiddel; - 125 ml room; - Geurmiddels na smaak - sout, growwe swart peper, tiemie; en - Gekapte suurlemoenskil en pietersielie om voor bediening oor te strooi. 1. Soteer die uie in die knoffelbotter en olie. 2. Voeg sampioene by en roerbraai vir ‘n paar minute. Geur met sout, peper en tiemie. Roer nou die groente in. As die potjie ‘n bietjie droog lyk, kan ‘n klein bietjie water bygevoeg word. 3. Voeg mossels by en laat dit vir 5 minute prut. Voeg die “russians” by en laat vir nog ongeveer 5minute prut. 4. Roer die wyn - en meelmengsel in en laat dit saggies prut tot die sousie verdik is. Roer die room in, proe, geur nog as dit nodig is. 5. Sprinkel gekapte suurlemoenskil en pietersielie oor en bedien op rys of pasta. Hoop u ‘n goeie verkiesingsuitslag daarmee saam vier!


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Thirty schools in fourteen days Whale Coast Conservation is on the road again. Over the next 2 weeks learners from all 30 schools on WCC’sWhale Coast Eco-Schools programme will visit the Sustainable Future Road Show and have fun while learning.The ten exhibits show how we can live sustainably and save money as well.The Show will go to Gansbaai, Stanford, Hermanus, Zwelihle, Hawston and Kleinmond. Funding for the Road Show comes from the National Lottery Distribution Trust Fund. During the course of each show day, groups of 80 learners from different schools willarrive every hour.Through interesting, interactive exhibits, they will learn how each of us can help to protect the valuable services we get from natural eco-systems – for free. There will be demonstrations of how we can generate electricity bywave, wind and solar energy instead of using dirty coal; how we can save electricity - and

our money; how important fresh, clean water is to our survival and how to use that water sparingly; how we can save money on waste removal by recycling and reusing scarce materials; how we can turn kitchen waste to productive use; and much more. Parents and the public are invited to come along from 15:00 to 16:00 on each show day to see what the kids are learning. There will be valuable tips and interesting facts to explore. Entrance is free. Show dates: Tue 13 May Gansbaai Laerskool Wed 14 May Zwelihle Primary Fri 16 May Hermanus High Tue 20 May Stanford Community Hall Fri 23 May Hawston Community Hall Tue 27 May Kleinmond Community Hall

Bladsy 13


Overstrand Herald

8 Mei 2014 fb afstand. Die meeste dinge waarin ek belangstel is ‘n boek of ‘n google of ‘n CD ver. Die enigste ding wat mens nie kry nie, is atmosfeer en dis hoekom ek graag die stede op my lys wil

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie?

My emmerlysie Die “bucketlist”-ding was nog nooit iets wat ek eintlik gehad het nie. Doen wat jou hand, voet, mond of wat ook al vind om te doen en geniet dit, is meer my lyn. Maar toe kom kuier my niggie by my en sê om by my in die Kaap te kom kuier, was op haar lysie. Nou wil sy nog net hier kom bly. Ek het hard gaan dink oor wat ek graag nog sou wou doen. Ek het al geskilder. Ek brei gereeld en graag. Ek het die eggenoot en die twee kinders wat ek graag wou gehad het. Ek het al ‘n paar avonture in buurlande en SuidAmerika beleef. Nou ek woon op ‘n lieflike plek en ek het ‘n paar roosbome aan die groei. Die eerste ding wat by my opkom, is dat ek nog altyd graag wou klavierspeel. Ons het nooit een gehad nie, dus het ek nooit leer speel nie. Wat ek wel geleer het, is om klassieke klavierspel en enige klassieke musiek ernstig te waardeer en geniet. Ek verstaan mense leer deesdae sommer op ‘n aansienlik kleiner en goedkoper klawerbord. Moontlik kan ek hierdie begeerte op ‘n lysie sit. Dan sou ek graag ‘n Europese hoofstad of twee, drie, vier wil gaan besoek. Nou weet ek nie of mens elke stad afsonderlik moet tel nie, want ek wil nie alles vinnig in een toer afhandel nie. Daar is te veel wat ek wil sien en ervaar. Rome sal ek graag wil besoek, omdat my ma dit in haar jeug as lugwaardin gesien en baie geniet het. Dit sal amper soos ‘n soort bedevaart wat ek wil

onderneem om aan my ma te dink. In Wene sal ek na kunsgalerye, die Stadttempel (sinagoge), die Joodse woonbuurt in die stad, die Schönbrunn-paleis, die Staatsopera, die Prater, museums oor die stad, Johan Strauss senior en junior en oor Freud wil ervaar . In Londen sal ek die St Paul’s katedraal wil sien en op ‘n rooi bus en in ‘n taxi ry. Die ander name op my emmerlysie is Parys, Boedapest, Warskou en Berlyn. Duidelik is my wenslys moontlik te lank vir een leeftyd, veral aangesien ons in rand moet betaal teen euro of pond. Verby is die dae dat ek wou skuba (rigtingbeduiweld geraak onder die water), valskermspring of ongerepte plekke besoek om foto’s te neem. Ek wil nie Kilimandjaro uitklim of op ‘n eiland woon nie (behalwe wanneer ek wil weghol oor die politici se belaglikhede). Toe ek ‘n kind was, was daar die een of ander sigaret-advertensie oor waar die “high-life” is. Toe het dit so aanloklik gelyk (die rokery sowel as die sogenaamde “gesofistikeerde lewe” ), maar nou wéét ons die een is baie gevaarlik en die andwer een lyk dit hoogs kunsmatig. Na ‘lang bepeinsing, is daar regtig niks wat ek nóg wil doen om my lewe as vervuld te beskou nie. Ek hou van lekker eet en goeie wyn, en die kry ons hier. Goeie koffie is op die dorp beskikbaar. Die mense met wie ek graag kuier en gesels is óf hier of binne ry-, bel- of

Bladsy 14 besoek. Maar indien dit nie kan nie, dan kan dit nie. Alles in ag genome, kan ek maar my emmertjie wat oorloop gebruik om my rose mee nat te gooi voor ek hom skop.

Briewe

Kuswegreservaat Dit is goed dat die publiek deelneem aan besprekings hieroor. Dit is ‘n ou beginsel dat die reg nie diegene beskerm wat slaap wanneer sake van belang vir hulle ter sprake kom nie. Diesulkes is dikwels juis dié wat die meeste besware het as dit te laat is. Dit is ook ‘n feit dat gewone landsburgers internasionaal byna sonder uitsondering vrye toegang tot die see het tot en met die hoogwatermerk. Hier is dit die geval. Ongelukkig is ‘n groot deel van Kleinmond se strandfront byna ontoeganklik om verskeie redes. Ek glo dat Kleinmond se inwoners, behalwe miskien enkeles op die voorstrand, ter wille van hul uitsig, beter en groter toegang tot die strand sal verwelkom. Ook sal dit by besoekers die indruk skep dat Kleinmond ‘n vriendelike dorpie is wat graag sy natuurskoon met ander deel. Die wandelpad deur die reservaat, wat deur baie gebruik word, is ‘n groot aanwins vir die dorp. Die erflaters wat soveel daartoe bygedra en dit sekerlik vir almal bedoel het, verdien ons opregte dank. Dit is sekerlik

die munisipaliteit se plig om dit in stand te hou en selfs te verbeter as dit moet. Wat die beoogde veranderings aanbetref is ek genader om my daarteen uit te spreek, maar na deeglike oorweging kan ek nie anders as om dit te steun nie. Hoofsaaklik ‘n groot voordeel sal wees as daar nog ‘n paar ruimtes aangebring kan word soos die een aan die oostelike kant van die reservaat waar voertuie kan parkeer op ‘n behoorlik geplaveide oppervlak met toegang tot die wandelpad en die see. Brand bly ‘n gevaar wat nie buite rekening gelaat kan word nie en sulke parkeerplekke sal kan dien as brandpaaie. Brande sal ook makliker van hier bestry kan word. Veral inwoners sal makliker die wandelpad en sy rusbanke kan gebruik. Dit sal beslis veiliger wees as wat tans die geval is en dit mag ook die stropers en bosslapers ontmoedig. Ek is seker dat besoekers dit sal waardeer, veral die wat nog klein kindertjies het wat hul ook besoek aan die see wil geniet. JP de Wet

Why are so many properties for sale? This morning the Internet advertises 516 Houses and 656 Plots for sale in Bettysbaai, could this be an exodus in response to the council’s increases of rates and charges for property owners?. Actually the number of houses for sale should read 517 as I would dearly like to

sell my home and move away, adding my name to the list of “refugees”. Unfortunately the potential monthly expense of owning property in the Overstrand deters many buyers and the result is a drop in valuation and a glut of property for sale. Frank Helm


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 15

VLV-vroue verskuif die klerekas se grense KLEINMOND - Aha! Uitgevang! Jy het nou net gedink die vroue het alweer soveel gekoop dat die kas te klein geword het, maar hulle het juis tydens die onlangse VLV-maandvergadering die teenoorgestelde gehoor. In aansluiting by die VroueLandbouvereniging van Kaapland se jaartema “Verskuif jou Grense”, het Lorinda en Chrissie van Vivid Image Boutique die dames aangeraai om die grense van hul klerekas te verskuif deur met nuwe oë voor die kas te gaan staan, hul denke bietjie te verskuif en dan deur te meng en pas en net met die toevoeging van ietsie ekstra, ‘n klerekas se moontlikhede te vergroot. Begin met ‘n basiese swart/ bruin/navy of grys langbroek en ‘n bypassende lang- of kortmou T-hemp. Dra dan daaroor ‘n bont lospassende jurk en die veelsydige nonnie-baadjie (wat baie figuurfoute verbloem) en rond dit af met bonkige juwele, ‘n serp en ‘n handsak in ‘n aksentkleur. Verander jou uitrusting na formeel of minder formeel met die verandering van skoene se hakhoogte en juwele se glans. Wees ‘n bietjie waaghalsig en speel met kleure soos skokpienk, kobaltblou en lemmetjiegroen saam met die basiese kleure en voeg tekstuur by met kant en satyn of sagte wolstowwe. Kleinmond se 4seisoene in een dag-klimaat vra vir hierdie gelaagde voorkoms. ‘n Kleurvolle verskeidenheid uitrustings op klererelings en bykostighede het die praatjie baie goed toegelig en bygedra tot die sukses van die aanbieding. Dat vroue grense verskuif het ook op die gebied van kleredrag is duidelik as mens na die tydskrifte en patroonboeke van die 50er jare kyk wat uitgestal is – geen rokke bv. meer met ritssluiters agter nie! In haar voorlesing uit Die Blye Dae van

V.l.n.r. Annie Jooste (taksameroeper vir Leefstyl/Naaldwerk) en Henriëtte Cruywagen saam met Lorinda en Chrissie by ‘n pop aangetrek met ‘n voorbeeld van die veelsydige oorjurk. Audrey Blignaut, het Cecile Coetzee skitterend hierby aangesluit tot groot vermaak van die gehoor. Met die herfs wat voorlê en tuiniers wat weer ywerig in die klam grond gaan woel, het Susan Marais die groot getal indringerplante in ons tuine onder die lede se aandag gebring. “Kap uit, sny af en vernietig” was Susan se opdrag aan die toehoorders toe sy praat oor pampasgras, port jacksons, tecoma stans, sesbanias, purperwinde, selonsroos en waterhiasint. Sy het ook voorbeelde vertoon van elk. Nadat die vergadering verdaag het vir tee en heerlike verversings voorgesit deur die VLV-lede van die Leefstylportefeulje, afdeling Naaldwerk, kon die dames nog rustig die verskillende uitrustings bekyk en vir Lorinda en Chrissie om raad vra. (Hermien van Zyl)


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 16

Kleinmond Kiekieklub hierdie maand is “beweging/ motion blur”. Probeer dus om een of ander vorm van beweging in jou beeld vas te vang. Tydens die tweede helfte van ons byeenkoms sal Anli Theron vir ons ‘n aanbieding doen oor hulle besoek en werk in Khazakstan.

Eerste - Deon Zwiegelaar Kleinmond Kiekieklub het Dinsdagaand 29 April byeengekom om die onderwerp van hout onder die vergrootglas te plaas. Lede het 47 verskillende beelde van hout vir die kompetisie ingeskryf en andermaal onderstreep hoe uiteenlopend elkeen die onderwerp interpreteer het. Michael Flemming en Friso Woudstra het die inskrywings beoordeel, terwyl Michael kommentaar op elke individuele foto beeld gelewer het. Die volgende persone het eervolle vermeldings vir hul inskrywings ontvang: Rina Boonzaaier, Vic Brink, Alex Boonzaaier en Francois Malan. Nico Jacobs was derde en Alex Boonzaaier tweede, met Deon Zwiegelaar wat met die wenprys weggestap het. Ons sê graag dankie aan ons borge vir hulle ondersteuning. Eerste prys deur Kleinmond Apteek; tweede prys deur Build It en derde prys deur Montagu

droë vrugte Padstal. Daarna het Francois Malan vir ons op ‘n mikroskopiese reis deur die wonderwêreld van hout geneem. Hy het in sy aanbieding vir ons vertel hoe hout by die verskillende plantsoorte in die wêreld inpas en hoe die houtsoorte van mekaar onderskei kan word. Hoewel ons sekere soorte met die blote oog kan identifiseer, is dit nodig om ander soorte mikroskopies te ondersoek vir identifikasie. Dit is ook onder die mikroskoop waar ‘n mens die fyn netwerk van selletjies waaruit die hout bestaan, kan waarneem. Ons opregte dank aan Francois dat hy sy jare lange navorsing oor hout in ‘n neutedop met ons kom deel het. Ons volgende byeenkoms vind plaas op Dinsdag 27 Mei om 19h00 in die NG Kerksaal op die hoek van Eerstelaan en Derdestraat. Ons tema vir

Indien u enige navrae het in verband met die Kiekieklub, is u welkom om Gerhard van Helsdingen te kontak by 0833069332 of per e-pos by gerhalta@sonicmail.co.za. Intussen moet julle asb julle kameras laat werk, werk, werk. Deur Gerhard van Helsdingen

Tweede - Alex Boonzaaier

Derde - Nico Jacobs

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 17

Local knife maker’s journey to perfection Jacques Myburgh KLEINMOND – The Overstrand is full of talented and vibrant people who find a means of doing something different and productive with their free time. One such person is John Coyte. Coyte, a retired mining group director who came to Kleinmond in 2000, makes knifes from scratch. His knifes are no cheap China imitation of a MacGyver knife. He makes anything from biltong knives to hunting knives, and even makes braai hooks. He uses stainless steel for the blade, quality wood like olive wood or hardepeer for the handle and makes the sheath from genuine leather and layers it with crocodile or snake skin. “I gather all the raw material myself. The supermarket has some wood that I sometimes use for a handle that would otherwise have been used for firewood. It makes a hell of a handle”, says Coyte. Coyte practises his hobby in the comfort of his own garage. His equipment is neatly packed and the only thing that he does

not do is etch on the blade. A small furnace stands in the corner where he heat treats his blades. “The stainless steel is shaped and filed all by hand”, says Coyte. His passion for this hobby started a few years ago when his son-in-law introduced him the art of knife-making. “My son-in-law was a knife maker himself and one day he said, ‘Let’s make knives together,’ and we took and old file and he showed me how to do it. Since then I’ve been trying to perfect this very specialised art. If the bug bites you, it never let’s go.” Coyte’s clientele mainly by word of mouth. “I have some knife making friends who send their customers to me if their workload is too large. Others hear of me from previous satisfied. I make sure that every knife is made to the utmost perfection.” (If you know of someone like Coyte or would like to tell us about your unique hobby or talent, feel free to email Jacques at jac@overstrandherald.co.za)


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 18

www.overstrandherald.co.za

Hey-ho, Jemma and Shooting Star! KLEINMOND - Our local very able equestrienne has again attained very high honours in the Western Province Autumn Showing Championships which were held at the end of April. Jemma Anderson (13) on her horse, Halliford Shooting Star, won the Open Champion Pony Riders Hunter Pony; the Open Pony Riders Show Pony, as well as the Novice Reserve Champion Pony Riders Working Riding Pony. In the Handy Hunter class, the pair attained a third place. These achievements led to Jemma being appointed the Western Province Pony Rider Grand Champion on Show. Jemma and Star have now been invited to the WP showing team trials in Cape Town this week.


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 19

By “Rocky”, Pringlebaai se nuwe brandweervoertuig, staan van links rdl Lisel Krige, Clayton Francis, Pierre Kruger, Wendy Tawse, Vic Brooker en David Mellet.

Brandweerdag bou beter bande Internasionale Brandweerdag is op Saterdag 3 Mei met ‘n reuse-saamtrek van Wes-Kaapse brandweereenhede en reddingsdienste op Hermanus gevier. Brandweervoertuie en –personeel van die distriksmunisipaliteite Overberg, Weskus, Eden, Kaapse Wynland, Stad Kaapstad en die plaaslike owerhede van Overstrand, Stellenbosch, Drakenstein, Breede-vallei, Langeberg, en Hessequa het aan ‘n optog en demonstrasies deelgeneem. Ook spanne van die Nasionale Seereddingsinstituut en die Wes-Kaapse Mediese Reddingsdiens was teenwoordig. Ingesluit by die program was ‘n spanuitdaging wat deur die Eden-distriksmunisipaliteit gewen is. Drakenstein het die prys vir spangees gekry en Overstrand het sy naam die beste uitgebeeld. In ‘n kort erediens deur kapelaan Robson is die laaste eer bewys aan brandvegters wat hul lewens die afgelope jaar verloor het. Volgens Overstrand-burgemeester Nicolette Botha-

Guthrie is brandbestryding die naas-gevaarlikste beroep in die wêreld, maar diegene wat daarby betrokke is het dit as ‘n bestaansnorm aanvaar en put vreugde daaruit om lewens te red, beserings te verhinder en rampe te voorkom. Elke edele saak in die geskiedenis is gerig deur die basiese oortuiging dat daar goedheid in die mens is. In die poging om lewens en eiendom te te red, moet hoë vlakke van diens gehandhaaf word en dit verg toewyding en betrokkenheid. In die proses doen brandweerpersoneel jare van selfontwikkeling en ervaring op. “Dit is nie ‘n normale werk nie, maar eerder ‘n lewenswyse waarvan die waardes in jou hart vasgelê word. Die selflose dapperheid en integriteit van ‘n brandweerman word nie maklik deur ander verstaan nie en die algemene publiek is nie bewus hoe gedrewe die brandvegters is deur hul geloof in die mensdom, selfs onder die moeilikste van omstandighede nie,” het sy gesê. Die Burgemeester het die hoop

uitgespreek dat die verrigtinge van die dag beter begrip sal bevorder van wat dit verg om ‘n brandvegter of ‘n noodspesialis te wees. Die Hangklip-area was sterk teenwoordig en Pringlebaai se brandweerwa was ook ‘n prom-

inente deel van die uitstallings. Wendy Tawse van Bettysbaai sê die dag se gebeure het haar beïndruk. “Ek glo dit kan net elke jaar groei en beter word.” Berig en foto’s: SSMA/Fanie Krige


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 20


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 21


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Go green

Tortoise – Family: Testudinidae Genus: Psammobates South Africa has 13 species of tortoises of which 8 are found in the Western Cape region. The Geometric tortoise (P.geometricus) is a highly endangered species in the South Western Cape. The Geometric tortoise occurs only in the low-lying Renosterveld Scrublands and Alluvium Fynbos of the South Western Cape. It is endemic only to this winter rainfall region. It can be identified by a very strong black and bright yellow star-patterned convex-shaped carapace, which serves to defend it from predators and the pattern also assist it by blending in with its environment. The front legs are covered with unequal sized scales and the front feet have five toes, whereas the hind feet have only four toes. This is a very small tortoise, with a marked difference in size between the male, at about 100mm, and the female being larger at about 125mm. Their diet consists of mainly leaves, flowers and shoots of a range of Fynbos, Renosterveld plants and grasses. Sexual maturity is reached at approximately 10 years of age and females lay one or more clutches of 1 to 5 eggs during spring, in a hole dug in the ground and then covering it grass or other available vegetation. The eggs generally hatch after the first winter rains

when the ground is softened and the fresh young annual plants have appeared, providing food and shelter for the tiny hatchIings. They also feed on small succulents, herbs and grasses and will also use the vegetation as shelter when it is too hot or too cold. It is a very shy tortoise and when it is encountered it will immediately retract into its shell or will scramble for the nearest shelter under vegetation. The Geometric tortoise has lost about 97% of its habitat. It was therefore imperative that they are protected under Nature Conservation Ordinance of the Western Cape Province, and under Schedule 1 of CITIES as they are now one of the top most 25 most endangered tortoises

in the world. It is estimated that there is only about 2,000 to 3,000 individuals left in the wild. Our ‘own’ pristine Kogelberg Biosphere Reserve is one of the safe habitats for the Geometric tortoise. Threats to this highly endangered little tortoise, according to CapeNature:> Loss of habitat – the vast majority of its tiny natural range has been taken over by farms and housing due to urban and agricultural expansion; > Severe fragmentation of their remaining habitat put severe pressure on small and isolated populations; > Invasive alien vegetation and animals, such as feral pigs, leads to further degradation of their habitat; > Veld fires will destroy populations as they are too slow to outrun the flames; > Poaching of eggs and capturing them for the pet trade, for food or for their shells, will further

Bladsy 22 impact their numbers and spike demand for illegal trade. What can we do to save these special little tortoises? - Remember tortoises are wild animals and generally do not make good pets; - If you find a tortoise in the middle of the road, pick it up and place it safely on the side – remember to place put it down facing the direction it was originally going; - If you find a tortoise on its back, turn it over onto its feet to allow it to walk away; - Tortoises like to be alone, so if you find one by itself it does not mean is that it is lost; - If you suspect any illegal actions against tortoises report it to CapeNature.co.za. “It is our task in our time and in our generation, to hand down undiminished to those who come after us ..... the natural wealth and beauty which is only on loan to us.” (President J F Kennedy)

KLEINMOND - ‘n Dogtertjie van sowat 8 jaar is verlede Vrydag raakgery in die hoofstraat. Sy wou volgens ooggetuies die besige pad oorsteek. Sy het ‘n ligte kopbesering opgedoen en is per ambulans na Hermanus geneem.


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 23

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 24

Rolbal: Obermeyer 2 - 4 - 2 toernooi KLEINMOND - In heerlike koel weer, is op Saterdag 3 Mei 2014, rolbal tussen die klubspelers gespeel. Hierdie geslote toernooi, is te danke aan die borg, Philip Obermeyer, plaaslike oogkundige. Gedurende die oggend is twee wedstryde en na middagete, een wedstryd, gespeel. Elke wedstryd, het oor twaalf koppe plaasgevind. Die uitslae is as volg: Die wenners was Christa Steenkamp en Phillip Graham 37 (+30) met Thys Smuts en Hubert Bock 32 (+34) as naaswenners. Wynand Neethling en Tiki Rossouw 32 (+20) het in die derde plek

geĂŤindig met Bob Bradnick en Graham Utton 32 (+13) vierde en Sandra Helmbold en Letitia Hoffmann 31 (+12) in vyfde plek. Na die eerste wedstryd het die spelers tee met heerlike muffins geniet wat deur Bekkie Galloway gemaak is. Madelein Coetzer met haar span, het vir ‘n smullekker middagete gesorg. Die getroue kroegmanne, het tydens die prysuitdeling, gesorg dat die spelers iets koels kon afsluk. Ons dank gaan aan ons borg en almal wat meegewerk het om die dag aangenaam te maak. (Koos)

Eerste - Phillip Graham, Christa Steenkamp

Tweede - Thys Smuts, Hubert Bock


Overstrand Herald

Derde - Wynand Neethling, Tiki Rossouw.

Vierde - Graham Utton, Bob Bradnick

Vyfde - Sandra Helmbold, Letitia Hoffmann

8 Mei 2014

Bladsy 25


Overstrand Herald

8 Mei 2014

DAGBOEK

9 & 10 Mei: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdag-oggende (winter) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 0282713260/0727780249. Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. 20 Mei: Kleinmond Kapgroep/Hack Group ontmoet om 08:30 by die parkeerterrein, h/v Hoofweg en 6de Straat vir so ‘n 3 ure se uitroei van indringerplante in ons dorp se natuurreservate. Nuwe helpers meer as welkom. Vir meer inligting skakel gerus 028 271 5022. 21 May: Kleinmond Bird Club. Venue: Arabella and Rooisand. Meet at Kleinmond library car park 08:00. With winter approaching and most migrant birds having now departed, good birding venues are nog easy to find. However Bot Lagoon always has something to offer, be it fynbos birds and raptors on the fringes, or sea birds and waders on the water. Look out for the residennt fish eagles in the area. We will start the morning with a drive to Arabella, and a short walk in the grounds and along the waters edge. From here we will drive to Rooisand and walk to the bird hole. On our return we will picnic in the car park. Please bring chairs. Cost of car share R10/ Club levy R5. All welcome. Enquiries Daphne Richardson 028 271 3993 22 May: Friends of the Hangklip Library. Theme: “Die Padkaart van `n Speurder” met Wouter Grové. The author will tell of his 36 years in the SA Police & retiring as chief of the Detective Branch. This book on Sale @ R150. All welcome!Time 10h30, Venue Betty`s Bay Library 27 Mei : Kiekieklub byeenkoms om 19h00 in die NG Kerksaal. Tema vir die maand is, “beweging/motion blur.“ Aanbieding deur Anli Theron. Sy gaan vir ons vertel en wys hoe dit in Khazakstan lyk. Almal is baie welkom. 31 Mei: Laerskool Kleinmond hou Karnaval ! Heerlike koeke, terte, poedings, pannekoek en middagetes beskikbaar. Kindertafel, speletjies, snoepwinkel, plaasstal en rustige teetuin en potjiekos rond die dag af ! Kom geniet die dag saam met ons kinders by Laerskool Kleinmond.

Bladsy 26

BUKSIES

WANTED / GESOEK Saamrygeleentheid word aangebied van Kleinmond tot in Strand/ Somerset-Wes omgewing vir 2 persone net weeksdae. Rook in motor word nie toegelaat nie. Skakel 082 733 4227 Soek hout dubbelbed met matras, grassnyer en yskas. Skakel 028 271 3496 Dear owner, I am a reliable tenant who will care for your home. Long term lease. Two small dogs. Maximum R3000 per month. Phone Karen 079 280 7723 Grace is a Malawian lady who is looking for domestic work Monday, Wednesday and Friday. Has reference 082 495 5591. Phone 060 322 8129 Monica is looking for any kind of work every day. Phone 073 414 8123 Aggy is a Zimbabwean lady who is looking for waitress or domestic work. She is honest and very reliable and has reference. Phone 084 834 7440 Small bar fridge of small fridge. Phone 072 282 9096 I would like to rent a house or flat. Phone 082 722 3837 Iemand om kwadropleeg te versorg vir 2 weke lank, inslaap. Skakel 083 805 2066 Patricia is looking for any work during the week. Phone 073 076 1086 FOR SALE / TE KOOP Garage sale 16 & 17 May 14, 10am - 4pm, 3627 Microloma Road, Betty’s Bay, For more information contact Natalie 072 991 8303 nat. gold10@gmail.com Laaikas R350, Sitkamerstoel (wat opslaan) R350. Riempie bankie R200. Skakel 028 271 3496 / 082 579 580 Antieke dubbel ysterkatel (swart met koper) R5000. Without sit/ slaapbank (± enkelbedgrootte) R600. Dfey 420Stoof R700. Skakel 028 271 3094 / 079 522 4183 Dropsid table with 4 chairs. ± 300 Builder bricks – own transport. To view at 17 Luckhoff street between 15:00 – 17:00 Salton skottelgoedwasser R500. Trimrite randsyer R100. Skakel 082 563 4274 Twee Cloud Nine enkel beddens – base en matras (soos nuut) R2200. Twee kopstukke gratis. Skakel 028 271 5069 Duim tyre, baie netjies (soos nuut) vir Toyota Corolla (nuwe fatsoen) R300. Skakel 076 843 8679 Dubbelbed basis (kompak) met matras R500. Skakel 082 829 6128 / 072 455 8914 Veeldoelige stewige trailer 9,7 x 1,2x x 40cm diep. Alfo turbo elektriese grassnyer (2600 watt) bak 52cm wyd. Skakel 028 271 5373 / 082 375 3742 Vars rooi bakpatats. Skakel 072 596 0125 / 028 272 9869


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 27

Echo groep verower goud KLEINMOND - Dié groep leerders uit gr 5-7 van Laerskool Kleinmond wat aan die Eco Schools projek deelgeneem het verlede jaar, het ‘n goue sertifikaat verower vir hul bedrywighede. Die projek beywer hom onder meer daarvoor om kinders te leer om ‘n gesonde omgewing te bou en te bewaar.

www.overstrandherald.co.za

Skaakspelers presteer KLEINMOND - Genéve Menhert (gr. 6) en Charl van Wyk (gr 3) van Lerskool Kleinmond het

van 1-3 Mei aan die Weskaap skaakproewe wat op George gehou is, deelgeneem.


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 28

KERKE / CHURCHES

NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.

Christian Revival Church “Mend the nets, the catch will be great” Main Road 68 Wednesday Nights at 19:00. All ages welcome. We worship, praise and love God with boldness and with all of our heart, so come and join us! Heinrich 072 460 6226 / Riana 072 403 0599 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Kleinmond Gottesdienst 2014 Sonntag 25 May 2014 - 15h30 Sonntag 27 July 2014 - 15h30 Sonntag 28 September 2014 - 15h30 Sonntag 30 November 2014 - 15h30 Adventsfeier CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Deacon: Rev. Lester May 021 856 3793 / 082 568 4187

NG KERK: 11 MEI 09:30 Kerkgebou Ds. Schalk van Wyk 09:00 Sentrum Ds. Nico Rabe 09:00 Kerksaal Ds. Barry Lordan

KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 Woensdae: Biduur om 18:30 GEREFORMEERDE KERK H/v 13de Laan & 6de Straat. Tel: 028 271 5359 Skriba: Izak Lessing Tel: 028 273 8134 / 083 259 3403 Eredienste Sondae om 09:30 en 18:00 09:30 Ds Ferdie Postma 18:00 Ds Ferdie Postma LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay. Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Sunday Service time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9551 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Heide Street Priest is Father Vincent Bastiaan 028 284 9772 Chapelwardens is Leilani 0799804540, Susan Megan 028 271 3546 First and Third Sunday: 10:00 Holy Eucharist Second Sunday: Morning Prayer Fourth Sunday: 07:30 Holy Eucharist Fifth Sunday: Family Service (Notice Will Be Given In Church Where It Will Be) Sunday School: 09:00 Every Sunday except 4th And 5th Sunday First Tuesday: Council Meeting @18:00 Second Tuesday: 10:00 Holy Eucharist and visit of sick Third Tuesday: Evening Prayer @ 18:30 Fourth Tuesday: Holy Eucharist @18:30 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 VG PROTEADORP - Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00


Overstrand Herald

8 Meil2014

Bladsy 29


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 30


Overstrand Herald

8 Meil2014

Bladsy 31


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 32


Overstrand Herald

8 Meil2014

Bladsy 33


Overstrand Herald

8 Mei 2014

Bladsy 34

SERVICES - DIENSTE


Overstrand Herald

8 Mei 2014

www.overstrandherald.co.za www.kleinmondonline.co.za

Bladsy 35


Kleinmond golf results Results for 30 April 4B Alliance competition: First: A. Brand, J. Zeelie, H. Grimbeek and H. Emmenis with 94 points Second: S. Kruger, S. Burger, D. Rossouw and G. du Toit with 89 points Third: S. Cloete, B. Coyles, B. Steyn and C. Murray-Smith with 89 points Results for 2 May Sundowner competition:

First: D. Ungerer with 24 points Second: C. Van Heerden with 22 points Third: E. Koopman with 22 points Results for 3 May 4 BBB stableford competition: First: V. vd Walt and F. Vermeulen(absent) with 47 points Second: W. Emmenis and H. Emmenis with 46 points Third: W. Pienaar and F. Bruwer with 45 points. M. Kotze, D. Ungerer

M. Kotze, V. Van der Walt

A. Brand, J. Zeelie, H. Grimbeek, H. Emmenis


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.