Standard School Vibes #3 Edition

Page 1


MAIN SPONSOR / HOOFBORG

Nuwe deure maak vir

hulle oop

Elke einde beteken ‘n nuwe begin! Met sewe laerskooljare agter die blad, sien die graad 7's uit na die volgende vyf jaar en groot mylpaal wat in die hoërskool op hul wag. Drie leerlinge van Worcester Primêre Skool vertel wat hulle die meeste van hul laerskooldae gaan mis wanneer hulle volgende jaar agter die hoërskoolbanke inskuif.

Leonél Combrinck sê: “Ek gaan die onderwysers se ondersteuning mis, die snaakse sêgoed wat ons altyd laat lag het, en die gevoel van trots omdat ons die seniors was.”

Hugo Horn sê: “Ek gaan kaalvoet-rugby en pouse se touchies saam met my laerskoolvriende ongelooflik baie mis.”

Mienke Ackerman sê: “Ek gaan my vriende mis - al die lekker herinneringe, snaakse oomblikke en die onderwysers wat altyd in ons geglo het, selfs wanneer ons net wou eet in die klas.”

Jaag Jan Tuisbly weg – die wêreld wag!

Dilané Vermeulen en Elle Thomson, twee graad 12-leerders van die Hoërskool Montana, nooi julle om ’n vinnige vakansiedraai saam met hulle te neem:

Dis nog donker buite. Julle is vroeg wakker om die pad vir die begin van jul Desember-vakansie aan te durf. Die slapies sit nog in almal se oë soos julle die son sien opkom. Die eerste reuke van padkos en koffie sweef deur die kar en nou begin die gevoel werklik inskop... dis tyd vir vakansie!

Die Desember-vakansie is hier en baie plekke wat hope pret en ontspanning belowe, wag. Hier is waar ons dink jy jou siel moet rus gee hierdie Desember.

Eerste op ons lysie avonture is die asemrowende Tuinroete. Hierdie streek is omring deur oerwoude met reusegeelhoutbome, Knysnaloeries en talle kabbelende riviertjies om jou voete in nat te maak, asook die lieflike waters van die Indiese oseaan aan sy kus. Vir diegene wat avontuurlustig is, is daar ziplining by Tsitsikamma, bungee-spring by Bloukransbrug en die vyfdaagse O erstaptoer langs die kuslyn af. Maar, die Tuinroete het ook talle geleenthede om eenvoudig net met jou voete omhoog te sit en werklik te ontspan. Jy kan jouself gemaklik maak en die prentjiemooi woude of die rollende golwe van die see geniet.

As jy meer binneland se kant toe wil vakansie hou, beveel ons die volgende vakansie-stop aan – die Klein Karoo, weggesteek tussen die pieke van die Swartberg- en Outeniqua-bergreekse. Hier vind jy jouself in ’n semi-droë woestynlandskap waar uitgestrekte, oop vallei, ruwe heuwels, goue sonlig en sterryke nagte ontmoet. Die Klein Karoo se natuurkuns is met fynbos, aalwyne en ’n reënboog vetplante geverf. Reisigers kan die dorpie Oudtshoorn besoek om met volstruise op die talle volstruis-plase wat dit omring, kennis te maak.

vensters en amper Griekse voorkoms, is gewis ’n moet. Dit is ’n welbekende bestemming vir diegene wat ’n ontspanne kuswegbreek soek, met aktiwiteite soos lang strandwandelings, eet by uitstekende restaurante en die verkenning van nabygeleë besienswaardighede. Paternoster is bekend vir sy natuurskoon, restaurante met goeie kos, ontspanning en ’n verskeidenheid aktiwiteite en uiteenlopende verblyfopsies.

Die dorpie het selfs sy eie waterfront, waar jy restaurante soos Whale’s Rib en die gewilde

die ideale plek om jou wiele vir die duur van die Desembervakansie te parkeer.

Stilbaai is perfek vir diegene wat ’n seewegbreek soek, met geleenthede vir watersport, stap en ’n heerlike strandervaring. Die bekende Ellensrust-kampeerterrein is die plek om dié feestyd te wees – die atmosfeer is gevul met liefde, glimlagte, vriende, familie en daardie warm gevoel wat net ’n vakansiedorp kan bring. Aktiwiteite in Stilbaai sluit onder meer in pragtige strande, ’n vaart op die Goukou-rivier, besoeke aan historiese terreine soos die antieke Khoisan-visvalle op die strand en die mak varswaterpalings by die dam naby die Toerismeburo — ’n unieke plaaslike aantrekking. Daar is ook staproetes, watersport en vele meer.

Die Kango-gro e se magiese kalksteen-formasies en doolhof gange vol geheime is iets om te beleef.

Die eindelose stiltes en die ruimte van kilometers se karoovlaktes sal vir seker die nodige rus ná hierdie woelige jaar bied.

Soos die kraai vlieg, reis ons terug na die stil kusdorpie Paternoster – slegs 15,1 km van Vredenburg en 28 km van Saldanha af. Paternoster, met sy ikoniese wit huisies, kleurvolle

De See Kat sal aantref, en ook die gewilde Die Koelkamers-teater, waar opvoerings gereeld plaasvind.

Die ideale tyd om Paternoster te besoek, is in die veldblomseisoen – Augustus, September en vroeg Oktober – wanneer die Weskus Nasionale Park met kleur ontplof. Die somermaande – van November tot April – is ook perfek vir vars seekos soos kreef, vis en oesters.

Vir ons laaste reis besoek een van ons gunstelingvakansieplekke uit ons kinderdae: Stilbaai. Stilbaai is ’n dorpie 40,9 km buite Riversdal, ook bekend as die Baai van Doringrosie of die Slapende Skone omdat die bergreeks soos ’n slapende meisie lyk.

Dit is langs die suidelike kus van Suid-Afrika geleë. Sy natuurlike skoonheid, pragtige strande en uiteenlopende aktiwiteite maak dit

Gedurende die Desember- en Januarie-vakansieseisoen word Stilbaai se gewoonlik “vreedsame” atmosfeer vervang met ’n meer “bedrywige” een. Vir ’n stiller ervaring is dit die beste om buite die hoofseisoen te gaan – maar wat is ’n vakansie in Stilbaai sonder ’n bietjie bedrywigheid?

En só kom ons reis ongelukkig tot ’n einde – van die skadu’s van oerwoude tot die ooptes van die Karoo; van witgekalkte kusdorpe tot die nostalgie van kinderjare. Elke bestemming bring sy eie asem, sy eie ritme en sy eie manier om die jaar se laaste knope los te maak. Waar jy ook al jou tentpenne inslaan of jou strandstoeltjie oopklap en jou voete in die water was – hierdie Desember, onthou: Vakansie is nie net ’n plek nie, dis ’n gevoel. Dis die eerste slukkie padkos-koffie, die son wat stadig oor die pad klim, die lag in ’n kar vol mense met planne en drome wat saam die lang-reis-musiekspeellys sing. Dis die see wat jou skoon was, die woud wat jou stil maak, die Karoo wat jou asem uit jou bors haal en die dorpe wat jou herinner hoe mooi eenvoud kan wees.

Mag hierdie Desember vir jou ’n paspoort wees na vrede, avontuur, rus en nuwe stories. Pak lig, ry veilig – en verwilder Jan Tuisbly. Die wêreld wag ...

Elle Thomson Dilané Vermeulen
Tsistikamma se lowergroen woude. Foto: www.sanparks.org

HOOFBORG / MAIN SPONSOR

Niks gaan sý droom ‘squash’ nie!

Die 16-jarige Malherbe van Niekerk is ‘n gefokusde jong man wat sy drome jaag. En hy begin nou al beplan om sy droom-spor oer in 2027 te bewaarheid.

Dié muurbalspeler is vyf dae van die week op die baan besig om jong spelers te leer hoe om dié sport baas te raak.

Malherbe, wat tuis skoolgaan, blink uit in muurbal – in só ‘n mate dat hy een van net dertien seuns is wat die kans staan om gekies te word vir die span wat volgende jaar in Kanada sal deelneem. Die seuns se ouderdomme wissel van 16 tot 19 jaar.

“Slegs vier van hierdie seuns sal gekies word om in 2026 Kanada toe te gaan. Ek werk wel baie hard, maar die hoofrede hoekom ek nou al geld insamel, is omdat die kans dat ek in 2027 wel as een van die vier spelers gekies kan word, baie goed is,” het hy gesê. “Die 19-jariges speel natuurlik sterker.”

Indien hy vir die 2027-toer vir die Wêreld-muurbalfederasie gekies word, moet sy ouers reeds in Maart van daardie jaar ‘n deposito van R50 000 betaal. “Ek besef dat ons betyds geld sal moet insamel. Om te kwalifiseer, moet ek volgende jaar aan baie toernooie

A-poel eindig. In April vind die SuidAfrikaanse geslote toernooi in Johannesburg plaas. Spelers sal hier hul gradering, o ewel ranking, in junior muurbal vir o.19-seuns kry. Daarna volg die interprovinsiale toernooi in Julie, waar hy die Boland kan verteenwoordig. Hoe hy hier vaar, sal bepaal of hy een van die vier beste spelers sal wees.

Malherbe is tans besig met sy AS Level by Cambridge, wat gelykstaande is aan matriek.

“Ek het ernstig muurbal begin speel toe ek dertien was en ons Worcester toe getrek het. Ons is baie dankbaar dat Andries de Jager die gimnasium so opgeknap het, want daarsonder sou ek nie hierdie geleenthede gehad het nie.

Aubrey Lawrence rig my nou by The Gym af.”

Malherbe oefen vier dae per week by die gimnasium, waar hy aan sy fiksheid of tegniek werk. Dan gee hy vyf dae ‘n week klas aan jong spelers. The Gym het hom met lidmaatskap geborg. Malherbe het ‘n Back a Buddy-rekening (A Squash Mission) waar sy ouers die geld wat hulle aan lidmaatskap sou bestee, inbetaal. Nóg een van sy planne om geld in te samel is ‘n loting met pryse wat geborg is.

Hokkie is Anke, Megan se kos

Anke Britz en Megan Kennedy van HTS Drostdy is albei tot die o.16- Boland Foxes Blackbinnenshuise hokkiespan verkies.

Die span neem van 14 tot 18 Desember in Kaapstad by die Wynberg- militêre basis in die Shield-afdeling van die Pro Series Indoor Nationals deel. Die toernooi word al 19 jaar lank aangebied en is die grootste in sy soort ter wêreld, met meer as 2000 internasionale spelers wat deelneem.

Dié twee spelers staan ’n kans om vir die PSI All Star-span, wat in Europa gaan toer, gekies te word. Die Nkosi Cup vind op dieselfde tyd ook by die militêre basis plaas. Die Nkosi Cup is ’n internasionale binnenshuise toernooi waar spanne van Australië, Nieu-Seeland, Zimbabwe, Suid-Afrika, die VSA en Namibië deelneem.

for children

Anke Britz
Megan Kennedy
Malherbe van Niekerk
The Grade 7 learners of the Pioneer School for the Visually Impaired in Worcester celebrated the end of their exams – and the last of their primary school years – in style. They were treated to an unforgettable motorbike ride and ice cream. Here Duran Thomas shows he’s ready for some speed!
Warm bikes and cold ice-creams

Building the future, block by block

For those who have loved those colourful building blocks from a young age, it is great news that the First Lego League Western Cape Regional Competition (FLL) was held in Zwelethemba in Worcester on 29 November.

Aren’t plastic building blocks meant for little kids? Definitely not, Lego fans will tell you. Playing with Lego doesn’t only build toy houses, it builds engineers, architects and scientists for the future! This is an important STEM (Science, Technology, Engineering, and Mathematics) event that brings young innovators together from across the province. This year more than 33 schools from Cape Town and surrounding areas participated, making it one of the largest FLL gatherings in the region. Learners competed by designing, building and programming LEGO-based robots to solve real-world challenges.

This event represents far more than a robotics competition. It plays a crucial role in developing essential skills for young people. Through FLL learners cultivate critical thinking, creativity, teamwork, problem solving and innovation. They gain hands-on experience with coding, engineering design and scientific inquiry, key competencies for future careers.

“Participating in FLL helps learners build confidence as they take their ideas from concept to creation,” said Farai Takawira, head teacher and robotics coach at Zwelethemba High School. “They learn to communicate solutions, present research

and collaborate under pressure, strengthening academic performance and preparing them for leadership roles.

“Hosting this competition positions Worcester as a growing hub for STEM education and youth development. It motivates local schools to invest in robotics and technology-based learning, while exposing learners from diverse backgrounds to opportunities in engineering, computer science, and tech-driven careers. By equipping young people with STEM skills the competition also supports community upliftment and encourages innovative thinking that benefits the wider community.

"FLL gives our learners a platform to turn creativity into real solutions. Coding and robotics unlock confidence, curiosity, and a mindset that says, ‘I can build the future.’ We are honoured to guide them on this journey."

Amila Mani, the principal, said: "This competition is an opportunity for our learners to see the power of innovation.

“We are proud to host an event that inspires future engineers and problem-solvers right here in Worcester."

Said Takawira: “We extend our deepest gratitude to the Worcester Institute of Technology and the Sakhikamva Foundation, whose generous support as main sponsors has made this possible. Their commitment to advancing STEM education and empowering young learners continues to make a transformative impact in our community.”

Those participating in First Lego League gain handson experience with coding, engineering design and scientific enquiry.

Minuteman Press® Worcester

Dit is vir Minuteman Press Worcester 'n eer om ons onderwysers 'n geseende Christusfees toe te bid en 'n baie aangename r u s t y d in hierdie 2025 seisoen reses. Baie dankie vir elkeen wie 'n diens vol begrip en deernis aan die leerders gelewer het.

It is Minuteman Press Worcester's honour to pray a blessed Christ Festival over all our teachers and to pray for a pleasant resting time during the 2025 seasonal recess. Thank you so much fo r each of you who delivered a compassionate service to the learners

viral die skole wot van ons dienste gebruik maak

to all the

How STEM and robotics teach wisdom, leadership and teamwork

Wisdom Fata, captain of Zwelethemba High’s STEM team, had this to say about the advantages STEM and robotics have:

“As a Grade 11 student and coder for the Galactic Einsteins 22935 robotics team in Zwelethemba robotics has changed my life. Through FLL and FTC I’ve learnt to solve real problems using STEM – research, coding, engineering, and innovation. These competitions have opened my mind to new opportunities and introduced me to people who share the same passion. Being part of this team has kept me

focused, motivated and confident. As team captain I’ve discovered the importance of leadership and teamwork. The support from my coaches and teammates pushes me to grow and reminds me that I’m never walking this journey alone.

Robotics has helped me unlock my potential and I hope to inspire more young people to join STEM programmes and events such as the one we are hosting. This journey has shaped my future, and I want others to experience the same opportunities and excitement that robotics brings.”

The STEM team at Zwelethemba High looks forward to the first Lego League event hosted at their school. Photos: Supplied
Wisdom Fata, captain of Zwelethemba High School’s STEM team.
Photo: supplied

Ver w ys 'n Vriend en Kr y 'n Ver w ysingsvergoeding! $$$$$$$$$$$$$$

By Nortier Motors waardeer ons ons kliënte, en ons glo die beste reklame is mond tot mond. A s jy iemand ken wat op soek is na 'n betroubare gebruikte motor, ver w ys hulle na ons en ons sal jou beloon!$$$$$$$$$$$$$$

Hoe Dit Werk:

1. Ver w ys 'n vriend, familielid of kollega na Nortier Motors.

2. Wanneer hulle 'n voertuig by ons koop, kwalifiseer jy vir 'n

ver w ysingsvergoeding!$$$$$$$$$$$$$$

Waarom Nortier Motors?

· Kwaliteit gebruikte motors

· Uitstekende kliëntediens

· ‚n Naam wat jy kan vertrou Kontak Ons Verkooppersoneel Vandag! Besoek ons by Nortier Motors Worcester of kontak ons verkooppersoneel om die terme en voor waardes van ons ver w ysingsprogram te bespreek.

Spiertiere kan ook kook

Wie sê bak is net vir mense met geduld, fyn motoriese vaardighede en ’n liefde vir pienk voorskote? Hierdie resepte bewys dat selfs die skool se kranigste sportman — ja, die een wat die meeste van sy tyd in die gim of op die sportveld spandeer — binne ’n paar minute kan verander in ’n volwaardige bobaasbakker. Al wat jy nodig het, is ’n paar eenvoudige bestanddele… en die bereidheid om jou rugbytokse vir ’n mengbak te verruil. Bon appétit, kampioen!

Honger? Hier is ‘n

vinnige resep vir macaroni-en-kaas

Het jy die yskas al twintig keer oopgemaak en daar is nog steeds niks wat jy lus is om te eet nie?

Hier is ‘n vinnige resep om een porsie macaroni-en-kaas in die mikrogolfoond te maak. Mens kan darem nie net van grondboontjiebotterbroodjies leef nie!

Jy het die volgende nodig:

.¼ koppie melk

.2/3 koppie macaroni of ander pasta

.1 koppie water (dit moet die pasta bedek)

.¼ koppie gerasperde kaas

.1 teelepel mielieblom (Maizena)

.Sout en peper na smaak

Só maak jy:

Plaas die pasta en water in ‘n groot sopbeker of ‘n poedingbakkie. Sit dit in die mikrogolfoond vir sowat agt minute tot die pasta sag is. (Dit kan langer of korter neem, afhangend hoe dik die pasta is en hoe sterk die mikrogolf is.)

Gooi die oorblywende water af. (Gebruik oondhandskoene – die bakkie is warm!)

Roer die melk, kaas en mielieblom by en plaas dit vir nog ‘n minuut in die mikrogolf sodat die sous vorm.

Roer goed deur en geniet dit!

Standard Breederivier Gazette nooi die gemeenskap, maatskappye en organisasies uit om deur die loop van die jaar donasies van sanitêre produkte te maak. Skenkings kan by ons kantoor, Hoogstraat 116, Worcester ingehandig word.

Dit hoef nie duur produkte te wees nie. Deesdae is daar produkte wat vanaf so min as R10 by verskeie kettingwinkels beskikbaar is. Donasies sal aan die einde van elke kwartaal getel en eweredig verdeel word aan behoeftige leerders by skole in en rondom Worcester.

Standard Breederivier Gazette se kantoor is daagliks oop vanaf 08:30 tot 16:00, Vrydae tot 14:00. Skenkings kan tydens kantoorure afgelewer word.

Sportman se Supermaklike Sjokoladekoek

Bestanddele:

.1½ koppie koekmeel

.1 koppie suiker

.¼ koppie kakao

. 1 teelepel bakpoeier

.½ teelepel sout

. 1 koppie warm water

.⅓ koppie olie

. 1 teelepel vanielje

.1 eetlepel asyn (ja, regtig — dit maak die koek lig!)

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 °C. Trek jou sportman-hande deur jou hare vir dramatiese effek. Meng al die droë bestanddele in ’n groot bak. Dis soos ’n pre-warm-up vir die koek.

Gooi water, olie, vanielje en asyn by. Meng tot glad — jy hoef nie spiere in te span nie, ’n gewone lepel doen die werk.

Gooi die mengsel in ’n gesmeerde pan. Bak vir 30–35 minute.

Dis omtrent so lank soos ’n goeie oefensessie… maar met baie beter geure.

Laat afkoel (ja, sportmanne moet ook soms rus!) en bedien.

Wenke vir bonuspunte:

Sif die kakao vooraf vir ekstra glans — soos ’n medalje op prysuitdelingaand.

Voeg sjokoladestukkies by vir ’n power boost Spog dat dit jou post-workout recovery meal is. Niemand hoef te weet hoe maklik dit was nie.

Vir navrae kontak

Charlrica Julies 023 347 0968 of Juliette Kotze 023 348 5115

Die foto, wat deur kunsmatige intelligensie genereer is, beeld uit dat enige sportman in ‘n
voorste bakker kan verander. FOTO: AI/ChatGPT
Macaroni en Kaas in ‘n japtrap in die mikrogolf.

Onnie wys sy slag op Tik Tok

LUCIANO DU TOIT

Nazier Je ha, ’n onderwyser by Esselenpark Primêr, gebruik sy “Tik Tok”-profiel om sy leerders te motiveer om ’n positiewe uitkyk op die lewe te hê.

Nazier is op 3 April 1995 in Parkerstraat, Worcester, as die seun van Jameel en Naima Je ha en die oudste broer van Shafiek Je ha gebore, waar hy die meeste van sy grootwordjare deurgebring het. Volgens hom was sy grootwordomgewing nie ideaal nie en moes hy dinge sien en beleef wat so dikwels in minder gegoede gebiede afspeel. Hy moes dus werk om ’n ander siening van die omgewing te bewerkstellig.

Nazier sê mense het in die meeste gevalle ’n wanpersepsie van hom omdat hulle nie besef dat hy die harde kant van die lewe ken nie. Hy het meestal by sy ouers se huiswinkel gebly en erken hy het ’n liefde vir gaskoeldrank ontwikkel. Hier het hy meestal in sy jong dae speletjies gespeel en hy het baie mense so ontmoet, maar was hy baie min “op straat”.

Sy skoolloopbaan was soos ’n nimmereindigende reis waar hy in Graad R by Moslem Primêr begin het, daarna van graad 1 tot gr. 4 by De Tuinen Primêr en uiteindelik van graad 5 tot gr. 7 sy primêre opvoeding by die Laerskool Worcester-Oos voltooi het.

Hy het by die Hoërskool Montana matrikuleer en is daarna na die Kaapse SkiereilandUniversiteit van Tegnologie (KSUT) in Wellington, waar hy sy B.Ed-onderwysgraad voltooi het. Hy is tans in sy sesde jaar van skoolhou by Esselenpark Primêr, waar hy vir graad 5’s klas gee.

Hy sê sy liefde vir “Tik Tok” het begin nadat hy sy foon strategies geplaas en toe sommer net met danspassies begin, dit verfilm en op TikTok geplaas het.

Dit het soos ’n veldbrand versprei en eensklaps het hy duisende

volgelinge gehad wat van sy “Tik Tok”-video’s gehou het. Sy video’s het meestal oor egte gesprekke tussen hom en sy leerders gegaan – soveel so dat sy volgelinge nou onlangs tot amper 40 000 gegroei het en steeds groei.

Nazier maak tans gereelde dans- en motiveringsvideo’s en gebruik sy leerders in baie van sy video’s. Hy motiveer sy leerders en volgelinge om hul waardes te handhaaf sodat hulle bo hul omstandighede kan uitstyg –waardes soos omgee, respek, eerlikheid en verantwoordelikheid, waarop hy pertinent in sy video’s konsentreer sodat sy leerders en volgelinge dit so kan uitleef.

Vir hom het dit baie deure oopgemaak en hom die mens gemaak wat hy vandag is.

Op sportgebied speel Nazier rugby vir Young Hamiltons. Hy was vanjaar in die B-span en hy en sy spanmaats het die liga gewen.

Hy is ook by 7’s-rugby betrokke en is tans deel van die gewilde Gelsquad-span wat aan verskeie toernooie deelneem.

Volgens Je ha lei rugby tot algehele dissipline en dit hou hom in die gimnasium om fiks te bly. Hy sien homself eendag as ’n leier by ’n skool omdat sy liefde vir kinders iets is wat nooit sal wegkwyn nie.

Dit voel vir hom soos sy daaglikse plig om toe te sien dat jongmense die regte rigting in die lewe volg en die lewensreis geleerd kan aanpak.

The value of words

From newspapers that carry the scent of ink and the machine that prints it, to the machines, those miracles of technology, that we constantly have in our hands. From the delicate diction printed on these sheets of paper to the words on our cellphones’ bright screens. The words have this in common: a voice that is ready to share a message.

In today's age, navigating through the information gained from media can be quite complex, influenced by our perception of social aspects and short a ention spans. Words and their meaning seem to be tossed around within these waves.

Words are the waves that wash onto the shore. Words are a recurring pa ern, that leaves a remark each and every time sounded off someone's lips. Words is the thing that evokes the image of our true character. Is shows what kind of person we are when interacting with others. Your words may embody who you truly are, and can be so powerful, to where it can help others embody their true character as well.

It is stated that kids who grew up listening to bedtime stories are more likely to develop a broad imagination and understanding on social aspects, while people who swear o en tend to grow more frustrated than others.

For the majority of teenagers, analysing their English reader is far more boring than reading the book that is being promoted on their social feed. Some are quick to throw away the school newspaper, but eager to like the school’s new Instagram post.

Words are a source of enrichment and power.

With words a message can be communicated. And just as the words that leave your mouth shape your character, those same words can help shape someone else's character too. The teacher John Keating tells his student in the film Dead Poets Society "No ma er what anybody tells you, words and ideas can change the world.”

The more we understand the power of words, the more understanding we'll have over how we use them.

Words are meant to make learning something fulfilling and teaching more purposeful. And most of all, words are meant to create a message that speaks to your mind and your heart. Chelsey Julies is a Grade 10 learner at Worcester Gimnasium

Nazier Jeftha, ’n gr. 5-onderwyser by Esselenpark Primêr, kweek ’n positiewe gesindheid by leerders.
Chelsey Julies

Worcester se leerlinge skitter

die

gedurende die vorige skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Rustenburg deelgeneem. Hulle het in die 8-10-jaar-ouderdomsgroep in die “Lyrical Duet” silwer losgedans en in die “Acro duet” brons verwerf. Beide is in die SA-span van 2026 opgeneem, wat in Julie in Las Vegas, Nevada, in die Verenigde State van Amerika aan die wêreldkampioenskap gaan deelneem.

Laerskool Worcester-Oos se tennisspelers is kookwater op die baan. Anina en

in die Plattelandspan opgeneem. Hulle het hul span van

tot 9 November in die interdistrikte-toernooi in Stellenbosch verteenwoordig en puik gevaar.

Petrus Neethling (foto), Martin Broodryk en Piet Niemand het die afgelope vakansie aan die junior toernooi van kampioene in Bellville deelgeneem. Dit was lang dae vol krieket, maar hulle het hulle gate uit geniet! Petrus was in die Hornets-span, wat die toernooi gewen het. Piet het vir die Broncos gespeel, wat as die naaswenners uit die toernooi getree het. Martin was in die Jaguarsspan, wat die Plaat-eindronde gewen het. Hy is ook deur sy span as die beste bouler in die eindwedstryd aangewys. Petrus het met bal in die hand geskitter en ’n indrukwekkende nege paaltjies in sy sewe wedstryde geneem!

Dirkie Coetzee het aan die Suid-Afrikaanse Jeug-kampioenskap vir stoei deelgeneem, waar hy met uitsonderlike vasberadenheid en moed gestoei het. Die bloed, sweet en trane het gevloei, maar Dirkie het nie teruggestaan nie. Hy het twee bronsmedaljes verower – een in die o.8-vrystyl- en een in die o.8-GrieksRomeinse afdeling. Dirkie het met sy eerste deelname aan die SA’s ware vegtersgees getoon en bewys dat hy ’n teenstander is met wie rekening gehou moet word.

Die
Viljoen Hugo (o.11) is
7
Franzelle van Zyl (o.10) van die Laerskool Worcester-Oos is ook in die Platteland-span vir tennis opgeneem.
Luandi van der Linde en Willem Groenewald (albei o.15) van HTS Drostdy in Worcester het verlede Saterdag (29 November) aan die Kings and Queens-skaaktoernooi by Somerset High School deelgeneem. Luandi het goud verwerf en Willem silwer.
Mienke Neethling en Meecka Jacobs (o. 13) van die Laerskool Worcester-Oos het hul buiging vir die Worcester United-krieketklub se senior vroue gemaak. Albei het goed gevaar en gehelp om die wedstryd met agt paaltjies te wen.
Die Laerskool Worcester-Oos se Klari en Mialé Crous (van
Danique Fullard Dance Academy) het

HOOFBORG / MAIN SPONSOR

Rayvin ‘praat’ deur sy sketse

Wanneer hy op ’n verhoog voor ’n gehoor moet optree, is hy ietwat skamerig. Maar gee hom ’n skryfding en papier en hy neem jou op ’n magiese reis met sy asemrowende, fyn gedetaileerde potloodsketse. ’n Beskeie Rayvin Titus (18), ’n graad 12-leerder aan die Hoërskool Montana en kunsstudent aan die Hugo Naudé-kunssentrum in Worcester, se unieke kunswerk het onlangs die oog van visuele kunstenaars betrokke by die Face of Art & Design gevang.

Sy meesterstuk, met die tema Street Story, het hulle só beïndruk dat dit –tesame met die kunswerke van 42 ander matrieks in die WesKaap – in Januarie 2026 by die gesogte Face of Art & Design (FAD) se 2025-matriek-uitstalling by die Cape Town Creative Academy by die V&A Waterfront uitgestal gaan word.

Só is die goeie nuus aan Rayvin oorgedra:

“Dear Rayvin Titus

“Congratulations! As one of 42 learners, you have been selected from all the grade 12 Design and Visual Arts learners of 2025 to exhibit in the Face of Art and Design matric exhibition in January 2026.

“You work has been selected for its creativity, narrative and risk-taking.” - FAD

Indien Rayvin se werk tydens dié uitstalling die harte van die visuele kunsreuse steel, kan hy ’n beurs van R100 000 losslaan om kuns aan die Cape Town Creative Academy te studeer.

Die tweede prys is ’n beurs van R50 000 en die derde prys ’n beurs van R30 000.

Die uitstalling word deur die FAD in samewerking met die Cape Town Creative Academy aangebied.

Rayvin, ’n boorling van Worcester en die oudste van drie kinders, was op laerskool by die NGK Oefenskool in Worcester.

In graad 10 het hy by die Hugo Naudé-kunssentrum drama geneem.

“Omdat ek ’n introvert is, het die drama nie so lekker vir my gewerk nie.

“Ek was bang en het nie so lekker geweet hoe om dit te gebruik om myself uit te druk nie.”

Volgens Rayvin het hy in 2024 besluit om drama vir eers vaarwel te roep en hom eerder in die visuele kunste te begewe.

Tot vandag, sê hy, is hy nie spyt hy het oorgeskakel na visuele kuns nie, want dit bied hom ’n “veilige ruimte” waarin hy outentiek kan wees en homself behoorlik kan uitdruk.

Rayvin sê sy Street Story-kunswerk, wat volgende jaar uitgestal gaan word, vertel die verhaal van ’n jong seun wat in ’n straat woon waar dwelmmisbruik en rampokkery hoogty vier.

In sy tekening praat hy van hoe onveilig strate geword het.

Omdat die seun in die storie baie lief is vir dans en ’n weersin vir maatskaplike euwels het, het hy dit [dans] as uitweg gesien om bo sy omstandighede uit te styg.

“Wanneer ek teken, hou ek daarvan om met realistiese temas te werk – temas waarmee mense hulle kan vereenselwig.

“Ek wil binnekort met tekeninge wat landskappe uitbeeld, begin eksperimenteer.”

Volgens dié jong kunstenaar is hy baie op detail ingestel.

Rayvin se voorliefde vir die kunste is egter nie beperk tot net visuele kunste en drama nie.

Dié jong man het onlangs vir hom ’n kitaar aangeskaf en is tans besig om dié komplekse musiek-instrument op eie houtjie te leer bespeel. Hy sê benewens die kunste hou hy daarvan om te gaan draf om sy liggaam en verstand gesond te hou.

Volgens Rayvin is hy oop vir kritiek – opbouende kritiek wat van hom ’n beter kunstenaar kan maak. Hy sê ouers wat sien hul kinders het ’n voorliefde en talent vir die kunste, moet alles in hul vermoë doen om daardie talent te koester – omdat dit ’n gawe is.

“My ouers staan bankvas agter my. Hulle is baie trots op wat ek tot nou vermag het.

“Ná matriek wil ek ’n gap year vat. In daardie tyd wil ek af en toe by die [Hugo Naudé] kunssentrum inloer om jong, opkomende kunstenaars in die kunste touwys te maak.”

Volgens Rayvin sal hy graag eendag ’n beroep in die kunste wil volg.

“Ek voel regtig ek kan met al my talent ’n suk-

maar Rayvin kan dit in elk geval doen.

“Dit was nie nodig vir my om hom dit te leer nie. Ek lei hom bloot in die kreatiewe proses.”

ses daarvan maak.”

Hannri Hamilton, die waarnemende hoof van die Hugo Naudé-kunssentrum en Rayvin se kunsonderwyseres, sê: “Ons voel baie geëerd om deel van die uitstalling te wees en dis ’n absolute voorreg om met ’n kind soos Rayvin te kan werk.

“Hy het baie hard gewerk en verdien hierdie geleentheid oor en oor. Dit kan dalk ’n keerpunt in sy lewe wees.

“Toe Rayvin in graad 11 oorkom na visuele kunste, het ek onmiddellik gesien hy het talent.

“Teken is sy sterk punt. Nie alle leerders het ’n vaardigheid vir teken nie.

“Dis ’n vaardigheid wat aangeleer kan word,

Volgens Hamilton moet die leerders wat aan die FAD-uitstalling gaan deelneem, ’n voorlegging van hul werke doen en onder meer verduidelik waaroor dit gaan. “Die werke is nie net mooi prentjies wat teen ’n muur hang nie. Dit behels ’n hele konsep daaragter.

“Probleemoplossing is ook ’n groot deel van kuns. Jy moet uit die boks kan dink.”

Volgens Hamilton sien sy gewis ’n toekoms vir Rayvin in die kunste.

Rayvin se ma, Merlyn Claassen, sê: “Ek is baie trots op Rayvin.

“Ek dank die Here vir die gawe wat Hy my kind gegee het.”

Mindset of the homeless is fodder for art

A learner from Worcester Gymnasium’s artwork, inspired by the hopelessness on the faces of the homeless concentrated in an area near the police station in Worcester, gave her the chance to take part in the Face of Art & Design exhibition in January.

Akina Wehr said the painting, on a set theme, “Place”, was for a competition run by the Western Cape Education Department and Cape Town Creative Academy.

“The artwork was inspired by the idea of seeking a place of safety without having a home as protection from the streets,” said Akina.

She is one of only 42 Grade 12 Design and Visual Arts learners of 2025 selected to participate in the Face of Art & Design exhibition. The competition offers bursaries of R100 000 for the first prize, R50 000 as the second prize and R30 000 as the third prize for studies at the Cape Town Creative Academy next year.

Her work was selected “for its creativity, narrative and risk-taking,” the competition team stated. The Face of Art & Design exhibition will open at the Cape Town Creative Academy on 17 January 2026, when the winners will also be announced.

Rayvin Titus (links) en sy kunsonderwyseres, Hannri Hamilton, by sy kunswerk wat in Januarie by die Face of Art and Design 2025-matriek-uitstalling ten toon gestel gaan word.
Rayvin se kunswerk wat volgende jaar uitgestal gaan word. Foto’s: Enrico Claassen
Akina said her artwork was inspired by the homeless who are concentrated in an area close to the Worcester Police Station.
Akina Wehr in class.
Akina is one of only 42 learners taking part in the Face of Art & Design exhibition in January.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.