Overstrand Herald
20 Maart 2014 die Boodskap, die leuse van die Rapportryerbeweging, te wees deur die uitdra van die Christelike geloof in Afrikaans en die belangrikheid van die moedertaal. Daardeur gaan o.a. die Bybelvasvra-projek wyer blootstelling kry en die laerskole in Kleinmond is as van die skole geïdentifiseer om gewerf te word om daaraan deel te neem. Ander projekte wat deur
VLV versterk Rapportryers se innerlike BETTYSBAAI - Die bekwame en vriendelike wyse waarop die dames van die VLV-tak van Kleinmond tydens die onlangse Landsberaad van die Rapportryerbeweging die spyseniering gedoen het, het beslis bygedra tot die aangename herinnerings waarmee afgevaardigdes van sover as Newcastle, Bethlehem, Polokwane en Rustenburg kon terugkeer huis toe. Verbeterings is tans aan die gang by die Mooi Hawens-oord in Bettysbaai waar die beraad deur die Rapportryerskorps van Caledon aangebied is, maar ‘n VLV-vrou laat haar van niks onderkry nie en alles was elke keer op die regte tyd warm en gereed vir skep. Vanaf Donderdagvoormiddag toe die eerste afgevaardigdes uit Gauteng begin arriveer het, het die VLV reggestaan met borde vol snoephappies, varsgebakte brode by potjiekos en die heerlikste etes Vrydag heeldag. Hulle het eers alles begin opruim toe die laaste stukkie vis uit die bak geneem is Saterdag met middagete. Hoenderpastei- en soetpatatresepte is selfs met die manne uitgeruil! ‘n Dinee, aangebied deur raadsheer Chris Punt, burgemeester van die Theewaterskloof Munisipaliteit, het die beraad se amptelike verrigtinge Saterdag-
aand afgesluit. Tydens hierdie geleentheid is die Rapportryers se hoogste eerbewys, die Presidentstoekenning, aan Riaan Cruywagen, die langsdienende TV-nuusleser in Suid-Afrika, oorhandig. In sy huldigingsrede het Ruurd van der Wal, president van die Rapportryerbeweging, vir Cruywagen geloof vir die professionele wyse waarop hy die Afrikaanse taal in die media gehandhaaf het, en sò ‘n ware ambassadeur vir Afrikaans was. Die gasspreker by die geleentheid was prof. Willie Esterhuizen wat verskeie voorbeelde uit Suid-Afrika se politieke geskiedenis aangehaal het wat die bewyse verskaf van Afrikanerorgansasies se bemoeienis om die pad vir die huidige bestel voor te berei. “Niemand sal vir die Afrikaner sê hy het nie probeer om die gesprek oor die toekoms aan die gang te sit nie. Dit het nie eers in die 90er jare begin nie, maar baie vroeër as 1984 reeds” het Esterhuizen gesê. Hy het die beraadgangers aangemoedig om ‘n verskil te gaan maak in hulle gemeenskappe deur netwerke op te bou met bruin en swart mense wat ook Afrikaans praat en werk vir die behoud van Afrikaans op alle terreine. Beraadgangers het hulle opnuut verbind om Draers van
Bladsy 11 korpse landwyd gedryf word, is fondsinsamelings om waar daar ‘n behoefte is, Afrikaanse leerders te help met beurse en skole met voedingskemas. Die Ouboet-projek, waar seuns uit enkelouergesinne saam met mans deelneem aan gesonde ontspanning soos visvang, jag en kamp, is ook een van die Rapportryer-suksesverhale en sal wyer aandag kry.