. The Cape Town Gem and Mineral Club will be having its Open Day from 10:00 to 14:00 at 14Goede Hoop Street Bothasig. Free entrance Visit www ctminsoc.org.za or email capetowngemmineralclub@gmail.com
. Die NG kerk Parow-Panorama bied 'n ma-endogtertee aan van 10:00 tot 12:00 by die kerk in Rembrandtsingel. Die talentvolle duo van Crown Create Studio, Therene Nel en Melanie Labuschagne, gaan sing en 'n unieke en opbouende boodskap lewer wat elke vrou en meisie sal inspireer Kaartjies beloop R100 en sluit eetgoed in. Besoek https://shop.parow-panorama.co.za om kaartjies aanlyn te bespreek.
. Oom Vossie se gewilde vlooimark vind weer plaas by Oom Vossie Voortrekkers, Disa Singel, Blomtuin in Bellville Let op dat die handelsure verander het en die mark nou van 10:00 tot 15:00 plaasvind. Bespreek jou plek vroegtydig om teleurstelling te voorkom Stuur ‘n WhatsApp na 084 325 4690 vir meer inligting of om 'n stalletjie te bespreek.
SONDAG3AUGUSTUS
. ID Help Fisantekraal bied 'n galakonsert aan om 15:00 in die Hoërskool Durbanville se ouditorium Kaartjies kos R200 per persoon en sluit ligte verversings tydens pouse in Besprekings kan via Webtickets gedoen word Kontak Jan Burger by 082 881 1503 vir meer inligting.
THURSDAY7AUGUST
. A free workshop will be hosted at Kraaifontein Library at 15:00, offering educators and interested community members a practical introduction to using ChatGPT in education. The session will cover key topics such as: understanding what ChatGPT is and how it works, tips for effective prompting, creative ways to use the tool in daily teaching, tools for lesson planning, quiz and worksheet creation. For more information, contact Kraaifontein Library at 021 444 1066 or email Kraaifontein.library@capetown.gov.za.
FRIDAY8AUGUST
. The Durbanville Wine Valley's much-anticipated Taste of Terroir annual red wine showcase will be presented from 17:00 to 20:00 at Loch Lynne Wine Estate outside Durbanville Each ticket includes the opportunity to taste red wines from nine Durbanville producers, live music by Emile Swiegers and three seasonal canapés by Kos Kouture caterers. Book tickets at R300 per person via Quicket
SATERDAG9AUGUSTUS
. Die Brackenfell Forum bied aan "Koffie uit jou kan" in die Rusoord-saal in Dennegeurstraat om 10:00 vir lede van die gemeenskap om saam te kuier Kaartjies kos R150 elk. Bespreek by Alta by 083 967 9493 of Letitia by 082 879 5383.
SATURDAY9AUGUST
. Cape Welsh Choir presents Why we sing, a concert showcasing the rich diversity of this unique male voice choir This public concert is part of our drive to expand their appeal to new audiences and potential new members. This event will be boosted with appearances by renowned local soprano Lara Basson and a barbershop quartet, the Welsh Rarebits, drawn from members of the choir The concert starts at 19:00, at Erin Hall, 8 Erin Road, Rondebosch. Tickets cost R100 and are available through Quicket Refreshments will be available at the interval. For further information, call Steve Broekman on 083 701 5867
VRYDAG15AUGUSTUS
. Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap bied 'n gholfdag ten bate van studiefondse aan by die Kuilsrivier-gholfklub Vierbal-inskrywings kos R3 500 Stuur ‘n e-pos aan Lizé Theron by LizeT@helpendehand. co.za met navrae Bespreek by https://tinyurl.com/ ylh84otp
MONDAY18AUGUST
. The South African National Council on Alcoholism and drug dependence (Sanca) will host an in-person Drug Testing Workshop – Testing for Drugs and Alcohol will be held at the Bellville Library from 09:00 to 15:30 This one-day workshop is open to professionals and is especially beneficial for social workers who can earn CPD points for attending. The fee is R1 200 To register, please contact Reinette Brand at 021 945 2099 or email bellville@sancawc.co.za
WEDNESDAY20AUGUST
. Join (Sanca) on an online Brief Intervention and Basic Counselling Training via Microsoft Teams, taking place over two days on 20 and 21 August, from 09:00 to 15:30 each day This training is ideal for social workers and other professionals in the field, with CPD points available The fee for the two-day session is R1 700 To secure your spot contact Reinette Brand at 021 945 2099 or email bellville@sancawc.co.za
Citywelcomes re-arrestincop murdercase
DESIRÉERORKE
DESIREE RORKE@TYGERBURGER CO ZA
The City of Cape Town last week welcomed the re-arrest on Friday of a taxi driver accused of murdering traffic officer Walton van Rooyen more than five years ago.
The accused, Craig de Lilly, first appeared in the Cape Town Magistrates' Court on 21 July on charges of murder and illegal possession of a firearm and ammunition
Van Rooyen (49) was shot and killed in his patrol car on 17 March 2020 after arresting the taxi driver for a traffic violation
"The City’s Safety and Security Investigations Unit (SSIU) investigated the case alongside police detectives and the suspect was arrested," said JP Smith, Mayco member for safety and security "However, a month later the case was provisionally withdrawn "
This arrest, he says brings new hope to the family
"I can only imagine the family is as happy as I am that justice will be served I went to meet the officer’s family at the time and they were devastated by his senseless murder The release of the suspect was a bitter experience knowing his alleged killer may get away with no consequence "
Smith is however perturbed by the state's decision not to oppose bail
SMITH IS HOWEVER PERTURBED BY THE STATE’S DECISION NOT TO OPPOSE BAIL.
“We have noted the decision by the state to not oppose the suspect’s release on bail while the case is before the Magistrates’ Court and plead with them to reconsider their stance The death of Van Rooyen left his family, colleagues and friends devastated During the court proceedings on Monday the prosecutor noted that the accused already had convictions for both robbery and rape While the reasons for the unopposed bail application are unclear at the stage we call on the courts to use their discretion when the matter returns to court next week We believe individuals accused of murdering officers in the line of duty should not be allowed to roam our streets while on trial If we cannot protect our officers we cannot protect the public " The case was subsequently postponed to 28 July for the appointment of a legal representative
VANAFBLADSY1
Sy het dit in daardie stadium styf tussen haar bene vasgeknyp
"Ek weet nie wat my besiel het nie, maar toe hy oorleun om my foon te gryp, byt ek hom baie hard aan sy arm - reg deur sy baadjie" sê sy "Hy raak toe aggresief en stoei my foon by my af, spring uit en vlug die veld in " Haar bankkaarte, identiteitsdokument en bestuurslisensie was in haar selfoon se sakkie
NIEMANDSTOPOMTEHELPNIE
Steeds in skok was dit vir haar die heel ergste dat niemand gestop het om haar te help nie
"Ek was vrou-alleen en die pad was baie besig Iemand moes tog iets gesien het," sê sy "Ek kon nie die handrem afkry om verder te ry nie, en moes my hand by die venster uitswaai om iemand se aandag te trek " n Goeie Samaritaan het uiteindelik agter haar stilgehou en haar te hulp gesnel Hy het my seun gebel en agter my aan tot by die Maitland-polisiekantoor gery, waar ek n saak geopen het " Van der Merwe beskryf die ervaring as n nagmerrie
"Ek is dalk 64, maar ek is nie n bangbroek nie Tog was dit baie skrikwkkend en traumaties Ek sien nou nog die man se gesig voor my " Sy sê sy is verstom dat soiets helder oordag kon gebeur op so ` n besige pad in
Kaapstad
"Motoriste moet baie versigtig wees; ‘n mens is nêrens meer veilig nie," waarsku sy Ruth Solomons, woordvoerder van die Stad Kaapstad se metropolisie, sê die Stad is bewus van motoriste en fietsryers wat verder af in die hoofweg by die Laer Kerkafrit beroof is
"Daar is gereelde patrollies in daardie omgewing wat deur die metropolisie, verkeer en wetstoepassing uitgevoer word sedert die laaste voorval," sê sy Daarbenewens versoek sy motoriste om te alle tye waaksaam te bly
"Indien u weens n noodgeval gedwing word om langs enige pad te stop, hou ten alle tye jou deure gesluit en vensters toe en wag todat hulp opdaag Skakel dadelik die nooddienste Bly binne-in jou voertuig, hou jou deure gesluit, vensters toe en wag totdat hulp opdaag Wees altyd bewus van jou omgewing en maak seker dat jy jouself teen identiteitsdiefstal beskerm deur nie dokumente met persoonlike inligting soos ID-kaarte, paspoorte, bankrekeningstate in jou voertuig rond te laat nie vir ingeval jy om veiligheidsredes moet uitklim en wegbeweeg van jou voertuig " Motoriste kan alle voorvalle by die Stad se openbare noodkommunikasiesentrum aanmeld deur 021 480 7700 vanaf n selfoon of 107 vanaf n landlyn te skakel Sers Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê die saak word ondersoek
Traffic officer Walton van Rooyen was shot and killed by a taxi driver more than five years ago
Gedigtedag ‘n sukses
Die Kaapse Woordwewers het op Saterdag 19 Julie weer 'n suksesvolle gedigtedag by DNA Cafe in die Langverwachtpleinwinkelsentrum aangebied Samuel Theron, voorsitter, sê digkuns van hoë gehalte is voorgedra "Die gehoor was vasgenael en het elke gedig wat passievol voorgedra is, geniet
Die gedigte was 'n mengsel van Afrikaans, Afrikaaps, Mengels en Engels " Theron sê soms is daar na asem gesnak of 'n traan gestort
Onderwerpe wat die emosies geroer het, sluit in die kinderslagting in Gaza, n vrou se worsteling met kanker, die dood van 'n pa, en jongmense wat hul lewens verwoes het
Daar was darem ook humoristiese gedigte wat die lagspiere gekielie het
"Elke gedig het 'n betekenisvolle boodskap oorgedra," sê Theron
"Ons het drie nuwe digters verwelkom, wat vir die eerste keer hierdie platform betree het -
Patricia Scholtz, Stravola Badhu Petersen en Toni Jonkers "
'nMa van Happy Valley
sê haar maand oue kind
sou nog gelewe het as ‘n ambulans hulle net betyds kon bereik of die polisie hulle dadelik hospitaal toe geneem het toe hulle daar om hulp aangeklop het.
Jasmine Josephs se babadogter, May-Lynn Josephs, het Maandagoggend siek geword en haar bekommerde ouers wou haar so gou moontlik by 'n dokter of hospitaal kry Hul oproepe na die ambulansdiens was egter tevergeefs, want buite het betogers klippe gegooi en buitebande gebrand Volgens berigte is daar ook op die onlustepolisie geskiet
Die betogers het verhoed dat enigiemand, insluitende ambulansdienste, in Happy Valley kon kom en Josephs-hulle moes 'n desperate stap neem In die duisternis het die bekommerde ouers besluit om die enigste ding te doen wat hulle gedink het hul kind se lewe kan red - om met die baba na die Mfuleni-polisiestasie te stap "Toe ons daar kom, het ek weer die ambulans gebel om te sê ons wag by die polisiestasie Ons het gevra of een van die beamptes ons nie hospitaal toe kan neem nie, maar is vertel dat hulle nie babas mag wegneem nie Ons het vir so 'n uur gewag en toe begin ek traangas ruik en my neus begin brand Die gas het so dik soos mis gehang en ek kon sien my kind raak al swakker," sê
Josephs
Josephs se kêrel en die baba
se pa, Manuel Willemse, het histeries begin raak en dis toe dat 'n beampte besluit daar moet dadelik 'n bakkie beskikbaar gemaak word om hulle hospitaal toe te neem "Ons was by die polisiestasie vanaf 06:30 tot so net voor 08:00 By die hospitaal het die dokters gesukkel en na 'n ruk het hulle kom sê dat sy nie meer met ons is nie," sê die bedroefde Josephs Sy sê sy is kwaad omdat die polisie hulle nie dadelik gehelp het nie "As die ambulans nie kon deurkom nie, kon my swaer of my bure ons wegneem, maar dit was onmoontlik As die patetiese polisie ons ook net weggeneem het toe ons daar kom, kon dinge soveel anders gewees het," sê sy Lt kol Malcolm Pojie,
polisiewoordvoerder, sê enige bewering dat n kind weens die betoging of traangas gesterf het, is ongegrond "Die inligting tot ons beskikking dui daarop dat die beamptes die ouers en die kind tussen 06:00 en 07:00 na die Eersterivier-hospitaal geneem het, waar sy behandeling ontvang het Nooddienste kon nie in die omgewing kom nie en dit is hoekom hulle die ouers en die kind gehelp het," se Pojie by navraag Volgens hom is 'n saak van openbare geweld by die Mfuleni-polisie aanhangig gemaak en is twee volwasse mans is weens openbare geweld in hegtenis geneem Die polisie het gister nog ‘n wakende oog oor Happy Valley gehou
May-Lynn Josephs,slegs‘n maand oud,het Maandag gesterf toe haar ouers haar nie betyds by die hospitaal kon kry nie weens betogings in Happy Valley
Walking Ladies celebrate in style
BRENDENRUITER
BRENDEN RUITER@NOVUSMEDIA CO ZA
The Walking Ladies community group from Bonteheuwel recently celebrated their 18th birthday with a winter wonderland theme
Walking Ladies is a multifaceted organisation focusing on the health of their members, but also works in charity and community upliftment
According to Soraya Salie, founding member of the organisation, a tree was planted 18 years ago with a sincere intention for the seed to grow firm and strong, to serve humanity in diversity
“As per nature, trees normally have leaves, some leaves are there for a reason and some for a season When there’s a change of season, many leaves get blown off the tree, making space for new leaves to grow
“This is a continuous cycle f t th
granting special people on our journey who are not always visible but keep us up when we feel down These people have walked the walk with us and as we reflect 18 years back, we are humbled with gratitude,” says Salie
At the event Salie was as also surprised as it was her 65th birthday “I'm still in awe and I have no words to describe the feeling I am humbled with gratitude to all the hearts and hands involved in making this surprise birthday event so super awesome I was all excited about the organisation’s anniversary, but in the meantime the members were planning a surprise 65th birthday party and combined the two together and pulled off a stunning two-in-one event
“They asked me to trust and allow them to organise everything for the anniversary This was a blessing as I was challenged with my health for th k I d
Stasiemaak‘nverskil
Die Kaap se grootste Afrikaanse Christen-radiostasie, Radio Tygerberg 104FM, het as deel van Mandelamaand-feesvierings met Spar Wes-Kaap kragte saamgespan om 'n verskil te maak in die lewens van drie mense
Spar wou vanjaar op Mandeladag drie mense bederf met 'n trollie vol gratis kruideniersware wat hulle self kon volmaak
Luisteraars kon onlangs iemand nomineer wat kan doen met die reuse-bederf van 'n gratis Spartrollie vol kruideniersware, en inskrywings het ingestroom Drie finaliste is gekies en het verlede Vrydag 18 Julie elkeen 67 sekondes gehad om hul trollie so vol as moontlik te laai Elke finalis het iemand saamgebring wat met die trollie gehardloop het, terwyl hulle net produkte kon inlaai Die drie finaliste het elkeen hierdie eenkeer-in-'n-leeftyd-oomblik verdien
Die eerste finalis, Sarisha du Plessis van Stellenberg in Bellville, 'n onderwyseres, se seuntjie is serebraal gestremd Markus (6) het reeds 'n baie groot operasie in Amerika ondergaan Die koste hiervan was astronomies en die gesin moes geld insamel om die operasie te dek Haar suster, Madél Louw, het haar genomineer Die tweede finalis was Len Barnard van Kuilsrivier Een van sy kollegas, Marcelle van der Merwe, het hom genomineer Len het 'n paar jaar gelede 'n breingewas laat verwyder, maar hy het sy sig in sy een oog, sowel as gehoor in sy een oor, verloor Die derde finalis was Martien
ELKEEN HET NET 67 SEKONDES GEHAD OM HUL TROLLIES VOL TE LAAI
Rauch van Boston in Bellville, wat deur Deidre van der Walt genomineer is Martien is pas deur 'n egskeiding en het vele uitdagings in hierdie stadium, so sy was ontsaglik dankbaar vir hierdie trollie vol kruideniersware Die radiostasie se middagprogram, Die Lift Klub, het vanaf Spar in Zevenwacht Mall uitgesaai Mike Potgieter
en Rouchelle Liedemann het elke oomblik van die aksiebelaaide middag met hul luisteraars gedeel “Ek weet daar is vandag waentjies volgemaak, maar ek het weer besef met hierdie geleenthede word my tenk eintlik volgemaak, soos Rouchelle Liedeman, my saamryklubmaat, altyd sê,” sê Potgieter
Rouchelle Liedemann van Radio Tygerberg saam met Len Barnard,sy seun Marius wat met die trollie gehardloop het,en Mike Potgieter van Radio Tygerberg 104FM
The Walking Ladies from Bonteheuwel celebrating their 18th anniversary.
GrootPhesantekraalViewmallopens
The new Groot Phesantekraal View shopping centre on the corner of Klipheuwel and Okavango Road opened its doors to customers last week with live music, brightly coloured balloons and specials People from all over the northern suburbs came to experience the opening of more than 40 stores Visit https://www grootphesantekraalview co za/ for a list of stores. Esmé Erasmus of TygerBurger was there to capture the excitement
MORE THAN 40 STORES WELCOMED SHOPPERS
Adrian Bartman (left),food manager,with Paul Kamfer,store manager,on the opening day of Woolworths Foods Louise Crafford,Michelle Opperman and Charles Crafford came from Brackenfell to shop
Mido Ghrissi (centre) owner,is with Asanda Nkungwana (left) and Homar Mohamed in the new barber shop for men
The band of Curro Durbanville High School performed at the opening
Here with the rest of the staff of Tekkie Town are (front from left) Vito Rallo (human relations manager) and Elzaan Julies (store manager)
David Fortuin of Planet Fitness shows off the hyrox zone at the new gymnasium
Vroueinkolligbyuitstalling
AVRILFILLIES
Vainola Makan van Bellville, koördineerder van die Ubuntu Landelike- en Jeugvideo-en-foto-uitstalling wat in Augustus in die Kunstekaap te sien is, lig die toewyding van Weskusvroue uit
Die Weskusvroue veg vir hul gemeenskap om 'n beter lewe te hê teen die mynbedryf wat tans langs die Weskus ontginning doen Haar uitstalling is deel van die Kunstekaap se 2025 Vrouemensdomfees wat in Augustus aangebied word en waar ses ikone ook vereer gaan word "Die foto-en-video-uitstalling is baie belangrik vir my omdat die foto's, stories en die film gestalte gee aan die kleurryke stemme van die Weskusvroue wat hul stories so vrygewig deel
Die uitstalling spreek van die dapperheid van die vroue wat uit moeilike omstandighede hul eie vryheid van spraak uitleef teen die olie- en gasmynbedryf dat die aarde en natuurlike hulpbronne nog lank kan voortleef vir almal
FOTO’S, STORIES, FILM GEE GESTALTE AAN KLEURRYKE STEMME VAN WESKUSVROUE
Die mynbedryf is daarop uit om wins te maak uit die erfenis wat hulle so na aan die hart lê," sê Makan
Sy is oorspronklik van George en het haar eerste skooljaar by die Primêre Skool Eden in Zoar voltooi en die res van haar laerskooljare op 'n plaas, Ganskraal, in die Langkloof afgesluit
"Die sorgelose plaaslewe van bergklim, in die sand speel, vrugte pluk en lammers versorg en op die donkiekar ry met my niggies en nefies was die lekkerste gedeelte Omdat ek self as 'n plattelandse patatvoet grootgeword het, het my loopbaan outomaties in daardie rigting gegaan Die waardes wat 'n mens in die platteland leer, sluit in dat almal vir mekaar omgee, dankbaarheid en hoe om die klein dinge in die lewe te waardeer," sê sy "Vroue het oor die algemeen
baie uitdagings, maar die vroue in die landelike gebiede se uitdagings sluit in armoede, gevare van besmettingstowwe op plase, geweld teen vroue en mynbou wat ‘n bedreiging inhou vir spesies, seediere en die visbedryf
"Ek sal graag wil hê dat almal die waarde van "small is beautiful" sal aanleer en dat ons die bronne wat tot ons beskikking is, insluitend die lug, grond en die natuur, sal beskerm Ons almal kan gelyke genot daaruit put sonder om die bronne heeltemal tot niet te leef deur gulsigheid Ek wens ook dat almal mededeelsaam kan lewe en dat ons kan besef dat daar vir almal genoeg is Dit is beter om saam in vrede te lewe as om oorlog te maak sodat 'n klein gedeelte van die mensdom dit beter as ander kan hê," sê Makan Wat haar voete op die grond hou, is haar geloof, haar familie,
vriende en kollegas Sy gee ook erkenning aan die vroue met wie sy werk, die gebede van gelowiges wat opgaan om aktiviste te beskerm, want dit maak alles 'n verskil
Sy het 'n BA-graad met vrouestudies, sosiologie en sielkunde aan die Universiteit van WesKaapland verwerf en dit het die grondslag gelê vir haar toewyding om 'n beter lewe vir ander te help verseker
"Die opvoeding en die informele opvoeding oor demokrasie om 'n nie-rassistiese en nie-seksistiese toekoms na te streef, was die basis vir die opheffingswerk wat ons, die organisasie, nou met die vroue doen
“My droom is om meer lande te leer ken en dat ek nog elke dag die son kan sien opkom," sê sy Haar stokperdjies is lees, fliek, lekker kuier en om maaltye met familie te geniet . Die uitstalling begin Vrydag 1 Augustus en val saam met Vrouemaand
Vainola Makan van Bellville
GesigtebyBoer
André Schwartz en Ruben Gerritz op kitaar is te sien in die multimediaproduksie Gesigte, wat op Sondag 17 Augustus om 14:00 op die verhoog van Die Boer-teaterrestaurant 'n draai kom maak. Kan jy die eerste gesig onthou wat jy gewaar het: vasgevang in tyd, geheue en onveranderlik?
Soos met alle herinnerings is daar veranderlikes - ewig wisselend in die album van ons geheue; altyd nuutgeskep op die doek van ons verlange, soos lewende kuns. Elke gesig wat ons onthou, word die legkaart van ons lewe die gesig van reuk, die musiek, die liefde
In hierdie produksie word die werk van die internasionaal bekroonde portretkunstenaar André Serfontein tot lewe geroep
deur die digitale kunstenaar Seun. Elke lewensstorie van André Schwartz word verbeeld deur die unieke gesigte wat op die skerm verskyn Klavier, kitaar en stem vertel liedere soos "From Both Sides Now", "First Time Ever I Saw Your Face", "The Book of Love" en "The Rose". Schwartz se treffers en eie komposisies soos die kwesbare en gewilde "Ek Haal Asem" maak ook ‘n buiging. Gesigte vertel in beeld en musiek die eerlike herinneringe van die legio kosbare mense in sy lewe
Gesigte is as beste musiekaangedrewe produksie by die Aardklop-kunstefees benoem.
Kaartjies kos R250 . Bespreek by www.dieboer.com of by 021 979 1911
. The Songs of Leonard Cohen met Mathys Roets en Liesl du Toit is op Woensdag 30 en Donderdag 31 Julie om 20:30 by Die Boer-teater in Durbanville Kaartjies kos R220 Bespreek by www dieboer com of by 021 979 1911.
. It's My Life - the Ultimate Road Trip Anthems runs at the Barnyard Theatre Tyger Valley from 28 July until 14 September Tickets from R195 at www.barnyardtheatre co.za.
. Symphony of Bansuri premieres at the Artscape Opera House on Saturday 2 August at 19:00 Starring Grammy Award-winning flautist Rakesh Chaurasia and featuring the Cape Town Philharmonic Orchestra (CPO), this one-night-only concert promises a captivating fusion of Indian classical music and Western orchestral richness. Tickets from R200 at Ticketmaster
. Unruly runs at The Baxter now until 2 August An immersive storytelling performance starring Andrew Buckland and double bassist Chantal Willie-Petersen. Tickets cost R240 at Webtickets
. Dirk van der Westhuizen tree op Saterdag 2 Augustus om 20:30 by Heroes Brackenfell op Kaartjies kos van R180 tot R220 b .heroesbrackenfell.net
Follow the witty barber Figaro as he uses his charm and cunning to unite two young lovers in this comic opera full of infectious energy Tickets from R190 to R375 available at Webtickets
. Een vir my Baby, 'n mystery-noir-kabaret, is op Woensdag 6 en op Donderdag 7 Augustus om 20:30 in Die Boer-teater op die planke Kaartjies kos R200 Bespreek by www dieboer com
. Nadine - My Favourite Rock 2 Songs is op Vrydag 8 Augustus om 20:30 by Heroes Brackenfell. Kaartjies kos van R180 tot R200 by www.heroesbrackenfell.net
. Women in Jazz Concert 2025 is happening at Artscape on Saturday 9 August at 18:00 Tickets from R350 at Webtickets . Van der Aven tree op Saterdag 9 Augustus om 20:30 by Heroes Brackenfell op Kaartjies kos R100 tot R140 by www heroesbrackenfell.net . Cape Welsh Choir presents Why we sing on Saturday 9 August at 19:00 at Erin Hall in Rondebosch. This concert is part of a drive to expand to new audiences and potential new members. With appearances by renowned local soprano Lara Basson and a barbershop quartet the Welsh Rarebits. Tickets cost R100 ailabl at Quicket Call St Broekma
Stadskoor oefen vir jaarlikse konsert
Die Stadskoor Tygerberg is tans druk aan die oefen vir sy jaarlikse galakonsert, wat op Saterdag 3 Augustus om 16:00 by die NG kerk De Tyger in Parow, die koor se tuiste, aangebied word.
Op Saterdag 17 Augustus word nog 'n konsert by die NG kerk Suider-Strand aangebied.
Peter Roux, koorleier, het vir hierdie twee konserte met die tema "As long as I have music", ‘n variasie van sekulêre en gewyde liedere gekies.
Die tema kom van een van die liedere wat gesing gaan word en vat die betekenis van musiek as ‘n bron van krag, hoop, vertroosting en inspirasie saam.
"Exsultate justi in Domino" deur Brant Adams, "Yesterday" deur John Lennon en Paul McCartney, "You’ve got a friend" (Carole King), "Autumn Leaves" (Joseph Kosma), "Asimbonanga" (Johnny Clegg), en "Cantique de Jean Racine" (Gabriel Fauré) is enkele van die ander liedere op die program
Dit is net die regte resep om ‘n Sondagmiddag se winterkoue mee te verdryf
As deel van hul gemeenskapsbetrokkenheid bied die koor vanjaar weer ‘n verskeidenheidskonsert aan ten bate van die AGS Care Village in Kuilsrivier
Hierdie konsert vind op Sondag 14 September om 15:00 in die NG kerk Kuilsrivier
(Moederkerk) in Van Riebeeckweg plaas.
. Kaartjies vir die galakonserte kos R180 (R150 vir pensioenarisse en studente). Kontak Suzette van Wyk by 083 263 9335 of jfsmvanwyk@ gmail.com vir besprekings.
. Kaartjies vir die verskeidenheidskonsert (in September) kos R120 Bespreek by Van Wyk of Marlene Cross by 073 433 4227
. Die koor verwelkom graag nuwe lede en het veral ‘n behoefte aan mansstemme. Bel Peter Roux by 083 535 3707 met navrae
Lighter side of opera at the Operetta Competition
The Baxter Theatre will come alive with wit, charm, and musical brilliance on Monday 4 August at 19:00 as the 4th Aviva Pelham Operetta Competition unfolds in a dazzling celebration of classical talent Founded in 2022 by South Africa’s operatic icon Aviva Pelham, the competition shines a spotlight on the vibrant, often underappreciated world of operetta a genre rich in humour, romance, and theatrical flair This annual event offers a powerful platform for emerging African vocalists to showcase their talent and step confidently onto the global stage
“This competition is about joy,” says Pelham “It brings young singers into contact with repertoire that is both entertaining and technically demanding. We want this music to live on and for our singers to carry it forward.” Presented in partnership with Opera UCT and its director Professor Jeremy Silver, the event is as much about nurturing future stars as it is about delighting audiences Finalists will perform solo arias and duets from Viennese operetta, French opéra bouffe and Spanish zarzuela traditions, with themes ranging from playful to poignant Winners will be announced live in the following categories: Aria Prizes: (R10 000, R6 000, R3 000), Duet Prize: R10 000 (shared) and Audience Prize: R1 000 (voted live by the audience).
This year’s audience will also enjoy a teaser of what’s to come: Opera UCT’s upcoming production of Die Fledermaus by Johann Strauss, in honour of the composer’s 200th birthday and World Opera Day Tickets are R90 to R120 Students and scholars enter free . Book via Webtickets
Waarheid is nie helder
Karli Heine en Andre Terblanche is te sien in Een vir my baby op Woensdag 6 en Donderdag 7 Augustus om 20:30 in Die Boer-teaterrestaurant In hierdie "mystery-noir-kabaret" is Aila Vry, 'n jazz-sangeres by die Ivy Club, ’n verdagte in haar man, Henkie Uiwe, se moord. Jan Brandt, 'n "ouskool"-speurder, is getaak om agter die kap van die byl te kom. Die waarheid is egter nie so helder soos vodka as Jan by die klub opdaag om vir Aila te ondervra nie Een drankie word vinnig ‘n paar en een liedjie word vinnig drie
Jazz word anders opgedis en stories word vinnig gespin in hierdie "rompslomp" van ‘n avontuur in ’n klein kroegie wat soveel meer as net grondbone en goedkoop whiskey op die rak het
Die dialoog is vlymskerp, maar tog so lig soos ‘n veer Die gehoor ervaar Afrikaans in ’n nostalgiese tyd wat nooit gebeur het nie Die regisseur is Dean Balie Niklaas Dassie het die teks geskryf Die produksie is 'n uur lank. Kaartjies kos R200 . Bespreek by www dieboer of by 021 979 1911.
André Schwartz
Karli Heine in‘Een vir my baby’
Supermom’slifesavinggift
One woman who has donated enough lifegiving breast milk for over 50 babies is championing the vital cause that deepened her own sense of wellbeing while she grappled with newborn challenges Mother of two, Amber Jade de Beer, began donating breastmilk after the birth of her first child when she joined a regular mothers’ group at the Stork’s Nest Clinic at Netcare Blaauwberg Hospital “Like so many women, I was experiencing a bit of postpartum depression and found support in the community of moms there “I had heard about breastmilk donation, but after learning more about it at the hospital, I decided to sign up, as I happened to have an oversupply of milk Being able to give back in this way gave me an added sense of purpose during those early months, and when I had my second baby recently, I didn’t hesitate to donate again,” said Amber Candice Willemse, milk handler for the Neonatal Intensive Care Unit at Netcare Blaauwberg Hospital, notes that the proven health benefits of breastmilk are significant for newborns, and even more so for premature babies who have an immature gut “If mothers are unable to provide breastmilk for their own baby, then we rely on donor breast milk to ensure medically g is processed in accordance with donated breastmilk
That’s when Mother of two,Amber Jade de Beer (right) donating her breastmilk
bly agter by die slagter as beloning, die ander ene netjies in 'n plastieksak Nee, sê my ma, so 'n hoender is maar lekker taai, ek moet hom slaghuis toe vat om gerook te word Die slagter gee my hoender een kyk "Mevrou, jy kan jou kalkoen oor 'n week kom haal " Nee, dis g'n kalkoen, dit het voor my eie oë as 'n gewone hoender grootgeword, seg ek Die slagter het tot die dag wat ek my hoender gaan haal het, volgehou dis 'n kalkoen Daar word besluit om die gerookte hoender te hou vir Kersdag Gelukkig val my dogtertjie, wat hopeloos te vroeg begin loop het, en word ek al troostende dit gespaar om van Petra-wat-Piet-geword-het te eet 'n Mens eet darem nie jou troeteldiere nie Die aanwysings op die verpakking van die umleqwa-hoender sê dis vooraf stadig gekook - nog net 20 minute in die oond en hy is reg vir die tafel! Dis 'n lenige, atletiese hoender Lang maer dybene Gespierde boudjies Na 'n uur in die oond lyk die hoender egter nog niks meer eetbaar nie en ek sit die hoender in 'n pot om dit behoorlik gas te gee Die bykosse is al lankel opgepeusel, toe kook ta nog steeds! Dis later slaaptyd en ons gooi tou op Dis so koud, ek besluit om die hoender sommer net so in die pot oornag te los Om 02:31 word ek wakker van 'n reuk wat ruik na Afrika gebrande pap, koeimis ek droom van 'n hoender wat in die vuil hooi in ‘n varkhok rondskrop agter kos aan 'n skrophoender Ek smeer Vicks onder my neus dat ek nie die hoender kan ruik nie Watson, ons tuinman, lag toe ek hom die volgende oggend vertel van my hoender "In Zimbabwe we call it a road runner, " sê hy - die groot kuns is glo nie net om hom sag gekook te kry nie, maar jy moet hom eers gevang kry! Dis daai hoenders wat in Afrika tussen karre deur oor die hoofweg hol dat die biesies bewe
Ek loer weer in die pot voor ek hom vir Watson in tinfoelie toedraai die arme hoender is nou al erg verinneweer gekook; lyk vir my toe al eerder na 'n road kill -ESMEERASMUS
Kommentaar // Comments
Mandela Day should be every day
It was truly heartwarming to read about how so many people were inspired to reach out to the less fortunate on Mandela Day
I sat with my heart blazing imagining the smiles that must have lit so many faces
But it didn't last
Why is this overflow of ubuntu reserved for only one day a year?
Why can't we love our neighbours more steadfastly throughout the year?
Why do we need a special day to make giving a habit?
If dedicating a day is truly all that is needed to motivate people then why not dedicate more days?
Like Valentines Day Instead of making it a day of romantic love why not make it a day of loving our neighbours?
Why not add an element of giving to every major day? On Heritage Day, donate some of your braai or on April Fool's Day, donate some of your cheer On youth day, do something good for youth
The more significant days I think about the more I realise that all of them have theme that is open to interpretation in charitable ways but they've become mostly about politics
Maybe it's time that started adding charity to our mindsets, starting with celebrations on significant days Maybe then we'll turn the tide of poverty in our country
EMMA BENNET, Strandfontein
Lê eier oor Stad Kaapstad se begroting
Vandag wil ek darem ook 'n eier lê oor hierdie begroting van ons geagte burgemeester en sy trawante in die Stad
Kaapstad oor heffings
Daar moet nou 'n heffing op alles wees omdat waterpype herstel moet word, strate skoongemaak moet word en die armes gehelp moet word En dit nogal op my huis se waarde wat ek gekoop het en met my geld in stand gehou het Vir drie weke het die water nou by die groot kruising tussen Frans Conradie-rylaan en Hugostraat uitgeborrel en niemand was bekommerd oor die duisende liters water wat weggeloop het nie Terloops, dit is nou die derde keer dat daar 'n waterlek is en elke keer word daar 'n hele dag gewerk en sit ons sonder water en dan lek dit maar weer
Sondagoggend toe is hier twee waterlekke in De Wetstraat, ‘n blok van mekaar - een by Cambridge en nog een by Hugostraat Weer 'n hele dag sonder water
Vanaf Dag Zero betaal ons 'n pyp of meterheffing dit is jare, Wat is met daardie geld gemaak?
Ek was vier jaar oud toe het ons in Die Akkers hierbo gekuier, toe was hierdie waterpype al hier Ek woon al 50 jaar hier en is al 75 en steeds is die waterpype wat Clive Justus vir my in 2011 gesê het vervang moet word, nie gedoen nie
Hoekom moet ek 'n skoonmaakheffing betaal?
Ek versorg self my sypaadjie, en die straat voor my deur maak ek self skoon Ek gaan beslis nie betaal om skoon te maak agter squatters wat al jare in die boulevard, voor die munisipaliteit van Goodwood, die polisiestasie by Goodwood en oral rondlê en honde aanhou en mors nie
Laat mense 'n slag verantwoordelikheid aanvaar vir hul eie omstandighede, dan sal hulle ook weet waar geld vandaan kom Hou op om net te gee!
MARTIE DU PLESSIS, Goodwood
The article "Sapoa fights tariffs" (TygerBurger 23 July) refers I am a property owner and resident in Bothasig I herewith join Sapoa, challenging thee property-linked tariffs recently introduced by the City of Cape Town in its 2025-26 budget
These include a new cleaning levy and fixed charges for water and sanitation services, all calculated based on the value of a property rather than actual usage I wish to state categorically that my property is for my housing needs not speculative purposes The whole notion of rates based on value of property at market prices is placed and is a gross violation of my human rights to property
At any rate the so called market value should be at the time the property was purchased precisely it is not for speculation The City is advised to address its challenges of unfunded mandates from DORA MZUKISI, Bothasig
Handyman
AANDAG ALMAL Werner soek dringend al julle 2de handse meubels. Betaal kontant. ALLE AREAS 083 565 1685
AANDAG! AANDAG
Koop alle meubels vir beste kontant Elsabe 083 501 0911
THEO KOOP
EG REFRIGERATORS & Appliances Repairs Fridges, freezers, washing machines, stoves, dish washes, microwaves, tumble dryers We do insurance claims We do all kinds of makes of appliances Card facility available Marco 068 039 8341
A2B Afford-A-Move Owner supervised Enclosed truck Pierre 083 255 6148
Built-in Cupboard
Vir beste prys, kwaliteit, in alle areas. Brian 082 854 6051
ALMAL kontant vir enige huis-houdelike goed klere, skoene, beddegoed, gordyne, speelgoed, oudhede, juweliersware - goud, breekgoed, potte, elektroniese ware.
yskaste, beddens, Sitkamerstelle, tv's. (en baie meer) Johan 074 474 4275
koop kombuisware, linne, ornamente, speelgoed,juweliersware ou
ALL APPLIANCES REPAIRED ON SITE We repair appliances. Fridges, stoves, washing machines with guarantee and regas from R180. Cathy / Francois 079 838 1851 All areas
ESTATE NOTICE IN THE ESTATE OF THE LATE JACOBA PRINSLOO, IDENTITY NUMBER: 280731 0001 08 2, A WIDOW, OF UNIT NO 39, OTHELLO RETIREMENT VILLAGE, BRACKENFELL, WHO WAS BORN ON 31 JULY 1928 AND WHO DIED AT DURBANVILLE ON 13 APRIL 2024.
ESTATE NUMBER: 11844/2024
Notice is hereby giv that
Ons is 'n Nasionale Maatskappy wat as gevolg van 'n fenomenale groei ons Tygervallei kantoor uitbrei. Ons is opsoek na nuwe talent om telefoniese afsprake met besighede te maak vir ons bemarkings konsultante ten einde ons spesialis dienste te bemark. Ondervinding is nie 'n vereiste nie aangesien behoor-like in-huis opleiding verskaf word. Basies, Kommissie en Prestasie Bonusse van toepassing. Afrikaans en Engels magtige kandidate sal voorkeur geniet
Skoolverlaters is welkom om aansoek te doen. Belangstellendes kan hul CV's stuur na: luandri@serr.co.za Aansoeke