TygerBurger Bellville E-Edition 11 June 2025

Page 1

BELLVILLE

VDH Attorneys Free Wills, Administration of Deceased Estates, Civil, Divorce, Property Transactions, Evictions, Bail & Criminal / Debt Matters

www.vdhattorneys.co.za Bellville: 074 858 6152 Grassy Park: 076 503 6916 NM10014220-QK030625

Woensdag, 11 Junie 2025 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za | Website: www.tygerburger.co.za

‘HANS’ VRY NA DROOMMEISIE Vanjaar is dit tagtig jaar sedert die beëindiging van die Tweede Wêreldoorlog. Met die oog hierop voer Danie Matthee, wat met ‘n Afrikoon-toekenning bekroon is, sy eenmantoneelstuk Vry! op Sondag 29 Junie in die ouditorium van die Hoërskool Bellville op. Die produksie is gegrond op ‘n ware gebeurtenis en vertel die roerende verhaal van ‘n skugter Hans, ‘n jongman wat pas vir Maria, die meisie van sy drome, ontmoet het. Tot oor sy ore toe verlief lyk die wêreld baie rooskleurig, maar dan breek die Tweede Wêreldoorlog uit en die woord “vryheid” kry ‘n heel nuwe betekenis. Daar is twee vertonings van Vry! op 29 Junie, een om 15:00 en die tweede om 18:00. Kaartjies kos R150 en kan by Webtickets of Pick n Pay gekoop word. Daar is nie bespreekte sitplekke nie en deure open ‘n halfuur voor elke vertoning.

EARLY HEARING SCREENING VITAL FOR A BRIGHTER FUTURE PAGE 4

TWEE LEIERFIGURE IN DURBANVILLE STERF IN EEN NAWEEK

Durbanville in rou ESMÉ ERASMUS

D

ESME.ERASMUS@NOVUSMEDIA.CO.ZA

ie gemeenskap van Durbanville en omstreke is in rou gedompel nadat twee van sy grootste gemeenskapsleiers in een naweek in afsonderlike omstandighede gesterf het - eers Leon Erasmus, wyd gerespekteerde hoof van die Hoërskool Fairmont, verlede Vrydag na 'n lang stryd teen kanker, en toe

NOG ’N BADISA-STAATMAKER SE LEWE KORTGEKNIP

Annemarie Bezuidenhout, 'n geliefde anker van die Badisa-welsynorganisasie, Sondag na 'n kort siekte. Boodskappe van medelye het op Facebook vanuit alle oorde ingestroom. Badisa het Sondag op sy Facebook-blad Bezuidenhout, direkteur van bemarking,

fondswerwing en kommunikasie by Badisa se bestuursprogram, se heengaan aangekondig. "Met groot hartseer deel ons die nuus van die afsterwe van ons geliefde kollega en vriendin, Annemarie Bezuidenhout. Annemarie is vreedsaam oorlede ná ’n kort siekte terwyl sy met jaarlikse verlof was. Sy

was in haar laaste oomblikke omring deur dié vir wie sy lief is," lui die Facebook-inskrywing. "Annemarie was meer as net ’n leier – sy was ’n lojale vriendin, ’n toegewyde voorvegter en ’n helder lig in ons organisasie. Haar pad met Badisa het in 1988 begin as maatskaplike werker by die Durbanville-kinderhuis (1 April 1988 tot 31 Julie 1991). NA BLADSY 2

COMMUNITY DIGS IN TO RESTORE FYNBOS AT JACK MULLER PARK PAGE 9

BICYCLE LEAGUE A DEVELOPMENT PATHWAY PAGE 16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.