

Hemelvaart 2024
Hoërskool Linden en Laerskool Louw Geldenhuys het saam Hemelvaart gevier op Donderdag, 9 Mei. Dit was 'n kosbare oggend saam met Louwtjies.
Ds. Jaco de Witt van Fontainebleau Gemeenskapskerk het die diens gelei en ‘n mooi boodskap oorgedra. Baie dankie aan Ds. Jaco vir die waardevolle woorde.
Na die diens het Louwtjies en Linden se personeel saam heerlike peuselhappies en ‘n lekker koppie koffie geniet voor die Lindeniete teruggestap het na ons eie skoolgebou toe Dit was 'n voorreg om die spesiale diens by te woon en om die betekenis van hierdie dag met Louwtjies te deel
Dankie sê-boodskappie van Louwtjies en leerders wat saam bid
EKSAMEROOSTER JUNIE/JULIE 2024
READING LAB: Gr 8-12 (14:15-15:45)
DUITS 8STE VAK: Gr 12 (14:30-15:30)
DRAMA 8STE VAK: Gr 12 (14:30-15:30)
SERENADEOEFENING: Gr 8-12
READING LAB: Gr 8-12 (14:15-15:45)
DUITS 8STE VAK: Gr 12 (14:30-16:30)
DRAMA 8STE VAK: Gr 10 (14:30-15:30)
BS SBA: Gr1 0 en 12 (6:45-7:45)
ENGELS EKSTRA KLASSE: Gr 8-9 (14:15-15:15)
WISKUNDE EKSTRA KLAS: Gr 8 (14:15-15:00)
DUITS 8STE VAK: Gr 11 (14:30-16:30)
DRAMA 8STE VAK: Gr 11 (14:30-15:30)
WISKUNDE TUTORIAL: Gr 12 (14:20-15:00 sessie 1) (15:00-15:45 sessie 2)
READING LAB: Gr 8-12 (14:20-15:45)
AFRIKAANS EKSTRA KLAS: Gr 8 (16:30-17:30)
DUITS 8STE VAK: Gr 10 (14:30-16:30)
LEWENSWETENSKAPPE EKSTRA KLAS: GR 11 (14:00-15:00)
EKSTRA WISK GELET KLASSE: GR 11 (13:45-14:30)
TIENERTONEELOEFENING: Gr 9-12
Koorrepetisie: Gr 8-12
SEUNSHOKKIEWEDSTRYDE:
Weg teen Randpark High Boys o/14 (16:00) Tuis teen Randpark High Boys o/16's, 1stes en 2des (15:00-18:30)
RUGBY GOUE LEEUS-PROEWE:
Selektiewe o/16’s-o/18’s (H/s Noordheuwel)
KRIEKETSEUNS: INLIGTINGSESSIE EN OEFENING: (16:00-17:00)
Netbal-, Rugby-, Hokkie-, Skyfskietoefening, Rugby: Sportsentrum: 1stes
NETBAL JOMO LIGA: Tuis teen Helpmekaar
Hokkie-, Netbal-, Rugby- en Skyfskietoefening, Rugby: Sportsentrum: o/16’s SWAT
AND WORSHIP: (17:00-18:30)
IT PRAKTIES EKSTRA KLAS:
Gr 11 (08:00-12:00) L. Scott *tentatief*
EKSAMEN:
Gr 10-12 (09:30-16:00) Kuns en ontwerp Prakties
FILMKLUB: Gr 8-12 (17:00-18:00)
DEBAT OEFENING: Gr 8-11 (15:30-17:00)
WRITING CLUB: Gr 8-12 (14:20-15:45)
MUN: Gr 8-11
TIENERTONEELOEFENING: Gr 9-12
KOOROPTREDE: LLG KOORFEES: Gr8-12
DOGTERSHOKKIEWEDSTRYDE: Tuis teen Waterstone College, o/15, 2des en 1stes (14:15-19:00)
RUGBY LIGA: Tuis teen Riebeeckrand
KRIEKETDOGTERS: INLIGTINGSESSIE EN OEFENING: (14:30-15:30)
Skaak-, Hokkie- en Skyfskietoefeing, PILATES: (06:00-07:00)
NETBAL JOMO LIGA: Tuis teen Monnas
Rugby-, Hokkie-, Skyfskietoefening, Sportsentrum: o/15 Rugbyspan
DOGTERSHOKKIE WEDSTRYDE: Weg teen Parkown Girls. 1stes en 2des en o.16 (13:45-18:30) Leerders verdaag om 13:30 (D. de Wet)
NETBALPIEKNIEK: (14:00-15:00)
Hokkie-, Krieket-, Fietsry- en Rugbyoefening Pilates: (06:00 - 07:00)
DOGTERSHOKKIE WEDSTRYDE: Weg teen Roedean. Alle spanne (6:30-12:30)
DISTRIK SKAAK: Leerders wat kwalifiseer (08:00-16:00)
SEUNSHOKKIE: AITKEN EN BODEN: WEG: 1stes Seuns en o/15 A en B
NETBALWEDSTRYD: Tuis: Vriendskaplik teen Frikkie Meyer
RUGBY LIGA WEDSTRYD: Tuis teen Allen Glen
SKYFSKIET: GTRA/DDRC: Liga 3
SEUNSHOKKIE: AITKEN EN BODEN: WEG: 1stes Seuns en o/15 A en B
UKUNAKA UITREIK: Gr 8-12 (15:00)
SKEPPENDED KUNSTE GR 8: AKADEMIE
Hierdie kwartaal het die kreatiwiteit by Hoërskool Linden oorgeloop. Die leerders moes vir Skeppende Kuns hul kunsvaardighede op die proef stel met die opdrag om ‘n handpop te maak met ‘n nuwe skooluniform vir die skool. Dit kon vir seuns of meisies wees en hulle moes verskillende herwinbare materiaal gebruik.
SKEPPENDE KUNSTE GR 8: AKADEMIE
Die Gr 8'ies moes vir Skeppende Kuns die fabel van die Haas en die Skilpad opvoer. Dit was groot sports! Alexander Brits was een van die leerders wat hom uitstekend van sy taak gekwyt het.
Alexander het die verhaal mooi uitgebeeld en doodseker gemaak die kykers onthou die kruks van die verhaal.
Welgedaan aan Alexander vir sy kreatiwiteit en selfgemaakte dekor!
Vier Lindeniete is gekies om Gauteng by die Kano Polo Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in KwaZulu-Natal plaasgevind het te verteenwoordig Hulle is:
• Anina Bischoff (Graad 12)
• Vanda Strydom (Graad 12)
• Mia Verster (Graad 11)
• Etienne Pieterse (Graad 12)
Gauteng o/18 Meisies A-span
• Anina Bischoff (Graad 12)
• Vanda Strydom (Graad 12)
• Mia Verster (Graad 11)
Gauteng Mans A-span
• Etienne Pieterse (Graad 12)
Die volgende leerlinge is ook vir die ontwikkelingspan gekies:
• Anje Pieterse (Graad 8)
• Zeanté Nel (Graad 9)
• Megan Cruickshank (Graad 9)
• Liesa Vogels (Graad 12)
• Albert Strydom (Graad 10)
Ons netbaldogters het in hul JOMO-ligawedstryde teen Krugersdorp High School die skool se naam hoog gehou deur tien uit die elf gespeelde wedstryde te wen!
Baie geluk aan ons 1ste-span wat met ‘n wentelling van 32-19 die dag op ‘n hoë noot afgesluit het!
•o/14 A wen 21-11
•o/14 B wen 28-7
•o/14 C verloor 8-15
•o/15 A wen 34-8
•o/15 B wen 27-2
•o/15 C wen 21-4
•o/16 A wen 32-4
•o/16 B wen 26-3
•o/17 A wen 26-8
•2de-span wen 21-8
•1ste-span wen 32-19
Ons is trots op julle!
HOKKIENUUS
Ons hokkieseuns en -dogters het op 6 Mei teen Crawford Lonehill gespeel en skoonskip gemaak:
• o/14 B-seuns wen 4-0
• Seuns 1ste-span wen 2-0
• Dogters 1ste-span wen 6-0
Welgedaan!
HOKKIENUUS
Ons hokkiedogters het op 7 Mei teen Rand Park nne een na die ander ingeryg:
• o/14 A wen 5-1
• o/14 B wen 3-0
• o/15 wen 6-0
• o/16 wen 3-0
• 2de-span wen 1-0
• 1ste-span wen 2-0
Geluk met hierdie fantastiese uitslae!
HOKKIENUUS
Baie geluk aan die volgende seuns wat by die finale Southern Gauteng-hokkiespanne ingeluit is en daardeur hul provinsiale kleure verdien:
• o/14: Alexander Brits (E-span) en Danru Pretorius (C-span)
• o/18: Jean Taljaard (C-span)
Luke van Coppenhagen (o/18) en Alejandro Kriek (o/14) is ook as “non-travelling reserves” geïdentifiseer, wat beteken dat hul op enige gegewe oomblik by die provinsiale spanne ingesluit kan word
In ‘n ongelooflike kompeterende omgewing en proewestruktuur, is hierdie ‘n ongelooflike prestasie Ons is trots op julle!
HOKKIENUUS
Ons hokkieseuns het op 8 Mei teen St. Davids gespeel en hul slag gewys teen een van die top hokkieskole in die provinsie:
• o/14 verloor 0-1
• Boden-span (o/14 en o/15) verloor 0-4
• 2de-span verloor 0-1
• 1ste-span verloor 0-3
Ons is opgewonde om te sien hoe julle deur die verloop van die seisoen ontwikkel!
HOKKIENUUS
Die jaarlikse hokkie-kragmeting tussen Hoërskool Linden en Helpmekaar Kollege het beslis nie teleurgestel nie. Dit is die tweede jaar wat ons hokkieseuns en -dogters teen Helpmekaar vir die gesogte Keulder Wisseltrofee kompeteer en hokkie van hoë gehalte is opgelewer.
Baie geluk aan ons 1ste-dogtersspan wat met ‘n wen-telling van 4-2 hulself uitstekend van hul taak gekwyt het. Ons 1ste-seunsspan moes ongelukkig die knie in ‘n kompeterende wedstryd, met ‘n telling van 0-3, buig.
Ons is trots op elkeen van julle! Baie dankie aan Helpmekaar Kollege, asook elke ouer, speler, afrigter en ondersteuner! Ons sien julle volgende jaar weer!
Dogters
• o/14 A verloor 1-3
• o/15 A wen 2-0
• o/16 A verloor 0-5
• 1ste-span wen 4-2
Seuns
• o/14 A verloor 0-4
• o/16 A verloor 0-1
• o/16 B verloor 0-2
• 2de-span verloor 1-3
• 1ste-span verloor 0-3
Die Lindenskuts het onlangs te Florida Skietklub aan die jaarlikse Egoli Ope deelgeneem. In ‘n strawwe kompetisie met honderde skuts van reg oor die provinsie, het ons skuts hul uitstekend van hul taak gekwyt:
•Jessica Aucamp behaal ‘n algehele 5de-plek uit 39 o/14-skuts.
•Lucca Leipoldt skiet haar beste 1ste- en 2de wedstryd, asook totale telling
•Geneviève Prinsloo skiet haar beste 3P- en totale telling
•Ané de Jager skiet haar beste 10m-, 3P- en totale telling Sy eindig ook algeheel 23ste uit 71 skuts
•Kaelyn de Villiers skiet haar beste 10m -telling
•Barend Rabie skiet sy beste 3P-telling. Kolskoot!
Hoërskool Linden se rugbysp
Combined hulself bewys deu
o/14 A wen 31-17
o/15 A verloor 8-52
o/16 A wen 13-12
2de-span wen 48-0
1ste-span wen 62 - 5
Goed gedoen!
MODEL UNITED NATIONS DEBAT
Op Saterdag, 4 Mei het die Model United Nations debatspan aan die Global Africa MUN Agency kompetisie by Greenside High School deelgeneem. Die etiek van kernoorlog was die onderwerp en Xandrè Caetano (Gr 9) en Jadon Schneider (Gr 10) is saam bekroon as Best Closing Speakers vir hul verteenwoordiging van Bulgarye. Verder het ons puik toesprake ontvang van Jasmine Massy (Gr 10), Emma Jacobs (Gr 8), Kaylee Meyer (Gr 10) en Reece Schourie (Gr 9). Welgedaan aan elke leerder!
MODEL UNITED NATIONS
MUN staan vir Model United Nations. MUN debat is die geleentheid vir leerders om te debatteer asof hulle lede is van ‘n spesifieke land en die tema’s gaan oor regte kwessies waarmee die spesifieke lande te kampe het. Dit leer die kinders om navorsing te doen, situasies te analiseer, argumente te formuleer en met mekaar daaroor te kan praat; of dan te debatteer.
Die aktiwiteit is tot onlangs deur die South African Institute of International Affairs (SAIIA) gereël, maar, nadat dit weens Covid platgeval het, het dit nou herleef onder Global Africa MUN Agency (G.A.M.A). Daar is weer lewe in MUN debat en meer skole neem ook deel.
Die Uitvoerende direkteur, Zaheer Sooliman, sê dat G A M A ‘n unieke opvoedkundige geleentheid vir hoërskoolleerders bied en dat die nuwe organisasie die byeenkomste wil standardiseer sodat die skole kan deelneem op gelyke voet. Daar is ook opleidingsessies, nuwe riglyne en instruksiegidse om die leerders te help om te ontwikkel in die leiers van môre
Hoërskool Linden is trots om deel te wees van hierdie aktiwiteit en ons leerders is baie positief oor die ervaring.
Hildegard Schraader (Gr 9) word gekies as “the most inspiring perform by die National Eisteddfod Academy se 21ste nasionale kompetisie. D finaal het op 11 Mei in die Roodepoort Teater plaasgevind en sy het ‘ “slam poem” genaamd “Social Media” opgevoer.
In die kompetisie neem kunstenaars van alle genres teen mekaar dee van groot groepe dansers, marimba orkeste, verskeie instrumente van tjello’s tot dromme, sangers en natuurlik spraak en drama. Met die oorhandiging van die toekenning, het een van die beoordelaars vir ha gesê, om ‘n indruk te maak met net ‘n teks op ‘n kaal verhoog tussen die ander optredes, is iets besonders en sy het dit reggekry om haar boodskap kragtig oor te dra.
Sy en Ariëlle van der Gugten (Gr 11) het ook deelgeneem in die Kontemporêre Musiek-afdeling se semifinale ronde, maar ongelukkig deurgedring na die finaal toe nie. Meer as 1 000 inskrywings is ontva waarvan 68 gekies is vir die semifinaal en 28 vir die finaal. Deelneme het gekom van sover as Paarl in die Wes-Kaap, Aliwal Noord in die Noord-Kaap tot by Mbombela in Mapumalanga
Hildegard het “Poor unfortunate souls” van The Little Mermaid gesing Ariëlle “I see the light” van Tangled
Hildegard Schraader Gr 9
Ariëlle van der Guten Gr. 11
BATTERY BY UNIKA-LIGGIEFEES
Linden se Battery het die dromme laat klap by Laerskool Unika se Liggiefeeshul eerste optrede van 2024. Met die nuwe afrigter, Andy Maritz, en ‘n paar spesiale stukke, het hulle die gehoor beïndruk Ons sien uit na nog vele fantastiese vertonings.
D V E R T E N S I E S