

KWAR den

KWAR den
Koorfees bring skole bymekaar
Op26AprilhetdieCorDirk-saalweergalmvandiepragtigestemmevanverskeieskole se kore tydens Hoërskool Linden se Koorfees. Dit was 'n aand gevul met musiek, vreugdeen'ngevoelvansamesyntussendiedeelnemendeskole
Verskeie skole het die gehoor bekoor met hulle pragtige stemme en die aand is gekenmerkdeur'nuitsonderlikevertoningvantalentenpassievirsang.Dithetafgeskop met Laerskool Unika se junior- en seniorkore Hoërskool Noordheuwel, Hoërskool MonumentenHelpmekaarKollegesekorehetdefinitiefnieteleurgestelnieenonsis bederfmetuniekeenenergiekevertolkings HoërskoolLindensekoorhetdieaandmet trots afgesluit en hul passie, toewy perfektenoot.
Die aand was 'n geleentheid jongmenseombymekaartekomen liefdevirmusiektedeel.Onsdank diedeelnemendeskolevirhulbydra tot hierdie wonderlike geleentheid onssienuitdaarnaomvolgendejaar Koorfeesnoggroterenbetertemaak
Een van ons leerders, Josh Stevens in Graad 9, is in die Top 60 van die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaarkompetisie en ViaTV Reeks!
Die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie is ‘n inisiatief van Albert van Wyk in samewerking met ATKVKletskringe, Atterbury Trust, Akademia, Afrikaansdotcom, die MOS-inisiatief en ATKV-oorde. Die doel van die kompetisie is om entrepreneurskap te bevorder en hoërskool entrepreneurs in Suid-Afrika te bemagtig.
van Wyk en Josh Stevens.
Leerders met besighede kon vir die kompetisie inskryf Albert en sy span het vroeër hierdie jaar 51 skole regoor Suid-Afrika besoek en meer as 55 000 leerders toegespreek. Daarna is die Top 60 vir die volgende rondte gekies en Josh is een van hulle.
Hierdie Top 60 word tans deur Albert en sy span, wat bestaan uit vorige wenners, Matthew Blauw en Shaniqua Steenkamp gementor. Hullle moet drie werkswinkels bywoon om soveel as moontlik te leer voordat hulle die “Brandbank”-sessie aandurf. Hierdie sessie vind tydens die Junie-vakansie plaas. Natuurlik word die al hierdie aktiwiteite verfilm en ons sal dit van 28 Augustus af op ViaTV, kanaal 147 op Woensdae-aande om 19:30 kan volg.
Dit is reeds ‘n groot prestasie Vir Josh aangesien hy is uit 125 entrepreneurinskrywings regoor Suid-Afrika gekies is. Ons is opgewonde om te sien hoe hy gaan vaar en Hoërskool Linden gaan verteenwoordig in die hierdie seisoen van die kompetisie. Ons is positief oor Josh se deelname en ondersteun graag sy besigheid, “Keep it Clean” en sy reis.
SIKLUSTOETSROOSTER KWARTAAL 2 2024
EKSAMEROOSTER JUNIE/JULIE 2024
DRAMA 8STE VAK: Gr 12
READING LAB: Gr 8-12
READING LAB: Gr 8-12
DUITS 8STE VAK: Gr 12
EKSTRA FISIESE KLASSE: Gr 11
DRAMA 8STE VAK: Gr 12
BATTERYOEFENING: Gr 8-12
DANS SQUAD: Gr 8-12
SERENADEOEFENING: Gr 8-12
TIENERTONEELOEFENING: Gr 9-12
Digi-Toneeloefening: Gr 9
Koorrepetisie: Gr 8-12
HOKKIEWEDSTRYDE
teen Curro (Dogters)
Leerders verdaag om 13:30
teen Florida (Seuns) TUIS (15:00-15:45)
Netbal-, Rugby- en Hokkie-, Skyfskietoefening, Rugby: Sportsentrum: 1stes
HOKKIEWEDSTRYDE:
o/15 Dogters en 1ste Span (14:00-17:15) Tuis
Teen Steyn City M. Rood
Leerders Verdaag Om 14:00
Netbal-, Rugby- en Skyfskietoefening, Rugby: Sportsentrum: O/16’s
MR-VERGADERING:
Gr12 MR (17:30-19:00)
LEWENSWETENSKAPPE WERKSWINKEL:
Gr 12 (08:00-11:00)
SIKLUSTOETSE:
Gr8 – English FAL En HL
Gr9-12 – Afrikaans
DUITS 8STE VAK:
Gr 10 (14:30-16:30)
WISKUNDE GELET. EKSTRA
KLAS: GR 11 (13:45-14:30)
WISKUNDE GR 9 (KLASTYD)
MUN: Gr 8-11
TIENERTONEELOEFENING: Gr 9-12
Digi-Toneeloefening: Gr 8-12
Koorrepetisie: Gr 8-12
RUGBYWEDSTRYD:
Bergsig Akademie in Bergsig (Vanaf 08:00)
RUGGASCHOOL:
Slegs geregistreerde spelers (16:15-18:00)
MOONTLIKE NETBALOEFENING
NETBAL JOMO LIGA: Alle spanne (teen Randburg) Leerders verdaag om 13:20
SKAAKWEDSTRYDE:
Gr8-12 (14:45) teen Trinity Randpark Ridge Leerders vertrek om 14:10 *TENTATIEF*
Rugby- en Hokkie-, Skyfskietoefening, Sportsentrum: o/15 Rugbyspan
HOKKIEWEDSTRYDE:
o/15, o/16 en 1stes Seuns (15:3019:30) WEG teen Jeppe Leerders verdaag om 13:45
Fietsry- en Rugbyoefening
MUN
Gr 8-11 (08:30-15:30) By
Greenside High School
RUGBY LIGA
o/14-1stes teen Fochville (Weg)
HOKKIEWEDSTRYDE:
o/15 Seuns (09:00-10:00) o/16 Seuns (10:30-11:30) 1stes (12:00-13:00) teen
Glenwood TUIS
MEIDANS:
Gr9 (Kelners) Gr 10-12 18:00-23:00
LOO
Mag dit n geseënde jaar wees
NETBALNUUS
Die volgende netbaldogters is na afloop van die finale Gauteng-proewe op Saterdag 20 April te Hoërskool Florida in hul ouderdomsgroepe by die Gauteng-spanne ingesluit:
• o/15: Mieke van Westing en Lomé Vorster.
• o/16: Uné van den Berg.
• o/18: Carla van Westing.
Ons is ongelooflik trots op julle!
SKYFSKIETNUUS
Isabella Cilliers en Jané Louw het onlangs aan die SAARA Gauteng Ope deelgeneem en baie mooi presteer.
Jané verwerf ‘n silwer medalje in haar ouderdomsgroep en afdeling
Isabella kwalifiseer deur SAARA-prosesse en herhaalde prestasie vir die spesiale SAARA-proewe om die nasionale span te identifiseer Sy verwerf, met ‘n telling van 612 6, ‘n algehele eerste plek in die o/20-afdeling en word by die nasionale groep, wat later hierdie jaar in Munich deelneem, ingesluit Isabella verwerf hierdeur haar Junior Protea-kleure! Dis voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees!
Franco Roos het gewys waar toe hy in staat is toe hy algeheel 4de in die Nedbank Junior Golf Challenge-toernooi by Sun City, eindig.
Die toernooi is dié prestige nasionale toernooi vir die land se 78 beste o/19-spelers en word deur GolfRSA aangebied, met Nedbank en Sun International as borge
Die toernooi het oor drie dae (54 gate) plaasgevind Franco het op 219 houe geëindig, net 3 houe agter die wenner
Dit was 'n uitdagende begin vir ons rugbyspanne in die Goue Leeus Liga weens gure weersomstandighede.
Die uitslae was as volg: o/14 verloor 0-45 o/15 speel 10-10 gelykop (wedstryd weens weerlig gestaak) o/16 se wedstryd is teen halftyd weens weerlig gestaak. 2de-span verloor 15-26
Die wedstryd vir ons eerstespan is uitgestel na 'n alternatiewe datum as gevolg van die ongunstige weersomstandighede.
Ons is trots op die moed en vasberadenheid van al ons spelers!
Rhys Smit (Gr 9) het verlede jaar vanaf 24 – 31 Augustus as junior-lid van die SuidAfrikaanse span aan die F3K Model Sweeftuig Wêreldkampioenskappe in Roemenië deelgeneem
Die verrigtinge het op Donderdag, 24 Augustus, afgeskop waar alle deelnemers vir twee dae in die voor-kompetisie deelgeneem het om hulle aan die omstandighede en omgewing gewoond te maak Die amptelike kompetisie het op Sondag, 26 Augustus plaasgevind
Alhoewel die voor-kompetisie nie vir die Wêreldkampioenskap in aanmerking geneem word nie, is dit ‘n geregistreerde item met die beste vlieëniers in die wêreld. Rhys het ‘n verstommende algehele 33ste plek en ‘n 2de plek onder die Juniors behaal.
Tydens die amptelike kompetisie het al die Juniors elke rondte teen mekaar gevlieg en dus in soortgelyke omstandighede gekompeteer.
Weersomstandighede was baie wisselvallig met vier seisoene in een dag en dit het die kompetisie bemoeilik. Rhys kwyt homself onder hierdie omstandighede en teen deelnemers tot vier jaar sy senior, uitstekend van sy taak.
Tydens die kompetisie word nie net die individu nie, maar ook die land se deelnemers in spanverband gemeet. Rhys en sy drie spanmaats behaal ‘n 3de plek vir Suid-Afrika en as individu eindig Rhys as junior in die algehele 9de plek.
Hierdie Wêreldkampioenskap word deur SASCOC herken en daarmee het Rhys sy Suid-Afrikaanse kleure ontvang.
Baie geluk Rhys, ons is trots op jou!
Linden se hokkiedogters het 23 April onderskeidelik tuis en weg teen Northcliff High School wedstryde gespeel en hulself uitstekend van hul taak gekwyt deur vyf uit ses wedstryde te wen:
•o/14A wen 4-0
•o/14B wen 3-0
•o/15A wen 1-0
Ons is trots op julle!
•o/16A wen 2-1
•2des wen 2-1
•1stes verloor 3-0
Linden se netbaldogters het 23 April in die JOMO-liga teen Rand Park High School kragte gemeet en vir ‘n paar naelskraap-uitslae gesorg.
• o/14A verloor 7-16
• o/14B wen 24-6
• o/14C verloor 5-10
• o/15A wen 25-17
• o/15B wen 16-9
• o/15C verloor 11-14
• o/16A verloor 15-16
• o/16B verloor 3-22
• o/17A verloor 19-21
• 2de-span verloor 7-24
• 1ste-span verloor 22-25
HOKKIENUUS
Linden se hokkiedogters het op 25 April teen Fourways High School wedstryde gespeel en hulself uitstekend van hul taak gekwyt terwyl Linden se hokkieseuns 25 April tuis teen Affies wedstryde gespeel en nie ‘n tree teruggestaan het nie:
Hokkiedogters:
• o/14A wen 8-0
• o/14B wen 8-0
• o/15A wen 10-0
• o/16A wen 2-0
• 2des wen 2-0
• 1stes wen 2-0
Hokkieseuns:
•o/14 verloor 0-4
• o/16A verloor 0-2
• o/16B verloor 0-3
• 2des verloor 0-3
• 1stes speel 1-1 gelykop teen Affies se 2de-span
NETBAL NUUS
Linden se netbaldogters het 25 April in die JOMO-liga teen Hoërskool Noordheuwell
kragte gemeet en vir ‘n paar naelskraap-uitslae gesorg.
• o/14A verloor 11-25
• o/14B verloor 9-27
• o/14C verloor 7-36
• o/15A verloor 14-20
• o/15B verloor 9-27
• o/15C verloor 5-35
• o/16A verloor 8-20
• o/16B verloor 2-30
• o/17A verloor 9-24
• 2de-span verloor 5-35
• 1ste-span verloor 14-39
Hoërskool Linden spog graag met ons swemmers wat onlangs aan verskeie streeks-, provinsiale- en nasionale gala’s deelgeneem het
Ben Storm neem aan die “SA Level 3 Regional Age Group Championships” deel en presteer as volg:
• 1ste-plekke: 100 m en 400 m vryslag
• 2de-plekke: 50 m vlinderslag en 100 m vryslag
• 3de-plekke: 200 m individuele wisselslag en 50 m borsslag
• 6de-plek: 200 m vryslag
• 9de-plek: 50 m vryslag
Baie geluk, Ben, dis voorwaar prestasies om op trots te wees!
Corné van Schalkwyk neem aan beide die Senior Nasionale Kampioenskappe en die SA Skole Kampioenskappe deel en presteer as volg:
Senior Nasionale Kampioenskappe:
• 5de-plekke in beide die 200 m en 400 m vryslag
SA Skole Kampioenskappe:
• 4 x Goue Medaljes: 100 m, 200 m en 400 m vryslag en die 100 m vlinderslag
• 2 x Silwer en 2 x brons medaljes vir die aflosse.
Corné was ook die kaptein van die Gautengspan wat as algehele wenners aangewys is! Welgedaan, Corné!
VOORTREKKERNUUS
Baie geluk aan ons Gr 12-leerlinge wat hulle teoretiese President Verkenners-eksamen suksesvol afgelê het!
1. Simone Hill
2. Vanda Strydom
3 David Pringle
4. Jan Strydom
5. Stephan Botha
Hou Koers en baie sterkte met julle President Verkennerkamp wat nog voorlê in die Julievakansie.
Ons Koor was bevoorreg om op 25 April by die Camerata Koorfees wat by die Universiteit van Pretoria aangebied word, op te tree. Dit was ‘n groot voorreg om as ‘n Johannesburgse skool na die kooroptrede genooi te word en Hoërskool Linden se koor het 'n besondere optrede gelewer
Dit was die perfekte voorbereiding vir die Hoërskool Linden Koorfees wat op Vrydag, 26 April, plaasgevind het.
Kliek gerus op die pyltjie om deur die koor se musiek bekoor te word.
Om hier te adverteer kontak
gerus vir Marisca by 072 487 5239 of marisca.kruger@linden.co.za
A D V E R T