Nuusbrief Kwartaal 2 Uitgawe 3

Page 1

Die eerste SporTuur-week sorg vir baie pret

Dieafgelopeweekhetons,virdieeerstekeerin geskiedenis, SporTuur-week by Hoërskool Linden gevier

SporTuur-weekisdiesamesmeltingvanonstwee grootstekodesinLinden,KultuurenSport.Diedoel vandieweekwasomdiesamehorigheid,genoten deelnamevanbeidedieaktiwiteitesaamtegeniet enteverenig!

Elkedagwasgemikoppret!

Dieweekhetafgeskopmetnetbal.Maarnatuurlik kon dit nie net sport-georiënteerd wees nie ‘n uniekekinkelisbygevoegomkultuurindiesportte laattiekiedraai.Diespelersmoes’ndansbeweging uitvoer na elke doel aangeteken is om daardie doelpuntopalleterreineteverdien

Dagtweehetonsdiekreatiwiteitlaat(vervolgop Bl2)

KWAR den Sport en Kultuur vat hande
KWARTAAL 2 UITGAWE 3 1

(vervolgvanafBl1)vlamvatmet'nintense skaakwedstryd, gevolg deur 'n uitdagende "FinishtheLyrics"kompetisie.

Dagdriehetdiekennisvanonsleerdersoor HoërskoolLindenopdieproefgestelmet'n kultuur- en sportvasvra kompetisie Die toeskouershetdiedeelnemersaangehitsen dieatmosfeerwasgelaaimetkompetisieen mededinging.

Dag vier van SporTuur-week het beslis gesorg vir interessante aktiwiteite!

Gedurende eerste pouse het leerders die kreatiwiteit laat oorloop met 'n rondte van Stomstrekegevolgdeur'nopwindendespel van Handjie-tennis gedurende tweede pouse!

Die week is afgesluit met ‘n behoorlike gebaljaar op opblaas-strukture op die rugbyveld

Die week se vieringe het beslis LindenGeesgekweek!

Dankieaanelkeenwatdeelgeneemheten 'nspesialedankieaanaldieledevandie Dagbestuur en die organiseerders vir 'n weekvolpretenavontuur!

SportenKultuurkanversekersaamvirbaie pretsorg!

2 KWARTAAL 2 UITGAWE 3
3 KWARTAAL 2 UITGAWE 3

Belangrik:

SIKLUSTOETSROOSTER KWARTAAL 2 2024

EKSAMEROOSTER JUNIE/JULIE 2024

4

Belangrike datums: 22 tot 28 April

Ma 22 Apr

Di 23 Apr

Wiskunde Klastoets: Gr9 (Klastyd)

IT EKSTRA KLAS: Gr 10

READING LAB: Gr 8-12

REK EKSTRA KLAS: Gr 12

READING LAB: Gr 8-12

IT EKSTRA KLAS:

DUITS 8STE VAK: Gr 12

EKSTRA FISIESE KLASSE: Gr 11

REK EKSTRA KLAS: Gr 11

BATTERYOEFENING: Gr 8-12

DANS SQUAD: Gr 8-12

SERENADEOEFENING: Gr 8-12

TIENERTONEELOEFENING: Gr 9-12

Digi-Toneeloefening: Gr 9

Koorrepetisie: Gr 8-12

Krieket Proewe Seuns: (14:30-16:00)

Netbal-, Rugby- en Hokkie-oefening, Rugby: Sportsentrum: 1stes

Hokkiewedstryde teen Northcliff:

Tuis: Junior Dogters, Weg: Senior Dogters

Netbalwedstryde: Weg teen Randpark (Leerders vertrek reeds 13:40)

Rugbyoefening, Rugby: Sportsentrum: O/16’s

Wo 24 Apr

Do. 25 Apr

WISKUNDE HULPKLAS: Gr 8

WISKUNDE AANKLAS: Gr 12

WISKUNDE EKSTRA KLAS: Gr 9

READING LAB: Gr 8-12

WRITING CLUB

ENGELS EKSTRA KLASSE Gr 8-9

IT EKSTRA KLAS: Gr 11-12

DUITS 8STE VAK: Gr 11

AFRIKAANS EKSTRA KLAS Gr 8

IT EKSTRA KLAS: Gr 11-12

DUITS 8STE VAK: Gr 10

Filmklub: Gr 8 - 12

Batteryoefening: Gr 8-12

Digi-Toneel Oefening:

Gr 9 (14:30-16:00) Saal

Mun: Gr8-11 (14:20-15:45)

Kooroptrede: Camerata

Gr 8-12 (16:00-22:00)

Tienertoneeloefening:

Gr 9-12 (19:00-21:00)

Hokkiewedstryde: Seuns:

Weg en tuis teen Northcliff

Skaakoefening: Gr 8-12 (14:30-16:00)

Hokkiewedstryde: Weg teen Fourways: Junior Dogters

Tuis teen Affies: Seuns

Netbalwedstryd: Tuis teen Noordheuwel

Rugbyoefening: Alle spanne van 14:15-17:00 Sportsentrum: 2-des Rugbyspan

Hokkiewedstryde:

Weg teen Fourways: Senior Dogters

Vr 26 Apr

WISKUNDE GELET. EKSTRA KLAS: GR 11 (13:45-14:30)

Linden Koorfees: Gr8-12 (15:00-21:00) Saal

Rugby Liga:

Alle spanne teen Florida (15:00-19:00)

Rugbyoefening:

Alle spanne (14:00-15:00)

UNIVERSITEIT BESOEK - ITCA: GR 12 EN GR 11’S

WAT IT OF RTT WIL STUDEER (1ste pouse)

Sa 27 Apr

KWARTAAL 2 UITGAWE 3 5
Akademie Kultuur Sport Sosiaal
g HOËRSKOOLL N NEDNILLOOKSRËOH KWARTAAL 2 UITGAWE 3 6
GELUK MET JOU VERJAARSDAG MNR
Verjaarsdae: 24 April 2024 VEELS
NEDNILLOOKSRËOH
GELUK MET JOU VERJAARSDAG ME AdriMulder
dit n geseënde jaar wees
26 April 2024 HOËRSKOOLLINDEN
VEELS
Mag

Skaakmat by King David Victory Park

SKAAKNUUS

Die skaakliga het verlede kwartaal by King David Victory Park plaasgevind en die amptelike prysuitdeling het hierdie week plaasgevind.

Ons is ongelooflik trots om te kan sê dat Hoërskool Linden as ligawenners aangewys is!

Die uitmuntende skaakspan bestaan uit

Heinrich Voigt, Tjaart Steyn, Siénne Scullard, Daniël Voigt, Daniël Booysen, Wessel Rossouw, Megan du Toit, Simon Booysen, Ruben Wolff, Bertu Kooy en Simon Booysen (inlas).

Baie geluk aan elk!

Danri Oosthuizen derde in XCO-resies

FIETSRYNUUS

Hoërskool Linden se Dogters-fietsry Kaptein, Danri Oosthuizen, het op Saterdag, 13 April, by St. Stithians College aan SA Cycling se #4 XCO-resies deelgeneem.

Die baan is spesifiek vir hierdie wedren gebou om te verseker dat dit aan die korrekte XCO-standaarde voldoen. Hierdie standaarde het vir 'n moeilike baan met heelwat opdraendes, hindernisse en gevaarlike afdraendes gesorg.

Tussen deelnemers wat die 20 km-roete omtrent voluit moes ry, kwyt Danri haarself

uitstekend van haar taak deur ‘n algehele 3de-plek te verwerf!

Ons is trots op jou!

7 KWARTAAL 2 UITGAWE 3

Die eerste Cycle Lab MTB Skolereeks geskied

FIETSRYNUUS

Hoërskool Linden se fietsryers het die afgelope Saterdag 20 April aan die eerste wedren van die Cycle Lab MTB Skolereeks by Prime View die speke laat sing!

Baie geluk aan die volgende leerders:

Christiaan Trollip (42ste plek in die Seuns Sub Junior-afdeling)

Declan Lubbe (55ste plek in die Seuns Sub Junior-afdeling)

Stephan Nel (114de plek in die Seuns Jeug-afdeling)

Liam Poustie (126ste plek in die Seuns Jeug-afdeling)

Ludo Coetzee (159ste plek in die Seuns Jeug-afdeling)

Rucindé Ahlströhm (21ste plek in die Dogters Junior-afdeling)

8 KWARTAAL 2 UITGAWE 3

Ruiters by SANESA presteer!

RUITERSNUUS

Drie van Hoërskool Linden se ruiters het oor kwalifiserende rondtes deelgeneem en soos volg presteer:

SANESA: Qualifier 2 by Maple Ridge

Emily Loubser

• 1ste-plek in “Working Hunter” Vlak 3

• 1ste-plek in “Equitation” Vlak 6

• 1ste-plek in “Show Jumping” 80 cm

• 2de-plek in “Show Jumping” 80 cm

• Twee 1ste-plekke in “Dressage” Vlak 2

Minke Gerber

• 1ste-plek in “Dressage” Vlak 1

• 2de-plek in “Dressage” Vlak 1

• 1ste-plek in “In-hand Utility” Vlak 1

• 1ste-plek in “Working Riding” Vlak 3

• 2de-plek in “Performance Riding” Vlak 1

SANESA: Qualifier 3 by Eaton Farm

Nina Lake

• 1ste-plek in “Equitation”

• 3de-plek in “Prix Caprilli”

Mooi so, Ruiters!

9 KWARTAAL 2 UITGAWE 3

Netbal se eerste JOMO-ligawedstryde skop af

NETBALNUUS

Linden se netbalspanne het op ons tuisbane teen Hoërskool Florida die eerste JOMOligawedstryde gespeel en ons, soos gewoonlik, trots gemaak!

Uitslae was soos volg:

• o/14A speel 14-14 gelykop

• o/14B wen 31-5

• o/14C wen 17-7

• o/15A wen 27-12

• o/15B wen 15-13

• o/15C wen 22-3

• o/16A wen 26-3

• o/16B wen 24-5

• o/17A wen 19-18

• 2de-span wen 13-9

• 1ste-span wen 25-21

Baie geluk aan elke afrigter en speler!

10 KWARTAAL 2 UITGAWE 3

Rugby teen Noordheuwel

RUGBYNUUS

Linden se rugbyspanne het op ons tuisvelde vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Noordheuwel se laer-spanne gespeel. Die dag het vir mooi hardlooprugby en ongelooflike sportmangees gesorg en die uitslae bevestig dat #LindenRugby op die regte pad is. Hou hierdie spasie dop!

Dankie aan Hoërskool Noordheuwel vir julle bereidswilligheid om ons te besoek! Ons maak volgende jaar weer so!

Uitslae:

•o/14A wen 50-19 vs Noordheuwel o/14C

•o/15A wen 46-21 vs Noordheuwel o/15C

•o/16A wen 26-7 vs Noordheuwel o/16C

•1ste-span wen 68-0 vs Noordheuwel 4des

11 KWARTAAL 2 UITGAWE 3

Hokkie triomfeer by ligawedstryde

HOKKIENUUS

Linden se hokkieseuns en -dogters het onderskeidelik teen Krugersdorp High School en Trinityhouse Randpark Ridge ligawedstryde gespeel en hul uitstekend van hul taak gekwyt!

Seuns tuis vs KHS:

• o/14A verloor 0-4

• o/16A wen 1-0

• 2de-span speel gelykop 1-1

• 1ste-span wen 3-0

Dogters weg vs Trinityhouse Randpark Ridge:

• o/14A wen 3-0

• o/14B wen 3-0

• o/15A wen 4-0

• o/16A wen 6-0

• 2de-span wen 1-0

• 1ste-span verloor 0-2

Dankie vir jul sportmangees!

12 KWARTAAL 2 UITGAWE 3

Hokkie vrienxdskaplik teen Sasolburg High School

HOKKIENUUS

Linden se hokkieseuns en -dogters het op 20 April vriendskaplike wedstryde tuis teen Sasolburg High School gespeel. Dit was ‘n dag van baie kompeterende wedstryde waar ons hokkiespelers nie vir ‘n oomblik teruggestaan het nie.

Uitslae is soos volg:

Seuns

• o/14A speel 3-3 gelykop

• o/16A speel 1-1 gelykop

• 1ste-span wen 4-2

Dogters

• o/14A speel 1-1 gelykop

• o/15A wen 10-0

• o/16A speel 0-0 gelykop

• 2de-span speel 2-2 gelykop

• 1ste-span verloor 1-5

13 KWARTAAL 2 UITGAWE 3

MUN-debat deel van Williwmore se 50-jaar feesvieringe

UNITED NATIONS DEBAT WAS OPWINDEND

Op Saterdag, 13 April, het twee spanne van Hoërskool Linden in ‘n Model United Nations debat te Willowmore High School deelgeneem. Hierdie MUN-debat is deel van een van die items van Willowmore se 50 jaar-feesvieringe.

Die spanne was opgewonde maar angstig, want die organisasie nie.

Die afgevaardigdes van Indië was:

Xandrè Caetano

Emma Jacobs

Kaylee Meyer

Die afgevaardigdes van Mexiko was:

Reece Schourie

Cameron Venter

Die tema was Maanbestuur. Die komitee was die VN die Buiteruim, wat ‘n liggaam van die VN-kantoor vi altesaam 15 afgevaardigdes van agt skole

Alhoewel die debat baie van die buiteruim terug na aardse sake afgedwaal het, is daar nogtans tot ‘n resolusie ooreengestem wat deur die meerderheid afgevaardigdes aanvaar is. Ons sal met groot afwagtiging die 67ste sessie van hierdie komitee, wat 19 tot 28 Junie vanjaar in Wene plaasvind, volg om te sien watter resolusies die afgevaardigdes gaan voorstel en aanvaar!

Reece Schourie het die beoordeelaars baie beïndruk en is as “Best Opening Speaker” bekroon.

Ons volgende debat is Saterdag, 4 Mei, te Greenside High School

14 KWARTAAL 2 UITGAWE 3

Lindeniete deur na semifinale van NEA

EISTEDDFOD PRESTASIES

Ons is opgewonde om aan te kondig dat twee van ons leerders deurgedring het na die semifinale-rondte van die National Eisteddfod Academy (NEA) se nasionale kompetisie!

Die NEA is ‘n Eisteddfod wat elke jaar vanaf Augustus per streek plaasvind. Kategorieë waarin daar deelgeneem word, is Spraak en Drama, Kontemporêre Muskiek, Klassieke Musiek, Dans, en Skeppende Kuns Leerders neem deel en verdien sertifikate as volg: brons vir ‘n prestasie tussen 60-69%, silwer vir 70-79%, goud vir 80-89% en diploma vir 90-100%. In die volgende jaar kan leerders inskryf vir die nasionale kompetisie in die kategorieë waarin hulle ’n diploma verwerf het

Hildegard Schraader, 'n leerder in Gr. 9, het ingeskryf vir die nasionale kompetisie en dring deur na die nasionale semifinale in twee kategorieë: Spraak en Drama met ‘n Engelse gedig en Kontemporêre Musiek.

Ariëlle van der Gugten, 'n leerder in Gr 11, se pad semifinale toe was ook in die kategorie vir kontemporêre musiek Beide van hulle sing liedjies wat uit films kom.

Ons is uiters trots op Hildegard en Ariëlle se prestasies en wens hulle alle sterkte toe in die volgende rondte van die kompetisie wat op 9 Mei by die Roodepoort Teater plaasvind. As hulle deurdring, tree hulle op in die finaal, op Saterdag, 11 Mei, ook by Roodepoort Teater

Mag hulle ons skool met vaardigheid en talent verteenwoordig! Welgedaan aan ons Lindeniete! Julle verteenwoordig ons skool se trots en uitnemendheid op die verhoog Ons ondersteun julle ten volle en glo in julle vermoë om te skitter!

Ariëlle van der Gugten Gr 11

15 KWARTAAL 2 UITGAWE 3
Hildegard Schraader Gr 9

ADVERTENSIES

Om hier te adverteer kontak gerus vir Marisca by 072 487 5239 of marisca.kruger@linden.co.za

www.psg.co.za/northcliff 011 – 550 5900

ADVERTENSIES

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Nuusbrief Kwartaal 2 Uitgawe 3 by Liandi Plotz - Issuu