Nabootsers geklee in die uniform van Britse soldate (links) en Boeremagte (regs) skiet salvo’s af ter viering van die inwyding van die blokhuismuseum in Bloemfontein
Steyn en Danie Pretorius Die nuwe blokhuis is agter,tussen hulle sigbaar FOTO’S: Lientjie Mentz
Blokhuiswagopbesoekers
Skote van Mausers en Lee-Metfords het op 27 November by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke geklap om die opening van ’n replika van ’n blokhuis uit die Anglo-Boereoorlog te vier.
Die salvo’s is afgevuur deur twee nabootsers van Britse soldate met Lee-Metford-gewere en twee Boere-nabootsers met Mausers wat opgeklink het as deel van die openingsgeselligheid van die Oorlogsmuseum se blokhuis-museum op die terrein
Die sandsteen-replika, ’ n akkurate nabootsing van die agt-hoekige blokhuis by Tierpoort sowat 50km suid van Bloemfontein, is die nuutste toevoeging by die Oorlogsmuseum wat die geskiedenis van die oorlog getrou en nuut uitbeeld
Die blokhuis wat uitgebeeld word is een van twee wat gebou is om die spoorlyn oor die rivier wat in die Tierpoortdam vloei, teen aanvalle van die Boerekommando’s te beskerm
Die Oranjerivier se agthoekige blokhuise is in Februarie 1901 deur die Britse Royal Engineers by Nor-
valspot, Bethulie, Riversford (nou Tierpoort genoem) en by die brug oor die Rietrivier opgerig Vandag is net twee van die oorspronklike agt Vrystaatse blokhuise oor die een by Tierpoort en die een by Norvalspont
Die sandsteenblokhuis by Tierpoort is ’ n paar jaar gelede gerestoureer, maar weens blootstelling aan wind en weer het die blokhuis gou weer verweer en het die vloere weggevrot nadat die dak beskadig is
In November 2024 het Tokkie Pretorius, direkteur van die Oorlogsmuseum, die blokhuis by Tierpoort besoek en besluit dat ’ n replika hiervan op die terrein
van die museum in Bloemfontein gebou moet word Private borge het gehelp om hierdie droom van Pretorius waar te maak Adv Colin Steyn, agterkleinkind van die oudpres M T Steyn van die Vrystaatse Republiek, wat vandag nog op die plaas Onze Rust naby Tierpoort woon, sê die Britse troepe wat die blokhuise moes beman, moes ondraaglike toestande soos hitte, koue, wind, stof en Vrystaatse donderstorms verduur, op “ eensame eilande in ’ n baie vyandige see ” Binne die blokhuis is ’ n skaalmodel van die terrein waarop die blokhuis staan, asook die ander strukture soos die tweede blokhuis
(wat nie meer bestaan nie) en die staaltreinbrug oor die rivier te sien
Hennie van Zyl, argitektekenaar en jare gelede die hoof van die kantoor van stads- en streeksbeplanning in die Vrystaat, het die planne vir die blokhuis opgetrek en ook die skaalmodel gebou
Van Zyl was lid van die Bloemfontein-stadkommando wat met sy sluiting in 2005 sy fonds aan die Oorlogsmuseum geskenk het Dié fonds is gebruik in die bou van die blokhuis-museum
Dit is gegrond op navorsing wat wyle dr Johan Hatting en prof André Wessels gedoen het oor die lewe van die soldate by die blokhuise van 1899 tot 1902
Met die opening van die nuutste uitstalling kan besoekers dié vakansie weer ’ n draai gaan maak by die Oorlogsmuseum en hierdie en ander nuwe uitstallings besigtig
Dit sluit in ’ n uitstalling oor ander lande, buiten Brittanje, wat by die Anglo-Boereoorlog betrokke was
Die museum is weeksdae van 08:00 tot 16:00 en Saterdae van 10:00 tot 17:00 oop Sondae se ure is 11:00 tot 17:00; en dié vir openbare vakansiedae van 09:00 tot 17:00
Rig navrae of bespreek begeleide toere by 051 447 3447
Die
Hulle
van links Twin Mosia,Fynus Smith,adv Colin
LIENTJIE MENTZ
Op die openingsgeleentheid is van links Sepheu Tau Masemola (voorsitter van die Nasionale Erfenisraad),Tokkie Pretorius (direkteur van die Oorlogsmuseum) en dr Thabo Manetsi (uitvoerende hoof van die Nasionale Erfenisraad)
Twee lede van die Oorlogsmuseum se raad binne die nuwe blokhuis-museum is adv.Charlie Naidoo en Quintin Norris (voorsitter)
nuwe blokhuis-museum is verlede week in Bloemfontein geopen
Inwoners se regte beskerm
LIENTJIE MENTZ
Lede van die Universitas-woonbuurtvereniging (UWA) en Unversitas-wes-woonbuurtverenigings het by monde van adv Ramon Henney briewe aan verskeie rolspelers gestuur om uiting te gee oor die voortslepende frustrasie van Universitas-inwoners met studentegedrag en die nie-nakoming van behuisingspersele aan amptelike wette en regulasies
Die skrywe aan die Mangaung-metro het gedien as finale eis vir die metro om sy eie verordeninge en nasionale wetgewing af te dwing teen onwettige studente-akkommodasiegeriewe wat die gemeenskap se lewensgehalte negatief beïnvloed
Formele briewe is ook gerig aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), die Parkweg-polisie en die Eiendompraktisynsreguleringsoutoriteit (PPRA) Klagte is in laasgenoemde brief geopper oor die misleidende bemarkingspraktyke deur eiendomspraktisyns wat versuim om aanhoudende gemeenskapsgeskille bekend te maak aan voornemende kopers Volgens die brief hou sommige praktisyns aan voornemende kopers voor dat ’ n huis maklik in studente-akkommodasie omskep kan word, terwyl daar talle prosesse is wat gevolg moet word
Vir jare al word privaateiendom aan voornemende studentehuis-eienaars verkoop wat dikwels onmiddellik begin met aanbouings om die geriewe vir studente aan te pas Henney sê ook daar is kommer oor nie-geregistreerde praktisyns wat sonder geldige sertifikate werk
Oor die reaksie van die polisie op gevalle waar studente die rus ernstig versteur, sê Henney hulle wag nou vir die polisie se regsafdeling om te reageer
“Ons het ’ n formele klagte ingedien oor volgehoue onwettige aktiwiteite soos geraas, openbare dronkenskap, crimen injuria en die ooglopende gebrek aan optrede van bywonende polisielede, wat dikwels ’ n gebrek aan ’ n lasbrief as rede aangevoer het om nie eiendomme te betree nie,” sê Henney
Henney sê volgens die gemenereg het polisiebeamptes die reg om ' n perseel te betree en op te tree teen diegene wat die rus versteur Volgens wet mag polisiebeamptes ook enigeen wat die wet oortree, in hegtenis neem Sommige van die onwettige aktiwiteite sluit in buitengewone harde lawaai met harde musiek en partytjies, die strooi van rommel in naburige eiendom, openbare dronkenskap en verbale mishandeling, intimidasie en die opsetlike beskadiging van iemand se waardigheid
Ondersteun danksy Carols with the Stars
’n Skenking van R15 000 elk vir kruideniersware is aan twee liefdadigheidsorganisasies oorhandig uit die toegangsgeld vir vanjaar se Carols with the Stars,geborg deur Pick n Pay Preller Walk Die kinderkankerorganisasie CHOC en Hospice Bloemfontein het op Maandag 1 Desember die skenkings in ontvangs geneem Op die geleentheid is van links Bernie Naude (Rosestad FM),Sakkie Matthee (skoolhoof van die Laerskool Willem Postma),Sonet van Zyl (CHOC),Duncan en John Pentz (Pick n Pay Preller Walk),Hanneke Lubbe (Hospice Bloemfontein) en Anché de Bruin (BloemNuus) FOTO: Lientjie Mentz
Hofsaak ná botsing begin
LIENTJIE MENTZ
Die bestuurder van die bakkie wat op 24 Januarie betrokke was in die ongeluk waarin drie leerders van die Dr C F Visserskool dood is, Tristan Kearney (20), het op Dinsdag 2 Desember in die Bloemfonteinse streekhof verskyn Twee boeties, Ryan (6) en Ayden (8) Smit, en hul niggie Leané van Papendorp (8) is in die botsing by die verkeerslig op die N8 by die Aljos Superspar buite Bloemfontein dood Ryan en Leané is op slag dood, en Ayden is later die dag van die ongeluk in die Busamed-hospitaal oorlede toe sy hart ’ n tweede keer gaan staan het
Die bakkie het gebots teen die rooi Chevrolet Spark waarin Leané se ma, Adri Jonck, die kinders skool toe geneem het Kearney het verskyn op drie aanklagte van strafbare manslag, een van roekelose en nalatige bestuur, die verontag-
Die drie leerders van die Dr C F Visserskool wat in Januarie in ’n motorongeluk dood is,is van links Ryan Smit
van
en Ayden Smit (8). Foto: Lientjie Mentz
saming van ’ n padverkeersteken, asook die oortreding van regulasies wat betrekking het op die aantal mense wat hy met dié voertuig kon vervoer Kaydene Davids van Netwerk24 berig dat Kearney veronderstel was om op 3 Desember in die hof te verskyn; maar sy regsverteenwoordiger, adv Allen Simpson, het die
hof vroeër genader aangesien hy nie Woensdag beskikbaar was nie Volgens Simpson is daar geen sinistere rede vir die versoek dat die saak Dinsdag aangehoor is nie
Streekslanddros Rasheed Matthews het Kearney se verhoor tot 21 Januarie uitgestel Hy sal dan na verwagting op die aanklagte teen hom pleit
LIENTJIE MENTZ
The landlords of student accommodation in Bloemfontein, who provide a home to thousands of students and pump an estimated R4,2 billion into the local economy, are facing a crisis.
This could lead many to shut down, leaving students stranded and devastating local businesses
Gert van der Merwe, spokesperson of MultiLet Owners Association, says they want to be part of the solution to regulate student housing, but face challenges with requirements for accreditation
This comes in response to the intended implementation of the unconstitutional new student accommodation by-law on student accommodation and additional requirements for accreditation, which is unique to Bloemfontein campuses
“According to our calculations, the universities in Bloemfontein bring R7 billion into our city," Van der Merwe said
“The students living in communes are responsible for an estimated R4,2 billion of that, with R2 8 billion brought in by on-campus and large student housing developments To cripple us with unworkable regulations and requirements will jeopordise that entire revenue steam,” he said
Multi-Let represents around 300 owners of communes with 6 000 beds
Byone Salmon, one of the board members, says their members are heavily invested and want to improve the state of the whole Universitas
“We want property prices to increase and we want te be part of the solution”
The group acknowledges the legitimate concerns of some residents regarding noise and parking
“The proposed bylaw unfairly scapegoats all student housing instead of targeting the few bad operators,” they say
"The system to legalise our properties is not working as it is taking too long , due to challenges facing all parties involved, including the Mangaung Metro, University of the Free State (UFS), and landlords alike "
They porpose a robust five-point creteria for the Manangaung Metro and tertiary institutions that could be considered to fast-track permissions to operate whilst going through the prosess of obtaining special consent use or rezoning
(6),Leané
Papendorp (8)
Droom teruggekry met passie(s)
LIENTJIE MENTZ
’n Ouma van Bloemfontein was die naweek een n die ballerinas op erhoog nadat sy vanjaar wéér ná vyf egin dans het
stelyn (66) sê sy meisie tussen die van ses en 16 jaar en en daarna nooit
d het ek erg deaak,” vertel sy lielid stel toe voor doen waarvan ek baie at vir my vreugde
ruggedink aan haar
e sy ballet gedoen het it geniet het die nommer van ’ n ballet-instruktrise gekry en my
hart uitgeskryf Ek het vir haar gesê ek het 50 jaar gelede ballet gedoen, maar ek wil weer begin”
Vroeg vanjaar het sy haar ingeskryf vir die volwasse klasse by Santie van Biljon se Creative Dance Academy
“Dit was glad nie maklik nie,” vertel Lizzie
“Ek is glad nie meer so soepel soos toe ek 16 jaar oud was nie Ek was dikwels in trane en moedeloos”
Steeds het sy vasgebyt en lang ure saam met die agt ander volwasse dansers geoefen
“Dit is almal vroue van 30 jaar en ouer wat jare laas gedans het Ons het mekaar bemoedig en aangemoedig”
Saterdag 29 November was vir Lizzie die hoogtepunt van die jaar se harde werk, met die dansproduksie Dream wat in die Wynand Mouton-teater opgevoer is Dream vertel die storie
van Amara, wat as kind baie gedroom het, maar namate sy grootgeword het haar drome in die alledaagse verloor het ’ n Vonkie hiervan is terug wanneer sy eendag ’ n verlore papiervliegtuig in ’ n speelparkie vind
Net soos Amara weer begin droom het, het Lizzie iets besonders in haarself gevind
“Die konsert het iets kinderlik in my losgelaat,” vertel sy
“Die applous van die gehoor was aansteeklik ’ n Mens wou net heeltyd alles en meer gee ” Haar man, Cassie, asook haar kinders en kleinkinders, het Saterdag gekyk hoe ouma Lizzie saam met die ander ballerinas dans
“Hulle kon nie hul oë glo nie,” sê Lizzie laggend Die vertoning het die kroon gespan en is motivering vir haar om volgende jaar weer in te val en haar ballet-vernuf verder op te skerp
Chris Brandweer se dood laat talle kringe armer
LIENTJIE MENTZ
’ n Brandweerman van Bloemfontein met ’ n groot hart vir almal altyd bedrywig op Bloemskou en tussen die sierduiwe is Woensdag 26 November in die Mediclinic Bloemfontein oorlede
Chris van der Walt (64) is kort voor sy dood in die hospitaal behandel nadat hy deur ’ n bosluis gebyt is Sy groot vriend en kollega by die Mangaung-brand-en-reddingsdiens, Braam van Zyl, sê Chris het vinnig agteruitgegaan en is Woesdag om 21:54 oorlede
“Hy was ’ n groot man, ” sê Van Zyl “In die 126 jaar dat die Bloemfontein-brandweerdiens bestaan, het honderde mans, en later ook vroue, daar gewerk Elkeen was of is uniek en geliefd Wat Chris anders gemaak het as die res van ons, is dat hy veral ook buite die brandweer baie uniek, geliefd, bekwaam en uiters gewild was Hy was ’ n dinamiese mens ”
Van der Walt het sy loopbaan as brandweerman in 1985 begin en gou tot offisier gevorder
Van Zyl sê in moeilike omstandighede was hy altyd ’ n leier
“Chris is beskou as een van die diens se beste operasionele offisiere
“Sy loopbaan is sowat 12 jaar gelede kortgeknip toe hy Guillain Barré-sindroom opgedoen het Eers ná ’ n jaar kon hy terugkeer werk toe
“Hy was egter verswak en moes weer leer loop Sy operasionele loopbaan was vir altyd verby, maar sy gees was nie geblus nie Hy het gou vir homself ’ n ander rol geskep Hy was ’ n dinamiese instrukteur en mentor vir jong brandbestryders”
Van Zyl sê Van der Walt se nalatenskap is groter as wat baie besef Hy het die Padvoorvalbestuurstelsel (RiMs) geskep en daartoe bygedra dat dit op nasionale vlak op ongelukstonele toegepas word
Hy was ook behulpsaam met die vestiging van die Brandbeskermings-
vereniging (MAFPA) om boere en buurtwaglede te help met die koördinering van veldbrande in en om Bloemfontein
Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, sê hul hart is seer oor
Van der Walt
“Hy was Mnr Brandweer, Sierduif, Boston terrier-hondeteler en Bloemskou”
Chris vertel in Bloemskou se boek wat in 2023 uitgegee is met die 140ste
bestaansjaar van dié jaarlikse skou, dat hy in die 1980s betrokke geraak het by sierduiwe Hy het daarna gereeld sierduif-kampioenskapsbyeenkomste op Bloemskou aangebied en het deur die jare al hoe meer berokke geraak
In 1997 het hy die eerste keer saam met die Vrystaatskou sy eerste Suid-Afrikaanse sierduifkampioenskappsbyeenkoms aangebied
Hy het saam met Kobus Snyman van die Suid-Afrikaanse Sierduifvereniging die sierduifsaal help bou en die bakstene gelê “Op daai vloer het ons gedáns,” vertel hy in die boek Sedert 2018 het Van der Walt in Bloemskou se raad gedien as voorsitter van die Plaaswerf-komitee Hy was as president van die Vrystaatse Sierduifvereniging en bestuurslid van die Suid-Afrikaanse Sierduifvereniging jare lank betrokke by Bloemskou se sierduif-uitstallings, asook die streeken nasionale skou op die skouterrein
Raadslid se afsterwe laat diepe leemte
LIENTJIE MENTZ
’ n Voorvatter in die DA in Mangaung is op Sondag 30 November om 08:30 oorlede nadat sy die afgelope tyd vir kanker behandel is Dalena Dennis (72), al die afgelope byna 20 jaar ’ n raadslid in die DA, se dood is ’ n groot verlies vir haar gesin, maar ook vir die DA-familie Sy is vir maagkanker behandel en het chemoterapie ondergaan Haar toestand het verlede week versleg en sy is in die Life Rosepark-hospitaal opgeneem, waar sy Sondag oorlede is “Tannie Dalena was soos ’ n moeder in ons midde,” sê Hardie Viviers van die DA
“Sy het altyd kalmte gebring wanneer dinge vurig begin raak,” vertel hy Dennis het in haar loopbaan by die DA verskeie rolle, asook leierskapsrolle vervul, onder meer as ondervoorsitter van die DA in die Vrystaat en as wyksraadslid van wyk 24 (toe Gardeniapark, Wilgehof en die UV-kampus)
Die afgelope termyn was sy ’ n proporsionele raadslid betrokke by wyk 1, 2 en 3 van die Mangaung-metro Sy was ook met haar dood hoofsweep van die
DA-raadslid Dalena Dennis,wat Sondag oorlede is. FOTO: Verskaf
DA-koukus
Viviers sê haar vaardigheid in Sotho was ’ n reuse-aanwins vir die party
“As jy by haar en haar man, Peter, aan huis gaan kuier het, is jy nooit daar weg sonder ’ n botteltjie konfyt nie,” vertel hy Dennis was maar altyd aan die konfyt kook en het dit met groot liefde aan almal om haar uitgedeel
Werner Horn, DA-lid in die parlement en Vrystaatse provinsiale voorsitter, sê met haar dood was Dennis waarskynlik die langsdiendede sittende raadslid in die metro Voordat Manga-
ung metro-status verkry het, was sy lid van die Motheo-distriksmunisipaliteit
“Buite haar politieke loopbaan was Dalena diep in haar gemeenskap gewortel Sy het getrou gedien as hoofdiaken van die NG kerk Hospitaalpark, waar sy geliefd en gerespekteer is vir haar deernis en toewyding,” sê Horn
“Dalena sal onthou word vir haar toewyding, lojaliteit, vriendskap en sterk leierskap
“Die DA in die Vrystaat bring ook spesiale hulde aan Peter, wat haar grootste ondersteuner was en haar deur haar jare van diens bygestaan het
“Ons betuig ons innige meegevoel aan haar seuns, Abrie en Herholdt, en haar twee kleinkinders Ons wens hulle krag, troos en vrede toe gedurende hierdie tydperk van diepe rou Mag haar nalatenskap ons almal bly inspireer”
Peter sê haar werk by die DA was haar passie
“Sy het ’ n omgeehart gehad Niks was ooit vir haar te veel om te doen nie Sy het so mooi vir ons gesin gesorg
Ons as gesin gaan haar teenwoordigheid mis”
Dennis se begrafnis is op Vrydag 5 Desember om 12:00 in die NG kerk Hospitaalpark
Prinsloo beskryf Chris só: “Sy kenmerkende snor, grappies en lag dat sy maag ruk, het van hom ’ n groot gees en vriend gemaak Bloemskou eer sy nagedagtenis en koester die spesiale tye saam Ons innige meegevoel aan sy geliefdes en vriende in die skou-, duiwe-, honde- en brandweerkringe Mooi loop, ou grote”
Chris se seun, Junior, sê sy pa was baie geliefd in die skougemeenskap van Bloemfontein
“My pa het altyd gesê hy sal enigiets skou wat lank genoeg stilstaan Vroeërjare het ons ook met honde geskou,” vertel hy
Hy sê sy pa was maar altyd reg met ’ n grappie
“Hy was passievol oor die brandweer en het oral bekend gestaan as Chris Brandweer”
Van der Walt word ook oorleef deur twee dogters, Christelle Odendaal en Elzaan Hamman
Sy begrafnis is op Vrydag 5 Desember om 11:00 in die NG kerk Wilgehof
Chris van der Walt by sy geliefde sierduiwe op Bloemskou FOTO: Lientjie Mentz
Lizzie Castelyn in een van die kostuums wat die dansers vir die produksie Dream aangehad het Inlas: Lizzie staan op haar toonpunte FOTO S: Lientjie Mentz
Van klein tot groot, elke slimkop tel
Die Prestige-wiskundeprysuitdeling op 25 November was weer die hoogtepunt van die jaar se olimpiade-bedrywighede.
Dit is ’ n geleentheid waar leerders wat deur die jaar in die verskillende wiskunde-olimpiades presteer het, erkenning ontvang
Vanjaar is dié prysuitdeling ’ n 15de jaar deur drs Elsie Schoombie en Anelize van Biljon aangebied
Dit is die laaste jaar dat Van Biljon betrokke is, aangesien sy uittree as organiseerder Haar plek word gevul deur Ilse Olivier, wat vanjaar reeds ’ n oorgangsrol vervul het
Instansies wat met borgskappe en as vennote betrokke is, sluit in die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement wiskundige statistiek en aktuariële wetenskap, asook die departement rekenaarwetenskap en informatika
Die Nautilus-projek lewer geldelike bydraes om die prysuitdeling moontlik te maak
Die olimpiades op die wiskunde-kalender wissel van plaaslike en provinsiale olimpiades tot nasionale en internasionale olimpiades
Een van die mees toeganklike olimpiades vir beginners is die Living Maths-olimpiade, wat jaarliks in November gehou word
Selfs leerders in gr R kan al daaraan deelneem, en dit bied aan hulle ’ n platform om na meer gevorderde olimpiades soos die kwartaallikse Nautilus-olimpiades te vorder
Luther Jacobs het ’ n derde plek behaal en Anlia du Toit ’ n wenplek nasionaal
Die Nautiluskampe behels ’ n provinsiale olimpiade wat vir Vrystaatse en Noord-Kaapse leerders van gr 3 tot gr 12 in Bloemfontein aangebied word
As nasionale olimpiade het die South African Mathematics Challenge (SAMC) drie uitdunrondes om gr 4- tot gr 7- leerders nasionaal te sif totdat die 10 topleerders in elke graad aangewys kan word
Die gelykwaardige weergawe hiervan vir die hoërskool is die South African Mathematics Olympiad (Samo) Hier is ook drie uitdunrondes, so-
Leerders wat vir volgehoue prestasie en beste vordering beloon is,is van links,voor: Riley Olivier (St Andrew’s School,gr 8),Zanne-Mari Greeff (Hoërskool Trio,gr 12), Ivan Graaff (Welkom-Gimnasium,gr 12),Lineé Lubbe (Hoërskool Jim Fouché,gr 10) en Bang-Ting Chang (Grey-kollege,gr9); agter: dr Elsie Schoombie (organiseerder),Yu-Wen Chang (Laerskool Ladybrand,gr.7),Kara Kruger (Hoërskool Fichardtpark,gr.9), Frans Koning (borg,van die departement wiskundige statistiek en aktuariële wetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat),Trevor Mudamburi (Hoërskool Bloemfontein,gr 10,),Chibuikem Nwafor (Grey-kollege,gr7),Konain Ahmed (Grey-kollege,gr 11) en dr Anelize van Biljon (organiseerder) Afwesig: Stiaan Scheepers (St Andrew’s School,gr 8) en Adam Vos (St Andrew’s School,gr 8) FOTO’S: Verskaf
dat 10 finaliste in onderskeidelik die junior en senior afdelings aangewys word Hulle kry silwermedaljes, en die beste kandidaat kry die gesogte goue medalje
Al die provinsiale en nasionale olimpiades rig leerders af om hulle voor te berei vir internasionale olimpiade-deelname, waarvoor die beste kandidate gekies word ’ n Voorbeeld hiervan is die Primary World Mathematics Contest (PWMC), wat vanjaar in Hongkong aangebied is Die vier spanlede uit die Vrystaat en NoordKaap was almal in gr 7: Wen-Yu Chang (Hoërskool Ladybrand), Orion Chen (Grey-kollege), Chibuikem Nwafor (Grey-kollege,) en Andrew Garnett (St Andrew’s School)
Die International Mathematics Competition (IMC) het ’ n afdeling vir spanne met junior deelnemers, wat uit die laerskool moet kom, en spanne vir senior deelnemers, wat uit leerders van gr 8 tot gr 10
Diary
gekies word Hierdie olimpiade word elke jaar in ’ n ander land aangebied; vanjaar in Danang, Viëtnam
Om die presteerders te identifiseer wat eindelik op die Prestige-wiskunde-prysuitdeling vereer word, is nasionaal 8 leerders vir 2 junior spanne gekies, en 8 leerders vir 2 senior spanne
Die 10 topleerders per graad van gr 7 tot gr 12 is dan bepaal, en hulle is genooi om pryse te ontvang Benewens die 10 topleerders wat geïdentifiseer is, en die drie topleerders wat medaljes en geldpryse ontvang het, is trofeë toegeken, per graad, aan die leerders wat die beste vordering gedurende die jaar getoon het
Die leerders wat oor jare volhard het met volgehoue puik prestasie in wiskunde-olimpiades, is ook met spesiale trofeë erken
Rig navrae oor die afrigting van wiskunde deur ’ n WhatsAppboodskap na 082 926 6674 te stuur
Leerders wat die hoogste punte in die Living Maths-olimpiade verwerf het,is van links,voor: Nozipho Mokhojane (St Michael’s Preprimary School),Onalerona Mosia (Little B-hive), Alé Celliers (Universitas Pre-primêr),Nepo Moshambesha (Grey-kollege Pre-primêr),Luther Jacobs (Little Saints Preprimary),Reece Jordaan en Elzané van Zyl (albei van Klein Skooltjie); agter: Anita van Zyl,wat ’n sertifikaat namens haar kleindogter Anlia du Toit ontvang het,en Ruzéna Maclachlan,wat die leerders met opleiding gehelp het
DONDERDAG 4 DESEMBER
n Kersmark word van 09:00 tot 13:00 by Ons Tuiste in Engo se sentrum vir bejaardes by Van Heerdenweg 22 aangebied Verwag ’n teetuin hekelprodukte gevriesde etes en baie meer
VRYDAG 5 DESEMBER
JD Naude sing die musiek van Josh Groban en Meat Loaf in die Aasvoëlklub Dit begin om 20:00 Kaartjies kos R150 by die deur of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 083 656 2584
Die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke en Protea Boekhuis bied die bekendstelling van Tinus le Roux se boek Die Anglo-Boereoorlog in Kleur, Volume 2 aan Dit begin om 17:30 vir 18:00 by die Oorlogsmuseum in Monumentweg Die boek sal op die geleentheid te koop wees Bespreek bywoning by dane@anglo-boerco za
SATURDAY 6 DECEMBER
The Westdene Neighbourhood Association takes the lead with recycling collection from 09:00 to 11:00 in the park at Brill Street and Haarburger Crescent Westdene Bring e-waste, glass, paper, tins and plastic Contact Michael Deutschmann on 071 348 5353 for more information This is the last recycling collection for 2025
The Dennis and Brian Show performing hits of Neil Diamond, Elton John, Billy Joel and other legends start at 19:30 at the Aasvoëlklub Tickets cost R100; dial 084 559 8991
Die ware wenner deur Schink Stories, geskryf deur Martin Schwella en verwerk vir die verhoog deur CW Laten is om 09:00 en weer om 11:00 te sien in Doxa Deo Bloemfontein-suid Kaartjies na hierdie vertoning vir kinders en die hele gesin kos R50 op webtickets co za
Geldinsameling vir Genade in Aksie begin om 11:00 by Barrels op die skouterrein in Monumentweg 22 Toegang kos R50 en niebederfbare kosprodukte ’n Wynproe en uitruil van artikels word gedoen bring alles wat jy nie meer kan gebruik nie, en ruil uit of skenk dit aan Genade in Aksie Skenkings kan ook hier afgelaai word Rig navrae by 051 011 0042 of 064 810 0137
A cake decorating workshop is hosted from 11:00 to 14:00 at Villa Avianto: Cake and Champagne Christmas Edition Tickets cost R400 and are available online at villa-avianto co za, or dial 083 329 4972
The Louis van der Watt Memorial Concert begins at 19:00 at the St Paulus Lutheran Church for 150 year celebrations featuring a chamber orchestra and the Cathedral Singers led by Lance Phillip Soloists include Adri Maryke van Heerden, Anmari van der Westhuizen, Elize van Zuilenburg, Jan Beukes, Maretha Krige and Matildie Wium Tickets cost R120 on quicket co za
SUNDAY 7 DECEMBER
The police in Heidedal invites the community to a meeting at the Norman Doubell Hall to report on drownings at the Heidedal quarry Witnesses and family members of victims are asked to attend This will start at 14:00 Contact Sgt Mahlomola Kareli on 082 527 6634
SATERDAG 13 DESEMBER
Jannie du Toit tree om 15:00 in die Naval Hill Planetarium op met De wals van de liefde Die vertoning se program bied sy gunstelinge uit die Nederlandse kleinkuns van die twintigste eeu Marcel (klavier) en Deryn Dednam (alt-saksofoon) tree saam met hom op Kaartjies kos R150 by Ebeth Wilson van die ATKV-tak Gemeenskapsteater Skakel 083 560 9178
DINSDAG 16 DESEMBER
Adam Tas tree om 19:00 in die Aasvoëlklub op Hy bring hiermee sy vertoning Die gelofte na Bloemfontein Kaartjies kos R200 skakel 084 559 8991
Geloftefees word deur die Bloemfontein-geloftefeeskomitee by die Bron van Herinnering aangebied, van 09:00 tot 11:00 Bring stoele en sonsambrele Rig navrae aan Kobus Smith by 083 440 4577
Dankbaar Geloftefees en kranslegging van 09:00 af by die AP Kerk Moedergemeente in Rooiwalsingel Uitsig Rig navrae by Abraham Landman 071 6001990
SATURDAY 20 DECEMBER
Christmas @The Willow Room starts at 18:00 Tickets cost R200 music carols food and drinks Contact Carla Barr on 083 2749321
Stuur inligting
1
HENNIES
1
MUNICIPALITY
2.VECTOSTYLE (PTY) LTD
S H O P O 1 A (PANAROTTIS) THE TOWERS, 1 KOPPIE ROAD
E R F 1 6 2 9
Kennisgewing vir aansoek vir lisensie in terme van die Petroleum Products Wet, 1977 (Wet nr 120 van 1977)
Kennis geskied hiermee aan alle belanghebbendes of geaffekteerde persone dat WATERBRON FUELS, hierin verder na verwys as "die Applikant", 'n aansoek ingedien het vir 'n KLEINHANDELS
Die doel van die aansoek is vir die Applikant om 'n lisensie te ontvang om te h a n d e l m e t petroleumprodukte soos vervat in hul aansoek
Belanghebbendes kan die v o l l e d i g e a a n s o e k dokument besigtig deur die Reguleerder van Petroleum Produkte te kontak as volg: Telefonies: 057 391 1300 of Faks: 057 352 2673 of Epos: K a g i s h o M o k a e @dmre.gov.za
LANGENHOVEN PARK
BLOEMFONTEIN, 9301 REG NO: 20111/83378607
3 . R E S T A U R A N T R E G I S T R A T I O N CERTIFICATE (REMOVAL)
4.ALL KINDS OF LIQUOR
5.PANAROTTIS REMOVAL TO: SHOP 25 A THE TOWERS, 1 KOPPIE ROAD
E R F 1 6 3 9 , LANGENHOVEN PARK BLOEMFONTEIN
6.PICK N PAY LIQUOR –50M PICK N PAY GROCER BFN COFFEE-ROASTERS –50M PANAROTTIS -50M MINNIS TAPPAS – 50M DISTRICT: MOTHEO
2.VECTOSTYLE (PTY) LTD S H O P O 1 A (PANAROTTIS) THE TOWERS, 1 KOPPIE
ROAD
E R F 1 6 2 9 , LANGENHOVEN PARK BLOEMFONTEIN, 9301 REG NO: 2011/133786/07
3 R E S T A U R A N T R E G I S T R A T I O
CERTIFICATE (REMOVAL)
4.ALL KINDS OF LIQUOR
5.PANAROTTIS REMOVAL TO: SHOP 25 A THE TOWERS, 1 KOPPIE ROAD
E R F 1 6 3 9
LANGENHOVEN PARK BLOEMFONTEIN
6.PICK N PAY LIQUOR –50M PICK N PAY GROCER BFN COFFEE-ROASTERS –50M PANAROTTIS -50M MINNIS TAPPAS – 50M
Any person may, within 21 days from 5 D E C E M B E R 2 0 2 5 , VECTOSTYLE intends to lodge in terms of section 33 of the Free State Gambling and liquor Act, 2010 an objection in writing to the Free State Liquor Authority (address hereunder). The objection must clearly indicate the Full Names, identity number, residential address, postal address and telephone number, if any, and where applicable, its registration number and address of its office, of the objector. The Objection must also identify the application to
ST4035/1998 LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Sectional Deed of Transfer Number ST4035/1998 passed by NBS BOLAND BANK BEPERK No: 51/000847/06 in favour of HENRY FOULDS
Identity Number 720504 5018 080 and MARIJANKA FOULDS
Identity Number 750812 0016 089 Married in community of property to each other in respect of : A Unit consisting of –Section No 40 as shown and more fully described on Sectional Plan No SS179/1995 in the scheme known as JASON PARK in respect of the land and building or buildings situate at
MUNICIPALITY which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the REGISTRAR OF DEEDS: FREE STATE at BLOEMFONTEIN within
T13916/2015 LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer T13916/2015 passed by HESTER SALOMINA VAN WYK in favour of SILMA MAHDULAY in my capacity as the Executrix in the Estate of the late HEIDI STEYL Estate number 008605/2024
Acting under Letters of Executorship issued by the Master of the High Court of South Africa, Free State Division, Bloemfontein on 2 December 2024 in terms of Section 13 and 14 of the Administration of Estates Act No 66 of 1965 in respect of ERF 21666 BLOEMFONTEIN
E X T E N S I O N 1 4 2 , D I S T R I C T
N
E I N , PROVINCE FREE STATE IN EXTENT 1175 (ONE THOUSAND ONE HUNDRED AND SEVENTY FIVE) SQUARE METRES HELD BY DEED OF TRANSFER T13916/2015
T6570/1964 VERLORE OF VERNIETIGDE TITELBEWYS
Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek
t e d o e n o m ' n gesertifiseerde afskrif van TRANSPORTAKTE T6570 /1964
gepasseer deur ANNA
JOHANNA MARIA MAREE (gebore Delport op 10
A
Eksekutrise testametêr in die Boedel van Wyle
JOHANNES CHRISTIAAN MAREE NR. 65/1964 kragtens Briewe van Administrasie aan haar verleen deur die Meester van die Hooggeregshof van Suid-Afrika (Oranje Vrystaat Provinsiale Afdeling) te Bloemfontein op 20 Januarie 1964, en in haar privaat hoedanigheid t
u n s t e v a n ANNEMARIE LOUW, Minderjarige, Jongedogter (gebore op 24 September 1952) EN ANDRIES
A D R I A A N L O U W minderjarige (gebore op 10 Augustus 1955) ten aansien van 1.GEDEELTE 2 VAN DIE PLAAS GLENELDON NO
3 9 9 , D I S T R I K MARQUARD, PROVINSIE
V R Y S T A A T , G R O O T 56,0468 (SES EN VYFTIG KOMMA NUL VIER SES
BOEDELKENNISGEWINGS
Event more than just a swim meet
LIENTJIE MENTZ
A brand new adventure awaits enthusiastic open water swimmers at the Gariep Dam
The Kovsie Aquatics Swimming Club that usally hosts a swimming event in January in preparation for the Midmar Mile, will move to the Forever Resort at Gariep Dam on 17 and 18 January
The event, now officially known as the Gariep Open, will take place in the dam, offering swimmers and their families a full weekend of racing, relaxation and holiday fun
The Gariep Open will take place over two days, bringing a mix of competitive races and accessible distances for all levels of swimmers Set against the backdrop of South Africa’s largest storage dam, the event aims to attract swimmers from across the region and beyond, while also giving local residents an opportunity to be part of a growing open water swimming community Clubs, schools and social swimmers are all encouraged to take part Forever Resort Gariep provides a scenic and well-equipped venue for
the event, with safe swimming areas, plenty of space for spectators, and facilities ideal for a family weekend away
With accommodation, camping, and leisure activities on site, the Gariep Open is positioned as a complete experience Families can enjoy the resort, explore the area and support their swimmers from the shoreline
“This move to Gariep Dam gives us the chance to grow the event and offer swimmers a destination weekend,” says Christopher Steven of the organising team from Kovsie Aquatics “We want families to come for the race, but stay for the atmosphere, the resort and the natural beauty of the area ”
The club hopes to build the Gariep Open into a key fixture on the South African open water calendar
The Gariep Open is a sanctioned
Swimming South Africa event, ensuring that safety standards, officiating and event organisation meet national requirements All official race times will be recorded on the Swimming South Africa database, which means swimmers can use their results as qualifying or reference times for Open Water Nationals later in 2026 This makes the event particularly important for competitive swimmers
In addition, the Gariep Open will serve as an official Midmar Mile seeding event, as confirmed by Midmar Race director, Wayne Ridden Swimmers who take part will be able to use their Gariep Open times to assist with seeding for the famous Midmar Mile, adding extra value for those planning on racing there as well
The programme includes distances suited to both seasoned athletes and newcomers to open water swimming
Competitive swimmers can test themselves over longer distances, while social swimmers and younger participants can enjoy shorter, friendlier options that still give them a taste of open water racing
The event line-up includes:
■ A 3km open water race, including a wetsuit category
■ 1km age-group races for various age brackets
■ A 500m fun swim, perfect for beginners, younger swimmers, or those who simply want to experience open water in a safe, structured environment
■ A 5km open water event, including a wetsuit category, for those looking for a serious endurance challenge
With clearly defined age groups and distances, the Gariep Open has been designed to be inclusive, safe and well-structured, making it ideal for clubs, schools, and individual swimmers The organisers will focus strongly on safety, with lifeguards and officials in place throughout
Entries for the Kovsie Aquatics Gariep Open 2026 are now open and can be completed online via WebTickets Swimmers are encouraged to enter early to secure their place, as sanctioned open water events and Midmar seeding races often reach capacity quickly
To enter, visit WebTickets and search for “Gariep Open” or “Kovsie Aquatics Open Water,” then follow the prompts to select your race and complete your registration Entry details, race times and event information are all available on the platform
Inskrywing oop vir langasems wat Rosestad wil verken
Inskrywings vir die 2026 Mimosa Mall Marathon het reeds op 1 Desember geopen
Ná die fenomenale sukses van die wedloop vroeër vanjaar, keer Bloemfontein se grootste hardloopviering op Saterdag 28 Februarie terug
Die 2025-aflewering, wat in Maart aangebied is, het rekorddeelname gehad, met dubbel die aantal inskrywings vergeleke met dié van sy debuutjaar, 2023
Duisende hardlopers het deelgeneem – van elite-atlete wat kwalifiserende tye najaag tot gesinne wat vasgemaak het vir die 5 km-pretdraf Hulle het die strate gevul met energie, kleur en gemeenskapsgees, en Bloemfontein in ’ n fees van fiksheid en trots verander
Die geleentheid gaan voort met sy trotse vennootskap met die Louzanne Coetzee-stigting en samel fondse in om atlete met verskillende gestremdhede te bemagtig en insluiting deur sport te bevorder, ’ n saak wat die kern van hierdie geleentheid is
Met voorbereidings goed aan die gang,
sal die 2026 Mimosa Mall Marathon, wat in samewerking met Bloemfontein Striders aangebied word, ' n selfs beter ervaring wees
Die marathon sal weer ' n amptelike Comrades-kwalifiseringswedloop wees en hardlopers die kans bied om hul uithouvermoë op ' n goed ondersteunde roete te toets
Hardlopers en ondersteuners kan uitsien na verfrissende wedloopdag-ervarings, lewendige aktiverings en ' n ware viering van Bloemfontein se gemeenskapsgees, alles gesentreer rondom die hartklop van die stad, Mimosa Mall
“Die reaksie op vanjaar se marathon was bo enigiets wat ons ons voorgestel het," sê Neelofar Issa, hoofbestuurder van Mimosa Mall “Om te sien hoe die strate lewendig word met hardlopers, gesinne en ondersteuners, het ons herinner hoe kragtig sport kan wees om ' n gemeenskap te verenig Die Mimosa Mall Marathon het werklik meer as ' n wedloop geword dit is ' n gedeelde oomblik van trots vir ons stad, kultuur en gemeenskap, en ons kan nie wag om 2026 nog
meer buitengewoon te maak nie”
Jeannine van Zyl, hoofbestuurder van Novus Media Community News in die Vrystaat en Noord-Kaap, het ook opgewondenheid oor die 2026-geleentheid uitgespreek
“Dit is ’ n voorreg om vir die tweede jaar agtereenvolgens die mediaborg van die Mimosa Mall Marathon te wees Daar was so ’ n wonderlike atmosfeer op die wedloopdag vanjaar, en ons is seker daar sal meer hardlopers wees wat deel wil wees van die 2026-byeenkoms
“Ons sien uit daarna om te sien hoe die wedloop groei, om meer en meer van ons lesers betrokke en aktief te kry Wanneer ons op hierdie manier as ’ n gemeenskap bymekaarkom, bou ons nie net gesondheid en fiksheid nie - ons bou ook algehele welstand en ’ n gesonde verstand ’ n Geleentheid soos hierdie versterk wat ons mense verbind: deursettingsvermoë, samesyn en om pret te hê” ■ Kry meer inligting in BloemNews in die volgende weke
Louzanne Coetzee en haar gids,Sewies Sewenster,tydens die wegspring van 2025 se Mimosa Mall-wedloop FOTO: Reblex
Some members of the Kovsie Aquatics organising team are,from the left,Marco and Archie Markgraaff,and Francois Theron. PHOTO: Lientjie Mentz