27 March 2020

Page 1

11

546

27 March / Maart 2020

Verdagte vir moord gesoek BETHAL - Die polisie is op soek na ʼn man wat hulle moontlik kan bystaan in hul ondersoek na die wrede moord op ʼn geliefde oudleraar en sy vrou van Bethal in Mpumalanga. Dr Hannes Beukes (70) en sy vrou, Ibel (67), se liggame is Woensdag,18 Maart, in hul voertuig in ʼn veld digby die Bethaldam op die dorp gekry. Brig Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê daar word vermoed dat Francois Pretorius hulle kan bystaan in die ondersoek na die moord op die Beukesegpaar. Enigiemand met inligting oor waar Pretorius hom moontlik bevind, word versoek om die polisie in te lig. Op sy beurt het die provinsiale polisiehoof die “wrede en hartelose” moorde ten sterkste veroordeel. “Dit is werklik ontmoedigend om sake te hanteer waar sekere individue kwesbare en weerlose burgers onmenslik aanval,” het lt genl Mondli Zuma gesê. Beukes was jare lank die leraar van die Hervormde kerk op die dorp. Sy vrou was ʼn afgetrede onderwyseres. Wilco Beukes (72), Hannes se broer, het gesê hulle weet eintlik nog nie veel oor die presiese omstandighede rakende die moord op sy broer en skoonsuster nie. Hulle het wel vasgestel dat die Beukesegpaar se selfone en Ibel se handsak steeds in die motor was en dat net ʼn paar klein goedjies gesteel is. Pretorius is glo ʼn juwelier op die dorp, asook ʼn lidmaat van die kerk waar Beukes ʼn leraar was. “Dit was van die begin af vir ons baie eienaardig dat daar nie baie gesteel is nie. Ons het gedink hulle wou dalk die voertuig gesteel het. Die feit bly dat dit eintlik nie

saak maak wie dit gedoen het nie, dit is sleg hoe dit gedoen is,” het Wilco gesê. “As jy oud raak, weet jy jy gaan weg, maar nie op só ʼn manier nie.” Die polisie het vroeër gesê die egpaar het Woensdag by hul huis vertrek om hul huiswerker in Emzinoni, ʼn nedersetting buite Bethal, te gaan aflaai, maar nooit weer teruggekeer huis toe nie. ʼn Verbygaande motorfietsryer het die voertuig laatmiddag in die veld opgemerk en alarm gemaak. Volgens Hlathi het die egpaar ernstige, sigbare beserings aan hul liggame gehad. Paramedici is dadelik ontbied, maar albei is op die toneel dood verklaar. Intussen kan daar in dié stadium nie vir die Beukes-egpaar ʼn gedenkdiens gehou word nie aangesien hul drie kinders in die buiteland is en weens die Covid-19-regulasies nie na Suid-Afrika mag reis nie. Die egpaar laat ook vier kleinkinders agter. Volgens Wilco sal die familie ʼn gedenkdiens reël sodra die egpaar se kinders na die land kan reis. Hy het gesê sy broer en skoonsuster wou Kaap toe trek om daar te gaan aftree. “Ek sal altyd onthou wat my pa van hom gesê het: ‘Daar is ʼn Israeliet sonder bedrog.’ Hannes was ʼn goeie ou. Hy en sy vrou het ʼn goeie verhouding gehad en hulle het weer ʼn goeie verhouding met alle ander mense gehad.” Enigiemand met inligting oor die moorde of waar Pretorius hom moontlik bevind, word versoek om AO Nico Veldman by 079 396 3652 te bel. Wenke kan ook by die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 aangemeld word. (Maroela media) JD

(Bo) Dr Hannes Beukes (70) en sy vrou, Ibel (67) se liggame is Woensdag, 18 Maart, met ernstige en sigbare beserings in hul voertuig gevind. Die voertuig was tussen lang gras naby die Bethal-dam versteek. (Links) Die polisie is opsoek na Francois Pretorius wat hulle moontlik kan bystaan met hul ondersoek na die wrede moord op die Beukes egpaar.

NATIONAL LOCKDOWN

All the basics you need to know!

On Page 5


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
27 March 2020 by Kosmosnuus / Cosmos News - Issuu